Christen tradisies het vir lank reeds al sewe
“dodelike” sondes gelys.” Die lys sluit die volgende in:
✓ Lus
✓ Inhaligheid
✓ Luiheid
✓ Wraaksug
✓ Afguns
✓
Hoogmoed
✓
Vraatsug
Hoewel
die Skrifte self nie só `n spesifieke lys bevat nie, openbaar dit dat hierdie
sewe sondes inderdaad kanale is waardeur Satan beheer oor siele soek. Die
eerste ses het te doen met emosies en motiverings. Vraatsug aan die anderkant
is anders, omdat dit te doen het met optredes.
Die
meeste mense beskryf vraatsug as om te ooreet. Dié persone wie skraal is voel
dikwels meerderwaardig teenoor diegene wie oorgewig is, wie veronderstel dat
die persoon wat meer weeg, meer moet eet. Maar vraatsug omsluit veel meer as net
die eet van `n enkele ekstra skeppie nagereg.
Die
enigste wyse vir Yahuwah om met die siel te kommunikeer is deur die verstand.
Sodoende dan moet enigiets wat die verstand benewel en die sintuie afstomp ten
alle tye vermy word. Om te veel te eet,
kan die verstand lomerig maak, maar só kan kafeïen, tabak, dwelms, alkohol, te
ryk of te sterk gegeurde voedsel.
Die
beste voedsel wat geestelike groei bevorder, is die voedsel wat aan Adam en Eva
in die tuin van Eden gegee is, vrugte, neute, en graansoorte. Na die sonde was
groente, wat die voedsel vir die diere was, by hul dieet gevoeg. Na afloop van
die vloed, toe die grootste deel van die aarde onder water was en die kinders
van Noag nog nie `n kans gehad het om `n tuin aan te lê nie, was sekere “rein”
vleissoorte as voedsel toegelaat. Hoewel Yahuwah die mens toestemming gegee het
om vleis te eet was dit nie die beste voedsel vir die die menslike liggaam nie.
Nadat vleis in hul dieet ingesluit is, het die lewensduur van die menslike ras
inderdaad drasties afgeneem tot só `n mate dat Sem sewe geslagte van sy
afstammelinge oorleef het – Abraham
ingesluit!
Alle
soekers na geregtigheid sal vind dat om
na `n baie eenvoudige dieet terug te keer, sonder sterk speserye, suikers,
vette, bymiddels en preserveermiddels sal `n besonderse seëning wees in die
stryd om oorwinning van sonde. Hierdie belangrike beginsel was duidelik
verstaan deur die moeders van Daniël, Hanánja, Misael, en Asárja. Hierdie
goddelike vroue het in `n baie gevaarlike tyd in Israel se geskiedenis geleef. Hulle
het die profesië van Jeremia geglo dat Jerusalem sou val onder die leers van
Babilon en dat die volk in ballingskap sal gaan. Deur geloof het hulle hul
kinders geleer om vir beginsels te staan , ongeag die koste daarvan.
Toe
Daniël en sy drie vriende as gevangenes na Babilon geneem is, was die opvoeding
wat hulle in hul kinderjare tuis ontvang het, altyd onthou.
En die koning het hulle `n
daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy
gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde
daarvan voor die koning kon dien.
En Daniël het hom voorgeneem om hom
nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink
het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vegunning gevra dat hy
hom nie hoef te verontreinig nie. (Daniël 1: 5, 8, OV)
Nes
baie van vandag, het die owerste wie in beheer van die eunugs was, geglo dat
die deftige kosse van die koning beter was as die eenvoudige voedsel wat deur Daniël
en sy vriende aangevra is. En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël
gesê:
Ek vrees my heer die koning, wat
julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle
aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is,
sodat julle my hoof by die koning met skuld belaai? (Daniël 1: 10, OV)
Daniël
was daarvan bewus dat baie van die ander Hebreeuse gevangenisse die ryke kosse,
die eksotiese disse en delikate wyne wat die koning aangebied het, geniet het.
Hulle het die onreine vleis wat selfs deur die heidene geëet was, geniet, en só
Yahuwah se wet oortree. In wysheid het hy Melsar, die eunug direk
verantwoordelik vir hom vir `n proeftyd. Dit was lank genoeg om die effekte wat
deur die twee verskillende eet wyses meegebring word raak te sien.
Maar
Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor
Daniël, Hanánja, Misael en Asárja aangestel het :
Stel tog u dienaars tien dae lank
op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te
drink; en laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die
spys van die koning eet, deur u bevestig word; handel dan met u dienaars soos u
bevinding sal wees.
