World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Tuis Onderrig: Opvoeding vir die Hemel

Die belangrikheid van vroeë kinderopvoeding
kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is `n ernstige verantwoordelikheid om
`n kind in die wêreld te bring. Almal wie `n keuse daarna maak het `n plegtige
verantwoordelikheid voor Yahuwah om die kind op te voed, om sy karakter te vorm,
om `n goeie kandidaat vir die Hemelse koninkryk te wees.

children studying the Bible with their parents

Dit is in die vroeë kinderjare waar die basis gelê word vir die res van die lewe wat sal volg.

Te dikwels kyk die ouers verby die vroeë
jare, met die veronderstelling dat die kind te jonk is vir enige blywende
indrukke om op sy karakter te maak. Maar dit is in die vroeë kinderjare waar die
fondasie gelê word vir die algehele res van sy lewe wat sal volg. “Die periode
vanaf geboorte tot ag jaar was tradisioneel, internasionaal gedefinieer as
vroeë kinderjare. . . . Dít is die jare
waarin die toekomstige oortuiginge en karakter van die menslike wese deur
ondervinding gevorm word.” (Tricia David, “What is early childhood for?” http://www.mcgraw-hill.co.uk.)

Rooms Katolisisme het `n goeie insig in die
belangrikheid van die vorming van die denke en die karakter van `n jong kind.
Francis Xavier, een van die stigterslede van die Jesuïete orde, word dikwels
aangehaal in sy gesegde: “Gee my `n kind tot op sewe en ek sal aan jou die man
wys.” Die gedragspatrone, houdings en
oortuiginge wat in die vroeë kinderjare gevorm is fatsoeneer die volwassene.
Baie krimineles volg die oorsprong van hul geweldadige, anti-sosiale gedrag
terug na die mishandeling en vernalatiging in die vroeë kinderjare, ontvang.
Dit is slegs met uitermate moeilikheid, vasbeslotenheid en genade van Yahuwah
dat onbehoorlike vroeë onderrig oorbrug kan word.

Die uitermate belangrikheid van vroeë
kinderopvoeding moet ook `n faktor wees van hoeveel kinders `n paartjie verkies
om te hê. Baie gesinne het groot getalle kinders en is dan nie bevoeg om hulle
behoorlik te onderrig nie. Die vader is te besig met werk om die gesin te
versorg; die moeder te moeg na haar vele verantwoordelikhede om te sien dat
elke kind die indiwiduele aandag en opvoeding kry wat elkeen se behoefte
vervul. Hierdie ongelukkige kinders, te dikwels aan hulle eie sorg oorgelaat om
hulle self groot te maak, brei eenvoudig net die ledetal van Satan se koninkryk
uit.

Alhoewel so baie ouers onbewus bly van die
belangrikheid van ontwikkeling en opvoeding ontvang in kinderjare, is wêreldse
regerings baie bewus van die invloed van sulke ontwikkeling. Soos Yahushua Self
met bedroefde hart erken het, “Want die kinders van hierdie wêreld is
verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.” (Lukas 16:8, OV) Die regering indoktrineer
alte dikwels die jeug om hulle eie politieke agendas te bevorder. Jeugdiges wat
tuis onderrig ontvang het om vir die waarheid te staan, wie nie vrees om anders
te wees nie, om onafhanklike andersdenkendes te wees, is `n bedreiging vir bose
regeringsmagte.

expressionless students sitting in a classroom

Skole is die regering se hoof gereedskapstuk van ideologiese opleiding vir die volgende generasie en om onafhanklikheid en meningsverskille uit te wis.

Deesdae is tuisonderrig onwettige in
Duitsland. Dit was vir die eerste keer onwettige verklaar onder Adolf Hitler
wie wou gehad het dat `n hele volk jeugdiges in die skool gebreinspoel moes
word om sy politieke agendas te aanvaar. Ouers wie gepoog het om hul kinders
tuis op te voed, se kinders was van hulle weggeneem en in kranksinnige gestigte
geplaas vir toetse.

In 2003, het Fritz en Marianna Konrad by
die Europese Mense Regte Hof aansoek gedoen vir die reg om hulle kinders
tuisonderrig te gee omdat die eksplisiete seksuele onderrig in die regerings se skole sisteem teenstrydig was
met hul Christen waardes. Die Konrads het onder die staat appel aangeteken met
die stelling:

Geen persoon sal
die reg om opvoeding te ontvang geweier word nie. In die uitoefening van enige
funksies wat dit aanneem in verband met opvoeding en onderwys, sal die Staat
die regte van ouers respekteer om te verseker dat sulke opvoeding en onderrig
in ooreenstemming is met hulle eie godsdiens en filosofiese denkrigtings.

Drie jaar later, het die hof met die
regering van Duitsland kant gekies.

