World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Gebed vir Ander

1 Samuel 12

 

Die Studie van Bemiddelings Gebed 

“Dit is regtig nie `n geleë tyd om die hoof te sien
nie. Hy het pas `n boodskap ontvang dat `n skeepsvrag timmerhout wat vandag
moes land, vertraag is. As hy op jou skree, moet dit nie persoonlik opneem nie.
Hy raas met almal.” Met hierdie onheilspellende woorde, lei die bestuurder die
advertensie verkoopsman, Roger Morneau,1  die eienaars se kantoor binne.

“ Kom in en
sit gerus,” sê die eienaar sonder om op te kyk. “Ek moet net `n oproep maak
voor ons kan praat.”

kwaad man op die selfoonDeur die nommer met teruggegehoude woede in te druk,
begin die eienaar te skree op een van sy besigheids bestuurders oor `n
kwartaalikse verslag waaroor hy ontevrede is. 
Hy vloek soos `n matroos en hoe langer hy praat, hoe kwaaier en
onbeskofter raak die mondelingse skeltaal.

Roger was ontsteld. Die vent maak my naar, dink
hy. Dit val hom by om vir die” besigheidsman
te bid, maar die man was só walglik. Roger wou regtig nie. En, toe die gedagte
weer kom, bid hy in stilte, “Vader ek het U hulp nodig. Ek wil regtig nie vir
die vent bid nie. Ek sal eerder opstaan en hier uit loop. Ek het hulp nodig!
Asseblief help my om hierdie man te sien, nie soos hy nou is nie, maar soos hy
deur U genade sal wees.”

`n Gevoel van bejammering vir die man het skielik in
Roger se hart ingekruip. En in gebed voortgegaan: “Yahuwah deur die mag van U
Heilige Gees, vra ek U om die demoniese magte wat hierdie man  verdruk, bestraf. Asseblief omhels hom met U
geestelike atmosfeer van lig en vrede. 
Laat U Heilige
Gees
hom nader en hom na U toe lei.

Toe hy die insident later onthou: het Roger gesê:

Nie eens vyf minute later nie het ek `n verandering in
die man bemerk so groot soos dag en nag. Sy gesprek het `n nuwe rigting
ingeslaan.   “In plaas
om voortdurend te praat en vloekwoorde te skree, het sy stemtoon bedaar en het hy
gepraat met wat beskou kan word as intelligente redenasie. Lang rus periodes
het die ander persoon kans gegee om die situasie te verduidelik. Die gesprek is
afgesluit op wat uitgeloop het op `n gemoedelike noot. .  . 
.  Sy streng uitdrukking  . 
.  . [het] nou versag.2

Toe hy die telefoon op die mikkie sit, draai die
besigheidsman na Roger met `n vriendelike 
glimlag terwyl hulle hande skud.

gelukkig here“`n Plesier om jou te ontmoet, Roger. Ek is Dennis.
Jammer dat ons op `n dag ontmoet waarop alles so deurmekaar is.” Dan bedink hy
hom en skud sy kop. Eintlik moet ek eerlik wees. Dit is nie altyd só ongewoon
nie. Ek weet nie waarom nie, maar somtyds voel ek net hierdie onbeheerbare
woede van my besit neem. Dit raak net erger en ek kan dit net nie keer nie. Ek
voel soms gek.” Deur ergerlik uit te asem, voeg hy by: “As ek my werknemers nie
dubbel betaal wat hulle werd is nie, sal ek niemand hê wat vir my sal werk
nie.”

Meteens besef hy dat hy opmaak aan `n totale
vreemdeling. Ek weet nie waarom ek jou dit vertel nie. Ek is jammer. Dit is nie
my bedoeling om al my probleme op jou te laai nie. Laat ons oor advertensies
gesels.”

“Moenie bekommerd wees nie, Dennis.” Het Roger
gerustellend geglimlag.  “Ek praat nooit
uit nie.” “Hoewel kliënte dikwels aan my
dinge vertel wat hulle vir geen ander persoon genoem het nie. Vir watter rede
ookal, sê hulle dat hulle gemaklik voel met my en verkies om te deel met `n
vreemdeling as met iemand wat hulle werklik goed ken.”

Dennis het weer gaan sit, en wys vir Roger om ook so
te maak. “Ek moet met jou kliënte saamstem. Ek weet nie werklik hoe om dit te
verduidelik nie, maar daar`s  .  .  .
daar`s nes asof dié krag met jou is.
Ek weet werklik nie hoe om dit in woorde om te sit nie, maar dit is nie van
hierdie wêreld nie. Ek het nooit die vrede en kalmte besit wat ek nou ervaar
nie.”

Roger voel oorweldigd deur so `n spoedige en
opsigtelike antwoord op sy gebed.  “Wel,
ek voel ek moet jou vertel dat so gou ek gesien het dat jy moeilikheid oor die
foon het, ek vir jou gebid het, dat die Monarg van die melkweg jou met Sy vrede
omgewe.”

“Ongelooflik” Dennis het die ander man vir `n wyle fyn
dopgehou. Ek het God en godsdiens jare gelede opgegee.  Die ‘Monarg van die melkweg’ wie my omgewe
met sy vrede. Ek hou daarvan. Jy het my iets gegee om oor te dink.Moet my nie
verkeerd verstaan nie,”het hy haastig bygevoeg. “Ek is nie op die punt om kerk
toe te gaan en geestelik of iets soos dit te word nie, maar dink jy dat jy
steeds vir my kan bid?  Ek sal dit baie
waardeer!”

Met hul besigheid beklink, vergesel Dennis Roger na
die voordeur, al geselsende die hele tyd.

Weens `n verplasing en bevordering, was dit twee jaar
voor Roger vir Dennis weer gesien het. Tydens daardie tyd, getrou aan sy
belofte, het hy voortdurend vir die man gebid. Toe hy eendag weer in die area
was, het hy die nuwe area verkoopsverteenwoordiger na die besigheidsman se
kantoor vergesel. Dennis was verheug om Roger weer te sien en het hom aan al sy
werknemers voorgestel as die man wie sy lewe verander het.

Die verandering was inderdaad verbasend.Hy het gegloei
van vreugde, gemoedelikheid en `n positiewe gemoed.  Agter sy lessenaar was `n prent met die
woorde: “Gebed verander dinge”       

gelukkig here

Roger se ondervinding is, ongelukkig, net te raar. Dit
is nie dat die Hemel traag of onwillig is om gebede te verhoor nie. Die
probleem is dat mense so min bid!  Of, as
hulle tog bid, word dit in `n halfhartige en vaag-bewoorde manier gedoen. Die
Hemel verlang vurig om die behoeftes van elke mense hart te vervul. Maar, elke
wapenstryd het “ oorlogs-voorwaardes” en die konflik tussen Yahushua en Satan
is nie anders nie.

Storie geneem uit The Incredible Power of Prayer, deur Roger J. Morneau.

Roger Morneau

Storie geneem uit The Incredible Power of Prayer, deur Roger J. Morneau.


Oorlogs-Voorwaardes:
Jy Moet Vra!

Ter beskerming van die menseras dat hulle nie deur
Satan oorweldig word nie, het Yahuwah sekere reëls neergelê. Een van hierdie
reëls is die van direkte betrokkenheid, van beide kante, mag slegs gedoen word
deur `n spesifieke versoek. Dit is werklik `n skande dat sataniste en
duiwel-aanbidders dikwels meer “geloof” in Satan se bekwaamheid en gewilligheid
om hulle versoeke te beantwoord as wat die beleidende volk van Yahuwah het in
die Almagtige.       

“Dit is deel
van [Yahuwah se] plan om ons te voorsien, in antwoord This Day With God Quotationop gebed van geloof, wat
Hy nie sal uitgee sou ons nie daarvoor vra nie.”3 Yahushua het
hierdie beginsel verstaan. In Sy bergpredikasie, het Hy almal bemoedig om hul
behoeftes aan die Vader voor te lê:

Bid, en
vir julle sal gegee word ; soek, en julle sal
vind ; klop , en vir julle sal
oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek , vind; en vir hom
wat klop , sal oopgemaak word . Of watter mens is daar onder julle wat , as sy
seun hom brood vra, aan hom `n klip sal gee ; en as hy `n vis vra aan hom `n
slang sal gee? As julle dan wat sleg is, dan weet hoe om goeie gawes aan julle
kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die Hemele is , goeie
dinge gee aan die wat Hom bid!  (Matthéüs 7:7-11, OV)

Yahuwah skep behae daarin om gebede te beantwoord en
daar is geen ander gebed waarin Hy meer behae in skep as in die hulp vir die
redding van siele wat deur Satan onderdruk word nie. Die gebed, “Here, red ons!
Ons vergaan !” sal altyd onmiddelik beantwoord word.

