WLC |
(1) Wat
sê die Bybel of wat is die aanduiding van die Nuwejaar?
In
Eksodus 12, beveel Yahuwah vir Moses:
“Hierdie maand moet vir julle
die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die
maande van die jaar wees.” (Eksodus 12 vers 2.)
In
hierdie verband, weet ons dat dit in die lente was of naby aan die
lente,1 maar hoe moes Moses die grens bepaal van “die
eerste maand” van al die toekomstige jare? Hoe moes hy weet wanneer
die lente begin? Moes hy die Nuwejaar bepaal volgens die plantegroei
(bv. die graan), of moes hy opkyk na die hemele? Genesis voorsien aan
die antwoord:
“En Elohim het gesê: Laat daar
ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak
tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir
vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte
aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit
was so.” (Genesis 1 verse 14 en 152.)
“En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.” (Genesis 1 verse 14 en 15.) |
Genesis
1 vers 14, verklaar in duidelike taal dat die hemelse liggame moet
dien as “en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook
vir dae sowel as jare.” Daar word niks genoem van plantegroei in
hierdie gedeelte. Nêrens in Genesis 1 vers 14 word dit vermeld dat
die begin van die jaar bepaal moet word na ondersoek van die
graanoes. Om voor te stel dat die Nuwejaar sentreer rondom die ryp
word van die graan, en wanneer die Skrif onbetwisbaar verklaar dat
die hemelse liggame die jare moet bepaal, is om by Yahuwah se Woord
by te voeg.
Julle
mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag
daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle
God mag onderhou, wat ek julle beveel. (Lees Deuteronomium 4 vers 2.)
Alles
wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks
byvoeg en daar niks van weglaat nie. (Lees Deuteronomium 12 vers 32.)
Elke
woord van Eloah is gelouter; Hy is ʼn skild vir die wat by Hom skuil.
Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder
en jy as ʼn leuenaar openbaar word nie. (Lees Spreuke 30 verse 5 tot
6.)
Terwyl
die gewilde tradisies leer dat met die rypwording van koring in
Palestina dit die aanwysing is vir die aanbreek van die Nuwejaar, en
kan hierdie veronderstelling nie deur een gedeelte in die Skrif
ondersteun word. ( Vir meer en hoekom die sogenaamde “graan wet”
nie met reg ondersteun kan word vir die bepaling van die Nuwejaar,
verwys ons na die gedeelte benede, getiteld die, “Insurmountable
Issues with Using the ‘Barley Harvest Law of Moses.“)
Nou
dat ons met sekerheid vasgestel het dat die hemelliggame daargestel
is vir die jare, is die vraag? “Wat gebeur in die hemel om aan ons
aan te dui dat die Winter verby is, en dat die Nuwejaar begin?” Is
daar ʼn baie belangrike leidraad wat in Eksodus 34 gevind word.
“Die
fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van
die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling
[H8622] van die jaar.” (Eksodus 34 vers 22.)
Laat
ons nou kyk na die Hebreeuse woord wat hier vertaal is as
“wisseling.”
H8622
(tekufah) –“ ronde kom, kring van tyd of ruimte, ‘n draai,
kring”(Brown-Driver-Briggs Hebrew Dictionary)
Terwyl
dit nie onmiddellik duidelik is vanuit die Afrikaanse vertaling die
woord wat hier vertaal word as “wisseling” [Strong`s H8622]
verwys dit na die herfs – eweninge ( ook genoem die Herfs – ewening)
gedurende die middel van die jaar. Dit is ook bevestig deur die feit
van die Fees van Insameling, en waarna ook verwys word as die
Huttefees” en die “Huttefees” wat plaasvind gedurende die
herfs, gedurende die Sewende Maand. (Levitikus 23 vers 34) –gedurende die middel van die jaar, en nie aan die einde van die
jaar.