`n Nuwe hof
uitslag van die Europese Mense Regte Hof het die Duitse nasie se Nazi-era
verbanning op tuisonderrig, bevestig, met die gevolg dat die gemeenskap `n
merkwaardige belang het in die voorkoming
van die ontwikkeling van afskeiding “deur filosofiese oortuigings.” . . .

Die Duitse hof het
alreeds uitslag gelewer dat ouerlike “wens” om hul kinders in `n huis te laat
opvoed sonder sulke invloede “kan nie eerste prioriteit inneem oor verpligte
skool bywoning nie.” Die besluit het ook gesê dat die ouers nie `n
“eksklusiewe” reg het om hul kinders leiding te gee in hul opvoeding nie.
(World Net Daily, http://www.wnd.com/2006/09/38145/.)

In die ontwaking
van die hoër hof se uitslag het Swede ook wetgewing uitgevaardig wat dit
waarskynlik onmoontlik gemaak het om tuisonderrig te gee. Die gevolg was dat
vele Swede na ander lande gevlug het waar tuisonderrig steeds wettig is.

home school - father reading the Bible to his children

Dit is die ouers se plig om `n kind te leer om vir die waarheid te staan selfs as die hele wêreld daarteen verenig is.

Die skool is die regering se hoof
gereedskapstuk vir die ideologiese ontwikkeling van die volgende geslag en om
onafhanklikheid en meningsverskil uit te wis. Dit is outomaties `n probleem vir
`n Christen, omdat `n ware Christen altyd
in die minderheid is. As sulks, is dit die ouers se plig om `n kind te leer om
vir die waarheid te staan selfs as die wêreld daarteen verenig. Indien `n
jongeling die waagmoed moet hê om vir die waarheid te staan, moet hy van
kleinstyd af opgevoed word om `n onafhanklike denke te hê, om nie bevrees te
wees om anders te wees nie, om nie om te gee wat ander mense dink nie, solank
as wat hy reg is met Yahuwah.

Dit is die presiese teenoorgestelde van wat
in die skole geleer word. In die skole word `n leergierige kind geleer dat:

1. Waarheid van `n gesaghebbende kom.
2. Intelligensie is die
bevoegtheid om te onthou en te herhaal.
3. Akkurate geheue en herhaling
word beloon.
4. Ontoegewendheid word gestraf.
5. Konformeer: verstandelik en
sosiaal.

Sulke ontwikkeling berei die jeug voor om “gesaghebbende figure” te
aanvaar, eerder as om uit hulle self na die Skrifte te gaan. Dit leer die jeug
om onderwerp te wees aan wêreldse standaarde en toe te gee aan uitwendige druk
eerder as om vir hulleself te dink en alleen te staan vir die waarheid.

Die moderne sisteem van opleiding is gebaseer op die Griekse sisteem
van opvoeding. Dit skep `n ongesonde omgewing in baie maniere. Yahuwah se
bedoeling was dat die opvoeding van Sy kinders moes wees aan die sy van hul
ouers wie geestelike lesse in alles wat hulle moes leer, kon inwerk, maar die
moderne skool sisteem verwyder die ouers (sowel as enige godsdienstige
opvoeding) uit die leeromgewing. Die invloed en die gesag van die onderwyser
word hoofdoel.

Alte dikwels sal moeë ouers na `n
lang dag se werk al die opleiding van die jeug aan die leerkrag oorlaat. Maar
`n onderwyser is net bevoeg om die regerings voorgeskrewe kursus te leer – en
dit is dikwels opgestel om die regerings ideologie te ondersteun. `n Skool
onderwyser is nie bekwaam om die karakter vir die Hemel op te voed nie. Dit is
nie sy werk nie en met `n klaskamer gevul met die jeug, het hy nóg die tyd nóg
die geleentheid om so te maak. Enige vorming van die karakter wat sal plaasvind
is van die gelykvormigheid aan die wêreld standaard.

VIR `N JONGELING OM DIE WAAGMOED TE HÊ OM DIE WAARHEID TE VERDEDIG, MOET HY VAN SY VROEGSTE KINDERJARE OPGEVOED WORD OM `N ONAFHANKLIKE DENKE TE HÊ, OM NIE BEVREES TE WEES VIR ANDERSHEID NIE, OM NIE OM TE GEE WAT ANDER MENSE DINK NIE SOLANK AS HY MET YAHUWAH REG IS.

Wat selfs meer problematies kan
wees is die invloed van ander studente. Ongeag van hoe goed die onderwyser is,
kan die verleiding om aan mens se portuurgroep in te gee byna oorweldigend
wees. In `n huis omgewing, is `n jongeling omring deur volwassenes en kinders,
beide ouer en jonger as homself. In die skool, is `n kind op `n te jong ouderdom
deur 20-40 ander kinders wat almal van dieselfde ouderdom is omring. Dit skep
`n ongesonde omgewing waarin die opinie van ander jeugmaats te veel gewig dra.

