Yahuwah het
die mensdom geskape om op ‘n spesiale manier sy karakter van liefde bekend te
stel. Die Skrif sê: En Elohim het die mens geskape na Sy beeld, na Sy beeld het
Elohim hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat
en sy vrou aankleef en hulle sal een
vlees wees. (Sien Genesis 1:27 & 2:24).
‘n Paartjie
wat verenig is in hulle toewyding tot Yahuwah kan ‘n groot invloed vir goedheid
in die wêreld hê. Die huis van so ‘n eenheid kan ‘n klein hemel op aarde wees
in voorbereiding vir die Hemelse Kanaän. Om ‘n
sukselvolle huwelik te hê en die
verwesenliking van Yahuwah se plan vir die mees intiemste verhoudings, is dit
baie belangrik om die regte lewensmaat te kies.
Satan weet wat
die belangrikheid is om die regte persoon te trou en is daarop uit om die Vader
se wyse plan om ver te werp deur persone met mekaar te laat trou wat nooit vir
mekaar bedoel is nie. Meeste jongmense het nie ‘n korrekte begrip van hoe om
die regte maat te kies nie. Boeke,
gewilde musiek en flieks gee ‘n valse idee van liefde en die huwelik. Om “verlief” te wees word bevorder as
noodsaaklik vir ware geluk en emosionele vervulling in die lewe.
Ewenwel, die
“liefde” wat deur die wêreld voorgestel word, is verwarrend en teenstellend. Wanneer jong mense deur die wêreldse weergawe
van “liefde”dronkgeslaan is, vra hulle altyd, “Hoe sal ek weet wanneer ek
werklik verlief is?” Die gewone reaksie
is `n onbehulpsame, afkerende, “As jy moet vra, is jy nie!”
Satan is
hard besig om mense in rampspoedige huwelike te lei. Hy kry dit reg grootliks deur mense`n
verkeerde begrip te gee van hoe om ‘n maat te kies. Die wêreld se sukses in die keuse van ‘n maat
deur middel van verhoudings kan gesien word in die egskeiding statistieke. In die Verenigde State alleenlik, eindig 50%
van huwelike in egskeidings. Van die 50%
wat getroud bly, is baie van die huwelike ongelukkig.
Die wêreld
se standaard om in die huwelik te tree is “om verlief te raak” op ‘n ander
persoon. Geen ander vereiste word in ag
geneem nie. Menigtes aanvaar dat as
hulle iemand liefhet en die ander persoon hulle liefhet, dat dit al is wat
nodig is vir ‘n goeie huwelik. Die
werklikheid van die lewe en
onverenigbaarheid van persoonlikhede en lewens doelwitte word wan voorgestel
met die aandrang dat “Liefde alles oorkom!” en dat “Liefde ‘n uitkoms sal
vind!” Hierdie metode om ‘n maat te kies
is sonder uitsondering bestem tot mislukking omdat dit gebaseer is op 1) die
vrou se emosies; en 2) die man se seksdrange.
As die man
die vrou kan oorhaal dat hy haar bo andere verkies, sal sy met hom trou en hom
gee wat hy van haar wil hê: seks.
Daarom, in Satan se skyn, is geen man of vrou besig om hul Yah-gegewe
redenerings vermoë te gebruik nie. Sonder om dit agter te kom, maak hulle
gebruik van hul klein brein om lewensveranderende besluite te neem.
Dit is nie
Yahuwah se metode om `n lewensmaat te kies nie.
Indien ‘n huwelik gevorm was volgens die wêreld se manier en uiteindelik
suksesvol is, moet die paartjie aan beweeg en `n stewige fondasie vorm, een wat
die gemeenskaplike doel het om Yahuwah indiwidueel te dien en die maat
onbaatsugtiglik. Vandag se moderne uitgaan
wyse is Satan se teenoorgestelde vir ware, goddelike hofmakery. Almal wat wens
om Yahuwah in hulle lewens en hul huwelik, te vereer sal die valse standaarde
van wêreldse uitganery opsy sit en ‘n maat kies in ‘n wyse wat Yahuwah eer.
