Yahuwah is liefde.
Sy denke, Sy gevoel, die hele wese van Sy natuur, vir wie en wat Hy is, bestaan
uit suiwer onverdunde, onmeetlike liefde. Elke handeling van skeppende mag
vloei daar oneindige liefde, en is ʼn uitdrukking van die LIEFDE van Homself
LIEFDE streef
daarna om goed te doen aan ander, en ook om vreugde aan ander te verskaf. Dit was vir hierdie rede dat deur die LIEFDE
daar ʼn volmaakte wêreld geskape is. “Laat
daar lig wees! En daar was lig.”
(Genesis 1 vers 3.) Die droë grond wat
benat is deur water wat geskei is, die ligte aan die hemele, die statige bome,
die pragtige blomme, die vrolike voëls, en die liefdevolle diere, was alles Sy
liefdegawes, en was dit deel van die beplanning vir ʼn volmaakte wêreld aan die
menslike ras.
Nadat die Skepper
die volmaakte wêreld geskape het, was daar niks om dit te verbeter. Deur die aanskoue van die toneel, het LIEFDE
gewaar geword dat “dit goed was.” (Lees Genesis 1.) Nadat die wêreld voltooid was, is daar deur
LIEFDE die mens geskape. Nie as robotte of as diensknegte, maar as Sy kinders, “na
die beeld van die Elohim” Het Hy hulle geskape, “ man en vrou het Hy hulle
geskape.” (Genesis 1 vers 27)
Yahuwah het mond tot mond Sy asem in
die mens geblaas vir die gee van die lewe.
Yahuwah, wie “EK IS WIE EK IS”,
het ʼn verbond gemaak om vir die mens sy Elohim te wees, en om te voorsien in
alles wat hy benodig, maar nie net alleenlik vir die lewe, maar ook om gelukkig
te wees, en vir interessante aktiwiteite, tevredenheid, liefde en vreugde. Dit
is alles deel van die groot geskenk, wat vanaf die groot hart van LIEFDE van
Homself gegee is.
Maar ware liefde is
meer as net geskenke. Dit is meer as net
woorde. Ware liefde bestee tyd aan die geliefde.
Die seun se tone
krul van pure opgewondenheid onder die komberse. Vandag is sy verjaarsdag! Sy Pappa het aan hom belowe dat dit ʼn baie
spesiale dag sal wees. Hy spring toe uit
die bed, en hardloop na die voorkamer in volle afwagting. Die gesig wat sy oë ontmoet het sy
verwagtinge vervul: Kleurvolle versierings en vele ballonne het ʼn gewone
woonkamer in ʼn helder fees gewaad verander.
Kleurvolle versierings en vele ballonne het ʼn gewone woonkamer in ʼn
helder fees gewaad verander. ʼn Hoop van toegevoude kleurvolle geskenkpakkies
hou die belofte in van vele plesier wat nog gaan kom.
Ywerig word daar
gesoek vir die gewer van al hierdie goeie dinge, en haas die seun hom na die
kombuis. Selfs die ontbyt tafel was
gedek om ekstra spesiaal te lyk, en die reuk van sy geliefde kos het sy mond
laat water. Daar op die bord staan daar
ʼn kaart. Dit is verseker ʼn verjaarsdagkaart! Met vreugde skeur hy die koevert oop en
lees:
Die seun wriemelende van opgewondenheid. Sy
Pappa is die beste in die hele wêreld! Kan my spesialedag beter wees as net
dit? Dan sien sy oë die volgende woorde:
Die vreugde en die
angstigheid van die dag was verby. Sy oë
is vol met trane as hy kyk na al die geskenke vanaf sy vader. Wat die huilende seun eerder wou gehad het,
is sy Pappa om mee te speel, en dat sy Pappa na hom kon luister wat hy te sê
gehad het
As ʼn liefdevolle
wyse Vader, was Yahuwah bewus van al Sy geskenke, dat dit nie sonder Sy
teenwoordigheid ten volle geniet kan word.
Meer as enige iets anders as wat Hy aan Sy kinders kon gee, het Hy
geweet dat hulle Sy aandag, en dat hulle Sy wisselwerking van die LIEFDE van
Homself verlang. Dus het Yahuwah meer as
genoeg voorsien as net materiale geskenke, het Hy meer gegee as net geuiterde
woorde van liefde. Hy het Homself gegee
deur aan hulle Sy tyd te gee.