Baie ouers wie hul kinders
versigtig opgevoed het om hoflik en bedagsaam teenoor ander te wees het gevind,
tot hulle groot spyt, dat die invloed van hulle kind se klasmaats feitlik al
hul versigtige opvoeding uitgewis het. Wanneer u u kinders na `n skool stuur,
word hulle omring deur ander kinders van verskille soorte agtergrond. Dit is
baie maklik vir slegte woorde en slegte voorbeelde om die kind te beïnvloed in
net `n paar minute tydens pouse wat deur baie ure van deurdenkte bearbeiding
aan die kant van die ouer nie tot niet gemaak kan word nie.

Yahuwah se volk was altyd
uitgeroep om alleen
en afsonderlik te staan. Die opvoeding ontvang wat hierdie helde van
geregtigheid voorberei vir hulle werk is nooit te vinde in die regerings
beheerde of geakkrediteerde skolastiese sisteme nie. As die aangenome seun van
Farao se dogter, was Moses opgevoed in al die wyshede van die Egiptenare. Baie
hiervan was nuttig om Yahuwah se volk uit Egipte te lei. Maar baie daarvan was
van so `n aard dat dit Moses sou diskwalifiseer vir die werk wat Yahuwah vir
hom beskik het. Hierom het Yahuwah Moses van die wêreldse howe verwyder na die
nederige herders lewe. Daar, in die
uitgestrekte eensaamheid, alleen met sy skape, het Moses sy hoër opvoeding in
die skool van die Hemel ontvang.

Die lewe van Moses leer dat dit
belangrik is dat almal so goed as moontlik opgevoed moet wees indien dit
moontlik is om dit te kan bekostig. Verfynheid en kultuur moet nie verwerp word
as wêrelds nie, maar is inderwaarheid, wenslik solank as wat dit in tred is met Yahuwah se Hemelse standaarde.

Sommige veronderstel dat Yahushua
ongeletterd was as gevolg van `n stelling gemaak terwyl Hy in die tempel onderrig
gegee het. “En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die
geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?” (Johannes 7:15, NV)

Hierdie stelling bedoel nie dat
die Heiland ongeletterd was nie omdat net in die volgende vers het Johannes
gesê: maar Yahushua het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.”
(Sien Johannes 8: 6 en 8.) Maar die vraag, “Hoe kom Hy aan die geleerdheid
terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?” verwys na die feit dat Yahushua nie
die skole van Sy tyd bygewoon het nie. Hy het Sy opvoeding tuis aan die voete
van Sy moeder ontvang. Die rabbynse skole, met hulle klem op tradisie eerder as
die wet van Yahuwah, sou Hom onbevoeg vir Sy groot werk verklaar het.

father and son reading Bible togetherDieselfde is waar vir diegene wie
vandag vir die waarheid staan. Die opvoeding wat verkry word van wêreldse
instellinge leer evolusie, dikwels seksuele immoraliteit en selfs die politieke
agendas van indiwiduele regerings. Meer as dit is skole die voorstaanders van
toegewings, wat onafhanklikheid en indiwidualiteit in denke uitwis. Dit
verwring die karakter sodat die aanvaarding deur ander meer belangriker is, as
om deur Yahuwah aanvaar te word. As `n jeugdige opgevoed word om toegewings te
maak, hoe kan van hom verwag word om onafhanklik standpunt in te neem vir
waarheid wanneer die omstandighede dit vereis?

Vir diegene wie die verpligting en die voorreg van
aanbidding op die ware sewende-dag Sabbat van die Skepping aanvaar, sal dit uitermate moeilik vind vir hul kind om
die gewone skole by te woon omdat die weeklikse siklus van die moderne siviele
kalender nie
in lyn is met dit van die luni-solar kalender nie. Diegene wie in `n posisie is waar hulle nie
kan tuis onderrig gee nie, moet hulle saak voor Yahuwah stel, die Oorsprong van
Wysheid. `n Weg veilig om te volg sal aan jou geopenbaar word.

Toe klein kindertjies na Yahushua gebring is vir Sy
seëninge, het die dissipels die ouers bestraf vir die “stoornis” aan die
Heiland. Op Sy beurt het Yahushua die dissipels bestraf en gesê: “Laat die
kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom, want aan sulkes
behoort die koninkryk van die hemele.” (Matthéüs 19:14, NV)

“Verhinder ” kom van die woord aphiēmi en beteken om
toe te laat en om nie te verhinder of te keer nie. Kinders en jeugdiges is
idealisties. Hulle het hoë waardes nodig. Hulle sal na Yahuwah kom as hulle nie
gekeer word nie.

Die opvoeding van die jeugdiges is `n hoë roeping en
`n gewigtige verantwoordelikheid. Vertrou en wy jou kinders aan Yahuwah toe vir
hul opvoeding. Al die bronne van die alvermoëndheid sal aan jou beskikbaar
gestel word. Engele sal met jou saamwerk in die opvoeding van hierdie kosbare
siele.

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.