World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Wanneer was die Maan Gemaak? Maak die Dag Werklik Saak?

Die Skepper se
Kalender is gebaseer op die Maan en die Son, soos aangedui in die Skrifte. Namate
die ondersteuning vir die ware Kalender toeneem, so ook die onsinnge argumente
daarteen. Wanneer was die maan eintlik gemaak en hoe affekteer dit sy bevoegdheid
om `n akkurate Hemelse horlosie te wees? Kan ons met alle eerlikheid die
wysheid en patroon wat in Genesis uiteengesit is vertrou? Laat ons uitvind.

boy playing with cars

In hulle behoefte vir `n genotvolle reënerige dag
aktiwiteit om die woelwater kinders uit die huis te kry, was Alex en Sophia in
hulle ou stasiewa geboender en het met hulle ouers na `n groot motor fabriek
gegaan om na die monteer lyn te kyk om te sien hoe karre aanmekaar gesit word.
Die gesin moes verby groot pakhuise gegaan waar voor-afvervaardigde onderdele
en wiele geberg was. Toe hulle die enorme en heelwat tegniese motorfabriek
binnegaan, het hulle in verwondering gesien hoe groot robotte en nougesette
werkers  met `n paar snaaks gevormde dele
en stadig maar sistematies elke deel gemonteer het om `n kar te vorm. Na elke
nuwe deeltjie in plek geplaas was, het Alex al hoe meer opgewonde geraak. Sy
gunsteling deel van sy speelgoedkarretjies en trokke was die rubber wiele
waarmee hy maak dat hulle oor die kombuis vloer kon jaag. “Maar waar is die
wiele? Hoe sal hierdie karre ooit iewers kan gaan?”  het Alex sy pa gevra. “Wees net geduldig.”
Was sy pa se antwoord. Die ontwerpers het `n plan en tyd vir elke deel. Ek is
seker hulle sal aangesit word as die tyd reg is.” Steeds was Alex nie so seker
nie. In sy oë was die wiele die mees belangrikste deel. Met ywer het hy sy
gesin na die einde van die monterings lyn aangepor. Sophia en Alex het gevra
dat hulle altwee opgetel moes word om `n beter sig te hê oor die stewige
veiligheids-skans aan die einde. Daar is hulle! Mooi, blinkende karre het
letterlik van die monteringslyn afgerol … met wiele! “Wiele!” het Alex
uitgeroep. Hy was regtig verlig om dit eindelik te sien. “En raai wat?” het
hulle ouers glimlaggend gevra. “Daardie een is ons s`n!” Alex en Sophia het
gejil van vreugde! Wat `n opwinding om te sien hoe hulle nuwe kar eintlik
gemaak word! Hulle sal hierdie dag vir ewig onthou.

In hierdie verhaal sien ons hoedat Alex skepties was
om die ontwerpers te vertrou. Vir hom was dit nodig dat die wiele eerste
aangesit moes word; maar, die ontwerpers het `n duidelike plan en orde gehad in
die ontwerp van die kar. As aardse ingenieurs `n kar doeltreffend kan ontwerp
en monteer, hoeveel te meer kan ons, ons Hemelse Vader vertou in Sy plan en
ontwerp wat uitgelê is in die Skeppings week?

Daar is `n gewilde argument teenoor die Skepper se
Lunar-Solar Kalender wat voorstel dat sedert die Maan nie ontwerp, of ten
minste ingestel 1 was op
die 4 de dag van die Skepping nie, kan dit nie `n belangrike rol in
die Skepper se Kalender speel nie, veral nie in verband met die weeklikse
siklus nie. Hoewel skeptici vinnig is om hierdie veronderstelling as “bewys”
teen die Lunar-Solar Kalender te plaas, sal `n noukeriger ondersoek die
valsheid van hierdie redenasie toon.