Daar is
sekere stappe wat ‘n persoon moet volg om ‘n lewensmaat te kies wat Goddelike
seëning op hulle het:
- Gebruik jou
kop, jou beste analise. - Kyk vir ‘n goddelike stamboom.
- Maak hof, moenie uitgaan nie.
- Voer `n Onderhoud!
- Soek goddelike raad.
Gebruik jou kop
Dit kom baie
eenvoudig voor, maar is nie. Dit is baie
belangrik dat ‘n lewensmaat rasioneel, logies en volgens Hemelse standaarde
gekies word. Om seksueel aangetrokke tot
die ander persoon te voel, is in hierdie stadium irrelevant. Nou is dit die tyd om te analiseer en te
bepaal of die ander persoon ‘n geskikte maat sal wees.
In
teenstelling hiermee dring die wêreld daarop aan dat ‘n vrou haar fisies aantreklik moet maak
vir `n man sodat hy haar seksueel sal begeer.
Dit word beweer dat as daar nie seksuele aangetrokkenheid is nie, daar
nie ‘n standhoudende verhouding sal wees nie.
Dit verwyder die proses vanaf die hoër gesag van jou denke om deur niks
meer so werklik as die swak, onbesliste dierlike passies waaroor alle primate
beskik, beïnvloed te word nie. Dit vorm
nie die basis vir ‘n standvastige en genotvolle huwelik nie.
Soek vir `n goddelike stamboom
Perde telers
weet dat as jy ‘n volbloed perd met ‘n ponie kruis, sal die vulletjie nie ‘n
volbloed perd sal wees nie. En tog is mense baie minder versigtig in die keuse
van hul lewens maats! Dit is ‘n
wetenskaplike feit dat fisiese en geestelike tendense oorgedra word van
generasie tot generasie. ‘n Persoon wat
uit ‘n gesin afkomstig is waar daar sterk gedrink word, harde lewens geleef
word, sal dieselfde versoekings en
oorerflike tendense hê wat iemand van ‘n onthoudende agtergrond nie sal het
nie. Netso, ‘n persoon wie se ouers,
grootouers en groot voorouers dit hulle lewens beginsel gemaak het om die
waarheid te volg, ongeag die koste daaraan verbonde,
sal ‘n meerderwaardige geestelike afkoms het wat hulle die krag in alle
lewens aanslae sal gee.
Wanneer jy
dink aan wie om jou lewensmaat te wees, moet jy kyk na iemand met ‘n goddelike
aanslag. Baie kere word gedragsgewoontes
wat gevorm is in die vroeë kinderjare, versteek en kom dit na vore in die
middeljare. Dit kan lei na groot
ongelukkigheid en verdriet as een persoon smag om Yahuwah te volg en die ander keer
terug na die invloede van vroeë kinderjare en die swakhede wat hulle oorgeërf
het.
Hof maak in plaas van uitgaan.
Uitgaan,
wanneer dit gedefinieer word as rond vryery met die hoop om “Die Een” te vind,
is ‘n teenoorgestelde van die Hemels- geseënde hofmakery. Dit sal nooit ‘n
geskikte maat vind soos hofmakery dit kan doen nie. Tydens ware hofmakery, oorweeg ‘n jong man
die dames van sy belangstelling. Hy
analiseer dan watter een van hulle die mees geestelikste is en wie is meer
oorgehaal om Yahuwah te volg. Hy sal vas
stel of haar geloofsoortuigings dieselfde is as sy eie. Dit is van kardinale belang want die vrou is
tipies die een wat die grootste rol speel in die dag- tot-dag opvoeding van
enige kinders wat die gevolg is van hulle verbintenis.
Oorweeg
versigtig die vroue van jou belangstelling.
Moenie haastig kies nie, en ook nie onmiddelik nie, want die regte keuse
bepaal jou toekomstige tevredenheid en geluk en die welsyn van julle kinders.