“Soos
verklaar, dat die seisoene volgens die Joodse jaar genoem wordtekufot [die meervoud van tekufah; H8622]. Meer akkuraat, is
die begin van elk van die vier seisoene – volgens die algemene
sienswyse, is die gemiddelde begin – wat genoem word tekufah (
letterlik “ kringloop,” vanaf קוף
en in verband נקף
” om
rondom te roteer”), die
Tekufah van die maand Nissan dui aan die gemiddelde sonlig by die
lentenagewenings punt, soos Tammuz dit aandui met die
somersonstilstandpunt se ewenings punt, en die van Tishri met die
herfs eweningspunt, en die van Tevet met die winter
sonstilstaanspunt.” (Encyclopedia
Judaica, Article “Calendar“,
p.356)
Die
vertalings benede bied ʼn baie meer getroue weergawe van Eksodus 34
vers 22
“Dan moet jy vir my die fees
van die weke hou, aan die begin van koring-oes;. En die fees van die
insameling gedurende die middel van die jaar.” (Eksodus 34 vers
22, Brenton se Engelse Septuagint.)
“En ‘n fees van die weke moet
jy in ag te neem vir jouself om dit te onder hou; en eerstelinge van
koring-oes; en ook die fees van die insameling by die wisseling van
die jaar.” (Eksodus 34 vers 22, Young`s Litteral
Translation.)
“En jy moet die fees van die
weke onderhou, en van die eerstelinge van die koring-oes, en ook die
fees van die insameling by die wisseling van die jaar.” (Eksodus
34 vers 22, Darby Bybel.)
Tot
hiertoe, het ons die volgende vasgestel:
-
Die
Fees van die Insameling sentreer rondom die Herfs – oes gedurende
die Sewende Maand (Levitikus 23 vers 34.) -
Die
fees van die Insameling is verbind met die herfs – eweninge
gedurende die middel van die jaar.
Dit
is dan net logies om tot die gevolgtrekking te kom deur bogenoemde
dat die begin van die jaar verbind word tot die lente –
ewening, wat ongeveer ses maande voor en na plaasvind na die herfs
-ewening plaasvind. As die herfsfeeste verbind word met die herfs –
eweninge gedurende die middel van die jaar, dan moet die lente feeste
verbind word met die lente – ewening met die begin van die jaar.
Dit
is baie belangrik om hier op te let dat die Fees van die Insameling
direk verbind word met die herfs – ewening, daarom vir ons ten
einde om te voldoen aan die Bybelse mandaat, moet die Fees van die
Insameling, op, of baie naby aan die herfs – ewening gevier word.
(1a)
Is hierdie die ooreenkoms vir berekening van die Nuwejaar met die
verskyning van die eerste Nuwemaan na die lentenagewening?
Nee,
nie altyd. Somtyds, wanneer hierdie metode gebruik word die
berekening van die Fees van die Insameling wat gevier is, op of naby
die herfs – ewening. Somtyds, alhoewel, die Fees van die
Insameling, te voorskyn gekom tot en met 5 weke na die herfs –
ewening! (soos dit die geval was gedurende 2015, as hierdie metode
gebruik word.)
(1b)
Is hierdie die ooreenkoms vir berekening van die Nuwejaar, volgens
die Nuwemaan wanneer dit die naaste is aan die lente- ewening.
Ja,
altyd. Deur die gebruik van hierdie metode, sal die Fees van die
Insameling voorkom of op of naby die herfs – ewening. Die vroegste
wat die Fees sal aanbreek is ongeveer 7 tot 10 dae voor die herfs –
ewening. Die laatste wat die Fees sal voorkom is ongeveer 3 weke na
die herfs – ewening. (Dit is eintlik ʼn vrysinnige skatting, wat
ons nie in een enkele geval gevind het dat die Fees sou voorkom ʼn
hele 3 weke na die ewening, en wanneer hierdie metode gebruik word.)
