`n Noukerige ondersoek van die Internasionale Datum Lyn bewys onweerlegbaar dat die moderne weeklikse siklus nie aaneenlopend sonder onderbreking sedert die Skepping gesirkuleer het nie. Om anders te dink is om voor tradisie en veronderstelling te swig – tot uitsluitsel van die bewyse. |
Wat is die Internasionale Datum
Lyn?
Die Internasionale Datum lyn is `n denkbeeldige lyn wat deur die middel
van die Stille Oseaan loop. Dit was amptelik1 gestig in 1884 tydens
die Internasionale Meridiaanse Konferensie te Washington, D.C. vir die uitsluitlike
doel vir uitkenning van die dae op die Gregoriaanse
kalender.
Die Internasionale Datum Lyn funksioneer as `n “skeidslyn” wat twee
opeenvolgende kalender datums skei. Wanneer jy die datum lyn oorsteek, word jy
`n tipe van `n tyd reisiger! Steek jy die weste oor is dit een dag later, keer
terug dan het jy “in tyd teruggegaan.”2
Vir die grootste deel, volg die Datum Lyn die 180o meridiaan,
wat aan die teenoorgestelde kant van die Greenwich meridiaan (Hoof Meridiaan)
in London, Engeland, lê.3 Hierdie lyn is ver van reguit af, omdat
daar verskeie kronkelende afwykings is om die politieke en ekonomiese
affiliasies van nabygeleë areas te akkommodeer. Die ligging uitgekies vir die
Internasionale Datum Lyn is willekeurig; die lokaliteit daarvan is `n saak van
gerieflikheid en het geen verbintenis hoegenaamd aan enigiets in die natuur
nie.
180 grade was oor besluit [vir die Internasionale Datum Lyn] omdat dit meestal
loop deur die wye oseean in die sentrale Stille Oseean, wat sigsag om nabygeleë
nasies op hul eie dag en datum te hou. Dus was die keuse van 180 grade
willekeurig, maar dit het die IDL deesdae in gebruik ingestel. 4
Die Internasionale Datum Lyn kan enige plek wees . . . Maar dit is die gerieflikste
om 180o weg van die gedefinieerde meridiaan te wees wat deur die
Greenwich, Engeland gaan. Dit is ook
gunstig dat hierdie area veral bedek is deur `n leë oseaan. Maar, daar was
altyd sigsags lyne vir toelating van plaaslike besonderhede.5
“Die 180o meridiaan was geselekteer as die Internasionale Datum Lyn omdat dit meestal loop deur `n yl bewoonde Sentrale Stille Oseaan. Dit was daarop besluit tydens die Internasionale Meridiaanse Konferensie in 1884, te Washington, D.C. waar 26 lande verteenwoordig was. (https://www.timeanddate.com/time/dateline.html, herstel op 20 Mei 2017.)
Internasionale Datum Lyn (IDL)
Opsomming:
- Die IDL is denkbeeldig.
- Die IDL was uitgedink deur `n kommitee
van manne in Washington, D.C. in 1884. - Die ligging van die IDL is willekeurig
en het geen verbintenis aan enigiets in die natuur nie. - Omdat die IDL willekeurig is, is dit
beweeglik. (Dit was verskeie kere verskuif weens politieke/ekonomiese gerief.
Ons sal later meer daarop uitwy.)
Wat is die Luni-Solar Datum Lyn?
Die Luni-Solar Datum Lyn is die skeidslyn vasgestel op aarde deur die
son en die maan tydens die luni-solar konjunksie.6 Hierdie verskynsel vind aan die begin van elke
maansiklus plaas en is baie voorspelbaar. Anders as die mensgemaakte Datum Lyn,
is die Luni-Solar Datum lyn nie willekeurig nie, maar, is dit gebaseer op die
bewegings van die hemel se liggamme, nes Yahuwah bedoel het.
