World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Pouslike Spoggery oor Kalender Verandering

Die Katolieke Kerk was altyd baie eerlik omtrent haar rol in die
verandering van die kalender. Moderne sabbatariërs het veronderstel dat Saterdag die Bybelse Sabbat was, maar die
Katolieke Kerk self het nooit die rol ontken wat sy in die verwerping van die
luni-solar Sabbat van die Bybel gespeel het en instede daarvan aanbidding op dies Solis, die dag wat die Son bevorder
het nie. 

Die besluit van die Raadsitting van Nicaea om die Bybelse kalender
berekening op sy te sit was eenvoudig maar net erken deur Konstantyn in sy
koninklike wetsontwerp. Die biskoppe wou die bande met Judaïsme verbreek.
Anti-semitisme het `n rol hier gespeel, soos gesien kan word in die vooraf
aangehaalde stelling deur Konstantyn gemaak. “Laat ons niks in gemeen met die
verfoeilike mense, [die Jode] hê nie ….”(1)

Patrick Madrid, het `n punt hiervan in `n radio onderhoud op Januarie 5,
2006 gemaak:  

Daar was `n duidelike breuk tussen die Ou Testamentiese vereistes: die
rites en die Mosaïese verbond het optrede vereis met die Sabbat en die
slagofferandes, en dergelike dinge. En hulle wou wys dat Christelikheid
verskillend van Judaïsme was. Dit het van Judaïsme gekom, maar dit het daarvan verskil.(2)

In ywer om hierdie onderskeiding te wys, was nie net die onderhouding
van die sewende-dag Sabbat verplaas na die Juliaanse Sondag nie, maar al die jaarlikse feeste wat, steeds tot op daardie tyd gevier was, vervang
deur gewilde paganistiese feeste, wat aan hulle `n Christen opvatting gegee het
en Christen name daarby ingelyf het.  

Om die Paganisme met naam Christene te versoen, het Rome, deur sy gewone
beleid te volg, maatreëls onderneem om Christen en Paganistiese feeste te
versmelt, en, deur `n komplekse maar
vernuftige verstelling van die kalender,
was dit nie as `n moeilike saak
gevind nie, om, Paganisme en Christene so ver te kry . . . om hande te vat –
nou so ver versink in afgodery.(3)

T. Enright Biskop van St. Alphonsus Kerk, maak die duidelike stelling:

Dit was die Katolieke Kerk wat die wet wat ons verplig om Sondag heilig
te hou, gemaak het. Die kerk het hierdie wet lank nadat die Bybel geskryf was,
gemaak. Hierdie genoemde wet is nie in die Bybel nie. Die Kat. [sic.] Kerk skaf nie net die Sabbat af
nie, maar alle ander Joodse
feestelikhede.
(4)

In dieselfde brief, bied Enright $1000 “aan enigeen wie aan my uit die
Bybel alleen kan bewys dat ek onder `n gruwelike sonde gebind is, deur Sondag
heilig te hou.”  Daar is geen ontkenning
dat die Katolieke Kerk verantwoordelik was vir die verandering nie.

Die Gebooie, of Dekaloog . . . Geskryf deur die vinger van God op die
twee kleitablette, hierdie Goddelike kode was deur Moses te midde van die
donderslae op Sinaï-gebergte, van die Almagtige ontvang . . . Christus het
hierdie gebooie in die dubbele beginsel van liefde saamgevat – liefde van God
en aan jou naaste; Hy het hulle as verbonde gesien onder die Nuwe Wet in Matt.,
xix en in die Berg Predikasie in (Matt., v) Ook het Hy daaroor uitgewei en
hulle verduidelik, .   .   . Aan
die anderkant, het die Kerk, na die verandering van die dag van rus van die
Joodse Sabbat, of die sewende dag van die week, na die eerste, gemaak dat die
derde gebod verwys na die Sondag as die dag wat heilig gehou moet word as die
Dag van die Here.
Die raadsitting van Trent (Seksie. VI, kan. Xix)
veroordeel diegene wie ontken dat die Tien Gebooie op alle
Christene bindend is.(5)

Dit is nie werklik regverdig om die Rooms Katolieke van oneerlikheid te
beskuldig nie, terwyl hulle alle pad gesê het dat hulle kerk die aanbiddings
dag na Sondag verander het nie. Hieronder is `n samestelling van die vele
stellings deur die Katolieke gemaak wat eerlik staaf dat hulle verantwoordelik
is vir die kalender verandering wat aanbidding na dies Solis verskuif het.

