World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Ewige Liefde │ Deel 3: Die Mens se Reaksie

John 3:16-17

Yahuwah is liefde.
Wanneer die stryd tussen goed en kwaad finaal verby is, sal YaHuwah die oorwinnaar
wees omdat liefde die sterkste mag is in die ganse heelal.” Groot waters kan
die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ʼn man ook al
die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.” (Hooglied 8
vers 7)

Die reeds lank
bestaande stryd tussen die Koninkryk van Liefde en die koninkryk van die bose
het twee verskillende beginsels geopenbaar. Yahuwah gebruik in Sy optrede en veldtog
vir die lojaliteit en die wen van siele die beginsels wat gebaseer is op
liefde, vergewingsgesindheid en regverdigheid. Satan gebruik die beginsels van
mag, wreedheid en misleiding om menige na vernietiging te lei. Met tye blyk dit
dat die stryd nie gelyk is omdat Yahuwah alleenlik die maniere gebruik wat in
ooreenstemmig is met Sy norm van Liefde.  

Aan die einde,
alhoewel Yahuwah wen omdat LIEFDE die mees magtiger mag van alles is.”  Liefde wek liefde. “Deur liefde te gee word
liefde ontvang.”1 Hier kyk die Mens na Liefde in die Man looking off in the distancediepste geheimenis
van sy geweldige mag.  Liefde is in staat
om te transformeer – geweld kan nie.  Self die verhardste hart mag reageer op
liefdevolle vriendelikheid, terwyl geweld eenvoudig net voortbring die hardheid
van hart. 

Geweld kan die
liggaam onderwerp, maar dit transformeer nie die verstand. “ ʼn Man wat teen sy
eie  wil handel is steeds aangewese op sy
eie sienning.Liefde
alleenlik het die mag om emosies en geloof te transformeer, en om vyande in
vriende te verander.

Die omvang van die
menslike liefde word so opgesom in die Skrif: “Groter liefde het niemand as dit
nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.” (Johannes 15 vers 13)

Die bewys van die goddelike Liefde word
gedemonstreer, toe Yahuwah Sy enigste Seun geoffer het, en dit het,  ʼn Liefde openbaar het wat by verre alle ander
liefde oortref: Yahuwah  het Sy eie Seun
geoffer vir die redding van Sy vyande!  

“Want so lief het Yahuwah
God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het”…. alles.  Toe die sonde die wêreld binnegekom het, is
Yahuwah se liefde geopenbaar tot op die dieptes wat nie voorheen gesien
is.  Hy het ʼn liefde openbaar wat sondes
vergewe en sondaars red. Hy het die wêreld so lief gehad dat “Hy sy eniggebore
Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die
ewige lewe kan hê.” (Johannes 3 vers 16.)

Die Bybel voorsien
aan ons die rede waarom Yahuwah gewillig was om Sy eie Seun op te offer: “Want
Yahuwah het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie,
maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Johannes 3 vers 17.)

Wanneer hierdie
feit oordink word, en die realiteit oor hierdie liefdevolle liefde begin om in
te sink in die verstand en om die transformasie te verstaan wat teweeg gebring word.  Kan dit nie gehelp word, dat dankbaarheid in
die hart wakker gemaak word wanneer daar besef word dat Yahuwah Sy Seun gestuur
het om te red en nie om te veroordeel!    

Dankbaarheid is baie noodsaaklik as deel van
die gevoel van liefde. Die grootste geskenk mag gegee word, maar as hulle nie erken
word vir wat hulle is, en deur die demonstrerings van liefde, sal daar geen
ontwaakte dankbaarheid en terugkerende liefde 
wees.

Kinders is lief om te gee. Hulle klein
hartjies sien uit na maniere om hulle liefde te wys, al is dit ook ʼn
kleurprent, of ʼn hand vol perdeblomme.

young girl holding flowersMy jongste
kleinkind hou daarvan om vir my blomme te pluk en dit maak nie saak of dit
perdeblomme of rose is.  As sy ʼn blom
sien, moet dit gepluk word om aan iemand te gee vir wie sy lief is.  Sy sien dissels  nie as onkruid wat alles oorneem wat in sy pad
is, en wat ons as volwassenes onkruid beskou. 
Inplaas daarvan sien sy dit as ʼn pragtige stervormige blom, wat sy wil
pluk en gee as ʼn blyk van haar liefde.   

