Dit was onmoontlik om in die eerste plek te sê
presies wat hy gevind het. Die verpletterde potskerwe, bewaar in duisende jare
se opgehoopte rommel en vuilis, was onwillig om hul geheim te gou bekend te
maak. Maar die argeoloog was egter geduldig. Hy het elke stuk wat hy kon vind
met die gesif deur die sand, versigtig versamel, selfs die kleinste potskerf
presies gelys. Die regte werk het begin toe die opgrawing elke laaste stuk nog
in bestaan, vrygestel het.
Met groot sorg en bekwaamheid het die
argeoloog nougeset elke stuk skoon gemaak en terug gesit. Uiteindelik was hy
gereed om die raaisel wat voor hom lê, inmekaar te laat pas. `n Pragtige
fatsoen het stadig maar seker begin vorm aanneem, nadat hy probeer het om die
perfekte aanpassing te maak met een stuk hier en `n ander daar te pas. Die
perfeksie van `n presiese eweredigheid het ten volle uitgekom, ronde sye het bo
op `n basis wat te slank gelyk het om dit te ondersteun, gebalanseer.
Uiteindelik was sy ywerige pogings vergoed.
Ywer en harde werk het rommel brokstukke in `n elegante vaas omskep, een van
die pragtigstes van sy soort wat ooit gevind was.
Almal wie die waarheid sal soek moet ook
argeoloë wees. Baie pragtige Hemelse waarhede is begrawe in vuillis en
smerigheid van tradisie en smerigheid van die heidendom. Om met versigtigheid
dwaalleer af te stof en die waarheid te ontbloot, deur dit tot sy volle glorie
te herstel, vereis baie ywerige en, nougesette pogings. Die een beginsel wat
alle soekers na waarheid in gedagte moet hou is dat die waarheid haarself nooit
sal weerspreek nie. As een gedeelte van die Gekrifte skyn om die ander gedeelte
te weerspreek, is dit `n duidelike uitnodiging: Grawe hier! Daar is meer waarheid
wat moet ontdek word wat die teenstrydigheid sal versoen.
Een soortgelyke deel van die Geskrifte wat vir
`n lang tyd Bybel studente verwar het is verklarings in Matthéüs, Markus en
Lukas wat skyn om te verskil met duidelike verklarings in die boek van
Johannes. Geleerdes verwys na Matthéüs, Markus en Lukas as die “Sinoptiese”
Evangelies weens die groot ooreenkomste in die besonderhede van elk as ook die orde
van die gegewe gebeurtenisse. Die vierde evangelie, Johannes, verskil in
sommige besonderhede.
Nêrens is hierdie oënskynlike verskil meer
sigbaar as in die verslag van die kruisigings Paasfees nie. Die drie Sinoptiese
evangelies blyk om almal ooreen te stem met `n datum vir die Joodse Paasfees
wat anders is as dié gegee in die
Evangelie van Johannes.
In werklikheid is daar geen teenstrydigheid
nie. Die waarheid weerspreek haarself
nooit nie! Dit is waar dat nie alle vrae in hierdie lewe beantwoord sal
word nie.
Yahuwah verwyder nooit alle rede tot twyfel
nie want Hy heg veel waarde aan persoonlike vryheid. Hy sal nooit mense dwing
om te glo as hulle nie wil glo nie. Dus sal daar altyd hake wees om twyfel te
hang deur die wie wens om nie te glo nie. In sulke areas is dit die voorreg van
die gelowige om geloof uit te oefen in die Een wie nooit leuens vertel nie. Dít
gesê en versigtige navorsing van die bewyse openbaar die harmonie van al vier
evangelies. Elke evangelie verskaf stukke van die legkaart wat, wanneer dit
behoorlik verstaan word, bewys dit dat daar geen konflik is nie.
Die tekse wat mense verwar het is:
Matthéüs
26:17 –“En op die eerste dag van die ongesuurde brode
kom die dissipels na …[Yahushua] en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U
klaarmaak om die pasga te eet?” (KJV1)
Markus
14:1 – “En die pasga en die fees van die ongesuurde
brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het
gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.”
Lukas
22:7 – “En die dag van die ongesuurde brode het gekom
waarop die pasga geslag moes word.”
Die verwarring wat opkom is wanneer die
bogenoemde tekse met Johannes se verslag van die laaste avondmaal soos in
Johannes 13 verduidelik, vergelyk word: “En voor die fees van die pasga het . .
. [Yahushua], omdat hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou
oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het,
hulle liefgehad tot die einde toe.” (Johannes 13:1)
In hierdie soos in alle ander Bybelse raaisels
verskaf die Heilige Skrifte die antwoord. Die wet van Moses wat die Wet-Gewer,
Yahushua , volmaak gehoorsaam het, verskaf duidelik die tyd-parameters van
beide die Joodse Paasfees en die Fees van Ongesuurde Brood.
