World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Saak vir die 10 Gebooie

Verbeel jou `n wêreld sonder wette .  .  .

10 Commandments displayed in front of Texas Capital BuildingSou daar geregtigheid wees? Wat as daar
geen boete vir die oortreding van die wet was nie? Sou jy gerus wees? Sou jy
gelukkig wees in so `n wêreld?

“.
. . Maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.” (Spreuke 29: 18, OV)

Die kwessie of die Tien Gebooie aan die Amerikaanse regerings eiendom vertoon moet word of
nie,  het voor die Hoër Hof in Maart 2005
geëindig. Byeenkomste was buite die hofgebou gehou in verdediging van die Tien
Gebooie. Sedertdien, was `n  “Tien
Gebooie naweek”   elke Mei,  ter ere van die goddelike Wet gevier.  Hierdie aangeleentheid is veel groter as dit. Hoewel
groot pogings aangewend word om die Tien Gebooie weer as Regerings eiendom  terug te kry,  word min pogings aangewend om die Tien Gebooie
in ons lewens terug te bring.

Yahushua sê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” (Johannes
14:15, NV)

Die
Gebooie Is `n weerspieëling van Yahuwah se Karakter:

  • Regverdig: Yahuwah – Romeine 3:26; SyWet – Romeine 7:12.
  • Waaragtig: Yahuwah – Johannes 3:33; SyWet – Nehemia 9:13.
  • Rein: Yahuwah – 1 Johannes 3:3, Sy Wet –Psalm 19:8,9.
  • Lig: Yahuwah – 1 Johannes 1:5; Sy Wet –Spreuke 6:23.
  • Getrou: Yahuwah – 1 Korinthiërs 1:9; SyWet – Psalm 119:86.
  • Goed: Yahuwah – Nahum 1:7; Sy Wet –Romeine 7:12,16.
  • Geestelik: Yahuwah – Johannes 4:24; SyWet – Romeine 7:14.
  • Ons Bepeinsing: Yahuwah – Psalm 63:6; SyWet – Psalm 1:2
  • Regter: Yahuwah – Psalm 50:6; Sy Wet –Jakobus 2:12.
  • Liggewer: Yahuwah – Psalm 18:29; Sy Wet-Psalm  19:8.
  • Liefde: Yahuwah – 1 Johannes 4:7,8; SyWet – Romeine 13:8-10.
  • Rein: Yahuwah – Psalm 19:9; Sy Wet –Esegiël 22:26.
  • Geseend: Yahuwah – Psalm 28:6; Sy Wet –Exodus 20:11.
  • Verlustiging: Yahuwah – Psalm 37:4; SyWet – Psalm 1:2
  • Heilig: Yahuwah – Jesaja 6:3, 1; Sygebooie – Exodus 20:8, Romeine 7:12.
  • Waarheid: Yahuwah – Johannes 14:6; SyWet – Psalm 119:142,151.
  • Lewe: Yahuwah – Johannes 14:6, Sy Wet –Matthéüs 19:17
  • Regverdigheid: Yahuwah – Jeremia 23:6;Sy Wet – Psalm 119:172
  • Perfek: Yahuwah – Matthéüs 5:48; Sy Wet-Jakobus 1:25.
  • Ewig: Yahuwah – Johannes 8:35; Sy Wet – Psalm 111:7,8.
  • Vrede: Yahuwah – Jesaja 9:6; Sy Wet –Psalm 119:165.
  • Die Weg: Yahushua – Johannes 14:6; SyWet – Psalm 119:30-32,
  • Vir seker: Yahuwah – 2 Timótheüs 2:19;Sy Wet – Psalm 19:7, 111:7,8.
  • Onveranderlik: Yahuwah – Maléagi 3:6; SyWet – Psalm 111:7,8.
  • Soet: Yahuwah – Psalm 34:8; Sy Wet –Psalm 19:10, 119:103.
  • Wys: Yahuwah – Psalm 110:10; Sy Wet –Psalm 19:7.
  • Wonderbaar: Yahuwah – Jesaja 9:6; Sy Wet – Psalm 119:18.
  • Vryheid: Yahuwah – Jesaja 61:1; Sy Wet–Jakobus 1:25, Psalm 119:45.
  • Vertroosting: Yahuwah – Psalm 23:4; SyWet – Psalm 119:50.
  • Ons Lied: Yahuwah –Openbaring 15:3; SyWet – Psalm 119:54.
  • Kennis: Yahuwah – Jesaja 11:2; Sy Wet –119:66.
  • Hoop: Yahuwah – Psalm 130:7; Sy Wet –Psalm 119:74.
  • Lewe: Yahuwah – Psalm 36:9; Sy Wet –Spreuke van Salomo 3:1,2.
  • Opreg:
    Yahuwah – Spreuke 8:13,14; Sy Wet – Psalm 119:80.  
  • Verstandig: Yahuwah – Psalm 147:5; SyWet – Psalm 119:99.
  • Welgeluksalig: Yahuwah –Psalm 146:5; SyWet – Spreuke 29:18.
  • Vreugde: Yahuwah-Psalm 16:11; SyWet-Psalm 119:162.

