Al die boodskappe
van die Bybel word pragtig opgesom in net twee verse:
“Want so lief het Yahuwah die wêreld gehad,
dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want Yahuwah het sy Seun in die
wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur
Hom gered kan word.” (Lees Johannes 3 verse 16 en 17.)
Yahuwah het ʼn
wonderlike wêreld geskape. Nadat Hy die wêreld geskape het en dit gevul het met
elke goeie ding, was die kroon van die Skepping, die maak van twee mense, en
wat na die Skepper se eie beeld geskape is.
“En
Yahuwah het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van Yahuwa het Hy hom
geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (Genesis 1 vers 27.)
Gevorm in die beeld
van die Skepper! Een met die goddelike verstand, Suiwer en volmaak in elke
besonderheid was die goddelike plan,die oorsprong van die menslike ras.
Toe word dit
vernietig. Satan, die “teenstander” van
Yah en die mens, het ons eerste ouers in versoeking gebring om die goddelike
wet te oortree. Toe hulle geluister het na die misleier en hulle verbondskap met
die Skepper verander het na die van Sy vyand, het daar ʼn tragiese verandering
plaasgevind.
Hulle gedagtes en
gevoel, wat gevorm is in die goddelike beeld, het verslawend geword tot hulle
meester, Satan.
Dit was ʼn noodgeval
van ongekende omvang. Die Skrif is duidelik:
“Elkeen
wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is
wetteloosheid.” (1 Johannes 3 vers 4.)
Die straf vir die
verbreking van Wet is, en was nog altyd, die dood.
“Want die loon van
die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua die Messias, onse
Meester.” (Romeine 6 vers 23)
Dit was om die
mensdom te red van die gevolge van sonde, dat Yahuwah en Sy Seun, Yahushua,
saamgebind is in ʼn heilige verbond om ten alle koste vir Hulself die mensdom te
red.
Die mooiheid van
die Vader se hart van liefde is, terwyl Hy die sonde haat, is Hy lief vir die
sondaar.
“Want Ek het geen
behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek Yahuwah julle Elohim . Bekeer
julle dan en lewe.” (Lees Esegiël 18 vers 32.)
Die goddelike Wet
kan nie verander. “Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en
goed.” (Romeine 7 vers 12.) Yahuwah se regverdige en heilige Wet is die
toonbeeld van Sy eie persoonlikheid. Daarom as dit verander word sou dit te
kenne gee dat Yahuwah is nie volmaak.
Dus, kan die
goddelike Wet nie verander word, al is dit om sondaars te red. Het Satan dit
geweet. Hy het daarop staat gemaak. Die dood van Adam en Eva, as straf vir
hulle sonde, sou twyfel saai in die verstand van die ongevalle engele en sou
aan Satan die geleentheid bied om die Skepper te beskuldig van hardvogtigheid
en wreedheid.
Die Vader en Seun
was voorbereid om hierdie krisis te ontmoet. Vanaf die vroegste tyd, het Hulle
ʼn oplossing gehad. Dit was ʼn geheim, wat in stilte gehou was regdeur die eeue
ingeval daar ooit ʼn nood sou opduik.
Hierdie oplossing was ʼn groot skok vir Satan.
Hy was heeltemal onvoorbereid op die goddelike antwoord wat gegee is, vir die
sataniese noodgeval.
Satan was onvoorbereid vir gee van GENADE.
Genade
is “die vrye onverdiende liefde en guns van [Yahuwah}, die oorsprong en bron
van al die voordele, wat deur die mens van Hom ontvang word…. [Dit is] die
toediening van [Yahushua] se geregtigheid aan die sondaar.” (Noah Webster,
American Dictionary of the English Language, 1828)
Die heelal het nog
nooit voorheen genade ervaar. In die volmaakte heilige milieu, was daar nooit ʼn
behoefte daaraan! Genade is die onverdiende, en onverdiende guns van Yahuwah,
wat uitgestort op skuldige sondaars.
