World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Ledige Uurtjies & Die Gawe van Tyd

Yahuwah is die vrygewigste Vader. Die
meeste van Sy geskenke is ongemerk en word nie deur Sy aardse kinders herken
nie, wie dit as vanselfsprekend aanvaar.
Maar almal moet onthou dat “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk is
van Bo, Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie
soos hulle verander of verduister nie.” (Jakobus
1: 17, NV)

woman sitting at a messy desk, holding a paper airplane (wasting time)Een gawe wat dalk meer as enige ander oorgesien
word, is die gawe van tyd. Sonder
Yahushua se offergawe, sal daar geen tyd vir – enigeen wees nie. Almal sal
skuldig beskou word vir die oortreding van die goddelike wet, waarvan die loon
die ewige dood is. Omdat tyd self `n gawe is, sal Yahuwah se volk die
verantwoordelik besef om dit goed te gebruik en op `n manier wat Hom verheerlik.

As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van [Eloah] moet
elkeen, namate hy `n genadegawe ontvang het, die ander dien. (1 Petrus 4:10, NV)

In wese is tyd `n illusie. Dit is natuurlik
om te dink dat jy al die tyd in die wêreld het om te bereik wat jy in die lewe
wil hê. Die finaliteit van die dood, die onverwagte ongeluk of die lang
talmende siekte, is iets wat met ander
gebeur, nie met myself nie. As gevolg van hierdie illusie gaan baie mense deur
die lewe sonder om die goeie te bereik wat hulle aan ander kon doen, of dat dit
hul voorreg kan wees om in samewerking met die Hemel te wees.

Die Skrifte vermaan: “En wat julle ook al doen in woord en daad, doen alles in die naam van die Heer
Yahushua, en dank die Vader Yahuwah deur Hom.” (Sien Kolossense 3:17.)

Om iets te doen in die Naam van Yahuwah
beteken om dit te doen as Sy verteenwoordiger. As `n Christen, is jy Yahuwah se
verteenwoordiger, Sy ambassadeur in `n wêreld deur sonde bederf. Wat jy doen en
nie doen nie is `n weerspieëling op Hom. Deur die naam “Christen,” aan te neem,
beskou jy jouself as deel van die Hemelse familie.

Weerkaats
jou optrede en jou woorde jou hoë roeping?

Satan is altyd daarop uit om Yahuwah se
geskenk te bederf en ontspoor Hemels bedoelde seëninge. Hy het onnoembare
maniere uitgedink om die aandag te trek en om die verbeelding te boei. In
hierdie afleidings, sal baie Christene wie nie sal dink om hul Skepper te
onteer in meer opvallende wyses nie, mislei word in die vermorsing van die
kosbare talent aan hulle uitgedeel: hulle tyd.

clock in a waste basketSatan het pret ontwerp vir elke tipe
persoonlikheid en vir elke indiwiduele smaak. Hierdie gemaksugtige aktiwiteite
ontspoor die aandag en neig om die verstand te benewel. Die gevolg is dat Bybel studie en aktiwiteite
wat ewige waarde het as moeilik en veeleisend, vervelig en oninteressant beskou word. Dit is een van Satan se mees
subtiele misleidings.

Baie wie nie sou droom om te dobbel nie,
sal van tyd tot tyd, deelneem aan kaartspeletjies met vriende – net vir
ontspanning. Maar, die kennis in kaarte lei snel na die verlange om die
bekwaamheid vir persoonlike gewin te gebruik. `n Klein bedrag geld, miskien `n
paar pennies, is op die spel, dan meer, in altyd vermeerderende bedrae totdat
die verslawing van dobbelary en haar opgewondenheid oorweldigend raak.

Ander vermaaklikhede mag nie voorkom om `n
noue verbintenis met ondeug en sondige toegewings te make te hê nie, maar die
verstand wat deur hierdie aktiwiteite afgelei word is net so `n slaaf van Satan
en vind die najaging van heiligheid as vervelig en smaakloos nes die een wie
met opsigteliker sondes verbind is. Dit word dalk nêrens so duidelik gesien as
in die geval van komper speletjies nie.

Onder
die vermoming van “speletjies,” het menigtes die bekwaamheid van krimineles
aangeleer en deelgeneem in bloedbaddens – alles wettig omdat dit maar net `n
komper speletjie is. Maar, die effek op die onderbewuste en die karakter self
kan nie misgekyk word nie. Een algemeen-gepubliseerde geval het plaasgevind toe
Paxton Galvanek gesien het hoe `n SUV omslaan en van die hoofweg afrol.
Galvanek het gesê deur die videospeletjie, genaamd “American Soldier” te speel,
het hy die bekwaamheid aangeleer hoe om die mediese bekwaamheid te gebruik om
bloed van die passasiers te stol wie se vingers in die ongeluk vergruis is.