  • “Die
    Sondag … is by uitstek `n skepping van die Katolieke Kerk.” American Catholic Quarterly Review, Januarie
    1883  
  • “Sondag…is
    die wet van die Katolieke Kerk alleen…” American
    Sentinel (Katoliek),
    Junie 1893
  • “Sondag
    is `n Katolieke instelling en sy aansprake van onderhouding daarvan kan slegs
    op Katolieke beginsels verdedig word…Van die begin tot einde van die Skrifte is
    daar nie `n enkele gedeelte wat die verskuiwing van weeklikse openbare
    aanbidding van die laaste dag van die week na die eerste regverdig nie.” Catholic Press,Sydney, Australië,
    Augustus 1900.
  • Hulle, [die Protestante] ag dit
    hulle plig om Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke Kerk hulle sê
    om dit te doen. Hulle het geen ander rede nie… Die onderhouding van Sondag kom dus as `n ekklesiastiese wet voor,  heeltemal teenstrydig met die goddelike wet
    van Sabbat onderhouding . . . Die skrywer van die Sondag . . . is die Katolieke
    Kerk.” Ecclesiastical Review, Februarie
    1914.
  • Omdat die verandering so lank terug
    plaasgevind het, het die mense van vandag die feite van die geskiedenis
    vergeet. Dit is onmoontlik om die Bybelse Sabbat via die paganistiese kalender
    te vind; dus, kan Saterdag nie die ware Sabbat wees nie. Onbewus hiervan, het
    Saterdag sabbatariërs van die veronderstelling uitgegaan dat Saterdag die
    Sabbat is waarvan die aanbidding weggeneem is. Dit is waar dat daar baie
    aanhalings is van Katolieke skrywers wat na 
    Saterdag verwys as die “Sabbat”: 
  • Natuurlik maak die Katolieke Kerk
    daarop aanspraak dat die verandering (Saterdag Sabbat na Sondag) haar optrede
    was…En die optrede is `n merk van haar ekklesiastiese gesag in geestelike
    dinge.” H. F. Thomas, Kanselier van Kardinaal Gibbons.
  • “Sondag
    is gebaseer, nie op die skrifte nie, maar op tradisie, en dit is uitsluitlik `n
    Katolieke instelling. Synde dat daar geen skrifte vir die verplasing van die
    rusdag van die laaste na die eerste dag van die week is nie, is die Protestante
    veronderstel om hulle Sabbat op Saterdag te vier en sodoende die Katolieke ten
    volle in besit van Sondag laat.”  Catholic Record, September 17, 1893.
  • “Protestantisme,
    deur die gesag van [Rooms Katolieke Kerk] te verwerp, het geen goeie rede vir
    haar Sondag teorie nie, en moet uit logika Saterdag as die Sabbat vier.” John
    Gilmary Shea, American Catholic Quarterly
  • “Dalk
    het die waaghalstigste ding, die mees rewolusionêre verandering wat die Kerk
    ooit gedoen het, in die eerste eeu plaasgevind. Die heilige dag, die Sabbat,
    was van Saterdag na Sondag verander. ‘Die dag van die Here’ was gekies, nie van
    enige leiding soos neergestip deur die Skrifte nie, maar van die Kerk se
    siening uit sy eie mag …Mense wie dink dat die Skrifte die enigste outoriteit
    moet wees, moet logies 7de Dag [sic.] Adventiste word, en Saterdag heilig hou.”St. Catherine Church Sentinel,
    Algonac, Michigan, Mei 21, 1995.
  • “Is elke Christen nie verplig om Sondag
    te heilig en op daardie dag van onnodige siviele werk weg te bly nie? Is die
    viering van hierdie wet nie onder die mees prominentste van ons heilige pligte
    nie? Maar jy mag die Bybel vanaf Genesis tot Openbaring deurlees, en nie `n
    enkele reël van bemagtiging van Sondag heiliging vind nie. Die Skrifte handhaaf
    die godsdienstige onderhouding van Saterdag, `n dag wat ons nooit heilig nie.”
    Kardinaal James  Gibbons, The Faith of Our Fathers (1917 uitgawe),
    bls. 72-73 (16de Uitgawe, bl. 111; 18de Uitgawe, bl. 89).

