World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

Die Internasionale Datum Lyn Verandering: Die Sabbat Onveranderd?

Donderdag, die
29ste Desember,2011 het Samoa en Toeklau na wes getree die toekoms in, oor die
Internasionale Datum Lyn heen . Met die oorslaan van Vrydag, die 30ste
Desember, en die volgende dag wat
verklaar is as Saterdag die 31ste Desember2011. Daar was eenvoudig geen Vrydag
in Samoa en Toeklau.

Hierdie verandering was uitsluitlik vir die
onthalwe van ekonomiese gerieflikheid.
Samoa het noue handelsbande met Australië, New Zeeland, en Sjina. As gevolg
deur een dag “agter” te wees van hulle nabye bure, het dit twee dae
afgesny van elke week (Maandae en Vrydae.)

International Date Line
http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-16351377

Terwyl die meeste Samoane die verandering verwelkom het van die
oorgeslane datum, het dit ernstige
gevolge ingehou het vir die toegewyde Christene, wat geglo het dat die weeklikse
se siklus sonder onderbreking was, sedert die Skepping, en hulle behoefte om op
bepaalde dae te aanbid. As dit belangrik is om op ʼn bepaalde dag te aanbid, en
as daar ʼn dag verwyder van kalender, kan dit gewigtige gevolge inhou.

Die feit is, die
Internasionale datum Lyn is maar ʼn onlangse mens gemaakte uitvindsel. Dit
kronkel oor die Stille Oseaan en is verskeie kere verander oor die jare.

Die Internasionale
Datum Lyn is ʼn denkbeeldige lyn op die aarde wat twee kalenderdae oortuigend
verdeel. Dit is die datum in die
Oosterse Halfrond, aan die linkerkant van die lyn, is dit altyd een dag voor
die datum van die Westerse Halfrond. Dit
is erken as ʼn saak vir gerieflikheid, en kan dit nie deur internasionale
wetgewing afgedwing word nie.

Sonder die
Internasionale Datum Lyn sal reisigers wat weswaarts reis ondek, dat wanneer
hulle huiswaarts keer, sal hulle ondervind daar een dag meer wees wat verby is,
as wat hulle gedink het, selfs al het hulle sorgvuldig die telling van die dae
gedoen. Dit het eerste gebeur met
Magellan se bemanning na die eerste reis om die wêreld. Eweneens, as ʼn persoon wat ooswaarts
reis daar een dag minder verby is as
waarvan rekening gehou is, soos wat gebeur het met Phileas Fogg met sy reis van
“Around the World in Eighty days” opgeteken deur Jules Verne. ( “The
International Date Line,” United States Naval Observatory)

Die algemene bekende
Pous Gregory XIII, en waarna die Gregoriaanse kalender vernoem is, het ook die
gebruik van dit inwerking gestel, en is dit nog die blywende Internasionale
aanvaarde kalender tot vandag.

Pope Gregory XIII
Die algemene bekende Pous Gregory XIII, en waarna die Gregoriaanse kalender vernoem is, het dit inwerking gestel, en is dit nog die blywende Internasionale aanvaarde kalender tot vandag.

Die Gregoriaanse kalender
word vandag regoor die wêreld gebruik en is dit sonkalender met ʼn aaneenlopende weeklikse siklus. Volgens ʼn sonkalender, word die dae en die jare gemeet
volgens die son se siklus, maar die maande en die weke is, suiwer willekeurig,
en het dit geen verbinding met enigiets in die natuur. Dit was die noodsaaklikheid
vir ʼn Internasionale Datum Lyn. Dit is deur die mens tot stand gebring, vir
vandag om die ganse wêreld te verenig in die gebruik van die Gregoriaanse
kalender datums.

Dus, het die Internasionale Datum Lyn bewys
dat dit werklike probleem is vir die inwoners van Samoa. Dit was ʼn probleem
deur te verskil met een dag van die omliggende bure, wat daartoe gelei het dat
Samoa die plasing van die Internasionale
Datum Lyn verander het.

Die Internasionale Datum Lyn is ʼn poging deur
die mens om ʼn mens veroorsaakde probleem op te los: verskillende weeklikse
siklusse wat onafwendbaar voorkom op ʼn ronde aarde, en wanneer daar gebruik
gemaak word van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus, wat nie geanker is in die
hemelse liggame, en die omwenteling van die aarde.

