Skokkende
Bybelse Waarheid
Die waarheid van die Skrifte is
omvangrykend, voor die handliggend en harmonieus. By tye, kan sekere tekse skyn
dat hulle ander tekse kontrasteer as gevolg van verkeerdelike insig of
onvoldoende kennis. Een area van algemene verwarring is aangaande die beloning
van die goddelose. Skrifte leer, “Maar die dooies weet glad niks nie.”
(Sien Prediker 9:5, 6.) Hoe dit ook al sy, leer dit ook van ewig
brandende vuur wat nooit uitgedoof word nie. Die waarheid wat die twee skynbare
kontrasterende punte harmoniseer is mooi en geloofs-bevestigend.
Jesaja het die sleutel tot die
oplossing vir die raaisel. Dit rig `n versoek: “Die sondaars in Sion bewe,
siddering het die roekeloses aangegryp. Hulle
sê : Wie van ons kan woon by `n verterende vuur, wie van ons kan woon by `n
ewige gloed ?” (Jesaja 33:14, OV) Dit is,
in `n mate `n goeie vraag want wie kan in vuur lewe? Maar net die volgende vers
bevat die antwoord:
Hy wat in geregtigheid wandel en
spreek wat reg is, wat gewin deur afpersing versmaad, wat sy hande uitskud om
geen omkoop geskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld
te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie-
hy sal op hoogtes woon, rotsvestings
is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
Jou oë sal die Koning in sy skoonheid
aanskou, dit sal `n wyd uitgestrekte land sien.
(Jesaja 33: 15-17, OV)
Dit is die regverdige wat sal leef en jubel in die ewige vlamme. Slegs Yahuwah se volk kan met `n
heilige Eloah lewe, “Want onse Eloah is `n verterende vuur.” (Hebreërs 12:29)
Yahuwah is die bron van alle lewe.
“Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons.” Handelinge 17:28). Suiwer energie
vloei van Hom in `n ononderbroke stroom. Daar is baie min tye in die Skrifte
waarin die teenwoordigheid van Yahuwah Homself, beskryf word. Elke keer is die
verskyning van die heilige bron van lig en lewe en lewenskrag beskryf as
“vuur.”
Voor sy sondeval, was Lucifer die
skutengel. Die eindelose strale van lig en energie wat vloei van die Skepper
het hom gebaai in die ewige lig van sonnelose dag. As die skut engel, het
Lucifer in die onmiddelike teenwoordigheid van die ewige vlamme van die
Almagtige gewandel. Hy het ongedeerd in Sy vure gewandel.
“Jy was `n gerúb met uitgespreide
vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op die heilige berg; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
Jy was volkome in jou weë van die dag
af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.” (Esegiël 28:14, 15)
In visioen was die profeet, Daniël
vereer met `n flits in die hemelse troonkamer waar die heerlikheid wat vloei
van Yahuwah gelyk het soos `n vlamme rivier.
“En ek het bly kyk totdat trone
reggesit is en die Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die
hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan `n
brandende vuur;
`n
stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan;
duisende maal duisende het Hom gedien, en tien duisende het voor Hom gestaan;
die gereg het gaan sit en die boeke is geopen.” (Daniël 7:9, 10, OV.)
Nes Yahushua in Sy pre-vleeswordings
vorm aan die mens verskyn het, het Hy soms
in die gedaante van vuur verskyn.
“En Moses het die kleinvee opgepas
van sy skoonvader Jetro, die priester van Midian. En toe hy die kleinvee agter
die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van Elohim, by Horeb. Daarop verskyn
die Engel van Yahuwah aan hom in `n vuurvlam uit `n doringbos. En toe hy weer
sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
(Exodus 3:1, 2)
Later, toe Yahuwah Self neergedaal
het op die Sinaï-gebergte vir die aankondiging van Sy wet, het Hy gekom in só
`n verblindende vuur sodat dit vir die aanskouende menigte gelyk het asof die
ganse berg in ligte laaie was: “En die hele berg Sinaï het gerook, omdat
Yahuwah in `n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook
van `n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.” (Exodus 19: 18)
Sedert Yahuwah Homself `n verterende
vuur is, sal mense hoe nader ons aan Hom kom, hoe nader sal hy kom tot die
ewige vlamme. Na hy veertig dae in die goddelike teenwoordigheid van Yahuwah
deurgebring het, het Moses se aangesig die goddelike heerlikheid weerkaats wat
hy aanskou het tot so `n mate dat die volk daardeur verskrik was.