Verskeie kere
beantwoord ek haar klop aan die deur, net om haar stralende blink gesiggie te
sien en haar hand wat agter haar rug is. 
Sy glimlag stralend, “ Ek het ʼn verrassing vir jou!”  Dan hou sy haar kosbare geskenk van liefde
omhoog.

Gedurende een
geleentheid, het ek haar saamgevat dorp toe. Toe sy die groot uitstalling van
blomme gewaar, het sy met smeking in haar oë gevra, “kan ek asseblief geld kry?
Ek het geld nodig! Asseblief?”  

Wetende presies wat
sy gesien het wat haar skielik gedronge laat voel vir die begeerte na geld, en dit
laat my dink aan al die ander dinge waarvoor ek so versigtig geld gespaar het.  Alhoewel haar gretige blik, en die
minsaamheid in haar oë, my  laat swyg het
oor my behoeftes as volwassene en bekommernisse.

Toe ek aan haar geld gee, sy my entoesiasties
beveel, “Moenie nou kyk nie! Dit is ʼn verassing!”

Na  ʼn paar
minute  kondig haar dansende voete haar terugkoms
aan.

“Hier! Dit is vir jou! Is hulle nie pragtig?”

Ek sal nooit die
liefde wat uit haar gesig gestraal het, en die blydskap in haar stem kan
vergeet, toe sy uitdrukking gee aan haar liefde vir my.  Ek het nie die blomme nodig gehad, maar sy
het geleentheid benodig deur dit te gee om haar liefde te betoon.

As ʼn wyse hemelse
Vader, weet Yahuwah dat al die liefdegawes in die heelal nie die harte van Sy
kinders sal nader trek as hulle nie Sy gawes herken en ʼn gevoel van
dankbaarheid betoon.  Hy benodig nie ons
betoning van liefde en dankbaarheid – maar Hy weet van die behoefte om dit te
gee.

Satan het Yahuwah
daarvan beskuldig dat Hy wesens geskape het sodat Hy hulle dienste kan ontvang
en in selfsugtigheid hulle aanbidding en prysing kan geniet. Ongelukkig glo
baie mense hierdie leuen. Dit mis geheel en al die punt. Die enigste weg is,
liefde wek liefde as dit erken word. Een maal as liefde erken word, en dankbaarheid
wek word wederkerende liefde verkry.

Die wyse ouer sal
verlang dat sy kind moet, “Dankie” sê.”  Alles
wat aan ʼn kind gegee word moet deur hom erken en aanvaar word met ʼn gebaar van
dankbaarheid.  So ook met gee van water
om te drink, asook helder verpakte geskenke verdien om “Dankie te sê.”  Hierdie gewoonte van erkenning vir die
voordeel bou die gevoel van liefde en van dankbaarheid in die verstand van die
kind.

Met die geboorte is
ʼn ouer onmiddellik lief vir hulle kind, maar is dit nie noodwendig so dat die
kind die band van liefde voel vanaf die ouer. 
So dikwels is daar stories in die nuusblaaie van aaklige verhale van
kinders wat hulle bejaarde ouers misbruik en haat.  Terwyl daar baie redes is vir die
onderleggende oorsaak dat kinders hulle ouers as vanselfsprekend beskou.  Dankbaarheid kan nie deur ʼn voorbeeld aan ʼn
kind geleer word.  Dit word bekom as ʼn
reël  van gewoonte en as deel van die
karakter van die kind.  

Dit is vir hierdie
rede dat Yahuwah vereis het na geleenthede vir Sy volgelinge vir die erkenning
en die gebaar van dankbaarheid vir Sy seëninge. Die Vader is bewus wat in die
hart en verstand aangaan van elke persoon. Hy is intiem bekend met elke
individu asof daar nie een enkele ander persoon is op die aangesig van die
planeet.  Hy is bekend met ons gedagtes
en gevoel.  Hy benodig nie dat ons moet
aanbid vir Sy onthalwe.  Die gebed is vir
ons voordeel sodat ons verhef kan word om te dink volgens  Sy denke, en dat dit Sy verstand kan
binnedring

Gebed voorsien aan die geleentheid om stil te
staan van die gewoeste gejaag van die dag, en om na te dink oor die seëninge wat
ons ontvang het, en die belydenis van ons mislukkings, en die ervaring van
vergiffenis.  Die dankbaarheid word
gevoel wanneer daar erkenning gegee word vir seëninge en dit die skep van
liefde en vertroue in die menslike hart – wat dit benodig.

