Die “teken |
Die kinders het die
verhaal van Jona in die Bybel klas bestudeer. Mev. Fredericks het aan haar
graad 2 klas gevra om ʼn prent te teken oor Jona. Die meeste kinders het ʼn prent
geteken van Jona in die water of wat deur die vis ingesluk word. ʼn Klein getal
het vanuit ʼn ander hoek dit geteken wat wys op Jona wat in die ingewande van
die vis bid. Toe Mev. Fredericks na Jennifer se prent kyk het sy gedink dat sy
geen begrip het wat dit veronderstel is om te wees. Binne in ʼn groot reghoek
was daar drie beddens en drie glimlaggende sonne bokant drie stok fuguurtjies
geteken, van ʼn vader en ʼn klein seuntjie wat hande hou. Die grootste deel van
die reghoek was ingekleur deur bruin kleurkryt. Regoor die bokant, was daar ʼn
rand van groen gras. Die wortels onder die gras was noukeurig geteken.
“Jennifer, jy was veronderstel om ʼn prent van Jona te teken maar ek sien hom
nerens in jou prent. Het jy die opdrag verstaan? “Ja ek het Mev. Fredericks!
Kyk? Dit is die teken van Jona: die seun van die mens was in die aarde vir vir
drie dae en drie nagte. Kyk na die klein seuntjie? Hy is die seun. Die beddens
is die drie nagte. Die sonne is die is die dae en dit is alles in die grond.
“Terwyl die prent ʼn laggie veroorsaak deur die onderwyser, weet die meeste
Christene nie naastenby om die “teken van Jona” soos klein Jennifer te
verstaan. Verskillende kerke leer van verskillende vertolkings van wat die
Verlosser bedoel het, toe Hy geprofeteer het oor Sy dood en gesê het: “ n
Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee
word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Want soos Jona drie dae en
drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie
dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” (Mattheus 12 verse 39 tot
40.)
Verskeie
Teorieë is Volop – Verskilende denominasies het te voorskyn
gekom met verskillende vertolkings oor die “teken van Jona.” Dit is voorgestel
dat die tyd periode een van die volgende is:
- Vanaf die
kruisiging die Vrydag oggend tot die opstanding op die Sondag môre. - Woensdag nag tot Saterdag nag.
- Die begrawe tyd alleenlik in die graf is, dit
wil sê vanaf Vrydag tot Sondag môre.
Die eerste probleem
met elkeen van hierdie enkele vertolkings is dat dit gebaseer is op ʼn foutiewe
uitgangspunt: dat die Israeliete die heidense Juliaanse Kalender gebruik het.
Die Israeliete het gedurende die tyd van
Yahushua die maan- son kalender van Moses gebruik.
Hierdie Bybelse kalender is nie inlyn met die een of die ander dae volgengs die
planete soos Vrydag, Saterdag en Sondag, of die vroëere agt dae week van die oorspronklike Juliaanse kalender. Daar bestaan
ander probleme wat die verkeerdheid van hierdie teorieë openbaar.
Vanaf die kruisiging tot die opstanding: Menige neem aan die teken van Jona verwys na die tyd periode vanaf
die kruisiging tot en met die opstanding.Dit is nie waar omdat die verlosser
gekruisig was tydens die middel van die oggend,
tydens die môre offer gedurende die maand Abib die 14de. Dus terwyl gedeeltes
van die drie dae oorgedra word, en net rekenskap gee vir twee nagte.
Vanaf Woensdag nag tot Saterdag nag: Ander Christene glo dat die teken van Jona vereis dat Yahushua 72 uur
moes deurbring in die Heilige Graf. Volgens hierdie gebeurtenis, leer hulle dat
die kruisiging plaasgevind het op die Woensdag van die Juliaanse kalender. Deur so
te glo is ook verkeerd omdat dit wys dat die opstanding
gedurende Saterdag nag was. Dit is ook verkeerd vir twee redes.
Eerstens, soos voorheen genoem was, is dat die Juliaanse kalender nie in
gebruik was deur die Jode tydens
Yahushua tyd op aarde. Tweedens is die Skrif duidelik dat die opstanding nie
plaasgevind het gedurende die nag van die maand Abib die 15de. Eerder, het dit
plaasgevind met sonsopkoms op die oggend van die maand Abib die 16de: “met die
einde van die Sabbat, met die begin van die dagbreek en teen die eerste dag van
die week, toe Maria Magdalena en die ander Maria na die Heilige Graf gegaan het.”