Deurdat historiese feite deur die meeste mense vergeet is, het vele
Katolieke skrywers planetêre week teminologie gebruik (bv., “Saterdag”), wat as
misleidend beskou kan word. Dit is ook waarskynlik dat vele van die Katolieke
skrywers hulle self onbewus was van die volle geskiedenis agter die moderne
week. Maar Katolieke geleerdes het altyd die waarheid geweet. Soos `n
konserwatiewe Katolieke geleerde en apologeet Patrick Madrid dit stel:  

 [Die] kalender wat ons volg, die
Sewende-dag Adventiste inkluis, is nie die enigste kalender wat uitgedink was
deur die Katolieke Kerk nie, maar dit is ook `n kalender wat op die son jaar
gebaseer is, nie die lunar jaar nie. En die Joodse kalender wat in die tyd van
Christus onderhou was . . . .het die lunar kalender gevolg, wat verskeie dae
korter as die son jaar is. Dus is die groot ironie dat selfs die Sewende-dag
Adventiste hulleself nie aanbid op die Sabbat dag nes die Jode in die tyd van
Christus nie.(6)

Oor die eeue heen, nes die feite van die geskiedenis vergeet was, was
Saterdag veronderstel om die Bybelse sewende-dag Sabbat te wees. Maar toe die
Juliaanse kalender op die Christene afgedwing was vir ekklesiastiese gebruik,
het niemand in die tyd dies Saturni met Sabbato verwar nie. Almal het geweet
dat dit twee verskillende dae van twee
verskillende kalender stelsels was.
`n Uitstekende voorbeeld van “Saterdag”
wat wetend of onwetend `n  plaasvervanger
vir “Sabbat” is, is te vinde in die kanonieke van die Raadsitting van Laodicea.

Na afloop van die edik van Nicæa het apostoliese Christene voortgegaan
om op die maan-son kalender te aanbid. Die Raadsitting van Laodicea was omtrent
40 jaar later byeengeroep om die aanvaarding van “die Dag van die Here” af te
dwing, in plek van die lunar Sabbat

Daarom, vir die vervulling van haar oorspronklike doelwitte, het dit nou
nodig geraak dat die kerk wetgewing verseker wat alle vrystelling uitblus, en
die onderhouding van die Sabbat verbied sodat daardie magtige protes [teen
Sondag heiliging] uitgeblus kan word. En nou . . . die “ware goddelike bevel”
van Konstantyn en die Raadsitting van Nicaea dat “niks” in gemeenskap  “met die Jode gehou word nie,” was die basis
van die outoriteit vir die wetgewing gemaak, om die onderhouding van die Sabbat van die Here heeltemal uit te wis en om die onderhouding van Sondag alleen in stede daarvan te bevestig. (7)

Die 29ste Kanoniek van die Raadsitting van Laodicea beveel:

Christene sal nie Joodsgesind wees deur op Saterdag te rus nie, maar sal
op die dag werk, maar die dag van die Here sal hulle spesifiek huldig, en,
indien moontlik, geen werk op die dag doen nie. Maar as gevind word dat hulle
Joodsgesind is, sal hulle van Christus uitgesluit wees.

Rooms Katolieke biskop, Karl Josef von Hefele (1809-1893), verklaar dat
die woord “Saterdag” deur die moderne vertalings voorsien is. Von Hefele is `n
baie geloofwaardige outoriteit op die oorspronklike woord keuse by die
Raadsitting van Laodicea. `n Duitse geleerde, teoloog en professor van Kerk
geskiedenis, met sy opleiding in die Túbingen Universiteit. Een van sy grootste
werke was History of the Church from the
Original Documents.
As `n biskop en teoloog, het hy sekerlik toegang tot die
oorspronklike dokumente in die Vatikaan argiewe gehad!

