World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

WLC

alt

WAAK, WAG, WERK IS ONS SLAGSPREEK

Ons is `n span nie-dominasionale vrywilligers wie toegewy is om die laaste boodskap van genade soos gegee in die Bybel en die wonderlike nuus van die spoedige wederkoms van Yahushua, uit te deel. Ons het hierdie aanlyn bediening in 2004 begin as gevolg van gebed en navorsing uit die verlede.

Die Bybel is ons reël van geloof en in die strewe om die influisteringe van Yahuwah se Gees en die leerstellinge van Sy woord te gehoorsaam inspireer ons om aandag aan sy waarhede te skenk. Ons is oortuig dat Yahuwah Homself inderdaad aan almal wie Hom met hulle hele hart soek, openbaar. (Jeremia 29:13).

Ons is lief vir al die broeders en susters van alle gelowe en ons is oortuig dat die Woord van Yahuwah vir die mensdom gegee is. Matthéüs 24 sê dat “hierdie evangelie sal aan die hele wêreld verkondig word, as `n getuienis aan alle nasies; en dan sal die einde kom.” Dit is waarom ons probeer om die evangelie te versprei en almal bemoedig om gereed te maak vir die hemel.

Ons is verward met die baie denominasies wat deesdae bestaan en aanvoer dat hulle die Bybel volg. Die feit is, dat as ons almal een verwysing het, moes ons almal dan een basiese geloof hê. Ons is oortuig "dat daar geen ander ekklesia is as die byeenkoms van diegene wie die woord van Yahuwah het en wie daardeur gereinig is nie." Dit is waarom ons almal bemoedig om hulle Bybels te studeer. Die woord van Yahuwah is die enigste veilige skans teen misleiding. Sonder die Bybel is die weg geopen vir verstande om mislei te word. Die groot stryd van hierdie aarde is tussen die wet van Yahuwah en die tradisies van die mens, die hangende vraag is, ‘Sal ons Yahuwah gehoorsaam of die mens?’

Die rede waarom ons Ekklesia en nie kerk gebruik wanneer ons na Yahuwah se getroues verwys in die WLK inhoud is omdat die woord "kerk" die betekenis van die oorspronklike Grieks vir "Ekklesia" nie ten volle oordra nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na die Uitverkorenes. Die woord "kerk," wat klem op `n groep plaas, is daarom `n foutiewe vertaling en moes nooit in gebruik geneem wees nie. Christene is letterlik die Uitverkorenes. Die ware volgelinge van Yahushua is inderdaad die Uitverkorenes van die georganiseerde denominasies en gelowe van gevalle Babilon. Wanneer die oproep om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand weer terugkeer na Babiloniese kerke en geloofsvorme nie.
As u enigiets in ons webtuiste sien wat teenstrydig is met die Bybel, wys dit asseblief uit en ons belowe om dit in oënskou te neem met `n ope verstand en hart. Ons sal alles beproef wat u stuur met die Bybel toets. Indien ons fouteer het, was dit aan die kant van liefde vir ons broeders en susters in die mensdom en onder pligsbesef aan Yahuwah.

Yahuwah is so goed, so liefdevol, dat Hy Homself openbaar het in Sy woord en ons Sy Profetiese woord gegee om Sy kinders te help in hulle voorbereiding. Loof Yahuwah!


World's Last Chance® en WLC® is albei geregistreerde Handelsmerke met die Verenigde State se Patent en Handelsmerk Kantoor.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.