En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die
hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as
tekens sowel vir vaste tye [aanbiddings tye7], asook vir dae sowel
as jare. (Genesis 1:14)
Neem notisie Elohim het nie gesê nie …
“En Elohim het gesê, Laat `n komitee van mense (omtrent 6,000 jaar van nou af) `n denkbeeldige lyn volgens hulle diskresie ontwerp om die dag te skei van die nag; en laat dit wees vir tekens, en vir tye [aanbiddingstye], en vir dae sowel as jare.” |
Wat die Luni-Solar Datum Lyn so merkwaardig maak is dat dit ons toelaat
om tussen kalender datums te onderskei sonder die mens se uitvindsels (bv, die
Internasionale Datum Lyn). 8 Wanneer ons Nuwe Maan Dag bereken nes
dit begin teen dagbreek na die luni-solar konjunksie, word die ganse wêreld verenig in
die onderhouding van nie net die feeste en Sabbatte alleen nie, maar elke dag. Dit wil sê dat elkeen op aarde begin hul dag
binne dieselfde 24–uur periode.
Hoe die Luni-Solar Datum Lyn Werk
Die eerste dagbreek ná die luni-solar konjunksie merk die begin van die
datum lyn af. Dagbreek beweeg dan vorentoe vanaf daardie punt wat daarmee saam,
Nuwe Maan Dag aan die wêreld bring. Dan volg ses werksdae, en dan die sewende-dag
Sabbat (Lunar Sabbat). Alhoewel Yahuwah se datum lyn, wat ook Sy “dagbreek lyn,” genoem word,
geografies verander van een maansomwenteling tot die volgende, wat Nuwe Maan
Dag begin teen dagbreek na die konjunksie, verseker dat elkeen op aarde hulle
dag binne dieselfde 24 uur periode het. Gevolglik is daar geen behoefte wat
ookal vir die mens-gemaakte valse IDL nie.
Was die Vader se fees dae nooit vergeet en Sy kalender nooit laat staan
nie, sou daar geen rede gewees het om `n mens-gemaakte IDL uit te dink
nie.
Hoe vergelyk die Internasionale
Datum Lyn met die Luni-Solar Datum Lyn?
(1a)
Is die Internasionale Datum Lyn gebaseer op sigbare verskynsels?
Nee. Die IDL is 100% denkbeeldig en willekeurig.
(1b)
Is die Luni-Solar Datum Lyn gebaseer op sigbare verskynsels?
Ja. Dit is gebaseer op die bewegings van die hemel liggame (in verband
met Gen. 1:14).
(2a)
Kan die Internasionale Datum Lyn deur die mens beweeg word?
Ja. Die mens het die IDL verskeie kere vir politieke/ekonomiese gerief
verskuif.
(2a)
Kan die Luni-Solar Datum Lyn deur die mens beweeg word?
Nee. Omdat die Luni-Solar Datum Lyn vasgestel is deur die hemel liggame,
is dit buite die bereik van die mens. Die Luni-Solar Datum Lyn is onder die
direkte toesig van Vader Yahuwah, het
deur wysheid die aarde gegrond deur
verstand die hemele vasgestel. (Spreuke 3:19)
(3a)
Wie het die Internasinale Datum Lyn geskep?
Die IDL was uitgedink deur `n komitee van manne in Washigton, D.C.
(3b)
Wie het die Luni-Solar Datum Lyn geskep?
Die Luni-Solar Datum Lyn was vasgestel deur Yahuwah. Dit is ingestel aan
die begin van elke maansomwenteling deur die bewegings van die hemel liggame
(in ooreenstemming met Gen. 1:14).
(4a)
Wanneer was die Internasionale Datum Lyn ingestel?
Die IDL was in 1884 ingestel.
(4b)
Wanneer was die Luni-Solar Datum Lyn ingestel?
Die Luni-Solar Datum Lyn was tydens die Skepping ingestel met die
verondening van die son en maan.
Watter datum
lyn dink jy dra die Hemel se goedkeuring weg?
