Die tweede
vernaamste leerstellings van vyf wat deur die “Review and Herald” gedurende
1854 bekragtig is was die “Wet van…. Yahuwah
volgens die Ou en Nuwe Testamente, en is dit onveranderlik geplaas. Terwyl daar
dan deur ons gedink word dat ander morele, sosiale en gesondheid verwante wette
ook dieselfde bedoeling het, en ook in die Bybel voorkom, is die mees
uitstaande en sigbare van al die wette waarvan daar oor Yahuwah geleer word, in
die Ou en Nuwe Testamente, en is dit die
Tien Gebooie. Hulle is as
onveranderlik verklaar.
Die is doel van
hierdie artikel is om die tien gebooie te identifiseer en wat hulle is, en ʼn
kort historiese oorsig van hulle
belangrikheid, en ook om daarop te wys dat daar van hulle geleer word in die Ou en Nuwe
Testamente, en laastens om daarop te wys dat hulle onveranderlik is.
Wat is die Tien Gebooie?
Die teks wat ons
ken as die tien gebooie word gevind in Eksodus 20 verse 1 tot 17,maar hulle
word nie daar as die Tien Gebooie genoem.
Die uitdrukking Tien Gebooie word net drie keer in die Bybel aangehaal.
(Eksodus 34 vers 28.) “Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle
beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.” (
Deuteronomium 4 vers 13) “En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif,
die tien woorde geskrywe wat Yahuwah op die dag van die vergadering by die berg
uit die vuur met julle gespreek het; en Yahuwah het dit aan my gegee.”
(Deuteronomium 10 vers 4) En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die
eerste tafels was…En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien
woorde geskrywe wat Yahuwah op die dag van die vergadering by die berg uit die
vuur met julle gespreek het; en Yahuwah het dit aan my gegee.”
Deur hierdie teks
gedeeltes in Deuteronomium, kan ons sien dat die Tien Gebooie die woorde bevat
soos dit in Eksodus 20 is, en nie soos ander dit verstaan as in Eksodus 34. Dit
is nie woorde wat verwys na offerandes, jaarlikse
feeste, en nie die gebruik om ʼn kind in moedersmelk te kook. Hulle is
die woorde wat openbaar verklaar “te midde van vuur op die dag van die
byeenkoms,” en is dit die gebooie van Eksodus 20,
Wat was die Doel van die Tien Gebooie
in die Geskiedenis?
Dit is verstommend
dat die tien gebooie so baie aandag geniet in die onlangse jare, en tog deur
die dieselfde persone wat hierdie saak geopper het, neem hulle dit nie ter
harte wat die ernstige bedoeling van die gebooie is. Die tien gebooie is
opgeteken in Eksodus 20, en handhaaf dit die obsolete enigheid van Yahuwah. Die
meeste van diegene wat die wens koester om die tien gebooie op openbare geboue
te vertoon glo in die Drie-Eenheid, ʼn
leerstelling wat geheel en al vreemd is tot die tien gebooie en sy verwante
tradisies. Buitendien, ongeveer ʼn derde van die teks van die tien gebooie is
verwant tot die sewende dag Sabbat. Die meeste van diegene wat die groter
sigbaarheid ondersteun van die tien gebooie, is Sondag onderhouers. Laastens,
een van die tien gebooie is: “jy mag nie doodslaan nie.” Beide die doodstraf en
voorbehoedende oorlog van aggressie blyk om gewilde sake te wees onder sommiges
van dieselfde mense, wat met gladheid van die tong ten gunste is van die
Dekaloog.
