Die
Vergete Verbloeming!
Joodse
geleerdes erken dat die Saterdag dit nie, die antieke, en
oorspronklike Sabbat van die Skrif is.
Mark
Twain, ʼn gewilde romanskrywer en grapmaker, het eens op ʼn tyd
spottend waargeneem: “ Dit neem gewoonlik meer as drie weke om ʼn
toespraak uit die vuis voor te berei.” Openbare sprekers moet gou
leer dat daar baie gedink moet word, en dat daar baie voorbereiding
nodig is vir enige debat of oorredende toespraak. Daar is selfs
sekere soorte van argumente wat die openbare sprekers geleer moet
word om nooit sekere argumente te gebruik omdat terwyl hulle dit doen
hulle die emosies lei, en dat dit nie logies is. Sodoende, sal hulle
uiteindelik nie een oortuig nie.
Een
argument wat dikwels gehoor word wat die beginsel van die Sabbat
volgens die Maan teenstaan is: “ Die Jode het nooit die spoor van
die ware Sabbat verloor!” So ʼn argument bewys niks! Die feit is,
dit oortree die twee reëls van redevoering: om al in die rondte te
praat
1. Dit
is ʼn pleidooi vir die gesag om sy punt te bewys. In hierdie
aangeleentheid word dit aanvaar dat die hedendaagse Jode ʼn
betroubaar gesag is wanneer die ware Sabbat plaasvind.
2. Dit
voorsien aan die saak van al in die rondte se redevoering! Met ander
woorde voorsien aan ʼn saak wat probeer om homself te bewys. A.) Die
Jode aanbid op Saterdag, daarom, B.) is Saterdag die Sabbat omdat,
C.) dit is wanneer die Jode aanbid.
Die
waarheid is, ongeag of wat die gemiddelde Jood glo of beoefen,
Saterdag is nie die Bybelse Sabbat van die Bybel. Joodse geleerdes
het nooit die Sabbat “verloor” maar het hulle doelbewus en
wetende die kalender verander waarvolgens die Sabbat bereken is.
Dit het so lank terug gebeur dat baie Jode onbewus van alles wat
geraak is deur hierdie verandering van kalenders.
Die
Konsilie van Nicea is van groot belang in die geskiedenis van die
Christendom omdat dit gedurende daardie tyd het die heidendom die
Kerk binnegeval en die suiwere apostoliese geloof van die vroeë
Christene verwater het. Die Konsilie van Nicea is ook belangrik in
die geskiedenis van Judaïsme omdat dit na die geweldige vervolging
van almal wat vasbly kleef het aan die Bybelse metode van tydhouding.
Gedurende
die Konsilie van [Nicea] was die naelstring afgesny wat die
Christendom met sy voorvaderlike verbintenisse verbind het. Die
feesvieringe van Paasfees was tot daardie tyd vir die grootste
gedeelte gevier word gedurende dieselfde tyd as die Joodse Pasga, en
inderdaad gedurende die dae wat deur die Sanhedrin van Judea
vasgestel is vir die viering daarvan, maar vir die toekomstige
onderhouding daarvan was dit algeheel onafhanklik van die Joodse
kalender gevier.1
Konstantyn
die Grote, die keiser wat die konsilie byeen geroep het om sy
persoonlike politieke agenda te bevorder, het met ʼn dekreet die gang
bepaal wat die Christene moes neem. Hy wou dat hulle self sal
afsonder van hulle geestelike erfenis wat in Judaïsme gegrond is. Hy
het verklaar dat geen toekomstige godsdienstige onderhouding deur die
Joodse kalender bereken moet word, en verduidelik:
Want
dit is onvanpas en uitermatig dat vir hierdie heiligste van feeste
[Paasfees] ons die gebruike van die Jode moet volg. Voortaan laat ons
niks ingemeen hê met hierdie verfoeilike mense, ons Verlosser het
aan ons ʼn ander pad gewys. Dit sal inderdaad dwaas wees as die Jode
in staat sou wees om te spog dat ons nie Paasfees kan vier sonder die
hulp van hulle reëls ([kalender] berekeninge.)2
Hierdie
dekreet het vêrreikende, en katastrofiese gevolge op die antieke
metode van tydhouding gehad. Constantius, Konstantyn se seun, het nog
verder gegaan. Constantius het ook die gebruik van die Joodse
kalender verbied vir die onderhouding van Christen feeste.
