World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Gebed | Die Asem van die Siel

“Gebed is die blootlegging van die
hart aan YAH soos aan `n vriend.
Nie dat dit nodig is om aan YAH bekend te maak
wat ons is nie,
maar sodat ons bemagtig word om Hom te ontvang.
Gebed bring YAH
nie af na ons nie,
maar bring ons op na Hom.”

(Ellen G White, Skrede na Christus,
bl. 94, YAH se Name voorsien)

egskeidings

“ `n
Onlangse deskundige studie, in 2012 deur Fox Nuus gepubliseer , beweer dat die
hoof oorsaak vir egskeidings die leemte van kommunikasie tussen egpare is.
Huweliksberaders verstaan dat sonder kommunikasie , is daar geen empatie, En
sonder empatie is daar geen simpatie, en eindelik, geen liefde nie. Dieselfde
geld vir ons verhouding met die Hemelse Vader. `n  Hegte, intieme verhouding met Hom vereis ook
kommunikasie. Soos `n inspirerende skrywer dit stel: “Gebed is die asem van die
siel. Dit is die geheim van geestelike sterkte. Geen ander genade middel”  kan vervang
en die  welstand van die van die siel
bewaar word nie. Gebed bring die hart in onmiddelike teenwoordigheid met die
Fontein-oorsprong van die lewe, en versterk  die senuwees en spiere van die geestelike
ondervinding.”1

Yahuwah* is al-wetend en al-wys.
Hy het nie nodig dat Sy aards-kinders tot Hom moet bid nie. Die Een wie beloof
het , “En voordat hulle roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog spreek, verhoor
Ek.”  (Jesaja 65:24) het nie nodig om
enigiets vertel te word nie! Hy is
alwetend. Hy weet alles! Daar is niks wat jy Yahuwah kan vertel wat Hy nie
alreeds weet nie. Dit is die doel van gebed.

Die  belang van gebed is nie te vinde in die
oordrag van inligting uit jou hart na die ore van Yahuwah nie. Gebed is
belangrik omdat dit is wat ons nodig
het. Yahuwah het ons alreeds lief.  Maar
ons gevoel van nabyheid aan Yahuwah, ons vertroue in Sy beloftes, ons geloof in
Sy liefde, is alles ineengeskakel vir die behoud van ons deel van `n hegte verhouding met Hom.

emosioneel gesonde ouer het “`n
Normale, emosioneel gesonde ouer het sy/haar kind lief. Die baba, wat te kort
skiet aan meer volwasse begrip, voel nie outomaties vir die ouer dieselfde
diepte van emosie wat die ouer vir die kind voel nie. Hierdie emosie ontwikkel
mettertyd in die hart van die kind. Soos die kind se behoefte aan voedsel, `n
skoon doek , slaap en gemak verskaf word in antwoord op sy gehuil, word
vertroue gevorm dat Mammie en Pappie altyd daar sal wees om in sy behoefte te
voorsien. Soos hy groei, verdiep die vertroue in sy ouers in dankbaarheid
namate die liefderyke aandag van die ouers erken word. Dankbaarheid wakker dan
liefde aan.”

As `n liefdevolle, goddelike
ouer, verstaan Yahuwah die proses in die groeiende ouer kind verhouding. In hul
reis na die Beloofde Land, was die Kinders van Israel dikwels in moeilike,
selfs gevaarlike situasies gebring. Oneindige Wysheid, ewige Liefde, het
hierdie verskeie omstandighede toegelaat sodat die harte van die mense na Hom
moet terugkeer. Dit was Yahuwah se plan dat, soos hulle in benoudhede gebring
word waarvan hulle geen uitkoms het nie, hulle na Hom sou roep om hulp dan sal
Hy verlossing voorsien. Dit het Hy herhaaldelik gedoen, vanaf die verdeling van
die waters van die see, tot om troebel water te suiwer, deur 40 jaar van manna en
water in `n droë en woestyn land  te voorsien. Nes die volk
herhaaldelik verlossing ondervind het in antwoord op gebed, het hul geloof, hul
dankbaarheid en liefde gegroei.