Onse Hemelse Vader is die Skepper van orde, rede, en
die heersende wette van ons ongelooflike Heelal. Ons sien die wysheid wat in
die patroon uitgesit is in die Skeppings week van Genesis. Hy het met niks
begin en alles geskep in die regte tyd en in die regte volgorde. Hy sou nie vir
Adam en Eva op die eerste dag geskape het nie, omdat hulle moes: “Wees vrugbaar,
vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see
en die voëls van die hemel en oor al die diere wat oor die aarde kruip.” Daar
was niks vir hulle om oor te heers op die eerste dag nie, die Aarde was woes en
leeg. Daarom was hulle natuurlik na
hul woonplek vir hulle ontwerp was, geskape, so ook met die plante en diere wat
ook moes groei en vermeerder. Laat ons die orde deur Yahuwah geskep, ondersoek
soos in Dae 1, 2, en 3 om te sien hoe hulle verwant is aan Dae 4, 5, en 6.

Dit is baie duidelik dat Yahuwah die Aardse woning
geskape en verfyn het, en daarna het Hy dit laat bewoon. Yahuwah …

Dag 1:
Het Lig Gemaak-duisternis geskei. Eerste Dag en Nag.

Dag 2:
Het die waters geskei wat die Aarde bedek (het die uitspansel gemaak)

Dag 3:
Het die waters van die Aarde in een plek versamel, deur droë land te skep; het
die land van gras en vrug-draende plante en bome voorsien.

In hierdie tydstip van die Skepping, het dit voorgekom
dat die Aarde gereed was om diere lewe te kan onderhou. In Sy oneindige
wysheid, het Yahuwah voortgegaan om ons wonderlike planeet verder te verfyn.

Dag 4:
Die twee groot Ligte, die Son en die Maan, was ingestel en die Sterre in hul
perfekte lokaliteite geplaas. Hul vasgestelde doel as tydhouers en vasstelling
van aanbiddingstye word so verduidelik:

“ … en laat hulle dien as
tekens sowel vir vaste tye [H4150], asook vir dae sowel as jare.” (Genesis
1:14)

H4150: “Mo’ed word in `n
breë sin gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was nou geassosieer met
die tabernakel feeste self. . .  [Yahuwah] het Israel op spesifieke tye daar ontmoet
vir die doel om Sy wil te openbaar. Dit is `n algemene term vir die aanbiddings
byeenkomste vir [Yahuwah] se volk.” 
(Lexical Aids to the Old Testament,” Hebrew-Greek Word Study Bible, bl.
1626.)

Dit was hier waar die Skepper die fyner instellinge
van die vasgestelde tyd-houers in die hemele, gedoen het. Met die vasstelling
van aanbiddingtye saam, moet notisie geneem word dat Moses verslag gedoen het
dat die hemelse liggame was :

“om te heers oor die dag en
oor die nag en om skeiding te maak
tussen die lig en die duisternis
.” 
(Genesis 1:18)

Dit is `n duidelike herverklaring en fynere instelling
van wat oorspronklik op Dag 1 gedoen was – `n skeiding van Lig en Duisternis. Dít is `n tamaaie stelling. Dit is waar
Hy die “wiele aan die kar” van Sy Kalender aansit, as jy dit so wil stel. Dit
is bewys dat die Son en die Maan, inderwaarheid reeds al ontwerp was en die
Meester se doel gedien het, deur lig en duisternis te skei, die dag van die nag
(in wat reeds die drie letterlike 24-uur dae was wat Dag 4 voorafgegaan het);
maar, hulle goddelik vasgestelde doel, was verder verduidelik en fyner ingestel
saammet die Sterre op Dag 4. Dit word selfs meer opvallend wanneer mens die
Hebreeuse woorde en sinsnedes in oënskyn neem wat deur Moses gebruik was met
die aantekening van hierdie gedeeltes. (H6213). (Meer oor hierdie baie
belangrike stelling in `n oomblik.)

Dag 5:
Hy het die seë in oorvloed van lewe voorsien, en die hemele met elke gevleuelde
voël gevul. Neem notisie hoe Hy in Dag 5 laat bewoon dit wat Hy in Dag 2 van
die Skepping van mekaar geskei het.

Dag 6:
Op die finale dag van die Skepping, het Yahuwah die droë land met lewende
wesens gevul en toe het Hy die Man en die Vrou geskape. Hulle moes vrugbaar
wees en vermeerder en sorg neem vir Sy Skepping. Neem notisie hoe Hy op Dag 6
die uitspansel wat Hy op Dag 3 geskep het, bewoonbaar gemaak het.

Ter
opsomming. . .