Diegene wiese harte gevul is met die liefde van die
Verlosser, deel ook Sy las vir die liefde vir siele van ander. Hulle verlang om
hul familie lede, hulle vriende, en hul voormalige mede kerklede te sien die
waarheid omhels wat hulle só liefhet. 
“Wanneer die eie ek afgesterf word, sal daar `n intense verlange wees
vir die redding van andere, – `n verlange wat na volhoudende pogings sal lei om
goed te doen. Daar sal langs alle waters gesaai word; en ernstige smeekbedes,
dringende gebede, sal die hemel binnegaan om die onthalwe van verloregaande
siele.”4 Veral wanneer toenemende waarheid gevolg word, wat lei dat
`n persoon hom afsonder van algemeen belyde 
geloofs sisteme, sal skeiding opduik in verhoudings. Vriendskappe sal
ongemaklik voel; huwelike mag daaronder lei. In sulke omstandighede, is dit beide
`n voorreg en en `n plig om te bid vir diegene wie hul rug op die waarheid
keer.

Toe Israel rebelleer en aandring op `n koning, het die
profeet Samuel geween oor die groot sonde, wetende dat Israel,
deur so `n versoek, die heerskappy van Yahuwah verwerp het.

(Sien 1 Samuel 8: 6-7)  Maar selfs in die aangesig van sulke rebellie
teen die regering van Yahuwah, het Samuel nie sy rug op Israel gekeer nie. Sy
woorde in die tyd van hul afvalligheid is `n basuin signaal aan almal wie
geliefdes het wat worstel met verskeie probleme of wie blyk of hulle die
waarheid verwerp het: “Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen Yahuwah
sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die
goeie en regte weg onderrig.” (1 Samuel 12:23)              

Dit is waar bemiddelings gebed inkom. Gebede vir ander
is van lewensbelang! “Die ganse hemel kyk neer op jou wie aanspraak maak op die
heiligste waarhede ooit aan sterflinge gegee, glo. Engele staan afwagtend
gereed om met jou te werk en die verlossing van siele.”5

Ons gebede moet nie `n selfsugtige versoek net vir ons
eie belang wees nie. Ons moet vra om te kan gee. Die beginsels van Christus se
lewe moet die beginsels van ons lewens wees. “En Ek heilig myself vir hulle,
sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” Het Hy gesê. (Johannes 17:19.)
Dieselfde toewyding, dieselfde self-verloëning, dieselfde onderwerping aan die
eise van die woord van [Yah], wat in Christus gemanifesteer het, moet in Sy
diensknegte gesien word. Ons sending aan die wêreld is nie vir eie gewin nie;
ons moet [Yahuwah] verheerlik deur met Hom saam te werk in die verlossing van
sondaars. Ons moet gawes van Yah vra om met ander te kommunikeer. Die
kapasiteit om te ontvang word bewaar slegs deur te gee. Ons kan nie meer
hemelse skatte ontvang sonder dat ons aan diegene rondom ons kommunikeer nie.6

Om met die Hemel saam te werk in die verlossing van
siele, moet Yahuwah se volk Sy voorbeeld volg en deelneem aan bemiddelingsgebed
vir andere. Weens die beperkinge wat op die Hemel geplaas word deur die
voorwaardes van betrokkenheid in die groot stryd tussen goed en kwaad, is dit
van lewensbelang dat jy vir diegene bid met wie jy in kontak kom. Die Hemel wil
meer doen en wag net vir versoeke vir hulp. Skrifte sê dat Yahuwah  “mag het om te doen ver bo alles wat ons bid
of dink .”  (Efesiërs 3:20, OV) Yahushua
dring aan dat ons moet, “Bid, en
julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”  (Johannes 16:24) As die optrede van gebed nie `n belangrike voorvereiste was
nie, sou Skrifte nie so dikwels by almal aangedring het om versoeke te rig vir
hulleself en vir andere nie.

Elemente
Van Effektiewe Bemiddelings Gebed

Effektiewe bemiddelings gebed bevat sekere belangrike
elemente:

  1. Her-toewyding van jouself aan Yahuwah.
  2. Roep die naam van Yahuwah aan.
  3. Bid in die naam van Yahushua.
  4. Wees spesifiek.
  5. Moenie tou opgooi nie.

Hernu Jou
toewyding

Voordat jy vir iemand anders bid, bely jou eie sondes.
Maak seker dat daar niks tussen jou siel en die Verlosser is wat die seëninge
wat jy soek sou verhoed nie. Dit is altyd goed om `n gebed Hemelwaarts te
stuur. Roger Morneau het nie tyd gehad vir `n lang gebed toe hy luister hoe
Dennis uitvaar teenoor sy werknemer nie, tog het Hemel steeds sy gebed verhoor
en beantwoord. Nogtans is hertoewyding van jouself aan Yah belangrik, wanneer
vir `n spesifieke saak voorlegging gedoen word.

Roep die
naam van Yahuwah aan

Skrifte dring herhaaldelik by almal aan “roep sy Naam
aan, ” Psalm 105:1 sê: “Loof Yahuwah, “roep sy Naam
aan
.”  Die handeling om die
heilige naam aan te roep terwyl daar dank betuig word, inspireer geloof in die
mense-hart om die geestelike belofte te besef. Dit is `n belangrike deel van
effektiewe bemiddelings gebed. Soos jy die oppermag, die sterke en die
majesteit van die Ewige Een erken, sal jou liefde, dankbaarheid en vertroue net
vermeerder. Dit, op sy beurt, sal jou geloof in Yahuwah se mag en Sy
gewilligheid om aan jou versoeke te voldoen, versterk. “Die Naam van Yahuwah is
`n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.” (Spreuke
18:10)

Bid in die
Naam van Yahushua

Die Seun van die Allerhoogste het jou uitgenooi om jou
versoeke in Sy naam voor die ewige troon
te bring. “En wat julle ookal in my Naam mag vra, dit sal Ek doen,” (Johannes
14:13, 14, OV) Wat `n  versekering!

Om te bid in die naam van Yahushua beteken meer as om
jou gebed af te sluit met, “In die naam van Yahushua, Amen.” Dit beteken om in
harmonie met Sy wil en die wil van die Vader te bid. Nes Christus in Getsemané,
moet die gebed van almal wees; “Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil
geskied.” (Lukas 22:42.)

'N Oproep tot Gebed

In die wandeling uit die Bo Vertrek na die tuin van
Getsemané waar Hy verraai was, het Yahushua ons bemoedig: “Voorwaar, voorwaar
Ek sê vir julle alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle
gee.” Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal
ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (Johannes 16: 23, 24.) Dit is
nie `n waarborg dat die persoon vir wie jy bid die regte weg sal volg en dat
die uitkoms sal wees soos jy wil hê nie. Yahuwah sal nooit die mense wil
forseer nie. As `n persoon verkies om
te volhard in die verwerping van waarheid, gevaarlike gewoontes, of enige ander
situasie waaroor jy bid, gee Yahuwah hom of haar die Vryheid van keuse om so te
doen. Maar gebed vir `n  persoon of
situasie bemagtig Yahuwah om te werk in maniere waarop Hy andersinds nie kon
gewerk het nie onder die voorwaardes van oorlogsvoering in die stryd met Satan.

Wees
Spesifiek in Gebed

Vrees vir onbeantwoorde gebede lei dikwels dat mense
baie vae gebede het. Hulle sal versoeke rig, maar hul versoeke is so wyd
gestel, sulke ope-antwoord versoeke en onduidelik dat selfs as Yahuwah hul
gebede antwoord, kan geen antwoord gesien word nie! Versoeke aan Yahuwah soos:
“Seën asseblief vir suster Chang,” is anders as om Hom te vra: “Voorsien suster
Chang met `n werk wat sal toelaat dat sy die Sabbat sal hou.” Die bekende 19de eeuse Protestantse evangelis en hervormer, Charles Spurgeon,
het eens opgemerk: “Daar is `n algemene soort gebed wat misluk as gevolg van `n
te kort aan juistheid. Dit is asof `n afdeling soldate almal rond en bont sou
vuur met hul wapens. Moontlik sal iemand getref word, maar die meerderheid van
die vyand sal gemis word.”7

 Moenie vrees om
spesifiek te wees in gebed elke keer as jy vra waarvoor jy `n behoefte het nie.

  • As jy sou bid vir die genesing van
    `n vriend, vra dat die Gees van Lewe wat Yahushua uit die dood opgewek het aan
    die persoon gegee word om haar te genees.
  • As u in `n restaurant eet, vra dat
    as daar enigiets in die kos is wat u kan siek maak, dat Yahuwah, as die voedsel
    voorsiener, veroorsaak dat hierdie skadelike elemente oplos en onskadelik deur
    jou gestel gaan.
  • As `n mens opgewonde of kwaad is, bid
    dat heilige engele gestuur word en die bose legioene van duisternis teruggedryf
    word en hy met `n Hemelse atmosfeer van vrede en lig omsingel word.
  • As `n geliefde lig en waarheid
    verwerp, vra dat die Heilige Gees gestuur word vir die verligting van haar
    wese, om haar te bemagtig om waarheid te begryp en te oortuig om dit te
    gehoorsaam 
  • As u eie hart verhard voel, veroek
    die Skepper om jou hart te her-skep, en om jou wil in harmonie met Sy
    geestelike wil te bring.

