Namate lig steeds net toeneem op die
Skepper se aangestelde metode van tyd houding, die luni-solar kalender, so is
dit ook met die teenstand teen hierdie
waarheid. Nes een kwessie opgelos word, word `n ander in sy plek
voorgestel.
Een objeksie, in besonder, wat dikwels aangehaal
word deur diegene wie nie in eerlikheid tyd gemaak het om `n deeglike studie
van hierdie belangrikste onderwerp te maak
nie, is die Bybelse beskrywing van die manna. Sommige gebruik
Skriftuurlike stilte oor hoe manna verwant is aan Nuwe Maan Dae en die 30ste
dag van die maand as `n “bewys” dat die Lunar Sabbat nie Bybels is nie.
Die objeksie klink byna so:
“Exodus 16 verklaar dat die manna net op die ses werksdae moes geval
het, maar nooit op die Sewende Dag Sabbat nie. Daar is geen verslag van manna in verband met Nuwe Maan Dag of die 30ste dag van die maand nie. Daarom moes die Israeliete `n voortdurende
sirkulerende weeklikse siklus onderhou het , net soos ons vandag het.”
Hoewel dit waar is dat Exodus 16 nie
besonderhede voorsien van hoe die manna verwant is aan Nuwe Maan Dag of die 30ste van die maand nie1 ,
is die Skrifte nie heeltemal stil omtrent die saak nie. Dit was van die
veronderstelling uitgegaan dat die kinders van Israel net manna vir veertig jaar
geëet het. Dit, is eenvoudig maar net nie waar nie.
In Exodus 12:30-32, lees ons:
“Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die
Egiptenaars, en daar was `n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie was nie.
Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my
volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien Yahuwah soos julle gespreek het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek
het, en seën my ook.” (Sien Exodus 12:30-32)
Toe Farao eindelik ingestem het om Israel
te laat trek, het hy hulle weggestuur met al hul skape en hul bees kuddes.
Hoewel ons nie met sekerheid kan sê presies hoeveel lewende hawe die kinders
van Israel saam met hulle geneem het nie, kan ons met veiligheid tot die
slotsom kom dat hulle ten minste in die honderde duisende kon getel het want
daar was 600 000 manne, behalwe die vroue en die kinders, wat Egipte
verlaat het tydens die uittog ( Exodus 12:37)Die uittog was nie `n klein beweging
nie! Die kinders van Israel was mildadig geseën deur Yahuwah tydens hul verblyf
in Egipte.
Die offergawes aangeteken in die eerste
drie hoofstukke van Levitikus getuig van die menigte van Israel se lewende hawe2.
By voorbeeld:
“Spreek
met die kinders van Israel en sê vir hulle:
As iemand van julle aan Yahuwah `n offer wil bring,
kan julle offer bring van vee – van beeste of van kleinvee. As sy offer `n brandoffer is van beeste, moet dit `n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang
van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van
Yahuwah kan vind.” (Sien Levitikus 1:2-3)
Om die vleis te kan eet wat deur hul
lewende hawe voorsien was , het die kinders van Israel ook olie en koringmeel
by gehad om maaltye te berei. Dit word gesien in Yahuwah se instruksies vir die
wyding van die priesters:
“En dit is die saak dat julle vir hulle
moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesters amp kan bedien:
Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is, en
ongesuurde brood en ongesuurde koeke wat met olie gemeng en ongesuurde platkoeke
met olie bestryk . Van fyn koringmeel moet jy dit maak. . . . Dan moet jy Aäron
en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met
water was.”(Exodus 29:1-4, OV)
Die feit dat Israel geseën was met olyfolie
en meel tydens hul verblyf in die woestyn kan ook gesien word in Yahuwah se
bevel aangaande die tabernakel lampe en
die toonbrode wat voortdurend voor Sy aangesig moes wees.
“En Yahuwah het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer , uitgestampte olyf
olie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur `n brandende lamp te hê. . .
. Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee-tiendes van `n efa
moet elke koek wees; en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in die een
stapel op die rein tafel voor die aangesig van Yahuwah . . . . En dit moet aan
Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit
in `n heilige plek eet; want as iets
hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van Yahuwah , `n ewige insetting.” (Sien
Levitikus 24:1-9.)
Israel was nie net geseën met `n oormaat
lewendehawe, olie, en meel waarmee hulle maaltye moet voorberei nie, maar hulle
was ook toegelaat om te koop en handel te dryf soos dit nodig raak met die
verskeie mense wat deur voorsienigheid met hulle in kontak kom. Dit word
duidelik gesien in Yahuwah se bevel aan Moses toe die kinders van Israel
voorberei het om deur Seir die land van Esau te trek.
Toe het Yahuwah met my gespreek en gesê: “Julle
het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg en gee aan
die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die
kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees, pas dan goed
op; begeef julle nie aan `n oorlog met hulle nie, want Ek sal julle van hulle
land nie `n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte van Seïr as `n
besitting gegee.Voedsel moet julle van
hulle vir geld koop, dat julle kan
eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.Want
Yahuwah jou Elohim het jou geseën in al die werk van jou hand ; Hy ken jou trek
deur die groot woestyn; nou veertig jaar lank was Yahuwah jou Elohim met jou;
geen ding het jou ontbreek nie.” (Sien Deuteronomium 2:2-7.)
Baie het Israel se murmerering omtrent die manna in Numeri 11 verkeerd
verstaan dat dit beteken dat hulle slegs toegelaat was om manna te eet.