Dieselfde is vandag waar.
Yahuwah is intiem bekend met die besonderhede van jou lewe. Hy ken jou geheime
stryd en Hy het die einste middele noodsaaklik berei om jou te voorsien met
sterkte, waagmoed, wysheid – wat jy ookal nodig het. Maar dit is nodig dat jy
dit in woorde van gebed sit. 

Was daar nie wonderwerke deur
Christus en Sy apostels gedoen nie. Dieselfde geliefde Verlosser lewe vandag
nog, en Hy is net so gewillig om na die gebede van geloof te luister soos toe
Hy sigbaar tussen die mensdom gewandel het. Die natuurlike werk met die
bonatuurlike saam. Dit is die deel van Yahuwah se plan om aan ons, in antwoord
op gebed van geloof te gee, dit wat Hy nie sou skenk as ons nie gevra het nie.2

Daarom, deur ons sorge voor die goddelike troon
te lê, het ons voortdurende versekering van Sy groot liefde soos ons getuies is
van beantwoorde gebed.

Deur natuur en openbaring, deur
Sy voorsienigheid en deur die invloed van Sy Heilige Gees, spreek Yahuwah met ons. Maar die is nie genoeg
nie; ons het ook nodig om ons harte aan Hom uit te stort. Vir
ons om geestelike lewe en energie te hê, moet ons eintlik [interaktiewe
kommunikasie] met ons Hemelse Vader hê. Ons verlange mag na Hom uitgestrek wees; ons mag
oor Sy werke Sy genade , Sy seëninge mediteer, maar dit is nie in die volle sin
van die woord,  kommunikasie met Hom nie.
Om met Yahuwah te kommunikeer, moet ons
iets hê om aan Hom te sê aangaande ons eintlike lewe.

Gebed is die blootlegging van die hart aan Yahuwah soos aan `n
vriend.  Nie dat dit nodig is om aan Yahuwah bekend te maak wat ons is nie, maar om ons te bemagtig
om Hom te ontvang. Gebed bring nie Yahuwah af na ons nie, maar bring ons op
na Hom.3

Die Hemel wag verlangend om ryke seeninge op die kinders van die mens
uit te stort. Maar wanneer ons die troon van genade vir geestelike genade nader
is dit belangrik dat ons dit in geloof vra.

En as iemand van julle wysheid
kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te
verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om
te twyfel; want hy wat twyfel is soos`n golf van die see wat deur die wind gedrywe en
voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van Yahuwah sal
ontvang nie – so `n dubbelhartige man onbestendig in al sy weë. ( Jakobus 1:5-7.)

Gebed is so `n belangrike element tot `n lewensbelangrike, gesonde
geestelike lewe dat dit eintlik een van die onderwerpe was wat gestudeer was in
die profete skole. `n Goeie metode vir effektiewe gebed is om die afkorting van
EBDS te volg.

ERKEN

Die eerste belangrike element van enige gebed is om Yahuwah se majesteit
, mag , goddelikheid , en Sy liefde vir ons te erken.  Soos ons , ons dankbaarheid in woorde omsit
en erkenning gee aan Sy sterkte en genade, word ons gelei om Hom net meer te
VEREER, en sodoende die Bybel se ingewing te volg: “Gee sterke aan
Elohim!”  (Psalm 68:35)  Die handeling van erkenning en verering
vermeerder ons vertroue in Sy onbeperkte sowel as Sy oneindige liefde.”

BELEI

ConfessionBeleidenis sit jou, die smekeling, in besonderse verhouding met die
Al-magtige. Daar is geen plek vir hoogmoed wanneer die Almagtige genader word
nie. “Al ons werke, ons talente waarin menslike hoogmoed
behae in skep, word as niks gesien, wanneer, 
ons in ootmoed voor die ewige troon kniel, en ons sondes belei.

Daar is sekere voorwaardes waarop ons kan verwag dat Yahuwah ons sal
aanhoor en ons gebede sal beantwoord. Een van die eerstes hiervan is dat ons
ons behoefte voel vir hulp van Hom af.  
.  .  . Die hart moet oop wees vir die invloed van
die Gees, anders kan Yahuwah se seëninge nie ontvang word nie.

