World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Voorbeskikking `n Goddelike Lotery?

Predestination


Het jy die kaartjie van die wenner?

Die meeste Christene word vanuit hul kinderjare beopdrag dat
dobbelary verkeerd is. Ouers en Sondag skool onderwysers leer dat die Hemel kosbare
gawes aan die mensdom gegee het en dis `n goddelike plig en verpligting om `n
verstandige rentmeester te wees. Dus is dit `n  sonde om die gawes te vermors deur te dobbel.
Maar tog glo en leer miljoene Christene dat verlossing opsigself, `n tipe van `n lotery is.

Die voorbeskikkingsleer, wat eers in die sestiende eeu deur
`n Protestantse hervormer,  Johannes
Calvin, bekend gestel is, verminder die goeie nuus van verlossing as niks meer
as net `n kosmiese rol van `n dobbel steen nie, `n goddelike speletjie van kanse.
As God jou kies as een van die uitverkorenes, is jy `n gelukkige ou! Maar
indien nie, jammer; so baie jammer. Jy het verloor. En niks wat jy kan doen, sal jou lot verander nie.

Terwyl diegene wat glo in voorbeskikking  ongetwyfeld opreg in hul geloof is, is hierdie
leerstelling  gevaarlik omdat dit die liefdevolle
karakter van Yahuwah  skend en
verkeerdelik voorstel. Hierdie artikel sal die verskeie komponente van die
voorbeskikkingsleer  bespreek en
verduidelik hoe hierdie oortuigings die geopenbaarde woord van Yahuwah so
weerspreek,  deur `n wanvoorstelling van die
karakter van Yahuwah  soos in die Skrifte
 geopenbaar, te maak.

Voorbeskikking is gebaseer op vyf fundamentele pilare. Hierdie
vyf oortuigings is:

  1. Totale
    Verdorwenheid/Onvermoë
    – Die mens is hopeloos boos en onbevoeg vir enige “goedheid”.
  2. Onvoorwaardelike
    Verkiesing
    – Die mens se verlossing is heeltemal afhanklik op Yahuwah,voorbeskik
    om hom te red want hy is totaal en al boos.
  3. Beperkte
    Versoening
    – Yahushua het gesterf vir slegs dié wat deur Yahuwah voorbeskik
    was om gered te wees. Sy dood was nie vermors op diegene wat verlore is nie (of
    wie Yahuwah voorbeskik het as verlore nie.)
  4. Onweerstaanbare
    Genade
    – Almal wie deur Yah voorbeskik was het om gered te word kan nie
    verlore gaan nie omdat hulle totaal en al nie goddelike genade kan weerstaan
    nie.
  5. Volharding
    van die Heiliges
    – Ook bekend as “ewige sekerheid.”

Met
die eerste oogopslag, sal die meeste, as dit nie alle Christene is nie, saamstem
met tenminste sommige van hierdie vyf punte. Maar, as dit versigtig met
die Skrifte vergelyk word, word gevind wat skyn om redelik en selfs konsekwent
met die Bybel te wees, in werklikheid dit  weerspreek. Laat ons weer kyk na elk van die
vyf punte, deur elkeen met die duidelike Woord van Yahuwah te vergelyk.

total evil

Totale Verdorwenheid/Onvermoë

Die
mens is hopeloos boos en onbevoeg vir enige “goedheid”.

Dit is die waarheid dat elkeen wat ooit gebore was `n afvallige
karakter van Adam oorgeërf het. “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een
nie… want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah”
(Romeine 3:10 en 23.) Tensy enigeen twyfel oor die mate waarin sonde die
mensdom verlaag het, verklaar Jesaja: “En ons het almal geword soos ‘n onreine,
en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed” (Jesaja 64:6)

Maar, soos dit gebruik word om voorbeskikking te ondersteun,
is hierdie dwaalleer een van uiterstes. As die mens geheel en al boos was, kon hy
onmoontlik nie herhaalde-oproepe om bekering
van die bose
gehoorsaam het nie:

“So waar as Ek leef, spreek Yahuwah
Eloah, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin
dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe: Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle
sterwe
, o huis van Israel?” (Esegiël
33:11)

Verder, as die mens totaal en al onbevoeg was om goed te
doen, kan hy nie verantwoordelik gehou word vir sy sonde nie. Om dit te doen
gaan wreed en onregverdig wees.