Die
Gevolgtrekking:
Die
enigste beslissende baken wat in die Skrif gegee word vir die
identifisering van die behoorlike metode vir die berekening van die
Nuwejaar is die herfs – ewening. Eksodus 34 vers 22 meld dat die
fees van Insameling (gedurende die sewende maanmaand), en wat gevier
moet word op die tekufah, wat in die konteks is van die herfs –
ewening. Dit is nie volhoubaar om hierdie opdrag te handhaaf wanneer
daar altyd vir die Nuwejaar bereken moet word met die verskyning van
die eerste Nuwemaan na die lente – ewening. As ons die Nuwejaar
bereken volgens die Nuwemaan naaste aan die lente – ewening, en
alhoewel daar aan die Bybelse bevel konsekwent voldoen word. Kan ons
nie hier volstaan…
(2)
Wat vertel die historici van die 1ste eeu ons van die Nuwejaar?
Philo,
ʼn Grieks Joodse Filosoof wat geleef gedurende en na die Verlosser se
aardse bediening, het baie besonderhede opgeteken in verband met die
Bybelse kalandering gedurende die 1ste eeu. In die aanhaling benede,
bevestig Philo dat die Fees van die Ongesuurdebrode verbind is tot
die lente – ewening, en die Fees van die Insameling verbind is tot
die herfs – ewening.
“Met
die eerste seisoen, en die naam wat hy gegee het as die lente, en met
sy ewening, het hy georden wat genoem word die Fees van die
Ongesuurdebrode, en wat gevier moet word vir sewe dae, en alles wat
hy bekend gemaak het moet gelyk geag word volgens die gebruik wat aan
hulle aangewys is. Hy het beveel dat tien offerandes geoffer moet
word elke dag met die verskyning van die nuwemaan, en volledige
verbrande offers met die totaal van sewentig, alles as deel van die
sondeoffers. Hy het die sewe dae van fees beskou, dat dit in
dieselfde verhouding staan tot die ewening wat voorkom gedurende die
sewende maand, en wat die nuwemaan is tot die maand.” (Philo,Special Laws I (181-182) [Colson’s Translation]) [Let wel:
Philo sê hier dat die herfsewening voorkom gedurende die sewende
maand, net soos die Skrif dit aandui – Eksodus 34 vers 22.]
“Tot sewe gee hy die hoof
feeste wat verleng is vir baie dae, twee feeste, dit is vir die twee
eweninge, en elke oorblywende sewe dae, die eerste in die lente tot
die rypheid van die gesaaide gewasse, en om dit te vier, die tweede
in die herfs vir die insameling van al die vrugte van vrugtebome…”
(Philo, The Decalogue (161) [Colson’s Translation])
“…omdat dit die algemene fees
was van die Jode gedurende daardie tyd van die herfs – ewening, en
gedurende daardie tyd, wat as ʼn gebruik was vir die Jode om in tente
te woon.” (Philo, Flaccus XIV (116) [Yonge’s Translation])
[Let wel: Hierdie aanhaling verwys na die Fees van die Insameling, en
wat ook genoem word die “Huttefees” of die “Fees van
Tente,”waarin die Israeliete in moet woon vir sewe dae.” Lees
Levitikus 23 vers 39 tot 42.
Flavius
Josephus, ʼn Romeinse Joodse geleerde van die 1ste eeu, werp meer lig
op hierdie saak en deur dit te bevestig vanuit ʼn ander hoek vir ons
om dit te verstaan. Josephus se opmerking van die stand van die
son in verhouding tot die sterre met die tyd van die sterre
tydens Paasfees.
