Die heelal het met ingehoue asem gewag. Dit
was ʼn ramp wat geen een hulle kon voorstel. Die moontlikheid van verlies was
grensloos. Nog nooit tevore het daar ʼn krisis bestaan van die omvang. Wat sal
Yahuwah doen? Wat kan Yahuwah doen?
Toe Satan Adam en Eva verlei het om sonde te doen, was dit nie ʼn
spontane handeling. Dit was ʼn versigtige geslepe, en goed beplande aanval in
die eerste plek teen die grondigheid van die goddelike regering. Die aanslag
was teen die goddelike wet, waarop die geluk van alle geskape wesens rus. Die
goddelike wet is ʼn afskrif van die goddelike persoonlikheid. Die sonde het die
opregte persoonlikheid van Yahuwah onder bespreking gebring wat vanaf die
ewigheid LIEFDE is: “want die liefde is uit Yah, en elkeen wat liefhet, is uit Yah
gebore en ken Yah. Hy wat nie liefhet nie, het Yah nie geken nie, want Yah is LIEFDE.” (1 Johannes 4 vers 7 en 8)
Satan het geglo dat hy Yahuwah in ʼn ontmoontlike posisie vasgevang het.
Die dekreet van die goddelike wet het as straf vir alle oortredings die dood
vereis. As Adam en Eva sondig en van die vrugte eet van die Boom van die Lewe,
sou hy oorwin deur onsterflike sondaars te besit, en daardeur Yahuwah tot ʼn leuenaar
maak. Aan die anderkant as Yahuwah die skuldige paar gestraf het met die dood,
kon Satan Hom beskryf het as wraaksugtig en onvergewensgesind. As Yahuwah hulle
vergewe het sonder straf, sou Satan dit steeds eis dat Yahuwah ʼn leuenaar is – vir die verandering van Sy wet om sondaars te
vergewe.
Gedurende die tyd van sombere gevaar, het Yahuwah Sy wysheid getoon, en
Satan verras met ʼn eienskap van Sy goddelike karakter wat voorheen onbekend aan
hom was. Yahuwah het Sy genade aan Adam en Eva uitgebrei. Dit het Satan met
verrassing oorval. Omdat hy het nie genade verstaan nie.
Genade is,“die vrye onverdiende liefde en guns van God…..” (Noah
Webster, American Dictionary of the English Language, 1828) So was daar niemand
wat ooit gesondig het nie, en so het niemand ooit genade tevore benodig. Dit
was ʼn onbekende eienskap.
Toe daar gekonfronteer was oor die verskriklike nood van sonde, het
Yahuwah Sy onverdiende genade uitgebrei om vergiffenis aan die gevalle mens te
gee te gee, en terwyl daar op dieselfde tyd het Hy nie die goddelike wet
verander. Het hy die belofte van Sy Seun gegee om in die plek van die skuldige
mens te sterwe. “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe
van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua die Gesalfde,
onse Meester.” (Romeine 6 vers 23, Die Herstelde Name van die Skrif)
Toe daar aan Nikodemus deur die Verlosser verduidelik is oor hierdie
wonderlike en wettige ooreenkoms het die Verlosser gesê: “Want so lief het Yahuwah
die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom
glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want Yahuwah het sy
Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die
wêreld deur Hom gered kan word.” (Lees Johannes 3 verse 16 en 17.)
Deur die offer van die lewe van Sy seun, kon Yahuwah verklaar:…” om sy
geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees
en regverdig maak wie uit die geloof in Yahushua is.” (Romeine 3 vers 26) Die
wet wat nie kon verander word omdat dit is, “Dus is die wet heilig en die gebod
is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7 vers 12.), sou bly staan, maar die sondaars
is ʼn tweede kans gegun om ʼn in
gehoorsaamheid te kan kies om te lewe, of om te rebelleer en te sterwe. Hulle
is toegelaat vir ʼn tweede kans om te
kies omdat daar aan die behoeftes van die wet vervul is deur die dood van
Yahushua.
Paulus het die verreikende gevolge begryp en
die belangrikheid van hierdie goddelike handeling toe hy geskryf het:
“In Hom het ons die verlossing
deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade, wat
Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, deurdat Hy aan ons
die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself
voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël, met
die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder
een hoof in Christus te verenig in Hom” (Efesiërs 1 vers 7 tot 10.)
Sekerlik sal almal saamstem dat Yahuwah liefde is toe Hy die sondaars
vergewe het en dat Hy sagmoedig was toe Hy sondaars vergewe het. Paulus wys
daarop dat Hy wys en verstandig was! Dit klink amper na verwaandheid om te sê
dat Yahuwah wys en verstandig is, toe Hy gekies het om te vergewe.