(Mattheus 28 vers 1) Die kruisiging het
plaasgevind in die onderhouding van die groot sisteme en tipes en anti – tipes
wat vasgestel is deur Yahuwah gedurende die tyd van die uittog. Daarom kon dit
nie plaasgevind het voor die tyd van die maand Abib die 14 de.
Die
Vrydag nag tot Saterdag nag: Ander het fouteer deur
aan te neem dat alleenlik die ure wat Yahushua in die graf deurgebring voldoen aan as “In die hart van die aarde.”
Laserus het pas
herrys na vier dae in die graf, en die Fariseers wat ʼn teken verlang het was
bewus daarvan. Het [ Yahushua ] bedoel om hierdie wonderwerk te herhaal, in minder
dae, en om dit as ʼn teken aan te bied? Nee, die teken was baie meer as die
opstanding uit die dood na drie dae en drie nagte in die graf. Die teken was om Homself in ons sonde te
begrawe, en verlaat van [Yahuwah] te wees soos Jona geprofeteer het, waar
[Yahuwah] nie sou luister, en om te
betaal vir ons sondes met lyding, deur die dood en om op die derde dag weer
te herrys.1
Om te verstaan wat die
teken is wat Yahushua gegee het, is dit nodig om die beeldspraak te verstaan
wat Hy gebruik het. Soos altyd voorsien die Skrif aan die leidrade om sy
geheimenisse te verduidelik. Daar is drie punte wat duidelik verstaan moet word vir die openbaring en die
betekenis van Yahushua se verwysing na die “teken van die profeet Jona”:
- Die ingeslote
teenoor die uitgeslote tellings - Die betekenis van die uitdrukking, “in die
boesem van die aarde.” - Wanneer begin die “die drie dae en drie
nagte.”
Deur Ingeslote
Telling: Sowel as die Romeine en die Israeliete van
die Bybel se tye het verskillend getel as wat die meeste mense van vandag geleer
is om te tel. Die meerderheid van vandag se mense tel eksklusief. Soos
byvoorbeeld veronderstel jou kind kom na jou toe gedurende die 20ste April na
die Lente reses. Sy vra hoe lank nog voor die somer vakansie? Jy weet dat die
skool sluit op die 15de Junie vir die somer vakansie. Daarom kan jy aan haar sê
dat die somer vakansie begin oor twee maande. Dus het jy eksklusief getel, deur
alleenlik net die maande Mei en Junie te tel. Jy sou nie die maand van April
tel omdat dit die maand is waarin jy is. ʼn Romein of Israeliet, sal weer op die
anderkant inklusief tel. Sou hulle gevra word wanneer sal die somer vakansie
aanbreek, sal die antwoord wees oor drie maande, omdat hulle-telling begin in
die maand waar die telling begin. Dus is dit onnodig dat die teken van Jona ʼn
volle 72 uur bevat. Bowendien, deur die telling van ʼn dag as ʼn 24 uur periode
is ʼn metode van telling wat nie bestaan het onder die Israeliete. Die nagte was
verdeel in nagwake en die dae is in 12 ure gelykop gedeel, volgens die
sonhorlosie. Yahushua het self gevra: “ Is daar nie twaalf ure in die dag nie?”
(Lees Johannes 11 vers 9) Die ure in die somer
was gevolglik langer as die ure in die winter. Deur inklusiewe telling is enige
gedeelte van ʼn dag getel as een dag. Daarom is die 16de van die Maand Abib die
dag van die Verlosser se opstanding, en is dit die derde dag van die telling,
alhoewel Hy in die begin van daardie dag opgewek is.