“Gedurende
die maand van Xanthicus, en wat deur ons genoem word Nissan, en wat
die begin van ons jaar is, en op die veertiende dag van die maan
maand, wanneer die son se stand is volgens sterreteken van die Ram
is, (omdat dit was gedurende hierdie maand wat ons onder Egipte bevry
is van slawerny), die wet vereis dat ons elke jaar daardie offer slag
wat Ek julle beveel het te die slag toe ons Egipte verlaat het, en
wat die Pasga genoem is…” (Flavius Josephus, Antiquities
of the Jews, Book III, Chapter 10, paragraph 5, http://www.ccel.org/ccel/josephus/complete.ii.iv.x.html)
Voor
ons kommentaar lewer oor hierdie interessante aanhaling deur
Josephus, is dit noodsaaklik dat ons die volgende verstaan: Die
hemelewenaar met betrekking tot die sterre, is nie dieselfde as wat
dit was in die dae van Josephus. In die 1ste eeu, en sou die lente –
ewening plaasvind net soos die son die teken van Ram binnegaan.
Vandag, alhoewel, die ewening plaasvind gedurende die sterreteken van
die Visse.

Bo: Ewening, 31 n.C. – Let wel dat die Ram in die onmiddellike pad van die son is wat volg op die ewening.
Ofskoon,
ons nie dieselfde konstellasie vandag kan gebruik as wat hulle
gebruik het gedurende die 1ste eeu vir die bepaling vir die begin van
die jaar, kan ons met redelikheid en deur ʼn graad van sekerheid
bepaal hoe die Nuwejaar bereken is in verhouding tot die ewening.
Laat
ons weer kyk na Josephus se aanhaling:
“Gedurende
die maand van Xanthicus, en wat deur ons genoem word Nissan, en wat
die begin van ons jaar is, en op die veertiende dag van die maan
maand, wanneer die son se stand is volgens sterreteken van die Ram
is, (omdat dit was gedurende hierdie maand wat ons onder Egipte bevry
is van slawerny), die wet vereis dat ons elke jaar daardie offer slag
wat Ek julle beveel het om te slag toe ons Egipte verlaat het, en wat
die Pasga genoem is…” (Flavius Josephus, Antiquities of the
Jews, Book III, Chapter 10, paragraph 5, http://www.ccel.org/ccel/josephus/complete.ii.iv.x.html)
Hier,
verklaar Josephus duidelik dat die Pasga geonderhou was toe se stand
in die sterreteken van die Ram was.
(2a)
Is Josephus se getuienis konsekwent deur altyd die berekening van die
eerste Nuwemaan na die lente – ewening as die begin van die jaar?
Nee.
As hulle vereis het gedurende die 1ste eeu dat die eerste Nuwemaan na
die lente – ewening, dat dit altyd die begin was van die jaar, sou
Paasfees somtyds geonderhou moes word as die son se stand is in die
sterreteken van die Bul (die vorige teken van die Ram). Somtyds sal
hierdie metode die Paasfees in die sterreteken van die Ram plaas, en
somtyds nie.

(2b)
Is Josephus se getuienis konsekwent vir die berekening van die
Nuwemaan naaste aan die lente – eweninge soos aan die begin van die
jaar?
Ja.
As die Nuwemaan in die 1ste eeu naby was aan lente – ewening, en as
dit as die begin van die jaar erken was, sou die Paasfees gereeld
voorkom in naby sterreteken van die Ram. Die gebruik van hierdie
metode sal baie meer konsekwent volgens die getuienis van Josephus
wees.

Bo: 31 n.C. Die berekening van die Nuwemaan naaste aan die lente – ewening vir die begin van die jaar sou die Paasfees laat voorkom op (die 14de van die maan maand) volens die sterreteken van die Ram, en is dit ʼn ooreenstemming met Josephus se getuienis.
Laat
ons nou die merkwaardige gedeelte van Eusebius se Kerk Geskiedenis
ondersoek. Eusebuis was ʼn Romeinse historikus wat ongeveer gelewe
het gedurende 260 n.C. tot 340 n.C. In die volgende gedeelte haal hy
aan uit die Kanons van Anatolius oor die Pasga (Paasfees)
Feesvieringe.