Internasionale Datum Lyn |
Luni-Solar Datum Lyn |
Denkbeeldig & Willekeurig |
Werklik; dit is objektiewelik vasgestel deur die sigbare verskynsels in die hemele. |
Kan deur die mens beweeg word (Die IDL was verskeie kere om politieke/ekonomiese gerief verskuif.) |
Kan nie deur die mens beweeg word nie (Omdat die Luni-Solar Datum Lyn deur die hemel liggame vasgestel is, buite die bereik van die mens.) Die Luni-Solar Datum Lyn is onder die direkte toesig van Vader Yahuwah.) |
Listige plan deur `n komitee van manne byeen in Washington, D.C. |
Deur die Skepper verorden (Die Luni-Solar Datum Lyn is tydens die begin van elke maansomwenteling deur die beweging van die hemel liggamme vasgestel, volgens Gen. 1:14.) |
In 1884 ingestel |
Ingestel tydens die Skepping |
Ontwaking …
Deesdae, word baie wakker ten
opsigte van die halwe-waarhede en blatante leuens wat binne-in die gestigte
kerke verkondig word en keer terug na die verbond torah. Hulle word verlig
aangaande die ewige karakter van Yahuwah se feesdae en is ywerig besig om `n terugkeer na heilige leefwyse
te bevorder en om alles wat Yahuwah beveel het, te onderhou. Wat dikwels
misgekyk word, is dat die kalender wat gebruik word om die feesdae te bereken onherstelbaar paganisties is. Nie
net dit nie, maar, dit is onverbiddelik afhanklik van die Internasionale Datum
Lyn. Dit is `n groot probleem vir hulle wie bely dat hulle vashou aan die
Skrifte alleen. Om ywerig sola scriptura9 uit te
roep, maar Yahuwah se feesdae ondergeskik te maak aan die mens-gemaakte
Internasionale Datum Lyn, is uitermate
onverenigbaar. Staan `n bietjie stil en dink hieroor na. Hoe kan die Sabbat en
die jaarlikse feeste afhanklik wees van `n 130 jarige mens-gemaakte uitvindsel?
Om ywerig sola scriptura uit te roep, terwyl die fees tye van Yahuwah ondergeskik gemaak word aan die mens-gemaakte Internasionale Datum Lyn is uitermate onverenigbaar.
SDAs & die Internasionale
Datum Lyn: Kognitiewe Wanklank op sy Beste
Die Sewende-dag Adventiste Kerk was geseën met `n magdom van Geestelike
waarheid. Een area, in besonder, is hulle erkenning van die ontsagtlike
belangrikheid om die Sabbdat dag heilig te hou. Maar, bejammerenswaardig, SDAs
het weergaloos die volheid van die drie engele boodskap en die toenemende lig
oor Bybelse kalendasie verwerp. Gevolglik kleef hulle steeds blindelings aan
die wankelrige teologie van die verheffing van die Pouslike Gregoriaanse
Saterdag (soos vasgestel deur die mens-gemaakte IDL) terwyl hulle bely dat die
Skrifte hul hoof maatreël van geloof en plig is.
`n Dieper Kykie in SDA Teologie
Indien jy `n SDA is, versoek ons jou nederig om te stop en vir `n oomblik daaroor na te dink: Indien die finale stryd eenvoudig net sal wees tussen Saterdag en Sondag, hoe is dit moontlik dat die enigste verskil tussen hierdie twee dae `n denkbeeldige lyn uitgedink in 1884 deur `n komitee van manne in Washington D.C. kan wees?
|
Sewende-dag Adventiste erken geesdriftig dat Saterdag die Bybelse Sabbat
(“die seël van Yah”) is en dat Sondag (die “merk van die dier”) is, nogtans ignoreer hulle die feit dat dit die mens-gemaakte datum lynalleen is wat die twee dae skei.
Hulle erken die belangrikheid van die onderhouding van die Sabbat en die ernstige dwaalleer van die
verheerliking van die paganistiese son-dag, tog het hulle geen probleem om die
mens toe te laat om vas te stel wanneer die sewende dag eindig en die volgende
dag begin (via die Internasionale Datum Lyn) nie. Dit maak geen sin nie. Die
enigste verskil tussen die “Seël van Yah” en die “Merk van die Dier” in die SDA
teologie is die mens-gemaakte datum
lyn. Indien u `n SDA is, versoek ons u nederig om stil te staan en vir `n
oomblik hieroor na te dink: As die finale konflik so eenvoudig sou wees as
Saterdag versus Sondag, hoe is dit moontlik dat die enigste verskil tussen
hierdie twee dae `n denkbeeldige lyn deur `n komitee van manne in Washington
D.C. uitgedink is? En indien Saterdag die antieke Sabbat van die Skrifte is,
waarom is dit uitsluitlik beheer deur `n 1884 uitvindsel?
Aan die Beweeg
Die Internasionale Datum Lyn was verskeie kere vir geriefliksheidhalwe
verskuif sedert die bestaan daarvan. Nie net dit nie, maar selfs die
nie-amptelike10 mens-gemaakte lyn wat die IDL voorafgegaan het, was
ten minste op twee geleenthede verskuif.