Alhoewel, wanneer
daar gekies word om die Maan – Son kalender te volg, is Yahuwah die skeidsman
van tyd, waar die maan die maandelikse en weeklikse siklusse reguleer vir ʼn
bepaalde plek. Hy verwyder AL die
behoeftes van ʼn Internasionale Datum Lyn en ook ALLE afhanklikheid van die
Gregoriaanse Kalender en ander mens geskepte tegnologie. Al wat benodig word is die maan om te weet
wanneer die weke en maande begin.

Dit word algemeen
geglo dat die aaneenlopende weeklikse siklus wat vandag gebruik word
ononderbroke vanaf die Skepping oorgelewer is, vanaf Noag en sy seuns. Die feit is, dat dit nie waar is, word gedemonstreer deur die verskeie groepe
van immigrasie wat plaasgevind het na die sondvloed. Toe sommiges van Noag se
afstammelinge geïmmigreer vanaf die Gebergtes van Ararat, het sommiges oos en
ander wes getrek.

As ʼn stam van
sewende dag Sabbat onderhoudende Semiete Oos getrek het, en die opkomende son
gevolg het, en uiteindelik ʼn paar jaar later kom op ʼn plek halfpad om die
aarde. As Sabbat onderhouers sou hulle
noukeurig gelet het op die tydhouding van tyd.
Veronderstel vir hierdie voorbeeld dat hulle die aaneenlopende weeklikse
siklus gebruik het. As gevolg die
omwenteling van die aarde en die feit dat hulle getrek in die rigting van die
opkomende son, en met hulle aankoms by verre
kant van die wêreld, sou hulle 12 ure voor die oorspronklike tyd gewees
van hulle oorspronklike beginpunt by Ararat.

Veronderstel dat ʼn
stam van sewende dag Sabbat onderhoudende Jafletiete ook vanaf Ararat getrek
het. Alhoewel hierdie stam Weswaarts
trek en die ondergaande son volg. As
Sabbat onderhouers, sou hulle ook noukeurig tyd gehou het van tyd. Veronderstel weer terwille van hierdie
voorbeeld, en ons neem aan dat hulle ook die aaneenlopende weeklikse siklus gebruik. ʼn Paar jaar later met hulle aankoms op
dieselfde plek op die aan die anderkant van die wêreld, by die plek wat deur
die Semitiese stam bewoon word wat ooswaarts getrek het, sal die stam
Jafletiete wat weswaarts getrek het, deur die handeling van hulle getrek in ʼn
weswaartse rigting sal hulle 12 ure agter wees van die tyd by Ararat. Die twee stamme, die een wat ooswaarts getrek en die een wat weswaarts getrek het
sal ondek dat hulle ʼn volle 24 uur van mekaar verskil

Dit sal nie
veroorsaak gewees het as gevolg daarvan
dat hulle rigting verloor het, Eerder, is dit eenvoudig as gevolg van ʼn handeling deur die omwenteling van die
aarde, toe een groep ooswaarts getrek na die daglig voor hulle, terwyl die
ander groep wat weswaarts getrek, het hulle agteruit
die nag in getrek wat voor die dag is.

Watter groep is
reg? Die antwoord is: as hulle die
aaneenlopende weeklikse siklus gebruik het, sou beide reg wees het, wat
nie moontlik is
. Hier lê die kern van die probleem. Hierdie raaisel
bewys werklik die ideologie van die aaneenlopende weeklikse siklusse vanaf die
Skepping as vals.

Soos die mense
versprei het oor die wêreld, en dit bewoon het in die eeue na die sondvloed,
het hulle die metode van hoe om tyd te bereken wat gebruik was deur Adam en sy
afstammelinge, en wat ook oorgelewer is na die sondvloed deur Noag en sy seuns.

Hierdie metode van
die meting van tyd, is vasgestel deur Yahuwah by die Skepping, en was dit die
Maan – Son kalender. Verskillend van die Gregoriaanse son kalender, wat
alleenlik net die son gebruik vir die aanduiding van tyd, van dae en jare,
gebruik die Maan – son kalender beide die son en die maan vir die berekening
vir die aanwysing van tyd.