Onvoorwaardelike
Uitverkorenheid

Die
mens se verlossing is heeltemal afhanklik op Yahuwah, voorbeskik om hom te red
want   hy is totaal en al boos.

Terwyl dit Bybels klink
omdat die mensdom onweerlegbaar `n afvalle karakter geërf het, is dit nog steeds
verkeerd.  Om jou redding heeltemal te
baseer op die af-kans dat Yahuwah hom voorbeskik het om gered te word en die
beoefening van sy vrye wil uit die vergelyking verwyder. Voorbeskikking leer ons
dat Yahuwah vooraf besluit wie gered moet word. Tradisionele Calviniste leer dat
`n “dubbele voorbeskikking” waar hulle glo dat Yahuwah ook voorbeskik dat
sommige siele verlore sal gaan.

Die
probleme met so `n geloof is tweeledig:

Eerstens vernietig dit persoonlike aanspreeklikheid. Kain se
moord deur Abel kan verskoon word deur te beweer dat Kaïn “voorbeskik” was om
verlore te wees, dus was hy “voorbeskik” om sy broer te vermoor. Dit stel `n
persoon vry van die gevolge van hulle verkeerde optrede. Dit verwyder
persoonlike verantwoordelikheid vir hoe ander geaffekteer word deur `n ander
persoon se verkeerde optrede. In werklikheid is dit presies wat Kain probeer doen
het.

Skrifte som die
gesprek tussen Yahuwah en Kaïn na die moord so op:

En toe hulle in die veld was, het
Kaïn teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.

Toe sê Yahuwah vir Kaïn: Waar is
jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? (Genesis
4: 8-9)

Die dwaalleer van die oortuiging is vinning gesien toe
Yahuwah Kaïn se verskonings verwerp, deur te verklaar:

En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die
stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

Daarom sal jy vervloek wees, ver
van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand
te ontvang.

As jy die grond bewerk, sal dit sy
vermoë aan jou nie meer gee nie; ‘n swerwer en vlugteling sal jy wees op die
aarde. (Genesis 4: 10 – 12)

Die tweede probleem met Onvoorwaarlike Keuse is dat dit
daarop dui dat Yahuwah sonde vooruit beskik. Nie alle Calviniste neem
voorbeskikking so vér nie, maar sommige doen so, en wat `n probleem is dit nie!
 As Yahuwah alles voorbeskik het, dan het
hy ook sonde voorbeskik, wanneer hy sekere persone uitverkies het om verlore te
wees. Dit weerspreek die Skrifte wat dit duidelik stel: “Laat niemand, as hy in
versoeking kom, sê: Ek word deur Yahuwah versoek nie. Want Yahuwah kan deur die
kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.” (Jakobus 1:13)

lost sheep

Beperkte Versoening

Yahushua
het gesterf vir slegs diegene wie Yahuwah voorbeskik het om te red. Hy het nie
gesterf vir die wie verlore is nie.

Sulke selektiewe verlossing,
hoewel versoenbaar met voorbeskikking, stem nie ooreen met die Skrifte, wat herhaaldelik
beweer dat Yahushua vir almal gesterf
het. In Jesaja se opheffende profesie van die werk van die Messiah, het hy
geskryf:

Ons almal het gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop; maar
Yahuwah het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Weens die moeitevolle lyde van sy
siel sal Hy dit sien en versadig word; deur
sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle
skuld dra
.

Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder
die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort
het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
(Jesaja 53: 6, 11-12).

Een van die mooiste en algemeen aangehaalde gedeeltes van
die Skrifte,  ondersteun verder die
verklaring dat Yahushua  vir die hele wêreld en nie net vir `n  vooraf uitverkore,  gelukkige minderheid, gesterf het, nie.