![]() |
Die koers van `n mens-gemaakte datum lyn na die Alaska aanpassing van 1867, maar vernalatiging van die Fillipynse aanpassing van 1844/45, soos gepubliseer in die 4de uitgawe (1885-90) van Meyers Konversationslexikons (lengtelyne word bereken vanaf die meridiane van Ferro en Paris) Bron: https://www.staff.science.uu.nl/~gent0113/idl/idl_philippines.htm |
Die Fillipyne: In 1884, het die Fillipyne (saammet die Marion Eilande, Guam, en die
Caroline Eilande) Dinsdag, 31 Desember van haar kalender verwyder, wat die
denkbeeldige datumlyn na die ooste verskuif het. Wat dan voorheen as Vrydag
herken was, het Saterdag geword, en wat voorheen as Saterdag bekend was, het
Sondag geword. SDAs in die Fillipyne het hierdie raaisel heeltemal
verontagsaam, maar, deur op die nuwe Saterdag te aanbid en daarop trots te spog,
“Ons Sabbat is die Sabbat van die Nuwe Testament Sabbat.” 11 SDA
teologie voer deur versuim aan dat diegene wie aanbid wat voorheen Saterdag was
(die nuwe Sondag) in gevaar verkeer om die “merk van die dier” te ontvang. Dit
is beide onlogies en onkonsekwent. Hoe kan `n openhartige soeker na waarheid
voortgaan om vas te hou aan `n teenstrydige leerstelling van `n aaneenlopende weeklikse siklus in die aangesig van soveel duidelike bewyse teen die teenstrydigheid?
Alaska: Toe die Verenigde State, Alaska
van Rusland in 1867 oorkoop, was die mens-gemaakte lyn verskuif na die weste.
Gevolglik het Alaska twee Vrydae in `n ry onderhou.
Onder die aanvoering van VSA Staats sekretaris William Seward, het die
Verenigde State Senaat die aankoop van Alaska van Rusland vir $7,200,000 op
April 9, 1867 goedgekeur, en die Verenigde State vlag was op 18 Oktober van dieselfde jaar (nou Alaska Dag genoem), gehys. Toevallig met die eienaarskap
verandering, het die de facto Internasionale Datum Lyn weswaarts verskuif, en
Alaska het van die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse kalender beweeg.
Daarom, vir inwoners, was Vrydag, 6 Oktober 1867, gevolg deur Vrydag, 18
Oktober 1867; twee Vrydae in `n ry jeens die datum lyn verskuiwing.12
Dit beteken
dat wat voorheen as Saterdag erken was, Vrydag geword het, en wat voorheen
erken was as Sondag, Saterdag geword het. Dink hieroor na; Saterdag
Sabbatariërs in Alaska aanbid deesdae op wat Sondag was net 150 jaar gelede.
Weereens, is die verwikkelinge in die SDA Kerk enorm omdat hulle teologie
daarop aandring dat diegene wie voortgaan met Sondag aanbidding uiteindelik die
merk van die dier sal ontvang. Hoe kan
dit wees, as net 150 jaar gelede, hulle dag van aanbidding (Saterdag) Sondag
was? Integriteit vereis dat Yahuwah se getroues die erge valsheid erken om Hemelse hemel se
heilige dae ondergeskik te maak aan `n mens-gemaakte datum lyn.
Samoa Eiland en Tokelau: In 1892, was
die IDL na die weste van die Samoaanse Eilande verskuif. Dit was reggekry deur
Maandag, 4 Julie vir twee agtereenvolgende dae in die eiland te hou. 119 jaar
later, in 2011, het Samoa die IDL teruggeskuif na die ooste deur Vrydag, 30 Desember
van haar kalender te verwyder. Tokelau,`n nabygeleë eiland behorende aan Nieu
Seeland, het ook die verandering gemaak. Deesdae gaan die IDL tussen die
eilande van Samoa en Amerikaanse Samoa deur.
Die meerderheid van die SDAs in Samoa aanbid nou op die nuwe Sondag
omdat, sê hulle, die aaneenlopende weeklikse siklus is dit wat saak maak. Maar,
hulle ignoreer die feit dat die 2011 verstelling was slegs om Samoa terug te
bring na die kalender week wat dit voor 1892 onderhou het. Dit is uitermate
onsin en maak weereens die valsheid duidelik wat daarop aanspraak maak dat die
moderne week aaneenlopend sonder onderbreking sedert die Skepping, gesirkuleer
het.