Aan Yahuwah die
eer, “en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig
geword.” (Romeine 5 vers 20.)
So gou as wat daar
sonde was, was daar ʼn Verlosser. Die goddelike oplossing vir die krisis was dat
Yahuwah se eie Seun sou intree as die Plaasvervanger. Yahushua sou sterwe in
die plek van die mens, sodat die mens vergiffenis kan ontvang en herstel kan
word tot die goddelike guns, en die ewige lewe kan beërwe.
Yahushua die Seun
van Geregtigheid, het gekom om lig te verskaf aan die sonde benewelde verstand,
en om te openbaar die mooiheid van die goddelike persoonlikheid, wat in die Wet
van Yah geskrywe staan.
“die volk wat in duisternis sit, het ʼn groot
lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het
ʼn lig opgegaan.” (Mattheus 4 vers 16.)
Terwyl die
goddelike Wet nie verander kon word, het die oneindige Liefde voorsiening
gemaak volgens die Wet vir die redding van sondaars, sonder dat die Wet
verander word…. maar deur ʼn ontsaglike offer deur die Skepper Self.
Toe daar aan
Yahushua gevra is, het hy die Wet as volg opgesom en deur te verklaar:
“Jy
moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou
hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.” (Mattheus 22 verse 37 en 38.)
Toe het die Verlosser bygevoeg die rede hoekom
Hy gewillig was om te sterf vir die sondaars:
“En
die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Mattheus 22 verse
39 tot 40.)
Toe Yahushua
gewillig Sy lewe neergelê het vir die vrymaak van die skuldiges, het die Vader
sowel as die Seun ons lief gehad, self ons gevalle sondige toestand, was meer
as Hulle Self. Hierdie genade, is verskuil in die goddelike wet.
“maar Yahuwah bewys
sy liefde tot ons daarin dat Yahushua vir ons gesterf het toe ons nog sondaars
was.” (Romeine 5 vers 8.)
Yahushua is die plaasvervanger
in die dood sowel as in die lewe vir die mensdom. Hy het ʼn lewe gelei in
volkome gehoorsaamheid aan die goddelike Wet. Aan die einde van Sy lewe, het Hy
Sy lewe neergelê vir die sondes van die mensdom wat op Hom geplaas is.
“Hy
was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met
krankheid;…..Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van
ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring,
was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom”
“Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop;
maar Yahuwah het die ongeregtigheid van
ons almal op Hom laat neerkom.”
“….. en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige,
baie regverdig maak; en skuld dra….. en
saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en
vir die oortreders gebid het.” (Lees Jesaja 53 verse 3 tot 5 en 11 tot 12.)
Elke sonde wat
altoos deur iemand gepleeg is, of wat
immers gelewe het of sal lewe was op Yahushua geplaas. Hy het die opgehoopte
skuld van die eeue gevoel. Dit was hierdie gewaarwording van skuld, asook die
emosionele pyn van die verwydering van Sy Vader, wat so vinnig Yahushua se lewe
uit Hom geforseer het aan die kruis op Golgota.
Die wonderlikste
nuus is dat Yahushua nie in die graf gebly het nie! Alhoewel, Hy ons
plaasvervanger was vir ons sonde, was Hy sondeloos. Daarom, deur die Wet van
Yahuwah was dit Sy reg om Sy Seun op te wek tot die lewe!
“Daarom
kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot Yahuwah gaan, omdat Hy altyd leef
om vir hulle in te tree. Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig,
onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele
geword het.” (Hebreërs 7 verse 25 tot 26.)
Op
grond van die wette van oorerwing, elke seun en dogter van Adam en Eva is gedoem tot sonde en
die loon van die sonde is die dood.
Maar as gevolg van die dood van Yahushua, is aan ons almal ‘n tweede kans gegee: genadetyd om vir ons
self te kies of ons lojaal wil wees aan ons liefdevolle Skepper, of om voort te
gaan saam in rebellie met die aartsvyand, Satan.
