Baie onafhanklike |
![]() |
Hastein |
As daar toekennings
is, wat vir goeie bedoelinge uitgedeel kan word, en wat rampspoedige gevolge gehad
het, kan daar met sekerheid en eer van
Hastein Ragnarsson vermeld word. Hastein
was ʼn Viking. Hy het met grootpratery begeer om die goud, en eer te verkry
deur Rome te verower. So het hy met sy grootpraat, en gedurende 859 n.C. met 62
skepe gevaar na die reg om die goud en
eer te verkry.
As eerste ding, het
dit nie goed gegaan met die rooftogte, en plunderings. Maar deur oefening is
daar volkomenheid verkry, en met die tyd dat hulle die Middellandse see bereik
het, hulle goed gevaar het in hulle taak.
Hulle was sleg! Hulle was wreed! Hulle was die VIKINGS!
Met hulle aankoms
by Rome, het hulle uitgegaan en die stad aangeval. Toe hulle nie die statige ou
mure kon binnedring, het Hastein met sy manne gekonkel en ʼn alternatiewe plan
bedink om die stad binne te gaan.
Die volgende dag,
was Hastein met ʼn draagbaar gedra na die stad se poorte. Het sy manne aan die
toeskouende Romeine aangekondig: “ Help ons! Die heer Hastein is besig om te
sterf. Hy wil gedoop word as Christen voor hy sterwe.”
Dit het ʼn ware
probleem veroorsaak vir die Romeine. Op die anderkant, wou hulle natuurlik nie
die vyand toelaat binne die stad. Op die anderkant, hoe kan hulle, hulself
Christene noem deur aan ʼn sterwende heiden verlossing te weier? ( As Romeine,
en nie Grieke, sal ons hulle die voordeel van die twyfel gee, en aanneem dat
hulle nog nooit van die Trojaanse perd gehoor het.)
So het die Romeine
die stadspoorte geopen en die klein afdeling van Vikings om hulle leier na die
kerk te dra. Met die doop en die ontvang van die laaste ritus, was Hastein
wonderbaarlik genees! Met ʼn sprong kom hy op sy voete, en veg hy en sy manne hulle
weg na die stadspoorte om die orige manne binne te laat. Met sonsondergang was
Rome vernietig….
….Op daardie oomblik
besef Hastein dat die stad wat hy nou net geplunder het nie Rome is, maar Luna.
Rome was meer as 400 kilometer verder weg!
Dit is ʼn klasieke “komedie
van foute.” Ongetwyfeld meer grappig vir die aanskouers as die werklike
deelnemers!
Die Skrif hou aan
ons voor die soortgelyke “grappige gebeure van foute.” Met die eerste
oogopslag, is die uiterstes van die omstandighede van so ʼn aard dat mens verwag
dat dit die opskrif van die strokiesprent sal wees. Die gedeelte probeer met ʼn
glimlag om te beskryf hoe sleg iets is: “Soos wanneer iemand vlug vir ’n leeu,
maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die
muur, en ’n slang byt hom!” (Amos 5 vers 19.)
Dit is amper grappig:
die klein kêreltjie, hardloop so vinnig as hy kan in die een rigting om te
ontsnap van die leeu, en met ʼn glyery tot stilstand te kom as hy van aangesig
tot aangesig met ʼn beer kom. Die volgende raampie wys waar hy met sy
spykerbeentjies stof opskop soos hy nael na sy huis en die deur toeslaan. In
die oomblik van groot verligting, leun hy teen die muur, en ʼn slang byt hom.
Dit is hierdie soort van gebeure wat in tekenprente geteken is, wat geslagte
van kinders laat giggel met uitgelatenheid
Maar wanneer dit in
konteks gelees word stop die gelag, en hou dit ʼn verskrikking voor. Wat beskryf
word as ʼn gebeurlikheid waarna miljoene uitsien! Tog, hou hierdie gedeelte aan
ons voor ʼn heeltemal verskillende perspektief. Nie van vreugde en afwagting,
maar van verskrikking en rampspoed.