Eweneens Is,” Die
sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat.” (Markus 2 vers 27)
Yahuwah het geweet sonder die vereiste vir eendag se rus en aanbidding, die
gulsige mens sal aanhou om te werk vir tydelike gewin en die verlies van sig
oor die ewige realiteite.  Daarom dat
voedsel voorbereiding gedoen moet word die dag tevore, en die bevryding van die
vrou as slaaf voor ʼn warm stoof, in die voorbereiding van ʼn maaltyd vir die
familie.  Die vereiste dat geen slawe
werk  verrig word, verskaf aan geheel die
familie en sowel as die diensknegte en diere, ʼn tyd om te rus en te verfris.     

Die
huweliksherdenking kan ʼn tyd wees van kosbare herinneringe en ʼn verbintenis tot
die toekoms.  Sabbatte is die herdenkings
geleenthede van die Skepping van die wêreld. 
Die tersyde stelling van die daaglikse arbeid op die Sabbat is ʼn
herinnering aan die beloftes van die Skepper aan  heel die begin – en vir seëninge en die
onderhouding van ons, en om te voorsien 
aan alles wat nodig is vir ons onderhoud en geluk.  

Die maandelikse Nuwemane is ook tye van verheuging.  Die seëninge van die vorige maand word onthou
met dankbaarheid en die aanmoediging en die hertoewyding vir die komende
maand.  Die jaarlikse feeste het verreis,
dat tye vasgestel is vir hernuwing en hertoewyding asook spesiaal vir
danksegging.

Die Huttefees van
al die jaarlikse feeste was spesifiek geskep vir danksegging. Dit was ʼn groot
fees wat ʼn Die Ewige Liefde │ Deel 3: Die Mens se Reaksie imageweek lank geduur het met danksegging en feesvieringe!  Die jaarlikse oeste is ingebring en dit was ʼn
tyd om te verwys na die baie liefdesgawes wat in die verlede van die Vader
ontvang is.  Sonskyn, reën en vir die
groei van die oeste, asook die beskerming teen vyande en die gesondheid van die
families  – alles vir die opwek en die erkenning
vir die spesiale seëninge van die hemel. 
 

Toe die Israeliete
Kanaän verower, het hulle ʼn land wat reeds bewoon was verower.  Hulle vyande was vooruit verdryf en daar het
op hulle gewag ten volle gemeubileerde huise en volop wingerde, vrugbare boorde,
baie water en elke goeie ding wat benodig is vir ʼn voorspoedige lewe.  Yahuwah is bewus, en alhoewel die gevalle
menslike hart gou is om die groot seëninge te vergeet, en om dit as
vanselfsprekend beskou is.  

Hy wou hulle
herinneringe vars hou sodat hulle in Hom sal vertrou om voort te gaan om vir
hulle te sorg.  Hy het vereis dat die
Israeliete in ʼn laer bymekaar kom en klein hutte te maak van takke en palmtakke.  Hulle moes dit doen elke jaar met die
Huttefees en hulle verheug in die hemels se ryke goedertierenheid.  Dat hulle altyd moet onthou dat die hemelse
Vader hulle uitgelewer het as ʼn nasie
van die Egiptiese slawerny. 

Dankbaarheid vir
algehele vryheid en vir die huidige aardse seëninge, wat die liefde en vertroue
lewendig sal hou in hulle harte.  Dit sal
die beskerming wees teen Satan se versoekinge en verleidings vir die
afvalligheid vir afgode aanbidding. 
Satan was bewus dat hy die Israeliete sal laat draai teenoor  hulle verbondskap tot Yahuwah, en hulle wend
tot die aanbidding van valse gode, dan kan die hemel hulle nie beskerm teen die
verowering van omliggende vyande.    

Dit is baie
interessant dat die einste eerste fees wat die Israeliete nagelaat het om te
onderhou was die Fees van danksegging die Huttefees.  Ware aanbidding het ontaard in bloot vormgodsdiens.  Dit het ʼn godsdiens geword van tradisie en
redding deur werke.  Volle
afgodeaanbidding het vinnig gevolg. 
Hierdie ontaarding van hulle geestelike ondervindings moet dien as ʼn
sombere waarskuwing vir die belangrikheid, om  al Yahuwah se feeste met ʼn opregte hart van
dankbaarheid te onderhou. 