Want so lief het Yahuwah die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore
Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom
glo
, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Want Yahuwah het sy Seun in die
wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Johannes 3:16-17)

irresistible grace

Onweerstaanbare Genade

Almal
wie deur Yah voorbeskik is om gered te word kan nie verlore gaan nie omdat
hulle totaal en al nie goddelike genade kan weerstaan nie.

Hierdie  geloofsoortuiging
verwerp die hele grondslag  waarop die verlossingsplan rus! Met ander woorde, hierdie
geloofsoortuiging leer dat niemand vryheid van keuse het nie. Elke seun en
dogter van Adam het `n sondige karakter oorgeërf. Yahuwah “maar Hy is
lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal
tot bekering moet kom” (2 Petrus 3: 9) het Sy Seun opgeoffer om vir almal `n
tweede kans te gee om vir hulself kies. As die keuse verwyder word deur `n een
of ander goddelike besluit om sekeres te kies om gered te word en andere
verwerp om verlore te wees, word die rede vir Yahushua
se dood  dan een kant geskyf.

Hierdie geloofsoortuiging bepaal dat niemand, ongeag hoe
hardkoppig opstandig, of  verlangend hulle
vasklou aan `n gunsteling, gekoesterde sonde, nie verlore kan gaan as Yahuwah
anders besluit het nie. Inteenstelling daarmee sal niemand ongeag hoe hy mag
smag om soos Yahuwah te wees, gered word nie, al is hy vooraf gekies om verlore
te wees. Hierdie vernietigende geloofsoortuiging word nie ondersteun deur die duidelike
stelling van die Skrifte, wat die keuse op die indiwidu plaas nie. “Menigtes, menigtes in die dal van beslissing,
want naby is die dag van Yahuwah in die
dal van beslissing!” (Joël 3:14)

Volharding van die Heiliges

Eenmaal gered, altyd gered.

Soos met die leerstelling van “onweerstaanbare genade,” is die
geloofsoortuiging dat wanneer `n persoon gered is, daar niks is wat hy kan doen
om verlore te gaan nie, weereens verslaaf dit die wil van die mens.  Niemand is `n “vrye morele agent” nie.  `n Persoon se vrye keuse is nie verwyder,
wanneer hy die gawe van verlossing aanvaar nie. Die apostel Paulus homself
verwys na die moontlikheid om verlore te wees – na alles wat hy gedoen het om
verlossing na ander te bring. 

“Maar ek kasty my liggaam en maak
dit diensbaar dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self
verwerplik sou wees nie.” (1 Korinthiërs 9:27)

once saved, always savedDie doktriene van voorbeskikking weerspreek ander Skriftuurlike
beginsels.  Tussen die laaste woorde wat deur
die Verlosser in die Skrifte aangeteken was, is die opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle …enleer hulle om alles te onderhou wat
Ek julle beveel het. En onthou: En kyk, Ek is met julle al die dae tot die
voleinding van die wêreld. (Matthéüs 28: 19-20).  As Yahuwah alreeds bepaal het dat die persoon
gered gaan word, sou evangelisasie  geen
doel gedien het, omdat hulle in elk geval nie gered sou word nie.

Verder, as Yahuwah alreeds sekeres voorbeskik het dat hulle
gered gaan word, is dit nodeloos om te bid vir familie en vriende want hulle
gaan gered of verlore wees afhangend van Yahuwah se seleksie en daar is niks
wat niemand kan doen om sy gedagtes te verander nie.  So `n geloofsoortuiging is `n ontkenning van
die Bybel se beginsels om vir andere te bid  so goed opgesom deur die Profeet Samuel.  Toe Israel aangedring het om `n koning te hê
wie oor hulle moes regeer, het hulle Yahuwah effektief verwerp as hulle soewerein.  In daardie tyd, met `n gebrokte hart, het Samuel
woorde gesê wat op hierdie dag weerklink:

Ook wat my betref, dit is ver van
my dat ek teen Eloah sou sondig dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek
sal julle in die goeie en regte weg onderrig.

