Die Laaste Avondmaal het kwessies in die
verstande van baie mense na vore gebring. Was dit die Pasga maal? Of was dit
net `n gewone maal waartydens die Heiland die nagmaal ingestel het as `n
herdenking van Sy dood?
Dit lyk of die Evangelie van Johannes die
Laaste Avondmaal op die dag voor die
Pasga plaas:
En voor die fees van die pasga het, . . . [Yahushua] omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit die wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad het tot die einde toe . . . En na die maaltyd verby was . . . het [Yahushua] begin om die voete van die dissipels te was . . . ” (Johannes 13: 1, 2, 5 NV)
Aan die anderkant, kom dit voor dat sekere
verse in Matthéüs, Markus en Lukas die Laaste Avondmaal op die Pasga plaas.
En op die eerste
dag van die ongesuurde brode kom van die dissipels na . . . [Yahushua] en sê
vir Hom: “Waar wil U hê dat ons vir U klaarmaak om die Pasga te eet?” (Matthéüs
26:17)
En die Pasga en
die Fees van Ongesuurde Brode sou oor twee dae wees. (Markus 14:1)
En die dag van die
Ongesuurde Brode het gekom waarop die Pasga geslag moes word. Toe stuur Hy
Petrus en Johannes en sê: “Gaan berei die pasga vir ons, dat ons kan eet.”
(Lukas 22: 7, 8)
Een rede waarom dit veronderstel was dat
die Laaste Avondmaal die Pasga maal was, is die eeue oue oortuiging dat die
Hebreeuse dag met sonsondergang, liewers as met sonsopkoms begin. Omdat die
Skrifte bekend maak dat Yahushua op die Pasga gekruisig is, die dag voor die
Sabbat (sien Johannes 19:31 en Markus 15: 42) as die “dag” met sonsondergang begin,
sou hulle die Laaste Avondmaal op die Pasga geëet het wat dan die tradisionele
Pasga/Seder maal sou wees.
Maar as die Laaste Avondmaal inderdaad die
Pasga maal was, sou vele probleme opgeduik het.
In die eerste plek, verwys die
herhaaldelike gebruik van die woord “Voorbereiding” in die Skrifte na die dag
van die kruisiging wat die aanduiding gee dat die aand tyd Pasga maal (waarvoor
voorbereiding gemaak moes word) nog nie
geëet was nie. (Sien Matthéüs 27:62, Markus 15:42, Lukas 23:54,
Johannes 19:31.) Baie mense verwys na die sesde
dag van die Bybelse week as die “Voorbereidingsdag” – die dag waarop mens vir
die Sabbat voorberei. Maar in die Skrifte is die gebruik daarvan opgeteken
slegs vir die 14de van Abib of die Pasga. Die Pasga maal het in die
aand plaasgevind, sodat die dag voor die
maal na verwys is as die “Voorbereiding.”
Die hele
rede vir die vinnige verwydering van die liggame van die kruise af, was omdat
dit die “Voorbereiding” vir die aand Pasga maal was sowel as vir die volgende dag, wat die eerste dag vir die
Fees van die Ongesuurde Brode, was`n
Spesiale Sabbat. Die Laaste Avondmaal was geëet op die dag voordat Yahushua gekruisig
was. As die Laaste Avondmaal eintlik die Pasga maal was, sou die volgende dag
nie herhaaldelik na verwys was as die “Voorbereiding” nie.
Ten tweede, as die Laaste Avondmaal die
eintlike Pasga maal was, sou die harmonieuse simboliek van Yahushua as die “Lam
van Yah wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1: 29) vernietig wees.
Die beeldskone simboliek van die bloed van Yahushua wat die bloed van die Pasga
Lam is deur wie se bloed ons “verby
gegaan” is “oorgesien is” sou vernietig gewees het as Hy nie op die tyd van
die aand slagoffer gesterf het op die
dag van die Pasga, nie.
`n Nougesette en versigtige ondersoek van
die Skrifte stel bekend dat die Laaste Avondmaal inderwaarheid nie op die Pasga plaasgevind het nie. Daarom was dit nie die Pasga
maal nie. Dit is nie in die bestek van hierdie artikel om die veronderstelde
kontrasterende verslae aangaande die tydlyn van die Laaste Avondmaal te
verduidelik soos dit in die Evangelies verskyn nie. So `n verslag is voorsien
in Die Pasga
Legkaart. Hierdie artikel sal bykomende bewyse ondersoek dat die
Laaste Avondmaal nie die tradisionele Pasga maal was nie.
