World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende
dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot  generasie bring ‘n gevoel van kontinuïteit mee.
Dit herinner aan emosies van eertydse ondervindings en sorg vir n sterk
emosionele band oor tyd en afstand heen. In tye van rou, kan tradisie ‘n gevoel
van troos bring. Kulture en selfs indiwiduele families koester tradisies wat
van sentimentele waarde het vir hul betekenisvolheid.

Tradisie bring mooiheid en betekenis na baie
verskillende areas van die lewe. Terwyl geestelike geloof op die Skrifte eerder
as op tradisie gebaseer moet word,  is daar
baie ander areas waarin tradisie grootliks die lewe van ander kan vervul wat
daarby betrokke is. ‘n Huwelik is een aangeleentheid waaraan baie tradisies aan
verbonde is.

bridal boquetVir baie paartjies wat hulle huwelik op die Skrifte en
die Skrifte alleen wil baseer, wat alle ondertone  van “Babilon” opsy wil  sit, is daar baie vrae. Wat is `n Bybelse huweliks seremonie? Moet die troue in die kerk
plaasvind? Kan dit plaasvind in `n geregtelike hof? Is dit verkeerd om `n
“wettige” huwelikssertifikaat te hê , of moet mens net `n  eed voor familie en vriende  aflê? Beskryf die Bybel watter tyd van die dag
die troue moet plaasvind? Wat van “tradisionele” trou klere? Mag Yahuwah se kinders
trou ringe dra?

Hierdie is alles wettige vrae. Die Skrifte gee nie
spesifieke instruksies van hoe ‘n troue gehou moet word nie. Hoe dit ookal sy,
die voorbeelde wat die Bybel gee voorsien `n  basis hoe om elke vraag te beantwoord.

Baie kulture het verskillende definisies van wat  ‘n troue voorstel. Aangesien Skrifte stil is
oor hoe om ‘n huweliks seremonie te bestuur, dit is aanvaarbaar om die verskillende
tradisies van jou indiwiduele kulture in te bring om ‘n mooi en sinvolle troue
te maak.

 Dit wat twee
indiwidue as `mn eenheid saamvoeg in een huwelikspartjie, is nie die plek, of
die blomme, of die klere, die koek, of die trou ringe nie. Dit is die eed wat
hulle voor Yahuwah en die gaste aflê wat dien as menslike getuienis vir die
seremonie.

Die vereniging van man en vrou in `n  huwelik staan gewoonlik bekend as “in die
huwelik tree.” Dit is ‘n heilige verhouding wat verskil van enige ander verhouding
of vennootskap wat ‘n persoon ooit sal hê. Tydens die skepping, het Yahuwah albei geslagte gemaak. Dit was in die vereniging van van beide man en vrou dat die karakter van Yahuwah
openbaar moes wees in die ganse skepping.

En Elohim het gesê: “Laat ons
mense maak na ons beeld
, na ons gelykenis, en laat hulle heers . . . oor die hele aarde, en oor al die diere wat op
die aarde kruip. En . . . [Elohim] het die mens geskape na Sy beeld; na die
beeld van . . . [Elohim] het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle
geskape.  (Gen 1:26 – 27,KJV, klem
voorsien)

Die huwelik is daarvoor baie meer as net ‘n wettige
kontrak tussen twee partye. Dit is ‘n verbonds
getuienis aan en word geseen deur die Skepper.

In die menslike wettige sisteem, word die huwelik
beskou as ‘n wettige kontrak. Dit is waarom nie enigeen
toegelaat word om die huwelik seremonie te voltrek nie. Net persone wat
toestemming verkry het van die Staat mag 
huwelik seremonies waarneem.

outdoor weddingVir die gelowiges is die huwelik baie meer as net ‘n
wettige kontrak. Dit is `n  verbond – ‘n ooreenkoms gebonde onder
die wet van die Koninkryk van die Hemel wat erken en  bekragtig word deur die Groot Wet-gewer. ‘n Kontrak is bindend in menslike geregshowe,
maar ‘n verbond onderneem by ‘n indrukwekkende eed en getuienis by die
Oppermagtige van die Heelal voor Homself is baie meer bindend. As sulks
mag  die wette van menslike howe die
“wettige kontrak” van die huwelik verbreek, maar die verbond sal steeds bindend
bly onder die wette van die Hemelse hof.  

