World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Paulus: Valse Profeet? Of Ware Apostel?

Rembrandt's painting of Apostle Paul
Rembrand se “Apostel Paulus” met vergunning van die Nasionale Gallery van Kunste

Yahushua het geweet dat wanneer Hy terugkeer
na die Hemel, Satan die jong Christen Ekklesia sou
wil vernietig. Deur bespotting, deur dwang, deur verraad, het Satan inderdaad
probeer om dit wat Yahushua opgebou het, te vernietig.

In die voorsiening van die noodgeval, het
Yahuwah: “Sommige gegee as apostels, ander as profete, ander as evangeliste,
ander as herder en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot
opbouing van die liggaam van . . . Yahushua. ( Sien Efesïers 4:11, 12).

Die doel van hierdie groot gawe was “totdat
ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van
. . .[Yah], tot `n volwasse man, . . . sodat ons nie meer kinders sou wees nie
wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering,
deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te
bring. (Efesiërs 4:13-14)

Een wind van leerstelling wat in sterkte
toegeneem het is die oortuiging dat Paulus `n valse apostel was, ingebring deur
die duiwel om die nuwe Christen geloof te verwoes. Paulus se waarskuwing in Handelinge
is `n verwysing na hom, as `n bedrieer en afvallige:

“Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede
wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.”(Hand 20: 29 O.V.)

Verskeie sinsnedes, af en toe `n volle teks,
uit die geskrifte van Paulus word uit verband geneem en gebruik om die bewering
te ondersteun dat hy `n valse profeet was, ingebring deur die duiwel om
verwoesting te veroorsaak in die “byeenkomste” van gelowiges.

Hierdie sinsnedes, veral uit die Eerste en
Tweede boeke van Korinthiërs geneem, beskuldig Paulus van:

  1. Windmakerigheid;
  2. Diefstal;
  3. Hoogmoed;
  4. Knoeiery;
  5. Vloekery;
  6. Deur NIE te spreek in belang van
    Yahuwah NIE;
  7. Dat hy kullery en misleiding
    gebruik;
  8. Dat hy oordele uitspreek oor
    ander;
  9. Dat hy vir Petrus, Jakobus en
    Johannes verkleineer;
  10. Met Satan raadsitting hou;
  11. `n Hoë dunk van homself handhaaf;
  12. Sy eie idees in die Skrifte ingee;
  13. `n Ander evangelie verkondig;
  14. Foutiewe huweliksberading verskaf;
  15. Getroude manne vertel om weer `n enkellopende
    lewe te leef;
  16. Behoorlike haarstyle vir mans voor
    te skryf;
  17. Oordeel uitspreek teenoor honger,
    grommende mae.

Hierdie verstrooide tekste en gedeeltelike sinsnedes word uit verband
geneem en gebruik as “bewyse” dat Paulus self een van die verskeurende wolwe was,
waarteen hy gewaarsku het. Om verse uit verband te neem moet altyd waarskuwings
vlaggies in elkeen se gedagtes laat hys.

Sulke aansprake neem nie die verband van die
omliggende verse in ag nie; hulle oorweeg nie die omgewing waarin Paulus groot
gemaak is nóg die kultuur aan wie hy geskryf het nie.

Die skryfstyl van Paulus se geskrifte is in
harmonie met die literêre styl van die eerste eeu A.D. Hy het `n
“punt-en-teen-punt” styl van redenering gebruik wat algemeen was onder die
Israelitiese geleerdes van sy tyd.

Verwerping van die geskrifte van Paulus eindig
nie tipies met die uitsluiting van sy sendbriewe uit die Bybel nie, wat 14 van
die 27 boeke tel van die Nuwe Testament. Beginselvastheid vereis dat as Paulus
`n valse apostel is wie se boeke uit die Bybel verwyder moet word, dan moet die
twee boeke geskryf deur sy medegenoot, Lukas, ook verwerp word omdat Lukas vir
Paulus sonder weerga ondersteun, as `n apostel wat be-opdrag is vir die evangelie
werk van Yahushua.