Dit is net redelik
alhoewel hierdie teenstrydigheid so moet wees. Die tien gebooie word deurgaans
gebruik deur bykans alle Christen “kerke” wat is nog te sê oor die Jode. Selfs
Islam erken dat hulle aan Moses gegee is as ʼn norm van verkeerd of reg. Dit is
ooglopend dat die meeste van hierdie godsdienstige instansies, ten spyte van
hulle lippediens van die tien gebooie, hulle dit nie onderhou. Die feit is, dat
almal van hierdie tradisies van geloof van die wêreld onderhou ten minste helfte
van die gebooie. Tog is daar geen geloof tradisie wat al tien letterlik
onderhou op enige manier. Die tien gebooie kom voor in byna in al die Christen
kategismus wat daar geskryf is, maar sommiges verduidelik dit teenstrydig en
ooglopend teenoor die duidelike wese van die teks. So vêr dit Martin Luther in
sy korter weergawe van die Kategismus oor die Sabbat gebod, beteken dit om kerk
toe te gaan en te bly wat die prediker verkondig. Hierdie besonderse gebooie
bevestig die gesag van Yahuwah en is dit gegee ter ondersteuning oor die gesag
van die mens. Selfs die Katolieke Kerk voorsien aan die gee van die tien
gebooie, deur ʼn verkorte en veranderde weergawe as ʼn plek in sy kategismus.
Die tien gebooie is
uniek, omdat dit in al die klassieke godsdienstige literatuur van die wêreld
voorkom, en is daar geen ander teks wat
dit kan eis, dat dit openbaar is deur Yahuwah persoonlik en ook aan ʼn enorme
samekoms van mense direk geopenbaar is. Alle ander gedeeltes is geopenbaar deur
middel van ʼn individu, en dikwels deur die voorsiening van visioene, drome, of
individuele instellings. Deur engele en profete is dit bekend dat daar deur
hulle gespreek is maar nooit deur Yahuwah direk.
Eksodus 20 vermeld
dat Yahuwah persoonlik en in die openbaar op die Berg van Sinai gespreek met
Israel kort nadat hulle Egipte land verlaat het. Hier is verwysings wat te
kenne gee van so ʼn goddelike openbaring regoor die wêreld, in ʼn mondelinge oorlewerings
tot in die verre geweste van mense. Stamme in Afrika, Noord en Suid Amerika, en
ook ander gedeeltes van die wêreld het die verhaal van Yahuwah se boodskap wat
Hy gegee aan die mensdom op die berg bewaar. Somtyds is die besonderhede van
sulke verhale, en stem dit merkwaardig ooreen volgens die Bybel. Die verhaal
soos dit vertel word onder die Amerikaanse Indiane sluit in die vernietiging en
die vervolging van vyande deur hulle te begrawe en te versmoor deur
wonderbaarlike fonteine van water, die verbond, die donder op die berg en die
spreek van die Skepper vanaf die berg, en die gee van die klip aandenking asook
die gebeure wat daar plaas gevind het.
Terwyl die
gedeeltes van die tien gebooie nie in ander heilige boeke voorkom, verwys die meeste
van hulle direk na die gebooie. Geen godsdiens ondersteun doodmaak, steel,
egbreek of die oneer aan ouers. Hulle heilige boeke verwys na die beginsels op
so ʼn manier dat hulle baie ooreenkom met die tien gebooie. Elkeen van hierdie
gebooie word gevind in die Koran, insluiting die Sabbat in verskeie hoofstukke.
Die meeste godsdienste tradisies is soos die Christendom en bevat die beginsels
van die tien gebooie in hulle heilige geskrifte, maar misluk in die
onderhouding daarvan. Die Koran verwys na Sabbat verbrekers as ape, maar dit
verhoed nie Moslems in die algemeen om die Sabbat te ignoreer, en net soos
hulle medegelowiges die Christene. Op die ander kant, gedurende die antieke tye
blyk dit dat die beginsels van die tien gebooie, en was dit merkwaardig
welbekend en ook geonderhou. Die onderhouding van die Sabbat deur nie- Joodse
volke was wydverspreid.
Die belangrikheid
van die tien gebooie tydens die antieke Joodse tradisie is onberekenbaar.
Sommige mense het hulle so hoog geag, dat hulle dit beskou het dat daar niks
anders van belang is. Met die tyd dat boeke skaars en duur was, was die
versoeking groot vir die oorweging dat openbaring net uit tien gebooie moet
bestaan. Het die Rabies hierdie gedagte met wortel en tak vanuit Judaïsme
uitgeroei, maar teen ʼn baie groot prys. Alleenlik nadat die voordrag van die
tien gebooie verbied is as deel van die daaglikse gebede, was hulle in staat om
die Joodse bevolking op te voed om na ander pligte van die Torah kyk as
gelykwaardig. Hierdie geskiedenis word in sy besonderhede beskryf in die Joodse
Liturgie en sy Ontwikkeling, A.Z. Idelsohn, bladsye 91 en 92.
