Die name van die planetêre week was in die kalender in gebruik onder die
sogenaamde Christene verewig. Elke keer wanneer ons na `n kalender kyk wat voor
ons is, het ons voor ons `n voortdurende herinnering van die amalgamasie van
paganisme en Christelikheid wat as gevolg van die groot godsdienstige afvalligheid
plaasgevind het – daardie “groot afval” deur Paulus voorspel, wat in die vroeë
eeue van die Christen kerk plaasgevind het en die moderne Babilonië van teenstrydige
sektes en geloofbelydenisse gevorm het wat die naam van Christus bely.(1)
Dit is verstaanbaar, maar
ongelukkig, dat moderne Christene veronderstel dat die week aaneenlopend
gesirkuleer en sonder onderbreking sedert die Skepping gekom het soos ons dit
vir vandag ken: die ganse wêreld is eenvormig in die gebruik van die
Gregoriaanse kalender vir 6,000 jaar terwyl verskillende dele van die westerse
wêreld die Juliaanse kalender byna 2,000 jaar gelede aanvaar het! Maar, onkunde in waarheid verander nie wat
waarheid is nie; nes Yahuwah hartseer
oplet in Hosea 4:6: “My volk gaan ten gronde weens `n gebrek aan kennis.” Dit
is die verantwoordelikheid van elke indiwidu om vir homself te ondersoek wat
waarheid is en hulle lewens volgens daardie kennis uit te leef.
Die amalgamasie van Christenheid met
paganisme in die vorm van Mithraïsme was `n proses wat verskeie honderde jare
geneem het. Toe die proses eers volmaak was, was die ware Sabbat van die vierde
gebod verlore onder die veronderstelling dat die moderne vorm van die planetêre
week onveranderd sedert die Skepping gekom het. Hoewel verwysinge van nuwe
Christene wie steeds kleef aan paganistiese gebruike in die Nuwe Testament
gevind word, het die grootste verandering ingesluip onder kalender metodes. Die
Juliaanse son kalender met sy aaneenlopende weeklikse siklus was baie anders as die luni-solar
kalender deur die Jode en Apostoliese Christene gebruik. Deur besigheid te doen
met `n gemeenskap wie `n anderste metode van tyd houding gebruik het, was
moeilik. So vroeg as die laaste gedeelte van die eerste eeu, het Ignatius die
“beweging begin vir die vervanging van Sondag heiliging vir die Sabbat
aanbidding.(2)
Die Christene in Rome was onder die
eerstes om aanbidding op die Juliaanse kalender eerder as die Bybel se kalender
te begin. Dit het verwarring onder die paganiste geskep. Rondom A.D. 175-178,
het Celsus, `n Romeinse filosoof en Stoik, On
the True Doctrine: A Discourse Against Christians, geskryf.(3) Dit
was `n magtige veroordeling van die Christendom. Alhoewel sy geskrifte “maar
min van die bitterheid waarmee ander [meeste paganiste] gekenmerk word,
openbaar”(4) het hy nogtans die Chistene bespot deurdat hulle die
heidene na aap. “Die gevolge van sy werk was om die Christene in `n baie
onvriendelike lig in die oë van die wêreld van die Romeine en hulle heersers te
sit.”(5)
Hoewel geen afskrifte van Celsus se
werk steeds bestaan nie, was die meeste in `n massiewe werk deur Origen, Contra Celsum, aangehaal. Een aanhaling
wat baie fassinerend is omdat dit verwys na Mithraisme en die planetêre gode.(6)
Dit is interessant om ook op te let, dat Origen nie probeer het om enige parralelle
wat Celsus tussen die Christendom en Mithraïsme gemaak het, te weerlê nie, maar
het eenvoudig net probeer om die aanklagte te vermy.(7)
Die omvang waarmee sommige Christene
die paganistiese gewoontes omhels het, het baie paganistiese Romeine verbaas.