Wanneer die vers in
konteks gelees word verklaar dit:
Wee
die wat na die dag van Yahuwah verlang! Wat sal tog die dag van Yahuwah vir
julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie. Soos wanneer iemand vlug
vir ’n leeu, maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy
hand teen die muur, en ’n slang byt hom! Is die dag van Yahuwah nie duisternis
en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ’n ligstraal?” (Amos 5 vers 18 tot 20.)
Wag. Watt? Dit is
maar nie net sommer ʼn verspotte strokiesprent. Dit is die beskrywing van “die
dag van Yahuwah!” Die dag van Yahuwah verwys na die Wederkoms,
maar dit kan ook verwys na ʼn tyd van benoudheid wat
die Wederkoms voor af gaan. Wat gebruik word om hierdie betekenis van die dag
van Yahuwah te verstaan, en dat dit gesien sal word as groot vreugde, maar ook
van ontsag en vrees. Die besonderse deel van hierdie geweldige tyd van
benoudheid soos die plae uitgegiet word is so ernstig dat daarna in die Skrif
verwys word as die “tyd van Jakob se benoudheid.”
Maar selfs dan,
word hierdie gedeelte onmiddellik opgevolg deur ʼn belofte van bevryding: “Wee,
want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ’n tyd van benoudheid vir
Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.” (Jeremiah 30 vers 7)
Die gedeelte in
Amos praat oor iets verskillend, Iets so gevaarlik, en daar is geen
vertroosting en versagting van die teks.
Dit is ʼn reguit waarskuwing. Niks meer.
Die een herhalende
tema van hierdie sombere waarskuwing deur Amos is, dat die dag van Yahuwah
donkerheid en nie lig is. Dit word herhaaldelik verklaar. Wanneer daar iets in
die Skrif herhaal word, beteken dit dat Yahuwah dit bevestig het, en dat jy reg
op moet sit en kennis neem. Josef het hierdie beginsel aan Farao verduidelik: “En
wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is — dit is omdat die
saak deur Yahuwah vas besluit is en Yahuwah dit gou sal doen.” (Genesis 41 vers
32.)
Drie keer word die waarskuwing
van donkerheid herhaal deur Amos.” Wee die wat na die dag van Yahuwah verlang!…Dit
sal duisternis wees en geen lig nie…. Is die dag van Yahuwah nie duisternis
en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ’n ligstraal?” (Amos 5 vers 18 tot 20.)
Wat ook al die gevaar is, dit is opreg en is dit uiterste groot gevaar vir die
siel. Daar is geen vermaak deur foute. Die gevaar is ʼn werklikheid.
Maar hoe kan
donkerheid gevaarlik wees? So, die maan sal verdonker en die son nie sy lig
gee. Wat daarvan? Jeremiah belowe dat die regverdiges sal daaruit gered word!
Die gevaar is dat
dit nie fisiese donkerheid is waarvan gepraat word. Dit is geestelike donkerheid, die mees gevaarlike soort van donkerheid.
Dawid skrywe: “U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad.” (Psalm 119
vers 5.) As Yahuwah se woord wat gesimboliseer word as lig, dan staan dit vir
die rede dat “donkerheid,” in
verkeerdheid is. Dit die grootste gevaar vir die mense van Yah gedurende die
tyd van benoudheid, en dit is geestelike verkeerdheid. Die gevaar is so uiters,
dat Amos homself nie kan ophou om die waarskuwing oor en oor te herhaal.
Hierdie waarskuwing
is onverwags! Na alles, het Gabriel aan Daniel belowe: “En die kennis sal
vermeerder.” (Daniel 12 vers 4.)
Alhoewel, daar met
toenemende lig, toenemende gevaar is, van mense se selfvoldaanheid en vertroue.
Die spoggerigheid van die Laodicense dat hulle ryk is, en baie goed het, en aan
niks gebrek ly, terwyl die Ware Getuie verklaar: “ en jy weet nie dat dit jy is
wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.” (Openbaring 3
vers 17.)