Die besef dat die eed wat voor Yah geneem word bindend
is vir enige troue het gelei dat baie die vraag gevra het of dit nodig is of
selfs raadsaam is om wettig getroud te wees met ‘n troulisensie in ‘n seremonie
wat deur ‘n staatsamptenaar waaargeneem was. Wanneer die regering `n  lisensie uitgee dui dit aan in daardie wet
die kennisname dat wat die Regering toestemming kan gee om te doen jou ook die
reg om te trou kan ontneem.  Die regering
plaas sekere beperkings op die huwelik. Die meeste regerings  weier  huwelike:

  • Tussen indiwidue wat te na aan mekaar is, soos broer en suster, ouer en
    kind verhoudings en soms niggie
    en neef,
  • Tussen persone met dieselfde geslag,
  • Tussen persone en diere of enige iets anders wat nie menslik van aard is
    nie 
  • As een of albei onder die wettige ouderdom is, om hulle te beskerm van
    statutêre verkragting,
  • As een of albei reeds getroud is

Dit is waar, ‘n huwelikslisensie maak jou nie getroud  in die oë van die Hemel nie. Nietemin dit
beteken nie dat paartjies wat hulle lewe saambind in die huwelik moet weier om
die wettige vereistes na te kom vir die huwelik van `n landsregering waarin
hulle woon nie.

“Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom aangestel is,
want daar is geen ander mag behalwe van . . . [Yahuwah] nie, en die wat daar
is, is deur . . . [Yahuwah] ingestel. (Romeine 13: 1-2)

Eeue gelede in Engeland, was huwelike gehou op ‘n
tradisionele manier, met die uitruil van armband en sonder die teenwoordigheid
van ‘n priester, dit was genoem ‘n “gewone wet” huwelik. bride and groom holding handsDit was beskou as ‘n wettige
bindende huwelik, dit het `n  groot
skandaal veroorsaak toe een vroeë Saxon Koning sy ‘gewone wet’ vrou los om met
`n ander vrou saam te bly  en laat toe
die Priester die huwelik inseën. Alle lande het toe soort van hierdie huwelik
gehad.

Met die verspreiding van die Rooms Katolike Kerk  regoor Europa het die `gewone wet` huwelik uit
die mode  geraak. Slegs daardie huwelike
wat geseën was deur ‘n priester was beskou as geestelik bindend. Uiteindelik in
1753, het Engeland die “gewone wet” huwelik afgeskaf onder die Huweliks Akte.
Hiervandaan moes die huwelik deur ‘n priester van die Kerk van Engeland gedoen
word, vry vir die Jode of Quakers.

Tot vandag laat baie lande die“gewone wet” huwelike toe
omdat die reg om te trou lank voor die gevestige regerings bestaan het, sodoende
gaan die instelling van die huwelik die gevestigde wet vooraf. Dit gesê die wet
erken die krag van ‘n gewone wet huwelik as ‘n reg, hulle erken altyd die
paartjies wat nie ‘n wettige staat huweliks sertifikaat het nie. Dit is ‘n
bekommernis omdat dit ander wette affekteer.

‘n Huwelik affekteer die eienaarskap van eiendom, die
regte van die langslewende, eggenoots voordele en enige ander huweliks voordele/geriewe,
dit sluit in  ander dinge soos belasting
persentasies. Die registrasie van die huwelik met die regte wettige outoriteit
is belangrik vir die beskerming van albei indiwidue betrokke. Verder as die
paartjies kinders het sal hulle ook beskerm word en dit kan nie geignoreer word
nie omdat menslike regerings die wettige dokumentasie uitreik.

‘n Huwelik sertifikaat gee ‘n gedeeltelike beskerming
van dood en egskeiding. Regerings wat gewone wet huwelike aanvaar soek soms
bewyse dat daar ‘n huwelik was as dit hof toe moet gaan of bewys van die
huwelik as die oorledende se boedel afgehandel moet word.

Gewone wet huwelike “beheer” nie so danig die optrede nie, of die
bestaan van ‘n huwelik nie dis meer `n  bewys of aantekening om te kan sê of die man
en vrou inderwaarheid  getroud was of
gebruik hulle net die woord huwelik sonder dat daar enige bewys was dat hulle
getroud was. In kort, gewone wet huwelike
word nie altyd bevraagteken nie tensy die huwelik  bevraagteken word in die hof.
 Dan sal die wet die gewone wet huwelike
gebruik om seker te maak of die huwelik waarlik gewettig was.1

marriage certificateAlhoewel “gewone wet” huwelike wettig is in sommige
lande is daar ‘n breë beginsel wat oorbrug moet word. Dit is belangrik om die
voorkoms van onheil te vermy. Met die verlaging van die moraal in die moderne
samelewing het meer en meer mense begin saamwoon sonder die voordele van ‘n
huwelik. Wanneer  paartjies saam woon
sonder om die nodige papier werk te doen wat gevra mag word van die regering om
‘n wettige huwelik te erken, het dit die voorkoms van “in sonde lewe”. Terwyl
‘n persoon se vriende en familie getuies was by die seremonie wat voor Yahuwah
gedoen was, gee dit die indruk dat die paartjies nie ernstig is oor mekaar nie,
maar dat hulle net bed maats is vir die voor die handliggende redes.