Volgens von Hefele, was die oorspronklike woord in beide Grieks en Latyn
eintlik “Sabbat” Die woord  “anathema”  (vervloek) was in die plek van “verban”
gebruik. Die Latynse weergawe bevat nie enige verwysing na dies Saturni (Saterdag) nie, maar instede daarvan gebruik dit Sabbato, of “Sabbat”:

Quod non oportet Christianos Judaizere
et otiare in Sabbato, sed operari in eodem die.  Preferentes autem in
veneratione Dominicum diem si vacre voluerint, ut Christiani hoc faciat; quod
si reperti fuerint Judaizere Anathema sint a Christo.

Dit baar
herhaling: Christene in die tyd van die kalender verandering was nie verward
oor die Saterdag as die Sabbat nie.
Elkeen het geweet dat dies Saturni
onlangs van die eerste dag van die paganistiese week na die laaste dag van die
paganistiese week verskuif is, terwyl Sabbato die sewende dag van die
Joodse maan-son kalender was waarmee niemand geassosieer wil wees nie.
Weereens, hierdie was twee verskillende dae op twee verskilllende kalender
stelsels.

Eusebius van Cesarea, `n kerk historikus in
die tyd van Konstantyn en sy dikwelse vleier, word dikwels aangehaal aangaande
die Sondag wetgewing van die tyd. Dit word algemeen geglo dat hy die priester
was wat eintlik vir Konstantyn kort voor sy dood gedoop het.  In die openings seremonies van die
Raadsitting van Nicaea, het Eusebius aan die regterkant van Konstantyn gesit en
het die openings toespraak gelewer.(8) Eusebius was baie duidelik
dat die verheffing van dies Solis oor die Joodse Sabbato was en
nie oor die paganistiese dies Saturni nie.

Alle dinge wat ook al plig was om op die Sabbat te doen, was na die Dag
van die Here verskuif, as meer toepaslik, en vernaam, en eerste, en meer
eerbaar as die Joodse Sabbat.(9)

Dit was in hierdie tyd dat Sylvester I, Biskop van Rome tydens die
Raadsitting van Nicaea, pogings aangewend het om die name van die paganistiese
week met die Bybelse weeks dae name te herdoop. “Dit was die era van Konstantyn
die Grote, toe die openbare posisie van die Kerk so goed bevorder is, `n verandering
wat baie merkbaar in Rome was.(10)

Katolieke, wie alte bewus is dat daar geen Bybelse rede vir die
aanbidding op Sondag is nie, het gesien hoe veranderlik Protestante is.

  • “Dit
    is goed om die Presbiteriane, Baptiste, Metodiste, en al die ander Christene te
    herinner, dat die Bybel nêrens steun verleen in die viering van Sondag nie.
    Sondag is `n instelling van die Rooms Katolieke Kerk, en diegene wie die dag
    onderhou, onderhou `n gebod van die Katolieke Kerk.” Priester Brady, in `n
    toespraak opgeteken in The News,
    Elisabeth, New Jersey, Maart 18, 1903.
  • Vir Wie Eerbiedig Ons en Bewys Ons Hulde deur Sondag Heiliging? Hieruit mag ons verstaan hoe groot die
    outoriteit van die kerk in die interpretasie of verduideliking aan ons die
    gebooie van God is – `n outoriteit wat deur die universele gebruik van die hele
    Christen wêreld erken word, selfs daardie sektes wie bely dat hulle die heilige
    Skrifte as hulle enigste reël van geloof neem, sedert hulle as die dag van rus
    nie die sewende dag van die week onderhou soos deur die Bybel aanbeveel nie,
    maar die eerste dag. Wat ons weet heilig gehou moet word, slegs deur die
    tradisies van die Rooms Katolieke Kerk.” Henry Gibbons, Kategismes Vereenvoudig #2, 9de uitgawe, deel1, bls. 341-342. 
  • “Dit was die Katolieke Kerk wat
    …hierdie rus na die Sondag verskuif het ter herdenking van die opstanding van
    onse Here. Sodoende is die onderhouding van Sondag eerbetoon deur die
    Protestante, tenspyte van hulleself, aan die outoriteit van die [Rooms
    Katolieke] kerk].” Monsignor Louis Segur, Plain
    Talk About the Protestantism of Today,
    1868, bl. 213. 
  • “Protestante…aanvaar
    Sondag eerder as Saterdag as die dag van aanbidding nadat die Katolieke Kerk
    die verandering gemaak het…Maar die Protestanse denke wil voorkom asof hulle
    dit nie besef dat…in die viering van Sondag, hulle die outoriteit van die
    woordvoerder, die Pous aanvaar nie.” Our Sunday Visitor, Februarie 15, 1950.
  • Die [Rooms Katolieke] Kerk
    het die onderhouding van die Sabbat na Sondag verander deur die reg van
    die goddelike onfeilbare outoriteit aan haar gegee deur haar stigter,
    Jesus Christus. Die Protestant se aanspraak as die enigste gids vir
    geloof, het geen bevelskrif vir die onderhouding van Sondag nie. 