Die slegste van
volslae geestelike donkerheid waarin ʼn persoon kan verval gedurende hierdie
laaste dae, dit nie een enkele leerstelling van verkeerdheid is. Dit is die
verwaandheid en die veronderstelling dat jy alreeds oor al die waarheid beskik
wat nodig is vir verlossing. Dit lei weer na ʼn ander veronderstelling op sy manier, en is dit
self meer gevaarlik. Die geloof dat sedert hy oor al die lig beskik wat nodig
is om gered te wees, dat enige nuwe lig deur afwesigheid verkeerd is. So ʼn veronderstelling
sluit die verstand vir enige strale van lig wat die Gees van Yah mag voorsien.
Die helder ligstrale van lig kan die hart nie binnedring wat verhard is en voos
geslaan is vir enige nuwe lig.
Die
feit is dat ons die waarheid het, en dat ons daaraan moet vashou met volharding
aan die standpunt wat nie ontdaan gemaak kan word nie, maar dat ons met
agterdog moet omsien na enige nuwe lig wat Yah mag stuur, en sê: Waarlik, dat
ons nie kan sien dat ons enige meer lig benodig as die ou waarheid wat ons tot
hiertoe ontvang het en waarin ons volstaan. Terwyl ons aan hierdie standpunt
vashou, die getuienis van die Ware Getuie van toepassing op ons saak is en sy
bestraffing; “ Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks
gebrek nie; en jy weetnie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm
en blind en naak is nie.1
Die gevaar om te
verval in geestelike donkerheid deur verwaandheid is so groot dat WLC verplig is om daaroor te waarsku. Daar is een gebied in
die besonders waar hierdie gevaar op sy grootste is en nie raak gesien word.
Dit is in die onafhanklike bedieninge.
AAN DIE TROMPET ʼn SEKERE KLANK GEE
Die onafhanklike
kerke het ʼn wonderlike werk verrig in die verspreiding van Yahuwah se waarheid.
Soos die kerke meer wêrelds geword het,
en nie daarin geslaag het om vorentoe te beweeg in waarheid, het die Hemel
toenemende lig toevertrou aan baie individue, wat weer hard gewerk het op hulle
beurt om dit te deel met wat aan hulle gegee is. WLC is ook baie geseënd deur
die bymekaar maak van hierdie kosbare ligstrale wat versprei is tussen die baie
onafhanklike kerke.
Die ontploffing van
die internet het baie gewone, en leke mense wat toegerus om die waarheid baie
verder te versprei as wat voorheen moontlik was. Baie van hierdie individue en
hulle bedieninge het gely onder die
vervolging van die georganiseerde kerke. Die kerke het bedreig gevoel deur die
invloed wat hierdie nederige en leke individue op hulle kerke het. Onafhanklike
bedieninge was verwerp vanaf die kansels, en van die toegang van kerklike
publikasies en sommiges was self na die howe gesleep deur die gevalle kerke wat
teen hulle veg.
Satan is deeglik
bewus van hierdie suksesse van die onafhanklike bedieninge wat die waarheid
versprei. Het hy ʼn verraderlike, en baie effektiewe aanslag teen hulle geloods.
Satan se doel was gemik in twee verskillende rigtings. Hy het diegene aangeval:
- Die
leiers van die onafhanklike bedieninge. - Die ndividue wat lig ontvang van die onafhanklike bedieninge.
Die Leiers: Die hartseer van die
waarheid is dat die meeste onafhanklike bedieninge self die voorbeeld volg van
die kerke wat hulle vervolg. Die staatmaak op die finansiële bydraes van hulle
volgelinge laat hulle huiwer om ongewilde waarhede te verkondig. Sodoende, weier
die meeste die bykomende lig in die toeneming van waarheid wat hulle alreeds
ontvang het. Wanneer die lig onder hulle aandag gebring word, het hulle nie
alleen hulle rug daarop gekeer, maar gebruik hulle, hul gesag as
waarnemers en as ligdraers om hulle
volgelinge te beïnvloed om die toenemende lig te verwerp. Daar is niks mee verkeerd dat ʼn
onafhanklike bediening dit verkies om sy webtuiste of publikasies te fokus op ʼn
bepaalde gebied. Hierdie punt
kan nie oorbeklemtoon word. Alhoewel, die probleem te voorskyn kom wanneer
hulle leiers alle ander lig wat gegee word, en dit verwerp as verkeerd.
