World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Yahushua se Dood: Skaf dit die Wet af?

Satan word die “Vader van die leuens” genoem. Yahushua
Self het verklaar dat die duiwel:- “ was `n mensemoordenaar van die begin af,
en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie . . .
. omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan.”  (Johannes 8:44). Misleiding is van nature
swak. Dit sal nooit die mag hê wat die Waarheid besit nie. `n Leuen, wanneerwaarheid gemeng met leuensdit alleen staan sal altyd, nie by magte wees om te mislei nie. Die Satan weet
dit, daarom verdraai hy sy leuens met waarheid. Hoe nader aan die waarheid hy
sy leuen kan bring hoe misleidender sal dit wees.

Satan weet dat die wet `n transkripsie van Yahuwah se
heilige karakter is. Daarom is dit so onveranderlik soos die Wet Gewer Homself.
Satan wil hê dat mense die heilige Wet van Yahuwah moet breek. Om dit te kan
doen, moet hy hulle mislei in die veronderstelling dat Yahuwah se wet verander
of dat dit nie langer nodig is om gehou te word nie. Niemand sal so `n
vermetele leuen glo as dit nie verweef was met waarheid nie. Dus haal Satan
Skrifte aan om sy leuen te “bewys”. Vir `n feit, is dit nie eens `n volledige
sin nie. Dit is slegs twee sinsnedes was uit verband geneem en verdraai is ter
ondersteuning van Satan se leuen.

.  . 
.  . in sy vlees die vyandskap tot
niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat uit insettinge bestaan het;
sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een  nuwe mens kon skep.”  (Sien Efesiërs 2:15)

Dit is hoogs onwaarskynlik om te veronderstel dat die
Vader van die ganse, juiste en regverdige Wet Sy eie Heilige Wet sou
afskaf!  Geen menslike regering kan sonder
wette klaarkom nie. Net so die hemelse regering. Paulus sal die laaste wees wat
aaspraak sal maak dat die wet  by die
kruis “afgeskaf was”, want hy self het verklaar:

hamer en skubbe“Dus is die wet heilig, en
die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7:12)

Yahuwah het nie gekom om die wet af te skaf nie! Hy
het gesê:

“MOENIE dink dat Ek gekom
het om die wet en die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind
nie maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle , voordat die hemel en die
aarde verbygaan, sal nie een jota of titteljie van die wet verbygaan totdat
alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie
breek en die mense só leer sal die minste genoem word in die konnkryk van die hemele;
maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van
die hemele.”  (Mattheus 5: 17-19)

Yahushua het die hemelse Wet perfek onderhou. Deur die
hemelse wet noukerig te hou, het Yahushua `n voorbeeld gestel wat almal moet
volg.

“Omdat Christus ook vir
julle gelei het en julle `n voorbeeld na gelaat het, sodat julle in Sy
voetstappe kan volg ; Hy wat geen sonde gedoen het nie .  .  .  .”  (1
Petrus 2:21-22)

Skrifte leer altyd dat die hemelse wet ewigdurend is.
Dat dit altyd onderhou moet word, beide in die hemel en op aarde, regdeur die
eindelose siklusse van die ewigheid. Enige Bybelvers wat gebruik word as
“bewys”dat die wet aan die “kruis vasgenael” was,
verdraai die Skrifte om Satan se leuen te bevestig dat die hemelse Wet nie meer
nodig is om te onderhou nie. Die korrekte insig van Efesiërs 2:15 word duidelik
wanneer die ganse gedeelte in konteks gelees word.

Waarin julle tevore
gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerstes van die
mag van hierdie lug, van die gees wat nou in die kinders van die
ongehoorsaamheid werk . . .

Maar Yahuwah, wat ryk is in
barmhartigheid, het ons deur Sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook
toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saammet Yahushua, – uit genade
is julle gered – en saam opgewek en saam
laat sit in die hemele in Yahushua. 
.  .  .

Daarom, onthou dat julle wat
Heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde Besnydenis
wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in die tyd sonder Yahushua
was , vreemdelinge van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien
van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder Yahuwah in die wêreld.
Maar nou in Yahushua het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed
van Yahushua .  .  .  .