“Dit
is nie ons eie mening, maar was dit bekend aan die Jode van die
outyd, en selfs voor Christus, en was dit getrou geonderhou deur
hulle. Die volgende mag geleer word wat gesê is deur Philo,
Josephus, Musaes, en nie alleenlik van hulle, maar ook in die
besonders van die outyd, en die twee Agathobuli, wat vernoem as die
“Meesters,” en die gewilde Aristobulus, wat gekies is as deel van
die sewentig verklaarders van heilige en goddelike Hebreeuse
Geskrifte deur Ptolemy Philadelphus en sy vader, en wat ook sy
eksegetiese boeke oor die wet van Moses verklaar het aan dieselfde
konings. Hierdie skrywers, het vrae verduidelik ten opsigte oor
Eksodus, en dat daar gesê dat almal op dieselfde manier
paasofferandes moet bring na die lente – ewening, gedurende die
middel van die eerste maand. Maar dit het plaasgevind terwyl die son
deurbeweeg deur die eerste gedeelte van die sonnestelsel en soos
sommiges dit noem die diereriem. Aristobulus voeg by dat dit nodig is
vir viering van die Pasga, en dat nie alleenlik is dat die son moet
deur beweeg deur die ewening, maar ook die maan. Omdat dat daar twee
gedeeltes van eweninge is, die lente – ewening, en die herfs –
ewening, en is hulle direk teenoorgesteld van mekaar, en die dag van
die Pasga wat aangewys is as die veertiende van die maand, met die
begin met die aanbreek van die aand, en die maan se stand lynreg
teenoor die son, soos dit gesien word met die volmaan, en die son in
die gedeelte van die lente – ewening, en die maan noodwendig in die
gedeelte van die herfs [ewening].” (Eusebius’ Ecclesiastical
History, Book 7, Chapter 32, http://www.newadvent.org/fathers/250107.htm)
Vanuit
hierdie aanhaling, kan ons die volgende aflei:
-
Dat
Paasfees nie kan plaasvind voor die ewening:“…
dat almal die Paasfeesofferinge
moet vier na die lente – ewening, gedurende die middel van die
eerste maand.” - Die
volmaan moet verskyn na die ewening:
“Aristobulus
voeg by dat dit nodig is vir die viering van die Paasfees, dat dit
nie alleenlik die son is, wat moet deurbeweeg deur die gedeelte van
die ewening, maar ook die maan. Deurdat daar twee gedeeltes van
eweninge is, nl. Die lente – ewening en die herfsewening, en is
hulle teenoorgesteld van mekaar, en die dag vir die viering van Pasga
was aangewys as die veertiende van die maand, en met die begin van
die skemer, en met die maan se stand lynreg teenoorgesteld van die
son, soos gesien word met die volmaan, en dat die son in die gedeelte
van lente – ewening is, en die maan noodwendig in die gedeelte van
die herfs [ewening].”