Die Volgelinge: Baie opregte
siele is geseën deur die lig wat aan onafhanklike bedieninge gegee is. Die
Hemel gee nie alle waarheid aan een individu, dit is gegee sodat almal met
vreugde in die ontdekking daarvan daarin kan deel. Dit is waarom dat geen
individu of ‘n onafhanklike bediening ooit ʼn standpunt moet inneem teen die lig wat aan ʼn ander gegee word. Baie
opregte waarheid soekers is gelei van een kerk na ʼn ander, en dan van een
onafhanklike bediening na ʼn ander, vir die versameling van lig hier en daar.
Elkeen begin op ʼn verskillende punt van sy of haar reis. Die probleem is
wanneer iemand ʼn volgeling word van ʼn organisasie eerder as om onafhanklik te
wees as ‘soeker na waarheid
As ʼn persoon ʼn
“volgeling “ is van denkwyses, is hy of sy nie waarlike volgelinge van die Lam
waar ook al Hy gaan. In plaas daarvan,
is hy besig om ʼn menslike persoonlikheid te volg. Dit is waarom die Satan die onafhanklike
bedieninge aanval. Deur die aanloklikheid van geestelike trots, kan hy hulle
oorreed om in verwaandheid die lig te verwerp wat toevertrou is aan ander. Omdat die Hemel aan jou eenvoudig genade gegee
het van lig, moet daar op geen ander manier as bewys geneem word dat daar nie
meer lig openbaar sal word
Die gevaar is ʼn
groot werklikheid en dit is waarom WLC in nougesetheid sy stem voeg by die
vierde engel van Openbaring 18, en verklaar: “Gaan
uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes
mag hê en van haar plae ontvang nie.” (Openbaring 18 vers 4.)
Hierdie gedeelte is
baie belangrik. Dit is ʼn kenmerkende vertaling van “Gaan uit haar uit.”
Alhoewel, om uit te gaan dit ʼn uitnodiging is. Dit skep in die verstand van die
luisteraar die valse denke dat die organisasie wat die uitnodiging uitreik op ʼn
manier vrygestel is en daar met veiligheid daar aangesluit kan word. Dit kan
nie verder van die waarheid wees. Niemand is vrygestel van hierdie goddelike
bevel. Dit is ʼn gebiedende bevel: Gaan!
“Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe;
kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir Yahuwah:
Hy gee hom sy verdiende loon.” (Jeremiah 51 vers 6.)
Die Gevaar Is ʼn Werklikheid!
As ʼn persoon, in
die verlede kosbare lig van ʼn kerk, groep of van ʼn onafhanklike bediening
ontvang het, word dit ʼn risiko om verstrengel te word deur ʼn gevoel van
lojaliteit of toegeneentheid. Sou die groep gevorderde lig verwerp, word dit ʼn
versoeking om by die groep te bly, eerder om vry weg te stap en die waarheid te
volg waar ook al die lei.
Dit is die presiese
omstandighede wat grafies uitgebeeld is in ʼn visioen aan Ellen White, die profeet aan die laaste geslag.