Hy het toe na hulle geluister in
hierdie saak en hulle tien dae op die proef gestel. En aan die einde van die
tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die
jong seuns wat die spys van die koning geëet het. So het dan die bediende hulle
spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.
(Daniël 1: 11-16, OV)
Die
impak van die woorde: “Daniël het hom voorgeneem” moet na opgelet word. Ongeag
van hoe hoflik die Babiloniese koning hom ontvang het, was hy nog steeds `n
krygsgevangene. Dit was nie `n een maaltyd ooreenkoms nie, maar dit sou
deurgaans sy kos wees. Om die ete te weier wat as `n kompliment en `n guns
aangebied was kon as `n belediging beskou word. Daniël het sy lewe gewaag vir
wat hy geweet het reg was aangaande dieet. Ongeag of hy toestemming gegun word
om eenvoudig te eet of nie, sou hy nie die koning se lekkernye geëet het nie
— selfs as dit sy lewe sou kos.
Yahuwah
het die getrouheid van Daniël en sy vriende geseën:
En hierdie vier jong seuns —
[Yahuwah het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid
gegee ; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome. En aan
die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring . . . en
die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind
soos Daniël, Hanánja, Mísael, en Asárja nie, so het hulle dan voor die koning
gedien. En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het,
het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk
tien maal oortref het. (Daniël 1: 17 -20, OV)
Yahuwah
het `n belofte gemaak: “Want die wat My eer sal Ek eer; maar die wat My verag,
sal veragtelik wees.” (1 Samuel 2: 30, OV) Yahuwah was getrou in sy belofte aan
Daniël en sy vriende. Hy sal dieselfde doen aan almal wie in hul harte hulle
voorneem, nes Daniël, om niks te doen wat hulle Maker sal minag nie.
Aptyt
was een van die hoof maniere waarop Satan beheer oor die mense verkry het
sedert Adam vir die eerste keer gesondig het deur die verbode vrug te eet. Dit
was oor eetlus dat die Heiland, in die woestyn van versoeking, vir die eerste
keer versoek was. Waar die mens vir die eerste keer gesondig het, moes Yahushua
in die eerste plek oorwin. Hy het dit reggekry en Hy sal die oorwinning aan
almal gee wie ernstig daarna verlang.
Vandag,
meer as in enige tyd van die geskiedenis, is aptyt `n effektiewe middel wat
deur Satan gebruik word. Smaakmiddels en
die by – en preserveermiddels wat in vandag se voedsels gevoeg word, stimuleer
eintlik die eetlus in hierdie dae, wat die mense se honger daarna vererger.
Geneties veranderde (GV) voedsel het daarop gedui dat hulle die genetiese
bestandele van die verbruiker verander. Dr. Stanley Ewen, `n konsultant
histopatoloog verbonde aan die Aberdeen Royal Infirmary het kommer uitgespreek
dat `n blomkool virus wat gebruik is in GV voedsels die risiko van kanker in `n
mens kan verhoog. Hy het selfs daarop aangedring vir die toets van grondwater
naby plase waar GV voedsels geproduseer word.
In
September 2012 het die Caern Universiteit in Frankryk die eerste langtermyn
ondersoek van rotte wat GV veranderde mielies gevoer is, een van die mees
uitgebreide innames van genetiese voedsel, vrygestel. Die resultate het
uitsluitlik bewys dat GV veranderde mielies kanker in rotte veroorsaak het.
Hoender,
melk beeste en diere wat geteel word vir hul vleis word geroetineerd só vol
groei hormone en verskeie antibiotika gepomp, alles in `n poging om meer geld
te maak deur meer eiers, melk en vleis te produseer. Dit verskyn in die eiers,
melk en vleis produkte wat geproduseer word en dit het `n effek op diegene wie
dit eet.
Bisphemal
A, of BPA, is `n ander produk wat die menslike liggaam aanval. Dit is `n
plastiese bymiddel wat gebruik word vir bottels en om tin blikkies uit te voer
om die varsheid van geure vas te vang. Die probleem is dat dit estrogeen in die
voedsel en drankies wat daarin verpak is vrystel. `n Onlangse studie het
noodsaaklike bewyse ontdek dat plastiek bymiddels . . . `n
negatiewe impak mag hê op die voortplantings sisteem van vroue en chromosoom
skade veroorsaak, geboorte defekte en miskrame meebring.http://www.foxnews.com/health/2012/09/25/study-link-bpa-to-birth-defects-miscarriage/.)
Al
hierdie “moderne” bymiddels in die kosse wat ons eet het `n effek, nie net op
ons liggame nie, maar ook op ons
verstand. `n Liggaam wat siek of uitgeput is het nie daardie helderheid van
denke wat gevind word met `n liggaam wat gesond is nie. Daardie “stil, sagte
stem” van Yahuwah word dan baie moeilik onderskei wanneer die verstand beneweld
is deur dit wat in die liggaam gesit is. Daarom raak die beheer van aptyt `n
verpligting en ernstige noodsaaklikheid.