In die eerste maand,
op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van. . .
[Yahuwah]; en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die
ongesuurde brode van . . . [Yahuwah]; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode
eet. Op die eerste dag moet daar vir julle `n heilige vierdag wees; geen
beroepswerk mag julle doen nie. (Levítikus 23: 5-7)
Hierdie gedeelte bepaal duidelik twee
verskillende datums vir twee verskillende heilige waarnemings:
-
Pasga op Abib 14
-
Eerste Dag van Ongesuurde Brode Abib 15
Johannes 13 verklaar eenvoudig net: “En voor
die fees van die pasga….” Dit skyn dat die Sinoptiese evangelies die datums
weerspreek wat in Levítikus gegee word!
-
Matthéüs: En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na
Yahushua.
-
Markus: En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae
wees.
-
Lukas: En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag
moes word.
Die datums wat gegee word vir die Pasga en
Fees vir Ongesuurde Brood soos in Levítikus 23 moet behoue bly wanneer die
verskeie waarheids-stukke van hierdie Skriftelike legkaart versamel word. Hulle
verskaf die “grens” van die legkaart. Dit kan nie opsy geskuif word nie. Dus
moet daar `n ander verduideliking verskaf word vir hoekom die Sinopsis die
Pasga en die eerste dag van Ongesuurde Brood op dieselfde dag plaas.
Die eerste punt wat oorweeg moet word is dat
beide Matthéüs 26:17 en Markus 14:1 woorde bygevoeg het in die Engelse
vertaling wat nie in die oorspronklike verskyn nie. Die skynsgedrukte woorde
hieronder is die woorde wat die vertalers by die tekse gevoeg het. Hulle verskyn
nie in die oorspronklike nie:
-
“En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na
Yahushua…” (Matthéüs 26:17)
-
“En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou
oor twee dae wees…” (Markus 14:1)
Sonder die voorsiende woorde staaf Matthéüs
eenvoudiglik: “En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die
dissipels….” Markus staaf met die voorsiende woorde uitgelaat: “En die pasga
en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees….”
In
die teks uit Matthéüs kom die woord “eerste” van die woord πρώτος (prōtŏs) wat
“voorste” (in tyd, orde plek of belangrikheid
beteken)2 Dit kan
“begin” of “beste” beteken, maar dit kan
ook korrek vertaal word as “voor”.
Wanneer πρώτος (prōtŏs) as “voor” vertaal word, lees Matthéüs so: “En voordie ongesuurde brood het die dissipels gekom . . . .” Dit stem ooreen met Johannes 13: 1:
“En voor die fees van die pasga . . .”
Markus moet oorweeg word in die konteks van
wat onmiddelik volg wat die verslag van Yahushua se salwing in Bethanië
gedurende die fees by Simon se huis. Maar eerstens, is dit nodig om te verstaan
presies hoe die Israeliete sekere bewoording gebruik, spesifiek “Pasga” en die
bewoording “ongesuurde brood.” Dit verskaf die volgende stuk van die
Skriftelike raaisel.
`n Ondersoek
van die Uitleg van die lydingsweek openbaar… die feit dat die N[uwe]T[estament]
bewoording τά ἄζυμα (“ongesuurde brood”),… voorkom in verskeie
van die evangeliese verwysings na die pasga seisoen. Hierdie uitdrukking is `n
tipiese Sinoptiese term: en nogtans beide Markus en Lukas sou blykbaar laat
verstaan dat in die tyd van hulle geskrifte, die feestelike name τò
πάνοχα en τά ἄζυμα vervangbaar was in `n algemene begrip3.
Maar dit skyn of die tweede van hierdie [terme] Lukas se gunsteling was in die
voorstelling van die pasga seisoen4, en sekerlik Matthéüs sin ook.5
Josephus herken ook die alternatiewe gebruik van hierdie twee feestelike terme
op sy eie dag.6 Hy noem eintlik die “veertiende” die “dag van
ongesuurde brood.”7,8
Taal is plooibaar en word gereeld gebruik op
meer as een manier. Net soos die woord “Kersfees” van toepassing is op 25
Desember, word dit soms ook toegepas op die seisoen, die tyd van die jaar of
die maand van Desember. Teen die tyd van die Messias het die terme “ongesuurde
brood” en “Pasga” feestelike terme geword wat toegepas was aan die hele week,
en het begin op Pasga (Abib 14) en deur die hele sewe-dae fees van Ongesuurde brode wat begin het op
Abib 15, geduur.