Want Hy is ons vrede, Hy wat
almal een gemaak het en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in
Sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik
die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak,
die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep. En albei in een liggaam met
Yahuwah kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak
het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en
aan die wat naby was.  (Efesiërs 2:2,
4-6, 11-17)

Paulus skryf aan die
Heidene, om hulle te herinner, dat voor hulle Gelowiges geword het, “julle
tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld” (vers 2) Die beloop
van hierdie wêreld is een van mens-gemaakte tradisies wat lei tot die
vooroordeel en uitsluitendheid. Die Israeliete was een van die mees eksklusiewe
mense op die planeet. Yahuwah se plan vir Israel was om die “lig van die wêreld”
te wees. (Mattheus 5:14). Instede hiervan het die Israeliete `n baie geslote gemeenskap
geword, oortuig van hul eie meerderwaardigheid, wie buitestaanders verwerp het.
Paulus verwys na die bevooroordeelde afskeidings tussen die verskillende volke
wanneer hy sê: “Waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie
wêreld, volgens die owerstes van die mag van die lug.”  (Efesiërs 2:2) Satan se gewoonte was altyd om
haat, suspisie, vooroordeel, en verdeeldheid tussen mense te bring. Dit is die
“loop van die wêreld” Yahushua het gekom om eenheid te bring deur hemelse
Liefde. Hy was net so tuis en aanvaarbaar in die huise van die armstes, soos Hy
was in die paleise  van die welgesteldes.
 Dat Yahuwah “geen aannemer van die
persoon is nie, maar in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen,
hom welgevallig is.”  (Handelinge 10:34,
35) Dit was `n konsep wat selfs aan die Apostels moeilik was om te begryp. Dit
het `n hemels-gestuurde droom gekos voordat Petrus sy voet oor die drumpel van
`n Heidense huis gesit het, selfs later het hy geswig onder druk van ander
Israeliete wat bevooroordeeld was.

“Want voordat sommige van
Jakobus afgekom het, was hy gewoond om saammet die Heidene te eet; maar na
hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat
uit die besnydenis is.” (Galasiërs 2:12)  

muur van skeiding vernietig deur YahushuaToe Paulus sien wat besig is
om te gebeur het hy gou `n stop gesit voor hierdie afsonderings gedrag. Die
woord “insettinge” waarna Paulus verwys het toe hy praat van die “wet van
gebooie wat uit insettinge bestaan” 
(Efesiërs 2:15) kom van die woord “dogma” (#1378) Dit is dieselfde “oorleweringe
van ou mense” waarvan Yahushua verwys met die uitdruklike vraag, “waarom
oortree julle ook die gebod van Yahuwah terwille van julle oorleweringe.”  (Johannes 15:2) Die “wet” en die “gebooie” waarna
Paulus verwys het in Efesiërs 2:15 was niedie hemelse Wet waarvan Paulus erken dat dit heilig, regverdig, en goed was
nie. Paulus het verwys na mens-gemaakte tradisies, die lastige beperkinge wat
deur die godsdienstige leiers ingestel is wie die mense geleer het om hul weg
na die hemel oop te werk deur hierdie opgemaakte reëls te gehoorsaam. Hierdie
menslik-ingestelde reëls en beperkinge was grotendeels verantwoordelik vir die
gevoelens van vooroordeel, suspisie, haat, en verdeling tussen die Israeliete
en die Heidene.  Sulke mens-gemaakte
reëls was verantwoordelik vir die hoë “middel muur van skeiding” tussen die
Israeliete en die Heidene. Paulus se punt in 
Efesiërs 2 is dat Yahushua gekom het om die volke oraloor te verlos.
Yahushua het nie net die mens met Yahuwah versoen nie, maar ook die mens met sy
medemens. Daar moes nie meer `n skeidsmuur wees tussen Israeliet en Heiden, man
en vrou, verloste of verlorene nie.

Maar nou in Yahushua het
julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van die Gesalfde. Want Hy
is ons vrede, Hy wat almal een gemaak het en die middelmuur van skeiding
afgebreek het deurdat Hy in Sy vlees die 
vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy , deur vrede te
maak , die twee in Homself tot een nuwe mens kan skep.” (Efesiërs 2:13-15)

Yahushua was die volmaakte
verpersoonliking van die hemelse Wet. Sodoende het Hy die wette van menslike
oorleweringe en vooroordeel afgebreek wat ingestel is deur klein-geestige mense. Liefde is die hoogste vervulling van
die Wet.

“Want die hele wet word
vervul in een woord, naamlik; Jy moet jou naaste liefhet soos jouself.”
(Galasiërs 5:14)

“Die liefde doen die naaste
geen kwaad nie ;  daarom is die liefde
die vervulling van die wet.”  (Romeine
13:10)

Almal is verenig in die
Liefde in Yahushua. Efesiërs 2 jubel in die nuut-gevonde broederlike liefde wat
deur Yahushua en Sy onderhouding van die nimmer-eindigende, heilige,
regverdige, en goeie hemelse Wet.

In Yah is daar nie Oos of
Wes
In Hom nie Suid of Noord;
Maar een groot liefdes
samesyn
Regdeur die wye wêreld heen.

In Hom sal opregte harte
oraloor
Hul hoogste gemeenskap vind;
Sy diens is die goue koord,
Digbindend menslikheid.

Bind hande saam, dan , lede
van geloof,
Wat ook jou ras mag wees!
Wie my Vader dien as Sy kind
Is verseker verwant aan my.