Tertuliaan (c. 160-225), `n vroeë Christen, het ter verdediging van Christene
die proses wat toe plaasgevind het openbaar gemaak met sommige Christene wie op
Sondag, ander op Saterdag, en steeds ander wie aanhangers is van die Bybelse
(maan berekende) Sabbat. Sy stellings het dit duidelik geopenbaar dat Christene
verkeerdelik vir Mithraiste aangesien was:
Andere, versekerd meer opgevoed, het
gedink dat die Son die god van die Christene was, omdat dit bekend was dat
hulle na die ooste bid en `n fees op die dag van die Son vier. Doen jy minder? Is
die meerderheid van julle, in aanwendsel van aanbidding van die hemelliggame,
by tye julle lippe beweeg in die rigting van die opkomende son nie. Julle is
vir seker diegene wie ook die Son ontvang het in die register van die sewe dae,
en onder die dae uitverkies . . . . (8)
Dit is maklik om te sien hoe Christene
wie op Sondag aanbid verwar word met paganiste. Die ooreenkomste waarop
Christus en Mithra aanspraak maak sluit die volgende in:
- Albei voer aan om die mensdom se verlosser te wees
- Maagdelike geboorte, deur herders bygewoon
- Reisende leermeester, wie moraliteit leer
- Twaalf volgelinge
- Wonderwerke
- Geboorte datum in Desember 25(9)
- Self opofferend vir wêreld vrede
- In `n grafkelder begrawe; op die derde dag opgewek
- Mensdom se verlosser
- Bekend as die Goeie Herder en die Lig van die Wêreld; aangeneem as die
Weg, die Waarheid en die Lewe - Gelowiges onsterflikheid belowe
Toe die Christene ook die Juliaanse
kalender vir aanbidding aanvaar het, het die paganiste minder verskille gesien
tussen die Christendom en hulle eie Mithraisme, anders as die Christene se
weiering om reukwerk aan die keiser te brand, wat as verraad beskou was. Nog `n
aanhaling deur Tertuliaan is baie besonders, wat weereens die teenstrydige
gewoontes onder Christene openbaar, met sommige wie op Sondag aanbid andere op
Saterdag wat hy aandui `n afwyking
van Joodse gewoontes (die apostoliese Christene in hierdie tyd het steeds die
Sabbat van die Bybel se kalender onderhou):
Ons sal dalk vir Perse [Mithraïste]
aangesien word, . . . Die rede hiervoor, veronderstel ek, is dat dit bekend is
dat ons bid in die rigting van die ooste. . . Net soos wanneer ons die dag van
die Son wy aan feestelikhede (van `n ver anderste rede van Son aanbidding), is
ons in `n tweede plek van diegene wie die dag van Saturnus wy, wie self ook afwyk van `n Joodse gewoonte
waarvan hulle onbewus van is.(10)
Hierdie aanhaling bevestig dat die
aanbidding van Saterdag self `n afwyking van die Joodse gewoonte van aanbidding
op die sewende-dag van die oorspronklike kalender was.
Moenie veronderstel omdat sommige
Christene paganistiese kalenderberekening en gewoontes aanvaar het, die
verandering sonder protes van ander Christene plaasgevind het nie. Apostoliese
Christene, wie streng gekleef het aan die leerstellings van die apostels en
hulle onmiddelike geestelike afstammelinge, was baie verontwaardig vir wat
hulle as paganistiese afvallighede aangesien het wat die ekklesia ingesluip het. Die vooroordeel teenoor
Christene was in die hoogste graad. Inderwaarheid was die hoofklem van Tertuliaan
se werk, die Apologeticum, om die
Christendom teen die onredelike behandeling van Christene deur die paganiste te
beskerm.
rede waarom ons Ekklesia en
nie kerk in verwysing na Yahushua se
getroues in WLC inhoud gebruik nie, is omdat die woord “kerk” nie met
akkuraatheid die betekenis van die oorspronklike Griekse, “Ekklesia” oordra
nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na die Uit Geroeptes. Die
woord “kerk” wat op `n groep klem lê, is dus dan `n verkeerdelike vertaling en
moes nooit gebruik word nie. Christene is letterlik die Uit Geroeptes.Die ware volgelinge van Yahushua is inderdaad
die Uit Geroeptes vanuit die georganiseerde denominasies en gevalle Babiloniese godsdienste.Wanneer
die boodskap om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand weer terugkeer
na Babiloniese kerke en godsdiensvorme nie.
