Huis ekklesia, sel groepe, en ander terme
verwys vandag na `n populêre beweging. Sommige het `n beginsel daarvan gemaak
deur hulle af te sonder van denominasies en klem daarop gelê dat huis ekklesia
`n lewensvatbare verteenwoordiger van apostoliese
Christelikheid is. Andere het weer die klein groepie beweging gebruik om
meer lewenskrag in `n geestelose gemeente in te boesem. Andere neem `n midde-weg-houding
in deur `n huis ekklesia te bedryf weens praktiese redes.
Beide die Bybel leiding en praktiese
oorweginge is van belang. Die blote feit is dat daar nie `n ENKELE denominasie
bestaan wat kleef aan al tien gebooie nie. Die meeste kleef aan `n meerderheid
van die gebooie, maar niemand aan al tien nie. Inderwaarheid is daar geen
denominasie wat kleef aan slegs die drie minste onderhoude gebooie nie: een
God; die Sabbat , en die verbod om dood te maak nie. Dus kan die opregte
gelowige, om praktiese redes, eenvoudig maar net nie DEELNEEM in enige godsdienstige instelling nie.
Terwyl daar ander kwessies in ag geneem moet word, behalwe die Tien Gebooie,
vind ons dit `n goeie praktiese metode. Hulle laat alle kerke buite rekening
van die begin af. Maar net om `n huis ekklesia
by te woon is hoegenaamd nie `n oplossing nie. Huis ekklesia kan en neem deel aan dieselfde valse
leerstellings waaraan denominasies deel het. Om `n huis ekklesia te begin of te
stig vereis deeglike verbondenheid aan Skriftelike leiding.
Die
eerste huis ekklesia, die ideale een, is die
van Adam en Eva. Hulle het Yahuwah elke aand en op die Sabbatte vir aanbidding ontmoet. (Genesis 3:8.) “En
hulle het die stem van Yahuwah gehoor
terwyl Hy wandel in die tuin, in die aandwindjie.”
Om met Yahuwah te wandel is die basiese
vorm van aanbidding. Dit het voortgegaan met Henog. (Genesis 5:24). “En Henog
het met Yahuwah gewandel; en Hy was daar nie meer nie, want Yahuwah het hom
weggeneem.” Hierdie daaglikse
gesinsbyeenkoms van aanbidding met Yahuwah hierdie wandeling met Hom, is die
voorbereiding om van die aarde weggeneem te word om Yahushua in die hemel te
ontmoet. Diegene in die dae van Henog wie die aanbiddingswyse vernalatig het
soos ingestel met Adam en Eva was eintlik vernietig in die Vloed. Slegs diegene
wie dit nagekom het, was gered. (Gen. 6:9) “Noag was `n regverdige, opregte man
onder sy tydgenote(dit is, familie of huis ekklesia), Noag het met Yahuwah
gewandel.”
Teen die tyd van Abraham het
die oorspronklike huis ekklesia gewoontes drasties uitgebrei. ( Genesis 14:14)
Toe Abraham hoor dat sy broer in gevangenisskap weggevoer is, het hy sy
geoefende manne wat in sy huis gebore is laat uittrek, drie honderd en agttien,
en hulle tot by Dan agtervolg. Selfs met so `n groot getal, het daar `n skeiding
in die huis ekklesia van Abraham plaasgevind, soos beskryf word in Genesis
13:8. Terwyl die rede vir die verdeling konflik uitskakel, eerder as om dit
voort te sit. Dit is presies die teenoorgestelde van wat algemeen gebeur binne
die huis ekklesia beweging van vandag, en dit moet as waarskuwings sein dien.
Die huis ekklesia beweging van vandag, tensy hul groep gesetel is op die
waaragtige Bybelse beginsels, is net maar nog `n uitdrukking van Babiloniese
geloof.
Een van die redes waarom huis ekklesia
vandag afvallig raak is omdat hulle slegs terreine geword het vir die magsbeheptes.
Hulle is gestig deur verbitterdes omdat hulle nie die mag in hul hande kon kry
waarna hulle verlang in die gemeente waar hulle was nie. Die Bybel bevat `n beginsel wat wyd strek om dit te verhoed,
Die VERANTWOORDELIKHEID vir die
organisasie van huis byeenkomste moet lê op die oudste seun. Die beginsel van
die geboorte reg was sentraal in die
huis ekklesia in die boek van Genesis.
Wanneer kinders hul regmatige verantwoordelikheid gegee word om die Skrifte te
lees in die teenwoordigheid van diegene in die byeenkoms en andersyds sigbare
take uitvoer, dan is daar enersyds nie `n probleem van rustelose optrede aan
die kant van die kinders en nie die gevaar van volwassenes wat hunker na
magsposisies, soos hulle in huis ekklesia doen, soms meer openliker as in die
gevestigde gemeentes.