(“Wife”, The Book of Morals & Precepts, Book III, Hoofstuk 16)
`n Wyse man
sal ook die vrou se gemoedsgesteldheid in ag neem. Is sy emosioneel sterk. Sal
sy tot hulp vir hom wees, deur by hom te
staan om die lewe se opdraendes en triomfe aan te durf? Het sy ‘n kalm, vredeliewende gees wat die
harmonie in die huis verseker en die geestestoestand van die kinders, wat aan
haar sorg toevertrou is. Het sy die
wysheid om ‘n vertrouenswaardige maat te wees?
Daar is een
keuse van ‘n vrou oop vir die wyse man: die beste vrou wat hy ken . . . Jou
vrou sal, indien wel gekose jou smarte halveer en jou geluk verdubbel. Indien jy onverstandig kies sal sy jou smarte
vermeerder en jou vreugde verdun met smart. (“Wife,” The Book of Morals &
Precepts, Book III, Hoofstuk 59).
Alles word
gedoen alvorens hy die jong vrou benader.
‘n Staatmaker vrou kan ‘n groot seëning
wees vir ‘n man. Hy soek nie ‘n
vrou wat ‘n bietjie meer is as net ‘n klein dogter, wat sy toestemming en
leiding vir elke kleinigheid moet hê nie. Soos sy tyd en energie altyd ingespan word vir
die daarstelling van ‘n inkomste, sal ‘n wyse man ‘n vrou soek wat ‘n ware kameraad
en medewerker in die gesinsverband is.
Wie sal `n
deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan
wins sal dit hom nie ontbreek nie. Sy
doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
Sterkte en
eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met
wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Opmerksaam gaan sy die
werksaamhede van haar huis na en die brood van luiheid eet sy nie.
Haar seuns
tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:
Die
bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid. `n Vrou wat Yahuwah
vrees, sy moet geprys word. (Sien
Prediker 31:10–12, 25-28, 30.)
Net so moet `n jong vrou, die voorgenome maat
analiseer. Sy moet nie verlangend sit en
wag vir `n huweliksaanbod om haar lewe te vervolmaak nie. Paulus waarsku: Moenie in dieselfde juk trek saam met
ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die
ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? (2 Korinthiërs
6:14, OV). ‘n Huis waar ‘n man en vrou
nie gelyk verbonde tot die gedienstige bediening van Yahuwah in alles is nie,
is ‘n huis waar die skadus nooit lig
nie.
Dink aan die Ware Man, die man wat uitreik na
goddelikheid. Hy is die man in wie
[Yahuwah] oorwin het. Hy is [Yahuwah] se
uitverkorene . .
.
Die vrou wat sê, “Ek sal geen man s`n wees indien
hy nie ‘n Ware Man is nie,” is `n maker van Ware Manne en wie die doel dien van
[Yahuwah] . . .
Daar is twee tipes vroue, ware vroue en algemene
vroue. Die algemene vrou is ‘n geskikte
maat vir die swakkeling en die ware vrou is ‘n geskikte maat vir die Ware
Man. Maar in die bedeling van die lewe
is dit so dat algemene vroue die Ware Man as man sal begeer, en die swakkelinge
sal die ware vroue wil verlei. Daarom,
die Ware Man moet wys genoeg wees om die
verskil tussen `n algemene vrou en `n ware vrou te ken, en die ware vrou moet die verskil tussen `n Ware Man en ‘n
swakkeling uitken. (Uittreksel uit The Great Book of the Sons of Fire.)
‘n Jong vrou het die verantwoordelikheid teenoor
Yahuwah om seker te maak dat sy nie haar lewe verenig met een wie se invloed
die geestelike opvoeding wat sy aan haar
kinders sal gee, vernietig nie. Sy moet
analiseer of die man wie haar hand in die huwelik soek, ‘n maat vir haar gaan
wees, net soos sy soek om ‘n maat vir hom te wees.