Ek
het ʼn aantal groepe gesien wat blyk aanmekaar gebind te wees deur toue. Baie in
hierdie groepe was in algehele donkerheid, en hulle oë was gerig na die grond,
en dit het geblyk dat daar geen verbinding tussen hulle en [Yahushua] is. Maar
verspreid deur hierdie groepe was daar persone se gesigs uitdrukkinge lig gelyk
het, en wie se oë verhef was na die hemel. Strale van lig vanaf [Yahushua], soos strale van die son wat op hulle geskyn
het. ʼn Engel het my beveel om mooi te kyk, en ek het gesien dat daar ʼn
engel waak oor elkeen wat ʼn ligstraal ontvang het, en wie se oë verhef is na
die hemel, terwyl bose engele diegene omring wat in donkerheid verkeer. Toe hoor ek
die stem van ʼn engel wat uitroep: “ Vrees [Yahuwah] en gee Hom heerlikheid,
want die uur van sy oordeel het gekom.”
ʼn Verheerlikde lig
het toe op hierdie groepe neergeskyn, om almal te verlig wat dit ontvang het. Sommige van hulle in donkerheid het ook die
lig ontvang, en hulle verbly daarin. Ander het die lig weerstaan vanaf die
hemel, en hulle het gesê dat dit gestuur was om hulle op ʼn dwaalspoor te lei.
Die lig het van hulle gewyk, en hulle in donkerheid gelaat. Diegene wat die lig
van [Yahushua] ontvang het dit met vreugde die toename in kosbare lig gekoester
wat op hulle skyn. Hulle gesigte het gestraal van heilige vreugde, terwyl hulle
aangesig na bowe gerig was na [Yahushua], met groot belangstelling, en hulle
stemme was gehoor in harmonie met die engel: ““ Vrees [Yahuwah] en gee Hom
heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom.” (Openbaring 14 vers 7) Soos hulle
hierdie uitroep verhef, sien ek diegene wat in donkerheid verkeer, en hulle met
heup en skouer stamp. Toe het baie wat die heilige lig gekoester het, die bande
gebreek met wat hulle beperk het, en weg
gestaan het, en verwyderd van die
groepe. Terwyl hulle besig was om dit te doen, het manne wat in verskillende
groepe behoort, en eerbiedig was deur hulle deur beweeg, sommige met vlyende
woorde, en ander met ʼn wraaksugtigste blik, en met dreigende gebare, en hulle
die bande vasmaak wat hulle verswak het. Hierdie manne het aanhoudend gesê;
“[Yahuwah] is met ons. Ons staan in die lig. Ons besit die waarheid.” Ek het
gevra wie hierdie manne was, en aan my is
gesê dat hulle predikante was en leiers wat self die lig verwerp het, en onwillig
is dat ander dit sal ontvang.
…. Toe hoor ek ʼn
stem wat aan diegene sê wat gestamp en bespot is: “Kom uit onder hulle, en raak
nie die onreines aan.” In gehoorsaamheid tot hierdie stem, het ʼn groot aantal
die bande verbreek wat hulle bind, en die groepe verlaat wat in donkerheid
verkeer, en aangesluit by diegene wat voorheen hulle vryheid verkry het, en in
vreugde hulle stemme verenig met hulle. Ek het die stemme gehoor van ernstige,
en benoude gebede van ʼn paar wat steeds gebly het by die groepe wat in
donkerheid verkeer het. Die leiers en die
predikante wat rond beweeg het in hierdie groepe het die bande stewiger
vasgemaak; maar ek het steeds die ernstige gebede gehoor. Toe sien ek diegene
wat besig was om te bid, en hulle hande uitreik vir hulp teenoor die verenigde
groep wat vry is, en hulle in [Yahuwah] verbly het. Die antwoord van hulle was,
soos hulle ernstig na die hemel staar, en na bo wys, “Kom onder hulle uit, en
wees afsonderlik.” Hulle het die pogings
weerstaan wat aangewend is om die bande stewiger vas te maak, en geweier het om
ag te gee op die herhaalde verklarings: “[Yahuwah] is met ons.” “Ons besit die
waarheid.”