Inderwaarheid kan die aanbiddings dienste so
eenvoudig gehou word dat selfs klein kindertjies by magte is om uit te lei. As
dit begin met stille gebed, en dan diegene teenwoordig die stilte breek met
hul petisies, dan kan voortgegaan word
met die leidende kind wat die Skriftuur les voordra, waarna studie of `n
bespreking kan volg, daar is geen tyd of plek waarin die leidende kind moet
voel dat sy vertolking van leierskap op
sy geskuif is nie. Die ouer garde kan bydra tot die bybel
studie, deur hul getuienisse te lewer en vermanings te gee sonder om oor die leierskap van
die BYEENKOMS
oor te neem.
Die eersgeborene beginsel is inderwaarheid
opgegee met die instelling van `n
nasionale aanbiddings sisteem wat onder die Israeliete ingestel was. Die
geboorte reg was as beginsel steeds gehou, maar in die praktyk was die
eersgeborene losgekoop deur geld aan die priester te gee, wie dan hul
natuurlike pligte oorgeneem het. Hierdie sisteem het geheers onder die rigters
en die konings. Maar nes poligamie, was dit nie Yahuwah se oorspronklike plan
nie. Daar was redes vir die verandering van die instelling ten tye van die
rigters en konings. Met die koms van die Messias, was dit omgeskakel na die
oorspronklike gebruik. Yahushua het die oorspronklike gebruik van klein-skaalse
aanbidding in Mattheus 16-18, ingestel
waar Hy presiese besonderhede gee vir
die organisasie vir bediening.
Die basiese insteling is in (Mattheus 18:19) “Weer sê Ek vir julle:
As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat julle mag vra, dit
sal hulle ten deel val van My Vader wat
in die Hemele is.
(Matt.18:20) “Want waar twee of drie in my
Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Yahushua verminder die JOODSE minyan of kleinste getal nodig vir
gemeentelike gebede na twee of drie. Twee of drie kan `n saak bind, dit
beteken, om `n ekklesia te stig wat Evangelie organisasie noukerig volg. Hierdie
beginsels is:
- Die ekklesia is
gebou op die verklaring van Petrus dat Yahushua die Seun van Yahuwah is. (Mattheus
16:16-18.) - Die ekklesia
is die gesaghebbende verteenwoordiger van die koninkryk van Yahuwah op aarde, (Mattheus
16:19.) - Die ekklesia
hou `n lae PROFIEL, en by tye selfs
`n geheime een, omdat dit in stryd is met die koninkryk van Satan in hierdie
wêreld .( Mattheus 16:20.) - Die ekklesia
is gebasseer op die plan van verlossing waarvan die dood en die opstanding van
Yahushua die middelpunt is.( Mattheus 16:21-23; 17:22-23.) - Die ekklesia
is die oefenveld vir daardie self
verloëning so nodig vir redding. (Mattheus 26:24-26.) - Die ekklesia
is gebaseer op die verwagting van die spoedige koms van Yahushua. (Matt
16:27-28.) - Die ekklesia
is visioenêr en profeties ; om die vergaderdes direk in verbinding met
profetiese openbaringe van die hemele te bring.(Matt. 17:1-9.) - Die ekklesia
is die middel van goddelike seën aan die wêreld in die onderrig van genesing ,
bemagtig deur gebed en vas. (Matt. 17:14-21.) - Die ekklesia
doen met wysheid wat gedoen moet word om
konflik met Rome te vermy . (Matt.17:24-27.) - Die sentrale
waarde wat die ekklesia wil behou is om nederigheid te handhaaf, en `n
teergevoelige houding teenoor die nederiges te hê.(Matt. 18:1-14.) - Die ekklesia
is die middel van versoening in die geval van konflik, en dit staan onder die
verpligting om diegene wie betrokke raak in onregte teenoor hul broeders te
verwerp. (Matt. 18:15-17.) - Die ekklesia
word gestig deur die optrede van twee of drie wat byeenkom in die naam van
Yahushua vir daardie doel. (Matt.
18:18-20.) - Christus is
persoonlik teenwoordig in die byeenkoms van die ekklesia. (Mattheus 18:20.) - Die ekklesia
is die middel van goddelike vergifnis, wat in dieselfde mate herlei word soos
sy lede mekaar vergewe. (Matt. 18:21-35.)
Hierdie veertien Evangelie beginsels is
noodsaaklik vir die koninkryk van Yahuwah, waarvan die evangelie `n proklamasie
is. Wanneer een beginsel verlore gaan, het dit geen bestaansreg meer nie. Die
kerk is nie `n instelling wat deur apostoliese opvolging oorgedra word nie. Dit
is gestig deur Yahushua Self, wie by elke byeenkoms teenwoordig is.