Baie keer, in vandag se ekonomie, word vroue
onder druk geplaas om buite die huis te werk om die gesin te onderhou. Dit ewenwel verdubbel die vrou se werk omdat
sy primêr verantwoordelik is vir die huishouding en die kinders. Te dikwels, is die man tevrede om die vrou in beheer van
kosvoorbereiding, skoonmaak, inkopies en kinders baar, te maak, maak nie saak of sy ekstra werk aanneem om ‘n
inkomste te verdien nie. As hy wel bydra
tot die huiswerk, is dit op die vrou se versoek eerder as die ware verdeling
van die huislike pligte. ‘n Jong vrou
moet vasstel of die man wie sy wil trou wel gelowig sal wees om haar helper te
wees, om haar te beskerm en haar dinge te vergemaklik met sy groter krag, net
soos sy beplan om hom te help en sy lewensmaat te wees. Sal hy vir haar en die toekomstige kinders
voorsien sodat sy haarself sal opdra aan die huishouding en kinders?
Voer `n Onderhoud!
Om ‘n lewensmaat te kies is een van die mees
belangrikste besluite wat jy kan maak.
Jou keuse het verrykende gevolge vir die res van jou lewe. Om die geskiktheid van jou maat te bepaal is
baie belangrik op die stadium. In
byvoeging om die geskiktheid van julle geestelike geloof en praktyke te bepaal,
is dit belangrik om die karakter eienskappe, hom/haar drumpel vir opheffing en
kritiek, houding rondom die teenoorgestelde geslag, ouers, kinders, geld, familie
lewe, ensovoorts vas te stel.
Die beste geheim in die huwelik is GEEN
geheim. Met Yahuwah se seën, probeer om
die persoon so goed te leer ken sodat daar geen “onaangename verrassings” is
nadat jy “Ja” gesê het nie. Na die
rasionele analisering van die voorgenome maat tot die beste van jou vermoë, is
die hofmaak tyd die beste tyd om die ander persoon te ondervra. Dit kan op ‘n vriendelike wyse gedoen word,
deur middel van besoeke. Maar laat die gesprekke geld; leer so veel as moontlik
van die ander persoon. Vra vrae! Vra
vrae wat nie met ‘n ja of ‘n nee geantwoord kan word nie. Vra in‘n neutrale toon. Jy wil nie die ander persoon se reaksie
beïnvloed nie. Jou doelwit op die stadium
is om die persoon te leer ken. Jy kan
dit nie doen as jy die hele tyd van jouself praat nie.
Dit is belangrik om jou eie ambisies te
verstaan. Ambisies is meer as hoop,
drome en planne. Ambisies is doelwitte
wat nie geïgnoreer kan word nie of suksesvol negatief beïnvloed kan word
nie. Indien julle ambisies in konflik is,
dan is die persoon nie die geskikte een vir jou nie. Selfs paartjies waar albei
Yahuwah liefhet, as hulle nie dieselfde doelwitte deel nie, moet hulle nie in
die huwelik tree nie. Dit beteken nie
dat die een persoon reg is en die ander verkeerd nie. Yahuwah mag jou geroep
het om ‘n ander werk vir Hom te doen.
Jy moet ook leer wat die persoon se afkering/
teenkanting is, waarvan hy nie hou nie. Julle hoef nie dieselfde afkerings te hê
nie, maar jy moet seker maak dat jou afkerings nie bots met die volgende
persoon se ambisies nie. Afkerings en
ambisies wat julle in gemeen moet het sluit in geestelike geloof, geld,
lewenstyle en opvoeding van kinders.
Vra Goddelike raad
Isak se
huwelik met Rebekka is ‘n goeie voorbeeld van hofmakery en ‘n huwelik wat die
Hemelse seëning gehad het. Toe Isak ‘n vrou gesoek het, het hy Yahuwah se raad
gehad met die hulp van sy vader en sy vader se getroue diensknegte. Die eerste
vereiste was dat sy `n goddelike vrou moet wees. Daar was baie beeldskone vroue
naby waar Abraham en Isak gebly het, maar meer as net fisiese skoonheid was
gesoek. Skoonheid van karakter wat net
afkomstig is deur die transformasie van die hart tot in die Goddelike beeld was
wat hulle vir Isak gesoek het.