Moenie
|
Persone het
voortdurend die groepe verlaat wat in donkerheid gehul was, en aangesluit by
groepe wat vry is, wat geblyk het om te wees soos ‘n oop veld wat verhoog is bo
die aarde. Hulle aangesig was gerig na bo, die heerlikheid van [Yah] het gerus
op hulle, en hulle het met vreugde Sy lof uitgeroep. Hulle is in die nabyheid
van die lig van die Hemel toegevou. Rondom hierdie groep was daar sommiges wat
beïnvloed was deur die lig maar nie noodwendig verenig was met die groep. Almal
wat die lig gekoester het wat op hulle skyn, het na bo in ernstigheid gestaar,
en [Yahushua] het na hulle gekyk in liefdevolle goedkeuring.2
Moenie vasgevang
word in die lokval van misplaasde lojaliteit. Jou lojaliteit is net aan Yah en
Yah alleen. Moenie dat die vrees jou van om alleen te aanbid jou weerhou om vry
te stap. Die te kort van ʼn groep om saam te aanbid is geen verskoning om aan te
hou om jouself inooreenstemming bring met enige organisasie of groep wat bedrywig is in die verwerping
van lig. Enige bediening wat ʼn vermetelde standpunt en besluit maak teen enige
straal van lig ( en in die meeste gevalle het almal nie verskeie strale van lig
verwerp), en is die nie geskik om te aanbid saam met enige kerk wat deel van
Babilon is.
Staan Vas Soos Die Dapperes
Yahuwah se kinders
word vandag geroep om alleen te staan, afsonderlik
en onafhanklik van enige
georganiseerde bedieninge, groep of kerk. Niemand benodig om sy verstand en
gewete te onderwerp tot iemand anders, en die neem van iemand anders se woord, as die
waarheid. Yahuwah lei elke een
individueel. Elke persoon moet alleen gelei word, omdat elkeen van ʼn
verskillende agtergrond kom, met ʼn verskillende vorm van geloof. Soos die
kennis vermeerder, is daar die toenemende nood vir die vermeerdering van
goddelike wysheid. Nie alle “nuwe” lig
is die waarheid. Dit benodig geestelike skerpsinnigheid om te onderskei tussen
wat aanvaar kan word, en wat moet tersyde gestel word.
Niemand benodig om sy eie verstand en gewete
|
Moenie aan die versoeking
oorgee om die leieskap te volg van hierdie onafhanklike kerke of daardie geestelike gemeenskappe. Dit is
heeltemal normaal om jou te omring deur dieselfde denkende gelowiges. Dit is
die bevestiging om te aanbid saam met diegene wat glo soos jy glo. Dit is ook
bemoediging om artikels te lees wat tans ooreenstem met jou geloof. Alhoewel,
die gevaar daar is om ʼn volgeling te word van die onafhanklike kerke, en wat
presies dieselfde gevaar inhou as wat daar bestaan, om ʼn lidmaat te wees van
die georganiseerde kerke, en wat gebonde is aan hulle bepaalde
geloofsbelydenis. Wanneer daar ʼn leier is wat jy resepteer, of ʼn organisasie
deur wie jy oor waarhede geleer het, neem ʼn standpunt in teenoor ander
waarhede, dit is baie maklik om hulle voorbeeld te volg. Daar moet nooit die
woord geneem word van ʼn ander vir wat die waarheid is, en ander lig verwerp sonder
om vir jouself dit te bestudeer wat die waarheid is.
Die liefde vir die
waarheid moet voorrang geniet oor die begeerte om deel van ʼn groep te wees. Satan
gebruik die begeerte om te behoort aan ʼn groep asook om die vrees vir
verwydering te vestig.
Die besonderse
natuur van ʼn groep skep die stukrag van ONS teenoor Hulle. Lede word geleer om om
die geloof van die meerderheid te aanvaar. Nog slegter, is om geleer te word om
niks te bevraagteken. Daarom, word aktiewe soeke na die waarheid nie
aangemoedig. Diegene wat volstaan in die bevraagtekening word dikwels vermy. Einde
ten laaste, word hulle geskors uit die groep. Ooreenstemming word sodoende afgeforseer deur emosionele
swartsmeerdery.