Johannes 13 stel dit duidelik bekend dat
die tyd van die Laaste Avondmaal, die “fees” (soos die Pasga maal gewoonweg na
verwys is) nog nie genuttig was nie. Aan
tafel het Yahushua aangekondig dat een van die twaalf dissipels Hom sou
verraai. Dit het die dissipels in `n groot verwarring gebring. Toe Johannes stilweg gevra het: “Wie is dit?” Het Yahushua
geantwoord:
“Dit is aan hom
vir wie Ek `n stukkie brood sal gee wanneer Ek dit ingedoop het.” En nadat Hy
die brood ingedompel het, het Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon
gegee. (Johannes 13: 26, N.V.)
Teen hierdie tyd was Judas ten volle
oortuig om die Heiland te verraai. Die Skrifte deel ons mee dat Satan Judas ten
volle beheer het, waarop Yahushua in daardie tyd iets aan Judas sê wat die
ander dissipels nie verstaan het nie. Dit is hierdie verkeerdelike insig aan
die kant van die dissipels wat verklaar dat die Laaste Avondmaal inderwaarheid
nie die Pasga maal was nie.
Nou net na die
stukkie brood het Satan van hom besit geneem. Toe sê Yahushua aan hom, “Wat jy
moet doen, doen dit gou.” Maar niemand aan tafel kon sê vir watter rede Hy dit
aan hom gesê het nie. Omdat sommige gedink het dat Judas die geldbeursie gehad
het, dat . . .[Yahushua] aan hom gesê het, “Koop
daardie dinge wat ons vir die fees nodig het,” of dat hy aalmoese aan die
armes moes gee. (Johannes 13: 27-29, NV, klem voorsien)
Die Ou Vertaling stel vers 29 as volg voor:
Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat . . .Yahushua]
vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir
die fees; . . . .”
Die New American Standard Bible vertaling
stel die vers so voor: “Want sommige het gedink, omdat Judas die geld sakkie
gedra het, dat Jesus aan hom gesê het, ‘Koop die dinge wat ons vir die fees sal
nodig kry’. . . .”
Die Complete Jewish Bible verklaar:
“Sommige het gedink omdat Y`hudah in beheer was van die gemeenskaplike beursie,
het Yahushua hom aangesê: ‘Koop wat ons
vir die fees sal nodig hê. . . .’ ”
Dit is duidelik,
as Yahushua en Sy dissipels so pas die Pasga maal genuttig het, sou die
dissipels nie Sy kommentaar misverstaan het aan Judas dat dit beteken dat Judas
nie iets vir die Pasga moes koop nie.
Selfs gewigtiger
bewyse is te vinde in die eintlike woorde wat gebruik word in die verwysing na
die brood wat Yahushua gebreek het as `n simbool van Sy liggaam.
In die Hebreeuse
bedeling, was gis of suurdeeg `n simbool van sonde. Dit neem slegs `n klein
gedeelte suurdeeg om `n groot bak deeg te verander. Daarom was dit `n bekwame
simbool van hoe selfs `n nietige sonde, gekoester in die hart, die siel kan
verander en vernietig. Hierdie simboliek
was deur Yahushua gebruik toe Hy die dissipels waarsku: “Pasop en wees op jul
hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” (Matthéüs 16:6)
Die illustrasie
moet onmiddelik deur die dissipels verstaan gewees het, maar dit het eers later
ingesink:
Hulle het met mekaar geredekawel en gesê: “Dit
is omdat ons nie brood geneem het nie.” Maar . . .[Yahushua] wat daarvan bewus
was, het aan hulle gesê, . . . “Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek met
julle oor brood gespreek het nie? – maar om op te pas vir die suurdeeg van die
Fariseërs en die Sadduseërs.”
Toe het hulle
verstaan dat Hy nie bedoel het om op te pas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leerstelling van die Fariseërs en Sadduseërs. (Matthéüs 16:7,
8, 11, 12, NV, klem verskaf.)
Yahushua het
suurdeeg gebruik as `n simbool van die sondige “leerstelling van die mens” wat
die hoogmoedige Fariseërs en Sadduseërs bó die wet van Yahuwah verkies het.
Verkeerdelike “leerstellinge van die mens” beïnvloed nog steeds baie geloofsisteme
in hierdie tyd. Die geloofsbelydenisse, doktrines en tradisies van
georganiseerde godsdienste het nodig om noukerig ondersoek te word sodat
dwaalleer nie in onkunde as waarheid
aanvaar word nie. Net omdat `n geloofsoortuiging vir honderde jare
aangekleef is, is nie `n bewys van sy geloofwaardigheid of Skriftuurlike
grondslag nie. Almal wie verlang om die waarheid te weet, die hele waarheid en
niks anders as die waarheid nie sal elkeen van hulle geloofsoortuiginge
uitstudeer in die lig van die Skrifte.