Toe die
dienskneg gereis het vanaf Kanaän terug na Mesopotamië, na Abraham se familie,
het hy gebid en gevra dat Yahuwah hom moet leiding gee in die keuse van ‘n vrou
vir Isak. Yahuwah het gehoor gegee aan
die gebed en dit vereer. Toe hy
terugkeer na Kanaaän met Rebekah, het die slaaf Isak alles vertel wat hy gedoen
het. So het Isak haar in sy moeder Sara se tent ingebring, en vir Rebekka gevat,
en sy het sy vrou geword, en hy het haar lief gehad. (Genesis 24:66, 67, NV)
As jy geseënd
is met godsdienstige ouers wat geloofwaardig is, moenie huiwer om raad by hulle
te vra nie. Die wysheid wat hulle gekry
het deur lewenservaring kan ‘n groot hulp en seën vir jou wees wanneer jy ‘n
lewensmaat soek. Nie almal het ouers wat
op so ‘n manier vertrou kan word nie.
Indien jy nie ‘n ouer het wat geheel en al oorgegee is tot die wil van
Yahuwah nie, is jy nie verplig om iemand
te trou wat deur hulle gekies is nie. Jou heel eerste verantwoordelikheid is
aan Yahuwah en om Hom te dien. Al die ander
verhoudings is ondergeskik daaraan.
As jy nie
ouers het wat jou kan voorsien met goddelike raad nie, mag jy dit vra by ‘n
ouer vriend, as hy beskikbaar is. ‘n
Mentor wat Yahuwah vrees kan waardevolle
insig gee in die soeke na ‘n lewensmaat.
As jy alleen
is en jy het geen aardse vriend om advies te vra nie, kan jy altyd die raad van
Yahuwah vra. Hy sal jou moeder, jou
vader, jou wyste gids en naaste vriend wees.
“Al sou my vader en my moeder my verlaat, . . . [Yahuwah] sal my onder sy
sorg neem. . .” (Sien Psalm 27:10) Jy
kan altyd jou Hemelse Vader vir advies vra. “As een van julle wysheid kortkom,
moet hy dit van Yahuwah bid, en Hy sal dit aan hom gee, want Yahuwah gee aan
almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” (Jakobus 1:5, Hernude Name Geskrifte).
Yahuwah is
verheug om gebede van geloof te beantwoord. Hy sal jou nie alleen laat in so ‘n
belangrike saak nie. As jy alles oorlaat volgens Sy wil, sal Hy jou
lei na veiligheid. Om jou aan te moedig
om die geloof te hê om te vra, sê Yahuwah:
“Vra, en vir
julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak
word, want elkeen wat soek, kry, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.
Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra, of ‘n slang
as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan
weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader
wat in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra!” (Mattheus
7:7-11, NV)
As jy wil
trou, moet jy nie bang wees dat Yahuwah jou na willekeur enkel sal hou nie. Die
enigste rede waarom Hy jou nie met iemand verenig nie, is as daar niemand beskikbaar
was met wie die eenheid met jou geseënd kan wees nie.
Yahuwah het
elke mense geskape met die begeerte om ‘n lewensmaat te hê. Jy kan vertrou dat Yahuwah jou byeen sal
bring met so ‘n persoon, as daar iemand beskikbaar is. Jou verlange vir ‘n lewensmaat sal geseënd
wees as Yahuwah iemand na jou bring, of wanneer die tyd ryp is, sal Hy jou lewe
vervul en vervolmaak. Hy weet beter wat geluk aan jou sal bring en Hy wil dit
vir jou hê. “Ek weet wat Ek vir julle
beplan, sê . . .Yahuwah: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n
toekoms gee, ‘n verwagting!” Jeremia 29:11, Hernude Name Geskrifte)
Gee alles
oor aan Yahuwah. Hy sal jou lei op
veilige weë en jou lewe, huwelik, aan Hom toegewy, sal ere aan sy Naam gee.
“Vind jou
vreugde in Yahuwah, en Hy sal jou gee
wat jou hart begeer.
Laat jou lewe aan Yahuwah oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
(Psalm 37:4,5, Hernude Name Geskrifte)
Verwante
Inhoud: