World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Verwydering van die Dodelike Suurdeeg: Die Fariseër in ons Almal

“Fariseër.”
Hierdie woord wek onmiddelik `n gewaarwording van afsku onder Bybel studente en
Christene op. Yahushua het regdeur die Nuwe Testament meer konflik met die
Fariseërs as met enige ander groep mense gehad. Waarom, dan? Wat was die
oorsprong van hierdie konflikte. Kan dit wees dat baie belydende Christene
deesdae skuldig kan wees aan Fariseëisme?

Hoewel ons dikwels dink dat die Fariseërs `n antieke volk is wat aan
Palestina verbonde is, is die waarheid dat Fariseëisme op en wel is. As`t ware
is dit besig om in die harte van Yahuwah se eie volk te floreer. Die gees van Fariseëisme
is nie tot ouderdom, geslag, of lokaliteit beperk nie. Dit kan woon in die
harte van beide oud en jonk, dit kan nesstel in die harte van beide mans en
vroue. Niemand, ongeag van hul titel of posisie, is vrygestel van die bose
invloed daarvan nie.  

Verwydering van die Dodelike Suurdeeg: Die Fariseër in ons Almal image 

Is jy `n Fariseër? Ons bemoedig jou om  tyd te neem om die punte hieronder in gebed te
oorpeins.1  In ons
voorbereiding vir Yahushua se spoedige wederkoms, is dit onafwendbaar dat ons ons
lewens, ons belydenisse, ons gedagte-gange, en die toestand van ons harte in
die teenwoordigheid van Yahuwah moet ondersoek. Laat ons altyd ywerig wees in
ons soeke na heiligheid, sodat ons deur die Vader se genade sondeloos gevind
mag word op daardie groot dag.

Daarop sê Yahushua vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die
suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs. (Matthéüs 16:6)

`n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. (Galasiërs 5:9)

50 Karaktertrekke van `n Fariseër

(1) `n Fariseër roem in sy verbintenis met
godsvrugtige manne, maar het nie `n persoonlike verbintenis met Yahuwah nie.
Yahuwah red ons as indiwidue. Niemand sal gered word deur aardse affiliasie met
`n ander nie. Is jy trots op jou verhouding met `n ander? Laat jy toe dat jou
verhouding met `n ouer, wederhelf, vriend, onderwyser, of pastoor jou
geloofsoortuiginge en gewoontes beïnvloed, eerder as om die Skrifte vir jouself
te ondersoek om te leer wat waarheid is.

Laat jy toe dat jou verhouding met `n ouer, wederhelf, vriend, onderwyser, of pastoor jou oortuiginge en gewoontes beïnvloed, eerder as om die Skrifte vir jouself te ondersoek en te leer wat waarheid is?

En moenie dink om by julle self te sê: ons het Abraham as vader nie;
want Ek sê vir julle dat Yahuwah mag het om uit hierdie klippe kinders op te
wek. (Matthéüs 3:9)

(2) `n Fariseër roem in uiterlike
geregtigheid, maar vernalatig die ware geregtigheid, wat van binne kom. Ons
word vermaan om die ware geregtigheid na te jaag wat kom deur `n lewende
verbintenis met die Vader Yahuwah. Waarsonder “julle nooit die koninkryk van
die hemel sal ingaan nie.” Jaag jy die geregtigheid na wat van binne
kom? Koester jy woede, lus, begeerlikheid, inhaligheid, ens. In jou hart? 
Ware geregtigheid is `n toestand van
die hart. “Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is
die oorspronge van die lewe.” (Spreuke 4: 23) “Salig is die wat rein van hart
is, want hulle sal Yahuwah sien.” (Matthéüs 5:8)

Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as
dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van
die hemele sal ingaan nie. (Matthéüs 5:20)

(3)  `n Fariseër meng nie
met die onbekeerde mense nie. In alles wat Yahushua gedoen het, was Hy `n
vriend van sondaars. “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar
die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars
tot bekering.” (Markus 3:17)  As
volgelinge van Yahushua, moet ons Hom in alle dinge nadoen. Hoe
sal jy die verlorenes bereik as jou vriendekring uitsluitlik bestaan uit
diegene wie gered is? Indien jy weier om met sondaars te verkeer, is jy `n
Fariseër.

Hoe sal jy die verlorenes bereik as jou vriendekring uitsluitlik bestaan uit die wat gered is? As jy weier om met sondaars te meng, is jy `n Fariseër. 

En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Sy dissipels: Waarom eet
julle Meester saam met tollenaars en sondaars?

Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as
Hy `n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom
aanraak; want sy is `n sondares. (Lukas 7: 39)

(4) `n Fariseër is asketies. Hy
roem in sy vas en spog oor sy uiterlike
dissipline.

Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en
die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? (Matthéüs 9:14)

(5) `n Fariseër is baie krities
oor andere in nietighede. Hy fokus op niksbeduidende besonderhede en vergeet
van die hart van die saak.

Maar toe die Fariseërs dit sien, se hulle vir Hom: Kyk u dissipels doen
wat nie geoorloof is om op die Sabbat te doen nie.” (Matthéüs 12:2)

(6) `n Fariseër fokus op reëls
tot die uitsluiting van Yahuwah se geopenbaarde wil.

En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom. En daar was
`n man met `n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof
om op die Sabbat gesond te maak? – sodat hulle Hom sou kon aanklae. Maar Hy sê
vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit
op die Sabbat in `n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie? Hoeveel meer is
`n mens dan nie werd as `n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die Sabbat
goed te doen. Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit
uitgesteek en dit is herstel, gesond soos die ander een. Daarop het die
Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan
ombring. Toe Yahushua dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot
menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak, en hulle `n streng
bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie. (Matthéüs 12:9-16)

(7) `n Fariseër is deur jaloesie
en haat gemotiveer. Is jy altyd daarop uit om andere te seën?  …of koester jy soms `n wrok?  Jaloesie en haatdraendheid is die godsdiens
van Kaïn.

Is jy altyd daarop uit om
andere te seën? …of koester
jy altyd `n wrok?

Gee jy altyd die twyfel van
die oordeel aan ander…
of veronderstel jy die slegste?

Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat
hulle Hom sou kan ombring. (Matthéüs 12:14)

(8) `n Fariseër is `n beskuldiger en veronderstel die slegste van
ander. Gee jy altyd aan mense die voordeel van die twyfel? …of
veronderstel jy die slegste?

(9) `n Fariseër gee nie ag op sy
uitsprake nie. Hulle huiwer nie om sleg te praat van Yahuwah se getroue
volgelinge nie, skryf selfs hulle godsdienstige handelinge aan die vyand toe.

Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie
anders uit as deur Beëlsebub, die owerste van die duiwels nie. (Matthéüs 12:24)

(10) `n Fariseër vernalatig sy
gesins verantwoordelikheid in die naam van godsdiens.

Toe kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Yahushua en
sê: Waarom oortree u dissipels die oorleweringe van die ou mense? Want hulle
was nie hulle hande as hulle brood eet nie. Maar Hy antwoord en sê vir hulle:
Waarom oortree julle ook die gebod van Yahuwah terwille van julle oorlewering?
Want Yahuwah het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat
vader en moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: Elkeen wat aan
vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is `n offergawe
– dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie. So het julle dan die
gebod van Yahuwah kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. (Matthéüs
15:1-6)  

Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie,
het die geloof verloën en is slegter as `n ongelowige. (1 Timothéüs 5:8)

Laat die ‘eie ek’ toe dat jy maklik aanstoot neem? Liefde reken die kwaad nie toe nie. (1 Kor. 13:5)

(11) `n Fariseër neem maklik aanstoot. Laat die ‘eie ek’ toe dat jy maklik aanstoot
neem?
Liefde “reken die kwaad nie toe nie.” (1 Korinthiërs 13: 5)

Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs,
toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? Maar Hy antwoord en sê: Elke
plant wat My Hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. (Matthéüs
15:12-13)

(12) `n Fariseër is geestelik blind.

Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as `n blinde `n
ander blinde lei, sal altwee in die sloot val. (Matthéüs 15:14)

(13) `n Fariseër stel uiterlike tekens bo die van die Skrifte. Hy vra
vir `n uiterlike teken as bewys van goddelikheid., eerder as om die Skrifte vir
homself te ondersoek. Hulle wie in hulle uiterlike sinne vertrou tot die
uitsluitsel van die Skriftelike getuienisse sal deur die leuenagtige wonders
wat binnekort in hierdie laaste dae sal manifesteer, bedrieg word.

ALT TEXT

Die Laaste Skelmstreek: Satan in die Gewaad van die Lig
Diegene wie in hulle uiterlike sinne vertrou tot die uitsluiting van die Skriftuurlike getuienisse sal bedrieg word deur die wonders van die leuen wat binnekort in hierdie laaste dae manifesteer. 

En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het
Hom gevra om hulle `n teken uit die Hemel te laat sien. Maar Hy antwoord en sê
vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi. En in die
more: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel
om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die
tye onderskei nie? `n Slegte en owerspelige geslag soek na `n teken, en geen
teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En
Hy het hulle verlaat en weggegaan. (Matthéüs 16:1-4)

(14) `n Fariseër is daarop uit om
mense in hulle woorde te verstrik. 

Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit `n
man geoorloof om van allerhande redes van sy vrou te skei? (Matthéüs 19:3)

Toe gaan die Fariseërs saam raad hou, hoe om Hom in sy woord te verstrik.

(15) `n Fariseër het hard-heid
van hart.

Hierdie volk nader my met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle
hart is ver van My af. (Matthéüs 15:8)

 (16) `n Fariseër kan nie ware
aanbidding en opregte lofsange waardeer nie.

En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen
het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van
Dawid!  Was hulle verontwaardig en sê vir
Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Yahushua antwoord hulle: Ja, het julle nooit
gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?
(Matthéüs 21:15-16)

(17) `n Fariseër onderrig Yahuwah se wet, maar leef dit nie uit nie.

Toe het Yahushua die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die
skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan
vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke
moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. (Matthéüs 23:1-3)

(18) `n Fariseër bind swaar laste op mense.

Dien jy die mense? …of is jy `n toegewyde volgeling van Yahushua ten alle tye, in alle gevalle, in alle plekke, en in die teenwoordigheid van alle mense?

(19) `n Fariseër is `n geveinsde. Hy sê, maar doen nie. Is jy `n
ander persoon met jou “godsdienstige” vriende as wat jy met jou wêreldse
vriende is?  Dien jy die mense? …of is
jy `n toegewyde volgeling van Yahushua te alle tye, in alle gevalle, in alle
plekke, en in die teenwoordigheid van alle mense?

Want hulle bind pakke wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op
die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met die vinger verroer
nie. (Matthéüs 23:4)

(20) `n Fariseër is spoggerig en
soek om deur die mense vereer te word. Hy is meer besorgd oor wat mense dink as
wat Yahuwah dink. Kleef jy vas aan onbybelse gewoontes of vernalatig jy
volkome gehoorsaamheid aan Yahuwah omdat jy besorgd is oor wat ander mag dink?
Is jy meer besorgd oor wat jou vriende, jou wederhelf, jou ouers, of jou gemeente
dink as wat jou Vader in die Hemel dink?

(21) `n Fariseër dink heiligheid
is in die uiterlike voorkoms. Soek jy aandag deur die klere wat jy dra?
…of is jy heeltemal tevrede om die “verborge mens van die hart in die
onverganklike versiering van `n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar voor
Yahuwah is” aan te trek? (1 Petrus 3:4)

En hulle doen al hulle werke om deur die mense gesien te word, en hulle
maak hulle gedenkseëls breed en hulle some van hulle klere groot. (Matthéüs
23:5)

(22) `n Fariseër begeer verhewe
posisies en plekke van eer. Begeer jy die titel van pastoor, onderwyser,
predikant, priester, leier, skenker, ens.? Verlang jy erkenning vir jou bydrae
tot die saak van Yahuwah? Verlang jy om jou naam of prente in hoofopskrifte en
lewenssketse te sien?

Vereis jy erkenning vir jou bydraes aan die saak van Yahuwah? Verbly jy jou om jou naam of foto`s te sien pryk aan nuushooftrekke en bibliografieë?

En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke
in die sinagoges. En die begroetinge by die markte en deur die mense genoem te
word: Rabbi, Rabbi! (Matthéüs 23:6-7) 

(23) `n Fariseër trek voordeel
uit die armes. Dit is `n groot sonde in die aangesig van die Hemel, want “Wie
die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige
ontferm, eer Hom. (Spreuke 14:31)

(24) `n Fariseër maak lang
openbare gebede om deur die mens gesien te word.

Weë julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die
huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle
`n swaarder oordeel ontvang. (Matthéüs 23:14)

(25) `n Fariseër maak ander
korrup. Is jy onwankelbaar in jou toewyding aan Yahuwah en met jou
navolging van geregtigheid?  …of
besoedel jy onbewustelik ander se persepsies van Yahuwah se standaarde deur `n
louwarm optrede as voorbeeld?

Is jy onwankelbaar in jou toewyding aan Yahuwah en in die najaging van Sy geregtigheid? …of besoedel jy onbewustelik ander se persepsies van Yahuwah se standaarde deur jou louwarm optrede as voorbeeld.