Elke week, elke
sewende dag was apart gestel as ʼn spesiale tyd tussen die Skepper en Sy
kinders. Deur die LIEFDE het, “Toe sien Yahuwah alles wat Hy gemaak het, en –
dit was baie goed….. So is dan voltooi
die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
En God het op die sewende dag … (in LEFDE) sy werk voltooi wat Hy
gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.”
(Genesis 1 vers 31 tot 2 vers 2)
Yahuwah het bepaal
dat daar deur tyd, ʼn geleentheid is vir Sy teenwoordigheid met die: weeklikse
Sabbatte en die maandelikse Nuwemane wat ʼn
uitnodig is om saam met Hom tyd deur te bring.
ʼn Vader wat lief is
vir sy kinders geniet dit om tyd te spandeer saam met sy kinders. In die wêreld
van vandag is die meeste vaders vir die meerderheid van tyd, weg vanaf die huis
as gevolg van hulle werk. Hy sien daarna
uit vir die aanbreek van die naweek sodat hulle saam ʼn dag saam te kan
deurbring, maar een dag per week is nie genoeg.
Wanneer die werk van die dag afgehandel is, haas hy hom na sy huis en
spandeer tyd saam met sy kinders voor slapenstyd. So is een dag per week ook nie genoeg vir
Yahuwah. LIEFDE sou gegee word “in die koelte van die
aanbreek van die aand”1 om tyd te spandeer met Sy kinders.
As Sy kinders
sondig, onttrek Hy nie Sy LIEFDE en teenwoordigheid, maar word hulle steeds nader
getrek, die jaarlikse feeste was gegee, en is dit benodig soos Hy bewus van is, as ʼn vereiste vir Sy gevalle kinders, omdat
hulle nie lank genoeg sou ophou om te werk, om tyd aan Hom te spandeer. Hulle
sou vergeet dat hulle grootste vreugdes gesentreer is in die LIEFDE.
Goddelike liefde is
ewige liefde. Dit vloei vanuit die groot hart van Yahuwah wat die bron is van
alle liefde, vreugdes en geluk. Yahuwah se liefde is die grootste en mees
kragtigste enkele mag in die ganse heelal. Dit is absoluut wie en wat Hy is.
Jong kinder hou
gewoonlik nie daarvan om hulle tande te borsel.
Die kruie in die tandepasta brand gewoonlik hulle tonge, en die waarheid
is, as hulle nie daaraan herinner word nie sal hulle vergeet om dit te doen. Liefdevolle ouers vereis dat hulle kinders
hulle tande borsel omdat die ouers bewus is as die tande nie skoon gehou word
die kinders tandpyn en verrotting sal ondervind. Die ouers weet ook dat dit nodig is om die
tande daagliks te borsel vir die behoud van hulle tande wanneer hulle groot en
opgegroei is. Wat blyk te wees as
veeleisende vereistes te wees vir die
kinders, spruit voort vanaf die gevoel van liefde vir hulle kinders.
So is dit met geval
vir die tyd wat deur die LIEFDE vereis word vir Sy kinders om saam met Hom te
spandeer. Omdat, “ almal het gesondig en
dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah.” (Lees Romeine 3 vers 23.) Die mense wat tyd wil deurbring met hulle
hemelse Vader is meer en deels net soos ʼn stout kind, en met ʼn skuldige gewete
wat tyd wil spandeer met sy ouers. Alhoewel,
die LIEFDE bewus is dat Sy kinders se grootste vreugde en geluk word gevind
word wanneer hulle tyd met Hom spandeer,
dus vereis Hy dat die tyd wat met Hom gespandeer word, in die hoop dat Sy
kinders sal leer dat hulle Hom nie hoef te vrees, dat hulle inplaas daarvan die
mooiheid van die LIEFDE sal sien, en op sy beurt nader na Hom toe sal beweeg in
liefde.
Die mensdom sien
die Sabbat as ʼn Opdrag, wanneer dit eerder ʼn uitnodiging is. Hulle sien
die feeste as ʼn vereiste wanneer dit in werklikheid ʼn voorreg is. Volgens die Hebreeuse ekonomie, het Yahuwah
elke sewende jaar gestel as ʼn jaar vir Sy kinders om tyd met Hom te spandeer. Die jaar in sy geheel is gewy as ʼn
sabbatsverlof! Elke vyftiende jaar was ʼn
baie spesiale sabbatsverlof tydperk, ʼn Jubileumjaar wanneer slawe vrygestel en
skuld kwytgeskeld was.