Twee wel-bekende skrywers van die eerste eeu
n.C. gebruik “Pasga” en “Fees van Ongesuurde Brode” wisselbaar, en gebruik soms
“Ongesuurde Brode” om na die Pasga te verwys; en gebruik ander kere “Pasga” om
na die totale fees te verwys. Die skrywers is Philo van Alexandria (20 BC – AD
50) en Josephus (AD 37 – circa AD
100).
Om die pasga
verklarings van eerste eeuse skrywers te verstaan, is dit noodsaaklik dat hul
feestelike terme opgeteken en verklaar word. Hierdie rituele woorde en
uitdrukkings is oor die algemeen in `n vreemde taal, en mag dalk ander betekenis
het van hul Engelse vertalings. Byvoorbeeld, die Griekse woord πάσχα of ϕάσκα soos dit soms voorkom, word
omtrent twaalf keer in Josephus gebruik.
Ons vertaal dit pasga, die algemene betekenis paas maaltyd. Maar algemeen
met Josephus is die woord vervangbaar met
die ag-dae fees van ongesuurde brode,
en net drie keer verwys dit direk na die 14 de dag van Nisan [Abib], terwyl dit
sekerlik net drie keer die pasga lam beteken. En blykbaar het nog geen plek aan
die lig gekom waar πάσχα die maaltyd alleen aanwys nie, alhoewel
dit mag verwys na pasga offer en maaltyd saam. In Josephus alleen is daar
omtrent vyf-en-twintig verwysings na hierdie offerande seremonie.9
`n Voorbeeld van Josephus wat die terme
“Pasga” en “Fees van Ongesuurde Brode” wisselbaar gebruik kan in Wars II.I.1-3
gevind word waar hy sê:
En nou dat die fees
van ongesuurde brode gekom het, wat pasja [Pasga] genoem word deur die Jode,
een wat so `n groot getal offerandes bygedra het, het talle mense in die een
kant van die omliggende landstreke ingestroom vir die seremonie, terwyl aan die
ander kant die wie rekrute werf vir die doktore in die tempel teenwoordig was.10
In hierdie gedeelte het Josephus die konteks
vir die oproer van die Israeliete wat voorgekom het op Abib 14, Pasga, na die
dood van Herod die Grote gegee. Hy gee die voorwoord deur te sê dat “die fees
van ongesuurde brode alreeds gekom het”
en gaan voort om te verduidelik dat die fees self “pasja/Pasga” deur die
Israeliete genoem was. Dit is presies hoe die Sinoptiese evangelies die teks
gebruik.
Dit is duidelik dat
die terme wat gebruik was om die twee feestelike periodes aan te wys, vir
Josephus `n onjuistheid geword het tot op die punt waar dit wisselbaar geword
het. Dat Josephus na hierdie ag-dag periode in een plek as die Fees van
Ongesuurde Brode kon verwys en in ander plekke Pasga gebruik as `n sinoniem vir
die Fees van Ongesuurde Brode of eenvoudiglik verwys na die hele periode as die
Pasga bevestig…dat, in algemene gebruik, daar nie meer langer `n
onderskeiding gemaak was tussen Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode en dat
Nisan 14 sinoniem geword het met die feestelikheid.
Die rede hoekom die terme so gereeld
wisselbaar gebruik was is eenvoudiglik vir die feit dat ongesuurde brode ook geëet was by die Pasga en nie alleenlik
deur die sewe dae daarna nie. “Die bewoording [ongesuurde brode] het sonder enige
twyfel oorsprong van die O[u] T[estament] praktyk, wie se oorspronklike wette
stipuleer dat ongesuurde brode met geroosterde lam op die veertiende dag van
die eerste Joodse maand geëet word. Suurdeeg [gis] was uit die huise op die
14de verwyder, en die Pasga fees daardie aand was met ongesuurde brode geëet.
Die moeilikheid wat
opkom oor hierdie tekse kom grootliks van die aanvaarding dat in Philo en
Josephus die woord [pasja/Pasga] altyd verwys na die pasja seremonie op 14
Nisan [Abib]. Maar, soos aangetoon, verwys hierdie woord in die algemeen na die
hele fees van ongesuurde brode. En geen ander betekenis moet aan dit toegeken
word tensy verteenwoordig word in die teks.
Met dit vanselfsprekend dat “Pasga” en
“ongesuurde brode” vervangbaar gebruik was in `n feestelike sin om by die hele
seisoen aan te pas, ook na individuele dae binne die feestelike herdenking, is
dit weer tyd om na Markus 14:1 te kyk en die tekse wat onmiddelik volg:
EN die pasga en die
fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en
die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.
Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien `n oproer
onder die volk kom nie. En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die
melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar `n vrou met `n albaste fles met
egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy
hoof uit. (Markus 14:1-3)
Die rede waarom die verslag verwarring
veroorsaak het is omdat dit skyn om Johannes se verslag te weerspreek:
En . . . [Yahushua]
het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees
het en wat Hy uit die dode opgewek het. Hulle het toe vir Hom daar `n maaltyd
berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan
tafel was. En Maria het `n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die
voete van . . . [Yahushua] gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die
huis is vervul met die reuk van die salf. (Johannes 12: 1-3)
Geen tyd moet gemors word met `n woordestryd
oor die verskille van verslae van presies waarMaria die salf uitgegiet het nie: Markus sê Yahushua se hoof; Johannes sê
sy voete. Elke polisie speurder weet dat oog-getuies se verslae ook mag verskil
soos een persoon een ding agter kom, terwyl die ander persoon fokus op iets
anders, alhoewel albei verslae dalk waar kan wees. Die eenvoudige antwoord is
dat Maria die salf op beide die Redder se voete en Sy hoof gegiet het.
Die regte sigbare konflik kom voor oor Markus
se duidelike verklaring dat die Pasga oor twee dae was terwyl Johannes se
verslag staaf dat Yahushua na Betanië gekom het SES dae voor die Pasga. Die
oplossing vir hierdie sigbare weerspreking is om die Gekrifte te neem net soos
hulle dit lees en nie ekstra betekenis verskaf wat nie daar is nie.
Dit is maklik om tot
eie gevolgtrekkings te kom wanneer die teks self nie …`n “onontsnapbare
gevolgtrekking” verteenwoordig. Die Betanië teks is `n saak in punt. Sê Johannes dat die salwing ses dae voor die
Pasga was? Nee! Wat die teks sê is: “ses dae voor die Pasga het [Yahushua] NA Betanië GEKOM” (Johannes 12:1). Dan na hierdie verklaring, is die verslag
van die salwing voorgestel met die Griekse woord oun wat “dan, daarom, gevolglik, gevolglik, hierdie dinge so wees”
beteken (Thayer). Oun verwys
eenvoudig na die volgende ding wat
gebeur wat Johannes verkies om te bespreek. Dit hoef nie te beteken dat die
maaltyd op dieselfde dag plaasgevind het toe [Yahushua] na Betanië gekom het
nie. Markus beskryf `n reeks van gebeurtenisse by kontras. Op `n tyd in wat,
“na twee dae was die Pasga” (Markus 14:1a), die Joodse leiers het saamgesweer
om [Yahushua] dood te maak (Markus 14:1b). Dit het plaasgevind toe [Yahushua]”
in Betanie by Simon die melaatse se huis was” (Markus 14:3). Dit vertel ons dat
die salwing in Betanië twee dae voor die Pasga plaasgevind het, en [Yahushua]
het na Betanië gekom ses dae voor die Pasga (of vier dae voor dit).
Dus, die verslag in Johannes weerspreek nie
die verslag in Markus nie. Maar om die volle ooreenkoms tussen Johannes en
Markus ten volle op hierdie kwessie te waardeer, is dit nodig om die aandag te
wend na die eerste Pasga opgeteken in die Skrifte. Die terme “Pasga” en
“Ongesuurde Brode” was vervangbaar gebruik om na die hele feestelike seisoen te
verwys, soos gedemonstreer. Wat altyd misgekyk word is wel dat die “fees” nie
op die 14de van die maand begin het nie, maar liewer op die tiende wanneer `n
baie belangrike voorbereidingswerk uitgevoer was.
En Yahuwah het met
Moses en Aaron in Egipteland gespreek en gesê: “Hierdie maand moet vir julle
die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van
die jaar wees. Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende
van hierdie maand moet hulle elkeen `n lam neem volgens die families, `n lam
vir `n huisgesin. Julle moet `n lam hê sonder gebrek, `n jaaroud rammetjie. Van
die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring
hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die
gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.” (Sien Exodus 12:1-3, 5, 6.)
Die tiende dag van die eerste maand was die
dag waarop elke huishouding `n volmaakte lam of bokkie as hul offergawe moes
kies. As `n simbool van die Redder moes elke dier volmaak en sonder enige gebrek
wees. Hierdie jong diere moes in die huis gebring word, gewas, vertroetel en
gevoer wees. As dit gedoen was sou die emosies van die familie `n band met die
klein troeteldiertjie vorm. Wanneer die dier dus gesien was, sou dit `n baie
meer diepgaande effek op die familie as `n simbool van die Lam van Yah wat moet
gesien word vir die sonde van die wêreld.