(26) `n Fariseër maak dat mense
voel hulle wedergebore is, terwyl hulle nie is nie. Sê jy aan die mense
dat hulle vir die Hemel gebonde is, terwyl hulle nog onbekeerd is? Ons moet die
evangelie in sy geheel verkondig as ons ware bekering wil hê. Twee dinge wat
ons moet doen om gered te word: (1) Bekeer jou en draai weg van die sonde; (2)
Vertrou op Yahushua en in Sy verdienste van Sy offergawe. (As `n persoon eers
die vreeslike gevolge van Yahuwah se Wet, die Tien Gebooie besef, sal hulle
sondes verafsku en vashou aan die Verlosser. So moet ons die mens die regte idee
gee in die insig van Yahuwah se Wet as ons ware bekering wil hê. Deesdae word
baie mislei deur die moderne valse evangelie.)

Weë julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek oor
see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom
`n kind van die hel, twee maal erger as julleself. (Matthéüs 23:15)

(27) `n Fariseër gee `n
oppervlakkige interpretasie van die Skrifte, sonder insig, en sonder die lig
van die Heilige Gees. `n Fariseër sal die Skrifte verdraai om met sy verlangde
interpretasie ooreen te stem. Aanvaar jy Skrifte vir wat dit sê? …of
soek jy `n interpretasie wat ooreenstem met jou voorafopgestelde idees en
gewoontes?
 

Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel –
dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is
gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat
die goud heilig? En: Elkeen wat sweer by die altaar – dit is niks nie; maar
elkeen wat sweer by die gawe  daar bo-op,
hy is gebonde. Julle dwase, en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar
wat die gawe heilig? Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat
daarop is, en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon;
en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van Yahuwah en by Hom wat daarop
sit. (Matthéüs 23:16-22)

En die
Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem
gehoor of sy gedaante gesien nie. En julle wat sy woord nie as iets blywend in
julle het nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het nie glo nie. Julle ondersoek
die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is
díe wat van My getuig. (Johannes 5:37-39)

(28) `n Fariseër kleef aan die
letter van die wet, maar tree teenstrydig met die gees van die wet op. Hy fokus op die nietige punte, terwyl die
belangrikstes vernalatig word.

(29) `n Fariseër vernalatig
geregtigheid, genade, en geloof.

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs geveinsdes, want julle gee
tiendes van kruisement en anys en koljander en die swaarste van die wet laat
julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort
julle te doen sonder om die ander na te laat. (Matthéüs
23:23)

(30) `n Fariseër veroordeel ander
genadeloos in nietige sake, terwyl hulle self skuldig is in groter oortredinge.
 

Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk. (Matthéüs
23:24)

Is jy dieselfde persoon in die openbaar soos jy is wanneer alleen? Is dit jou gewoonte om reg op te tree selfs as niemand sien nie?

(31) `n Fariseër is meer besorgd
oor sy uiterlike voorkoms as met die toestand van sy hart. Hy is ywerig om `n
regverdige voorkoms te behou, terwyl die binnekant van sy hart, duister en
misleidend is. Is jy dieselfde persoon in die openbaar as wat jy is
wanneer alleen? Is dit jou gewoonte om reg te doen selfs as geen ander een sien
nie?
`n Fariseër is meer besorgd in sy eie oormaat as met die seëninge
van ander. 

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die
buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en
onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die
skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. (Matthëüs
23:25-26)

(32) `n Fariseër is
self-regverdigend en veronderstel dat hy nooit dieselfde fout sal maak hy
aanvoer andere gemaak het nie. Veroordeel jy ooit andere deur te sê “Ek
sou dit nooit gedoen het nie”? Roem jy aanstellerig dat jou oordeel verhewe bo
`n ander s`n is?

Wee
julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van
die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons
in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan
die bloed van die profete nie. (Matthéüs 23:29-30)

(33) `n Fariseër vervolg Yahuwah
se profete.

Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en
sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in julle
sinagoge gésel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan
kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die
regverdige Abel af tot die bloed van Sagaria, die seun van Berégja, wat julle
vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir
julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom. (Matthéüs 23:33-36)

Is jy meer besorgd oor wat jou tydgenote dink as wat Yahuwah dink?

(34) `n Fariseër is uitermate
besorgd oor wat andere van hulle dink. `n Fariseër vrees die mens, maar vrees
nie Yahuwah nie. Dit is in teenstelling met Yahushua se raadgewing: “En moenie
vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar vrees Hom liewer wat die siel
sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. (Matthéüs 10:28) Is jy meer
besorgd oor wat jou tydgenote dink as wat Yahuwah dink?
 

Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense?
En hulle het by hulle self geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel – dan
sal Hy ons vra: Waarom het julle dan nie geglo nie? En as ons sê: Uit mense –
dan moet ons oppas vir die menigtes, want almal hou Johannes vir `n profeet. En
hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die
skare, omdat dié Hom vir `n profeet gehou het. (Matthéüs 21:25-26, 46)

(35) `n Fariseër is begerig en `n
liefhebber van geld.

En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook hierdie dinge gehoor en
Hom beskimp. (Lukas 16:14)

(36) `n
Fariseër vertrou in sy eie werke. Veronderstel
jy in jou hart dat die feesvieringe, Sabbat onderhouding, onthouding van onrein
voedsel, ens., jou `n plek in die Hemel gaan verseker? Ons word deur geloof
gered, nie deur werke nie. Dit is Yahushua se offergawe alleen wat versoening
doen, en ons enigste hoop vir geregtigheid word ons toebedeel. Daar is niks wat
ons ooit kan byvoeg aan wat Hy gedoen het nie. Om ons eie werke by Sy offergawe
te voeg sal net die altaar besoedel. “Want uit genade is julle gered, deur die
geloof, en nie uit julle self nie: dit is die gawe van Yahuwah; nie uit die
werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2:8-9)

Veronderstel jy in jou hart dat feesvieringe, Sabbat onderhouding, onthouding van onrein vleis, ens. Jou `n plek in die Hemel sal besorg?

(37) `n Fariseër verag andere.
Koester jy `n wrok teenoor aandere? … of het jy jou vyande lief, seën die wat
jou vervloek, doen goed vir die wie julle haat, en bid vir die wat julle
beledig en vervolg.” (Matthéüs 5:44) 

En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle
regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.” (Lukas 18:9)

(38) `n Fariseër beskou homself beter as ander. Is jy hoogmoedig? Het jy `n hoë
dunk van jouself oor `n besonderse talent of karaktertrek?
“Moenie iets
doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar uit nederigheid moet die een die
ander hoër ag as homself.” (Fillipense 2:3) “Want `n dag is daar vir Yahuwah
van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat
dit verneder kan word.” (Jesaja 2:12)

 (39) `n Fariseër is opgeblase
met hoogmoed en neem nie die gevoelens van ander in ag nie. Is jy altyd,
en gedagtig aan die gevoelens van andere. Is jy “bly met die wat bly is, en
ween jy met die wat ween?” (Romeine 12:15)

Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een `n Fariseër en
die ander `n tollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid:
o Yahuwah, ek dank u dat ek nie soos ander mense is nie – rowers,
onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. (Lukas 18:10-11)

(40)
`n Fariseër spog oor sy gedissiplineerdheid, prestasies, en gewoontes. Is jy
trots op jou dieët of jou dissipline? Sien jy neer op diegene wie se gewoontes
van joune verskil?   

Is jy trots op jou dieët en dissipline? Sien jy neer op diegene wie se gewoontes van joune verskil?  

En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o Yahuwah, ek
dank u dat ek nie soos ander mense is nie – rowers, egbrekers, of ook soos
hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles
wat ek verkry. (Lukas 18:11-12)

(41) `n Fariseër beskuldig ander.

Maar Yahushua het na die Olyfberg gegaan. En vroeg die volgende more het
Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan
sit en hulle geleer. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het `n vrou wat in
egbreek betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat
staan het, sê hulle vir Hom: Meester, die vrou is op die daad van egbreuk
betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar
wat sê U? En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om
Hom te beskuldig; maar Yahushua het neergebuk en met die vinger op die grond
geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle
gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi.
En weer het Hy op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur
hulle gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste
toe; en Yahushua het alleen agtergebly, en die vrou wat tussen hulle in gestaan
het. En toe Yahushua Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir
haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel
nie? En sy antwoord: Niemand nie, Meester. En Yahushua sê vir haar: Ek
veroordeel jou ook nie. Gaan en sondig nie meer nie.” (Johannes 8:41-44)

(42) `n Fariseër verbeel hom dat
Yahuwah hulle vader is, terwyl hulle vader in werklikheid die duiwel is.

Julle doen die werke van julle vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is
nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik Yahuwah. En Yahushua sê
vir hulle: As Yahuwah julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit
Yahuwah uitgegaan en gekom; want Ek het nie uit Myself gekom nie, maar Hy het
My gestuur. Waarom ken julle My spraak nie? Omdat julle na My woord nie kan
luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader
wil julle doen. Hy was `n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die
waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal
praat, praat hy uit sy eie uit, omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan.
(Johannes 8:41-44)

(43) `n Fariseër is `n leuenaar
en `n moordenaar. Regverdig jy oneerlikheid of vertel jy “wit leuentjies”? Koester jy `n
wraakgierige gees?
“Julle het gehoor dat aan die mense gesê is: Jy mag
nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan moet verantwoording doen voor die
gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is,
verantwoording moet doen voor die gereg …” (Matthéüs 5:21-22)

Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil
julle doen. Hy was `n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die
waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal
praat, praat hy uit sy eie, omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan.
(Matthéüs 8:44)

angry preacher

Verag jy hulle wie nie met jou saamstem met al die interpretasies van die Skrifte nie? Bespot jy diegene wie nie alles sien op die manier hoe jy dinge sien nie?

(44) `n Fariseër bespot diegene
wie nie na hulle luister nie. Verag jy diegene wie nie met jou saamstem in
al die interpretasies van die Skrifte nie? Bespot jy diegene wie nie alles sien
soos jy dit sien nie?

Hulle roep toe die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee
aan Yahuwah die eer; ons weet dat hierdie man Yahushua `n sondaar is. En hy
antwoord en sê: Of Hy `n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek
blind was en nou sien … As Hy nie van Yahuwah was nie, sou Hy niks kan doen
nie. En hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sonde gebore, en leer
jy ons? En hulle het hom uitgeban. (Johannes 9:24-25, 33-34) 

(45) `n Fariseër is jaloers op
diegene wie wonderwerke kan verrig wat hulle nie kan nie. Is jy gebelgd
oor diegene wie ander talente of gawes van die Gees het wat jy nie het nie?

Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Yahushua
gedoen het. En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeen geroep en
gesê: Wat sal ons doen? – want hierdie man doen baie tekens. (Johannes
11:46-47) 

(46)`n Fariseër veroordeel selfs
godsvrugtige mense omdat hulle nie hul standaarde van feeste/feestelikhede
handhaaf nie. Sien jy neer op diegene wie `n anderse insig het van hoe om
die Sabbat en die feesdae bereken of onderhou moet word?

En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van Yahuwah nie,
omdat Hy die Sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan `n sondige mens sulke tekens
doen? En daar was verdeeldheid onder hulle. (Johannes 9:16) 

(47) `n Fariseër is `n
vernietiger van siele, nie `n siele-winner nie. Is jy aktief daarop uit
om siele te wen? … of lei jy mense op `n dwaalspoor? Leef jy en deel jy die
volle Evangelie boodskap uit? Sien kommentaar op #26  hierbo.)

Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle
sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie
in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. (Matthéüs
23:13)

Ween jou hart vir hulle wie geestelik verlore gaan?

“Het jy geen behoefte vir ander om gered te word nie? Dan is jy self nie gered nie, wees daarvan verseker!” (C.H.Spurgeon)

(48) `n Fariseër het geen
bekommernis vir verlore sondaars nie. Sug en steun jy oor die gruwels wat daagliks
rondom jou gedoen word. Ween jou hart oor hulle wie geestelik verlore gaan? Is
die siele-wins die hoofpunt van jou “moet doen lysie” elke enkele dag? Indien
nie, moet jy ernstige hartsondersoek doen. Het jy geen wens dat ander gered
moet word nie? Dan is jy jouself nie gered nie, wees daarvan seker?” (C.H.
Spurgeon)
Die Heiland se oproep is: “Kom agter My aan, en Ek sal julle
vissers van mense maak.” (Matthéüs 4:19) Sy bevel aan ons is “Gaan dan heen,
maak dissipels van alle nasies, en doop hulle in My Naam: Leer hulle om alles
te onderhou wat Ek julle beveel het…”(Matthéüs 28:20) Ons moet Sy getuies
“tot aan die uiterstes van die aarde” wees. Die vrug van die regverdige is `n
boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. (Spreuke 11:30)   

En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie? Het
iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs? Maar hierdie skare
wat die wet nie ken nie, is vervloek! (Johannes 7:47-49) 

(49)
`n Fariseër heg meer waarde aan tradisie as aan Yahuwah se woord. Is jy
gewillig om alle leerstellings en gewoontes te verwerp wat nie ooreenstem met
die Skrifte (ongeag van die ouderdom en gewildheid daarvan)? Sal jy vry wegstap
van dwaalleer en dit op jou eentjie doen indien geeneen van jou vriende of
familie met jou gaan nie?
Tradisie is `n groot struikelblok vir baie,
soos hulle vereniging deur dwaalleer verkies bo skeiding deur die waarheid.
Deesdae kleef baie belydende Christene aan Kersfees, Paasfees, nie omdat dit Bybels is nie, maar omdat hulle
hulle tradisies koester meer as die Woord van Yahuwah.