Tertuliaan, met die gawe van `n
snydende vernuf en met veel smaak vir ironie, het die inkonsekwente mishandeling
van Christene versus gewoonte misdadigers deur magistrate uitgewys.(11) Waarvolgens
`n gewoonte misdadiger gemartel was totdat hy sy misdaad erken het, was
Christene wie bely het dat hulle “Christene” was, gemartel totdat hulle dit ontken het. Terwyl Christene van rituele
bloedskande en eet van babas beskuldig was, was sulke klagtes nooit bewys nie.
Verder het Tertuliaan skewebek bemerk dat die paganiste (wie onbeplande kinders
in die steek gelaat het) so losbandig was sodat bloedskande vir hulle `n
onafwendbare indien moontlik, `n onbekende gebeurtenis was.
Dit is nie vir hedendaagse Christene om
diegene te veroordeel wie in die verlede onder uiterste vervolging gelewe het
nie. Maar dit moet verstaan word dat paganisme slegs deur uiterste protes en
deur die bloed van martelare `n voet in die deur van Christendom gekry het.
Diegene wie weier om `n knypie wierook ter ere van die “geestelike” keiser te
offer sal geforseer word om `n handvol wierook met brandende kole gemeng, vas
te hou. As die brandende mengsel laat val was uit refleks of as dit geval het
nadat die vingers afgebrand was, sou die paganiste hulle daarin verbly dat
behoorlike eer aan die keiser betoon is.(12)
Van die Christene was ook verwag om `n
knypie wierook aan die Romeinse gode te offer. “Gebede aan die planete op hulle
onderskeie dae was deel van die aanbidding van die hemelse liggame.”(13) Sommige
moderne teoloë het erken, “Ja, wanneer die sewende-dag Sabbat volgens die
Bybelse kalender bereken word, sal dit anders val; maar al wat God verwag is om `n sewende-dag Sabbat te vier deur
watter kalender ookal die gemeenskap gebruik.” So `n geloofsoortuiging openbaar
`n tragiese tekort aan kennis van die kwessie op die spel. Die planetêre week met
die sewe astrologiese gode was duidelik deur die apostoliese Christene verbind
aan demone aanbidding. Die Skrifte is gesetel dat die rites van die paganiste
niks meer is as duiwel aanbidding is nie.(14)
Bogenoemde illustrasie(15)
wat in Tortures and Torments of Christian
Martyrs gevind is, Skets A, wie forseer word om `n handvol brandende kole
te hou.(16) Die titel lees: “Martelaar se hand is gevul met wierook
gemeng met lewende kole, en wie deur die pyn genoop is om die wierook te strooi,
is van hom gesê dat hy `n offer aan die afgod gemaak het.” Die groep
weerligstrale in die gewone vorm van `n X met `n dik gehalveerde weerligstraal,
wys dat die afgod die planetêre god Jupiter is.(17) Geen ware
Christen, nie eens om sy lewe te red nie, sou `n knypie wierook offer aan
daardie dag se planetêre god nie, nie eens Saturnus nie – selfs as die sewende-dag Sabbat van daardie maan maand met die dag
van Saturnus saamval. Om dit te doen sou Saturnus as die “god” van daardie dag
erken word.
Kalender berekening omsluit veel groter
kwessies as wat besef word. Die dag waarop mens aanbid openbaar watter
Godheid/godheid aanbid word. Die vroeë Christene het goed geweet dat om op `n
paganistiese kalender te aanbid was om eer te gee aan `n paganistiese god. Deur
aanbidding op die Skepper se luni-solar kalender, het hulle hul getrouheid aan
die Eloah van die Hemel verklaar.
Die Christendom se aanvaarding van die
paganistiese kalender berekening het nie oornag geskied nie. Sommige Christene
het op een punt gekompromiteer, andere weer op `n ander. Sommige het streng
vasgehou aan die luni-solar kalender, terwyl andere die lunar Sabbat onderhou het, maar ook Sondag erken het. Dan het
andere beide Saterdag en Sondag onderhou, terwyl sommige net op Sondag aanbid
het. Die kompromië van een generasie was net `n stappie verder gevat deur die
volgende een.
