Die stryd vir die mense siel begin as `n stryd
vir die verstand. `n Persoon se gedagtes beïnvloed sy emosies en die gedagtes
en gevoelens gekombineerd, maak die karakter op. As die gedagtes onrein is, het
Satan alreeds die stryd oor die siel gewen selfs as daar nie uiterlike sondes
sigbaar is nie. Die wysste man wat ooit gelewe het het `n belangrike sielkundewet
opgesom toe hy sê: “Soos `n mens in sy hart dink, so is hy.” (Sien Spreuke 23:7.)
Een van Satan se effektiefste wapens in verleiding
van die siel is te vinde in flieks en televisie. Wanneer `n persoon `n film
kyk, raak hy emosioneel betrokke. As die held die skurk slaan of selfs
doodmaak, dan empatiseer die emosies van die kykers met die held en moedig hom
aan in watter aksie hy ookal betrokke is,
of hy nou lieg, steel, fisies aanranding, moor, hoerery of `n hele magdom van
ander sondes doen. Films en televisie reekse is een van Satan se effektiefste
gebare om na sondes te lok want nie net is die akteurs skuldig van wat hulle
bevorder deur dit uit te voer nie, maar almal wie deelneem deur daarna te kyk
word skuldig daaraan.
`n Voorbeeld van dit word gedemonstreer deur
eerste reaksies na die film Top Gun, vrygestel in 1986. Mense wat `n voorskou
van die film gesien het voor sy algemene vrystellingsdatum het gekla dat daar
nie genoeg seks in die film was nie. In antwoord, was `n sekstoneel geskiet en gevoeg
by die film om die kykers se begeertes tevrede te stel om owerspel te kyk.
In films, word die siel bevlek van sondes al
is die deelname in die aksie net deur aanskoue wanneer dit uitgevoer word. Nóg
stop die effek van films kyk nie wanneer die krediete rol nie. Diegene wie die
films kyk hou aan om gereeld oor die storie lyn te dink, en leef hulle selfs in
die rol van die held of heldin in. In `n televisie reeks, kan `n persoon so
identifiseer met die karakters wat uitgebeeld word dat hulle eintlik verslaaf
raak aan die weeklikse program. Hulle praat van die akteurs teenoor hulle
vriende; hulle dwaal op die storielyn tot dit hulle gedagtes en emosies
oorneem. En al die tyd, is Satan besig om hulle te giet in sy eie beeltenis.
Die drama in films is `n mees gevaarlike vorm
van euwel. Soos met alle sondes, wat eers as boos voorgekom het, na
voortdurende blootstelling, kom dit as normaal en gewoon voor. Die gedagtes
word verhard teenoor sondes en goddeloosheid wanneer dit voortdurend daaraan
blootgestel word. Wat eens die sintuie geskok het skyn nou algemene te wees.
Hierdie kruipende kompromie baan die weg vir die gedagte om nogsteeds meer
verdorwenheid te aanvaar in ter voorbereiding van opwekking van dieselfde vlak
van genotvolle emosie.
Die skadelike effekte van films kyk (en ook
televisie) word gevoel in baie ander areas. So ver terug as 1993, het studies
in die Verenigde State gewys dat een uit drie Hoër Skool seniors, een uit vier
graad-tiene, en een van sewe graad-ags ten minste een keer elke twee weke dronk
geword het. Die oorsaak vir hierdie hoe vlak van minderjarige drinkery was
gevind in die hoeveelhied alkohol wat die gemiddelde jeug op televisie sien
verbruik word.
Die 1982 verslag van
die [Verenigde State’] Chirurge Generaal het openbaar dat alkohol die mees verbruikte drank op prima tyd
televisie wys. … In 1990, was daar 8.1 drank verwysings of beskrywings per
uur op prima-tyd. Met groot besorgdheid van die Chirurge Generaal, “Die
drinkers is nie die skurke of die by-spelers nie; hulle is goeie, gevestigde,
aangename karakters,” en beskrywings is heeltemal ontbloot van “indikasies van
moontlike risiko’s.” …
New Zeelandse
navorsers … het `n direkte verband tussen herhaalde van televisie besigtiging
onder 13 tot 15 jariges en hoeveelheid alkohol verbruik by ouderdom van 18
ontdek. Hoe meer jong tieners TV gekyk het, hoe meer alkohol het hulle drie na
vyf jaar later gedrink. (Lawrence Kelemen, The
Dangers of TV.)
`n
langdurige ondersoek het `n dramatiese verhoging in selfmoorde (`n
sprong van 92-93% in verskeie lande) met die aankoms van televisies in daardie
lande gewys. Daarom, die kyk van televisies en films verminder eintlik die IK- ook
van diegene wie `n vergelykende klein hoeveelheid kyk.
`n
Kaliforniese ondersoek dui aan dat hoe meer `n student televisie kyk,
hoe slegter vaar hy op skool. Wilson Riles, Californiese skole superintendent
sê … maak nie saak hoeveel huiswerk die studente gedoen het nie, hoe
intelligent hulle was nie, of hoeveel geld hulle ouers verdien het nie, die
verhouding tussen televisie en toets punte was omtrent identies. Gebaseer op
die ondersoek het Mnr. Riles besluit dat, vir opvoedings doeleindes, televisie
“ nie televisie nie voordelig nie en moet dit afgeskakel word.”(Lawrence
Kelemen, The Dangers of TV.)
Drama het `n lang geskiedenis van
losbandigheid en onsedelikheid. Westerse teater het sy oorsprong in Athene,
Griekeland, waar dit van heidense gelowige gebruik ontvou het wat terug dateer
na ten minste 1200 v.C. Gedurende die Middel Eeue en ook deur die neentiende
eeu, was akteurs en aktrises wyd beskou as onsedelike mense en geen ordentlike
persoon wou met hulle assosieer nie.