“En toe Moses van die berg Sinaï
afdaal . . . het Moses nie geweet dat
die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie. En toe Aäron en
al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom
was hulle bevrees om naby hom te kom.
Maar Moses het hulle geroep, en . . .
het hy `n sluier oor sy gesig getrek.
Maar as Moses voor die aangesig van
Yahuwah kom om met Hom te Spreek, neem Hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As
hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is, sien
die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig
blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig , totdat hy ingaan om
met Hom te spreek.” (Exodus 34: 29-31, 33-35)
Die onmiddelike teenwoordigheid van
Yahuwah is ewige vuur waarin slegs die regverdige en heiliges kan oorleef. Waar
sonde ook al bestaan in die teenwoordigheid van Yahuwah, sal die ewig brandende
vure van `n heilige Eloah dit verteer. Mense met ongeheiligde harte is bevrees
in die teenwoordigheid van ewig brandende vlamme. Toe Yahuwah van die
Sinaï-gebergte af gespreek het, was die volk vreesbevange.
“En toe die hele volk die donderslae
en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die
volk dit gesien en gebewe en op die afstand bly staan. En hulle het vir Moses
gesê: Spreek u met ons dat ons kan luister; maar laat Yahuwah nie met ons
spreek nie, anders sterwe ons.” ( Exodus 20: 18, 19)
Die enigste ding wat Yahuwah se vuur
verteer, is sonde – en sondaars, sou hulle verkies om aan sonde vas te hou. Dit
word grafies geïllustreer in die ondervinding van Nadab en Abihu. “En die seuns
van Aäron, Nadab en Abihu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi
en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van Yahuwah gebring,
wat Hy hulle nie beveel het nie. Daarop het vuur van die aangesig van Yahuwah
uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van
Yahuwah.” (Levitikus 10: 1, 2)
Nadab en Abihu was voor die hele
Israel vereer. Hulle was uitverkies, met hulle vader en hul vader se huis, om
direk as priesters van Yahuwah te dien. Maar die hoë eer wat hulle te beurt geval
het, het hulle nie met eerbiedwaardigheid, liefde en ontsag gevul nie. Deur die
skaamtelose oortreding van Yahuwah se heilige wet, het hulle gesterf in die
vuur wat van Yahuwah gekom het. Maar Skrifte bevat `n fassinerende besonderheid
wat veel openbaar omtrent die ewige vuurvlamme. “En Moses het Misael en
Élsafan, die seuns van Ussiël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom
nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit. Toe
het hulle nader gekom en hulle in hul
rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.” (Levitikus 10:4, 5)
Hoe interessant ! Die twee manne wat “verteer”
was deur die “vuur” wat van Yahuwah uitgegaan het, se klere was ongeskonde! As
iemand `n blaasvlam lank genoeg na jou toe uithou sal dit jou dood kos, hoe
dink jy hoe sal jou klere nie opvlam nie? Dit sal vinniger verbrand as jou
liggaam wat hoofsaaklik net uit water bestaan!
Hierdie onbenullige, dikwels
misgekykte besonderheid, verskaf `n fassinerende insig in die ewige brandende
vure van Yahuwah se teenwoordigheid. Yah se vuur is nie `n vuur van verbranding nie. Toe Sadrag, Mesag, en
Abed-nego, die drie vriende van Daniël, veroordeel is om in die vuuroond
verbrand te word omdat hulle geweier het om neer te kniel en die afgod te
aanbid wat Koning Nebukadnésar in die plein van Dura opgerig het , was hulle
ten volle geklee in die vuuroond gegooi. “Toe is daardie manne geboei met hulle
mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond
gegooi.” (Daniël 3:21, OV)
Iets was verteer: die boeie waarmee
hulle gebind was. Die manne self was ongedeerd. Selfs hul klere was nie
beskadig nie! Toe het Sadrag, Mesag, en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.
Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die
raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur
geen mag oor hulle liggame gehad het en die hare van hul hoof nie geskroei het
nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur
nie aan hulle gekom het nie. (Daniël 3:26 en 27, OV)
Die geheim hoe hierdie heldhaftige
manne, helde van die Hemel, gered was is eenvoudig: hulle het gestaan in die
teenwoordigheid van die Seun van Yah!