    Yahushua, die enig gebore Seun van Yahuwah, was “volmaak” en
    “rein,” sonder sonde. Maar wat is sonde?

    “Wie dan ook die
    wetteloosheid doen oortree die wet; want sonde is die oortreding van die wet.”  (1 Johannes 3:4, OV)

    WIE DAN OOK DIE
    WETTELOOSHEID DOEN
    OORTREE DIE WET:
    WANT SONDE IS DIE OORTREDING VAN
    DIE WET.”

    (1 JOHANNES 3:4, OV)

    Die doel van die Wet is dan om ons te wys,
    of te help om sonde te verduidelik.

    “.
    . . . Ek sou nie geweet het wat sonde is nie, as dit nie deur die wet was nie.”
    (Romeine 7:7, NV)

    En wat is die beloning vir die oortreding
    van die Wet (sonde)?

    “Want die loon wat die
    sonde gee is die dood . . .” (Romeine 6:23, NV)

    Is die Wet steeds van toepassing ná die Nuwe Testament? Toe Yahushua
    deur `n ryk jong man gevra is wat hy moet doen “as hy die ewige lewe wil ingaan,”
    was die eenvoudige antwoord:

    “ . . . as jy
    die ewige lewe wil ingaan, “onderhou die gebooie.” (Matthéüs 19:17, NV)

    Oorweeg ook die volgende tekste deur die Apostel Johannes neergestip
    baie jare na Yahushua se opstanding:

    Hier is die lydsaamheid van die gelowiges; hier is hulle wat die
    Gebooie van Yahuwah onderhou. (Sien Openbaring 14:12.)

    “Geseënd is hulle wie die gebooie doen, sodat hulle
    deel mag hê van die boom van die lewe,   en
    kan ingaan deur die poorte van die stad.” (Sien Openbaring 22:14)

    Maar is dit ooit moontlik om die Gebooie
    te onderhou?                 

    “Ek is tot alles instaat
    deur Hom wat my die krag gee.” (Filipense 4:13, NV)

    Hy wie `n goeie werk in
    julle begin het sal dit end-uit voer en voleindig op die dag wanneer Yahushua
    die Gesalfde kom. (Sien Filipense 1:6)

    Sommige mense, selfs “pastore,” sê dat die Gebooie nie langer op ons
    van toepassing is nie. Dus, is Yahuwah
    se Gebooie wat Hy twee keer met Sy eie vinger op klei tablette geskryf het, nie
    meer vandag ter sake nie?

    Gebod
    #1:

    “Jy mag geen ander elohim
    voor my aangesig hê nie.”  (Sien Exodus
    20:3.)

    Beteken dit dan dat Baäl aanbidding en kinderslagofferandes net in
    die Ou Testament verkeerd was?

    Gebod
    #2:

    “Jy mag vir jou geen
    gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat
    onder op die aarde is, of van wat in die water onder die aarde is nie; Jy mag
    jou voor hulle nie neerbuig, en hulle nie dien nie . . .” (Exodus 20:4-5)

    Gebod
    #3:

    “Jy mag die Naam van
    Yahuwah jou Elohim nie ydelik gebruik nie. . .” (Sien Exodus 20:7)

    Gevolglik kan ons dan sê dat Farao se openlike godslastering teen
    die Naam van Yahuwah kan  deesdae nie as
    sonde gereken word nie?

    Gebod
    #4:

    “Gedenk die Sabbatdag dat
    jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag
    is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim; dan
    mag jy géén werk doen nie – jy óf jou seun of jou dogter, of jou dienskneg, of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling
    wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde
    gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.
    Daarom het Yahuwah die sewende dag geseën en dit geheilig.” (Sien Exodus
    20:8-11.)