Moenie bevrees
wees om baie spesifiek en nougeset te wees wanneer jy bid nie. Daar is geen
gevaar om te vra vir spesifieke dinge as in elke gebed, jy jou wil bring onder
die geestelike wil nie, vra dat in alle dinge Sy wil gedoen word.

Maak aanspraak op Yahushua se Verdienste

Wanneer jy
vir `n persoon of situasie bid, maak aanspraak op die bloed van Yahushua om jou
(as die bemiddelaar) en die persoon vir wie jy bid te bedek. Maak jou Bybel oop
by Matthéüs 27 en stel dit voor as
die rede waarom die hemel magtig om jou onthalwe moet werk. Dit is slegs deur
die deugde van die gestorte bloed van Yahushua op Golgotha dat die gevalle
seuns en dogters van Adam voortdurend ontvangers van geestelike genade is. Maak
aanspraak op die Verlosser se gestorte bloed vir die vergifnis vir die persoon
of mense vir wie jy bid. As `n spesifieke situasie andere betrek, soos dokters,
regsgeleerdes, pastore, werknemers, ens. bid ook vir hulle.

Dit is
lewensbelangrik om aanspraak te maak op die meriete van die gestorte bloed van
Yahushua wanneer ons betrokke raak in bemiddelings gebed. Sonde skei ons van
die bron van mag en vrede. Daarom is dit noodsaaklik om vergifnis te vra vir
hulle sondes ter versekering dat die weg skoon is vir die verlangde seëninge.
Yahushua self het vir diegene gebid wie Hom gekruisig het. (Sien Lukas 23:34.) Ook Stefanus het gebid dat sy
moordenaars vergewe moet word. (Sien Handelinge
7: 59-60.)  

Allison
Ryder8 was in Payless Shoe Stores op soek na `n paar drafskoene. Skielik
was haar aandag afgetrek deur `n vrou wat die winkel instorm en met die
volgende eilandjie afvaar, terwyl sy luidrugtig haar tienerdogter uitskel: “Jy sal sekerlik dra wat ek vandag koop! Ek
gee nie om wat jy wil hê nie. Ek is in beheer. Dit is my geld en jy sal dit skool toe aantrek!”

Geskok deur
so `n woedegloed, tree Allison om die hoek van die eilandjie om te sien wat
gebeur. `n Jong meisie, staan daar met hangende skouers, hartseer gelaat,
terwyl die skeltaal woed.  Dé!  Jy kan dit aantrek!  Of díe! Hulle sal goed pas.”

“Dis ou
vrou skoene,” kap die meisie terug.

“Ek gee nie
om as jy nie daarvan hou nie! Ek is die een wat die skoene koop. Dit is my geld
en ek sal koop wat ek wil hê jy moet dra en
jy sal dit dra!
  Met hierdie
uitdruklike woorde, het die moeder die eilandjie afgestorm, weg van Allison af,
steeds met `n luide geskel teenoor haar dogter en haar vorige “onnosel keuses.”

Gewalg deur
díe vertoon van onredelike woede en om die jong meisie nie nog verder te
ontstel nie, tree Allison gou terug na haar kant. Haar gedagte keer Hemelwaarts
in gebed.  Toe sy die insident later
onthou, kon sy daarvan sê:

Eers het ek
die Meester versoek om my sondes te vergewe sodat my gebed verhoor kon word.
Daarna het ek gebid dat Hy die vrou en die meisie van hul sondes moet vergewe.
Ek het Hom gevra om heilige engele te stuur om die demone wat die moeder
treiter weg te dryf en aan haar `n kalm, vreedsame gemoed gee.

Teen die
tyd dat ek sê, Asseblief, Heer, asseblief,
help in hierdie situasie, was alles stil! Die volgende wat ek gehoor het is die
moeder, in `n bedaarde, stil stemtoon, sê, “Ek is jammer. Ek`s jammer dat ek so
kwaad geraak het. Dit is nie regverdig dat ek my keuse van skoene op jou moet
afdwing nie. Wys my wat jy verkies om aan te trek.”

Die
ongelooflikste verandering het plaasgevind en dit was byna oombliklik!  Alhoewel dit byna 10 jaar gelede gebeur het,
het ek dit nooit vergeet nie. Ek weet dat
daar mag in gebed is!