Met
die oogopslag mag dit lyk na geheel en al, na ander maatstawwe. Deur
hierdie aanhalings van naderby te ondersoek, en alhoewel, wat dit
eintlik openbaar is dat dit baie meer, en ʼn akkurate manier is van
wat ons alreeds geleer is, tot op hierdie punt, naamlik dat dit die
Nuwemaan is wat die naaste is aan die lentenagewening wat die begin
van die jaar is. Die hoofdoel is dat daar gefokus word op die
volmaan, wat onverbiddelik verbind is tot die Pasga en die Fees van
die Ongesuurdebrode. Die volmaan is die draaipunt van die maan –
maand, en dui dit die middel aan van die maansiklus. As die volmaan
in (die middel van die maan siklus) voorkom selfs kort voor die
lentenagewening, sal die volgende Nuwemaan in werklikheid naaste aan
die ewening wees. Dit is nie so eenvoudig as die tel van die aantal
dae tussen elke Dag van die Nuwemaan en die ewening, omdat dae nie
noodwendig ʼn akkurate aanduiding is vir die middel van die
maansiklus. Dit is om te sê dat die ware middel van die maan –
maand (bv. die volmaan) nie altyd ooreenstem met die 14de dag van die
maand, en ook nie altyd ooreenstem met die 15de van die maand. (Die
feit dat daar uitsonderlike geleenthede was dat die maan nie 100% ʼn
volmaan was tot op die 16de dag van die maan – maand. Kliek hier
vir nog meer.) Daar word gesê dat ons eenvoudig verkeerd sal wees as
ons net eenvoudig die aantal dae tel tussen elke Dag van die Nuwemaan
en die ewening. Deur seker te maak dat beide Paasfees (die 14de dag
van die maan – maand) en die volmaan voorkom na die ewening bly die
dit die ware toets. Benede is daar ʼn illustrasie van wat dit werklik
is, en waarna Aristobulus verwys het toe hy verklaar het,
“Aristobulus voeg by dat dit
nodig is vir die viering van die Paasfees, dat dit nie alleenlik die
son is, wat moet deurbeweeg deur die gedeelte van die ewening, maar
ook die maan. Deurdat daar twee gedeeltes van eweninge is, nl. Die
lentenagewening en die herfsewening, en is hulle teenoorgesteld van
mekaar, en die dag vir die viering van Pasga was aangewys as die
veertiende van die maand, en met die begin van die skemer, en met die
maan se stand lynreg teenoorgesteld van die son, soos gesien word met
die volmaan, en dat die son in die gedeelte van lentenagewening is,
en die maan noodwendig in die gedeelte van die herfs [ewening].”
Bo: Is dit ʼn illustrasie van wat gebeur met die verskyning van die eerste volmaan na die ewening. Die groen sirkel verteenwoordig die telling kloksgewys van die pad van die son en maan. Let daarop dat die beide die son en die maan die ewenaar van die sterrestelsel oorgesteek het, (wat verteenwoordig word deur die rooi lyn) en geplaas is lynreg teenoor mekaar by die “ewenings punte” die son by die lentenagewening en die maan by die herfsewenings punt, soos dit presies beskryf is deur Arostobulus en ook volgens Eusebius.
Dit
is baie merkwaardig! As ons die Nuwejaar berekening volgens die
Nuwemaan naaste aan die lentenagewening, wat as dit reg toegepas
word, sal die Paasfees plaasvind en die verskyning van die volmaan na
die ewening, en sal ons dan in harmonie wees met die kalender
besonderhede soos opgeteken deur Eusebius. (Dit is hier van geen
waarde dat die verklarings van Aristobulus oor die nodigheid van die
lentenagewening voor die volmaan van die eerste maand, en sal dit
natuurlik voorkom weke na die ewening. Die feit is Aristobulus het
gedink dat dit nodig om kommentaar te lewer oor hierdie gebruik, en
het hy voorgestel dat die volmaan van die eerste maand sal somtyds
voorkom naby aan die lentenagewening.)
Nota:
As byvoeging om konsekwent te wees met Eusebius se kommentaar oor
Bybelse kalandering beginsels, en die versekering dat Paasfees altyd
plaasvind na die lentenagewening is ook baie logies, omdat dit sal
verseker dat net een Paasfees onderhou sal word gedurende een
sonjaar, (vanaf lentenagewening tot lentenagewening).
(2c)
Is die historiese opgetekende ooreenkoms vir die berekening van die
Nuwejaar volgens die verskyning van die eerste Nuwemaan na die
lentenagewening?
Nee.
Die berekening van die Nuwejaar met die verskyning van die eerste
Nuwemaan na die lentenagewening:
-
….
sal die Fees van Insameling somtyds ʼn redelike tyd na die
herfseweninge wees, wat nie in harmonie is met Philo`s se getuienis
(of Geskrifte). -
….
en sal dit somtyds toelaat dat die herfseweninge plaasvind gedurende
die ses maande, wat nie in harmonie is met Philo`s se getuienis (of
Geskrifte).