Maar daardie drie manne, Sadrag,
Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval. Toe het
Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan: hy het sy raadsmanne
toegespreek en gesê: “Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuuroond
gegooi nie?”
Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik,
o koning!
En hy sê: Kyk ek sien vier manne
binne-in die vuur wandel sonder dat daar `n letsel aan hulle is, en die
Voorkoms van die vierde lyk soos die van die Seun van El.” (Daniël 3:23-25)
Almal wie hul wil aan die goddelike
wil oorgegee het en in harmonie lewe met die hemelse wet kan ongeskonde leef in
die teenwoordigheid van die verterende vure van die Almagtige. Deur gehoorsaam
te wees aan die Wet van Yah, kon die drie Hebreeuse helde lewe in die teenwoordigheid
van ewige heilige vlamme en die vure van verbranding het geen mag oor hulle nie.
Die ewige gloed van Yah se
teenwoordigheid verteer alle sonde en selfsugtigheid weg. Sonde bestaan uit 1)
Valsheid en dikwels 2) Dwang (aan die kant van Satan) Satan is die vader van
die leuens, maar waarheid, die ewige waarheid wat uitgaan van die Een wie woon
in die verterende vuur, vernietig Valsheid. Dwang word oorwin deur hemelse
liefde. Die Heilige Gees is Waarheid en Liefde. Met Pinkster, was die
versamelde gelowiges met die Heilige Gees vervul. “Toe is deur hulle tonge
gesien soos van vuur, wat hulle self verdeel en op elkeen van hulle gaan sit
het. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees.” (Handelinge 2:2, 4, OV)
Hierdie vroeë gelowiges was nie verteer deur die hemelse vuur nie. Daarna was
hulle in liefde verenig en het die evangelie van die Koninkryk van die Hemel
aan die hele wêreld verkondig.
Die leerstelling van `n
ewigbrandende hel is gebasseer op `n valse stelling: dat Adam en Eva die ewige
lewe tydens die Skepping ontvang het. Daarom, so lui die gesprek, toe hulle
gesondig het en gestraf moet word, het Yahuwah geen keuse gehad as om hulle oor
te lewer na die ewige lewe in die vure van die hel nie. Só `n beleidenis is nie
op die Skrifte gebasseer nie. In verwysing na Yahuwah, verklaar 1Timotheüs 6:16
onomwonde: “Wat alleen onsterflikheid besit en `n ontoeganklike lig bewoon wat
geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag.”
“Yahuwah is liefde.” (1 Johannes 4:8)
Hy skep `n behae in regverdigheid.
So sê Yahuwah: Laat die wyse hom nie
beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie,
laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;
Maar laat hy wat wil roem, hom hierop
beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek Yahuwah is wat goedertierenheid, reg
en geregtigheid op die aarde doen; want in die dinge het Ek behae,” sê Yahuwah.
(Jeremia 9: 23en24.)
As `n Eloah van liefde en geregtigheid, wil Yahuwah nie die
ewige lewe aan enigiemand gee terwyl hulle steeds onder genadetyd leef nie,
deur hul keuse te maak om by Hom aan te sluit of by Satan,
in rebellie nie. Yahuwah wou nie eens hê dat die gehardste sondaar vir
ewig in pyniging moet leef nie. Dit sou nie liefdevol of regverdig wees nie!
![]() |
Ewige lewe is `n geskenk. Dit word net gegee aan diegene wie oorwin in die verdienste |
Die ewige lewe is `n genade gawe. Dit word slegs gegee aan diegene
wie oorwin deur geloof in die verdienste van Yahushua. “Want die loon van die
sonde is die dood; maar die genadegawe
van Yahuwah is die ewige lewe deur Yahushua die Gesalfde, onse Meester.”
(Romeine 6:23) Die beloning vir hulle wie verkies om te kleef aan sonde is nie
die ewige lewe in pyniging nie. Dit is die dood. Ewige lewe is aan hulle gegee
wie verkies om hulleself te onderwerp aan die goddelike, vrygewige Wet van
Liefde.