Yahuwah
forseer niemand nie. As `n persoon die aantrekking van die Heilige Gees
verwerp, kan hy steeds volhou met sy eie weg. Maar, in antwoord op gebed, kan
Yahushua die demone verdryf wat die woede voed.

Volhard in Gebed

Baie mense
is bekend met Yahushua se woorde in die bergpredikasie, soos hierbo aangehaal,
waar Hy gesê het: “Bid, en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind;
klop, en vir julle sal opgemaak word.” 
(Matthéüs 7:7) Wat die meeste mense nie besef nie, is dat die
taalkundige samestelling in die oorspronklike Aramees eintlik vertaal is as:
“Bid, en hou aan bid, en vir julle sal gegee word. Soek, en hou aan soek, en julle sal vind. Klop, en hou aan klop, en die deur sal vir julle oopgemaak word.”

Wanneer jy
vir iemand bid, raak jy slaags in aktiewe oorlog teen Satan en al sy troepe
magte. Paulus waarsku ons uitdruklik: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees
en bloed nie, maar teen die owerhede , teen die magte, teen die wêreldheersers
van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Efesiërs
6:12, OV) Moenie moedeloos raak as vir`n tyd lyk of dinge slegter raak nie. Bose Engele verlaat nie die slagveld sonder `n
geweldige aanslag nie.

Dit was die
geval vir Mnr. en Mev. Harvey. Hul seun Henry, het met dwelms geëksperimenteer,
en as gevolg daarvan, teen 20 jarige ouderdom, hewige brein skade opgedoen.
Onbevoeg om vir homself te sorg, het hierdie 32-jarige met sy ouers geleef waar
hy in stilte gesit, en vir ure ketting rokery bedryf het. Soms het hy homself
só erg selfkasty dat hy erg gekneus was. Wanneer vertel was om hom nie self
seer te maak nie, het sy woede net opgevlam. Sy hare het byna op sy lende
gehang en hy het geweier om dat enig een dit moet sny. Sy spraak was niks meer
as net `n onintelligente brabbeltaal nie.

Mev.
Harvey, terwyl sy hartseer was oor haar seun, het sy, sy toestand as hopeloos
gesien. Een dag, terwyl sy die voortdurende stryd deel wat sy en haar man moet
deurmaak met Henry, het `n kennis voorgestel dat hulle dalk die Vader moet bid
om Henry se verstandelike vermoëns te herstel om Yahuwah te verheerlik en die
geloof van andere te versterk.

Daar was
nie onmiddelike verbetering nie. Maar hulle het met gebed volgehou. Geleidelik,
na `n tydperk van verskeie maande, was Mev. Harvey verheug om te sien dat Henry
verbetering toon. Sy spraak was duideliker, vir die eerste keer in vele jare
het hy sy ma gevra om sy hare te skeer! `n Paar maande later, vertel Henry sy
ma dat hy besluit het om op te hou rook. Mevrou Harvey was `n bietjie skepties.
Na soveel jare van ketting rokery, het sy nie gedink dat Henry eindelik sal kan
ophou nie. Maar tot haar vreugde, het hy nooit weer gerook nie!

Mev. Harvey
het blymoedig al die eer aan Yahuwah gegee vir die veranderinge in Henry se
lewe. Maar na byna `n jaar, het sy aan haar gebedsmaat erken dat haar geloof in
Yahushua  om Henry ten volle te genees,
begin wyfel het. Ten spyte van al die veranderinge vir beterskap, was sy
verstandelike vermoëns steeds erg benadeel. Die vriend het haar  bemoedig om aan te hou bid, met Jakobus 1:6,
7 in gedagte:  “Maar hy moet in die
geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos `n golf van die
see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink
dat hy iets van Yahuwah sal ontvang nie.”

Laat een
aand, net `n week en `n half later, bel Mev. Harvey haar vriend. Sy het só hard
gehuil dat sy beswaarlik kon praat. Henry het uitgebars in `n geweldadige
woedebui, deur meubels deur vensters te gooi en sy ouers te dreig. Mev. Harvey
was veplig om die sheriff in te roep om Henry na `n hospitaal vir geestelik
gestremdes te neem. “Ek haat om dit te erken,” het Mev. Harvey gehuil, “maar ek
het alle geloof in die mag van gebed verloor. Ek gaan nie meer voort om [Yahuwah]
langer met my behoeftes te pla nie.”