Yahuwah benodig nie
dat die Israeliete se uitdrukking van dankbaarheid meer is as wat Hy jou
uitdrukking van dankbaarheid benodig.  Alhoewel,
Hy bewus is, net soos die Israeliete is dit nodig dat jy verander om Sy
seëninge te onthou, met dankbaarheid herken en erken dat  Sy gawes 
jou hart laat swel van liefde as reaksie.  

two smiling girlsWanneer daar vir iemand lief is, en hulle
aanvaar word met ʼn onsterflike, onvoorwaardelike liefde word grense afgebreek.  Die hart kan dit nie help om te reageer omdatLiefde wek liefde!  

Die natuurlike
reaksie van die hart wat die gevoel van liefde ervaar, is om deur die  reaksie van  wederkerige liefde, liefde te betoon. Dit word
die mees natuurlike handeling om die Vader te gehoorsaam.  Die eens opstandige hart, is nou versag deur
die liefde, en vind sy grootste vreugde in die onderhouding van die goddelike
wet van Liefde.

Yahushua se
voortgesette ware toets of ʼn persoon vir Hom lief is: “As jy vir My lief is,
sal jy My gebooie onderhou.”3 Gehoorsaamheid aan al Yahuwah se
gebooie is ʼn natuurlike reaksie van ʼn hart wat gevul met die liefde vir die Wetgewer.

Dit is nie wetties.  Satan is baie gou ten alle tye om hierdie
aanklag af te maak as wetties as ʼn persoon probeer om die goddelike wet te
onderhou.  Ongelukkig, gehoorsaam baie
mense uit vrees vir gevolge – of omdat hulle glo dat hulle “ deur werke die
hemel kan bekom” in gehoorsaamheid.  Dit
is nie altyd moontlik om onmiddellik te onderskei tussen ʼn persoon wat
gehoorsaam is net om “deur werke die hemel te bekom” teenoor ʼn persoon wat
gehoorsaam is as gevolg deur liefde. 
Gehoorsaamheid kan dieselfde lyk al word dit deur teenoorgestelde
motiverings voorgesê.

Alhoewel, Yahuwah
dit weet. “ Omdat Yahuwah dit nie sien soos die mens dit sien, omdat die mens
na die uiterlike voorkoms kyk, maar Yahuwah kyk na die hart.”4 As
gehoorsaamheid meer en deels ʼn manier is om die hemel te “verdien,” sal die
persoon verlore wees.

Yahushua verduidelik:

“Nie elkeen wat vir My sê: Yahushua, Yahushua! sal ingaan in die
koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die
hemele is.

Baie sal in daardie dag vir My sê: Yahushua, Yahushua, het ons nie in u Naam
geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen
nie?

En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit
geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mattheus 7
verse 21 tot 23)

Dit is moontlik om deur al die bewegings te
gaan, en elke gebod te onderhou en steeds verlore te wees. Die verskil is die
motivering sulke handeling. Word Sy gebooie onderhou deur liefde? Of vanuit die
begeerte om die hemel te “verdien”? 

Yahushua meld dat
diegene wat al hierdie “baie wondervolle werke” verrig het, dat hulle nie
kandidate is vir die hemel vir die eenvoudige rede: Dat Hy hulle nie ken.  Die woord “ken” in die Skrif het ʼn veel meer
dieper betekenis as die moderne Afrikaans. 
“En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain
gebaar…..” (Genesis 1 vers 4) Dit is veel meer as die kennis van die
verstand.  Dit is ʼn intieme kennis, soos met
ʼn geliefde.

Deur Yahuwah te ken is om Hom lief te hê, en
is gehoorsaamheid die natuurlike reaksie van die hart wat lief is. Dus, is
alleenlik die diens en die gehoorsaamheid van liefde aanvaarbaar.

Vreemd genoeg,
wanneer liefde die motivering vir gehoorsaamheid is, dat die “werke van die
wet” nie eers opgemerk word as hulle uitgevoer word.  Liefde hou nie rekening, en verwag nie iets
in ruil vir die diens wat verrig is. 
Yahushua het dit pragtig geïllustreer 
in hierdie les oor die einde van die wêreld:

“En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die
heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom
sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die
herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en
die bokke aan sy linkerhand sit.”

“Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle
geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die
grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te
ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n
vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My
geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle
het na My gekom.”

“Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U
honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n
vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U
siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?”

“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle,
vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders
van My, het julle dit aan My gedoen.” (Mattheus 25 verse 31 tot 40)

Om die Vader en die
Seun intiem te ken, en om deur hulle geken te wees, is dit nodig om tyd te
spandeer met hulle.  As jy nie die
verhouding met hulle het waarvan jy nie hou nie, spandeer tyd aan hierdie
verhouding, soos jy sal doen met enige ander vriendskap.  Lees van hulle in hulle Woord, en studeer
hulle uitdrukkings van liefde in die natuur.

