World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Sabbat | Deel 4 – Eensame Aanbidding

Skrifte stel `n baie spesiale groep mense
voor wie hul Skepper eer deur Hom te aanbid op Sy heilige Sabbat, terwyl die
res van die wêreld dit verwerp. Hulle word die Seuns van Sadok genoem. Die Seuns van Sadok is uniek. Hulle het hul
lewens só toegewy aan Yahuwah, sodat hulle wil met Sy wil verweef is. Hul  lewens is `n perfekte weerkaatsing van die
goddelike beeltenis. Die Seuns van Sadok klee,  praat en tree op soos Yahuwah dit wil hê.
Hulle is Syne ,en Hy is hulle s`n. Alhoewel hulle aan hul
medemens `n diens verrig, doen die Seuns van Sadok, in `n baie spesiale wyse
diens aan  Yahuwah.

“Die kinders van
Sadok, .  .  . 
hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor My aangesig staan
.  . 
. spreek Meester Yahuwah. Hulle moet in My heiligdom ingaan, en hulle
moet na My tafel toe nader kom om My te dien, en My diens waarneem.

“En oor `n regsaak
moet hulle optree om reg te spreek, volgens My verordeninge moet hulle dit
uitoefen; en hulle moet My wette en My insettinge hou op al My feestye en My
Sabbatte heilig.”  (Esegiël  44:14-16, 24, OV)

eensame wandeling

Seuns van Sadok het `n baie hoë roeping.
Regdeur die eeue was daar maar slegs `n handjie vol van sulke mense, so deeglik
is hulle toegewy om die Allerheiligste te dien, dat hulle een is met die Ewige. Die woorde wat hulle spreek en die dade wat hulle
doen is `n openbaring van die denke en gevoelens van die Een wie hulle liefhet
en dien. Só `n hoe roeping benodig `n spesiale voorbereiding. Hierdie opleiding
kan nie verkry word in die wêreldse universiteite nie. Nie eens `n seminaar kan
diegene wie Seuns en Dogters van Sadok uitmaak, opvoeding verskaf nie.

Elke man, vrou en kind wie hom – of
haarself toewy aan die goddelike wil, kom onder die tutorskap van die Hemel.
Dit is Yahuwah persoonlik wat die lewens-ondervinding wat hul karakter vorm vir
die groot werk om Hom te dien, onderrig. Die lewens van die Seuns en Dogters
van Sadok is baie verrykend, vervullend en geestelik belonend.  .  . maar
dit is ook `n baie eensame weg. Moses het  40 jaar in die Woestyn as `n herder
deurgebring , alvorens hy gereed was om as mondstuk vir Yahuwah op te tree. Daardie 40 jaar se opleiding in die Skool van
die Hemel , is wat hom voorberei het vir hierdie enorme lewenstaak. Moses was
uitermate vereer deur die Hemel. Op versoek om Yahuwah se aangesig te sien ,
was die genadevolle antwoord gegee:

“Ek sal My
majesteit by jou laat verbygaan .  .  . Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen
mens kan My sien en lewe nie .  .  .Hier is `n plek by My waar jy op die rots
kan gaan staan .  .  .Ek sal jou in die skeur van die rots stel en
jou met My hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as Ek my hand wegneem, sal
jy My van agter sien; maar My aangesig kan nie gesien word nie.” (Exodus
33:20-23)

 So
spreek Yahuwah van hierdie Seun van Sadok:

“Hoor tog My
woorde. As julle profeet van Yahuwah is, sal Ek deur `n gesig My aan Hom bekend
maak, deur `n droom sal Ek met hom spreek. So is dit nie met My kneg Moses nie:
in My hele huis is hy getrou. Mond tot mond spreek Ek met hom, en nie deur
aanskouing en deur duister woorde nie, en hy sien die verskyning van  Yahuwah.” (Numéri 12:6-8)

man wat alleen in die woestyn loop

Moses se voorbereiding vir sy hoë roeping was nie verkry in die koninklike howe van Egipte , onder die wêreld se beste opvoeders nie. Dit was ontvang in die eensame verlatenheid van die woestyn, waar die siel van aangesig -tot-aangesig met Sy Maker kan kommunikeer. 