`n Verstandhouding
dat die woord “Pasga” `n baie breër gebruik het as om eenvoudig te verwys na
die spesifieke dag van Abib 14, het sommige geleerdes voorgestel dat die dag
waarop Yahushua gesalf was, eintlik, die tiende dag van die maand- dieselfde
dag was waarop die slagoffers altyd gekies was. Onthou dat die Hebreërs hulle
dae insluitend getel het liewer as uitsluitlik soos vandag gedoen word, die
tydsberekening van die fees by Simon se huis pas perfek by die tyd-raam wat
voorgeval het op die tiende dag van die maand.
Die Redder se eie woorde skyn om aan te dui
dat Hy die betekenis van Maria se salwing van Hom in hierdie lig verstaan. Toe
die dissipels Maria se edelmoedigheid begin kritiseer, sê Yahushua: “ Laat haar
staan; waarom val julle haar lastig? Sy het `n goeie werk aan My gedoen.”
(Markus 14:6, NV) Dan, ter voorspelling van Sy dood in net vier meer dae, het
Hy bygevoeg:
Want die armes het
julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie. Wat sy
kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my
liggaam vir die begrafnis gesalf. (Markus 14:7,8, NV)
Die feesmaaltyd was in effek `n “dankseggings”
maaltyd wat gegee was vir die Redder deur `n ryk Fariseër genaamd Simon.
Yahushua het Simon van melaatsheid genees (sien Markus 14:3) en in sy
dankbaarheid tot genesing het Simon die Redder, Sy dissipels en Lasarus vermaak
met `n oorvloedige maaltyd. Simon se eie seun was een van die twaalf dissipels.
Dit was die dissipel wat in die gemak van sy eie huis, vermoedelik eerste vir
Maria oor haar edelmoedige talent gekritiseer het, met bedoeling van die Redder
se aanvaarding daarvan.
En toe Hy in Betanië
was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar `n
vrou met `n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die
albaste fles en gooi dit op sy hoof uit. (Markus 14:3)
Toe sê een van die
dissipels, Judas Iskariót, die seun van Simon, wat Hom sou verraai: Waarom is
hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes
gegee nie? En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar
omdat hy `n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het. Toe sê
… [Yahushua]: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my
begrafnis. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd
nie. (Johannes 12: 4-8)
Die ander dissipels wie Judas beny het vir sy
rykdom, kultuur en geleerdheid, het vinnig sy voorbeeld gevolg. Dit was Judas
se kwade reaksie teenoor die Redder se sagte teregwysing by sy vader se maaltyd
wat Judas as verraaier Yahushua direk in die hande van die priesters laat
beland het. Na die verslag van Yahushua se teregwysing aan die dissipels, is
die volgende woorde in Markus aangeteken: “En Judas Iskariot, een van die
twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer. En toe
hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na `n
goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.” (Markus 14:10,11)
Addisionele omstandigheidsgetuienis dat die
maaltyd by Simon se huis op die tiende van die maand plaasgevind het kan gevind
word in die feit dat die volgende gebeurtenisse plaasgevind het na die fees by Simon se huis:
-
Judas ontmoet met die
owerpriesters en hoofde om Yahushua te verraai. (sien Lukas 22:1-6.)
-
Die dag na Simon se fees was die segetog
in Jerusalem. (Mattheus 21:1-11 en Johannes 12:12-15.)
-
Met die aankoms in Jerusalem het
Yahushua die kopers en verkopers uit die tempel verdryf. (Sien Lukas 19:45-48.)
-
Verskillende gesprekke en
uitruilings is opgeneem in die verskillende evangelies soos plaasgevind in die
dae na die segetog in Jerusalem, soos die Grieke wat vra om Yahushua te sien.
(Sien Johannes
12:20-33.)
As die feesmaaltyd by Simon se huis op die
12de plaasgevind het, net twee dae voor die 14de, sou daar nie genoeg tyd wees
vir alles om te gebeur wat opgeneem is in die Skrifte soos plaasgevind tussen
die ete en die Laaste Avondmaal nie. Dit bevestig die ooreenkoms tussen die
verslag in Johannes en dít in Markus.
`n Addisionele stuk van die legkaart val in
plek met die feit dat al vier evangelies duidelik verklaar dat die kruisiging,
wat plaasgevind het op die Pasga, die “dag van voorbereiding” was.
Matthéüs
27:59,60 en 62 – “En Josef het die liggaam geneem en
dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots
uitgekap het; en nadat hy `n groot steen teen die opening van die graf gerol het,
het hy weggegaan. Die volgende dag – dit is die dag na die voorbereiding – kom die
owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam.”