“Verstandigheid se bedoeling is
om versigtig te wees asook om doel bewus te wees en moet daar ook raadpleging
wees vir die mees geskikte manier vir die bereiking van kosbare doelwitte, en
deur die toepassing van spitsvondigheid [wysheid], en vir die oordeelkundigheid
daarvan om hulle te kies. Verstandigheid
verskil van wysheid op die manier, omdat verstandigheid die bedoeling het om meer
versigtig te wees om te voorsien aan weerhouding as wysheid, en word dit meer uitgeoefen in die voorsiening vir die
vermyding van kwaad, vir die bedink en
uitvoering van wat goed is.” (Noah Webster, American Dictionary of the English
Language, 1828)
Paulus kon noem dat Yahuwah wys en verstandig was omdat hy die plan van verlossing begryp het, en dat die
goddelike wet gevestig is tot in ewigheid as heilig en onveranderlik, terwyl
daar steeds verlossing en redding is vir die verlore ras. Hierdie raaiselagtige maar omsluitende plan
het gevra vir die Verlosser van die Mensdom om beide te wees, asook die
Verlosser en as die Ouer broer van elke seun en dogter van Adam. “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het
Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun,
sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.” (Romeine 8 vers 29)
Yahushua is die Verlosser ooreenkomstig dat dit Sy dood was wat dit
toegelaat het dat Yahuwah regverdig is, en dat Hy nog steeds regverdig is vir
sondaars. Hierdie waarheid word gepredik
waar ook al die Christendom gehoor word.
Wat minder verstaan word is, dat die Hoofman van ons Verlossing ook ons
Ouer Broer is.
As ons Ouer Broer, het Yahushua voorsien aan ʼn voorbeeld hoe om ʼn
sondelose lewe te lei. Dit is ʼn kragtige
waarheid wat Satan probeer om te versteek het deur ʼn verskeidenheid van leuens. Een van die mees wydverspreide leuens is die
geloof dat Yahushua die natuur van Adam aangeneem het voor sy val. Dit is ʼn
probleem omdat die natuur van Adam was verskillend gewees voor sy val, en kan Hy
nie regtig ons Ouer Broer wees en vir ons as voorbeeld omdat Hy sou bevoordeel
gewees het bo ons. Dit sou Satan se oorspronklike aanklagtes ondersteun dat
Yahuwah nie liefdevol en onregverdig is.
Yahushua het ons natuur aangeneem.
Hy het alles ondervind en elke ontbering beleef soos enige kind van
Adam. Paulus spoor ons aan oor hierdie
feit as die hoofrede vir die geloof in Hom as ons Verlosser!
“Terwyl ons dan ʼn groot
Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van
God, laat ons die belydenis vashou. Want
ons het nie ʼn hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een
wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon
van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op
die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4 verse 14 tot 16)
As die Verlosser nie die selfde natuur as ons gehad het wat ons deel,
kon Hy nie ʼn voorbeeld vir ons wees. Buitendien,
sou die hele plan van verlossing vernietig gewees het as Yahushua die natuur
aangeneem het voor sy val, omdat geen wese ooit onderwerp was aan die dood
terwyl hy in besit was van ʼn ongevalle natuur.
Die feit dat Yahushua versoek is, “ volgens al die maniere waaraan ons
blootgestel is, en tog nog sonder sonde was, verskaf aan ons elkeen die
aanmoediging om te oorwin in dieselfde manier as wat die Verlosser oorwin het. Die geheim van Yahushua se volgehoue
oorwinning in die stryd oor sonde en Satan word gevind in Sy volgehoue vertroue
in Sy Vader se mag. Hy het dit duidelik gestel: “Ek kan uit Myself niks doen
nie.” (Johannes 5 vers 30) Deur te vertrou op Sy Hemelse Vader, was Yahushua
voorsien aan die mag om ʼn sondelose lewe te lei, en om in geregtigheid te
oorwin soos ons almal ook kan oorwin. Hy
het geen mag uitgeoefen wat nie ook ons voorreg is om uit te oefen, en deur die
geloof in Hom. As Yahushua op enige
manier ʼn groter voordeel gehad het oor diegene waarvoor Hy gekom het om te
verlos, dan sou die aanklagte van Satan teen Yahuwah geslaag het, wat as
onregverdig is, en dat dit bewys sou word as waar.
Die Skrif dui duidelik daarop dat Yahuwah is
beide genadiglik en regverdig is.
