World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Skeiding van die Weë

covered wagon

Dit was `n vreemde trek. Goud was ontdek in
die westelike deel van die Verenigde State, en binne dae het manne uit die
ooste te perd daarheen gereis, met wa vragte met hulle gesinne wat volg in die
daaropvolgende maande; almal was agter die ontwykende droom van rykdom.
Duisende het al hul besittings verkoop om die ongekaarteerde roete na die weste
te volg. Duisende het alles, insluitende hulle lewens verloor. Die gevare van
die reis, siekte, ongelukke, weer en vyande het die wa treine verminder totdat
slegs `n oorblyfsel by die bestemming uitgekom het. Dan, het nóg minder ooit
die goud en rykdomme gevind, waarvoor hulle alles opgeoffer het om te hê.

Sommige van die wa treine het gidse en
verkenners gehuur om hulle te lei. Andere het weer iemand onder hulle groep om
die verantwoordelikheid as leier op hom te neem, gekies. Die
verantwoordelikheid was groot. Lewens kon in die slag bly deur die verkeerde
roete te neem. Ontberinge kon vermeerder word deur die gemis van waterfonteine
of om nie by die regte plek uit te span nie. Aanvalle deur die vyand kon hulle
uitwis as die mense nie vinnige verdedigings metodes aangeleer het nie. Die
bestaan van die groep het gerus op die skouers van die leier.

Sou `n wa leier per ongeluk die verkeerde
roete gevolg het, as hy die verkeerde weg gekies het, was dit sy plig om die
mense in te lig en te vra om om te draai, terug te gaan, en dan die regte roete
te volg. Dit kon addisionele reis, verlore tyd en baie murmereringe veroorsaak.
By tye, het sommige van die waens selfs weggebreek en in die verkeerde rigting
voortgereis,  liewers as om terug te keer
op die weg waarmee hulle gekom het. Toelating van `n fout deur die leier het
die gevaar betrek van die verlies van geloof in sy leierskap. Muitery was `n
werklike moontlikheid. `n Waaksame leier sou altyd uitkyk vir addisionele
inligting, bykomende kennis in die gebruik van besluite wat die groep mag lei.

Wêreld se Laaste Kans is `n leier in die
veld van godsdienstige webtuistes. As die uitnemendste leerkrag aangaande die
sewende-dag Sabbat aanbidding, het dit `n gewigtige verantwoordelikheid om
waarheid en slegs waarheid te leer. Omdat waarheid voortdurend ontvou, moet
ondersoek daarna voortdurend plaasvind om te ontdek watter geloofsoortuiging
moet aangeleer word en watter afgeleer moet word. Yahuwah het belowe om `n gids
te wees vir die ywerige soekers na alle waarhede. Die laaste generasie wat sal
leef deur die komende tyd van benoudheid moet slegs waarheid hê, geen dwaalleer
moet in hulle geloof te vinde wees nie. Hulle moet in die waarheid gegrondves
wees sodat hulle onwankelbaar staan teen die aanvalle van die mens of
misleidings van demone.

Wêreld se Laaste Kans was altyd vas oortuig
dat die mens `n verpligting teenoor hulle Skepper het om Hom op die sewende
dag, Sy vasgestelde Sabbat volgens die vierde gebod te aanbid. Maar, hoe word
die Sabbat gevind? Is dit moontlik om reg te wees met die aftelling van die dae
en om verkeerd te wees met watter kalender gebruik word om daardie dag te vind?
In die afgelope maande, was deeglike ondersoek deur toegewyde Sabbatariërs
gedoen om uit te vind of die Gregoriaanse kalender wat algemeen gebruik word
deur gemeenskappe regoor die wêreld, die ware Bybelse kalender is of nie. Waar
kan die oorsprong van die Juliaanse/Gregoriaanse kalender gevind word? Watter
kalender was deur Moses gebruik in die tyd van die Exodus? Watter kalender was
in Babilon gebruik? Watter kalender was gebruik deur die Jode in die tyd van
Yahushua, Christus?

Ernstige navorsing in hierdie vraagstukke
het die navorsers tot die finale besluit gelei dat die korrek genommerde dag
vir aanbid gevind is. Die sewende dag van die week is die Sabbat. Maar, die
oorspronklike Bybelse luni-solar kalender moet gebruik word om Yahuwah se ware
sewende-dag te vind. Deur die tyd was daar baie kalenders, baie wyses om tyd te
bepaal en om die dae van aanbidding in te stel. Die Bybel moet ons gids wees;
skrifte moet vasstel wanneer om te aanbid en watter kalender gebruik moet word.
Historiese feite kan saam met die Bybel gebruik word om waarheid te bevestig,
maar die Bybel is die finale outoriteit.

Wêreld se Laaste Kans webtuiste het nou
artikels, e-kursusse, en video`s gepos om die inligting versamel deur die
navorsers, te deel. Dit was `n skok om te leer dat die idee van `n
“voortdurende weeklikse siklus sedert die skepping” `n verkeerdelike
veronderstelling was. Die Gregoriaanse Paganistiese/Pouslike kalender is die
verkeerde maatstaf om te gebruik vir die vasstelling van die ware sewende-dag
vir aanbidding. Dit is vreemd vir die verstand om insig te hê in `n anderste
sisteem van tyd afmeting. Maar dit is só kosbaar, dit is `n vreugde om met
sekerheid te weet dat die korrekte Sabbat gevind kan word as die korrekte
luni-solar kalender gebruik word. Ondersoek asseblief hierdie lewensbelangrike,
lewensveranderende kwessie vir jouself uit. Vergelyk asseblief die skrifte en
die historiese feite om insig te kry dat Satan in werklikheid daarop uit is “om
tye en wet te verander”. Gee asseblief Yahuwah se Gees `n geleentheid om jou
verstand te beïndruk deur te beloof om Hom te gehoorsaam as Hy aan jou openbaar
dat dit die waarheid is.

Sluit by gelowiges regoor die wêreld aan
soos ons treë teruggee, kennis van ou weë herstel en konsepte wat nuut is aan
ons verstaanbaar word. Gebede vir jou geestelike veiligheid styg gedurig op van
die personeel en navorsers van Wêreld se Laaste Kans webtuiste. Yahushua
Messias sal spoedig kom. Laat ons in hart en stem, gees en waarheid verenig op
die ware sewende-dag lunar Sabbat om ons
Skepper te gehoorsaam.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.