Deur die bevel van
Yahuwah, was daar nie net geen suurdeeg geëet nie, maar alle suurdeeg of enige
ander soort gistings agent moes uit die wonings verwyder word tydens die Fees
van Ongesuurde Brode. Omdat die eerste dag van die fees begin het op `n
sewende-dag Sabbat , was die werk om die suurdeeg te verwyder deel van die
“voorbereidings” werk wat op die dag van Voorbereiding (Abib die 14de)
gedoen was.
Die Pasga maal was
altyd met ongesuurde brood geëet. Dit was `n beeldskone simbool van Yahushua,
die Brood van die Lewe, wie geen sonde geken het nie. Dus, as die Laaste
Avondmaal dan die amptelike Pasga maal was, sou hulle ongesuurde brode geëet het.
In Hebreeus is
daar een woord wat die Engelse frase “ongesuurde brode” beskryf. Die Engelse
frase “ongesuurde brode” kom ook van `n enkele Hebreeuse woord. Om die idee vaningesuurde of ongesuurde brood oor te dra, moes `n ekstra woord in die Engels
bygevoeg word. Maar in die Hebreeus is die konsep daarvan in net een woord
omsluit. Dieselfde geld vir Grieks en net sowel as vir Aramees.2
Hebreeus
Ongesuurde brood =matzah (of matzot vir meer as een.)
Ingesuurde brood =lekhem (of lekhemim vir meer as een.)
Aramees
Ongesuurde brood =patireh
Ingesuurde brood =lakhma
Grieks
Ongesuurde brood =azumos (of azumon of azuma vir meer
as een.)
Ingesuurde brood =artos (of arton vir meer as een.)
Deur te praat van
die Fees van Ongesuurde Brode, in alle gevalle sonder uitsondering, gebruik die
Skrifte die woord vir ongesuurde brode –
brood sonder suurdeeg.
Exodus
12:18 verwys na die ete van die ongesuurde brode op die
14de dag van die eerste maand.
Exodus
23:15 verwys weereens na die Fees van Ongesuurde Brode
wat die woord vir gis vrye brood
gebruik.
Levítikus
23:6 beveel die ete van gis vrye brood tydens die Fees
van Ongesuurde Brode aan.
Numeri
28:17 verklaar dat Ongesuurde Brood tydens die sewe dae
fees geëet moes word.
Sonder uitsondering gebruik elke verwysing
na die Fees van Ongesuurde Brode die woord matzot om te verwys na die gis vrye brood wat
tydens daardie fees geëet word, wat met die Pasga maal begin op die aand van
die 14de.
In teenstelling,
verwys Levítikus 23:17 na twee stene brood wat voor Yahuwah beweeg moet word op
die Pinkster dag. Die vers sê uitdruklik: “Dit moet van fyn meel wees; gesuurd moet dit gebak word” In hierdie
geval, is die Hebreeuse woord wat gebruik was lekhem omdat dit brood was wat met suurdeeg uitgerys was.
In die Nuwe
Testament is die Skriftelike verslag beginselgetrou, ongeag of Arameës of
Grieks gebruik word.
Matthéüs 26: 17 – En op
die eerste dag van die ongesuurde brode
kom die dissipels na . . .[Yahushua] en
sê vir Hom, ‘Waar wil U hê dat ons moet klaarmaak om die pasga te berei?’ “
Die teksvers is `n
bietjie misleidend, soos verduidelik in die Die Pasga
Legkaart, die (bogenoemde) skuins gedrukte woorde, was deur vertalers
bygevoeg, en kom nie in die oorspronklike teks voor nie. En die woord “eerste”
beteken eintlik “voor.” Dus sê die vers eintlik dit: “En voor die Ongesuurde
Brode, het die dissipels na Yahushua gekom.” Die woorde wat hier gebruik word
of in Aramees of Grieks, verwys hier na die suurdeeg-vrye brood wat met die
Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode gebruik was.
Markus 14: 1 en 12 – “En
die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode. . . . En op die eerste dag van die
ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die Pasga geslag het, sê sy dissipels
vir Hom: “Waar wil U hê dat ons moet klaarmaak dat U die Pasga kan eet?”3
Weereens stem die
Griekse en Aramese woorde met mekaar saam: hierdie verse verwys na gis-vrye,
ongesuurde brode.