Ons groot behoefte is in homself  `n argument en pleit met welsprekendheid om
ons onthalwe. Maar Yahuwah moet na gesoek word om hierdie dinge vir ons te
doen. Hy sê, “Bid en vir jou sal gegee word.” En  “Hy wat selfs Sy eie Seun nie gespaar het
nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook
alles genadiglik skenk nie? “  (Matthéüs
7:7 ; Romeine 8;32.)

As ons sonde in ons hart koester , as ons sou kleef aan enige wetende
sonde, sal Yahuwah ons nie verhoor nie; maar die gebed van die bekeerde,
ootmoedige siel word altyd aanvaar. Wanneer alle bekende verkeerde dade
reggestel is, kan ons glo dat Yahuwah ons pleidooie sal beantwoord. Ons eie
verdienste sal ons nooit in die guns van Yahuwah bring nie; dit is die
waardigheid van Yahushua wat ons sal red, Sy bloed wat ons sal reinig; nogtans
het ons `n werk om te doen om in te val by die voorwaardes vir aanvaarding.4          

DANKSEGGING

This Day With GodMet die weelde van Hemelse rykdom uitgestort om sondaars te red, hul weg
te vergemaklik deur die vallei van trane, moet
almal hart en stem verenig in lofliedere en dankseggings aan Yahuwah. Die
erkenning van seeninge ontvang inspireer ons 
met dankbaarheid, liefde en grotergeloof in ons liefdevolle Hemelse Vader om in ons behoeftes te voorsien soos
Hy beloof het.

Sal ons gebede bestaan uit versoeke en ontvangs? Sal ons altyd dink aan
om te ontvang en nooit aan die voordele wat ons ontvang nie? Sal ons ontvangers
van Sy genade wees en nooit aan Yahuwah sê hoe dankbaar ons is nie, Hom nooit
loof vir wat Hy vir ons gedoen het nie? Ons bid glad nie te veel nie, maar ons
is te suinig in dankseggings. As die goedertierenheid van Yahuwah meer
danksegging en lofliedere laat uitkom, sal ons vér meer krag in gebed ervaar.
Ons meer en meer gevul wees in die liefde van Yahuwah en sal meer bestee om Hom
te loof. U wat kla dat Yahuwah nie u gebede verhoor nie, verander jou huidige
toestand en meng meer lofprysinge met u versoeke. Wanneer u Sy goedertierenheid
en genade in ag neem sal u vind dat Hy ag gee op u behoeftes.

Bid, bid ernstig en sonder ophou, 
maar moenie vergeet om te prys nie. Dit is die hoedanigheid van elke
kind van Yahuwah om Sy karakter te verdedig. Jy kan Yahuwah groot maak; jy kan
die mag van Sy opheffende genade wys.5

SMEEKBEDES

Dit is net na die erkenning van die seëninge van jou Skepper, beleidenis
van jou onwaardigheid en om dank aan Hom te betuig vir Sy ongebonde
goedertierenheid en genade, dat dit passend is om versoeke te rig. Die vorige
erkenning, beleidenis, en dankbetuigings dien tot die inspirasie vir groter
geloof wat noodsaaklik is vir wanneer vir nog groter gawes gevra word.

Die boek van die Hebreërs verduidelik: “En sonder geloof is dit
onmoontlik om Yahuwah te behaag; want hy wat tot Yahuwah gaan, moet glo dat Hy
is en `n beloner is van die wat Hom soek.” 
(Hebreërs 11:6) Of, soos Yahushua gesê het: “ Daarom sê Ek vir julle:
Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal
dit verkry.”  ( Markus 11:24)