  • Op Dae 1, 2 en 3, lê die Skepper
    die grondslag.
  • Op Dae 4, 5 en 6, vul Hy die
    grondslag met lewende wesens in dieselfde volgorde waarin Hy dit ingestel het.

 Dag 1

Dag 4

 Day 1 and Day 4 of Creation

Dag 2

Dag 5

Day 2 and Day 5 of Creation

Dag 3

Dag 6

Day 3 and Day 6 of Creation

Is dit nie interessant dat die enigste iets wat op Dag
4 geskape is, tyd was? Op Dag 4, volgens Genesis 1:14, was die Hemel liggame
ingestel vir die doel van tyd en kalenderberekening. Daarby, kan ons notisie
neem dat niks, (as dit reg verstaan word) geskape was eerdat die
kalenderberekenings beginsels vasgestel was nie. Moses het nie die week van die
maand in Genesis 1 aangeteken nie, maar ons kan voorstel dat dit so moes gelyk
het:

Lunar Solar Calendar

  • Nuwe
    Maan Dag
    is verwant aan Genesis 1:1-2
  • WerksDag
    1
    word verbind met Genesis 1:3-5
  • Werks
    Dag 2
    word verbind met Genesis 1:6-8
  • Werks
    Dag 3
    word verbind met Genesis 1:9-13
  • Werks
    Dag 4
    word verbind met Genesis 1:14-19
  • Werks
    Dag 5
    word verbind met Genesis 1:20-23
  • Werks
    Dag 6
    word verbind met Genesis 1:24-31
  • Sabbbat
    Dag
    word verbind met Genesis 2:1-3

Om
die patroon verder uit te lê wat in die Skeppings Week uiteengesit is, soos
voorheen vermeld, (alles in die hemele was) eintlik in Genesis 1:1 gemaak.
Hierdie geloofsoortuiging was onlangs verder versterk met die ondersoek van die
Skeppings verslag. Hier is dit waarin WLK glo die Skrifte sê:

“In die begin het Elohim die hemel
en die aarde geskape.” (Genesis 1:1) (die son en die maan en die sterre,
wat in die hemele voorkom).

Die
woord wat hier vir “gemaak” gebruik word is bara (H1254). Die gebruik daarvan in Genesis 1 blyk om aan te dui dat om iets te
maak in `n algehele sin, asof uit niks.
Hierdie woord is slegs 5 keer in Genesis 1: (1) gebruik   “ . . .die hemel en die aarde geskape.”
2 “. . .die groot seediere geskape.” 3 “. . . die mens geskape na
Sy beeld.”  4 “. . . het Hy hom geskape.  5 “ . . .man en vrou het Hy hulle geskape.”

Die
ander woord vertaal as “gemaak” regdeur Genesis is asah (H6213). Hierdie woord beteken om te doen of te maak, in die
breedste sin en die wydste toepassing: – bereik, verbeter, vasstel, . . .”2
Volgens die eerste vers in Genesis, lyk dit asof hierdie woord dui op die
verbetering van iets wat alreeds geskape, of om op die vasstelling van iets. Soos byvoorbeeld: Yahuwah het die uitspansel
“gemaak” (H6213) deur die waters te verdeel wat alreeds daar was; Hy het die
twee groot ligte “gemaak” (H62143).” Psalm 104, wat weereens staaf wat `n
kronologiese verslag is van die Skeppings week, gebruik presies dieselfde
woorde deur Moses in Genesis 1:16; maar hier word dit gebruik as “ingestel”

U het die maan gemaak (H6123)
om vaste tye [mo`ed] mee aan te gee.” Psalm 104:19, NV

Insig
hierin werp lig op Genesis 1:1 en die eerste dag van die Skepping (woordspeling
bedoel) “Laat daar lig wees” op “Dag 1” was die lig verskaffing aan die son,
wat verklaar waarom daar letterlike dae was (lig/duisternis siklus) voor “Dag
4” Die son aan wie lig verskaf was op “Dag 1” verduidelik hoe daar dag (H3117-vorm: om warm te
wees: `n warm dag”)
en nag reeds voor “Dag 4” kan wees. Die son, maan en
sterre was eenvoudig net “gemaak om hul goddelik kalendasie rol op “Dag 4” “aan
te gee”. Maar,  was in die begin  “gemaak” (bara – H1254) waar dit aangedui
word: “In die begin het Elohim die hemel en aarde geskape.” (Genesis 1:1)