Yahushua herken die belangrikheid van die vermyding van
die voorkoms van onheil. Op die aangeleenthede wat nie die wet van Yahuwah
oortree nie maar sal aanstoot gee wanneer die gewoontes geïgnoreer word, het Yahushua
se voorbeeld geleer dat menslike gebruike gevolg moet word.

“Op `n dag het diegene wie tempel belasting ingevorder het “na Petrus
gekom en gesê: “ Betaal jou Meester nie die tempel belasting nie?’ ” (Matthéüs
17:24, NKJV).

Petrus gewaar geïnsinueerde kritiek oor sy geliefde Meester
en vinnig spring hy tot Sy verdediging toe. Yahushua is nie ‘n wetbreker nie!
Toe sê hy “Ja!”

Petrus het nie besef nie, maar tot groot tervredenheid
van die Verlosser se vyande, het hy erken dat Yahushua nie die Messias was (die
Gesalfde Een!) is nie. In die Hebreeuse ekonomie, het geen “gesalfde” by die
Koning, die prins, die priester of die rabbi belasting betaal nie. Die Messias
was ‘n wel gerespekteerde rabbi, tegnies moes Yahushua nie tempel belasting
betaal nie.

Yahushua het nie vir Petrus geskel nie. Hy het geweet
Petrus het uit geblaker om Hom te beskerm. Verdraagsaam, het Yahushua aan
Petrus verduidelik hoekom belastingaarders hom bevraagteken en hoekom die
Verlosser wettiglik nie veronderstel is om belasting te betaal nie. Sy volgende
woorde wat instruksie bevat vir almal wat wettige reg van regering bevraagteken
dit wat die geestelike regering nie bevraagteken nie.  

“Maar dat ons hulle geen aanstoot gee nie, gaan na die see toe, gooi `n
hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy `n
stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.” (Matthéüs 17:27)

“Maar dat ons hulle geen aanstoot gee nie” Yahushua,
die Messias het nie nodig gehad om belasting te betaal nie. Nietemin om
aanstoot te vermy, het Yahushua vir Petrus instruksie gegee om die belasting in
elk geval te betaal – en Hy het ‘n wonderwerk gedoen om die geld te voorsien
wat hy gebruik het om Sy belasting vry posisie vas te stel!

bride and groom at an outdoor weddingDit is ‘n standpunt wat almal moet inneem wat vir Yahuwah
wil eer. Die regering van die Hemel mag nie ‘n staats huwelikslisensie soek
nie; Nietemin “uit vrees dat ons hulle aanstoot gee” moet ons elke stap neem om
die voorkoms van onheil te vermy. As ‘n eenvoudige huwelikslisiensie aanstoot
vermy moet niemand weier om een te kry nie.

Die  volgende vraag
wat opkom is ,waar om die troue te hou en wie moet dit waarneem? Is dit nodig
om die huwelik seremonie in ‘n kerk te hou om Yahuwah se seën te ontvang? Dit
is veral ‘n probleem vir die mense wat vrystaan van georganiseerde denominasie.

Hier sal  verskillende gewoontes en wette die antwoord
verskaf. In Noord Amerika is pastore die mag gegee van die staat om ‘n huwelik
seremonie te kan hou. As die paartjie ‘n familie lid het wat ‘n pastoor is en
dit sal vir hulle meer betekenis het, is daar niks mee verkeerd as hy die
seremonie waarneem nie. Wanneer ‘n persoon die kerke se gevalle toestand
verstaan, hoe ook al,  is dit ontoepaslik
om in ‘n kerk te trou. Geen Israeliet sou getrou het in die tempel van Venus,
godin van liefde nie, net omdat dit ‘n mooi plek was om in te trou nie. Yahuwah
se volk wat ag slaan op die oproep om uit Babilon te kom sal verkies om nie in
‘n kerk te trou nie.  