Die doel van die algehele
plan van Verlossing bevat baie meer as die losprys vir die redding van sondaars
van die mag van Satan. Dit sluit in die HERSTEL van sondaars terug na die beeld
van Yah.
Soos een getroue gelowige so veelseggend
verklaar het:
“Redding sonder Herstel is nie Verlossing.”
Om gered te wees,
maar nog steeds ʼn slaaf te wees tot die gevalle natuur is nie ware verlossing.
Om heeltemal gered te wees moet ons herskep word tot ʼn nuwe skepsel. Dit kan
ALLEEN gedoen word deur geloof in die
Verlosser en Sy geregtigheid.
“En
julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die
sondes…..Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde
waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe
ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Yahushua….Want uit
genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is
die gawe van Yahuwah; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want
ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei
het, sodat ons daarin kan wandel.” (Lees Efesiërs 2 verse 1 tot 10)
Deur die dood van
Yahushua, het die Skepper die Herskepper geword. Dan vind daar ʼn wonderlike
verandering plaas.
Wanneer ons geheel
en al ons oorgee aan Yahushua, sal Hy sy lewe uitleef en deur ons.
“Want
die liefde van Yahushua dring ons…. en Hy het vir almal gesterwe, sodat die
wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle
gesterf het en opgewek is.”
“Daarom,
as iemand in Yahushua is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan,
kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit Yahuwah wat ons met Homself
versoen het deur Yahushua die Messias….naamlik dat Yahuwah in Yahushua die
wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en
die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.”
“Want
Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan
word geregtigheid van Yahuwah in Hom.” (Lees 2 Korinthiërs 5 verse 14 tot 19 en
vers 21.)
Ware Bybelse
Christenskap is afsonderlik van elke geloof op Aarde, omdat verlossing geskied
deur persoonlike oorgawe, en nie deur wat persoonlik bereik is.
Die berouvolle
kinders van Yah:
- Deur geloof, aanvaar ons die dood
van Yahushua vir ons onthalwe. - Deur geloof, aanvaar ons vervolgens
die geregtigheid van Yahushua om ons foute en mislukkings te bedek. - Deur geloof, word ons ʼn nuwe mens,
wat herstel word na die beeld van Yahuwah.
“want deur die wet is ek vir die wet dood om
vir God te lewe. Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar
Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof
in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” (Lees
Galasiërs 2 verse 19 en 20.)
Die goddelike wet is te heilig, en
te suiwer, vir
enige iemand om dit te bereik deur hul eie pogings.
So ‘n verandering is ‘n goddelike geskenk,
wat gegee word aan diegene wat
dit deur geloof aanvaar.
“Daar
is dan nou geen veroordeling vir die wat in Yahushua die Verlosser is nie, vir
die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die
Gees van die lewe in Yahushua die Messias het my vrygemaak van die wet van die
sonde en die dood. Want Yahuwah het wat
vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie
Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die
sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon
word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Lees Romeine 8
vers 1 tot 4.)
Yahuwah het Sy Seun vanaf die Hemel gestuur om jou te red.“omdat
ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal
voleindig tot op die dag van Yahushua die Messias.” (Fillipense 1 vers 6.)
Die tyd is kort en die genadetyd sal spoedig
sluit. Nou, terwyl die uitnodiging steeds daar is, kies vir jouself om oor te
gee aan alles van jou Verlosser. Hy sal jou ontvang as Sy seun, en Sy dogter en
jou herskape in Sy eie beeld.
“Vandag
as julle sy stem hoor, verhard julle
harte nie….”(Hebreërs 3 vers 7 tot 8.)
“Kyk,
Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,
sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.” (Openbaring 3 vers 20.)
Ons smeek jou,
geliefde, onderwerp jou in alles aan Yahushua. Gee die liefde terug wat so
vrylik uitgegiet oor jou. Wy jou toe aan Sy sorg. Daar is geen groter vreugde,
en geen groter vrede!
“En dit
is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.” (1 Johannes 2
vers 25.)
Die keuse is joune….!