Die apostoliese ekklesia
het in die algemeen in huise of in afgeleë
plekke buitemuurs vergader. . . . Dit was die heersende stelsel voordat
imperiale Christendom, wie groot strukture
gebou het om die mense makliker te beheer en om hulle te indoktrineer met
dwaalleer. Huis ekklesia was baie na aan mekaar gestig, soos gehou, oënskynlik
in die huis van die diakones Phebe in Kenchrea, binne loop afstand van
Korinthe, waar `n ander groep bymekaar gekom het.
Die Evangelie ekklesia sluit nie die
noodsaaklikheid van ouderlinge en diakens in nie. Dié was ampte wat begin was
in die apostoliese ekklesia om die
spesifieke behoefte van daardie tyd te vervul. In daardie tyd was die verborge
godsdienste baie gewild in die Romeinse Ryk. Hulle was half-geheime huis groepe
wat `n vorm van inisiasie soortgelyk aan die doop gehad het, wat soms afskuwelike
rituele soos om in bloed te was, om `n geheime maaltyd te hê, om `n mens-god te
aanbid wie aanspraak daarop maak dat hy gesterf en opgestaan het, en dan
liedere sing en bypassende skrifte lees. Die ooreenkomste met die evangelie
kerk was so baie naby, so ná dat beide Jood en Heiden soms met moeite die
verskil kon uitken. Binne hierdie konteks, was die ampte van diaken en
ouderlinge nodig om die Evangelie organisasie te behou. Synde dat ons vandag
met dieselfde uitdagings gekonfronteer word, honderde vorme van heidenisme wat
almal sê dat hulle Christene is, is daar wel `n grondige rede daarvoor in dié
dag.
In
1Timotheus 3, skryf Paulus in besonder oor hierdie aangeleentheid. Hoewel baie
mense vandag dink dat apostoliese voortsetting `n geldige instelling is, is dit
nie waar nie. Net Yahushua kan verorden, en Hy is net teenwoordig in die
byeenkoms wat in Sy naam gedoen word. Verordening deur gebed en die oplegging
van hande deur hulle vergader in `n wettige Evangelie ekklesia is die enigste
wettige instelling.
Die ekklesia het die verpligting om sekere
insettinge behawe aanstelling van diakens en ouderlinge uit te voer, gewoonlik
deur die ampsdraers, sou hulle in die vergadering bestaan het. Hulle sluit in:
- Die bediening van die Woord. Open. 1:3.
- Doop deur
onderdompeling van diegene wie bewys lewer van hul geloof in die dood en
opstanding van Yahushua. Rom. 6: 4. - Die voetewassing
aan die begin van die nagmaal diens. Johannes 13: 14. - Die Meester se Avondmaal van ongesuurde brood en
ongegiste druiwe sap. 1 Korinthiërs 11:23-33. - Kinder seëninge.
Matt. 19:14. - Gebede vir die
siekes. Jakobus 5:14.
Ekklesia beteken die groep van diegene
wat uitgeroep is, en het nooit na `n
gebou nie verwys nie. Hulle was uit die sinagoge van Satan, die gestigte
godsdienste van die wêreld, geroep. Die kerk het mense met verskillende
geestelike gawes gehad om diegene om hulle te bevoordeel. Dit word breedvoerig
beskryf in 1 Korinthiërs 12-14. Die lys van sulke gawes was gegee in 1Kor.
12:28.
“En Yahuwah het sommige in die gemeente
gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars,
daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe,
allerhande tale.” (1 Korinthiërs 12:28)
Al veertien Evangelie beginsels, die agt
geestelike gawes, en die instelling van ouderlinge en diakens, het voorgekom
onder die vroeë gebod-houdende Adventiste. Die vroegste geskrifte van Ellen
White gee lewende beskrywings van sulke byeenkomste. Die huis ekklesia van die
White gesin, was in aan bidding gelei deur die oudste seun, Henry, hul “lieflike sanger.” Ellen White beskryf die onderrig wat nodig is
om die kinders die magtiging te gee om uit te lei in huis aanbidding.
“Onderrig in vokale ontwikkeling moet in die
huis omset gegee word. Ouers moet hulle leer om só duidelik te praat sodat dié
wie luister elke woord kan verstaan wat gesê is. Hulle moet die kinders leer om
die Bybel te lees in duidelike, suiwer uitspraak, op `n wyse wat .
. .[Yahuwah] eerbiedig. En laat diegene wat rondom die familie altaar kniel,
nie hul gesigte in hul hande en in hul stoele verberg wanneer hulle met . . .[Yahuwah] praat nie. Laat hulle hul
hoofde oplig, met gewyde ontsag en vrymoedigheid, die troon van genade nader.”