Constantius het die gebruik daarvan ook deur die Jode verbied.
“Onder die regering van Constantius (337 tot 362 n.C.) het die
vervolgings so ʼn hoogtepunt bereik dat …. die berekening van die
kalender verbied [is], en deur pyn van swaar straf.”3 Die
belangrikheid kan nie onderskat word. Onder hewige vervolging, het
die Jode self hulle berekening van tyd verander. Die Aartsvader
Hillel II, die laaste president van die Sanhedrin, was self
verantwoordelik vir die verandering, wat uiteindelik daartoe gelei
het vir die aanvaarding van Saterdag as die Sabbat.
Die
haaglike omstandighede van Judea was die geleentheid van ʼn
handeling, en was dit die geleentheid vir ‘n daad van selfverloëning
van die kant van die Patriarg Hillel, wat tot nog nie behoorlik
waardeer is. Die gebruik wat tot nou toe geldig was, is om die
berekening van die nuwemaan en die skrikkeljaar geheim te hou, en om
die bekendmaking van die tye van die feesvieringe aan die
gemeenskappe van die naburige lande deur die aankondiging van
boodskappers te gebruik. Gedurende die vervolging onder Constantius
het hierdie metode homself bewys as onprakties en nutteloos. Toe die
Sanhedrin verbied was om die datum van die skrikkel jaar vas te stel,
was die gemeenskappe in verafgeleë lande in uiterse twyfel gelaat
met betrekking die mees belangrike godsdienstige besluite. Ten einde
om ʼn einde te bring aan al die moeilikheid en onsekerheid, het
Hillel II ʼn finale en vaste kalender ingestel…. Met sy eie hand
het die Patriarg met die Patriargaat die laaste verbintenis
vernietig wat die gemeenskappe verenig het wat regoor die Romeinse en
Persiese ryke versprei was. 4
Die
feit dat hierdie verandering plaasgevind het vir meer as 1,600 jaar
gelede, verduidelik dit waarom mense aanneem dat Saterdag die ware
Sabbat is, eenvoudig omdat hulleaanbid op daardie dag. Alhoewel
Joodse geleerdes alombekend is dat dit geheel en al verandering van
kalender was:
Die
verklaring van die nuwe maand deur waarneming van die nuwemaan, en
die nuwe jaar deur die koms van die lente, kon alleenlik gedoen word
deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd van Hillel II,… en het die
Romeine hierdie gebruik verbied. Hillel II was daarom verplig om sy
vaste kalender in te stel, en sodoende die gevolge van goedkeuring
te verleen vir alle kalenders van die jare van die toekoms.5
Dit
kan nie genoeg benadruk word: dat Joodse geleerdes ten volle bewus is
dat die kalender wat hulle nou gebruik verskillend is van daardie een
wat gevestig is deur Yahuwah, en wat deur Moses bevestig is met die
Uittog. Die historiese dokumentasie in hierdie artikel is geheel en
al geneem van die skrywes en verklarings van die Jode self. Hulle het
vasgestel dat nie alleenlik Saterdag, maar is hulle ook bewus
dat dit nie die Sabbat van die Bybel is.
Calendar
Change
Joodse
geleerdes is bewus dat dit uitdruklik ʼn kalender verandering is wat
die Sabbat verander het. Rabbi Louis Finkelstein was ʼn welbekende,
en gerespekteerde Joodse geleerde. Die Joodse Gemeenskappe van die
Wêreld het Finkelstein uitverkies as een van 120 wat die beste “as
ʼn lamp van Judaïsme,” aan die wêreld verteenwoordig het. In ʼn
brief wat gedateer is as 20 Februarie, 1939, het Finkelstein maklik
erken dat: “Die Joodse kalender vasgestel was gedurende die vierde
eeu.”6
Heirich
Graetz, het is sy lywige werk van ses volumes wat gepubliseer is deur
die Joodse Vereniging van Amerika, en erken: “Dat selfs die
berekening van die kalender, en die handel in godsdienstige artikels
verbied was,” gedurende die vierde eeu.7
Baie
mense aanvaar omdat die pouslike Gregoriaanse vandag ʼn aaneenlopende
weeklikse siklus van sewe dae het vir elke week, dat die week tans in
gebruik aangepas is tot die Hebreeuse week van sewe dae. Daarom kom
hulle tot die gevolgtrekking, dat Saterdag die sewende – dag Sabbat
van die Skrif is. Alhoewel, sulke veronderstellings nie die basiese
verskil verstaan tussen die formaat van ʼn son kalender, en hoe die
Bybelse maan – son kalender funksioneer.
