Toe die redakteur van die “Advent Review
and Sabbath Herald” hierdie frase geplaas het, as die hoofopskrif
van die koerant wat in Augustus 1854 verskyn het, as die eerste beginsel vir
die leerstellings van die koerant, het hy nie werklik besef hoe gewild die
Bybel 150 jaar later sal wees. Geen ander boek kon nog dit ewenaar, en ook nie
deur vandag se verkope van die Bybel. Die Bybel is vertaal in 438 tale en (die
Nuwe Testament in ʼn verstommende 1,168 tale) en met die op datering van die
Bybel se verkope kan daar nie voorgebly word om dit neer te skryf. Die vertaling en die verspreidings werk van die Bybel, is een van die grootse pogings van die mens vir
alle tye.
Professionele spesialisering in die studie van die
Bybel en verspreiding daarvan is die grootste, en ook die nodigste, en is dit
ook die oudste onderrig professie. In die huidige skeptiese tyd is dit nommer
een op die ranglys. Geen ander gebied van vakgeleerdheid kan kompeteer met Bybel verwante studies en
die ekklesia vermeerder steeds in elke
stad in die wêreld.
Die Bybel is die enigste klassieke godsdienstige
literatuur wat bestaan, en is vir ʼn lang tydperk reeds beskikbaar vir amper
geheel die wêreld se bevolking. Hierdie feit is alleenlik ʼn kragtige argument
in sy guns. As daar ʼn Eloah is wat sy wil bekend gemaak het aan die mensdom in
die vorm van ʼn boek, staan dit as ʼn rede dat die boek orals beskikbaar is. Geen
ander godsdienstige boek kom naby om te om te kompeteer, en dit ook te ewenaar
oor nie die Bybel se beskikbaarheid.
Terwyl ander godsdienstige boeke lank reeds ʼn
blywende invloed het, misluk hulle in die verkrygbaarheid daarvan. Die Sjinese
klassieke boeke is grootliks net in Sjina bekend. Dieselfde geld vir die
Vediese literatuur wat hoofsaaklik net bekend is aan die priesterlike stand van
Indië. Verder meer is die Vediese literatuur prakties ontmoontlik om te
vertaal, omdat hulle grootliks afhanklik is van woordspelings en woordspelling.
Self verloor die Koran ook meeste van sy sjarme en baie van sy betekenisse met
vertaling. Alleenlik is die Bybel ontvanklik vir duidelike en tot effektiewe
vertaling na ander tale, en wat dit weer
toegangklik maak vir almal.
Historiese kritiek oor die Bybel tekste het ʼn klomp navorsing voort
gebring en besonderhede gegee wat ammunisie verskaf het, aan hulle wat dit wens
om die Bybel aan te val en daarop aanspraak maak dat dit korrup is Die feit is
egter dat al hierdie klomp navorsing net een ding bewys. Daar is geen boek uit
die antieke tyd, soos die Bybel, en wat bestaan het uit duisendende van antieke
manuskripte en manuskrip gedeeltes, wat tot nou toe nog so goed bewaar gebly
het. Hulle wat die besonderhede kritiseer fouteer, en versuim om te sien, dat die
woud vir die bome is, die wonder vir die bewaring van die Bybel. Dit is
ongeëwenaard in die geskiedenis.
ʼn Aantal argumente kan geopper word om die
geldigheid van die Bybel te staaf. Die argeologie het dit keer op keer dit as
eg bewys. Die Ebla, Nuzi en Mari tablette het menige kritici tot stilswye
gedwing oor die Bybel ten opsigte die voorvaderlike tydperk. Vooruitgang in die
geskiedenis het konstant gewys dat die Bybel eg is. Die Assiriese koning Sargon
was onbekend, behalwe in die Bybel, totdat sy paleis in Khorsabad, Irak ontdek
is, en wat ook selfs bevestig het sy verowering van Asdod. Jesaja 20. Die
vervulling van Bybelse voorspellings dra by tot die gelowige se versekering. Die
profesie waarop die meeste ander gegrondves is die voorspelling oor die
terugkeer uit die Babiloniese gevangeneskap aan die einde van die sewentig jaar
volgens Jeremiah 29 verse 9 tot 12. Die boek van
Daniel is gebaseer volgens daardie profesie en
dit is merkwaardig dat in sy voorspellings gaan oor die gebeure met die verloop
van tyd tot op die dae waarin ons in lewe.
Egter is die argeologie die geskiedenis en profesie
ook nie uniek tot die Bybel en ook nie aan die kern van die Bybel se boodskap.
Die mees belangrikste is dat die Bybel ʼn boek is, wat die openbaring en die wil
van Yahuwah bevat vir die mensdom. Dit vertel ons wat ons nodig het om te weet
om te lewe volgens die wil van Yahuwah.