-
…en
sou somtyds die stand van die son plaas in die sterreteken van die
Visse (redelik verby die sterreteken van die Ram) met die tyd van
die Paasfees gedurende die eerste eeu, en is dit nie in harmonie is
met Josephus se getuienis.
(2d)
Is die historiese opgetekende ooreenkoms vir die berekening van die
Nuwejaar volgens die Nuwemaan naaste aan die lentenageweninge?
Ja.
Die berekening van die Nuwejaar volgens die Nuwemaan naaste aan die
lentenagewening (wat korrek toegepas word sal altyd die volmaan en
die Paasfees plaas na die eweninge), en is die konsekwent met die
getuienis van Philo, Josephus, en Eusebius.
Die
Gevolgtrekking:
Die
getuienis van die vroeë historici dui aan dat dit die Nuwemaan is
wat naaste is aan die lentenagewening wat die begin van die jaar is
(wat as dit korrek vertolk word altyd die volmaan en die Paasfees
plaas na die ewening). ʼn Mens kan nie die harmonie onderhou met
die getuienis van Philo en Josephus, terwyl daar vasgehou tot die
eerste Nuwemaan na die ewening en die metodologie vir die berekening
van die Nuwejaar.
(3)
Die Skrif wys daarop dat die son, maan, en sterre gebruik moet word
vir tydhouding. (Genesis 1 vers 14 tot 16)
(3a)
Wanneer die berekening van die Nuwejaar deur die verskyning van die
eerste Nuwemaan gedoen word na die lentenagewening, word al drie in
berekening gebring (die son maan, en sterre)?
Nee.
Josephus se getuienis van hoe die sterre (bv. die sterreteken van die
Ram) ooreenstem met Paasfees van die eerste eeu moet dit buite
rekening gelaat word ten einde om daaraan vas te hou aan hierdie
metode van berekening.
(3b)
Wanneer die berekening van die Nuwejaar deur die Nuwemaan gedoen word
naaste aan die lentenagewening, word al drie in berekening gebring
(son, maan, en die sterre)?
Ja.
Hierdie metode is in harmonie met Josephus se getuienis van hoe die
sterre (bv. die sterreteken van die Ram), ooreenstem met die Paasfees
gedurende die eerste eeu.
Nota:
Alhoewel die son regoor die hemelewenaar deur beweeg, het dit
verander in verhouding tot die sterre sedert die dae van Josephus, en
kan ons steeds die sterre gebruik in ʼn mate om die begin van die
Nuwejaar te bevestig. Terwyl dit moontlik mag wees vir die son in ʼn
uitsonderlike geleentheid, om die sterreteken van die Ram te bereik
met Paasfees, sal die son meer dikwels in die sterreteken van die
Visse met Paasfees. Vandag, sal die son altyd in die sterreteken van
die Visse wees met die gebeurtenis van die lentenagewening, en in die
sterreteken van die Maagd met die gebeurtenis wanneer die
herfsewening plaasvind.
Die
Gevolgtrekking:
Die
berekening van die Nuwejaar as die Nuwemaan die naaste is aan die
lentenagewening en is dit getrou tot die Skrif, en as dit
inberekening gebring word, en in harmonie met die historiese
getuienis van hoe die sterre (bv. die konstellasie van die Ram) in
ooreenstemming is met die Paasfees van die eerste eeu.
(4)
Volgens die Maan Siklus, is daar sewe jare van 13 maan maande
gedurende ʼn 19 jaar siklus: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16
17 18 19
(4a)
Is dit die Maansiklus wat onmiskenbaar is, vir die berekening van die
Nuwejaar naaste aan die lentenagewening?
Ja.
Dit is alleenlik die bewys van ons Skepper se wonderbaarlike wese.
Die vestiging van die Maansiklus bewys nie enige besonderse metode
van berekening, maar is dit die moeite werd om dit te bestudeer, en
wys dit aan ons waar ons is in die groot skema van die 13 maande
siklus gedurende 19 jaar. (Sien die Kaart van die Maansiklus.)