Volgens SDA teologie, moet die seël van Yah (sewende-dag Sabbat onderhouding) en die merk van die dier (Sondag onderhouding) een en dieselfde in Samoa wees. Dit, net dit, moet genoeg wees om `n eerlike SDA hul paradigma te heroorweeg. (Voorgestelde Leesstof: Internasionale Datum Lyn Verandering: Die Sabbat Onveranderd?)
|
Kwajalein Atoll: In 1993 het
Kwajalein (een van die Marshall-eilande) Saterdag, Augustus 21 van die kalender
verwyder, wat veroorsaak het dat die IDL na die ooste beweeg. Dit het Kwajalein
in harmonie gebring met die ander eilande wat, tot op daardie stadium, op `n
ander datum was.
Oostelike Kiribati: In 1995 het Kiribati die IDL na die ooste beweeg oor “administratiewe gerieflikheid.”13
(Voor dit was die Republiek van Kiribati verdeel deur die datum lyn.)
Moderne “Jode” Erken `n Probleem
Binne-in hedendaagse Judaïsme is daar vier hoof opinies14 aangaande
die ligging waar die datum lyn moet wees:
- 900 Oos van Jerusalem
- 1800 Oos van Jerusalem
- Midde Stille Oseean: Wat baie lyk na
die Internasionale Datum Lyn - Daar is Geen Spesifieke Datum Lyn (opgemerk
deur die plaaslikes nie)
Alhoewel geen opregte soeker na waarheid na die Ashkenazi “Jode” moet opsien vir enigiets nie, is
die feit dat daar enige debat hoegenaamd onder die self-aangestelde rabbi`s is,
`n aanduiding van `n groter probleem.
Die Patriarge en Profete
Hoe het die Patriarge en die Profete dan tyd gehou? Moet ons glo dat die
antediluviaanse manne van Yah en die post-vloed patriarge/profete `n sigsags
denkbeeldige datum lyn in die middel van wat nou die Stille oseaan is gebruik
het, om vas te stel wanneer die Sabbatte en feesdae moet arriveer? Dit is
werklik absurd. Ons sê weer, die moderne datum lyn was geskep in 1884 deur
nietige manne vir die doel van wêreld handel.
Noag se Geslag
Dink vir `n oomblik hieroor na: Toe Noag se familie begin groei en die
aarde vul na die vloed, het sommige oos gereis en sommige na die weste.
Uiteindelik sou die twee groepe mekaar ontmoet aan die anderkant van die
wêreld. Bepeins nou dit: Indien Noag se nasate `n aaneenlopende weeklikse
siklus onderhou het, sou hulle een kalender datum uitmekaar wees wanneer hulle
aan die anderkant ontmoet (bv. een groep sal die sesde dag onderhou, terwyl die
ander groep die sewende dag vier). Die rede hiervoor is dat diegene wie
ooswaarts in die rigting van die opkomende son reis (wat hulle dae vroeër begin
met elke oostelike beweging), terwyl hulle wie weswaarts gereis het, na die
ondergaande son gereis het (wat hulle dae later begin met elke weswaartse
beweging). Dus, wanneer die twee groepe aan die anderkant van die wêreld
ontmoet, sal diegene wie oos gereis het een dag voor diegene wees wie wes
gereis het. Wie se kalender sou dan reg wees? Die antwoord: As hulle `n
aaneenlopende weeklikse siklus onderhou het, sou beide reg wees, wat nie moontlik is nie. Weereens demonstreer
dit die valsheid van `n aaneenlopende weeklikse siklus.
Vraag: Indien hierdie manne en vroue van ouds van Yahuwah nie die moderne
vervalsde datum lyn gebruik het om tyd te bepaal nie, wat het hulle gebruik?
En Elohim
het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te
maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien vir vaste tye, asook vir dae
sowel as jare. (Genesis 1:14)
Antwoord: Hulle het die Luni-Solar Datum Lyn gebruik, wat ingestel is tydens elke
maansomwenteling deur die “ligte in die uitspansel van die hemel.” Indien die sondige
mens nie die Hemelse Kalender versaak en Yahuwah se feesdae vernalatig het nie,
sou die vervalste datum lyn nooit nodig gewees het nie. Die mens-gemaakte IDL
is die gevolg van openlike rebellie teen die Hemel.