Moses se
voorbereiding vir sy hoë roeping was nie verkry in die adelike howe van Egipte,
onder die wêreld se beste onderwysers nie. Dit was verkry in die eensame
gewestes van voorbereiding wat vereis word van almal wie Seuns van Sadok wil
wees. Dit  is `n  baie eensame wandel,  weg van die prestige van die wêreldse eer, of
die twyfelagtige “kameraadskap” van skyn heiliges wie nie toegewy is om totaal
en al net vir Yahuwah te leef nie.

Almal wie
hulleself ten volle wy aan Yahuwah, sal aan elke partikel van die goddelike Wet
gehoorsaam wees – insluitende die Sabbat van die vierde gebod. Maar, nes
gehoorsaamheid op hierdie punt gegee word , moet
elkeen alleen staan. Die sewende dag Sabbat kan slegs bereken word deur die
gebruik van die antieke luni-solar kalender van die
Skepping. Dit is  uitermate
ongewild by priesters, pastore, vriende, en net so by familie. Almal wie die
plig versuim om die Skepper op Sy Sabbat te aanbid sal optrek teenoor hulle wie
daarop uit is om dit te gehoorsaam. So 
was dit maar altyd tussen hulle wie Yahuwah dien en hulle wie Hom nie
dien nie. Die gevolg is dat hedendaagse Seuns en Dogters van Sadok, nes hul
broeders en susters van die verlede, dikwels alleen aanbid. In die begin mag
dit verkeerd voel.

Wanneer `n mens gewoond
is aan die inspirerende preke onder baie mooi getinte glasvensters en met luide
koor musiek wat opstyg , is die stilte van die meer `n bietjie minder
“godsdienstig.” Wanneer `n vrou gewoond is aan etes wat vooraf berei is,  na die kerk dienste, om kinders die Sabbat
Skool lesse te leer, en om bidure te besoek, kan aanbidding alleen in mens se
eie kamer oorweldigend eensaam voel.  Mensgemaakte aanbiddings gewoontes vereer nie
noodwendig die Skepper nie. `n Lied wat baie mooi gesing word voor `n volgepakte
gemeente, bereik nie die ore van Yahuwah as dit met `n hart gesing word wat vol
is van self-verheffing nie. Die eenvoudige loflied wat in die eensaamheid van
mens se eie huis gesing word, ontvang Yahuwah se seën as dit vloei uit `n hart
met gewyde liefde. Engele wie só `n lied aanhoor, verbly hulle om hul stemme te
voeg by die nederige gelowige en die koor swel uit tot `n magtige danklied, wat
weerklink deur  die sale van die Hemel en
verleen eer en heerlikheid aan die geliefde Een.

Moenie aan die versoeking
toegee om te voel dat jou aanbidding, in die eensaamheid  geoffer, van minder waarde is aan Yahuwah as
jy sou kniel of met honderde saam sing nie. Dit is die indiwiduele hart wat  ontvanklik is vir Yahuwah, en dit is die
indiwiduele hart wat Hy aantrek. Skrifte het `n belofte aan almal wie in eensaamheid
aanbid.

“Want waar twee
of drie in My naam vergader, daar is Ek in hul midde.”  (Matthéüs 18: 20)

Dit sluit nie
diegene uit wie nie`n tweede persoon by hom het met wie hy kan aanbid nie.
Yahuwah roep spesiale engele skanse op om tree vir tree te wees met Sy
aards-gebonde kinders. Yahushua het na hierdie persoonlike gidsengele verwys
met Sy berisping:

“Pasop dat  julle nie een van hierdie kleintjies verag
nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig
sien van My Vader wat in die Hemele is.” (Matthéüs 18:10)          

Die Sabbat | Deel 4 – Eensame Aanbidding imageEngele skaar hulle
aan die kant van die kind Yah, wie in die woud oopte, langs die sanderige
strand, of in die stilte van die kamer aanbid.