As jy uit ʼn groep
geskors is, moet nie toelaat dat dit jou ontmoedig. Sekerlik kan jy aanhou om
te bid vir vriende en geliefdes wat steeds mislei word, maar al die helde van
Yahuwah, en al die geestelike reuse van die verlede, was geroep om alleen te
staan. Johannes die Doper was ʼn man van afsondering, en van die vervalle
woestyn. Alleen, het hy gehoor hoe die Gees met sy eie siel spreek, en hom
voorberei vir die groot taak as die voorloper van die Messias. John Bunyan het
12 jaar in die Tronk in Graafskap van Bedfort deurgebring deur te weier om te
swyg oor die lig wat aan hom toevertrou is. Maar gedurende daardie 12 jaar, het
die Gees van Yahuwah hom geïnspireer om die Die
Pelgrim se Vordering te skrywe, ʼn
werk wat diepe geestelike waarhede bevat wat vir baie tot seën was, gedurende
die eeue sedert hy dit saamgeraap het in sy koue tronksel van klip. Martin
Luther was soortgelyk, en geroep om voor priesters en biskoppe te verskyn, en
was hy toevertrou met waarhede wat siele van menigtes sal vrymaak.
Die volg van die
waarheid is ʼn eensame pad. Wanneer daar geroep word om alleen te staan, moenie
terugdeins. Tel jouself as ʼn geëerde
deur die Hemel. Gebruik die tyd van alleen wees om nader en nader te groei aan
die bron van alle lig, en waarheid.
Omhels alle waarheid!
Aan hierdie kant van die Hemel, is dit onmoontlik
vir enige sterflike intellektuele om
alle waarheid te begryp. Regdeur alle ewigheid sal die verlostes hulle verdiep
in die bestudering van Yahuwah, en aanhou om te leer van Hom.
WLC is die podium
vir die verspreiding van al die waarheid wat aan ons openbaar is. Dit sluit in
ongewilde waarhede. Dikwels, is daar reaksie van woede waarin die skrywer
verklaar: “ Ek het nie aangesluit by WLC om die verkeerheid of daardie
verkeerdheid te aanvaar.” Broeders WLC is nie daar om die mens tevrede te stel.
Alleenlik net Yahuwah. Eenmaal as lig openbaar is aan ons, vir ons om dit te
verstaan, streef ons daarna om dit vêr en wyd te versprei.
Die Hemel beveel
almal vandag om eenkant en afsonderlik te staan, en nie die onreine aan te raak.
Daar is paar dinge wat meer onrein is as geestelike trots, om te spog met wat
jy weet, maar ook die weiering en
erkenning van bykomende lig.
Wanneer ons erken
dat die Ware Getuie ons omstandighede ken, beter as wat onself ooit kan, sal Hy
aan ons Sy geregtigheid verleen om ons naaktheid te bedek, Sy suiwerheid vir
ons sondigheid en die hemelse goud van geloof. Sal dit dan vervul word deur Sy
kosbare beloftes:
Kyk,
daar kom dae, spreek Yahuwah, dat Ek met die huis van Israel en die huis van
Juda ’n nuwe verbond sal sluit;
nie
soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het…Maar dit is die verbond
wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek Yahuwah: Ek gee my
wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n
Elohim wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.
En
hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken Yahuwah;
want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek Yahuwah; want
Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
(Jeremiah 31 verse 31 tot 34.)
* Die Heilige Name
is gebruik in al die gekwoteerde Skrif
gedeeltes
1 E. G. White, Review & Herald, August 7, 1894.
2 E. G.
White, Early Writings,pp. 240 – 243, emphasis supplied. Hierdie besonderse visioen
deel in lente met die ondervindinge van die vroeë Adventiste toe hulle
teleurgesteld was dat Yahushua nie
terugkeer het soos hulle verwag het. Alhoewel, die les wat hulle geleer
het deur hulle ondervindinge is vir alle tye is, dit net so van toepassing op
Yah se volgelinge van vandag is, en soos hulle was vantevore. Die visioene was
gegee as deel, dat Yah se volgelinge kan leer, uit die lesse van die verlede.