Maar dit eindig nie daar nie. As Paulus `n
bedrieër is wie se geskrifte verwerp moet word, dan moet die magtiging van die
ander apostels ook bevraagteken word, want die leidende apostels, Petrus,
Jakobus en Johannes, het Paulus se apostelskap aanvaar:

“…en toe hulle merk
die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare
geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na
die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan.” (Galasiërs 2:9)

Die Jakobus wie die “regterhand van gemeenskap”
na Paulus uitgesteek het, was nie Jakobus, die broer van Johannes nie, omdat hy
alreeds teen daardie tyd gemartel was. Hierdie Jakobus was die
hoogsgerespekteerde half-broer van Yahushua en skrywer van die Nuwe Testamentiese
boek van Jakobus.

As Paulus `n valse leermeester was, dan moet
die betroubaarheid van diegene wie die regterhand van gemeenskap aan hom gegee
het, ook bevraagteken word. Die resultaat is dat ag ander boeke van die oorblywende
11 boeke van die Nuwe Testament dan eenkant geskuif moet word. Hulle is:

  • Die Evangelie van Johannes
  • Eerste Sendbrief van Petrus
  • Tweede Sendbrief van Petrus
  • Jakobus
  • Eerste Sendbrief Johannes
  • Tweede Sendbrief van Johannes
  • Derde Sendbrief van Johannes
  • Die Openbaring

Die enigste boeke
wat oorbly in die Nuwe Testament sal dan wees Mattheüs, Markus en Judas. Selfs hulle is nie onaantasbaar nie.

Die evangelies van
Matthéüs en Markus ondersteun Petrus en Johannes as mense wie deur Yahuwah
beopdrag was. Maar as Petrus en Johannes onbetroubaar is vir aanvaarding dat
Paulus een van hulle is, dan is die oordeel van Matthéüs en Markus twyfelagtig
vir die aanvaarding van Petrus en Johannes. Die enigste boek wat oorbly in die
Nuwe Testament is die enkel-hoofstuk boek van Judas.

list of books that must be dismissed if one rejects the inspiration of Paul

Die werklike gevaar in die
verwerping van Paulus se geskrifte, is aanvanklik te vinde in die motivering wat sulke aantuigings teen hierdie mees
produktiewe skrywer van die Nuwe Testament maak.

Die hele Hebreeuse bedeling het die
verlossingsplan as `n tipe van simboliek
geopenbaar. Dit was hoekom, toe Yahushua Sy missie wou verduidelik die aand na
Sy opstanding, “En Hy het begin van Moses en al die Profete af en vir hulle
uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.”(Lukas 24: 27)

Paulus was groot gemaak en opgevoed as `n Fariseër.
Hy was `n lid van die Sanhedrin. Israelitiese tradisie vereis dat enige
voornemende lid van die Sanhedrin die Torah, die vyf boeke van Moses, heeltemal
gememoriseer het teen die ouderdom van 12.

Paulus se opvoeding as `n Fariseer het hom wel
bekend gemaak met die Wet, ook watter gedeelte die tradisies van mense was. Dit
het hom `n uiters bekwame leermeester van die evangelie gemaak, met `n
regverdige verdeling van die woord tussen Waarheid en Tradisie.

Paulus se veroordeling van die rite van
besnydenis het sommiges gelei om sy geskrifte as `n Wetsoortreder, te verwerp.
Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Paulus het die goddelike Wet
onderhou: “Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en
goed.”(Rom 7:12)

Besnydenis is een van die insettinge. Paulus
het nie geargumenteer teen besnyding as `n insetting nie. Hy het eenvoudig verduidelik dat
dit een of ander manier nie een se redding sal verdien nie.

Die hele stukrag van Paulus se bediening was geregtigheid deur geloof. Duidelike
insig dat redding deur genade alleen is, deur geloof, Paulus se geskrifte moet
in die konteks van sy stryd teen die kettery van redding deur werke verstaan
word.

Alle valse godsdienste is op een of ander wyse
op redding deur werke gebaseer. Ook die Israelitiese godsdienste het ontaard in
`n sisteem van redding deur werke onder die tradisies van die ouderlinge wie herhaaldelik
deur Yahushua tereggewys was.

