World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Berekening van die Verbinding: Geen Rekenaar? Geen Probleem!

Pilare

“Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy
werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid.”
Romeine 1 vers 20.

Wat ʼn geseënde tyd om in te lewe in hierdie kosbare maar gevalle
wêreld! Kennis neem toe met ongekende spoed en 
die leiding van Yahushua se Heilige Gees veredel en berei al Sy Vader se
kinders voor wat met opgewondeheid wag op Sy
wederkoms
! Elke bastion van Waarheid sal herstel word.

WLC het vir nou reeds vir ʼn geruime tyd Sy
Maan – Son Kalender
bevorder;
alhoewel, ons die feit  betreur, en bely
dat ons aanvanklik verblind was oor die regte metode vir die berekening vir
die  begin van die maand, wat die mees
belangrikste deel is! Glo ons nie dat die dag na die eerste sigbare  sekelmaan dat dit die dag van die Nuwemaan
is. Na vele gebed en studie, het WLC tot die gevolgtrekking gekom dat die
enigste maan fase wat dit kan wees, is die dag van die Nuwemaan, en is dit die
onmiddellike  oomblik wat volg op die
Donkermaan, en ook anders genoem die Astronomiese Nuwemaan of Verbinding.

Hierdie gevolgtrekking is hoofsaaklik gegrond op twee feite:

    (1) Die maan word onmiddellik 
    verlig na die opvolging van die verbinding met die son. Die feit dat dit
    nie gesien kan word dit nie die werklikheid weerspreek dat die maan besig is om
    te groei.

    (2) Die verbinding vind plaas op ʼn bepaalde plek vir elkeen op Aarde.

    Hierdie twee feite veroorsaak dat met die oomblik wat onmiddellik volg
    op die Verbinding dit die mees geskikste tyd is vir die Bybelse Nuwemaan. Deur
    die gebruik van die sonsopkoms na die Verbinding, vir jou bepaalde omgewing, is
    dit die enigste metode waarvan WLC bewus is wat die wêreld in ʼn tydperk van 24
    uur kan verenig. (Met ander woorde, al die lande van die wêreld sal die  Dag van die Nuwemaan binne dieselfde tydperk
    van 24 uur ondervind.)

    ʼn Algehele son verduistering

    ‘ʼn Algehele sonsverduistering gesien vanaf die Ellis Strand noord van Cairns in die verre noorde van Queensland gedurende die 4de November 2012. (AAP Image/ Brain Cassey)

    WLC glo dat die sonsopkoms vir jou omgewing na die UT Verbinding is,
    dit is wanneer die Dag van die Nuwemaan vir jou begin.  Weer, as die Verbinding plaasvind op ʼn
    bepaalde tyd en op dieselfde oomblik vir elkeen op Aarde. Dit in die algemeen
    opgeteken word, as Universele Tyd (UT) of Middelbare Greenwichtyd (MGT). Jy
    moet net eenvoudig die tyd wat aan jou verskaf is omreken na UT na jou
    plaaslike tyd.

    Voorbeeld: Die Verbinding het plaasgevind gedurende die 11de Januarie, 2013 om
    19h44 UT.  Vir Kaïro, Egipte )UT + 2),
    het die Verbinding plaasgevind gedurende die 11de Januarie, om 21h44 plaaslike
    tyd. Dit het beteken dat die Dag van die Nuwemaan begin het gedurende die 12de
    Januarie om 05h27 ( Astronomiese Sonsopkoms).

    Vir u gerief het, WLC al die toekomstige Verbindingstye tot en met 2023
    in die artikel, “Toekomstige Maan – Son Verbindings
    Datums (2013 – 2023)
    ” gepubliseer.

    Nou weet u die tyd van die Verbinding vir jou omgewing, maar wanneer is
    die afsluitingspunt? Die Skrif is baie duidelik dat  ʼn dag begin met
    Sonsopkoms
    , en in die hou van hierdie Bybelse bepaling, gebruik WLC
    die Astronomiese Sonsopkoms ( hierna verwys as die “Sonsopkoms”) vir die einde
    van een datum, en die begin van ʼn ander dag. Wat gesê word op hierdie punt van
    tyd, dien dit ook as die draaipunt wanneer die Dag van die Nuwemaan begin. As
    die Verbinding plaasvind voor Sonsopkoms, dan begin die Dag van die Nuwemaan
    met sonsopkoms. Hierdie metodologie laat waarlik Yahuwah toe om deur die sisteem
    van hemelliggame wat hy in plek gestel het om die beslisser te wees van tyd, en
    Hom toegelaat het om die datumlyn te
    skep
    .