Vrees net  Yahuwah en dien Hom getrou met julle hele
hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.

Maar as julle ooit verkeerd handel,
sal julle self sowel as julle koning omkom. (1 Samuel 12:23-25)

Niks hier is voorbeskik nie. 
Samuel lê die gevolge neer as hulle aangehou het om teenoor hulle Skepper
te rebelleer.  Kort voor sy dood het
Moses, `n wekroep aan die hele Israel gegee om hulle Yah-gegewe vrye keuse uit
te oefen en om regverdigheid te kies:

Ek neem vandag die hemel en die
aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek
jou voorgehou. Kies dan die lewe dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.

Deur Yahuwah jou Eloah lief te hê,
na Sy stem te luister en Hom aan te hang, want dit is jou lewe en die lengte
van jou dae. (Deuteronómium 30: 19 -20)

Moses, vriend van die Allerhoogste, nederige kneg met wie
Yahuwah wou praat van “aangesig tot aangesig, soos `n man met sy vriend wil
praat,” (Exodus 33:11)  verwerp botweg enige wenk van voorbeskikking,
en verklaar duidelik dat dit die keuse
by die individue lê.

Maar erger as enige iets anders, is dít wat voorbeskikking
aangaande die karakter van Yahuwah voorstel. 
Voorbeskikking is onregverdig omdat dit die onverkose voorbeskik om
verlore te wees deur geen fout van hul eie nie! 
Dit is beslis waar, dat die hart van die afvallige mens, besoedel is deur
sonde.  “Bedrieglik is die hart bo alle
dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jeremia 17: 9)  Dit is ook waar dat die verlossing `n vrye
gawe van Yahuwah is: “Want uit genade is julle gered deur die geloof, en dit
nie uit julleself nie: dit is die gawe van Yahuwah” (Efésiërs 2: 8) Die fout
tree in wanneer die menslike keuse verwyder word. 

Die Skrifte verklaar dat : “Yahuwah is liefde.” (1 Johannes
4: 8)  `n Eloah van liefde sal nie die
vryheid van keuse verwyder vanaf Sy kosbare kinders nie, deur een of ander
goddelike dobbelspel te speel, om sommige te selekteer om gered te word, maar
selfs meer om verlore te wees. 

Nóg is so `n optrede reg. Die Bybel openbaar die karakter
van die Skepper:

So sê Yahuwah: Laat die wyse hom
nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte
nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie:

maar laat hy wat wil roem, hom
hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek Yahuwah is wat
goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het
Ek ‘n behae, spreek Yahuwah.  (Jeremia
9:23-24)

Die leer van voorbeskikking is `n uitermate vernietigende
geloofsoortuiging.  Dit stel die liefdevolle
Skepper as wreed, harteloos en arbitrêr voor. Dit weerspreek die Skrifte, wat
Hom voorstel as ‘n liefdevolle Vader, wie onwillig is dat enigeen verlore moet gaan. Die gevolg is dat menslike harte
weggedryf word deur sulke koue onregverdigheid. Hulle draai weg, minwetend dat
hierdie karakter eienskappe nie aan Yahuwah behoort nie, maar dat dit valslik
toegeskryf is aan Hom deur die vyand van Yahuwah en die mens, Satan. 

Valse geloof oor die karakter van die Verlosser kom tussen
die siel en sy Skepper. Yahuwah roep almal om, elke
geloofsoortuiging, tersyde te stel wat nie op die Skrifte gebaseer is nie.
Aanvaar die liefde wat Hy vir jou het. Jy sal die dieptes van mooiheid sien in
die goddelike karakter wat jou nader aan Hom sal bring met bande van oneindige
liefde. 

Hy sit nie afgeleë en vér weg van Sy skepping nie, en arbitrêr
sekeres te kies om gered te word en al die ander om verlore te wees nie.  Maar, Hy is aktief betrokke om almal na Hom
te trek, want Hy verlang dat almal
gered moet word.

saving the lost

“Yahuwah het aan my verskyn
uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou
getrek met goedertierenheid.” (Jeremia 31: 3)

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.