Van die mooiste troues het buite in die natuur plaas
gevind. Adam en Eva se huwelik het plaas gevind in die tuin. Ander geskikte
plekke vir die huwelik om plaas te vind is familie huise, vir groot troues huur
‘n saal of hotel, sake kamers kan ook troues akkomodeer.

Die meeste lande gee nie die pastore wettige
outoriteit om huwelik seremonies te hou nie. In sulke lande, kan diegene wat
godsdienstige seremonies wil hê, twee keuses: hulle trou by die wettige outoriteit
en dan hou hulle ‘n gelowige seremonie op ‘n ander plek. Daar is niks verkeerd
om by die hof te trou of by ‘n amptenaar nie. Wat belangrik is waar ook al die
troue plaasvind, maak nie saak of dit ‘n pastoor is of ‘n hofamptenaar is wat
die seremonie voltrek nie, dit word erken, as ‘n verbond bekragtig. Die
teenwoordigheid van vriende en familie as getuies is gewoonlik ‘n baie belangrike
deel by so ‘n geleentheid.

Daar is ander faktore wat eenvoudig nie  geïgnoreer kan word nie, net omdat dit nie Bybel
“gebod” is nie. Elke Kultuur het sy eie Chinese bridal coupletradisie wat mooiheid en betekenis
bring na ‘n huwelik seremonie. ‘n Israelitiese bruidegom sal so ‘n trou kontrak
optrek vir sy aanstaande bruid. Die kontrak is ‘n ketubah genoem, dit was vir die bruid gegee by ‘n maaltyd wat haar
familie voorberei word.

In die kontrak, praat die bruidegom van sy liefde vir
sy bruid en maak die beloftes aan haar en haar familie bekend. Hy brei uit oor hoe
hy beplan om haar en enige kinders wat hulle sal hê sal versorg, hoe hy sy
huishouding bestuur wil hê, en hoe hy sy kinders groot gemaak wil hê.

Nadat hy die huwelik kontrak voor gesit het vat hy ‘n
glas druiwe sap, die beste kwaliteit wat hy kon bekostig dan neem hy ‘n slukkie
daarvan. Die jong vrou neem dan die kontrak “ketubah” en bestudeer dit. Sy sal
dan deeglik deur die kontrak gaan en elke punt oorweeg en dan besluit sy of sy
daarmee kan saamleef en of dit aanvaarbaar is. Dit sal ‘n tydjie neem om deur
alles te gaan. Daar is geen haas nie. Na besorgde konsiderasie, as sy besluit
het om die ketubah te aanvaar, neem sy dan ook ‘n slukkie van die druiwe sap en
van daardie punt af is hulle verloof.

Die verskillende huweliks tradisies van die
verskillende kulture dra by tot die gewigtigheid van die ooreenkoms, wat albei
‘n wettige kontrak is en ‘n heilige getuigskrif. Gedurende die dae van intensiewe
vervolging deur die Rooms Katolieke Kerk, is die Hugenote en Waldenses verbied
om enige gelowige seremonies te hou. Hulle kon net troues en begrafnisse hou.
Onder daardie omstandighede, het troues baie gelowige en heilige seremonies
geword, dit was die een kans wanneer gelowiges bymekaar kon kom. Sulke heilige gewigtigheid
bring na die trou seremonie ‘n baie geskikte en versekerde Hemelse seën wat
meer as net ‘n informele gewoonte was, wat ‘n grap maak van huweliks seremonies
van vandag.

Verskillende kulture hou troues op verskillende tye
van die dag, Hebreërs se troue word in die aand gehou. Die ster besaaide hemel beteken
dat sy nakomeling sal soos die sand van die see wees en die oneindige sterre in
die hemel. Alhoewel dit nie ‘n Bybelse mandaat is nie. Dit is net ‘n tradisie
wat mooiheid en betekenis gee aan ‘n Hebreuse troue.  

In Engeland, is dit gewone praktyk om troues, in die
oggend te hou. Om die waarheid te sê daar was ‘n tyd toe troues nie toegelaat
was in die namiddag nie. In Noord Amerika aan die ander kant, was troues tipies
in die na middag gehou, met die meeste troues wat in die aand gehou word. Geen een
praktyk is korrek, en al die ander verkeerd nie. Die paartjie moet trou die
beste tyd wat dit vir hulle pas.