–Adventist Home, bl. 435.
Die beginsel van die huis ekklesia beweging
was alreeds soos so vroeg as 1844 verstaan en beoefen onder die gebod-houdende
Adventiste.
“Nie lank na die
afloop van die tyd , in 1844, het ek my eerste visioen gehad. Ek het Mev. Haines
te Portland besoek, `n liewe sister in Christus, wie se hart een was met myne;
vyf van ons, almal vroue, het in stilte by die familie altaar gekniel. Terwyl
ons gebid het, het die mag van . . . [Yahuwah] oor my gekom soos ek dit nog
nooit gevoel het nie.” –Christian Experience and Teachings of Ellen G. White;
bl 57.
Onvermoë om `n huis ekklesia te begin word
geregverdig deur `n tekort aan middelle, beide ekonomies en persoonlik. Ons het
reeds gesien dat dit genoeg is waar slegs een persoon beskikbaar is wie oud
genoeg is om uit die Bybel te kan lees. Selfs waar geen geletterde persoon
teenwoordig is nie, kan `n kerk rondom die Woord vergader wat soos dit bekend
is aan die verstand. En sou niemand teenwoordig is wie `n Bybelvers uit sy hoof
kan herhaal nie, is stilte in die byeenkoms goud, en kan die stem altyd verhef
word in gebed en smekinge aan Yahuwah.
“Armoede moet ons nie uitsluit om gasvryheid
te betoon nie. Ons moet uitdeel wat ons het. Daar is hulle wie worstel om
lewensbehoud en wie dit buitengewoon moeilik vind om hul inkomste aan te vul
vir daaglikse benodighede,maar hulle het
. . .[Yahushua] lief in die persoon van Sy heiliges en is bereid om
gasvryheid te bewys aan gelowiges en ongelowiges, wie probeer om hulle besoeke
van waarde te maak. In die familie kring en die familie altaar word die gaste
welkom laat voel. Die seisoen van gebed maak `n indruk op hulle wie as gaste
bedien word, en selfs een besoek beteken die redding van `n siel uit die dood.Van
hierdie werk maak . . . [Yahuwah] `n aantekening, en sê: “Ek
sal vergoed.” –Adventist Home, bl. 451.
Die rol van die man en die vrou in die
huisaanbidding word oorgedra van die daelikse praktyke na die Sabbat
byeenkomste ook.
“Voordat die huis verlaat word vir arbeid,
moet die hele gesin byeengeroep word; en die vader, of die moeder in die vader
se afwesigheid , moet vurig pleit met .
. . [Yahuwah] om hulle deur die dag te bewaar. Kom in ootmoed met `n hart gevul
met tederheid en die besef van die versoekinge en gevare voor jouself en jou
kinders; bind hulle op die altaar deur geloof, en smeek die sorg van . . . [Yahuwah] op hulle af. Dienende Engele
sal dan die kinders bewaar wie só gewy word aan Yahuwah.” –Child Guidance, bl.519.
Dit was veral die invloed van die Sewende
Dag Baptiste wat die vroeë gelowiges daartoe gelei het tot die stigting van
instellings. Die instellings wat in die laaste deel van die 1800`s
gestig is, is `n model ná die Baptiste patroon met rade, verenigings en konferensies.
Opsigself was daar nie fout daarmee nie, maar was uiteindelik misbruik deur
oorafhanklikheid en organisering en daardeur
het die vroeë behoorlike huis ekklesia
beginsels verlore gegaan. Ellen White het haar stem verhef vir `n hervorming in
hierdie saak, en `n terugkeer na die
oospronklike huis ekklesia beginsels soos gevind in die boek van Genesis.
“Julle wie bely dat julle . . . [Yahuwah]
liefhet, neem . . . [Yahushua] saam waar jy ookal mag reis; en , en nes die
patriarge van ouds, rig `n altaar op waar jy ookal jou tent opslaan. `n
Reformasie in hierdie geval is noodsaaklik, — `n reformasie wat diep en breed
sal wees.” –Testimonies 5 , bl. 320-321.
Ons benodig nie `n nuwe organisasie nie , nog
minder het ons nodig om deel te neem aan die inrigtings wat hulle verbind het
met afvalligheid. Die huis ekklesia wat in Eden gestig is, bevestig is in die
Evangelie, en behou is deur die vroeë gebod- houdende Adventiste bestaan vandag
nog en het nie verander nie. Dit is dieselfde ekklesia waaraan Ellen White ,
James White , die Waggoners, Joseph Bates, en vele ander behoort en deelgeneem
het. Dit is genoegsaam om as `n gesin elke dag by die familie altaar byeen te
kom, en met soortgelyke gelowiges in, `n aangewese huis, sou die geleentheid
dit toelaat.