Die oneidige wysheid en onbeperkte liefde van Yahuwah het `n plan
ontwerp waardeur die sondige, afvallige mens weer tot die goddelike guns
herstel kan word. Hierdie plan omsluit ver meer as die wettiese verlossing van
die mensdom uit die beheer van Satan. Dit doen ook `n beroep vir die herstel
van die goddelike karakter binne-in die menslike siel. Dit is hierdie hoop,
algehele herstel terug na die goddelike beeltenis, waarna Paulus verwys het. En
dis hierdie werk waarmee Yahushua tans besig is.
Om die intriges van die verlossingsplan, te leer,
het Yahuwah Moses bevel om `n tabernakel te bou waarvan die dienste en einste
oprigting die mens in die waarhede van verlossing onderrig het. “Hulle moet vir
My `n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon.” (Eksodus 25:8, NV) Die
hoogtepunt van hierdie heilige dienste was die jaarlikse seremonie op die
Versoendag gevier.
Dit was die plegtigste dag van die ganse jaar. Dit was `n dag van vrees
en bewing . . . sowel as uitnemende geestelike seëninge. Dit was voorafgegaan
deur `n diepsinnige en hartlike siels-ondersoek en gebedvolle bekering van
sonde. Dit was op die Versoendag dat daardie sondes waarvan bekeer is, uitgewis
was – beide uit die verslagboeke in die Hemel sowel as die karakter van die
indiwidu.
Hierdie uitnemende geskenk, in geloof aanvaar, het die mense toegelaat
om elke jaar met `n nuwe blaadjie te begin. Diegene wie hulle sondes voor die
tyd, deur belydenis en bekering na die heiligdom gebring het, kon deur geloof
op `n nuwe hart aanspraak maak. Dit is die werk, die spesiale werk van reiniging,
op die Versoendag gedoen en is steeds vandag beskikbaar aan almal wie, nes
Israel van ouds, wil deelneem aan die werk van siels-ondersoek en bekering.
Tydens die daaglikse tabernakel dienste, was die sondes van die
bekeerdes wettiglik oorgedra na die heiligdom deur die bloed van diere:
lammetjies, bokke en verskalwers. Bloed was binne-in die Heiligdom gedra en die
sondaar was as vergewe beskou, alhoewel die verslag van sy sonde gebly het. Op
die Versoendag, het die Hoë Priester binne-in die Allerheiligste van die
tabernakel inbeweeg. Net een maal per jaar het hy ingegaan maar dit was hierdie
diens wat die uitwissing van sondes, beskikbaar, aandui.
Só . . . het die priesters gereeld die voorste gedeelte van die
verbondstent [die Heilige] binnegegaan om die dienste te verrig.
Maar in die agterste gedeelte [die Allerheiligste] het alleen die
hoëpriester ingegaan, en dit net eenkeer in die jaar, en dan nie sonder bloed
nie, om vir hom self te offer en die sondes wat die volk onwetend gedoen het.
Hiermee maak die Heilige Gees bekend dat die pad na die Allerheiligste toe nie
oop is solank die voorste gedeelte van die verbondstent bestaan nie. (Hebreërs
9:6-8, NV)
Die aardse tabernakel was gegee om van die wettige transaksies te leer, gedoen
in die Hemelse heiligdom om sondaars te red. Die dienste van die aardse
tabernakel was deur die bloed van lammers gedoen. Die dienste van die Hemelse
is met die bloed van Yahushua Self gedoen, die Lam van Yah wat die sondes van
die wêreld wegneem.” (Sien Johannes 1:29.) Die aardse heiligdom was simbolies
van wat gedoen sou word in die Hemelse na die dood van Yahushua.
Dit [die aardse heiligdom] alles wys vooruit na die huidige tyd waarin
offergawes en diereoffers gebring word wat nie vir die een wat dit bring, `n
volkome skoon gewete kan gee nie. Dit het net betrekking op voedsel, drank en
`n verskeidenheid reinigingsgebruike. Dit is voorskrifte wat slegs die uiterlike
raak en wat opgelê is tot die tyd dat Yahuwah `n beter orde sou instel.
(Hebreërs 9:9, 10, NV)
In werklikheid kon die bloed van diere, geeneen van sonde reinig nie.
Dit het nie daardie mag gehad nie. Hulle was maar net simbole wat vooruit gewys
het na die eintlike slagoffer vir sonde: Yahushua.
Want die wet, wat `n skaduwee van die toekomstige weldade, nie die beeld
self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar
gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Anders sou
hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat
hulle eenmaal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.
Maar in dié offers is daar jaar na jaar `n herinnering van die sondes; want die
bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. (Hebreërs 10:1-4,
OV)
Net die bloed van Yahushua kan van sonde reinig. Diegene wie na die
aardse heiligdom gekom het, het geloof beoefen vir wanneer die Heiland sou kom,
sal die finale vergifnis, reiniging en herstel kan plaas vind.
Maar [Yahushua], wat opgetree het as Hoë Priester van die toekomstige
weldade, wat deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak
is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die
bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die
heiligdom en `n ewige verlossing teweeggebring het.
Want as die bloed van stiere en bokke en die as van `n vers wat
verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te
meer sal die bloed van [Yahushua], wat Homself deur die ewige Gees aan Yahuwah
sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende
[El] te dien?
En daarom is Hy Middelaar van `n nuwe testament, sodat, terwyl daar `n
dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste
testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
(Hebreërs 9:11-15, OV)
As die diere aanvaar was om mense van hulle sondes te reinig, hoeveel te
meer is die bloed van die Seun van Yah aanvaarbaarder om vergifnis en reiniging
van die mens?
