World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Kan Bybel – volgelinge Alkohol Drink ?

. . . [D]ie posisie wat die Bybel inneem is
duidelik: nie `n druppel alkohol word goedgekeur of aanbeveel nie. Spreuke 20:1
sê aan ons “die wyn is `n spotter en sterk drank `n lawaaimaker; en elkeen wat
daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.”
`n Ander teks wat selfs duideliker is, is Spreuke 23:31, “Kyk nie na die
wyn as dit rooiagtig lyk nie, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne
gly nie: op die end byt dit soos `n slang en spuug gif uit soos `n basilisk.”

Luister nou, as die Nuwe Testament die
gebruik van alkohol goedkeur, het ons `n kollosale teenstrydigheid tussen die
Ou en die Nuwe Testamente. Maar, vriende die Nuwe leer nie anders as wat ons
nou net gelees het nie. Die probleem kom met die gebruik van die woord
“wyn” Dit is vertaal uit die Griekse
woord “oihos” en dit kan óf gegis óf ongegis beteken, volgens die konteks
daarvan. Maar omdat die Ou Testament duidelik die gebruik van gegiste wyn
veroordeel, is die verse in die Nuwe Testament wat wyn goedkeur verwysend na
die ongegiste sap van die druif.

Die Bybel sê, “Of julle dan eet of drink .
. . , doen alles tot verheerliking van Yahuwah” (1 Korinthiërs 10:31). Van al
die gewilde gifstowwe wat deur die moderne mens ingeneem word, is een wat veral
dodelik en vernietigend is, alkohol. Verheerlik as `n simbool van `n goeie
lewe, is dit, inderwaarheid, die mees beledigendste sosiale siekte bekend aan
die beskawing. Geen wonder dat die Bybel verslag doen dat daar geen dronkaard
in die hemel sal wees nie.

In hierdie dae van toegewings, het die
meeste van die godsdienstige gemeenskappe hul houding teenoor sosiale drinkery
verander. Van algehele onthouding neem hulle nou `n posisie van matigheid in.
Wesenlik is dit dieselfde posisie wat brouerye inneem – geen dronkenskap nie.
Maar is dit `n veilige houding om in te slaan teenoor alkoholiese drankies?
Statistieke het bewys dat een uit elke tien wat begin om te drink, word óf
alkoholiste óf probleem drinkers.

Die aanspraak word deur baie Christene
gemaak dat die Bybel matige drinkery van alkohol goedkeur. Dit word grootliks
gebaseer op die gebruik van die term “wyn” in die Skrifte. Maar die aanbevele
wyn in die Bybel is nie alkohol nie. Die woord wyn word gebruik vir of gegiste
of ongegiste drank. Yahuwah sê: “Soos wanneer iemand mos vind in `n tros druiwe
en sê: Verniel dit nie, want daar is `n seën in – sal Ek doen terwille van My
knegte, om nie alles te verniel nie.” (Jesaja 65:8).

Die wyn in die tros moet die vars sap van
die wingerd wees. Dit is die enigste soort waarvan Yahuwah praat wat `n seëning
in hom het. Daar is geen seën in die bedwelmende, uitgesuipte bottel gegiste
gif nie. Inspirasie sê: “Die wyn is `n spotter, sterk drank `n lawaaimaker: en
elkeen wat daardeur bedwelm raak, is nie wys nie.” (Spreuke 20:1). “Kyk nie na
die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne
gly nie: op die end byt dit soos `n slang en spuug gif uit soos `n basilisk.”
(Spreuke 23:31, 32).

Het Yahushua teenstrydig met die Ou
Testament gehandel en die water in alkoholiese wyn verander? Dit is ondenkbaar dat
Hy so sal maak. Hy het die woord van Yahuwah gehoorsaam. Die wyn wat Hy geskep
het was die ongegiste soort. Ons het vandag die kennis van die eintlike
fisiologiese effekte wat alkohol op die liggaam het. Navorsing het bewys dat
beskonkenheid veroorsaak is deur `n proses wat die brein van suurstof beroof.
Hierdie verlies vernietig die
breinselle, affekteer, uiteindelik die redenasievermoëns van bewustelike
denke. Sal Yahushua, die Skepper van die liggaam, iets goedkeur wat die morele
verbod verswak, die mag van effektiewe besluite verminder, en uiteindelik die
liggaamstempel van die Heilige Gees vernietig? Nooit.

Deur: Joe Crews

Ons
het alle paganistiese name van die Vader en Seun soos dit in die oorspronklike
artikel verskyn, verwyder, en dit vervang met die oorspronklik gegewe name.
Boonop het ons die name van die Vader en Seun uit die Skrifte aangehaal, herstel,
soos dit oorspronklik geskryf is deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel.
WLK Span


Verwante Inhoud:

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.