“En die gemengde bevolking wat onder hulle
was, is met lus bevang , toe het die kinders van Israel ook weer geween en
gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? Ons dink aan die visse wat ons in
Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waatlemoene en die prei en
die uie en die knoffel. Maar nou is ons siel dor; daar`s glad niks nie: net die
manna is voor ons oë.” (Numeri 11:4-6)
Israel se geklaery “daar`s glad niks nie;
net die manna voor ons oë” was duidelik `n hiperbool en was `n weerkaatsing van
hul lus vir oormaat vleis kos en die lekkernye wat baie van hulle in Egipte
geniet het. Ons moet hier onthou, dat baie Egiptenare het vrywillig by Israel
aangesluit tydens die uittog uit Egipte.
“En die kinders van Israel het van Raämses
na Sukkot weggetrek , omtrent seshonderd duisend te voet, die manne buiten die
kinders. En `n menigte mense van
gemengde bloed het ook saammet hulle
opgetrek, en kleinvee en beeste – `n groot hoeveelheid vee.” (Exodus
12:37-38)
Dit was altemit die Egiptenare wat hulle
self met die Israeliete verbind het wat die meeste kla werk hier gedoen het,
wie hardnekkig gesmag het vir hul voormalige stapelvoedsel.
Manna was duidelik nie die enigste voedsel
wat beskikbaar was aan Israel tydens hul verblyf in die woestyn nie. Dit word
verder gestaaf deur die feit dat die manna nie eens gegee was vanaf die tweede
maand in die woestyn nie.
“En toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele
vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin aangekom, wat tussen
Elim en Sinaï lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hul uittog uit Egipte. . . . Ook het Yahuwah met
Moses gespreek en gesê: Ek het die murmereringe van die kinders van Israel
gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die
aand sal julle vleis eet en in die more met brood versadig word; en julle sal
weet dat Ek Yahuwah julle Elohim is” (Sien Exodus 16:1,11-12.)
Wat het die kinders van Israel geëet tydens
hul eerste maand in die woestyn? Hulle
het van die oorvloed van hul vee, asook van die voedsel voorraad wat hulle van
die Egiptenare gebuit het, geëet.
Wat was dan die doel van die manna as dit
nie was om Israel te voed nie? Die primêre doel van die manna was om Israel die
werkinge van Yahuwah se hemelse kalender, wat tydens die Skepping ingestel en
verorden was, te leer.
“En Yahuwah het gesê: ‘Laat daar ligte wees
aan die uitspansel van die hemel , om skeiding te maak tussen die dag en die
nag, en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as
jare.” ( Genesis 1:14.)
Manna
het waarskynlik nie op die Nuwe Maan Dae of op die 30ste dag van die maand
geval nie want dit was hoegenaamd nie nodig nie. Die kinders van Israel was
gesëen met `n oorvloed bronne, behalwe die hemelse manna het hulle baie gehad
om te eet . Dit verduidelik waarom kook nie op hierdie dae verbied was nie. Die
doel van die manna was om dit duidelik te maak hoe die Sabbat Dae bereken moes
word. Manna het waarskynlik net op die ses werksdae geval wat elke Sewende Sabbat Dag
voorafgaan. Yahuwah het Sy volk beproef om te sien of hulle Sy Wet sal
gehoorsaam.
“Toe sê Yahuwah vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat
reën, dan kan die volk uitgaan en `n dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my
wet sal wandel of nie. En op die
sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat
hulle daagliks inbring.” (Sien Exodus 16:4-5.)
In Sy wye genade en oneindige wysheid het
Yahuwah Israel geleer , wat hulle 400 jaar geneem het om te vergeet, Sy
kalender! Vandag, is ons liefdevolle Hemelse Vader weereens besig om Sy
kalender te herstel. Hy beproef diegene wie belei dat hulle aan Hom behoort, om
te sien of hulle sal wandel in Sy Wet. Sal jy, vandag, self aansluit by Yahuwah
se getroue volgelinge? Sal jy jou trou aan Yahuwah bewys, en toegee aan die
onderhouding van Sy heilige dae soos op Sy kalender aangedui?
Want Hy is onse Elohim, en ons is die volk
van sy weide en die skape van sy hand. Ag as julle vandag maar na sy stem wou
luister.Verhard julle hart nie soos by Meriba , soos op die dag van Massa in
die woestyn nie.(Sien Psalm 95:7-8.)
Die keuse is joune. .
. .
1 Dit
is wel om aan te dui dat die Skrifte nie besonderhede voorsien van hoe manna
ook nie verwant is aan die Fees Dae nie. Byvoorbeeld, daar is geen aanduiding
of manna op die Versoen Dag geval het óf nie, wat `n vasdag is en waarop geen arbeid gedoen was
nie.(Levitikus23:27-32.) Dit is nie `n bewys dat die Versoendag nie deel van
die Hebreeuse kalender was nie!
2 Selfs as ons die ontsagtlike getal
slagoffers in ag neem wat verwag was en die gereelde inname van vee en bees
vleis deur die kinders van Israel, is dit waarskynlik dat die getal van hul
kleinvee en beeste eksponenteel vermeerder het (soos hulle lam of kalf) tydens
Israel se omswerwinge in die woestyn.
3 Sien
ook Numeri, Hoofstukke 28 & 29, vir `n uitgebreide lys van die voorgeskrewe
slagoffers en offergawes.