Alleenlik wanneer
liefde gegee word liefde wederkerig ontwaak, dus het Yahuwah genoegsame tyd
apart gestel vir almal om die geleentheid te verkry om met Hom bevriend te raak,
en deur die bekoring van die mooiheid van Sy karakter en om te leer om te
vertrou in Sy liefde. Dit was nodig
omdat die goddelike Liefde is baie verskillend van die menslike liefde. Die menslike liefde is ʼn emosie wat wispelturig
is en onbetroubaar. Goddelike Liefde is
ʼn beginsel wat geen verandering ken, en is dit die enkele en mees kragtige mag
in die ganse heelal.
“want liefde is
sterk soos die dood,….. Groot waters
kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ʼn man ook
al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.” (Hooglied
van Salomo 8 verse 6 en 7.)
Die Goddelike
LIEFDE teenoor die MENSLIKKE LIEFDE.
Digters,
romanskrywers, liedjiesskrywers en baie ander het munt geslaan uit die basiese
menslike begeerte om geliefd te wees. Rolprente
vertel die verhaal van mense “liefde” vind, en neuriesangers wat gekoppel word
aan “Eindelose Liefde” of die bejammering van diegene wat “Soek na Liefde op Al
die Verkeerde Plekke.” Elkeen soek op elke plek
na diegene wat vir hulle lief sal wees en vir wie en wat hulle is, en vir die
aanvaarding ten spyte wat hulle nie is. Al hierdie is wat hulle “liefde” noem.
Sulke liefde is nie dieselfde as die goddelike
Liefde. Die menslike “liefde” word altyd oorskadu deur ʼn soort van graad van
selfsugtigheid. Self die woordeboek se beskrywing van “liefde” is dat dit
bevlek is met selfsugtigheid: “In die algemeen die gewaarwording om behaag te
word ten opsigte van ʼn gevoel deur ʼn sekere toegeneentheid, en die rekenskap van sommige eienskappe wat die gevoel opgewonde maak vir
gevoelsgewaarwordings….”2
Alhoewel opregte liefde, sy bron in die hart
het van die ewige LIEFDE: van Yahuwah Self. Is die goddelike Liefde, vry van
selfsugtigheid, en is dit baie meer akkurater vertaal in die Bybel.
(1Korinthiërs 13 ) dit is die opregte
Liefde wat die hart van die Vader vul:
daardie gesindheid
van hart is wat die mens geneë maak om goedgunstiglik na te dink oor sy
medemens, en aan hulle goed te doen….. In die besonderse manier van, liefde,
vriendelikheid, toegeneentheid, teerheid,….. ruimheid van gees in die oordeel
van die mensdom en hulle handelinge, en die ingesteldheid wat die mens laat
neig om goedgunstiglik te laat dink en
te oordeel, en om die beste samestelling van woorde en handelinge wat die saak
sal toelaat.3
Die hele Skrif is ʼn lang lys wat ontvou van
die onsterflike goddelike LIEFDE. Vanaf
die begin tot die laaste bladsy, openbaar die Bybel die persoonlikheid van
Yahuwah as opregte Liefde, en vlekkeloos sonder enige
aanduiding van selfsugtigheid.
Die ingesteldheid
van Yahuwah en die lys wat deur die Skrif bewaar is vir die openbaring van
Yahuwah se liefde wat Hy gemaak het tot alle skepsele. Alhoewel ons almal teen Hom gesondig het, en
Sy hart seer gemaak het, soos die ontroue vrou aan haar Man wat altyd in liefde
vir haar gesorg het (Lees Hosea), Die LIEFDE se oordenking van sondaars is
“goedgunstiglik” ten opsigte van sondaars en streef daarna om aan “hulle goed
te doen.” Liefde is “geneig… tot die
denke van goedgunstige oordeel, en gebruik die die beste samestelling van
woorde en handelinge wat die saak toelaat.”4
Dit is hier waar
die groot kloof tussen LIEFDE en die mens baie duidelik gedemonstreer word.
Daar is ʼn verskil
tussen aksie en reaksie. ʼn Persoon se
aksies is die resultaat van besluite. Reaksies
op die anderkant, is gebaseer suiwer op fisiese of emosionele stimulus. Raak aan ʼn warm element van jou stoof, en jy sal nie tyd neem om te besluit
hoe jy wil reageer. Jy sal onmiddellik reageer: Jy sal jou hand onmiddellik
wegruk en heel moontlik uitroep, “Eina!”
Om te weet wat is
werklik in die diepte van ʼn persoon se hart en siel, bestudeer sy reaksie.
ʼn Reaksie onthul wie en wat ʼn persoon is,
op so ʼn manier wat eenvoudig aksies nie kan doen.