“Gedurende die
Tempel Diens was die Tien Gebooie gelees voor die Sema. Hierdie gebruik,
alhoewel dit nie aangeneem is buite die Tempel, is dit op gesag van die
Sekretarisse wat beveel het en dat dit alleenlik hierde gebooie is wat goddelik
geopenbaar is (b.Ber.12a.) Volgens die
Nash- Papirus van wat ongeveer in die eerste eeu n.C. in Egipte
gevind is, is die Tien Gebooie voorgehou voor die Sema.”
“Daar is
voortgegaan om die Tien Gebooie voor te lees in die Palestynse sinagoge in
Egipte tot en met die dertiende eeu.
“Daar word ʼn meer
duidelike rede gegee in (Jer.Ber.1, 3c), die rede vir dit is dat, “hulle (die
minderheid) nie sal nie kan sê dat hierdie (die Tien Gebooie) wat aan Moses gegee is op die Berg Sinai.” Kohler
voeg by: “Alleenlik omdat die vroeë Judese – Christene uitsluitlik die goddelike openbaring van die
Tien Gebooie, vir hulle op eis, en dat daar weggedoen is met ander Mosaïese
wette as tydelike voorskrifte, en was dit die lees van Dekaloog as die
daaglikse liturgie en waarna en daarna daarmee
weggedoen is.”
Dit is ʼn belangrike
ooreenkoms wat hier verklaar en geïmpliseer word, maar miskien die mees toepaslike tot
hierdie artikel is die feit dat die Tien Gebooie was eens op ʼn tyd meer net as
die middelpunt tot Judaïsme en die Christendom as wat hulle vandag is. Die
enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word oor die diepgaande afvalligheid. Dat
daar ʼn klein groepie mense is wat die vroeë “Judese
– Christen” geloof onderhou, en dat die Tien Gebooie die middelpunt is vir die
bepaling van goddelike openbaring vir alle tye en orals.
Diegene wat uit
Babilon kom en die huis Ekklesia stig om te
aanbid in suiwerheid sal goed doen om dit te oorweeg om die Tien Gebooie voor
te lees by elke byeenkoms van aanbidding.
Wat Sê die Bybel In verband met die
Tien Gebooie?
Ons het alreeds
drie gedeeltes wat die Tien Gebooie omskrywe as die woorde wat uitgespreek is
in die openbaar; “ in ʼn vuur, “ deur Yahuwah voor miljoene van mense, en dit is
geskrywe met Yahuwah se eie vinger. Dit word ook herbevestig deur baie ander gedeeltes.
“Toe sê Yahuwah vir
Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels
kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.”
(Eksodus 24 vers 12) “En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te
spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van
klip, beskrywe met die vinger van Yahuwah.” (Eksodus 31 vers 18) “En Moses het
omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy
hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die
ander kant beskrywe.” (Eksodus 32 vers 15)
Dit is van belang
om te weet dat die gebooie aan beide
kante van die kliptafels beskrywe is. Dit is nie aan ons bekend hoe groot en in
watter vorm die stene was, maar as hulle vergelyk word met die antieke
kleitablette wat gevind is op verskeie plekke in die Midde Ooste en ook
vergelyk word met die antieke verbondstene wat gevind is van die Hetiete was
hulle meer langwerpig as in ‘n kubus vorm, en dat hulle
ses kante gehad het waarop die skrywes voorgekom het. Verbondooreenkomste was gedurende die antieke
tye somtyds as identiese tekste geplaas
op elk van twee verskillende stene, as ʼn kopie van die ooreenkoms vir beide
partye. Volgens hierdie geval was dit nie so volgens Joodse en Christen
tradisies, wat die gebooie verdeel het tussen twee stene. Dit is ook deur Ellen White bevestig: “ Die
vyfde gebod is heilig, maar as jy enige een van die eerste vier gebooie van
die dekaloog oortree waarin die plig van die mens geopenbaar is
teenoor sy Skepper, sal jy nie in ʼn gunstige posisie verkeer vir die heilige
onderhouding van die laaste ses gebooie wat die plig van die mens teenoor sy
medemens spesifiseer. Deur die verbreking van enige gebod wat die plig van die
mens teenoor Yahuwah spesifiseer is om die beginsels van die wet geheel en al
te verbreek. Die die pilaar van inspirasie noteer dat hy wat oortree op enige
punt is skuldig aan die oortreding van almal. Sodoende,