“Is hulle nie almal
dienende geeste wat vir diens uitgestuur word terwille van die wat die
saligheid beërwe nie. (Hebreërs 1: 14)

Die nederigste huis ekklesia met
baie of met een, kan soos `n paleis voorkom want die wat ryk is aan geloof
vertoef daar. Omdat opregte aanbidding `n handeling van toewyding is, wat vloei
van `n hart wat oorloop van liefde en dankbaarheid, is dit eintlik beter om
alleen te aanbid as in die teenwoordigheid van traak-my-nie-agtige of
oppervlakkige aanbidders. Skrifte dikteer nie watter vorm die aanbidding moet
aanneem nie. Enigiets wat die hart en die siel trek in meegevoel en lojaliteit
tot mens se Skepper is aanvaarbaar vir aanbidding.

“Die Sabbat is gemaak vir die mens en nie die mens vir die Sabbat
nie.”  (Markus 2:27)

Wees bereid om nuwe dinge in jou aanbiddingsdienste te probeer. Wat
moontlik is met `n groep, mag nie moontlik wees met `n enkele gesin of `n
indiwidu nie. Nogtans verminder dit nie die impak op die hart, nóg is dit
minder aanvaarbaar omdat dit van `n indiwidu óf net `n gesin alleen kom, as van
`n volgepakte kerk groep, nie. As dit moontlik is, kan die heilige ure in die
natuur spandeer word. Dit is een van die beste maniere om die hart opwaarts na
die Hemel te rig.

Elia was ook `n Seun van Sadok wie `n baie afgesonderde lewe geleef
het, ter voorbereiding van sy lewenstaak in die skool van die Hemel. Yahuwah
het hom as indiwidu geleer dat die Hoë en Verhewe Een wat die ewigheid bewoon,
nie te vinde is in die wind, aardbewing of vuur nie. Nie in luidrugtige
beroeringe of opstokerige optredes vind die gemeenskap van die mens met die
goddelike plaas nie. Yahuwah het met Elia gespreek in die “gesuis van `n sagte
koelte.” (1 Konings 19:12) So`n stil, sagte stem kan nie gehoor word wanneer
aanbidding begrawe word onder die vorme van tradisie of voorgesê word deur die
verwagtinge van ander nie. Dit is vér weg van die rumoer van die moderne
samelewing, verwyderd van die afleidings van die ongelowiges, dat die hart die
beste gehoor kan verleen aan die stem van die Geliefde. Hierdie kosbare
gemeenskapstye saam met die Skepper van die heelal is daar om die Seuns en
Dogters van Sadok voor te berei om te staan as getuies op die aarde vir die
Koningkryk van die Hemel.

verheugde man langs `n meer

Yahushua self het van die ryke geestelike beloning gepraat wat aan
diegene gegee sal word wie in nederigheid voor die Ewiglewende neerbuig in die
stilte van eensame aanbidding.

“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en
bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene
sien, sal jou in die openbaar vergelde.” (Matthéüs 6:6)

Bring jou lofprysinge en jou gebede na jou Vader in die Hemel. Rus
in die versekering van Sy liefde vir jou, en die aanvaarding van jou aanbidding.

Daar is dan nou geen
veroordeling
vir die wat in Yahushua die Verlosser is nie, vir die wat nie
na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Sien Romeine 8:1.)

Aanbid die Skepper in gees en in waarheid op Sy heilige Sabbat dag. Hy het jou met `n nimmereindige liefde
lief wat jou nooit sal verlaat nie. Jou aanbidding, eenvoudig en alleen, vry
van wêreldse vertoon, is aanvaarbaar vir Hom.

Sy uitnodigings woorde aan jou is:

Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! .  .  . Kom,
my beminde laat ons uitgaan in die veld,. 
.  . laat ons vroeg na die
wingerde gaan, .  .  . Daar sal ek aan u my liefde gee.” (Hooglied
van Salomo, 2:10, 7:11-12)

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.