Die
Antieke Sabbat Verskillend
![]() Die Sabbat volgens die Maan |
Joodse
geleerdes is bewus dat die Sabbat wat onderhou was deur die getroues
vanaf die dae van die Skepping tot en met die vierde eeu n.C., en
was dit nie deel van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus. Dat eerder,
die maande die fases van die maan gevolg het. Die weeklikse siklus
het hernu met die verskyning van elke nuwemaan. Daarom, was die
sewende – dag Sabbat nie deel van ʼn aaneenlopende weeklikse
siklus, soos die hedendaagse Saterdag.
Die
Nuwemaan is steeds daar, en ook die oorspronklike Sabbat was
afhanklik van die maan se siklus… Oorspronklik was die dag van die
Nuwemaan gevier op dieselfde manier as die Sabbat, en het dit
gaandeweg minder belangrik geword, terwyl die Sabbat meer en meer ʼn
dag geword het van godsdienstige en menslikerwyse, en van
godsdienstige oordenking en onderrig, en van vrede en tot verheuging
van die siel.8
Die
Jode van vandag bereken steeds hulle jaarlikse godsdienstige feeste
sonder die maan – son metode, vir die berekening van tyd. Dit is
vir hierdie rede dat die Pasga (Pascha) en die Dag van
Verootmoediging (Yom Kippur) swewe van datum tot datum volgens
die aaneenlopende weeklikse siklus van die Gregoriaanse kalender.
Alhoewel, hulle weeklikse Sabbatte nie meer langer enige
verbintenisse het tot die fases van die maan.
Baie aanvaar omdat die Jode aanbid op Saterdag, was die Bybelse weeklikse siklus ook altyd aaneenlopen, en met alleenlik die jaarlikse feeste wat ‘n verbintenis het met die maan het. Dit is nie ‘n veronderstelling wat gedeel word deur die Joodse geleerdes. |
Dit
is hier waar die meeste mense probeer om te bewys dat Saterdag die
Bybelse Sabbat is, ʼn fout begaan. Hulle aanvaar omdat die Jode
aanbid op Saterdag, dat die Bybelse weeklikse siklus altyd
aaneenlopend was, en dat alleenlik die jaarlikse feeste verbind word
met die maan. Dit is nie die veronderstelling wat gedeel word deur
Joodse geleerdes. Hulle is heeltemal daarvan bewus dat die antieke
Sabbat nie deel kan wees van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus omdat
dit verbind is tot die fases van die maan. Hierdie verrasende feit
word erken deur hierdie aanhaling van die Universal Jewish
Encyclopedia: “Met die ontwikkeling van die belangrikheid van
die Sabbat as ʼn dag van toewyding, en die klem wat daarop geplaas
word van die betekenisvolle nommer sewe, het die week meer en meer
geskei geword van sy maan verbintenis . . . .”9
Dit
is heel moontlik dat die verandering van die Sabbat wat in ʼn noue
verbintenis gestaan het tot die fases van die maan, na ʼn
aaneenlopende siklus en Saterdag – sabbat verander is, asook die
“vasstelling” van die kalender gedurende die tyd van Hillel II.
Hy het baie meer gedoen as net die onthulling van hulle reëls vir
kalandering. Dit blyk te wees dat hy verantwoordelik was vir die
ingebruikneming van ʼn Saterdag – sabbat, omdat hy die kalender
vasgestel het, het hy ook die “reëls ingestel vir die
verskuiwing.” Tot en met daardie tyd, was hierdie reëls onnodig
omdat die jaarlikse feeste en die weeklikse Sabbatte waargeneem was
deur dieselfde, maan – son kalender. Maar toe die jaarlikse feeste
bereken is volgens die maan – son kalender, en terwyl die sewende –
dag Sabbat bereken is deur ʼn verskillende, son kalender, was daar
gereelde konflik. Sodoende, het die behoefte opgeduik vir nuwe “reëls
vir die verskuiwing.”