as die Sabbat van die vierde gebod buite rekening gelaat word, en die mens betoon
in lafhartigheid aan die eise van. . . [Yahuwah] wat van hom gevra word, sal
hierdie ongehoorsaamheid hulle voorberei om aan die vereistes van die wet wat
spesifiseer wat hulle plig is teenoor hulle
aardse ouers dit vervul? Sal sy hart toegerus word deur die oortreding
van ‘n eenvoudige gebod van die Yahuwah op die eerste tafel van die klip, en dan
die eerste gebod op die tweede tafel te onderhou. Daar word deur hierdie gebod vereis, om ons ouers te
eer, en is ons onnatuurlik as kinders as ons nie hierdie gebod gehoorsaam. Maar
as die liefde en eerbied betoon word aan ons aardse ouers, hoeveel te meer is
die eerbied en liefde verskuldig aan ons
hemelse Ouer.” {ST, 28 Februarie 1878 par. 5}
Wat die belangrike feit is, dat Yahuwah Self
die boodskap op die kliptafels geskrywe het en dit aan Moses oorhandig het om
te hou as die woorde van verbondooreenkoms aan die mens. “En die tafels was die
werk van Yahuwah. Die skrif was ook die skrif van Yahuwah, wat in die tafels
gegraveer is. (Eksodus 32 vers 16)
Almal is bekend wat die lot was van die eerste
stel van gebooie en hoe dit nodig was vir die maak van ʼn nuwe stel. Die teorie
dat die tweede stel tafels ʼn verskillende stel van gebooie bevat het kan nie
gestaaf word, en is dit in konflik met die verhaal in die Bybel. “En toe hy
naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses
ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg
verbrysel.” (Eksodus 32 vers 19.) “Toe het Yahuwah aan Moses gesê: Kap vir jou
twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe
wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.” (Eksodus 34 vers 1) “Toe
het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg
klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos Yahuwah hom beveel het, en die
twee kliptafels in sy hand geneem.” (Eksodus 34 vers 4) “En hy was daar by Yahuwah
veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink
nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde,
geskrywe.” (Eksodus 34 vers 28)
“En toe
Moses van die berg Sinai afdaal—die twee tafels van die Getuienis was in die
hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van
sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.” (Eksodus 34 vers 29.)
Die Tien Gebooie soos dit deur Yahuwah
geskrywe en bekend gemaak is, en deur Moses bevestig is in sy opsomming aan die
Israeliete net voor hulle intog in die beloofde Land: “Met hierdie woorde het Yahuwah
julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die
wolkedonkerheid met ‘n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit
op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.” (Deteronomium 5 vers 22)
Die verhaal van die
verbreking en die hernuwing van die stene word herhaal in Deuteronomium
hoofstuk nege en tien. Die plasing van die gebooie in die ark word in volle
besonderhede beskryf hoe dit gedoen is: ”In dié tyd het Yahuwah vir my gesê:
Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe;
maak vir jou ook ʼn ark van hout.” (Deuteronomium 10 vers 1.) “En Ek sal op die
tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en
jy moet dit in die ark sit.” (Deuteronomium 10 vers 2.) “Toe het ek ʼn ark van
akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg
geklim met die twee tafels in my hand.” (Deuteronomium 10 vers 3.)” En Hy het
op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat Yahuwah
op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het;
en Yahuwah het dit aan my gegee.” (Deuteronomium 10 vers 4)” En ek het omgedraai en van die berg afgeklim
en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos Yahuwah
my beveel het.” (Deuteronomium 10 vers 5.)
Die kliptafels met
die gebooie daarop het vir baie jare in die ark gebly. ”Daar was niks in die
ark nie, as net die twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het,
toe ‘n verbond met die kinders van
Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland.” (1 Konings 8 vers 9.) (
Lees ook 2 Kronieke 5 vers 10.)