“Volgens die wet is alle dinge gereinig deur bloed, en sonder storting
van bloed is daar geen reiniging” van sonde nie. (Hebreërs 9:22) Omdat die
bloed van Yahushua gestort is, is daar geen veroordeling vir hulle, wie deur
geloof in Hom, van hulle sondes bekeer het en Sy vergifnis en reiniging aanvaar
het nie.
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Yahushua die Gesalfde
is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Sien
Romeine 8:1)
Nadat Yahushua, die Lam van Yah, vir die sondes van die wêreld gesterf
het, het Hy na die Hemelse Heiligdom teruggekeer. Daar het Hy die Hemelse
Heiligdom binnegegaan om vir jou en my versoening te doen vir almal wie na Hom
soek. Wat gedoen kon word aan die gelowiges deur geloof in die beloofde Heiland,
kon nou in realiteit gedoen word.
Die aardse afbeeldings van die hemelse dinge moes dus noodwendig deur
hierdie middele gereinig word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as
hierdie. [Yahushua] het nie ingegaan in `n heiligdom wat deur mense gemaak is
en `n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel ingegaan om nou terwille
van ons voor [El] te verskyn. Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te
offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met die
bloed wat nie sy eie is nie. Dan sou Hy immers herhaaldelik moes gely het,
reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net eenkeer in die
voleinding van die tye verskyn om deur Sy offer die sonde weg te neem.
(Hebreërs 9:23-26, NV)
Yahushua se dood aan die kruis was `n eenmalige dood. Hy hoef nooit weer
te sterf nie. Hy, die volmaakte Lam, was eenmaal geoffer vir die oortredinge
van vele. Vergifnis, volmaak en vry, is nou aan almal gegee wie na Hom kom en,
deur geloof, die gawe aanvaar, met so `n hoë koste betaal, nogtans so vryelik
en goedgunstiglik geskenk. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig
om ons ons sondes te vergewe, en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (1
Johannes 1:9, OV)
`n Mens is bestem om net eenmaal te sterf, en daarna kom die oordeel. So
is [Yahushua] ook net eenmaal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy
die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om
verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. (Hebreërs 9:27-28, NV)
Skrifte stel Yahushua voor waar Hy in die teenwoordigheid van Yahuwah
staan, en nou selfs Sy bloed vir die versoening van ons sondes offer. Hy wag,
met verlangende hart, om amal wie deur geloof na Hom kom, te reinig en te
genees. Die aardse heiligdom het vooruitgewys na wat NOU beskikbaar is en net
wag vir jou aanvaarding daarvan deur geloof.
“Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring
elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sonde kan wegneem nie. Maar
[Yahushua die Gesalfde] het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan
die regterhand van [El] gaan sit. Nou wag Hy daar totdat Sy vyande aan Hom
onderwerp is. Deur die één offer [Sy dood] het Hy die wat vir [Yahuwah]
afgesonder word, vir altyd van sonde vry gemaak.
Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons, Eers sê Hy: “Dit is die verbond
wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê [Yahuwah]: Ek sal hulle die wet
in die hart gee, in die verstand sal Ek dit skrywe,” Dan sê Hy verder: “Aan
hulle oortredinge sal Ek nooit meer dink nie.”Waar die sondes vergewe is, is
geen offer daarvoor meer nodig nie.” (Hebreërs 10: 11-18, NV)
Wanneer Yahushua in die wolke van die Hemel kom, sal die oordeel verby
wees. Dit sal alreeds besluit wees wie as vergewe beskou is, en wie skuldig sal
bly. Een van die laaste stellings van Yahushua in die Skrifte opgeneem stel dit
duidelik: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saammet My om elkeen te beloon
vir wat hy gedoen het.” (Openbaring 22:12, NV)
Vir die Heiland om die loon met Hom saam te bring, volg dit daarop dat
dit alreeds vas gestel is wie watter loon ontvang: aan wie die ewige lewe
geskenk word, en wie in die poel van vuur, saam met die duiwel en sy engele
gewerp sal word.
Terwyl genadetyd steeds talm, is dit tyd om jou roeping en verkiesing
seker te maak. Deursoek jou hart, bely jou foute en bekeer jou. Pleit met
Yahuwah in gebed: “Deurgrond my, O [El], en ken my hart; toets my en ken my
gedagtes; en kyk of daar by my `n weg is van smart, en lei my op die ewige
weg!
Die finale generasie bestaan uit diegene wie uit Babilon geroep is.
Hulle is uit die gevalle kerke geroep; hulle is uit tradisie, dwaalleer, sonde
en afvalligheid geroep. En, namate hulle gehoor gee aan die oproep om Babilon
te verlaat en terug te keer na hulle Skepper, word `n wonderlike verandering
teweeggebring; reiniging word aan hulle geskenk, volmaak en geheel. Aan hulle
word `n nuwe hart en nuwe gees geskenk. Die weerkaatsing van die goddelike
beeld skyn uit hulle.
“Ek sal julle tussen die nasies uit wegvat, julle uit al die lande
bymekaarmaak en julle na julle land toe bring.
“Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek
sal julle reinig van al julle onreinheid en van julle afgodery.
“Ek sal julle `n nuwe hart en `n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit
julle liggaam uithaal en julle `n hart van vleis gee.
“Ek sal My Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens My
voorskrifte leef en My bepalings gehoorsaam en nakom . . . julle sal My volk
wees en Ek sal julle [El] wees. Ek sal julle bevry van alles waarmee julle
julle verontreinig het.” (Esegiël 36:24-29, OV)
Dit is waarop jou Heiland wag om vir jou te doen. Hy wil `n rein hart,
en `n opregte gees aan jou gee. Hy wil die goddelike beeld van Yahuwah in jou
herstel.
Aanvaar die lieflike
uitnodiging vandag nog. Bekeer. Wees gereinig. En jy sal in die Geliefde aanvaar
word.