Die
Sadduseërs: Die Gesag oor die Kalender
Nou
en dan sal ʼn goedbedoelde persoon so argumenteer: “ Maar as die
kalender verkeerd was gedurende die tyd van Yahushua, sou het dit
reggestel het!” Dit is waar, en dit maak bekend dat die kalender
wat in gebruik was deur die Israeliete gedurende die eerste eeu, en
was dit steeds die kalender soos by die Skepping. Gedurende daardie
tyd was die Hoëpriester in beheer van die kalender. Dit was sy
verantwoordelikheid vir die verklaring van die Nuwemane, en as daar ʼn
dertiende maand benodig is om bygetel te word. Die hoëpriesters het
altyd uit die geledere van die Sadduseërs gekom. Dit is merkwaardig.
Alhoewel, die geloof van die Sadduseërs nie sonder gebrek was, het
hulle, soos Yahushua die Fariseërs verwerp, die mondelinge wette van
mens gemaakte tradisies. Hulle het die Torah onderhou, die boeke van
Moses was hulle enigste bron van goddelike gesag.
Yahushua
het duidelik die “tradisies van die mens” raakgesien wat,
ingestel was deur die Fariseërs ʼn veeleisende las, wat die mensdom
van hulle Maker verwyder het. Hy het herhaaldelik sterk die menigte
van reëls en tradisies wat deur die Fariseërs voorgeskryf is
veroordeel. Hierdie mensgemaakte verordeninge was ʼn las en
struikelblok tot die waarheid. Kort voor Sy dood, het Yahushua een
laaste poging aangewend om die hart van hierde skynheiliges te
bereik. Sy redevoering, is opgeteken in Mattheus 23, en is dit ʼn
hartverskeurende poging om hulle harte van klip te verander tot die
waarheid.
Die
gevolg van die verheffing van mensgemaakte reëls, en tradisies, is
die feit dat dit op ‘n gelyke voet met die Goddelike wet gestel is,
en is dit verminder as niks anders as van ʼn geestelike aard.” Wee
julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond
oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het,
maak julle hom ʼn kind van die hel, twee maal erger as julle self.”
(Mattheus 23 vers 15.)
Met
die vernietiging van die Tempel (70 n.C.) het die Sadduseërs geheel
en al verdwyn, en die regulering van alle Joodse aangeleenthede in
die hande van die Fariseërs gelaat. Voortaan, sou die Joodse
lewenswyses gereguleer word deur die Fariseërs, die algehele
geskiedenis van Judaïsme was gekonstrueer volgens die sieninge van
die Fariseërs, en ʼn nuwe kenmerk was verleen aan die Sanhedrin van
die verlede. ʼn Nuwe reeks van tradisies het die ouere priesterlike
tradisies uitoorlê. (Abot 1:1.) Fariseïsme het die karakter
gevorm van Judaïsme, en die lewe en die denke van die Jood vir alle
tye van die toekoms.10
Die
Fariseërs het alleenlik oorgebly vir die implementering van hulle
reëls en regulasies op almal. Die mondelinge tradisies van die
Fariseërs, wat opgeteken is in die Talmoed, het die Rabbynse
Judaïsme geword. Die kalender wat deur die Jode vandag gebruik word
in niks anders as ʼn verdraaiing van die oorspronklike kalender. Dit
is verdorwe deur mens gemaakte tradisies van die Fariseërs wat
opgeteken is in die Talmoed! Rabbi Louis Finkelstein, het vroeër
kwoteer en gesê:
Fariseïsme
het Talmoedis geword… [Maar] die gees van die ou Fariseërs het
onveranderd herleef. Wanneer die nuwe Jode…. die Talmoed
bestudeer is hy eintlik besig om die argumente van die Palestynse
akademie te herhaal… Die gees van die [Fariseërs] se leerstellings
het vinnig en lewenskragtig gebly…. Vanaf Palestina na Babilonië,
en vanaf Babilonië tot Noord Afrika, Italië, Spanje, Frankryk en
Duinland, en daarvandaan na Pole, Rusland en Oos Europa het antieke
Fariseïsme oor gespoel.11
Talmoediese
tradisies leer dat as iemand die spoor verloor wanneer die Sabbat
moet plaasvind, al wat gedoen moet word, is om elke sewende dag te
aanbid. Dit is die redelike gebruik vir die regverdiging vir die
onderhouding van Saterdag as die sewende – dag Sabbat.