    Voorbeeld: Meteens as jy die UT van die Verbinding verander het na jou plaaslike
    tyd, en as die Verbinding plaasvind voor Sonsondergang gedurende die 10de
    Februarie vir jou omgewing, en self net ʼn paar minute voor dit, dan begin die
    Dag van die Nuwemaan op die 10de Februarie vir jou. As die Verbinding na
    Sonsondergang op die 10de Februarie plaasvind, en selfs net ʼn paar minute
    daarna, dan begin die Dag van die Nuwemaan op die 11de Februarie vir jou.
    Sodoende, sal die ganse wêreld die Dag van die Nuwemaan kan begin in dieselfde
    periode van 24 uur.

    Geen rekenaar geen probleem! Die gelukkige uitkoms.

    Sommige besware was geopper teen die gedagte van die gebruik van die
    Verbinding as die verwysingspunt vir die begin van die maand. Baie Maan
    Sabbatariërs dring daarop aan om te vertrou op visuele waarnemings van die Maan
    vir die bepaling van wanneer die maand begin, en al wys die geskiedenis daarop
    dat berekening ʼn integrale deel was  vir
    die berekening. Miskien is die mees algemene argument, en ook die beswaar dat
    WLC dit eers omhels het ʼn rukkie gelede, en dat iemand in werklikheid nie die
    gebeurlikheid kan sien wanneer die Verbinding plaasvind, en daarom moet dit
    verwerp word.  Alhoewel, soos ons nou net
    verduidelik het, is sonsverduisterings sigbare Verbindings, en in werklikheid
    kan hulle nou en dan gesien word, en is hulle baie voorspelbaar. Deur die
    ondersoeking van kunsvoorwerpe en die metodologie wat deur die Antieke mense
    gebruik is openbaar dit dat die begin van die maande en hulle tydsduur lank
    voor die tyd bekend was. Die formule wat nodig was om die bewegings van die
    Maan en die Son te voorspel verskil baie min van die antieke metodes. Die wiskundige
    formule is dieselfde.

    So, mag jy wel sê, “Aangesien ons hedendaagse tegnologie uitstekend is
    vir die voorspellings van die Maan, maar hoe het die Antieke Hebreërs die
    maan – son Verbinding akkuraat voorspel?

    Ja, ons verskeidenheid van ons hedendaagse tegnologie voorsien aan baie
    effektiewe hulpmiddels vir die waarneming van die Verbinding, en tog selfs die
    eenvoudigste huishoudelike gereedskap kan ingespan word in die voorafbepaling
    van die tyd wanneer die Verbinding plaasvind. Yahuwah het aan Sy getroues wat
    vandag leef ʼn oorvloed van gestoffeerde hulpmiddels, en getoetste kennis vir
    die studering, en die verstaan van die samewerkinge van die hemele gegee. Ons
    kan en moet alles beskikbaar as hulp gebruik vir die verstaan van die bewegings
    van die son en maan en die sterre. Deurdat dat die bewegings en die fases van
    die maan baie akkuraat en betroubaar is, veroorsaak dit dat hulle soos ʼn reuse
    horlosie in die hemelruim funksioneer. Ons kan die fases van die maan soos
    hulle deur die afgaande fases van die maan vanaf die laaste kwartier tot die
    immer krimpende sekelmaan en die verkleinde afstande tussen hulle en die
    sonsopkoms aan die ooste waarneem. In plaas daarvan as ʼn enkele geleentheid vir
    die waarneming van die eerste sigbare sekelmaan (ESS), het ons die vermoë om
    verskeie waarnemings gedurende die dae na die Sabbat waar te neem, die 22ste
    van die Maanmaand. Hierdie metings kan gemaak word die beste gedurende of net
    voor die son verskyn. Hier volg die metode:

    1(a). Terwyl ʼn maatband of liniaal wat afgemerk is in sentimeters en ʼn
    arm lengte weghou word, meet die hoek wat die son skei tussen die horison en
    die afgaande maan. Neem verskeie lesings en skryf dit neer. Maak seker dat daar
    vanaf die middel van die son tot die middel van die maan gemeet word.

    Die meting van die afstand van die hoekigheid van die son en maan met ʼn maatband.

    1(b). In die afwesigheid van huislike gereedskap, en omdat ons “vreesbevange
    en wonderlik gemaak is,” dit al wat iemand waarlik benodig is hulle hande.
    Wanneer daar vanaf  ʼn armlengte gekyk
    word, maak jou hande en vingers die perfekte gereedskap vir die meting van
    afstand van die hoekvorming! Omdat ons liggaam se verhouding so  afgeteken is, deur die ordening van die ganse
    Skepping, en deur die Goue reël van Gemiddeldes te gebruik (1:1.6), maak dit
    geen verskil wat jou fisiese grootte is. Deur jou hand ʼn armlengte weg vanaf
    jou liggaam te hou voorsien dit aan ʼn verassende akkurate gereedskapstuk vir
    die meting van die afstand van die hoekvorming, of die afstand in grade, tussen
    die son en maan.