Skrifte maak bekend hoe dit gedoen
word:
Onderwerp julle dan aan Yahuwah;
weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot Yahuwah, en Hy sal
tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle
dubbelhartiges ! Verneder julle harte voor Yahuwah, en Hy sal julle verhoog.” (Jakobus
4: 7, 8en 10)
Almal wie die ewige vure toelaat om hul
sondes en onreinhede laat weg verteer, sal `n lewe gegee word wat sal opweeg
met die lewe van Yahuwah. Die vure van Yahuwah se teenwoordigheid sal deur die
ewigheid heen brand. Dit is `n belofte! “En die stad het die son en die maan
nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van Yahuwah het hom
verlig, en die Lam is sy lamp.”(Openbaring 21: 23) Die verlostes sal in die
sonnelose lig van ewige dag wandel, wie jubel in Yahuwah se teenwoordigheid.
Hulle kan lewe in die midde van ewige vlamme omdat hulle hul wil oorgegee het, deur
toe te laat dat hul sondes in die louterende vuur verteer word.
`n Dame se Bybelstudie groep het deur
die boek Maleági gelees. Toe die groep die derde hoofstuk studeer, was die vrou
verwonderd deur `n belofte wat die einste onderwerp bespreek:
Maar wie kan die dag van Sy koms
verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn ? Want Hy sal wees soos die vuur van
die smelter en soos die loog van die wassers. En Hy sal sit : `n smelter en
reiniger van silwer . . . en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle
aan Yahuwah in geregtigheid `n offer sal bring. (Maleági 3: 2, 3)
Onkundig aangaande die proses van hoe
silwer gelouter word, wou die vrou meer weet sodat hulle die proses wat in die
Bybel verduidelik word beter kan verstaan. Een vrou, wat `n silwer smid ken, het aangebied om te
gaan en uit te vind, en wat sy sien sal sy aan die groep rapporteer. Nadat sy
die relings met die silwersmid getref het om te sien hoe hy te werk gaan, het
sy op die afgespreekte tyd by hom aangekom.
Deur `n stuk silwer oor `n oop vlam
te hou, het die silwersmid verduidelik, dat om silwer te louter, dit nodig was
om dit in die middel van die vlamme te hou waar die vlamme die warmste is om al
die onsuiwerhede weg te brand. Die vrou het die silwersmid gevra of dit waar is
dat hy daar moet bly, by die vuur, tydens die ganse tyd terwyl die silwer in die
vlam is waar dit gelouter moet word.
Die man het geantwoord, “Ja. Nie
alleen moet ek hier wees om die silwer in die vuur te hou nie, maar ek moet dit
die hele tyd dophou. As die silwer `n oomblik te lank in die vlamme gehou word,
sal dit vernietig word.”
Die vrou het nog `n bietjie langer in
stilte toegekyk en toe gevra: “Hoe weet jy wanneer die silwer ten volle
gelouter is?”
‘Dis eenvoudig,” het hy geglimlag,
terwyl hy die silwerstuk versigtig geroteer het. “Ek weet dis ten volle
gelouter wanneer ek my beeld daarin weerkaats sien.”
Yahuwah wag met ernstige verlange vir
die dag dat Sy beeld perfek weerkaats word in Sy kinders sodat hulle na Hom gebring
kan word om met Hom te wees. Sy genadevolle uitnodiging gaan nog steeds voort
aan almal wat aan Hom gehoor wil gee:
Soek Yahuwah terwyl Hy nog te vinde
is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die
kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot Yahuwah bekeer, dan sal Hy hom
barmhartig wees; en tot onse Meester, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja
55: 6 en 7.)
Almal
wie sal toegee aan die vure van die SUIWERAAR sal vir ewig jubel in die vure
van Yahuwah se teenwoordigheid. “En baie
van die wat slaap in die stof van die aarde, sal ontwaak, sommige tot die ewige
lewe . .
. . En die verstandiges sal
glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid
lei, soos die sterre vir ewig en altoos.”
(Daniël 12: 2 en 3.)
Neem sorgvuldig kennis dat die hoofklem is
dat terwyl die onsterflike regverdiges verewig sal woon en floreer in die ewige
vure van die teenwoordigheid van Yahuwah, hierdie selfde vuur die verterende
vuur van die “hel” sal wees vir sterflike sondaars wie net `n kort tydjie in sy
teenwoordigheid kan bestaan.