Talmoediese tradisies leer dat as iemand die spoor verloor wanneer die Sabbat moet plaasvind, al wat gedoen moet word, is om elke sewende dag te aanbid. Dit is die redelike gebruik vir die regverdiging vir die onderhouding van Saterdag as die sewende – dag Sabbat. |
Die
Talmoed ontleen sy gesag van die posisie wat gehandhaaf word deur
antieke akademici (bv. die Fariseërs). Die leermeesters van
daardie akademiese inrigtings, beide van Babilon en Palestina, word
beskou as die regmatige opvolgers van die ouer Sanhedrin…. Deesdae,
besit die Jode geen lewendige sentrale gesag wat vergelyk kan word
kan word met die status van die antieke Sanhedrin of toekomstige
akademiese inrigtings. Daarom, enige besluit ten opsigte van die
Joodse geloof moet dit gegrond wees op die Talmoed as die finale
gesag, en moet dit bly as leerstellings van daardie [Fariseërs toe
hulle bestaan het.”12
Neem
kennis dat Finkelstein self verklaar dat die Talmoed oorsprong het
uit die tradisies van die Fariseërs. Dit is dieselfde “tradisie as
die van mense” Die Verlosser het dit luidkeels veroordeel gedurende
Sy bediening. Dit is merkwaardig, omdat dit die tradisie van die
Fariseërs is wat toegelaat het dat die Jode die oorspronklike Sabbat
tersyde gestel het. Hoofstuk 7 van die Traktaat Sabbat verklaar: : As
iemand in ʼn woestyn reis en nie weet watter dag dit is, moet hy ses
dae tel vanaf (die dag wanneer hy besef) dat hy die Sabbat verloor
het, en op die sewende dag dit onderhou.”13
![]() Die Skepper Se Kalender |
Die
argument dat gelowiges moet aanbid op Saterdag omdat die Jode dit
doen is gegrond op ʼn foutiewe veronderstelling, en dat die Jode nie
sal aanbid as enige iets anders as die ware Sabbat. Verklarings deur
die Jode self bewys dat hierdie veronderstelling verkeerd is. Hulle
het inderdaad die Sabbat verander, toe hulle die kalender verander
het waarvolgens die Sabbat bereken is.
Die
Sabbat is nie ʼn mensgemaakte instelling. Dit is goddelik vasgestel
deur die Skepper. As sulkes, kan geen aardse owerheid, of dit nou die
pous of Jood is, het die reg om ʼn verskillende dag van aanbidding
vas te stel of ʼn verskillende manier van berekening wanneer dit
plaasvind. Die Sabbat moet die ewigdurende teken wees tussen die
Skepper en Sy getroue skepsels. “ Spreek jy met die kinders van
Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is
‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan
weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat,
want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet
sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel
moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.” (Eksodus 31 verse 13
tot 14.)
Almal
wat begeer om hulle om hulle Skepper te eer, en deur gehoorsaamheid
aan Hom en te aanbid op Sy Sabbat, sal nie omsien na tradisies van
die Jode of die kalender van die Katolieke. Eerder sal hulle Hom
aanbid op die heilige Sabbat soos bereken volgens die oorspronklike
maan – son kalender wat vasgestel is tydens die Skepping.
Kliek hier om na die video te kyk!
1
Heinrich Graetz, History of the Jews,
Vol. 2, p. 563, emphasis supplied.
2
Graetz, Vol. 2, pp. 563-564.
3
Excerpted from The Jewish Encyclopedia,
“Calendar.”
4
Graetz, Vol. 2, pp. 572-573, emphasis supplied.
5
“The Jewish Calendar and Holidays (incl. Sabbath): The Jewish
Calendar: Changing the Calendar,” http://www.torah.org, emphasis
supplied.
6
Box 6, Folder 4; Grace Amadon Collection, (Collection 154), Center
for Adventist Research, Andrews University, Berrien Springs,
Michigan.
7
Graetz, Vol. 2, p. 571.
8 Universal Jewish Encyclopedia,
“Holidays,” p. 410.
9 Universal Jewish Encyclopedia,
Vol. X, “Week,” p. 482.
10
“Pharisees,”The Jewish
Encyclopedia, Vol. IX, (1901-1906 ed.),
p. 666.
11
Louis Finkelstein,The Pharisees: The
Sociological Background of their Faith,
(Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1946), Vol.
1, Forward to first edition, p. XXI, emphasis supplied.
12
Louis Finkelstein, The Jews – Their
History, Culture, and Religion,
(Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1949), Vol.
4, p. 1332.
13 http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Talmud/shabbat7.html