Markus
15:42 – “En toe dit aand geword het, omdat dit die
voorbereiding was, dit is die voorsabbat, kom daar `n vername raadslid, Josef
van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van Elohim verwag het; en hy waag dit
om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Yahushua te vra.
Lukas
23:53,54 – “en [Josef van Arimathéa] het dit afgehaal
en in linne toegedraai en dit neergelê in `n graf wat uit `n rots gekap was,
waar nog nooit iemand ingelê het nie. En
dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.”
Dit is konkrete bewyse dat die vier evangelies
saamstem oor die datums van die Pasga en die Feeste van Ongesuurde Brode. Op
die Bybelse luni-solar kalender val die Pasga op die 14de altyd op die sesde dag van die week.
Gevolglik is die volgende dag, die eerste dag
van die Fees van Ongesuurde Brode het altyd
op die sewende-dag Sabbat geval wat Levítikus 23:6 bevestig dat dit die 15de
dag van die maand was. Skrifte noem die veertiende/Pasga die “voorbereidings
dag.” Baie Sabbatariërs gebruik die term om aan elke sesde dag toe te pas, so
wys dit die sesde dag as `n dag van werk aan, voorbereiding vir die Sabbat op
die volgende dag en dit is sekerlik moontlik dat die Israeliete die term op so `n
manier gebruik het. Skrifte self pas hierdie hoedanigheid net aan die
veertiende/Pasga toe – die dag voor die eerste dag van die Fees van Ongesuurde
Brode.
Omdat die eerste dag van Ongesuurde Brode
altyd val op `n weeklikse Sabbat, was die dag `n “spesiale Sabbat” genoem.
En toe Yahushua die
asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees
gegee. En dat die liggame nie op die Sabbat aan die kruis sou bly nie,
aangesien dit die voorbereiding was – want die dag van daardie sabbat was groot
– het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes
word. (Johannes 19:30,31, OV)
Die voorbereidings dag was `n werksdag. Dit
was die dag waarop suurdeeg uit die huishouding verwyder was (`n simbool van
sonde wat van die siels-tempel verwyder was). Dit was toe die Pasga lammers
geslag was wat vooruitwys, wanneer die Messias geoffer word vir die sondes van
die wêreld. Hierdie feit en die tydsberekening van die Voorbereidings Dag is
bevestig deur `n insident wat opgeneem is in die Sinoptiese evangelies, wat nie
in Johannes opgeneem is nie. Hierdie insident verskaf nog `n ander deel van die
legkaart, die insig van die Bybelse verslag van die tydsberekening van die
kruisiging Pasga.
Dit was gewoon vir veroordeelde kriminele om hul eie kruise na die plek van
teregstelling te dra. Maar Matthéüs, Markus en Lukas almal verklaar dat iemand
anders die Redder se kruis vir Hom gedra het. Dit was nie `n laaste handeling
van genade gewys deur `n onskuldige man nie. In alle moontlikheid het die
Redder nie die liggaamlike krag gehad om sy eie kruis te dra nie as gevolg van
die slapelose nag wat pas verby was en ook die verlies van bloed van die kastyery
wat Hy ontvang het. Die Romeinse soldate het die probleem opgelos om iemand
anders te dwing om die kruis vir Hom te dra:
-
“En toe hulle uitgaan, kry hulle`
n man van Cirene, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te
dra.” (Matthéüs 27:32)
-
“En hulle het `n sekere Simon van
Cirene wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing
om sy kruis te dra.” (Markus 15:21)
-
“En toe hulle Hom weglei, neem
hulle `n sekere Simon van Cirene wat van die veld af gekom het, en sit die
kruis op hom om dit agter Yahushua aan te dra.” (Lukas 23:26)
Sommige skrywers glo dat die verduideliking
van Simon wat “uit die veld kom” `n verwysing is na Simon wat uitgaan om in die
veld te werk. `n Meer waarskynlike rede
was dat Simon na Jerusalem onderweg was omdat dit so vroeg in die oggend was,
vir die Fees van Ongesuurde Brode. Die bewoording “uit die veld kom” stel `n
reis voor verder as die kort “Sabbat dag reis” wat op heilige dae toegelaat
was. Óf Simon nou in die veld gewerk, of gereis het, is die enigste manier dat hy
beide gedoen het was as die Pasga `n gewone werksdag was. Die feit dat die drie
Sinoptiese evangelies hierdie storie insluit is bevestiging dat hulle vroeë
gebruik van die bewoording “fees van ongesuurde brode” `n vanselfsprekende
algemene verwysing na die Pasga self was.