Righteousness by Faith (Galatians 5:5)Joodse gelowiges, wat uit die heidendom gekom
het, was maklik terug gelok in die redding deur werke wat deur “Judaïsme” geleer
was. Die Joodsgesindes beweer om in Yahushua te glo as die Messias, maar hulle
invloed was om terug te keer na die tradisies van mense as die middel tot
redding.

Hulle verwerp redding as `n gratis geskenk,
gegee wanneer een verkies om geloof in die Redder te hê.

Paulus se wekroep tot die Joodse gelowiges
weergalm vandag in die ore van soekers na waarheid:

Want uit genade is julle gered deur die geloof, en dit nie uit
julleself nie: dit is die gawe van . . . [Yahuwah]; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2: 8,
9)

Aanneming van die tradisies van die Jode bring
nie redding nie. Die dra van tossels en hoof bedekking beveel nie een by
Yahuwah aan nie. Die gebruik van Hebreeuse woorde wat niemand verstaan nie,
maak een nie `n beter Wet-houer nie.

Redding deur werke is baie aanloklik vir die
afvallige menslike karakter. Aanneming van Joodse tradisies, kleding of woorde
kan een maklik beter laat voel as diegene wie nie dieselfde tradisies aangeneem
het nie.

Of die leef-styl keuses gevind word in Skrifte
of maar net Joodse tradisie is, die punt is dat redding deur werke mag die ego
streel maar sal nooit iemand redding bied nie.

Wet-houers sal
versigtig wees in dieët en kleding. Maar om dit te gebruik as `n maatstaf om
andere se meriete te oordeel, vernietig die wesenlikheid van die Wet wat Liefde is.

Die Fariseërs het die moets en moenies van die
Wet streng onderhou, maar het liefde, vriendelikheid, geregtigheid en genade
verwaarloos. Yahushua het aan hulle gese:

“Wee julle,
skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee

tiendes van
kruisement en anys en koljander, en die swaarste van

die wet laat julle
na: die reg en die barmhartigheid en die trou.

Hierdie dinge behoort
julle te doen sonder om die ander na te laat.” (Matthéüs 23:23)

Redding deur werke sal nooit iemand red nie.

“En dat niemand deur
die wet by [Yahuwah] geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit
die geloof lewe
.” (Galasiërs 3: 11)

Satan weet dat niemand ooit gered gaan word
deur werke nie. Hy het mense gelei om Paulus se geskrifte verkeerd te verstaan
en die duidelikste leringe in die Skrifte aangaande die lewensbelangrike
leerstelling: die geregtigheid waarop ons
hoop,
te verwerp.

Hierin lê die ware geheim agter die verwerping
van Paulus. Paulus se duidelike insig van die Wet teen Tradisie het hom gelei om
die wet te verwerp as die middel om verdienste tot redding.

Paulus het geleer dat die Wet onderhou moet
word. Hoe ookal, het hy verstaan dat dit net onderhou kan word deur geloof in
Yahuwah.

Die enigste hoop wat enige een het is om op te
hou om een se weg na die Hemel wil oop te werk. Aanvaar dat al die “werke van
die wet” wat jy al gedoen het jou nie kan red nie.

“en
al ons geregtighede soos `n besoedelde kleed.”(Jesaja 64: 6)

Geregtigheid deur geloof beteken Yahushua leef
Sy lewe in jou. Jou wil is gebring in perfekte harmonie met Hom. Dan en
alleenlik dan is die goddelike Wet volmaak onderhou.

Paulus, `n apostel, goddelik be-opdrag deur
die Hemel om die evangelie na die Heidene
te neem, het `n boodskap vir almal vandag wie gered wil wees:

Ek is met . .
.[Yahushua] gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar [Yahushua] leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van
[Yah] wat my liefgehad
het en Homself vir my oorgegee het. (Galasiërs 2: 20)

Moenie jou laat beheer deur die vele winde van
veranderinge nie. Wees gewortel en
gegrondves in die Skrifte.

Aanvaar die geregtigheid van Yahushua deur
geloof. Selfs jy kan die vreugde van redding ondervind deur geloof in die
meriete van die Heiland.

tree with roots grounded in bible

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.