(5)
Daar sal twee maanverduisterings wees (en wat dikwels genoem word “
ʼn bloed maan”) gedurende 2014 en twee algehele maansverduisterings
gedurende 2015 (4 in totaal, ʼn “tetrade”). Kan dit dalk ʼn teken
wees aan die getroues van Yahuwah vir die korrekte metode vir die
berekening van die Nuwejaar?
Gegee
die geweldige belangrikheid wat die Skrif plaas op die
hemelseliggame, en is dit nie onredelik om tot die gevolgtrekking te
kom dat hierdie maansverduisterings ʼn feit, en as ʼn goddelike
merkteken, en dat hulle ooreenstemming met die jaarlikse feeste dit
nie arbitrêr is.
“Hy
bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name. Onse Elohim
is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.” (Psalm 147
verse 4 en 5.)
“Slaan julle oë op in die
hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare
uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die
grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie
een gemis nie.” (Jesaja 40 vers 26.)
(5a)
Sal hierdie verduisterrings ooreenstem met die eerste dag van die
Ongesuurdebrode, en die eerste dag van die Huttefees, vir beide jare
wanneer daar vir die berekening van die Nuwejaar volgens die eerste
Nuwemaan, en die lentenagewening gevra word?
Nee.
Hulle sal nie ooreenstem, alleenlik met die Feeste gedurende 2014.
Die Feeste gedurende 2015 sal een maand later plaasvind, later as die
verduisterings.
(5b)
Sal hierdie verduisterings ooreenstem met die eerste dag van die
Ongesuurdebrode, en die eerste dag van die Huttefees gedurende beide
jare wanneer daar berekenings gedoen vir die Nuwejaar volgens die
Nuwemaan naaste aan die lentenagewening?
Ja.
Hulle sal ooreenstem met die Feeste van beide jare (2014 en 2015).
Die
Gevolgtrekking:
Dit
sal onverantwoordelik wees vir Yahuwah se getroues om nie ag te slaan
op die tekens wat plaasvind in die hemele gedurende hierdie laaste
dae. Dit is Yahuwah se hand wat alles onderhou en die rig van die
Skepping. In hierdie sluitings oomblikke, moet Yahuwah se getroues
besonder in gedagte wees en ook opmerksaam van wat alles plaasvind in
die hemele.
En
Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde,
bloed en vuur en rookdamp.
Die son sal verander in duisternis en
die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here
kom. (Lees Handelinge 2 verse 19 en 20.)
Nota:
Dit is nie noodwendig die bedoeling om bewyse te wees ten gunste van
die gebruik van die Nuwemaan naaste aan die lentenagewening vir die
berekening, omdat daar tetrade van maanverduisterings was in die
onlangse jare (bv. 1967 tot 1968) wat nie in ooreenstemming was met
die feeste, deur die gebruik van hierdie manier van berekening.
Alhoewel, dit baie interessant om te let op hierdie verskynsel.
WLC glo, en wat gerond is op Eksodus 34 vers 22 se mandaat, dat die Bybelse Nuwejaar bereken word deur die verskyning van die Nuwemaan naaste aan die lentenagewening. Hierdie historiese kommentaar oor hierdie saak word ondersteun wat net alleenlik uit die Skrif geneem is. |
1 Eksodus
9 vers 31 wys daarop dat die gars en die vlas was naby om ryp te
word toe hulle vernietig is deur die plaag van hael. Deur hierdie
weet ons dat dit in die tyd van die lente was, of naby aan die
lente.
2 Daar
is ongeveer 180 dae tussen die herfsewening en die lente –
ewening.
3
Die
offerandes van die eerste vrugte moes plaasvind op die 16de dag van
die eerste maand, en wat gevolg word deur die Sabbat van
Ongesuurdebrode. (Lees Levitikus 23 verse 9 tot 11.)