Die Hart van
die Aarde: Gelowiges het lank aangeneem dat in die “hart van die aarde” is om begrawe te wees,
Alhoewel, dit ʼn te beperkte verduideliking is. Die ware betekenis van “in die
boesem van die aarde” het ʼn veel groter toepassing. Die Skrif verwys na die
“aarde” as die menslike ras, of meer spesifiek die menslike hart. Yahushua se
gelykenis van die saaier, het Hy duidelik verklaar wat was gesaai in die grond,
en dit is dit “ waar die woord van hulle harte.” (Lees Markus
4 verse 3 tot 20) Die Skrif is ook baie duidelik dat die hart van die
mens baie boos en sondig is:
“Bedrieglik is die
hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jeremia 17 vers 9)
“Toe die Yahuwah
sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels
wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was.” (Genesis 6 vers 5)

Die oorspronklike
Grieks vir die woord hart voorsien bykomende bevestiging:: “kardia… die hart,
met ander woorde die denke of die gevoel van die (verstand)…. “2 Sodoende,verwys hart van die aarde veel meer as die eenvoudige fisiese begrawe in die
aarde. Dit verwys na die doemvonnis van sonde. Yahushua was sondeloos, en Hy
moes so wees, ander kon Hy nie ons Verlosser wees. Hy het gesê dat Hy vrywillig
verantwoordelikheid vir ons sonde sal aanvaar het. Dit was die geheimenis van
genade wat toegelaat het dat ʼn regverdige Skepper, geregtigheid en verlossing
aangebied het aan die belydende sondaar. Deurdat Yahushua ons sonde op Hom
geneem het, waarin Hy geen aandeel in gehad het, kon Hy
ons Sy geregtigheid gee waarin ons geen aandeel in het.
“En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus
Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in
Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te
reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Want Hy het
Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word
geregtigheid van Yah in Hom.” ( 2 Korinthiërs
5 verse 18 en 19 en 21)
Die volledige drie en
vyftigste hoofstuk van Jesaja verduidelik hierdie goddelike handeling:
“Maar
Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy
verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was
op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing
gekom.
omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en
saam met die oortreders getel was,
terwyl Hy tog die sonde van baie gedra
en vir die oortreders gebid het.”
(Jesaja 53 verse 5 tot 6 en 12)
Toe Yahushua
terwille van ons sonde geword het, het Hy die straf aanvaar wat almal in die
aangesig staar wat aanhou om in opstand teen die Hemel te wees. Daardie straf
is die verwydering van Yahuwah self.
“maar
julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle Elohim,
en
julle sondes het sy aangesig vir julle verberg,
sodat Hy nie hoor nie.”
(Jesaja 59 vers 2)
“As ek
ongeregtigheid bedoel het in my hart,
sou Yah nie gehoor het nie.”
(Psalm 66 vers 18)
Wanneer het die
telling begin? Die straf wat deur Yahushua verduur is
was die lyding van ewige verwydering van die Skepper van Almal. Hierdie lyding
het die hoogtepunt bereik toe Hy gesterf het van hartverskeuring
wat die oorsaak was van die twee strome bloed en “water.” Alhoewel, die
Verlosser se lyding het nie begin met die eerste spyker wat sy vel binnegedring
het, of met die eerste slaan van die Romeinse kastyding. Dit is die sleutel vir
die verstaan van die teken van Jona. Yahushua se lyding het begin toe Hy onder
die straf van goddelike veroordeling gekom het van sonde in die Tuin van Getsemane.
In
die Tuin van Getsemane het Christus gely in die mens se plek, en in die
menslike natuur as die Seun van [Yahuwah] gewaggel onder die verskriklike
afgryse van skuld vir sonde, totdat daar van Sy bleek en bewende lippe die angskreet
uit geforseer is, “My Vader, as dit
moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan;” maar as daar nie ʼn ander
manier is waarby die redding van die gevalle mens verkry kan word nie, dan, “
nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Die menslike natuur sou net daar
en dan gesterf het onder die afgryse en die gewaarwording van sonde, as daar
nie ʼn engel vanaf die hemel gekom het om Hom te versterk om die doodsangs te
verdra.3
Yahushua was die Lam van Yah wat die sonde van die wêreld wegvat. Hy
was gekruisig op die Pasga gedurende die 14de van die maand Abib, sodat die
geregtigheid van Yahuwah verkry kan word oor belydende sondaars, net soos die
Doodsengel verbygegaan het oor die Israeliete in Egipte. Alhoewel hierdie
lyding het begin in die Tuin van Getsemane, na die Laaste
Avondmaal, die aand van die 13de van die maand Abib.
Die
mag wat die vergeldende oordeel opgelê het oor die mens se plaasvervanger en
borg, was die mag wat lydende Een ondersteun en omhoog gehou het, onder die
geweldige gewig van die toorn wat sou gekom het oor ʼn sondige wêreld. Christus
het die dood gely wat uitgespreek was
oor die oortreders van [Yahuwah] se wet.