Hier is ʼn voorbeeld van ʼn verdigende moeder wat die verskil tentoonstel van menslike reaksie in
vergelyking met die goddelike Liefde:
“Toe my dogter vanaf die skool begin kom het met
beserings wat deur ʼn boelie veroorsaak is, het ek ʼn baie sterk reaksie
ondervind….. was nie ‘reaksie van onmiddellike vergiffenis vir die seun wat
beserings gelaat het aan my kleine dogter.
Ek het kalm gereageer deur aan my dogter noukeurig te verduidelik hoe om
ʼn sterk hou wat goed gemik is tot sy buikvleg pleksus om die lug uit sy longe
te haal en om respek te verkry ( tenminste respek vir haar sterkte as enige
iets anders) sodat hy haar sal uitlos…”
Hierdie
ongeoorloofde reaksie was gebaseer op die moeder se liefde vir haar dogter….
met al die liefde verlore wat ook al oor is, vir die seun wat haar beseer het. So
ʼn reaksie is geheel en al menslik, en heeltemal teenoorgesteld van Yahuwah se
reaksie tot ʼn persoonlike besering of misbruik. Yahuwah se reaksie is konsekwent en oombliklik en dit is :
vergiffenis. Yahuwah se reaksie op persoonlike belediging en seerkry, plaas
Hy die beste samestelling van die ander
persoon se woorde en handelinge, al veroorsaak daardie woorde en handelinge
intense en persoonlike pyn, aan Yahuwah!
Dit is die presiese
kern van LIEFDE. Hy gee omdat Hy lief
het, sonder om boek te hou hoeveel Hy terug te ontvang. Sy gevoellings is seergemaak wanneer Sy gawe
as vanselfsprekend aanvaar word, maar Sy eerste reaksie is om te vergewe! Ons bespeur dit met die grondbeginsel van die
offerande van Sy Geliefde Seun,
Yahushua, ons perfekte voorbeeld vir die gedrag in ALLE dinge!
Die denke van LIEFDE is goedgunstelik vir
ander. Die LIEFDE handel op maniere wat vreugde bring vir ander en Hy reageer
met onmiddellike vergiffenis ongeag die treitering.
Liefde is
barmhartig en word maklik beïnvloed deur die seerkry en droefheid van ander.
LIEFDE is
goedhartig: Hy is “geneë” om goed te doen aan andere, en om hulle gelukkig te
maak deur aan hulle versoeke te voldoen,
deur te voorsien aan hulle behoeftes of die ondersteuning in droefheid, deur
die besit van die natuur van teerheid of
goedheid, enliefdadigheid.”5
LIEFDE IS innemend: Hy is “goedhartig,
vriendelik…. geneë om oortredings te vergewe en deelagtig aan seëninge.6
LIEFDE is
genadiglik: Dit besit “saggeaardheid of sagmoedigheid van hart, en wat ʼn persoon gewillig maak om seerkry te
oorsien, of om ʼn oortreder beter te behandel as hy verdien, en ʼn geopende hand
te reik, en die gesindheid en
gemoedstoestand vir geregtigheid, en om die persoon wat seergemaak is te
oorreed, om oortreders te vergewe, en om straf te weerhou, of om ʼn staf op te
lê wat minder is as wat die reg regverdig.”7
As die Vader vir
almal, LIEFDE deel met piëteit: Dit het die aanvoeling van “pyn of bedroeftheid
vir diegene wat in bekommernis verkeer.”8
Verhewe oor alles, is LIEFDE liefdadig: Dit
het “ ʼn ingesteldheid om goed te doen, deur liefde te besit vir die mensdom, en
ook die begeerte om hulle voorspoed en geluk te bevorderg.”9
Opregte en goddelike Liefde is die mees
kragdadigste mag in die gehele heelal, en Yahuwah, Homself is die bron van
opregte Liefde en voorsien aan Sy kinders om in die diepte van Sy
persoonlikheid te kyk en wat bekend is as die Die Hoofstuk oor Liefde:
“Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die
liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al
die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek
berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek
my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou
dit my niks baat nie.
Die
liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde
praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie
verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die
waarheid. Dit bedek alles, glo alles,
hoop alles, verdra alles.
Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan;
of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten
dele. Maar as die volmaakte gekom het,
dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.
Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind,
geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind
afgelê. Want nou sien ons deur ‘n spieël
in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar
eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
En
nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die
liefde.“ (1 Korinthiers 13.)