Geen mens moet voel om meer geld te spandeer op die
troue as wat die individu kan bekostig nie. Nietemin, sorg moet geneem word dat
albei wat die huwelik betree moet omgee vir die ander. In die meeste kulture,
is rooi die tradisionele klere om in te trou en fees te vier en wit is die
klere vir rou. In die Westelike gemeenskap, waar swart gedra word vir rou, wit
is gedra word vir ‘n Nepalese bridesimbool van skoonheid. Dit is nie nodig om baie geld te
spandeer op trou klere nie, om spesiale klere te dra is ‘n manier hoe die
bruidegom eer bewys aan sy bruid en sy haar aanstaande man.  

Trouringe is van heidense oorsprong nie nodig in om
getroud te wees nie. Die goue ring was ‘n simbool van die son. Dit was op die
“ring vinger” op die linker hand omdat hulle geglo het dat daar ‘n aar was wat
van die vinger direk na die hart toe lei die bron van gevoelens.

So ‘n simbool is gegrond in heidendom, dit is
onaanvaarbaar vir die Uitverkorenes wie Babilon agter laat. In baie kulture,
mag die afwesigheid van ‘n ring  lei tot
die voorkoms dat ‘n paartjie saambly sonder die voordele van die huwelik. As ‘n
pas getroude paartjie hulle self in so ‘n situasie bevind, is ‘n eenvoudige band,
gedra deur die vrou vir ‘n paar weke totdat haar reputasie as ‘n getroude vrou
vasgestel,  is en om die voorkoms van
onheil te vermy. Wanneer dit verseker is dan kan die band eenkant gesit word
anders word dit ‘n onnodige versiering.

Elke poging moet aangewend word om sentiment en
betekenis na die spesiale geleentheid te bring. Jong meisies groei op en droom
van die dag wanneer hulle ‘n bruid van `n  liefdevolle bruidegom word wat alles in sy vermoë
doen om haar te ondersteun en te versorg, sy uitverkorene soos sy ontwikkel na
die vrou van sy drome.

Terwyl meeste jong paartjies uitsien na  hulle huweliks seremonie as die begin van  hulle getroude lewe saam, sal ouer paartjies
wat al lank getroud is besef, in oorsig, dat ware getroude lewe Ukranian wedding couplebegin in die
eerste paar dae van getroud wees. Die wittebrood is die ware begin van hulle
lewe as man en vrou. Lang, duur wittebrood is geensins nodig en geen mens moet
in skuld wees net om ‘n wittebrood te hê nie. Nietemin, elke poging moet gemaak
word, na die beste van jou vermoë, om privaat tyd saam te spandeer reg van die
begin van die huwelik.

Lewenslange gewoontes kan gevorm word gedurende die
wittebrood wat vir elkeen ‘n seëning sal wees vir die res van hulle lewe saam.
Oggend en aand “familie aanbidding” reg van die begin, om tyd eenkant te sit
vir gebed saam, om saam te kuier en na mekaar te luister, dit sal die
huweliksband sterker maak en ryke vrugte sal gepluk word in toekomende jare.

Yahuwah erken die belangrikheid om ‘n nuwe verhouding
te versterk in die begin stadium. Hy het opdrag gegee dat geen man moet gestuur
word om te gaan veg in die oorloë nie in die eerstejaar van hulle huwelik nie.
Hy moes eerder by die huis bly en sy vrou gelukkig maak. Duidelik, dit het nie
beteken dat hy lui was nie of nie wou werk nie. Die eerste jaar van die huwelik
is `n baie spesiale tyd wanneer, sê die Skrif, die twee besig is om een vlees
te word. Dit is net deur gedeelde lewenservaring dat so ‘n band gevorm word en
elke nuwe getroude paartjie moet strewe om hulle verhouding te verstrek in die
vrees van Yahuwah. 

Die huweliks verhouding was ingestel deur Yahuwah, met
die Skepper as die hoof van die huis, kan die huwelik ‘n ware seën wees. Net
soos dit albei man en vrou geneem het om die beeld van “Yah,” te openbaar so
kan die vereniging van man en vrou die openbaring bring van die wonderlike
kosbare waarheid van die Hemelse Vader. ‘n Getroude paartjie aan Yahuwah kan ‘n
skitterrende lig wees vir die sondige wêreld. `n Wonderlike invloed vir goed
kan by die voorbeeld van ‘n goddelike huwelik en ‘n God geseënde huis gesien
word.

Hemelse rykste seëning
mag rus op die wie saam hul lewe gee in diens vir die Skepper.


1 http://www.originalintent.org/edu/marriage.php,emphasis
supplied

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.