Uitdaging vir alle Saterdag
Sabbatariërs (onderwysers en pastore ingesluit):
Vraag: Hoe kan jy beginselgetrou `n Saterdag Sabbat
vier sonder om die mens-gemaakte Internasionale Datum Lyn te gebruik?
Antwoord: Jy kan nie. Dit is onweerlegbaar onmoontlik
om die Rooms Katolieke Gregoriaanse Kalender te gebruik sonder om ook die
mens-gemaakte datum lyn te gebruik – want dit is die einste lyn wat jou sê
wanneer om oor te gaan van een dag na
die volgende; dit is hierdie einste lyn wat jou vertel watter dae as heilig
gereken word, en watter dae as gewoon gereken word. Dit maak dalk geen verskil
aan die erkende Sondag-houdende kerke wat wetteloosheid leer nie, maar aan
diegene wie ywerig is oor die dinge van Yahuwah en wie die ewige waarde van Sy
Sabbatte en feesdae erken, maak dit elke verskil in die wêreld!
Indien ons die Vader sonder kompromie moet dien, moet ons Sy Woord alleen toelaat om onderskeid vir ons te
tref tussen dit wat heilig is en dit wat algemeen is. Dit wil sê dat ons die
Hemelse kalender en Hemel se datum lyn moet gebruik om vas te stel wanneer die
Sabbatte en feestye arriveer, nie die mens se vervalste datum lyn wat sy weg
sigsags regdeur die Stille Oseaan vir die laaste 130 jaar nie.
Vra VraeIndien jy `n Saterdag Sabbatariër is, vra jou pastoor, “Hoe kan ons voortdurend `n Saterdag Sabbat vier sonder die gebruik van die 130 jarige mens-gemaakte Internasionale Datum Lyn?” Indien hy eerlik is, sal hy moet erken dat dit onmoontlik is. Die wêreld kan eenvoudig maar net nie verenig wees in die onderhouding van `n Gregoriaanse dag/datum sonder die gebruik van die Internasionale Datum Lyn nie. Die vraag wat dan logies volg is, “Hoe kan Saterdag die Hemel se verordende sewende-dag Sabbat wees?” Daar is eenvoudig maar net nie enige manier rondom dit nie; as die dag saak maak, dan maak die manier waarop die dag bereken word, ook saak. Jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter hê nie, bv. jy kan nie sê dat die sewende-dag Sabbat van allerbelang vir die Vader in die Hemel is, terwyl jy ook sê dat dit vir die wêreld se manne aanvaarbaar is om vas te stel wanneer die sewende-dag Sabbat begin en eindig (volgens die Internasionale Datum Lyn) nie. |
Omhels Waarheid
Nou dat jou oë geopen is vir die bedrog van die moderne kalender, wat
gaan jy doen? Sal jy onmiddelik gehoorsaam en begin om Hemel se kalender te
studeer/onderhou? of sal jy hardnekkig jou ore toedruk, jou oë sluit, en jou
rug draai op die lig? Sal jy jou kruis opneem en die Lam volg waar Hy ookal
gaan? of sal jy wegskram van die uitnodiging en terugkeer na die selfvoldaanheid
en duisternis waaruit jy geroep is? Dit is ons gebed dat jy die die gees van Laodisea sal
afskud en vlug uit Babilon terwyl daar nog tyd is.
Moet asseblief nie die fout maak om te glo dat daar veiligheid in
getalle is nie. Jou pastoor mag besluit om in duisternis te bly. Jou kerk
familie mag die gemak van die kerkbanke verkies bo die ongemak van die opneem
van die kruis. Elkeen wie jy ken mag die laatreëns en die toenemende lig van die
Vader se kalender verwerp. Maar dit verskoon jou nie van jou
verantwoordelikheid om die waarheid aan te neem nie. Yahuwah het dit aan jou bekend gemaak. Ongekende seëninge
wag op diegene wie vertrou en gehoorsaam.
Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans,
wat al helderder word tot die volle dag toe. (Spreuke 4:18)
Verwante Inhoud:
1 Die Internasionale Datum Lyn was nie
amptelik ingestel tot die 1880`s nie, maar die behoefte van só `n lyn op Aarde
om die dag vas te stel was sonder weerga vasgestel deur Magelaan se
bemanning wie, vanaf 1519 tot 1521, die
eerstes was wat rondom die wêreld gevaar het.” (Peterson, James F., Sack,
Dorthy., Gabler, Robert E.. “Physical Geography.” 11de uitg. Cengage
Learning, Feb. 4, 2016. Education. 672 pp. p. 34. http://tinyurl.com/kps2efn, herstel op 11 Mei, 2017.)