Die verslag in Lukas is `n effens anders. Dit
sê: “En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes
word.”(Lukas 22:7) Soos gedemonstreer, die terme “pasga” en “ongesuurde brode”
was breër gebruik insluitend die dag wat die offer lam gekies was op die tiende
tot die laaste dag van die fees van Ongesuurde Brode (op die 21ste) wat
onmiddelik gevolg was deur die sewende-dag Sabbat op die 22ste. Wat in Lukas 22
volg is `n afsonderlike beskrywing van die Laaste Avondmaal wat nog steeds
vandag in die Nagmaalsdiens herdenk word. Die verbinding legkaartstuk tussen
die drie oorsigtelike evangelies en die evangelie van Johannes is te vinde in
die feit dat die Laaste Avondmaal net ure voor die Redder se verraad geëet was,
maar, nie met die eintlike Pasga
maaltyd nie.
Daar was verskillende woorde in Hebreeus,
Aramees en Grieks, net soos in Engels om te staaf of die brode met gis gemaak
is (gesuurde brode) of sonder gis (ongesuurde brode).
HEBREEUS
Ongesuurde brood = matzah (of matzot vir
meer as een.)
Gesuurde brood = lekhem (of lekhemim vir
meer as een.)
ARAMEES
Ongesuurde brood = patireh
Gesuurde brood = lakhma
GRIEKS
Ongesuurde brood = azumos ( of azumon of azuma vir meer as een.)
Gesuurde brood = artos (of arton vir meer
as een.)
Elke keer wanneer die Skrifte na die “Fees van
Ongesuurde Brode” verwys, is die woord vir brood sonder gis: matzah, patireh, azumos, sonder `n
enkele uitsondering gebruik. Maar, waarookal in die Skrifte die brood van die
laaste avondmaaltyd genoem word, word die woord vir gesuurde brood gebruik: lakhma, artos. Dus die “Laaste Avondmaal” het plaas gevind op die dag voor die eintlike Pasga maaltyd.
Soos gedemonstreer, verklaar beide Johannes en
Matthéüs dat die Laaste Avondmaal plaas
gevind het voor die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode. In 1 Korinthiers
11:23 en 26-28, gebruik Paulus ook onophoudelik die woord vir brood met gis wanneer die Laaste Maaltyd
en sy geestelike betekenis bespreek word. Terwyl Johannes nie `n verslag van
die Laaste Avondmaal gee nie, fokus hy liewer op die voetewassing wat dit
voorgegaan het. Matthéüs, Markus en Lukas stem almal saam dat die brood wat
gebruik was by die Laaste Avondmaal gesuurde brode was en kon dus nie die Pasga
maaltyd wees nie. Dit is bevestig deur die verslag in Johannes wat herhaaldelik
verwys na die dag van die kruisiging as die eintlike dag van die Pasga, en
vervolg die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode. (Sien Johannes 18:28;
18:39; 19:14; 19:31 en 19:42) Vir `n afsonderlike beskrywing, sien Die Laaste
Avondmaal Pasga? Of Nie?
Die finale legkaart-stuk wat bevestig dat alle
vier Evangelies verwys na dieselfde gebeurtenisse op dieselfde datums kan
gevind word in die feit dat die hele nasie verenig was in die viering van die
Pinksterfees. Het die drie Sinoptiese evangelies waarlik verwys na die Pasga
wat op `n datum plaasvind anders as die wat in die evangelie van Johannes gegee
word, dan sal dit sekerlik die berekening na Pinksterfees geaffekteer het.
Net voor die Redder na die Hemele terug gekeer
het na Sy opstanding, het Hy duidelike instruksies aan Sy dissipels gegee om in
Jerusalem te bly: “En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee
om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die
Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met
water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank na
hierdie dae nie.” (Handelinge 1: 4, 5)
Die dissipels het hulle opgestane Meester
gehoorsaam. Die volgende paar dae was `n tyd van siel-ondersoek en bekering.
En toe die dag van die pinksterfees aangebreek
het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel `n
geluid soos van `n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle
gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel
en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees
en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te
spreek. (Handelinge 2:1-4)
Pinksterfees is een van die jaarlikse feeste
waarvoor alle opregte Israeliete teruggekeer het na Jerusalem vir die vieringe
daarvan. Die feit dat Jerusalem gevul was met hierdie pelgrims van verre lande
word na verwys in die volgende vers.
En daar het in
Jerusalem Jode gewoon, godsdientige manne, uit elke nasie wat onder die hemel
is. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war,
want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal
verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie
Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore
is? Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judea en
Kappadocië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die streke van Libië
by Cirene, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en
Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van [Elohim]
spreek. (Handelinge 2:5-11)
Hierdie ongelooflike lys van mense van Israelitiese
bloed, lewe in so baie verkillende nasies en plekke en hulle ook bevestig dat
hulle in Jerusalem was vir die uitdruklike doel om die jaarlikse fees van
Pinkster te vier.