    Jesaja 66:23 vertel ons dat die verlostes die Sabbat selfs op die
    Nuwe Aarde gedenk:

    “Want soos die nuwe hemel
    en die nuwe aarde wat Ek maak voor My aangesig sal bestaan, spreek Yahuwah, so
    sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.” (Sien Jesaja 66:23.)

    Dus is die Sabbat Gebod net op die Ou Testament en die Nuwe Aarde
    (wat vir ewig sal staan)van toepassing?

    Gebod
    #5:

    “Eer jou vader en jou
    moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat Yahuwah jou Elohim aan jou
    gee.” (Sien Exodus 20:12.)

    So was Absalon se ongehoorsaamheid aan sy vader,  Dawid in die Ou Testament net verkeerd vir
    daardie tyd (2 Samuel)? Sal sy optrede sekerlik in hierdie dag in die Hemel
    aanvaar word?

    Gebod
    #6:
                                    

    “Jy mag nie doodslaan
    [moord pleeg] nie.” (Sien Exodus 20:13.)

    Dan sal Kain se moord op sy broer, Abel,  nie in vandag se lewe as `n sonde beskou word
    nie?

    Gebod
    #7:

    “Jy mag nie egbreek pleeg
    nie.” (Sien Exodus 20:14.)

    Dus sal Dawid se begeerte vir `n ander man se vrou (Batseba) vandag
    aanvaarbaar wees in die oë van die Hemel? 
    Egbreek is dan nie meer  langer `n
    sonde nie?

    Gebod
    #8:

    “Jy mag nie steel nie.”
    (Sien Exodus 20:15.)

    So, toe Agan die silwer van Jerigo gesteel het, en gevolglik die
    lewens van onskuldige mense verwoes het, was dit maar net `n sonde in daardie
    dae (Josua 7)? Om vandag te steel sal dan goed wees?

    Gebod
    #9:

    “Jy mag nie valse
    getuienis teen jou naaste spreek nie.” (Sien Exodus 20:16.)

    Dus sal Satan se leuen aan Adam en Eva in die tuin van Eden nie as
    `n sonde in vandag se lewe beskou word nie? 
    Is leuens dan deesdae loflik in die oë van die Hemel?

    Gebod
    #10:

    En uiteindelik, die sonde wat dit alles begin het, die sonde wat van
    die duiwel gemaak het wie hy is: begeerte van Yahuwah se troon.

    “Jy mag nie jou naaste se
    huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of
    sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.” (Sien
    Exodus 20:17.)

    Dus word begeerlikheid nie vandag meer deur die Hemel as `n sonde
    beskou nie? Is Satan se begeerlike gees is nie meer in stryd met Yahuwah se
    geregtigheid  en Hemelse Gebooie nie?

    Verkeerd . . . in alle gevalle! Dit
    is almal nog steeds sondes.
    Dit is deur die kennis van die Wet dat ons weet
    dat hulle sondes is:

    “Want deur die wet is die
    kennis van die sonde.” (Romeine 3:20)

    happy familyDie wet is nie gegee as `n las vir ons nie, maar was gegee om ons
    gelukkig te maak en vrede te verskaf. Geen regering, aards of Hemels, kan
    bestaan sonder wette nie.

    “Want dit is die liefde tot Yahuwah, dat ons Sy gebooie moet bewaar
    ; en Sy gebooie is nie swaar nie.”  (Sien
    1 Johannes 5:3.)

    “Hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.” (Spreuke 29:18, OV)

    “Die wat U wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen
    struikelblok nie.” (Psalm 119:165, OV)

    Dit is nie net die uiterlike vertoon van die Gebooie op
    regeringseiendom wat ons nodig het nie,  . . . maar eerder die Gebooie in ons harte geskryf.

    “Ek sal My wette in hulle verstand gee en op hulle hart skrywe.” (Hebreërs 8:10)

    Die hoofsaak van alles wat gehoor het is, is vrees Yahuwah en hou Sy
    gebooie; want dit geld vir alle mense.” (Sien Prediker 12:13.)

    Vir diegene wie sou voorstel dat al die Gebooie deesdae bindend is
    behalwe die vierde (die Sabbat Gebod) . . .

    “As iemand die hele wet
    onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die
    gebooie.
    Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek
    pleeg nie, het ook gesê: Jy mag nie moord pleeg nie. As jy nou nie egbreek
    pleeg nie, maar wel moord, is jy tog `n oortreder van die hele wet. Praat en
    tree op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vrymaak [die Tien
    Gebooie].” (Jakobus 2:10-12, NV)

    This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.