Die Katolieke, Ortodokse en Oosterse Christen kerke
gebruik die Bybel vir eie voordeel om saam te gaan as bron vir eie leerstellings
en toepassings. Hulle maak daarop aanspraak dat die Bybel alleenlik deur die
kerk verklaar kan word en benodig mense wat voldoen aan die manier waarop die
kerk die Bybel lees en verstaan. Histories is dit so, dat hulle baie vertrou op
die lees volgens sinnebeelde, wat
niemand kan begryp, tensy die kerk hulle onderrig. Enige iemand wat die Bybel
lees kan dit duidelik sien dat dit maklik leesbaar is, en ook verstaanbaar is,
en in die meeste gevalle kan enige iemand met geringe skoolopleiding dit
verstaan..
Die kerngedagte en beginsels van Protestantisme is om tradisie te verwerp en die Bybel te aanvaar as
die enigste bron van leerstellings en toepassings. Egter is die min maar
duidelike beskuldiging teen die Christendom, dat Protestantisme meer en deels
opgehou om te hervorm, Dit bevat steeds nog baie nie Bybelse leerstellings
gegrond op menslike tradisies, soos onder andere Sondag
aanbidding en die jaarlikse feeste van die kerk, die geloof oor die Drie Eenheid en die
geloof dat die boetedoening voltooi is aan die kruis. Al hierdie maniere van
geloof het merkwaardige ooreenkomste met ou heidense gelowe, en dit kan bewys
word in die Bybel deur die verdraaiing van die teks. Die Protestantse se onvermoë
om nie die Bybel te gebruik, om die heidense gebruike in die kerk te verwerp,
is die resultaat van die verwarring waarin die kerk vandag verkeer.
Menige mense verkeer in die vertwyfeling om ooit te
iets te verstaan oor hierdie verwarring. Die verwarring kan egter uit die weg
geruim word deur stelselmatig, en versigtig die Bybel te lees. Deur die gebruik
van beredeneerde gebondenheid aan die
letter, en stelselmatige reëls van interpretasie kan die hoofboodskap van die
Bybel duidelik word. Alhoewel dit nie iets is wat vermag kan word deur een
individu alleen nie. ʼn Eenvoudige logiese en steselmatige metode van Bybelse
geloof was bereik deur ʼn groep Bybel studente gedurende 1848, en die opvolgende
jare, en deur die toepassing van ʼn spesiale lys van reëls van interpretasie wat
gekoppel is, aan ywerige gebed en vas, en wat bevestig is deur getuienis van
Ellen White, wie se visioene tot gelowiges gerig is, en het hulle vertroos het na die Groot Teleurstelling van
1844. Die veertien reëls van
interpretasie wat gebruik was deur William
Miller en toegepas is deur die Sabbat Konferensies en ook later.
Hierdie beginsels vir die lees van die Bybel is net so kosbaar vir vandag en
vir altyd. Hulle is redelik en verstaanbaar. Hulle wie saamstem om dit te
gebruik sal vind dat al die veelseggende meningsverskille oor die Bybel en wat
dit beteken sal verdwyn.
Die unieke eienskap van die Bybel is, dat dit
alleen aanspraak kan maak dat Yahuwah met die met die mens gespreek deur die aanhoor,
maar ook direk en in die openbaar. Terwyl die Bybel gevul is met die
verskynings van engele, drome en visioene, sowel ook deur profete en leiers wat
daarop aanspraak maak, dat hulle namens Yahuwah praat, en ons hoef hierdie
dinge nie net op vertroue te aanvaar nie. Geen ander klassieke godsdienstige verhaal
kan dit op eis, om dit te besit dat die eie woorde van Yahuwah direk gespreek
is, in die openbaar en aan miljoene van mense sodat ieder en elk dit kon hoor
en verstaan. Yahushua is die verklaarde geliefde Seun, waarin Yahuwah ʼn
welbehae in het, en dit by ten minste by drie geleenthede bekragtig . Al was die getuienisse maar min by daardie
gebeurtenisse. Niks kan vergelyk word met die gee van die Tien Gebooie by die
berg Sinai, toe miljoene van mense van die hoof stroom van die beskawing van
daardie dag, en ook Egipte, dit direk gehoor het, en ook verstaan het dat dit
die stem van Yahuwah is.
Omdat die
Bybel die tien gebooie bevat, is dit ʼn unieke boek. Geen ander klassieke boek
of geloof kan so iets opeis vir homself, eise van direk, en ook publieke
openbaring. Dus is daar geen mededingers.
Op grond van die mees objektiewe kriteria wat te vinde is, is dit net
redelik om die Bybel in ag te neem in wat ons glo en doen.