Moet in die geloof

Nee, moenie
nou opgee nie! Het haar vriend uitgeroep. “Ek gaan nou nog harder as ooit bid.
Satan probeer om jou te ontmoedig. Hy probeer om jou te laat ophou bid. Neem
dit as bemoediging om harder as ooit te bid want Satan val só aan wanneer die
magte van lig seëvier!”

 `n Paar dae later, skrik Henry in die
hospitaal wakker, genees. Toetse het gewys dat hy verstandelik wel was. Nadat
hy `n paar dae langer vir ondersoek aangehou was, vertel die dokters Mnr. En
Mev. Harvey om hul veranderde seun te kom haal. Hy was gesond in liggaam en
verstand.

Daar is
geen gevaar dat [Yahuwah] die gebede van Sy volk sal vernalatig nie. Die gevaar
is dat in versoeking en beproewing hulle ontmoedig sal word, en nie sal volhou
in gebed nie.”9

Dit was `n
grafiese illustrasie van `n les toe die kinders van Israel met die Amalekiete
geveg het.

Steps to Christ“En Moses
het aan Joshua gesê: Kies vir jou manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal
ek op die top van die heuwel staan met die staf van Elohim in my hand.” (Exodus
17:9) Terwyl Joshua die magte van Israel teen die vyand aangevoer het, het
Moses op `n naby-geleë heuwel gestaan, met sy hande opwaarts uitgestrek in
gebed. Tog, kan niemand vir ure met sy hande uitgestrek so staan nie. Toe Moses
se arms moeg raak en hy hulle laat sak het, het `n opmerksame gevolgtrekking op
die slagveld plaasgevind: “En telkens as Moses sy hand ophou was Israel die
sterkste; maar as hy sy hand laat sak was Amalek die sterkste.” (Exodus 17:11)

Aaron en
Hur, wie saammet Moses die heuwel uit is, het spoedig tot die hulp van Moses en
die hele Israel gekom:

“Maar
die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle `n klip geneem en dit
onder hom neergelê , dat hy daarop kon sit. En Aaron en Hur het sy hande
ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas
gebly tot sononder.

En Joshua
het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard `n nederlaag toegebring. (Exodus
17:12, 13)

Dit is `n
belangrike les om te onthou. Moenie nalaat om vol te hou in gebed nie. Jy weet
nie watter beskuldigings Satan in die geheim maak, nes hy met Job gedoen het
nie. Soms word gebed jare of maande daarna beantwoord. Yahuwah se behoefte vir jou is om sy belofte beet
te neem en om nie te laat los nie. Maak
Jakob se gebed joune: “Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.” (Sien Genesis 32: 24-28.)

Die oorlede
Josephine Cunnington Edwards, evangelis en bekroonde skrywer, het vir jare vir die bekering van haar broer
Bill, gebid. Hul ouers het in hul grafte neergedaal gebedvol dat hulle seun tot
bekering moet kom, maar het nooit gesien dat sy hart versag het nie. Bill se
vrou, Mary het ook vir sy bekering gebid.

Een oggend
terwyl Bill in die sitkamer besig is om die oggendblad te lees, het Mary hom`n
vreemde geluid hoor maak. Toe sy die vertrek in hardloop, sien sy hoe trane oor
haar man se gesig rol.

Bill!    Wat`s fout?    Wat  het  gebeur?”  Het 
Mary  dringend  gevra.

Ag,
Mary!  Ek het nou net [die Meester
Yahushua] gesien. Hy het sonder meer by die deur ingestap!  Ag Mary, as jy Hom tog maar net kon gesien het!  Die uitdrukking op Sy gelaat was só vol
liefde.  Woorde kan dit nie beskryf nie!

“En Hy het
met my gepraat!  Hy het aan my gesê,
‘Bill, jou ouers het gesterf terwyl hulle vir jou bid en bekommerd was dat
hulle jou nooit in die Koninkryk sal sien nie. 
Ek wil hulle verras in die Opstandings Dag.  Wil jy nie maar jou hart vir My gee nie?   Kom laat ons saam vir hulle wag.’

Ag,
liefling! As jy ooit net Sy gesig kon sien, sal jy nooit weer enigiets doen om
Hom ooit teleur te stel nie. Daar is soveel liefde!  Ek wil my hart aan Hom gee en gereed wees met Sy wederkoms!”