Hierdie hoofstuk is ʼn goddelike geinspireerde
beskrywing van die LIEFDE van Homself. Elke keer as die woord “liefde” gebruik
word vervang dit met die persoonlike naam van Yahuwah:
Yahuwah is lankmoedig en vriendelik, Yahuwah is
nie jaloers nie, Yahuwah praat nie groot nie, is nie opgeblase, handel nie
onwelvoeglik nie, soek nie Sy eie belang, word nie verbitterd nie, reken die
kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met
die waarheid, dit bedek alles, glo alles, hoop alles,
verdra alles. Yahuwah stel nooit
terleur.
Om ʼn nugterde vergelyking tussen goddelike LIEFDE
en menslike liefde te verkry, probeer om dieselfde hoofstuk te lees en jou naam
daarin te vervang:
[Vervang
met jou naam] is lankmoedig en vriendelik, [naam] is nie jaloers nie, soek nie sy eie belang [naam] praat nie groot oor
haarself / homself, is nie opgeblase, handel nie welvoeglik. Soek nie sy/ haar
eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie
bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid, dit bedek
alles, glo alles, hoop alles, en verdra alles. [ Naam] stel nooit terleur nie.
Sjoe!
My naam pas ook nie daarin. Hoe het
joune daarin gepas? Alleenlik LIEFDE beantwoord aan al die vereistes en
net Sy
goddelike persoonlikheid kan alleenlik beskryf word.
Dit is hierdie Liefde, die opregte Liefde, daardie LIEFDE van Homself
wat aan jou aangebied word.
Alle ouerlike liefde wat oorgelewer is van geslag tot
geslag deur die kanaal van die menslike hart, en al die fonteine van
sagmoedigheid wat in die siel geopen is van die mens is maar ʼn kleine druppel
van water in vergelyking met die grenslose oseane wanneer dit vergelyk word met
die oneindige en onuitputlike liefde van Yahuwah. Die tong kan dit nie uiter en die pen kan dit
nie beskrywe. Jy kan daagliks jou lewe
lank daaroor bepeins, en jy mag die Skrif ywerig ondersoek om dit probeer te
verstaan, en jy mag enige mag aanwend en die vermoë wat… Yahuwah aan jou geskenk het, in die strewe om
die liefde te verstaan en die barmhartigheid van die hemelse Vader, is daar ʼn
oneindigheid vêr benede ons verstand. Jy
mag die oor die liefde vir eeue studeer, en tog sal jy nooit ten volle verstaan
die lengte en die breedte, die diepte en die hoogte van die liefde van
Yahuwah…10
Die Liefde van
God [Yahuwah]
Die
liefde van God [Yah] is baie groter as wat
Die
tong of die pen kan vertel;
Dit reik
verder as die hoogste ster,
En reik
tot in die doderyk daaronder,
Die
skuldige paar , buig neer in besorgtheid,
God gee
Sy Seun as oorwinnaar vir,
Sy sondige
kind as Sy versoening,
En vir
die kwytskelding van sy sondes.
Refrein:
O, die
liefde van God, so ryk en opreg!
Hoe
onmeetlik en sterk!
Dit
sal vir altyd bly bestaan –
Die
lied van heiliges en van engele.
Kan ons
die oseane vul met ink,
En was
die hemel gemaak soos die perkamentrol,
Was
elke halm op aarde ʼn pen,
En elke
mens ʼn skrywer van beroep,
Om neer
te skrywe die liefde van God vanaf bowe
Wat die
die oseaan sou opdroog.
Ook sou
die perkamentrol dit nie volledig kan bevat,
Deur
gerek te word van hemelruim tot hemeruim.
Refrein:
O, die
liefde van God, so ryk en opreg!
Hoe
onmeetlik en sterk!
Dit sal
vir altyd bly bestaan –
Die lied
van heiliges en van engele.
Open jou hart vir
LIEFDE. Sy woorde van pleit weergalm regdeur die eeue: “Voordat Ek jou in die
moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam
voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde;
daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” (Jeremiah 1 vers 5 en 31 vers
3)
Vertrou jou Skepper. Spandeer tyd bestudeer Sy
persoonlikheid. Verbind jouself tot Sy
sorg en bewaring omdat Yahuwah Liefde
is.
1 Genesis 3:8
2 LOVE, Noah Webster, American Dictionary of
the English Language, 1928.
3 CHARITY, Ibid., emphasis supplied.
4 CHARITY, Webster, op. cit.
5 KIND, Webster, op. cit.
6 GRACIOUS, Webster, op. cit.
7 MERCY, Webster, op. cit.
8 PITY, Webster, op. cit.
9 BENEVOLENT, Webster, op. cit.
10 E. G. White, Testimonies for the Church,
Vol. 5, p. 740.