In Yah ontmoet beide Oos en
Wes,
In Hom ontmoet Noord en Suid;
Alle Christ’lik siele is een
in Hom
Regoor die aarde wyd en
heel.


Die Tien Gebooie = `n Afskrif van Yahuwah se Onveranderlike Karakter:

  • REGVERDIG :  Yahuwah- Romeine 3:26; Sy Wet – Romeine 7:12.
  • BETROUBAAR: Yahuwah – Johannes
    3:33; Sy Wet- Nehemia  9:13.
  • REIN :  Yahuwah- 1 Johannes 3:3; Sy Wet – Psalm
    19:7,8.
  • LIG : Yahuwah- 1 Johannes 1:5;
    Sy Wet – Spreuke 6:23.
  • GETROU : Yahuwah – 1 Korinthiërs
    1:9; Sy wet – Psalm 119:86.
  • GOED : Yahuwah – Nahum 1:7; Sy
    wet – Romeine 7:12, 16.
  • GEESTELIK : Yahuwah – Johannes
    4:24;  Sy wet – Romeine 7:14.
  • HEILIG : Yahuwah-Jesaja 6:3, 1 Petrus
    1:15; Sy wet – Eksodus 20:8, Rom. 7:12
  • WAARHEID : Yahuwah – Johannes 14:6;
    Sy wet- Psalm 119:142,151.
  • LEWE: Yahuwah – Johannes 14:6 ;
    Sy wet- Mattheus 19:17.
  • GEREGTIGHEID : Yahuwah-Jeremia
    23:6; Sy wet – Psalm 119:172.
  • VOLMAAK : Yahuwah- Mattheus
    5:48; Sy wet-Jakobus 1:25.
  • VIR EWIG : Yahuwah-Johannes
    8:35; Sy wet – Psalm 111:7,8.
  • VREDE : Yahuwah- Jesaja 9:6 ;
    Sy wet- Psalm 119:165.
  • DIE WEG: Yahushua – 1 Johannes
    14:6 ; Sy wet – Psalm 119:30-32.
  • GEWIS : Yahuwah- 2 Timotheüs
    2:19; Sy wet –Psalm 19:7, 111:7,8.
  • ONVERANDEREND : Yahuwah-Maléagi
    3:6;  Sy wet –Psalm 111:7,8.
  • SOET : Yahuwah-Psalm 34:9 ; Sy
    wet-Psalm 19:11, 119:103.
  • WYS : Yahuwah-Psalm 111:10; Sy
    wet-Psalm 19:8
  • ONS OORPEINSING : Yahuwah-Psalm
    63:7; Sy wet-Psalm 1:2.
  • Geregtigheid : Yahuwah-Psalm
    50:6; Sy wet-Jakobus2:12.
  • VERLIG : Yahuwah-Psalm 18:29;
    Sy wet-Psalm 19:9.
  •  LIEFDE: Yahuwah-1 Johannes 4:7,8 ; Sy wet-
    Romeine 13:8-10.
  • SUIWER : Yahuwah- Psalm 19:9;
    Sy wet-Esegiël 22:26.
  • GESEËND : Yahuwah-Psalm 28:6;
    Sy wet-Eksodus 20:11.
  • VERLUSTIGING : Yahuwah-Psalm
    37:4; Sy wet-Psalm 1:2.
  • WONDERBAAR:  Yahuwah-Jesaja 9:6;  Sy wet-Psalm 119:18.
  • VRYLATING:  Yahuwah-Jesaja 61:1; Sy wet-Jakobus 1: 25,
    Psalm 119:45.
  • VERTROOSTING: Yahuwah-Psalm
    23:4; Sy wet-Psalm 119:50.
  • ONS LIED: Yahuwah-Openbaring
    15:3; Sy wet-Psalm 119:54.
  • GENADIG: Yahuwah-Genesis 34:6;  Sy wet-Psalm 119:58.
  • KENNIS: Yahuwah-Jesaja 11:2;  Sy wet-Psalm 119:66.
  • HOOP: Yahuwah-Psalm 130:7; Sy
    wet-Psalm 119:74.
  • LEWE: Yahuwah-Psalm 36:10; Sy
    wet-Spreuke 3:1, 2.
  • OPREG: Yahuwah-Spreuke 8:13,
    14; Sy wet-Psalm 119:80.
  • VERSTANDIGER: Yahuwah-Psalm
    147:5; Sy wet-Psalm119:99.
  • GELUKKIG: Yahuwah-Psalm 146:5;
    Sy wet-Spreuke 29:18.
  • VROLIK: Yahuwah-Psalm 16:11; Sy
    wet-Psalm 119:162.

“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of
die profete te ontbind nie.
Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te
vervul.” 
( Mattheus 5:17)

“Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle
reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad [Nuwe Jerusalem].” 
(Openbaring 22:14)

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.