Die Apostel
Paulus het die gevaar om te gou op te gee goed verstaan. Hy het daarop
aangedring: Werp dan julle vrymoedigheid wat `n groot beloning het, nie weg
nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van Elohim
gedoen het, die belofte te verkry.” 
(Hebreërs 10: 35, 36)

[Yahuwah]
sê, “Roep My aan in die dag van benoudheid.” Psalm 50: 15. Hy nooi ons uit om
ons moeilikhede en behoeftes aan Hom te voor te lê, so ook met ons behoefte van
geestelike steun. Hy nooi ons om vinnig in gebed oor te gaan. So gou
beproewinge opduik, moet ons onse opregte, ernstige versoeke aan Hom stuur.
Deur ons dringende gebede gee ons bewyse van ons sterk vertroue in [Elohim].Die
besef van ons behoefte lei daartoe dat ons ernstig bid, en ons Hemelse Vader
word genoop deur ons smekinge.10

`n Plig en `n Voorreg

Dit is
beide `n plig en `n voorreg om met Yahushua saam te werk in die verlossing van
siele deur vir hulle te bid. Skrifte is vol beloftes waarop jy kan aanspraak
maak vir die onthalwe van andere, soos: “En as die Gees van Hom wat Yahushua
uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode
opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur Sy Gees wat in julle
woon.”  (Romeine 8: 11) Wanneer vir
andere gebid word, vra dat vir die persoon vir wie jy bid terug gebring word
tot waar Adam was voordat hy gesondig het. Her-skepping
van hart en verstand is die hele ideaal van die verlossingsplan.

Moenie
mismoedig voel wanneer dit lyk of geliefdes verhard is teen die waarheid nie.
Yahushua het sy dissipels geleer “dat `n mens gedurig moet bid en nie moedeloos
moet word nie.”  (Lukas 18: 1)

Hy wat na
Hom kom met `n ootmoedige hart sal nooit verwerp word nie. Nie een opregte
gebed gaan verlore nie. Onder die lofliedere van die hemelse koor, hoor
[Yahuwah] die pleitredes van die swakste mens. Ons stort ons hart in ons
binnekamers uit, ons adem `n gebed uit in die weg waar ons wandel, en ons
woorde bereik die troon van die Monarg van die heelal. Hulle mag ongehoord wees
aan die mense oor, maar hulle kan nie in stilte uitgedoof word nie, nog minder
kan dit verlore gaan tussen die besige aktiwiteite wat plaasvind. Niks kan die
siel se verlange uitdoof nie. Dit styg uit bo die straat rumoer, bó die
verwarring van die menigtes, na die hemelse howe. Dit is Yahuwah met wie ons in
gesprek is, en ons gebede word verhoor.11

Die Hemel
werk saam met diegene wie arbei vir die verlossing van andere. “Die kinders van
[Yahuwah] word nie alleen en weerloos gelaat nie. Gebede beweeg die arm van die
Almagtige.12 Die gebed van geloof, eenvoudig, vertrouend, reguit en
spesifiek, wat aanspraak maak op die verdienste van die bloed van Yahushua, sal beantwoord word.

[Die Vader]
is op baie manier besig om jou hartlike vertroue te win.  Daar is niks waarin Hy meer behae in skep as
om jou laste oor te neem, kom na Hom toe vir lig en sterkte, en Hy het belowe
dat jy rus vir jou siel sal ontvang. As jy hart en stem sal vind om te bid, sal
Hy verseker `n oor vind om te hoor, en `n arm sal uitgesteek word om jou te
red. Daar is [`n El] wat gebede aanhoor, en wanneer al ons gebede misluk, is Hy
ons skuiling, `n baie groot steun in benoudhede . . . . 13

Alle Hemel is op soek na jou ...

Sluit
vandag by die Hemel aan. Bring jou sorge, jou geliefdes voor die
gebed-verhorende Almagtige. Die ganse Hemel is besig om met hulle saam te werk
wie erfgename van verlossing in die redding van siele is.


Verwante
Inhoud:


1 Uit  The
Incredible Power of Prayer
deur Roger Morneau.

2Ibidem., bladsye 70-71.

3
E. G. White, The Great Controversy,
bl. 525.

4
E. G. White, Gospel Workers, bl. 470.

5 E.
G. White, Selected Messages, Deel 2,
bl. 136.

6
E. G. White, Christ Object Lessons
bl. 142.

7
C. H. Spurgeon, Sermons, bl. 21.

 8 Naam is
verander.

9
E. G. White, Christ Object Lessons,
bl. 175.

10Ibidem bl. 172.

11Ibidem bl. 174.

12Ibidem bl. 172.

13 E.
G.White, This Day With God, bl. 184.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.