Dus verklaar Yahuwah:
“So sê
die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie,
en laat
die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie,
laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;
maar laat hy wat wil roem,
hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken,
dat Ek Yahuwa is wat goedertierenheid, reg en
geregtigheid op die aarde doen;
want in
dié dinge het Ek ʼn behae, spreek die Yahuwah.” (Lees Jeremiah 9 vers 23 tot 24)
Dit sou nie regverdig wees om van die mensdom ʼn hoër standaard te
verwag as wat benodig sou wees vir Yahuwah se eie Seun. Ewemin sou dit
genadiglik wees om oortreders te straf wat misluk in die verkryging van die hoë
vereiste tensy daar vrylik oorwinning aan almal aangebied is. Die plan van
verlossing stil al Satan se aanklagte teen die goddelike regering. Die kruis
het geregtigheid en genade saamgevoeg in ʼn verbintenis wat nooit verbreek sal
word. “ Gewis, sy heil is naby die wat
Hom vrees….Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus
mekaar.” (Psalm 85 verse 9 en 10.)
Baie Christene glo vandag dat hulle sal sondig en dat hulle sal aanhou
sondig tot op die Wederkoms. Dit is ʼn leuen van die duiwel. Die laaste boek van die Bybel bevat ʼn
ernstige waarskuwing dat almal waaksaam moet wees: “En kyk, Ek kom gou, en my
loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” (Openbaring 22 vers
12) Daar sal geen tweede kans gegee word met die
Wederkoms. Wanneer Hy kom bring Yahushua
Sy beloning saam met Hom. Dit is nou die
tyd om om jou lewe gereed te maak. Nou,
terwyl genade steeds talm, is dit tyd om oor te gee aan Yahuwah en Sy hulp te
aanvaar vir die oorwinning oor alle bekende sondes. Sy liefdevolle uitnodiging is verleng:” Of
hulle moet my beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.”(Jesaja
27 vers 5)
Yahuwah is ten volle bewus van elke besonderse iets van jou: jou hoop,
jou drome, jou stryd, jou swakheid, jou geheime sondes waarvan niemand bewus is
– en is Hy tog lief vir jou. “ En daar
is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë
van Hom met wie ons te doen het.” (Hebreërs 4 vers 13)
Yahuwah is liefde, Yahuwah is regverdig. As ʼn regverdige en genadige Hemelse Vader,
verwag Hy nie die ontmoontlike vir Sy Aardgebonde kinders. Hy is bewus dat ons nie die krag in onself
besit om te oorwin in erfsondes en aangekweekte boosheid. Dit is waar menige misluk. Wanneer hulle vir die eerste keer Christene
word, aanvaar hulle deur geloof Yahuwah se vergiffenis van sondes van die
verlede. Maar as hulle misluk in
beginsel van vaste oorwinning in die daaglikse lewe, deurdat hulle begin om te
lewe of oorwinning skielik afhanklik vanaf hulle. Dit is nie so nie. Mislukking is die lot van almal wat staat
maak op hulle eie krag vir die oorwinning van sonde.
Die geheim hoe om die sonde te oorwin word openbaar in Filippense 4
vers 13:” Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Deur’n volmaakte lewe te lei terwyl die las van die
natuur van Adam gedra word na die sondeval, het Yahushua die sonde van die
vlees veroordeel, en sodoende verseker vir die oorwinning vir almal, wat deur
die geloof Sy oorwinning eis ter wille van hulle
self.
“Want dit het Hom betaam, ter
wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die
heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te
volmaak. Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal
uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie.” (
Hebreërs 2 verse 10 en 11)
“Aangesien die kinders dan
vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig
geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood
het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees
vir die dood aan slawerny onderworpe was.Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor
die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Daarom moes Hy
in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue
hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot Yahuwah staan, om die
sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het,
kan Hy dié help wat versoek word.” (Hebreëers 2 verse 14 tot 18)
Volledige en oorvloedige hulp word voorsien aan almal wat vertrou in
alles van hulle Skepper en Verlosser. Die boek van Jeremiah bevat ʼn mooi
belofte aan almal wat deur geloof Yahushua se oorwinning eis oor die sonde:”
Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit,
spreek Yahuwah: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en
Ek sal vir hulle ʼn Elohim wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees.” (Jeremiah 31
vers 33.)
Neem vandag Yahuwah op Sy woord, en kies vandag om Sy
redding te aanvaar wat Hy aan jou beskikbaar stel. “as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir
die een wat glo.” (Markus 9 vers 23)