Lukas 22:1 en 7 – “En die fees van ongesuurde brode, wat die Pasga genoem word, was naby. . . En die dag van ongesuurde brode het gekom waarop die Pasga geslag moes word.”
met mekaar ooreen: hierdie tekste verwys na gis-vrye, ongesuurde brode.
As die Laaste
Avondmaal die Pasga was, sou die Hebreeuse en Aramese woorde verwysend na die
“brood” wat die Heiland gebreek en aan die dissipels gegee het, dieselfde
woorde wees soos hierbo gebruik vir ongesuurdebrode.
`n Noukerige
hersiening van die Evangelie verwysings oor die Laaste Avondmaal verklaar `n
verrassende woordkeuse: die brood wat gebruik was, was ingesuurde brood! Brood
met suurdeeg!
Matthéüs 26: 26 – “En
terwyl hulle eet, neem . . .[Yahushua die brood, en nadat Hy gedank het, breek
Hy dit en gee dit aan Sy dissipels en sê: Neem eet, dit is My liggaam.’”
Die woorde wat hier vir “brood” gebruik was
dui daarop dat “suurdeeg brood” gebruik was. Albei die Aramese en die Grieke
gebruik die woord vir die gewone suurdeeg brood.
Markus 14: 22 – “En terwyl
hulle eet, neem . . .[Yahushua] brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en
gee dit aan hulle en sê: ‘Neem, eet, dit is My liggaam.’”
Die Aramese en die Griekse woorde stem ooreen
dat die brood gewone brood was, met suurdeeg gebak.
Lukas 22: 19 – “Daarop
neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê:
Dit is My liggaam wat aan julle gegee word; doen dit tot My gedagtenis.’”
Weereens is die Aramees en die Grieks in ooreenstemming
met mekaar in hul woordkeuse dat die brood in gebruik gewone brood was, nie
ongesuurde brood nie.
Die Evangelie van Johannes verwys na die
brood, maar instede daarvan vertel dit van die voetewassing. Die Geskrifte van
Paulus sê wel meer omtrent die Laaste Avondmaal.
1 Korinthiërs 11: 23 – “Want
ek het van . . . [Yahuwah] wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die . . .
[Verlosser Yahushua] in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en
nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem eet; dit is My liggaam
wat vir julle gebreek word; doen dit tot My gedagtenis.’”
Paulus se woordkeuse stem ooreen met die
woordkeuse van die Evangelies: die brood wat gebruik was, was suurdeeg brood!
1 Korinthiërs 11: 27 – “Wie
dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van Yahushua drink, sal
skuldig wees aan die liggaam en bloed van
. . .[Yahushua].”
Die Aramees en die Grieks stem ooreen: die
woorde gebruik is vir gewone, suurdeeg brood.
1 Korinthiërs 11:28 – “Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.”
Daar is geen manier dat die Laaste Avondmaal
die nasionale feestelikheid van die Pasga kon gewees het nie, anders moes die
brood wat gebruik was ongesuurde
brood wees. Dit is duidelik dat die Laaste Avondmaal die dag voor die Pasga
plaasgevind het.
Yahushau het geweet dat Hy dood sal wees,
wanneer die Pasga maal sou aanbreek. Die Laaste Avondmaal was Sy finale maaltyd
voordat Hy as die Lam van Yah gekruisig word. Sy dood op die Pasga op die
vasgestelde tyd vir die aandoffer was `n volmaakte vervulling, die groot
teenbeeld, van al die lammetjies wat geslag was sedert Adam en Eva hulle vermoeiende
treë uit Eden uit gegee het.
Die skoonheid van hierdie simboliek was
deur Paulus verduidelik toe hy die Korinthiërs gewaarsku het:
Julle roem is nie
mooi nie. Weet julle nie dat `n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
[`n Nietige sonde vernietig die hele mens.]
Suiwer dan die ou
suurdeeg uit, sodat julle `n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad
ongesuurd is – want ook ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik [Yahushua].
Laat ons dan
feesvier, nie met die ou suurdeeg of die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar
met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. (1 Korinthiërs 5: 6-9, OV)
Die nagmaalsdiens, wat deur Yahushua tydens
die Laaste Avondmaal ingestel is, is `n herdenking van Sy dood. Dit is nie van
belang om suurdeeg brood te gebruik in deelname van die nagmaal net omdat
Yahushua ingesuurde brood gebruik het nie. Deur die ongesuurde brood te gebruik
saammet die suiwer sap van die druif4 vir die Pasga, is die eintlike
kern van albei seremonies.