As Johannes en die ander evangelie skrywers
misleidend was in hulle tydsverslag oor die pasga datum, hoe gebeur dit dat nie
net al die dissipels, maar Jode ook van elke deel van die Nabye Ooste, in volle
ooreenkoms oor die datum van die Pinksterfees was, wat hulle op dieselfde dag
opgelet het. As daar `n verskil van opinie oor die pasga datum was, sou daar
definitief verskille wees oor die datum van Pinksterfees.
Vér van aanbieding van teenstrydige verslae
van die kruisigings Pasga, is die vier evangelies almal in ooreenstemming! Die
verskille in hulle verslae verskaf eintlik bevestiging dat hulle almal in
ooreenstemming is met geen teenstrydigheid hoegenaamd nie.
Die waarheid weerspreek homself nooit nie. As daar duidelike teenstrydigheid was, was dit
maar net `n area wat aangewys was waar addisionele studie nodig is. In areas
waar die wysheid van Yahuwah vasgestel het dat nie alle rede vir twyfel
verwyder moet word nie, om almal toe te laat om hulle vryheid deur keuse om te
glo of om te twyfel soos hulle wil, en gelowiges kies om geloof uit te oefen,
En “sonder geloof is dit onmoontlik om Elohim te behaag; want hy wat tot Elohim
gaan, moet glo dat Hy is en `n beloner is van die wat Hom soek.” (Hebreërs 11:6,
NV)
Terwyl die
kritiseerder van geloof gou sal wees om aantuigings te maak en die aantuigings
gebruik om die Skrif te diskrediteer, sal die gelowige student hulself leer om
die woorde en (stilswye van die Skrfte noukerig te analiseer. In meeste (as nie
alle gevalle) is die raaisels wat ons in die gesig staar ons eie misverstand
van die teks, nie die woorde van die Skrifte self nie.
In hierdie tyd wat kennis vermeerder en baie
Hemelse waarhede herstel word, moet almal aangemoedig voel om vir hulself elke leerstelling
van hulle geloof te studeer. As `n geloofsoortuiging in die fout is, het die
Heilige Gees gepleit om almal te lei wat waarheid in die kennis van daardie
waarheid soek. “en as Hy [die gees van waarheid] kom, sal Hy die wêreld oortuig
van sonde en van geregtigheid en van oordeel.”(Johannes 16:8 NV)
1.
Alle Skriftelike verwysings kom
uit die King James Version tensy anders
vermeld.
2. #4413, The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words.
3. Markus 14:1; Lukas 22:1.
4. Handelinge 12:3; 20:6.
5. Matt. 26:17
6. Ant[iquities], XVII. IX.3 B. etc.II.I.3,
etc.
7. B.V.111.1. Thackeray: “When the
day of unleavened bread came round on the fourteenth,” etc.
8. Grace E. Amadon, “The
Johannine-Synoptic Argument,” (oorspronklike manuskrip van die gepubliseerde
artikel), Andrews University, James White Library, Versameling 154, Vak 2, Lêer
1, bl.1, klem voorsien.
9. Grace E. Amadon, “Important
Passover Texts in Josephus and Philo, “(oorspronklike manuskrip van die artikel),
Andrews University, James White Library, Versameling 154, Vak 2, Lêer 1, bl. 1,
onderstreepte oorspronklik; skuinsgedrukte woorde verskaf.
10. Direkte vertalings deur G.E.
Amadon, ibidem.,bl. 2.
11. Barry D. Smith, “The Chronology
of the Last Supper,” Westminster Theological Journal 53:1
(1991), pp. 35 & 36.
12. Amadon, “The Johannine-Synoptic
Argument,” op cit., p. 3.
13. Amadon, “Important Passover Texts
in Josephus and Philo,” op cit., p.
9.
14. Oun “bewerk nie altyd `n sterk oorsakende
verbintenis nie, maar mag vryeliker gebruik word as `n tydelike verbintenis in
die in die kontinuïteit of die hervatting van `n vertelling” (A Greek
Grammar of the New Testament and Other Early Christian Literature. F. Blass,
A. Debrunner and Robert Funk. Chicago: University of Chicago Press, 1961,
234-5).
15. Vir addisionele bevestiging van
Judas Iskariót as die seun of Simeon, sien Johannes 13: 2-3 en 13:26.
16. Amadon, “The Johannine-Synoptic
Argument,” op cit., p. 9.
17. Kyle Pope, “Dating Passover and
the Last Supper,” Ancient Road Publications.