Elke tree in die koers van die
afvalligheid, in elke stap wat geneem is in die aanneming van die vorme van
sonsaanbidding en die viering van Sondag self, was daar konstante protes deur
alle opregte Christene. Diegene wie getrou aan Christus en die waarheid van
die reine woord van [Yahuwah] gebly het,
het die Sabbat van die [Meester] volgens die gebooie, en volgens die woord van [Yahuwah], wie die Sabbat ingestel het as
die teken waardeur [Yahuwah], die Skepper van die hemele en die aarde, van alle
gode onderskei word, gevier. Hulle het vervolgens teen elke fase en vorm van
sonsaanbidding geprotesteer. Andere, veral in die Ooste het gekonformeer deur
beide die Sabbat en Sondag te onderhou. Maar in die Weste onder Romeinse invloed
en onder die leierskap van die kerk en die bisdom van Rome, was Sondag alleen
aanvaar en onderhou.(18)
Omdat die kalenders so verskillend was,
was elke area in die lewe noodwendig geaffekteer. Diegene wie nie `n
hartsbegeerte vir ware leerstelling gehad het nie het dit maklik gevind om hulle
kompromie te regverdig. Geleerdes het geglo dat Eusebius van Caesarea die
eerste ekklesiastiese skrywer was wie die paganistiese name van “Sondag” weg gespiritualiseer
het om dit aanvaarbaarder vir Christene te maak. Van dies Solis, Sondag het hy gesê: op dié dag kom die Son van
Geregtigheid vir ons siele op.” Verder het hy geskryf van die waarneming van “die
aangesig van die heerlikheid van Christus, en om die dag van Sy lig te
aanskou.”(20)
`n Verslag van die Christen verskywing
van die paganistiese kalender was in verskeie grafskrifte bewaar. Een Christen
inskripsie verwys na dies Mercurii (dag
van Mercurius) in die teks. Die grafskrif datum soos geglo is of A.D. 291 of
302.(21) Nog `n Christen inskripsie, een van die oudste gedateerdes
in Rome ontdek, verwys na dies Veneris
(dag van Venus). Wat hierdie spesifieke inskripsie besonders maak is dat dit
beide die Juliaanse datum en die
luni-solar datum aandui! Gedateer A.D. 269, wat sê:
In die konsulaat van Claudius en
Paternus, op Nones van November, op die dag van Venus, en op die 24ste dag van die lunar maand, het Leuces [hierdie
gedenksteen] opgerig vir haar liewe dogter Severa, en vir Sy Heilige Gees. Sy
het op [die ouderdom] van 55 jaar, en 11 maande [en] 10 dae gesterf.(22)
Die Nones van November is November 5
wat op die dag van Venus, Vrydag geval het. Op daardie maan maand korrespondeer
dit met die 24ste dag van die maan maand, of die “Tweede Dag” op die
Bybelse week.
Hierdie stadige metamorfose van reine,
apostoliese Christelikheid, na `n Christelikheid verweef met paganistiese
kalender berekenings beginsels is grootliks verantwoordelik vir die tekort aan
kennis wat deesdae aangaande die ware kalender van die Skepper bestaan. Die
paganistiese aaneenlopende weeklikse siklus reik so ver terug in die
geskiedenis, dat veronderstel word dat `n aaneenlopende weeklikse siklus altyd
bestaan het. Die historiese feite van die Juliaanse kalender is vergeet en
sirkelvormige redenasie was gebruik om te “bewys” dat Saterdag die Bybelse
Sabbat is: bv., die moderne Gregoriaanse week het voortdurend gesirkuleer. Dan moet Saterdag die “sewende-dag Sabbat”
van die vierde gebod wees.
Katolieke en Protestante aanbid op
Sondag, die eerste dag van die Gregoriaanse week, was as verdere “bewys” geneem
dat Saterdag die sewende-dag Sabbat van die Bybel is. In elk geval, “As
Saterdag nie die ware Sabbat is nie, waarom sal Satan bodder deur mense te hê
wat op Sondag aanbid?” Hierdie dubbele misleiding het Saterdag sabbatariërs in
hulle veronderstelling versterk dat
Saterdag die Bybelse Sabbat is. Maar die historiese feite skyn lig deur die
duisternis van dwaalleer en tradisie om die paganistiese oorspronge van beide
moderne aanbiddingsdae, Sondag en Saterdag, openbaar te maak.