Dit
is ʼn verskriklike ding vir diegene sonder berou om in die hand te val van die
lewende [Eloah]… Maar nooit was dit bewys tot in so ʼn omvang as in die
doodsangs van Christus, die Seun van die oneindige Eloah, toe Hy die las van
die toorn van Yahuwah gedra het vir ʼn sondige wêreld. Dit was die gevolge van
sonde en die oortreding van Yahuwah se wet, dat die Tuin van Getsemane vooraf
by uitstek die plek van lyding geword het vir ʼn sondige wêreld. Geen berou,
geen pyn kan gemeet word met dit wat die Seun van Yahuwah verduur het.4

Die loutere
geestelike en emosionele pyn wat verduur was deur die Verlosser toe, “Hy sy siel uitgestort het in die dood en
saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en
vir die oortreders gebid het.” (Jesaja 53 vers12) het begin in Getsemane. In die
Skrif is hierdie verskriklike gebeurtenis opgeteken: ” en sy sweet het geword
soos bloeddruppels wat op die grond val.” (Lukas 22 vers 22) Dit was voor Sy
gevangeneming. Gewillig om die goddelike toorn te dra vir sondaars, het die
straf begin die nag tevore voor die werklike kruisiging. Die Skrif bevestig dat
die straf vir sondaars omsluit veel meer as rofweg net die ses ure wat die
Verlosser aan die kruis gespandeer het. Daar is twaalf hoofstukke in die Bybel
wat verwys na die drie dae tyds periode wat
Yahushua se dood omvat en elke enkele een van hulle verwys in een of
ander manier na die geestelike lyding wat in Getsemane begin het voor Sy
dood.
“Die Mens is nie ʼn Ellen G. White, |
“Van toe af het Yahushua
begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge
en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag
opgewek word.” (Mattheus 16 vers 21)
Die derde dag van wanneer af? Vanaf die tyd
toe die lyding begin het. Lees verder:
“Toe open Hy hulle
verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en
so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan.” (Lukas 24
verse 45 tot 46)
“Toe het Hy hulle
begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die
ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.” (Markus 8 vers 31)
Hierdie teks is van
spesifieke belang omdat dit baie duidelik is dat die opstanding kom na ʼn drie
dae proses wat begin het met Sy lyding. In Lukas 24 is dit opgeteken van die
die twee manne wat vanaf Jerusalem loop na hulle verblyfplek in Emmaus op die
16de van die maand Abib, die dag van die opstanding. Soos hulle loop bespreek
hulle, “al hierdie dinge wat voorgeval het..” (Lukas 24 vers 14)
So was dit terwyl
hulle gesels en gedebateer het, dat
Yahushua self by hulle aangesluit het en hulle vergesel het. Maar hulle oë was
weerhou, dat hulle Hom so herken.
“En Hy sê vir hulle:
Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle
bedroef?”
Hulle antwoord Hom, “Die dinge aangaande Yahushua, die Nasaréner, wat ‘n
profeet was, kragtig in werk en woord voor Eloah en die hele volk; en hoe ons
owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig
het. 1En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit
vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.” (Lukas 24
verse 15 tot 17 en 19 tot 21)
Dit het aan die Verlosser die geleentheid
gegee wat Hy wou hê om hulle leer en hulle geloof te inspireer:
“En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo
alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en
in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en
vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.”
(Lukas 24 verse 25 tot 27)
(Om ander Skrif gedeeltes te lees wat wys op
die proses van hierdie gebeurtenisse, kliek hier en
rol af.5) Dit is nie nodig om hierdie wonderlike profesie oor die
Verlosser se lyding en dood te verontagsaam, en is dit ook nie nodig vir die
oplê van die 72 uur tyd periode. Die tyd periode vanaf die aand vanaf die 13 van die maand
Abib tot met sonsopkoms 6die 16 van die maand Abib voldoen aan die maatstaf
van Yahuwah vir die saak tot redding van die mensdom.
1 Jen Shroder, Three Days & Three Nights:
The Sign of Jonah.
2 Kardia, #2588, The New Strong’s Expanded
Dictionary of Bible Words.
3 SDA Bible Commentary, Vol. 5, p. 1103.
4 Ibid.
5 In Handelinge 10 vers 39 was die
oorspronklike vertaal as “doodmaak” wat impliseer ʼn geweldadige dood. Dit was
nie ʼn genadige, vinnige dood. Dit was eerder ʼn geweldadige een vol lyding.
6 Die feit dat die opstanding geskied het met
sonopkoms op die 16de van die maand Abib, die derde dag van die profesie
ondersteun indirek die Bybelse bewyse wat openbaar dat die dag met sonopkoms
begin.