Bring jou behoeftes, jou vreugdes, jou verdriet, jou sorge, en jou vrese
na Yahuwah. Jy kan Hom nie belas nie; jy kan Hom nie uitput nie. Hy wat die
hare van jou hoof tel is nie onverskillig teenoor die behoeftes van Sy kinders
nie. “Dat Yahuwah vol medelye en ontferming is.”  (Jakobus 5:11) Sy liefdevolle hart word
aangeroer deur ons verdriet en selfs deur ons uitinge daarvan. Neem alles wat
jou verwar na Hom. Niks is te swaar wat Hy nie kan hanteer nie, want Hy hou vas
die wêrelde, Hy heers oor al die sake van die heelal. Niks wat in belang van
ons ewige vrede is, is te nietig vir Hom om nie op te merk nie. Daar is geen
hoofstuk in ons ondervinding te duister vir Hom om te verstaan nie; daar is
geen verwarring te moeilik om ontsyfer te word nie. Geen ramp kan die geringste
van Sy kinders tref , geen angs die siel verstoor, geen vreugde opvrolik, geen
opregte gebed gaan oor die lippe, waarvan ons hemelse Vader nie weet nie, of
waarin Hy nie onmiddelike belang neem nie. “Hy genees die wat gebroke is van
hart, en Hy verbind hul wonde.”  (Psalm
147:3) Die verhouding tussen Yahuwah en elke persoon is so besonders en volmaak
asof daar nie nog `n ander persoon op aarde is om Sy sorgsaamheid te deel nie,
nie `n ander siel vir wie Hy Sy geliefde Seun gegee het nie.6

Paulus se lesse aan die Thessalonicente is van net soveel belang as toe
dit destyds gegee was. Hy het gesê: “Wees altyd deur bly. Bid sonder ophou. Wees
in alles dankbaar, want dit is die wil van Yahuwah in Yahushua die Gesalfde oor
julle. “  (1Thessalonicense 5:16-18) Dit
is die positiewe bevel van Yahuwah. Sou dit gevolg word, sal dit die geloof
vermeerder en lei tot ewige effektiewer gebede waarin Yahuwah `n behae in het
om te antwoord.

GebedYahushua
het Sy dissipels aangemoedig om te bid, want hulle gebede was in die Hemel
verhoor:

En Ek sê vir julle : Bid en vir julle sal gegee word ; soek en julle
sal vind ; klop en vir julle sal oopgemaak word . Want elkeen wat bid , ontvang
; en hy wat soek , vind ; en vir hom wat 
klop , sal oopgemaak word. En vir watter vader onder julle sal sy seun
brood vra , en hy sal hom `n klip gee ; of ook `n vis , en hy sal hom in plaas
van `n vis `n slang gee ; of ook as hy `n eier vra , hom `n skerpioen gee ? As
julle dan wat sleg is , weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel
te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid ?  (Lukas 11:9-13)

Ons moet nie net bid in Christus se naam nie, maar deur die ingewing van
die Heilige Gees.  Dit verduidelik wat
bedoel word wanneer gesê word dat die Gees”
“maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.”  (Romeine 8 : 26) In sulke gebede skep Yahuwah
`n behae in om te antwoord.  Wanneer met
erns en intensiteit `n gebed in die naam van Christus geadem word , is daar in
daardie einste intensiteit `n belofte van Yahuwah dat Hy op die punt staan om
ons gebed te beantwoord. “ver bo alles wat ons bid of dink”  (Efesiërs 3:20)7

Gebed is lewensbelangrik vir
`n persoonlike verhouding met die Verlosser. Die hartseerste woorde om ooit te
val op die mens se oor, tydens die Wederkoms sal wees:  “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My
af .”   (Matthéüs 7:23)  Nou is dit die tyd om die Verlosser te leer
ken. Die genadige uitnodiging word steeds uitgereik, wagtend op jou
aanvaarding:  “Nader tot Yahuwah, en Hy
sal tot julle nader.”  (Jakobus 4:8)

Ontwikkel nou `n lewensbelangrike, vertrouens verhouding met die Vader en die
Seun. Die verhoudings wat hier op aarde begin is, sal in die Hemel voortgesit
word, daar om hul diepste, waaragtigste emosie te vind. Begin vandag, om met
YAH te wandel nes Henog gewandel het.

Our Father Cares

     ______________________

* Alle
aanhalings gebruik die Vader en die Seun se regte Name.

1 E.G. White,
In Heavenly Places
, bl . 83.

2 E.G. White,
The Great Controversy
, bl. 525.

3 E. G. White,
Steps To Christ
, bl. 93.

4 Ibidem,
bl. 95.

5 E. G. White, Testimonies for the Church
Vol. 5, bl. 317.

6  E. G. White Steps To Christ
bl. 101.

7 E. G. White, Christ
Object Lessons
, bl. 147.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.