Om
te dink dat Yahuwah nog nie die Son en die Maan op die eerste dag reeds al
verorden het nie dat hulle nie gebruik kan word vir Sy Kalender nie, maak  totaal en al nie sin nie. Hy het duidelik
gemaak dat die Son en die Maan, dien as tekens sowel as vir vaste tye, asook
vir dae sowel as jare.” (Genesis 1:14) en selfs nog sterker bewyse vir die Maan
in Psalm 104:19, “Hy het die maan gemaak vir die vaste tye [mo`ed]; die son ken
sy tyd om onder te gaan.” Nuwe Maan Dag is sonder weerga `n Skriftelike
aanbiddingsdag. Sien Númeri 29:6, 2 Konings 4:23, Psalm 81:4, Jesaja 66:23,
Esegiël 46:1-6, en Amos 8:5.3

Ironies
dat mense geen probleem het deur `n son kalender te gebruik om selfs as die son
nie voor die 4de dag verorden was nie. Waarom moes die maan enigsins minder
funksioneel wees as `n kalender, veral in die lig van Psalm 104:19?

Hy het die maan gemaak vir vaste
tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.

Hierdie
argument is niks meer as net skynheiligheid nie, die pot wat die kettel swart
noem, as jy dit so wil beskou. Die hele dispuut verloor selfs meer geloofwaardigheid
soos dit in die Skrifte aangedui word dat beide die Son en die Maan reeds in
Genesis 1:1 al gemaak is.

In
die eerste oogopslag sal sommige verdienste sien in die argument dat die Maan
nie verorden was op die eerste dag nie en kan dus nie vir Sy Kalender gebruik
word nie. Maar die Skrifte illustreer iets heeltemal anders. Die Maan was en is
steeds duidelik vasgestel vir die gebruik in Sy Gewyde Byeenkomste, aanbiddings
tye, en is dus `n essensiële deel in Sy Kalender. Die Maan, met sy presiese
uurwerk fases, staan uit as `n onbeweeglike kalender in die hemel. Loof
Yahuwah, nou en vir alle ewigheid, vir Sy perfekte plan, Sy wysheid, Sy
Voorsiengheid, en vir Sy beeldskone ewige Kalender in die hemel!


1 Ons het die invoeging “of ingestel het” bygevoeg, omdat daar
ruimte in die Hebreeuse teks beide kontekstueel en taalkundig is om vasbeslote
aan te neem dat die Son en Maan ingesluit was in die uitspraak om Lig op dag 1
van  die Skepping te verskaf en dat hulle
eerder op dag 4 van die Skeppings week ingestel was in hul spesifieke rol.

2
Strong`s Dictionary

3 Núm. 29:6 Behalwe die brandoffer van die Nuwe Maan en die spysoffer wat
daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby
behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif – tot die
lieflike geur, `n vuuroffer aan Yahuwah.

2
Konings 4:23
En hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen
Nuwe Maan of Sabbat nie. En sy antwoord: Wees maar gerus!

Psalm
81:4
Blaas die basuin op Nuwe Maan; op Volmaan vir ons
feesdag.

Jesaja
66:23 En elke maand op die Nuwe Maan en elke week op die Sabbat sal alle vlees
kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.

 Esegiël 46:1 ‘So sê Yahuwah Elohim: Die
poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses
werksdae gesluit wees; maar op die Sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet
dit op die dag van die Nuwe Maan oopgemaak word.

Esegiël
46:6
Maar op die dag van die Nuwe Maan: `n jong bul sonder
gebrek en ses lammers en `n ram – sonder gebrek moet hulle wees.

Hoséa
5:7
Hulle het troueloos gehandel teen Yahuwah, want hulle het
onegte kinders verwek; nou sal die Nuwe Maan hulle met hul velde verteer.

Amos
8:5
Deur te sê: “Wanneer is die Nuwe Maan verby, sodat ons
kan koring verkoop, en die Sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit – om die efa te verklein en die sikkel te
vergroot en bedrieglik te handel met `n valse weegskaal.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.