    Die meting van die afstand van die hoekigheid van die son en maan met jou hande

    ʼn Persoon se pinkie wat na gekyk word vanaf ʼn armlengte is dit ʼn baie
    nabye verwydering van ʼn hoekvorming van 1o. Die middelvinger en die
    ring vinger verteenwoordig ʼn verwydering van 5o, terwyl ʼn gebalde
    vuis na ʼn 10o, 15o en 25o hoekvorming wys, en
    kan dit gemeet word deur die gebruik van die afstand tussen die pinkie en
    middelvinger, en die pinkie en duim onderskeidelik. Vir meer akkuraatheid, en
    om seker te wees moet daar tussen die twee binneste kante deur die son en maan
    gemeet word.

    Die meting van grade met jou hande

    A – Die pinkie vorm ʼn hoekvormig
    verwydering van byna 1o.

    B – Die voorvinder, middel en ring
    vingers verteenwoordig  tesame ʼn
    hoekvormig verwydering van  5o.

    C – ʼn Gebalde vuis wys op ʼn hoekvormig
    verwydering van 10o

    D – Met die vier vingers wat
    oopgesprei is, is die afstand is die afstand tussen die pinkie en die
    voorvinger wys dit na ʼn hoekvormig verwydering 
    van 15o.

    E – Die pinkie en duim wat oopgesprei
    is so vêr as moontlik verteenwoordig ʼn hoekvormig verwydering van 25o.

    2. Die volgende stap is eenvoudige wiskunde. Hier is ʼn kort
    verduideliking van die formule.

    Dit neem die son 24 uur om ʼn volledige omwenteling van (360o)
    om die aarde te voltooi. Dit is gelyk aan 15o per uur (360o/24
    = 150) Alhoewel, die maan, ongeveer 24 uur en 50 minute neem om ʼn
    volledige omwenteling te voltooi. Dit is gelyk aan 14,5o per uur
    (360o/24,83333333333 = 14,5o) [Let Wel 24,83333333333 is
    24 uur, 50 minute in desimale vorm.]   

    Dit beteken dat maan verloor 0,5o teenoor son elke uur. Op ʼn
    ander manier gestel, die son wen 0,5
    grade oor die maan elke uur
    . Gevolglik, verloor die maan ongeveer 12oelke dag (0,5o x 24 uur). Dit is waarom ʼn maan – maand, se
    tydsduur van een verbinding tot die volgende is, en is dit ongeveer 29,5 dae as
    ʼn  gemiddeld van (360o/12oper dag = dit ongeveer 30 dae om een siklus te voltooi). Hou dit in
    gedagte, ons rond die syfers hier af. 

    Vir ʼn visuele verduideliking: Die Plat Aarde
    se bronne van lig – Word die Son, Maan en Sterre Verduidelik.

    Nou, laat ons terugkeer na ons afmetings. Neem die gemiddelde lesing en
    deel daardie getal deur 0,5 ( die aantal grade wat die son wen teenoor die maan
    elke uur); die resultaat van die getal maak bekend hoeveel tyd dit is vanaf die
    meting tot die Verbinding.  

    3. Dan, as dit nodig is, deel daardie getal deur 24 om te sien hoeveel
    dae daar is tot die Verbinding.

    Voorbeeld: U het akkuraat gemeet dat die Son en die Maan ʼn hoekvormig verwydering
    het van 25o.

    Deel eenvoudig 25o deur 0,50 ( die aantal van
    grade wat die son wen teenoor elke uur), wat gelyk is aan 50. Dit is hoeveel
    ure dit is voor die Verbinding! MAKLIK! 

    Dan , as dit nodig is, kan u ook 50 deur 24 deel ( die getal van ure in
    ʼn dag om te sien hoeveel dae dit sal wees tot die verbinding. 50 ure ÷ 24 ure =
    2,1 dae voor die Verbinding op die tyd van die meting.

    Ons kan daarvan verseker wees dat die antieke mense van elke kultuur
    het ʼn baie groter begrip van die hemelse lig verskaffers gehad  as wat die gemiddelde persoon vandag weet.
    Yahushua se Heilige Gees herstel in ons harte elke goddelike instelling.
    Yahuwah het voorsien aan elkeen van ons wat 
    geskape is met die hulpmiddele en die verstand wat nodig is vir die
    berekening van die Verbinding met gemak en akkuraatheid.. Alle eer aan Yahuwah
    en Sy Geseënde Seun!

    Want Ú het my niere gevorm,
    my in my moeder se skoot geweef
    Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
     wonderbaar is u werke!
    En my siel weet dit alte goed.
    (Psalm
    139 verse 13 en 14)

    This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.