Galvanek het geen
formele mediese opleiding gehad nie; maar, het staat gemaak op lesse wat hy
geleer het deur America`s Army te speel ,
`n video speletjie deur die VSA
Weermag in 2002 ontwikkel as PR
en werwingsmiddel. Spelers ontvang werklike opleiding in hul vordering deur die
speletjie en voer sendings as `n Amerikaanse soldaat uit. Die speletjie se
populêrste kenmerk is die aanlyn multi-spelers modem, waar elke span hulle self
as die Amerikaanse soldate of hulle geallieerdes sien, terwyl die ander span as
die vyand voorkom. Die interaksie is bekend vir sy realistiese voorstelling van
wapens en tweegevegte. . . .Dit is een van vele oorlogsspeletjies tans
beskikbaar, insluitende Full Spectrum
Warrior,
nog `n spel wat deur die Weermag befonds word. In somtotaal het
die Amerikaanse militêre mag 23 verskillende video speletjies vir verskeie
doelwitte aanvaar. (Sien Public Broadcasting Service, http://www.pbs.org/wgbh/pages/frontline/digitalnation/waging/war/a-new-generation/playing-americas-army.html)

Hans Jᴓrgen Olsen, `n 12 jarige Noorweegse
seun, het sy suster op `n soortgelyke wyse van `n Amerikaanse eland aanval
gered met die bekwaamhede wat hy geleer het deur World of Warcraft te speel. Terwyl die red van `n lewe
onweerlegbaar iets goeds is, hoeveel meer
mense word geleer om dood te maak deur hierdie selfde speletjies te speel? Inderwaarheid
word soldate selfs opgelei deur baie soortgelyke nabootsings.

young boy playing video gamesVolgens die Public Broadcasting Service
webwerf:

  • Het die video speletjie American Soldier 9.7 miljoen geregistreerde intekenare — `n
    getal 15 keer meer as die gemiddelde algemene Amerikaanse Weermag.
  • Dit was vir meer as 42.6
    miljoen keer afgelaai, meer as enige ander oorlogs speletjie.
  • Soos vir Augustus 2008, het
    geregistreerde intekenare uit meer as 60 lande 230 miljoen ure spandeer in die
    speel van America`s Army.

Maar tog, is die “speletjie” so realisties dat selfs soldate protes
aangeteken het teen die effek wat dit het op diegene wie dit speel: America`s Army het protes van sommige
groepe getrek, insluitende Irakese Oorlogs Veterane, wie sê dat dit oorlog
aantreklik maak met die doelwit om kinders so jonk as 13 as rekrute te werf.”
(PBS.org)

Hedendaagse “opgevoede” mense staan verskrik teenoor die brutaliteit
waarna die Romeine in hul sportarenas gekyk het, waar die gladiators, kriminele
en Christene te same hul bloed gestort het vir die genot van hul toeskouers.
Moderne speletjies neem dit net `n stappie verder, wie toelaat dat elkeen wie
so wil doen, deelneem in die moord onder mekaar. Sulke bekwaamhede berei mens
nie vir die Hemel voor nie. Die
verstande van diegene wie dit speel is verhard tot brutaliteit en uiterste
geweld onder die dekmantel van “vermaaklikheid.”

Hulle wie vir ewig sal lewe het nie nodig om te weet hoe om dood te
maak nie of selfs die geskenk van tyd te verkwis in die aktiwiteite wat nie net
niks doen om andere te help of om hulle nader na Yahuwah te bring nie maar wat
eintlik die smaak benewel en die siel verhard teen heilige onderwerpe. Diegene
wie hul vrye tyd verwyl met speletjies of met ander ligsinnige vermaaklikhede,
verloor vinnig alle liefde vir realiteit, of selfs vir bruikbare en verheffende
belange.

Eenvoudige bordspeletjies soos checkers, skaak, en Monopolie lyk
onskuldig genoeg, maar kan sekerlik lei tot `n honger vir vermaaklikheid en
mededinging. Eerder as om oor die algemeen enige spesifieke aktiwiteit te
verdoem, laat elkeen met gebed hul eie lewenswyse ondersoek en, onder die
leiding van die Heilige Gees, die beginsel om hul tyd wys te gebruik toepas, en
vir hul eie omhalwe vermaaklikheid vermy.

Die einste woord “vermaak” verklik die sataniese oorspronge van die
vermaaklikhede waarmee hy die denke betower. Die woord kom van:

Laat 15 circa, “om die aandag af te trek, te betower,” afgelei van M. Fr. Amuser “te ontspoor, om te
betower” . . [Die] doel om af te lei van
ernstige sake, wat hom so amuseer
word uit die 1630`s aangeteken, maar deur
die [18de eeu] was die primêre betekenis
[om te] “mislei, te bedrieg” deur eerstens die aandag in beslag te neem.
(Etymology Dictionary, http://www.etymonline.com, klem verskaf.)