Yahushua was die volmaakte, sondelose Seun van
Yahuwah. As die brood van die Lewe, is ongesuurde brood die volmaakte simbool
aan Hom. Hy kon verseker versoek het dat ongesuurde brood voorsien word op die
Laaste Avondmaal wat Hy met Sy dissipels gehad het. Die feit dat Hy verkies het
om gewone gebakte brood met suurdeeg te gebruik as `n simbool van Sy liggaam,
vir ons gebreek, kan deur die feit verklaar word dat Hy ons plaasvervanger is.
Want . .
.[Yahuwah] het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons
kan word geregtigheid van . . .[Yahuwah] in Hom. (2 Korinthiërs 5: 21. OV)
Aan die dissipels
het Yahushua die suurdeeg brood uitgedeel en gesê: “Dit is My liggaam wat vir
julle gegee word.” (Lukas 22:19) Yahushua was heilig en sonder sonde. Maar as ons
plaasvervanger, het Hy ons sonde op Homgeneem. Die gevolgtrekking is dat
almal wat in Hom glo, gered mag word. Sy vlekkelose geregtigheid is vryelik aan
almal gegee wie Sy offerande in ons plek deur geloof sal aanvaar. Dit word
gesimboliseer deur die gebruik van ongesuurde brode in die nagmaal. Ons is
veilig in die pas – gang en die
vereistes van die oortrede wet vind hul versoening deur Sy bloed om ons
onthalwe gestort.
Wanneer ons die
ongesuurde brood ter nagedagtenis van Yahushua eet, verkondig ons Sy dood
totdat Hy kom. Ons memorialiseer die grootste geskenk wat ooit aan die mens
gegee is: die Lam van Yah wie die sondes van die wêreld wegneem.
1 Sien ook Lukas 22: 11, 13 en 15.
2
Die addisionele woorde is eenvoudig maar net verskillende vorme van dieselfde
woord, bv. enkelvoudig teenoor meervoudsvorme van dieselfde woord.
3 Die woord “eeste” is ontleen uit die woord …………… (prōtŏs)
wat “voorste (in tyd, plek, orde of belangrikheid beteken).” Dit kan “begin” en
“beste” beteken, maar dit kan ook korrek vertaal word as “voor”. Wanneer …………. (prōtŏs) as “voor” vertaal word staaf Matthéüs 27:17 die volgende: En op die fees van ongesuurde brood kom die
dissipels na Yahushua en sê vir Hom ….” Dít stem met Johannes 13:1 ooreen.
“En “voor” die fees van die pasga het
Yahushua . . .” (#G4413, The New Strong`s
Expanded Dictionary of Bible Words.)
4 Skuinsgedrukte woorde was deur vertalers ingevoeg. Die NV was hier
gebruik.
5 Die “wyn” wat op Pasga gedrink was, was suiwer,
ongegiste druiwe sap. Daar was streng verbod geplaas teen die inname van alkohol
ten tye van aanbidding voor Yahuwah. Sekere mense, veral die wie verbind was
met die Nasarener gelofte, was verbied om ooit alkohol te drink. Yahushua, wie
selfs `n pynstiller met wyn gemeng, geweier het tydens die kruisiging (sien
Matthéüs 27:34) wou Homself nie verontreinig met gegiste wyn net toe Hy Sy
sending moes vervul het as die slagoffer Lam nie. – Sien asseblief: http://www.worldslastchance.com/ecourses/lessons/the-book-of-daniel-ecourse/15/daniel-chapter-1-lesson.html.
(Uittreksel: Die verbod van wyn was verwys na die nasarener gelofte, maar net
sowel as na die priesters diens, soos aangeteken in Lev.10:9. “Moenie wyn of
sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as jy in die tent van
samekoms ingaan, dat jy nie sterwe nie; `n ewige insetting is dit vir julle
geslagte.” Hoewel `n sekere hoeveelheid wyn onder die mense van die antieke tyd
toegelaat was, was dronkenskap strafbaar met die dood. Onder die nuwe verbond,
is almal priesters en konings, en as priesters wat diens doen in die tempel van
die Heilige Gees, wat die menslike liggaam is, is onthouding van wyn `n
absolute noodsaaklikheid. Maar Levítikus 10:9 impliseer dat diegene wie
Christus in die diens van die Allerheiligste in die hemelse heiligdom volg, sal
ook alle bedwelmende stowwe opsy sit as onbevoeg vir die heiligdom dienste
waarin ons deur ons gebede daarin deelneem.)