Met die koms van films, het die kyk van dramas
baie meer breed beskikbaar geword vir die algemene persoon, maar sy oorsprong
het in onsedelikheid gewortel gebly. Vroeë films was in drinkplekke en bordele gewys. Alhoewel fliekteaters
sedertdien gebou was vir die doel om die nuutste blokbom van Hollywood of
Bollywood te wys, het films bly bestaan, soos dramas, `n effektiewe wapen van
die duiwel vir insypeling tot die verbeelding en die verstand in sonde lei.
Mense wie nooit `n teater sal bywoon nie, sal dieselfde films deur video en
televisie in hul huise bring.
Skrifte stel voor die regverdiges van Yahuwah
as “sterre” voor:
En baie van die wat
in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en
sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. En die verstandiges sal
glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid
lei, soos die sterre vir ewig en altoos. (Daniël 12: 2, 3 OV)
Hollywood en Bollywood “sterre” is Satan se
nabootsing van Yahuwah se sterre. Menigte is in sondes gelei deur aanbidding
van hul gunsteling “sterre” en boots hul ontaarde leefstyle na.Films en film
sterre, soos enigiets wat die gedagtes verbruik en die hart weg van Yahuwah lok,
is `n spesie van afgodediens wat almal wie heilige lewe in Yahushua soek moet
van afsien.
Flieks en videos, in en van hulself, is nie
inherent sondig nie. Soos met boeke of enige ander vorm van media, kan flieks
ook gebruik word om opvoeding en informasie van die heerlikheid van Yahuwah te
kommunikeer. Die moeilikheid kom voor wanneer `n fliek, egter hoe “onskuldig”
mag voorkom, die aptyt voed vir ontvlugting. Die begeerte om van realiteit te
ontsnap is `n versoeking wat elke mens op aarde konfronteer, in elke stap van
die lewe. Terwyl anders ontsnap deur, dwelms, drank of onwettige seks, soek
menigte meer ontvlugting deur hul gedagtes te fokus op alternatiewe realiteite.
Dit kan gedoen word deur boeke en rekenaarspeletjies, maar die mees gewildste
manier is deur flieks.
Die lewe is moeilik. Dit word moeiliker en sal
aanhou om meer en meer moeiliker te word tot die bitter einde. Maar Yahuwah die
enigste antwoord wat sal verligting bring vir die storm-geteisterde siel.
So is [Yahuwah] dan `n
rotsvesting vir die verdrukte, `n rotsvesting in tye van benoudheid. En hulle
wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie O
[Yahuwah]! (Psalm 9: 10, 11 OV)
Ontvlugting deur flieks hou net solank die
fliek duur. Die stres van lewe daal neer so gou die fliek oor is en realiteit
indring. Weg kruip van realiteit deur flieks of enige ander vorm van ontvlugting
verander dit nie. Net deur om na Yahuwah te keer kan `n persoon hom of haar realiteit
verander deur terug te keer na die Verlosser vir krag en hulp.
Sy belofte aan jou is:
Wees nie bevrees nie,
want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou [Elohim]. Ek
versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende
regterhand. (Jesaja 41: 10, OV)
Geen versoeking het
julle aangegryp behalwe `n menslike nie; maar [Eloah] is getrou, wat nie sal
toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die
versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. Daarom, my
geliefdes, vlug vir die afgodediens. (1 Korinthiërs 10: 13, 14, OV)
Die wie hul geloof in Yahuwah plaas, rus in Sy
liefde en vertroue in Hom om daarvoor te sorg, sal vind dat hulle nie nodig het
vir die tydelike “gemak” deur ontvlugting van stres wat Satan bied nie.
`n Ewige [Elohim] is Yahuwah, Skepper van die
eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding
van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir
die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne
struikel selfs; maar die wat op [Yahuwah] wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met
vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en
word nie mat nie. (Jesaja 40:28-31 OV)
Hierdie seeninge is vir die wie hulle wil,
hulle gelyke en hulle begeertesoorgee aan Yahuwah en soek om hul lewens, hul
laaste gedagte en gevoelens in gelykvormigheid na Sy openbare wil te bring.
Skrifte vermaan almal “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele
volmaak is.”(Mattheus 5:48, NV) Die loon wat geoffer word is ver groter as
enigiets wat die wereld kan bied: “Salig is die wat rein van hart is, want
hulle sal [Yahuwah] sien.” (Mattheus 5:8, NV)
Die wie sal vir ewig in n rein omgewing
spandeer, in die geselskap van heilige engels en n heilige Elohim, sal alles in
hul vermoe doen om hul gedagtes in ooreenstemming met Yahuwah te bring. Skrif
sit voort die hoe standaard na wie almal moet streef:
Verder, broeders,
alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein
is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar
ook mag wees, bedink dit. (Filippense 4:8, NV)
Dit is die toets wat deur alle flieks
onderwerp moet word. Dit is waar dat daar sommige flieks is wat waar is. Maar
as die storie geweld verheerlik, is dit iets wat moet gekyk word?
Filippense 2:5 bemoedig almal om “Want hierdie
gesindheid moet in julle wees wat ook in Yahushua was.” In antwoord op alle
ernstige gebed, sal die Redder oorwinning gee aan almal wie Yahuwah kies bo
ontvlugting en die verleidelikheid wat die wêreld het om aan te bied.
Moenie die wêreld
liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan
is die liefde van die Vader nie in hom nie.
Want alles wat in die
wêreld is – die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en
die grootsheid van die lewe – is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
En die wêreld gaan
verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van [Elohim] doen, bly vir ewig.
(1 Johannes 2:15-17, NV)
Comments