Sedert Lucifer se eerste
betowering van Eva met sy leuens in Eden, was dit Satan se beplande doelwit om
die verstande van die gewigtiger sake van verlossing af te trek na dit wat
enige liefde of belangstelling in heiligheid vernietig. Christene het `n plig
om hul tyd wys en voordelig te gebruik. Timothéüs was deur Paulus van die
volgende raad bedien:

“Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy
wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan Yahuwah te lewe. Dit het wel `n
bietjie waarhede om jou liggaam sekere dinge te ontsê, maar om in toewyding aan
Yahuwah te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit hou belofte in vir
die teenwoordige en toekomstige lewe. Dit is `n betroubare woord en kan sonder
voorbehoud aanvaar word.” (1 Timótheüs 4: 7-9, NV)

Sommige sal aanvoer dat
kaartspel, komper speletjies, ens, maar net maniere is om te ontspan, om die
gees te verfris sodat `n persoon na sy werk kan terugkeer om stres en druk te kan hanteer. Die meeste mense glo dat daar
niks mee verkeerd is met die tydsbesteding op sulke aktiwiteite nie. Maar,

“Daar is niks in sulke betoweringe ter voordeel vir
liggaam en siel nie. Daar is niks wat die intellek kan versterk nie, niks wat
dit met kosbare idees kan vul vir toekomstige gebruik nie. Die gesprek gaan oor
niksbeduidende en vernederende onderwerpe. Daar word die onbetaamlike grap
vertel, die lae, vuil taal gespreek, wat die egte edellikheid van die mensdom
verlaag en vernietig. Hierdie speletjies is die sinnelooste, nuttelooste,
onwelvoeglikste, en gevaarlikste dinge wat die jeug kan hê.” (E. G. White, Councils on Health, bl. 172.)

social media icons

Baie Christene wie nie sou droom om hul Maker in opvallender maniere te onteer nie, word mislei deur hul kosbare gawe van tyd in subtieler wyses te verkwis.

“Luister na raad aanvaar wat jou geleer word, sodat jy
uiteindelik wysheid kan hê. Al maak mense hoeveel planne, wat [Yahuwah] besluit
staan vas.” (Spreuke 12: 20-21, NV)

Daar is nie `n einde aan die dwase tyd –verkwistende
betoweringe nie. Elke stap wat daarin geneem word is `n tree op die weg wat nie
deur Yahushua bewandel is nie. “Gehoorsaamheid aan Yahuwah lei tot die lewe,
dit is `n pad wat nie na die dood lei nie.” (Spreuke 12: 28, NV)

Tyd self is `n geskenk van
die Skepper. Dit moet altyd met wysheid gebruik word omdat elke persoon slegs
een lewenstyd, een genade tyd het. Dit beteken definitief nie dat mense altyd
hard besig moet wees met werk nie, met geen tyd vir rus nie. `n Wyse gebruik
van Hemelse seëninge voorsien tyd vir beide werk en ontspanning. Werk sal meer
produktief wees, indien genoegsame tyd afgestaan word vir beide verlustiging en
ontspanning.

Prediker 7:25 verwys na
dwaasheid en onverstandige optrede as goddeloosheid. Almal wie hulle self
voorberei vir die Hemel sal maniere van ontspanning soek wat Yahuwah se seën
wegdra. Deur tyd in die natuur te spandeer, die Skrifte te ondersoek, alleen en
met andere, deur na maniere te soek om `n seën te wees en bure te help wat op
ons pad gebring word is alles maniere wat `n Christen mag gebruik om met `n
geruste hart te kan ontspan sonder om op betowerende grond te wees.

Toe die Heiland op aarde
was, het Hy dikwels na die natuur teruggekeer, om te aanbid, te bid en te
mediteer. Diegene wie karakters soos Hy wil ontwikkel sal ook so maak.

“Gehoorsaamheid aan
Yahuwah lei tot die lewe, dit is `n pad wat nie na die dood lei nie.” (Prediker
12: 28, NV)

Genade tyd was grasieus toegestaan
sodat almal mag voorbereidings tref vir `n Hemelse karakter. Hierdie kosbare
geskenk van tyd moet nie verkwis word nie, verspil word op aktiwiteite en
vermaaklikhede wat die hart van die Heiland sou wegdraai nie. Die tyd wat oor
is moet verkieslik wys gebruik word, versigtig, en onder die inspirasie van die
Heilige Gees.

Wy jouself aan Yahuwah toe.
Laat alles neer op die altaar van opoffering – selfs die ledige ure. `n Ewige
vreugde wag op almal wie hulle denke, hulle gevoelens, selfs hulle liefdes en
afkeure in harmonie met die goddelike beeltenis bring.

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.