_______________________________________________________________________________
Verwante Inhoud:
- Die Moderne Sewe Dae Week:
Ondersoek van die Geskiedenis van die Leuen - “Aaneenlopende Weeklikse Siklus” Vals Bewys
- Juliaanse Kalender
Geskiedenis (Video)
_______________________________________________________________________________
(1) R. L. Odom, Sunday in Roman
Paganism, (New York: TEACH Services, Inc., 2003), bl. 202.
(2) Eviatar Zerubavel, The Seven Day
Circle, (Chicago: University of Chicago Press, 1985), bl. 22; Ignatius, Epistle
to the Magnesians, (The Ante-Nicene Fathers, Grand Rapids, Michigan:
W. B. Eerdmans, 1956, James Donaldson and Alexander Roberts, eds.), Deel. 1,
bls. 59-65.
(3) Sien On the True Doctrine, vertaal
deur R. Joseph Hoffmann, (New York: Oxford University Press, 1987).
(4) “Celsus the Platonist,”Catholic
Encyclopedia, NewAdvent.org.
(5) Odom, op. cit., bl. 54.
(6) Origen, Against Celsus, boek 6,
hoofstuk 22 in The Ante-Nicene Fathers, (New York: Charles Scribner’s
Sons, 1913), Deel. 4, bl. 583.
(7) Ibidem
(8) Tertullian, Ad Nationes, Boek
1, Hoofstuk 13 in J. P. Migne, Patrologiæ Latinæ Cursus Completus,
(Parys, 1844-1855), Volume 1, kolomme 369-372.
(9) Alhoewel Christus nie op 25 Des.
gebore was nie, bly dit die Christene se “amptelike” verjaarsdag vir die
Messias.
(10) Tertullian, Apologia, hfstk.
16, in J. P. Migne, Patrologiæ Latinæ, Deel 1, kolomme. 369-372; standard
English translation in Ante-Nicene Fathers, (New York: Charles Scribner’s
Sons, 1913),Deel. 3, bl.31.
(11) Vir verdere navorsing, sien www.tertullian.org.
(12) Antonio Gallonio, De SS. Martyrum
Cruciatibus, 1591. Gepubliseer in Engels: Tortures and Torments of
the Christian Martyrs, A. R. Allinson, vert., (London: Fortune Press,
1903), bl. 143. Die doel van die boek as vir die “opbouing van die
gelowiges” en gepubliseer met die goedkeuring van die Rooms Katolieke Kerk.
(13) Odom, op.cit., bl. 158.
(14) I Korinthiërs 10:20
(15) Hierdie illustrasie was `n koperplaat
gravure deur Antonio Tempesta van Firenza (Florence) gedoen volgens die
ontwerpe van Giovanni de Guerra van Modena, skilder vir Pous Sixtus V.
(16) Gallonio, Tortures and Torments of
the Christian Martyrs, op.cit., bl. 138.
(17) Jupiter’s Day, dies Jovis, in
ooreenstemming met die moderne Donderdag.
(18) A. T. Jones, The Two Republics, (Ithaca,
Michigan: A. B. Publishing, Inc., n.d.), bls. 320-321.
(19) Eusebius, Commentary on the Psalms,
Psalm 91 (Psalm 92 in A.V.), in J. P. Migne, Patrologiæ Græccæ Cursus
Completus, (Parys, 1856-1866), Deel 23, kolom 1169.
(20) Eusebius, Proof of the Gospel, Boek
4, hoofstuk 16, vertaal deur W. J. Ferrar, Deel 1, bl. 207 soos aangehaal uit
dieselfde.
(21) E.Diehl, Inscriptiones Latinæ
Christianæ Veteres, (Berolini, 1925), Deel 2, bl. 118, #3033.
(22) Ibid., bl. 193, #3391.
Sien ook, G. B. de Rossi, Inscriptiones Christianæ Urbis Romæ, Vol.1,
deel 1, bl. 18, #11.