Die Nuwe Testament
gebruik nie die uitdrukking “die tien
gebooie.” Dit vermeld die wet van Yahuwah, en verwys na die kliptafels, die
verbond, en verwys na elkeen van die gebooie afsonderlik verskeie kere. Die
gebruik van die uitdrukking “tafels van klip” kom voor in: “omdat julle
duidelik ʼn brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink
nie, maar met die Gees van die lewende Eloah nie op kliptafels nie, maar op die
vleestafels van die hart.” (2 Korinthiërs 3 vers 3.)
Dit is ʼn verwysing
na die Nuwe Verbond wat deur
Jeremiah geprofeteer is: “Kyk, daar kom dae, spreek Yahuwah, dat Ek met die
huis van Israel en die huis van Juda ʼn nuwe verbond sal sluit.” (Jeremiah 31
vers 31) “nie soos die verbond wat Ek
met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle
uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék
gebieder oor hulle was, spreek Yahuwah.” (Jeremiah 31 vers 32) “Maar dit is die
verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek Yahuwah: Ek
gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle
‘n Elohim wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees.” (Jeremiah 31 vers 33.) “En
hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken YAHUWAH;
want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek Yahuwah; want
Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.”
(Jeremiah 31 vers 34.)
Daar
word baie gemaak van die Nuwe verbond deur diegene wat wens om te verklaar dat
die tien gebooie, en waardeur hulle die betekenis uitspreek dat die sewende dag
Sabbat nie meer bindend is. Maar wat sê die teks? Dat Yahuwah Sy wet gee in
hulle binneste en dit skrywe op hulle harte. Dit vermeld nie dat Yahuwah ʼn nuwe
wet sal gee, en dat verskillend is van die een wat Hy by Sinai gegee het. Die
een wat hy by Sinai gegee het misluk omdat die mense dit nie onderhou nie,
omdat daarmee nie iets verkeerds is met die gebooie. Dieselfde Eloah wat dit
met Sy eie vinger geskrywe het op die tafels van klip, het belowe om dieselfde
wet met Sy eie vinger op ons harte te skrywe. Die tien gebooie is geskrywe op
die hart in plaas daarvan dat dit op klip geskrywe is, en is dit die Nuwe
Verbond.
Die Nuwe Testament
vermeld nie baie oor die kliptafels as ʼn geheel. Maar wat dit vermeld is
duidelik en belangrik. Die eerste en mees belangrikste is dat die tien gebooie,
onder die Nuwe Verbond op die hart geskrywe sal word. Daar is net eenkeer waar
daar na die tafel van klip verwys word, en dit is in (Hebreërs 9 vers 4.) ”waarin
‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud
oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat
gebloei het, en die tafels van die verbond.”
Die tafels met die
wet was geplaas in die ark in die tabernakel. Hulle het daar gebly as ʼn
herinnering aan die verbond tussen Israel en Yahuwah. Maar dit was nie die oorspronklike
wet. Baie dink dat die tien gebooie alleenlik vir die Jode gegee is by Sinai.
Eerste van alles is dit nie waar nie, omdat die Jode die enigste stam is van
twaalf wat by die Berg Sinai vergader het. Tweedens was daar ook ʼn gemengde
groep van verkillende volke. Hulle het gekom van die grootste wêreldburgerlik
sentrum van die wêreld van daardie dag, en dit is Egipte. Hulle het die al die
mense van die wêreld verteenwoordig, en van elke stam, taal en nasie. Dit is
ook waar dat die kliptafels wat by Sinai gegee is nie die oorspronklike is. Die
oorspronklike weergawe van die tien gebooie is in die hemel, waar dit sal bly
as die ewige wet van Yahuwah. Dit is waarom dat die Nuwe Testament ons ʼn blik
gee op die tien gebooie in die hemel: ”En die tempel van Yahuwa het in die
hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was
weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.” (Openbaring 11
vers 19)
Die tien gebooie is bewaar in die in die ark van
getuienis in die hemel. As ons toelaat dat die wet van Yahuwah op ons harte
geskryf word, kan ons ook die tempel van Yahuwah word, as die weerkaatsing van
die heerlikheid van die hemel. Die tien gebooie is onveranderlik in die hemel.
Yahuwah kan en sal hulle onveranderlik maak in die tempel van die menslike
hart.