2 National Oceanic and Atmospheric
Administration, http://oceanservice.noaa.gov/facts/international-date-line.html,
herstel op 29 April, 2017.
3 Die Greenwich meridiaan (Prime Meridiaan) was in 1851 deur Sir George Biddel
Airy, `n Engelse wiskundige en astronoom ingestel. Dit is die Greenwich
Meridiaan wat deesdae die Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) bepaal. Deur die
Greenwich te selekteer as die anker vir tydhouding “was willekeurig. Dit was
meer gebaseer op nasionale trots en gerief.” (http://www.livescience.com/44292-international-date-line-explained.html, herstel op 29 April, 2017.)
4 http://www.livescience.com/44292-international-date-line-explained.html, herstel op 29 April, 2017.
5 Astronomical Applications Department
of the U.S. Naval Observatory, http://aa.usno.navy.mil/faq/docs/international_date.php, herstel op 8 Mei, 2017.
6 Die son, as gevolg van sy geringe
vinniger beweging, trek voor die maan weg met omtrent 12.20 elke
dag. Gevolglik gaan dit só ver voor die maan dat dit rondom dit wentel en dit
weer verbysteek na omtrent 29.5 dae (12.20 x 29.5 = 360 = `n volle
sirkel). Die luni-solar konjunksie is die presiese oomblik in tyd wanneer die
son weer in lyn met die maan is
(dieselfde hemelse lengtegraad) voordat dit weereens voor die maan beweeg met
die begin van die volgende maansomwenteling.
Die tyd van konjunksie word dikwels die astonomiese “nuwe maan” genoem.”
7 Die woord vertaal as “tye” in Genesis
1:14 is mo’ed. “Mo’ed word in `n breë sin gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste.
Dit was nou geassosieer met die tabernakel homself. … [Yahuwah] het Israel op
spesifieke tye daar ontmoet vir die doel om Sy wil bekend te maak. Dit is `n
algemene term vir die aanbiddings byeenkomste van …[Yahuwah] se volk.” (“Lexical
Aids to the Old Testament,” Hebrew-Greek Key Word Study Bible, bl. 1626.)
8 Hoewel ons moderne tegnologie gebruik
om vas te stel presies wanneer die konjunksie sal plaasvind, gebruik ons nie
die mens-gemaakte datum lyn nie; ons gebruik eerder die hemel liggame alleen om
tyd te bereken, nes ons in Genesis 1:14 aangeraai word. Die manne van ouds was baie skrander en in harmonie met
die hemele as wat ons deesdae is. Dit word bewys deur die ontelbare strukture
reg rondom die wêreld wat met akkuraatheid eklipse, eweninge, sonstilstande
ens, kan voorspel. Daarom kon hulle hemelse verskynsels met akkuraatheid
voorspel sonder die gebruik van moderne geriewe.
9 Sola
Scriptura was die slagspreuk van die Protestantse Hervorming. Dit is `n
Latynse frase, wat beteken “Skrifte alleen.”
10 Die behoefte aan `n kalender
verandering was gewild gemaak deur die 13de eeuse geograwe wie verwonderd was
hoe `n reisiger om die wêreld “paradoksaal” `n datum win of verloor volgens sy
rigting waarin hy reis. . . . Verskeie
pouse en keisers het daarna kalender datum lyne volgens hul behoeftes bepaal.” (The Jerusalem Post [klem voorsien], http://www.jpost.com/Jewish-World/Judaism/Ask-the-Rabbi-A-matter-of-time-167236, herstel op 18 Mei 2017.)
11 http://adventist.ph/philippines-profile, herstel op 8 Mei 2017.
12 https://en.wikipedia.org/wiki/Department_of_Alaska, herstel op 12 Mei 2017.
13 BBC News wat Michael Walsh aanhaal,
the Kiribati Honorary Consul to the UK, http://www.bbc.com/news/world-13334229, herstel op 13 Mei 2017.
14 http://www.chabad.org/library/article_cdo/aid/1736567/jewish/The-Sabbath-the-International-Date-Line-and-Jewish-Law.htm, herstel op 18 Mei 2017.