World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Die Groot & Kosbare Beloftes

In
hierdie laaste dae van die aarde se geskiedenis, is die ware koste
van die verkryging van die ewige lewe nou baie duidelik. Die Heiland
self het die koste bekend gemaak toe Hy sê:

“Met
die koninkryk van die hemel gaan dit soos met `n handelaar wat op
soek is na goeie pêrels. As hy `n baie waardevolle die groot en kosbare pêrelpêrel raakloop,
gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop die pêrel.”
(Matthéüs 13: 45-46)

Om
die hemel te verkry vereis die versaking van alles. Van jou sal nie
verwag word om net gewillig
te wees om alles op te gee nie – jy sal alles moet opgee as jy die
Koninkryk van die Hemel wil verkry.

Almal
wie die ware Sabbat sal aanvaar sal uitgeroep word om die kruis van
gehoorsaamheid op te neem. Dit is `n baie werklike kruis, omdat elke
area van jou lewe geaffekteer word.

  • Werk
  • Opvoedkundige
    aangeleenthede
  • Vriendskap
  • Familie
    betrekkinge
  • Kerk
    verband
  • Leefwyse

Aanvaarding
van die ware Sabbat sal nuwe uitdagings voorstel. Nuwe situasies sal
opduik wat meer as menslike wysheid verg. Hierin nes, in enige ander
situasie, het Yahushua `n oplossing vir elke probleem verskaf.

“Mag
genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van
[Elohim] en [Yahushua]
onse Here! Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot
die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het
deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare
beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van
die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat
deur begeerlikheid in die wêreld is.” (2 Petrus 1: 2- 4)

Die
woord van Yah bevat die mag om te doen wat dit sê. Maak dan
aanspraak op Sy groot en kosbare beloftes! Dit is Sy geskenk aan jou.
Jy kan veilig rus op al die beloftes omdat hulle die Woord van Yah is
en hulle bevat die mag om te doen wat hulle sê.

Al
die beloftes van die Skrifte is vir diegene wie hul Maker eerbiedig
deur die onderhouding van Sy Sabbat dag. As jy, in gehoorsaamheid van
Sy gebod, jy jouself oorweldig vind met probleme, maak aanspraak op
Sy belofte!

Die
oë van Yahuwah is op die regverdiges, en Sy ore tot hulle
hulpgeroep. Hulle roep, en Yahuwah hoor, en Hy red hulle uit al hul
benoudhede. (Psalm 34: 16 & 18.)

Dit
kos moed om die waarheid wat jou anders maak te gehoorsaam. Mense wat
die waarheid teenstaan mag baie hatig en selfs `n bedreiging word
teen diegene wie `n ferm stand inneem vir die waarheid.

“Yahuwah,
twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! Laat hulle
wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat
my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! (Psalm 35:
1, 4)

Eerbetoon
aan Yahuwah deur aanbidding op Sy heilige Sabbat mag uitloop op die
verlies van jou werk. Yahuwah ken jou behoeftes. Niemand wie op Hom
vertrou sal van honger omkom nie.

Deur
Yahuwah word die gange van `n man bevestig, en Hy het `n welbehae in
Sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want Yahuwah ondersteun
sy hand. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die
regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. (Sien
Psalm 37: 23-25)

Die
woord van Yahuwah bevat die mag om te doen wat dit sê. Maak dan
aanspraak op Sy groot en kosbare beloftes! Hulle is Sy geskenk aan
jou. Jy kan alles veilig vertrou op die beloftes omdat hulle die
Woord van Yah is en hulle die mag het om te doen wat hulle sê.

Die Groot & Kosbare Beloftes image

Yahuwah
is bewus van elke besonderheid van jou situasie.

Die
oë van Yahuwah is op die regverdiges, en Sy ore tot hulle
hulpgeroep. (Psalm 34: 16)

Diegene
wie die waarheid teenstaan mag inderdaad `n bedreiging vir jou wees,
die gevare wat jou in die gesig staar, baie werklik. Yahuwah het Sy
beskerming aan jou belowe.

Wees
nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen
nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos grasspruitjies sal
hulle verdroog. Vertrou op Yahuwah, en doen wat goed is; bewoon die
aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in Yahuwah; dan sal Hy
jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan Yahuwah oor en
vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; want die kwaaddoeners sal
uitgeroei word; maar die wat Yahuwah verwag, hulle sal die aarde
besit. Want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar
Yahuwah ondersteun die regverdige. (Sien Psalm 37: 1-17)

Situasies
sal opduik waarin jy nie weet hoe om op te tree nie. Moenie vrees
nie! Maak aanspraak op `n belofte!

En
as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dít van Yahuwah bid,
wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom
gegee word. (Jakobus 1: 5, OV)

“Maar
wie tot die einde volhard, sal gered word.” (Matthéüs 24: 13, NV)

Die
stryd tussen waarheid en leuens, geregtigheid en rebellie, sal net
intenser raak namate ons die Tweede
Koms
nader.

“En
almal wat ook godvrugtig wil lewe in . . .[Yahushua], sal vervolg
word.” (2 Timothéüs 3: 12, OV)

Familie
betrekkinge is nie uitgesluit van die aangewende druk op die
gelowiges nie. Bejaarde ouers sal verlaat word; kinders sal verwerp
word. Huwelike is en sal vernietig word omdat een maat verkies om die
waarheid te volg en die ander dit verwerp. Wanneer dit gebeur, sal
Yahuwah jou moeder, jou vader en jou wederhelf wees.

Want
my vader en my moeder het my verlaat, maar Yahuwah sal my aanneem.
(Psalm 27: 10.)

“Wees
nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees nie
skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal
die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou
weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; ….[Yahuwah]
van die leërskare is Sy Naam; en die Heilige van Israel is jou
Verlosser. Hy sal die [Elohim] van die hele aarde genoem word. ”
(Jesaja 54: 4, 5 OV)

Die
Heiland weet dat Sy geliefde volgelinge toenemende vervolging sal
ervaar tot aan die einde van die tyd. Een van Sy laaste kind wie aan Yahushua vashoustellings die
aand voor Sy kruisiging voorsien liefdevolle versekering vir almal in
dié dae:

“In
die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die
wêreld klaar oorwin.” (Johannes 16: 33, NV.)

Ongeag
van die situasie wat ontspruit namate jy die waarheid volg, het
Yahuwah Hom voorgedoen om met jou elke tree van die weg te wandel,
deur jou veilig deur elke beproewing te bring.

“Ek
wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou
raad gee en My oog oor jou hou.” (Psalm 32: 8, NV.)

Dit
is veilig om op Yahuwah te vertrou.

Vertrou
op Yahuwah met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken
Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. (Sien Spreuke 3:
5, 6.)

Ongeag
van wat voorlê, is jy veilig in die beskerming van jou Heiland.
Namate jy in geloof uitgaan, vasbeslote om te gehoorsaam, sal Yahuwah
`n wandelpad uitwys wat veilig is om te volg.

Vertrou
Yahuwah. Lê elke las op Hom. Daar is geen beproewing vir Hom te
hewig om te dra nie; geen probleem te gekompliseerd wat Hy nie kan
oplos nie; geen eensaamheid te groot vir troos deur Hom nie.

Yahuwah
spreek vandag met jou:

“Vrede
laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir
julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie
ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” (Johannes 14:
27, NV.)

“En
onthou, Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die
wêreld.”

(Matthéüs 28: 20b, NV.)



Verwante artikels:

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.