Neem asseblief kennis van die
volgende verse, wat duidelik daarop dui dat Yahuwah se onmiddelike
teenwoordigheid `n ewigbrandende en verterende vuur is:
“Nou sal Ek opstaan, sê
Yahuwah; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig. Julle[die goddeloses]
sal swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is `n vuur wat
julle sal verteer. Dan word die volke `n kalkbrandery, afgekapte doringbosse
wat met vuur verbrand word. Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en
julle wat naby is, erken My mag! Die sondaars
in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by `n verterende vuur, wie van ons
kan woon by `n ewige gloed? Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is,
wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk
aan te gryp nie. Wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy
oë sluit, om wat sleg is nie te sien nie – hy sal op die hoogtes woon,
rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.” (Jesaja
33: 10-16)
Moses se
versoek was om Yahuwah te sien:
“Daarop vra
hy [Moses]: Laat my tog U heerlikheid sien.” (Exodus 33:18)
Daarop het
Yahuwah dit duidelik gestel dat geen mens Hom kan aanskou en leef nie.
“Verder het
Hy [Yahuwah] gesê: Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen mens kan My aangesig
sien en bly lewe nie.” ( Exodus 33:20)
“Want Ek, Yahuwah , het nie verander nie; en julle die seuns
van Jakob is nie verteer nie.” (Maléagi 3:6)
Yahushua het oorspronklik dieselfde
verheerlikte vlammende teenwoordigheid met Sy Vader gedeel, maar Hy het verkies
om dit opsy te sit om `n gewone, kwesbare menslike wese te word sodat Hy kon
woon tussen sondaars sonder dat hulle vernietig word. Maar , dit sal `n
algehele anderste saak met Sy Wederkoms wees.
“Want
wanneer hulle sê : Vrede en veiligheid – dan oorval `n skielike verderf hulle
soos die barensnood `n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.”(1Thessalonicense 5: 3)
“En dan sal
die Ongeregtige geopenbaar word, hy wat Yahushua met die asem van Sy mond sal
verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak.” (2
Thessalonicense 2: 8)
Die “verskyning” van Sy wederkoms wat
al die goddeloses sal vernietig en daardie Ongeregtige – die man van sonde [1 Thess. 5:3, 2 Thess.
2:8] is dieselfde gloeiende teenwoordigheid van Yahushua in Sy oorspronklike
verheerlikte toestand wat herstel was toe Hy weer met Sy Vader verenig was in
die Hemel, volgens Sy gebed: “En nou,
Vader, verheerlik My by U self
met U heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.” (Johannes
17:5) Dit was die “heerlikheid” wat aan Yahushua teruggegee was, die helderheid
wat Saulus verblind het: “Het ek, o koning, in die middel van die dag op die
pad `n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my
reisgenote omstraal het.” (Handelinge 26:13)
Die regverdiges is by magte om Sy
Tweede Koms te oorleef omdat hulle onsterflikheid in `n oomblik gegee word: “In
`n oomblik, in `n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink,
en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.” (1
Korinthiërs 15:52)
Die vernietiging van die goddelose tydens Sy Wederkoms sal maar net `n voorsmaak wees van die ewige gloeiende
teenwoordigheid van Yahuwah wat die algehele reiniging van die hele aarde sal
wees van die onwedergebore, onboetvaardige sondaars en alle versamelde sondes.
Satan het die stryd in die Hemel
begin en sy rebellie was gemik op Yahuwah Wiese verterende teenwoordigheid die
finale vernietiging uitvoer soos in die Boek van Openbaring uitgebeeld.
“Want onse
Eloah is `n verterende vuur.” (Hebreërs 12:29)
“Hy sal op
die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en `n gloeiende wind sal die
deel van hulle beker wees.”(Psalm 11: 6)
“Soos rook
verdryf word, verdryf U hulle soos
was smelt voor die vuur, vergaan die goddeloses voor die aangesig van Yahuwah.”(Psalm
68:3)
“En hulle
het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die
geliefde stad omsingel, en vuur van Yahuwah het uit die hemel neergedaal en
hulle verslind.” (Openbaring 20:9)
Beide Yahushua en Yahuwah deel
hierdie helder vlammende teenwoordigheid en albei sal kom woon in die Nuwe Jerusalem
waar Hulle heerlikheid die helderheid van die son en maan sal oortref:
“Die son
sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen
skynsel gee nie; maar Yahuwah sal vir jou wees `n ewige lig, en jou Eloah sal
jou sieraad wees.” (Jesaja 60:19)
“En
die stad het die son en die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die
heerlikheid van Yahuwah het homself verlig, en die Lam is sy lamp.” (Openbaring
21: 23)