Is jy bereid om enige leerstelling en gewoonte te verwerp wat nie ooreenstem met die Skrifte (ongeag van die ouderdom of gewildheid daarvan)? Sal jy vry wegstap van dwaalleer en dit op jou eentjie doen, selfs as niemand van jou vriende of familie met jou saam gaan nie?

Daarop stel die Fariseërs en skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom handel
U dissipels nie ooreenkomstig die oorleweringe van die ou mense nie, maar eet
brood met ongewaste hande? En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor
julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die
lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer julle My deur
leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van
Yahuwah nalaat, hou julle aan die oorleweringe van mense vas: die wassery van
kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van Yahuwah opsy te
sit en so julle oorlewering te onderhou. (Markus 7:5-9) 

(50) `n Fariseër regverdig
homself voor die mens. `n Ware bekeerling sal altyd Yahuwah regverdig en met
die Skriftelike verklaring van sy ware toestand ooreenstem. `n Opreg bekeerde
persoon sal uit nederigheid sy foute erken, en sal staan vir sy oortredinge. Of
meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in
ons woon? Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: Yahuwah weerstaan die
hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. (Jakobus 4:6) Erken
jy uit nederigheid jou foute? … of veroordeel jy diegene wie jou kritiek
bied? Erken jy jou foute? … of is jy daarop uit om die blaam op ander te
plaas? Erken jy nederig dat jy geestelik bankrot is en behoefte aan `n Heiland
het? … of is jy daarop uit om jouself te regverdig?
  

En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en
Hom beskimp. En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor
die mense, maar Yahuwah ken julle harte; want wat by die mens hooggeag
word, is `n gruwel voor Yahuwah. (Lukas 16:14-15)