Die
dieet wat deur die Skepper vir Adam en Eva in hul sondelose toestand ontwerp was,
is steeds die beste dieet vir diegene wie wil triomfeer oor sonde. `n Vegan of
plant gebaseerde dieet, is nie net die gesondste dieet nie, maar ook die
veiligste, omdat dit vry sal wees van groei hormone, die chemikalieë wat so
algemeen voorkom in die gemiddelde vleis gesentreerde dieet.
Dit
is waar dat die Skrifte aandui dat Yahushua vis geëet het. Dit is redelik om
hierby te voeg dat Hy ook ander rein vleise geëet het, selfs die Pasga lam of
bokkie tydens die Pasga maaltye. Die Skrifte staaf dat Yahuwah die dag voordat
Hy Sodom en Gomorah vernietig het eers Abraham besoek het, en dat Abraham vir
Hom en die twee engele wat saammet Hom was, `n maaltyd berei het.
Daarop loop Abraham na die beeste
en vang `n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak
het. En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit
dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle
het geëet. (Genesis 18:7, 8, OV)
Sommige mense glo en leer dat vleis
nooit geëet moet word nie, selfs ten koste van mens se eie lewe. Andere het
weer aanstoot gegee en gevoelens seergemaak, mense weg laat draai van die
waarheid, deur vleis af te keer wat vir hulle voorberei is, wie nie vegetariërs
is nie. Die verhaal in die Skrifte van Yahushua en Yahuwah wat vleis geëet het
voorsien gebalanseerde aanduidings waardeur Yahuwah se volk al die beginsels
van dieet hervorming mag verstaan.
Yahushua was as `n Israeliet
gebore. Hy het die lewe van `n Israeliet gelewe en het die voedsel wat
beskikbaar in daardie tyd was, geëet terwyl daar geen wyse was om vars voedsel
te bewaar en te vries nie. Maar die vleis van Sy tyd het nie die siektes en die
hormone bevat wat die vleis van vandag besoedel nie. Diegene wie weier om vleis
te eet, selfs as vleis al is om lewensbehoud, leer nie Yahushua se voorbeeld dat
die behoud van die lewe `n groter beginsel is wat nie ignoreer moet word nie.
Die lewe is `n kosbare belofte en terwyl mens altyd moet sterk staan vir
beginsels, is die behoud om lewe ook `n beginsel. Op sigself is die beste
behoud van die lewe die vermyding van diere produkte wat siekte veroorsaak en
die verstand benewel. Maar as hongersnood die enigste ander alternatief is, is
die eet van rein vleis, goed gedreineer van die bloed, aanvaarbaar, alhoewel
nie die beste uitweg nie.
Yahuwah
se aanvaarding van Abraham se hoflikheid, leer welwillendheid en genadigheid
aan hulle wie nie van beter weet nie of wie, in hul pogings om gasvry te wees,
niks beter het om aan te bied nie. Dit is altyd beter om te fouteer terwille
van goedhartigheid. Dit beteken nie dat hulle wie van beter weet en toegang tot
gesonde voedsel het, mag eet wat hulle wil nie. Maar dit beteken net dat as jy
in `n soortgelyke posisie is, dat goedhartigheid en om aan ander te dink jou
optrede beïnvloed.
Oorwinning
oor die eetlus is een van die mees belangrikste en moeilikste gewoontes om te
onderdruk. Soos Satan meer daarop uit is om die liggame en verstande van die
mens te besoedel, sal `n eenvoudige, gesonde dieet van voedsel wat so natuurlik
as moontlik voorberei is baie behulpsaam wees in die oorwinning oor die sondige
menslike karakter. Diegene wie die oorwinning oor eetlus verkry, nes Daniël en sy drie vriende en selfs
Yahushua self, sal vind dat elke ander oorwinning in sy spoor volg.
Soos
met ander sondes is Yahushua die antwoord vir elke versoeking en verslawing.
Terwyl ons dan `n groot Hoë
Priester het wat die hemele deurgegaan het,
naamlik Yahushua, die Seun van Yahuwah, laat ons die belydenis vashou.
Want ons het nie `n Hoë Priester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie,
maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat
ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons
barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
(Hebreërs 4: 14-16.)
Gee jou lewe, jou wil, jou liggaam
aan Yahushua oor. Hy wag om jou die oorwinning te gee oor elke boesemsonde.
Gaan die vreugde van oorwinnende lewe binne deur Hom.

Verwante
Inhoud:
Comments