As jy emosioneel
verwyderd voel en nie lief is vir die Vader en Seun met jou hele hart, verstand
en siel, kan dit verander word.  Deur
doelbewus te kies en om te dink aan vrouens, en te dink aan woman thinkingdie baie seëninge
in jou lewe, en op die baie maniere hoe hulle liefde aan jou gewys het.  Was daar tye in jou lewe waar daar spesiale
beskerming was?  Kan jy geleenthede
onthou toe jy ongewone voordele ontvang het? 
Bepeins hierdie dinge.  Hou dit
vars in jou geheue.  

Wees verseker om
die baie klein dingetjie op te merk wat na jou toe aankom op ʼn daaglikse basis.  Laat jou hart aangetrokke wees tot jou
Skepper in gebed.  As jy jou huis verlaat
na buite, dank Hom vir die aangename weer…of die sambreel wat die reën uithou.  Wanneer daar berge van wasgoed is, dank Hom
vir die voorreg om jou familie te klee. 
Terwyl jy besig is in jou rondtes met jou daaglikse take, dank Hom vir
die krag wat voorsien is en wat nodig is om die behoeftes te doen wat gedoen
moet word. 

Vir lewe, vir
gesondheid, vir waarheid, vir liefde, vir vriende, vir enige iets wat vreugde
verskaf, vir tevredenheid en vrede, die groot gawes  Gewer kan erken word en bedank word. Dit is ʼn
perfekte genesing vir eensaamheid en depressie ook.

Die vreugde wat jy
sal ondervinding in die hemel sal in verhouding wees tot die liefde en vertroue
wat jy hier op aarde geleer het om aan Yahuwah te gee. Regdeur die eindelose
eeue van die ewigheid, sal die geredde sy grootste vreugde vind in die liefde
en om geliefd te wees deur hulle Skepper. “Die beminde van Yahuwah—hy sal
veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag.” ( Deuteronomium 33 vers 12)

Daar sal die
onsterflike verstand bepeins oor die nimmer eindige vreugde die wonders van die
skeppende mag en die geheimenisse van die versoenende liefde.  Daar is nie die hardvogtige misleidende vyand
vir die versoekinge om van Yahuwah te vergeet. 
Elke talent sal ontwikkel word en vermoë verdubbel word.  Die verkryging van kennis sal nie die
verstand vermoei of jou energie uitput.  Die
grootste ondernemings mag voortgebring word, en die hoogste ambisie sal
realiseer, en daar sal steeds nuwe hoogtes wees om te bereik, en  om te oorkom asook nuwe wonders om te
bewonder, nuwe waarhede om te begryp, en nuwe dinge wat die mag van die
verstand en die siel en die liggaam oproep. 
 

……  Die jare van die ewigheid soos hulle
aanbeweeg, sal voorbring ryker en meer glorieryke openbaringe van [die Vader en
Seun] Soos die kennis toeneem, so ook die liefde, en die eerbied en die geluk
vermeerder.5  

ʼn Ewigheid van
altyd toenemende vreugde, tevredenheid, interessante nerings en die ewigdurende
liefde wat vir jou wag omdat Yahuwah is liefde.

“Luister na die
Stem van My geliefde”

Hoor
die stem? Van my geliefde
Wat
vriendelik roep met die sluiting van die dag.
“Kom,
my geliefde! O kom en ontmoet My.
Staan
op, O staan op, en kom weg.

Die
winter se donker sal gou verby wees.
En die
reën is amper verby.
Blomme
blom en die bome bot.
Die tyd
vir sing het begin.

Ek het
gewag deur die skaduwee
Vir my
Meester om na my te roep.
Nou
breek die ewige môre aan.
In Sy
lig, Sy aangesig sien ek.
Nou
breek die ewige môre aan,
En
eindelik sien ek Sy aangesig.

Wanneer
jy die vyeboom sien bot
Sal jy
weet die somer is hier.
Wanneer
jy die woorde hoor wat ek gespreek het
Sal jy
weet My koms is naby.

Hou aan
om te luister my geliefde,
Want My
koms is naby.


1 Paulo Coelho, emphasis supplied.

2 Samuel Butler (1612-1680), Hudibras., Part
iii. Canto iii., Line 547.

3 See John 14:15, Nestle-Aland Greek New
Testament, fourth edition.

4 See 1 Samuel 16:7.

5 E. G. White, Great Controversy, p. 677.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.