50 Karaktertrekke van `n Fariseër
(`n Oorsig)

  1. `n Fariseër roem in hulle vebintenis met
    godsvrugtige manne, maar het nie `n persoonlike verhouding met Yahuwah nie.
    (Matthéüs 3:9)
  2. `n Fariseër roem in uitwendige
    geregtigheid, maar vernalatig ware geregtigeid wat van binne kom. (Matthéüs
    5:20)
  3. `n Fariseër meng nie met onbekeerde mense nie.
    (Matthéüs 9:11; Lukas 7:39) 
  4. `n Fariseër is asketies (`n
    kluisenaar). (Matthéüs 9:14)
  5. `n Fariseër is krities oor andere in nietige
    sake. (Matthéüs 12:2)
  6. `n Fariseër fokus op reëls met die uitsluitsel
    van Yahuwah se geopenbaarde wil. (Matthéüs 12:9-16)
  7. `n Fariseër is deur jaloesie en haat
    gemotiveer. (Matthéüs 12:14)
  8. `n Fariseër is `n beskuldiger en
    veronderstel die slegste van ander. (Matthéüs 12:24)
  9. `n Fariseër is sorgloos in sy
    uitsprake. Hulle huiwer nie om sleg te praat van Yahuwah se volgelinge nie, wat
    selfs hulle regverdige dade aan die vyand toeskryf. (Matthéüs 12:24)
  10. `n
    Fariseër vernalatig sy familie verantwoordelikhede in die naam van godsdiens.
    (Matthéüs 15:1-6, Timothéüs   5:8)
  11. `n Fariseër word maklik kwaad. (Matthéüs
    15:12-14)
  12. `n Fariseër is geestelik blind. (Matthëüs
    1:14)
  13. `n
    Fariseër stel uitwendige tekens bo die getuienis van die Skrifte. (Matthéüs
    16:1-4)
  14. `n Fariseër is daarop uit om mense in hul
    woorde te verstrik. (Matthéüs 19:3; 22:15-18)
  15. `n
    Fariseër is het hardheid van hart. (Matthéüs 15:18)
  16. `n Fariseër kan nie ware aanbidding en opregte
    lofprysinge waardeer nie. (Matthéüs 21:15-16)
  17. `n Fariseër leer Yahuwah se wet, maar leef dit
    nie self uit nie. (Matthéüs 23:1-3)
  18. `n
    Fariseër pak swaar laste op die mense. (Matthéüs 23:4)
  19. `n Fariseër is `n geveinsde. Hy sê, maar doen
    nie. (Matthéüs 23:4)
  20. `n
    Fariseër is spoggerig en is daarop uit om deur die mens vereer te word.
    (Matthéüs 23:5)
  21. `n Fariseër dink dat heiligheid in die
    uiterlike voorkom lê. (Matthéüs 23:5)
  22. `n
    Fariseër begeer verhewe posisies en plekke van eer. (Matthéüs 23:6-7)
  23. `n
    Fariseër trek voordeel uit die armes. (Matthéüs 23:14)
  24. `n
    Fariseër maak lang openbare gebede om deur die mense gesien te word. (Matthéüs
    23:14)
  25. `n
    Fariseër maak andere korrup. (Matthéüs 23:15)
  26. `n
    Fariseër laat mense voel asof hulle wedergebore is, terwyl hulle nie is nie.
    (Mathéüs 23:15)
  27. `n
    Fariseër interpreteer die Skrifte in oppervlakkigheid, sonder insig, en sonder
    die lig van die Heilige Gees. (Matthéüs 23:16-22; Johannes 5:37-39)
  28. `n Fariseër is onbeweeglik in die letter van die wet, maar tree
    teenstrydig op met die gees van die
    wet. (Matthéüs 23:23)
  29. `n Fariseër vernalatig geregtigheid,
    genade, en geloof. (Matthéüs 23:23)
  30. `n Fariseër veroordeel andere in
    nietige sake, terwyl hulle self skuldig is aan groter misdrywe. (Matthéüs
    23:24)
  31. `n Fariseër is meer besorgd oor sy
    uiterlike voorkoms as met die toestand van die hart. (Matthéüs 23:25-26)
  32. `n Fariseër is eie-geregtig en
    veronderstel dat hy nooit die foute sal maak wat hy aanvoer andere gemaak het
    nie. (Matthéüs 23:30)
  33. `n Fariseër vervolg die profete van
    Yahuwah. (Matthéüs 23:33-36)
  34. `n Fariseër is uitermate besorgd oor
    wat ander van hulle dink. `n Fariseër vrees die mens, maar het geen vrees vir
    Yahuwah nie. (Matthéüs 21:25-26, 46)
  35. `n Fariseër is begerig en geldgierig.
    (Lukas 16:14)
  36. `n Fariseër stel sy vertroue in sy eie
    werke. (Lukas 18:9)
  37. `n Fariseër verag andere. (Lukas 18:9)
  38. `n Fariseër beskou homself beter as
    ander. (Lukas 18:9-11) 
  39. `n Fariseër is opgeblase met hoogmoed
    en neem nie die gevoelens van ander in ag nie. (Lukas 18:9-11)
  40. `n Fariseër spog oor sy dissipline, sy
    prestasies, en sy gewoontes. (Lukas 18:9-11)  
  41. `n Fariseër beskuldig ander. (Johannes
    8:1-11)
  42. `n Fariseër verbeel hom dat Yahuwah hulle
    vader is, terwyl die duiwel in werklikheid hulle vader is. (Johannes 8:41-44) 
  43. `n Fariseër is `n leuenaar en
    moordenaar. (Johannes 8:44)
  44. `n Fariseër minag diegene wie nie na
    hulle wil luister nie. (Johannes 9:24-25, 33-34) 
  45. `n Fariseër is jaloers op diegene wie
    wonderwerke kan doen wat hy nie kan doen nie. (Johannes 11:46-47)
  46. `n Fariseër veroordeel selfs godsvrugtige
    mense omdat hulle nie hulle standaarde van die feeste/feesvieringe handhaaf
    nie. (Johannes 9:16)  
  47. `n Fariseër is `n siele-vernietiger,
    nie `n siele-wenner nie. (Matthéüs 23:13)
  48. `n Fariseër het geen sorg vir verlore
    sondaars nie. (Johannes 7:47-49) 
  49. `n Fariseër heg meer waarde aan
    tradisie as aan die woord  van Yahuwah.
    (Markus 7:5-9)
  50. `n Fariseër regverdig homself voor
    ander mense. (Lukas 16:14-15)

Laat ons almal, deur Yahuwah se bemagtigende genade, van elke Farisese
houding bekeer, sodat ons rein gewas kan word van hierdie geestelike
melaatsheid, en sodat ons elke spoor van Geveinste suurdeeg uit ons harte kan
verwyder. Amen.  

praying with Bible 

Die wat verkeerd van hart is, is vir Yahuwah `n gruwel; maar Hy het
behae in die wat regskape van wandel is. (Spreuke 11:20)

En mag Hy, die Eloah van vrede, 
julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel
en al onberuspelik bewaar word van onse Meester Yahushua die Gesalfde. (1
Thess. 5:23)


1 Hierdie artikel was geïnspireer deur `n
reeks preke bekend as “Karaktertrekke van `n Fariseër” deur Zac Poonen,
gelewer. Dit is nie `n erkenning van Mnr. Poonen se ander leerstellings of
oortuiginge nie.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.