`n Katoliek wie glo dat Christus op Sondag opgewek was is ver meer
beginselgetrou as `n Sondaghoudende Protestant wie daarop aanspraak maak om al
hul geloofsoortuiginge op die Bybel en die Bybel alleen te baseer. Katolieke
plaas tradisie en die dekrete van hulle pouse bo die Bybel, dus is daar geen beginselloosheid
vir hulle om te glo dat Sondag die dag van die opstanding is nie. Vir hulle is,
waarheid enige tradisie wat ookal en die pous se uitvaardiging daarvan. 

Maar, vir `n Protestant om die Katolieke vir die volging van tradisie
eerder as om die Bybel te volg, te veroordeel en steeds op die Sondag aanbid,
is die hoogste vorm van beginseloosheid. Vir die Jode en die Saterdag
sabbatariërs om aan te dring dat Die Presiese, Korrekte Dag moet saak maak aan Yahuwah, en dan die
sewende-dag deur middel van die paganistiese, planetêre kalender onderhou, is
selfs meer beginselloos!  As dit
belangrik is om op die ware Sabbat dag te aanbid, moet die oorspronklike
kalender, ingestel deur Yahuwah tydens die skepping, gebruik moet word om te
bereken wanneer die Sabbat sou aanbreek.  

Wanneer die historiese feite van die Juliaanse kalender verstaan word,
is dit duidelik gemaak dat Sondag nie die enigste aanbiddings dag wat op die
paganistiese kalender berekening gebaseer is nie. Saterdag, dies Saturni, die oorspronklike eerste
dag van die planetêre week is `n vervalsing van die ware sewende-dag Sabbat dag
van die Bybel.

`n Antieke spreekwoord lui:
“Hy wie die kalender beheer, heers oor die wêreld.” Wie het oor jou kontrole?
Die dag waarop jy aanbid, bereken deur die kalender wat jy gebruik, openbaar
watter Godheid/godheid jy aanbid.

________________________________________________________________________ 

(1)  Heinrich Graetz, History of the Jews, (Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1893), Deel.II, bls. 563-564.

(2) Patrick Madrid, kommentaar op “OpenLine,” EWTN, Global Catholic Radio Network, January 5, 2006.

(3) Alexander Hislop, The Two Babylons, (New Jersey: Loizeaux Brothers, 1959), p.105, klem voorsien.

(4) Brief deur T. Enright, Biskop van St.Alphonsus Kerk, St. Louis, Missouri, Junie, 1905, klem voorsien. 

(5) Charles George Herbermann, Knights ofColumbus Catholic Truth Committee, The Catholic Encyclopedia, (HarvardUniversity: Encyclopedia Press, 1908), p. 153, klem voorsien.

(6) Patrick Madrid op “Open Line,” EWTN,Global Catholic Radio Network, Januarie 5, 2006. Om Madrid se kommentaar in sy geheel te lees of te luister, besoek asseblief:4angelspublications.com/articles/catholic_scholar.php.

(7) A. T. Jones, The Two Republics, (Ithaca, Michigan: A. B. Publishing, Inc., n.d.), bl. 321, klem voorsien.

(8) Catholic Encyclopedia, “Eusebius van Caesarea,” www.NewAdvent.org.

(9) Eusebius, Kommentaar op die Psalms, Psalm 91 (Psalm 92 in die A.V.), in J. P. Migne, Patrologia Graeca, Deel 23, kolom 1172, skrywers vertaling, soos aangehaal in R. L. Odom, Sunday Sacredness in Roman Paganism,Review & Herald Publ. Assoc., 1944, bl. 141.

(10) “Pope Sylvester I”(gedateer Desember 31, 335), Catholic Encyclopedia, www.newadvent.org.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.