“Gedenk die Sabbatdag,
dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; Maar die sewende dag is die Sabbat.” Exodus 20: 8-10
Vir mense wie die Bybelse gebooie wil hou,
is die vraag: “Watter dag is dag een?” Almal kan tot by sewe tel, maar waar begin die aftelling? Hoe kan jy weet
watter is die ware sewende dag? Die
Skepper Wie die week gemaak het, het ook `n maand ontwerp om die week daarin te plaas. Die kalender van die Skepping
begin met Nuwe Maan Dag gevolg deur vier volle weke. Elke week bevat ses
werksdae en `n sewende-dag Sabbats rus.
In die begin, het die Skepper die beweging
van die son en die maan ontwerp om tyd te meet.
“Laat daar ligte
wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en
die nag; en laat hulle dien as tekens sowel as vir vaste tye[H41501;
godsdienstige byeenkomste], asook vir dae sowel as jare: . . . Twee groot ligte
. . . aan die uitspansel van die [hemel gestel]. . . om te heers oor die dag en
oor die nag.” (Genesis 1:14, 16-18)
Tyd kan slegs deur beweging vasgestel word.
Die rotasie van die die son meet `n dag af. In 365 en `n kwart dae, keer die
son en die aarde terug na dieselfde relatiewe posisie. Dit is een sonjaar. Die
maan se 29 en `n halwe dag rotasie meet `n maansomwenteling
af, wat die basis van die maand is. Twaalf en `n derde maansomwentelinge is
dieselfde lengte as `n son jaar.
Daar is drie basiese kalender tipes wat die
beweging van die son en die maan gebruik:
1. Solar:Die afmeting van die beweging van die aarde en die son.
Solar kalenders
gebruik die son vir die afmeting van die lengte van slegs die jaar. Maande van
willekeurige lengtes het geen verbintenis met die natuur nie. Op die Gregoriaanse son kalender, sirkuleer die weke voortdurend. Selfs
skrikkeljaar, elke vier jaar, ontwrig nie die voortdurende weeklikse siklus
nie.
2. Lunar: die afmeting van die maan rotasie.
Lunar kalenders is
streng gebasseer op die maan siklusse. Maande, wat begin met die eerste dagbreek ná konjunksie, sirkuleer
voortdurend sonder die aanpassing aan die solar jaar. Omdat 12
maansomwentelinge 11 dae korter is as `n son jaar, sweef maan maande deur die
seisoene.
3. Luni-solar: lunar maande is aan die son
jaar gekoppel.
Die samewerking
tussen die son en die maan maak `n luni-solar kalender uit. Maan maande word
aangepas by die langer son jaar deur `n 13de maand sewe keer in 19 jaar,
by te voeg. Die weeklikse siklus begin met elke nuwe maan. Elke
maansomwenteling het vier volle weke.
Die kalender wat tydens die Skepping
ingestel was, is luni-solar. Dit is die akkuraatste en presiesste van alle
tyd-houdende sisteme.
In die Skrifte begin elke maan maand met
die viering van `n spesiale dag van aanbidding: Nuwe Maan Dag. Omdat dit `n aanbiddingsdag is, kan dit nie as deel van die 6 werks dae in die eerste week van elke maand, bereken word nie. Nuwe Maan Dag
begin met die eerste dagbreek ná die astronomiese nuwe maan ook bekend as die
konjunksie. Ses werks dae volg en daarna `n sewende-dag Sabbat op die agste van
die maand. Drie meer weke volg, wat eindig op die 29ste. Deur afmeting en
berekening van die dae wat lei tot die 29ste, word die tyd van konjunksie bekendgestel,
sodat mens kan vasstel of die maand 29
of 30 dae het. Geen maand het ooit meer as 30 dae nie.
Die ware luni-solar kalender is baie gebruiks-vriendelik.
Dae van die week val altyd op dieselfde datumsvan die maand. Elke keer dat die sewende-dag Sabbat in die Skrifte `n datum
toegesê word, val dit altyd op die 8ste, 15de, 22ste, en 29ste van die maand.
Skrifte verklaar
dat die maan spesifiek geskep was om tye van aanbidding af te meet.
“Hy het die maan
gemaak [ontwerp] vir die vaste tye [H41501; aanbiddingstye].” (Psalm 104:19)
Die Skeppings week
het geëindig met `n Sabbatsdag rus. Exodus 31 staaf dat die Sabbat deur alle
geslagte heen onderhou sal word.
“Julle moet
sekerlik my sabbate onderhou, want dit is `n teken tussen My en julle in al
julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle
heilig.” (Sien Exodus 31:13.)
Die sewende-dag Sabbat was ontwerp deur die
Skepper as `n teken van lojaliteit tussen Homself en Sy volk. Die vyand,
Lucifer, het die burgerlike kalender verander en die aanbidding wat die Skepper
toekom, gesteel. Deur tradisie en veronderstelling, het Lucifer die wêreld
verenig in die gebruik van `n solar kalender met voortdurende
sirkulerende weke. Wanneer iemand
aanbid, maak bekend wie aanbid word. Almal
wie die son kalender gebruik vir die berekening van aanbiddings dae, gee
onwetend hul getrouheid en aanbidding aan die groot Verleier.
Diegene wie verlang om hul trou aan die
Skepper te bewys sal Hom aanbid op die dag wat Hy ingestel het. Om die korrekte
dag van aanbidding te vind, moet die luni-solar kalender van die Skepping gebruik
word.
Skrifte verklaar dat die kalender vir
aanbidding gebruik, regdeur die ewigheid gebasseer sal wees op die nuwe maan:
“En elke maand op
die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my
aangesig, sê Yahuwah.” (Jesaja 66:23)
Wanneer aanbid jy? Aan wie is jy getrou? Die kalender wat jy
gebruik om tyd te bepaal vir aanbidding maak die godheid bekend wat jy aanbid.
Kliek hier om
die video te kyk!
1 Sedert die Joodse feeste op gereelde tye
plaasgevind het, is hierdie woord nou met hulle geïdentifiseer . . . Mo’ed word
in `n breë sin gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was nou verbind
met die tabernakel self. . .[Yahuwah] het Israel op spesifieke tye daar ontmoet
vir die doel om Sy wil bekend te maak. Dit is `n algemene term vir die
aanbiddings byeenkomste van . .
.[Yahuwah] se volk.” (Sien # 4150, “Lexical Aids to the Old
Testament,”Hebrew-Greek Key Study Bible, KJV.)