Soos die son
kalender, gebruik die Bybelse Maan- Son kalender die son vir die bepaling van
dae en jare. Verskillend van die son kalender, gebruik die Maan – Son kalender
die maan vir die regulering van die maande. Dit is op sy beurt bepaal dit die
sewe dae van die week, omdat die weeklikse siklus hernu met elke Nuwemaan.

Die resultaat is:
sou die twee stamme vanaf Ararat getrek het, een na die weste en een na die
ooste en hulle ontmoet mekaar ʼn paar jaar later aan die anderkant van die
wêreld, sal beide dieselfde verskil van
12 ure hê, en nie 24 uur van mekaar verskil.

crescent moonSoos elke stam trek
sal hulle noukeurig die tyd bepaal deur die dophou van die maan. Wanneer die
twee stamme nader aan mekaar beweeg aan die verre kant van die aarde, sal hulle
waarneming van die maan, verseker dat hulle nader aan mekaar beweeg, en dan
wanneer hulle ontmoet soos by die begin van hulle reis sal, dit dieselfde dag wees vir albei.

Hier sien ons nou
die mooiheid van die eweredigheid van die hemelse sisteem van tydhouding. By
die Skepping het Yahuwah bepaal dat die ligte (meervoud) aan die hemel moet
gebruik word vir die meting van die gang van tyd, en vir al die godsdienstige vierings.

“En Yahuwah het gesê: Laat daar ligte wees aan
die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en
laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.”
(Genesis 1 verse 14)

Die woord “seisoen” is afgelei van die woord
mo’ed. Hierdie woord word algemeen gebruik om te verwys na goedsdienstige
byeenkomste. Die feit is al hierdie feeste is opgeteken in Levitikus 23 (
waarvan die eerste die sewende dag Sabbat) en wat ook genoem word mo’ed.

Toe die skepper die
Sabbat vasgestel het, en dit geseën en dit geheilig het as heilig, het Hy ook ʼn
sisteem geskep waardeur mense die gang van tyd kan meet, en wanneer die Sabbat
aanbreek dat hulle Hom kan aanbid. Dit het sowel die son as maan benodig om
hierdie perfekte tydhou sisteem te skep.

As die anker vir
die maande en die weke, reguleer die maan akkuraat die tyd, waar ook al jy jou bevind
op die Aarde. Dus, sal die stam van Semiete en wat oos getrek het en die stam
van Jafletiete wat wes getrek het, en ʼn paar jaar later ontmoet, sal hulle
bymekaar kom op dieselfde weeklikse skedule, omdat hulle basis vir die weeklikse
telling geanker is, in die hemel, en nie gegrond is in enige mens gemaakte
instelling.

Die Skrif verklaar
duidelik dat die maan gemaak is vir die bepaling van die gang van tyd:

“Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die
son ken sy tyd om onder te gaan.” (Psalm 104 vers 19)

The International Date Line is simply a man-made solution to what is nothing more than a man-made problem.  (quote)Die Internasionale
Datum Lyn is eenvoudig ʼn mens gemaakte oplossing wat nie veel meer is as ʼn mens
veroorsaakde probleem. (aanhaling) ” Dus, het die hedendaagse weeklikse siklus geen
verbintenisse met enigiets in die natuur, en kom daar probleme voor wat nie
bestaan in die Maan – Son kalender van die Skepping: veral in die behoefte vir
ʼn willekeurige Internasionale Datum Lyn. Die aaneenlopende weeklikse siklus is geanker aan niks van die natuur,
en is dit ʼn menslike instelling. Dus is die
Internasionale Datum Lyn, ʼn mens gemaakte oplossing wat niks meer is, as ʼn mens veroorsaakde probleem.”

Op die vervalste heidense/
pouslike kalender, is die maande willekeurig en die datums begin met ʼn
kunsmatige begin punt by die Internasionale Datum Lyn – wat self
willekeurig en beweeglik is. Alleenlik
en volgens die Bybelse kalender is die maande en dae geanker in die ligte van
die hemel wat uitsluitlik gegee is vir die doel vir die regulering van tyd.

Yahuwah se kalender
gebruik die gekombineerde werking van die son en maan vir die meting van die
gang van dae, weke, maande en jare, en dit
sal bly bestaan tot in ewigheid. Dit is ʼn integrale deel van elke
struktuur van die hemele. Dit kan aanskou word en gebruik word deur almal op
aarde, en dit reguleer die tyd akkuraat en die heilige dae.

“Soos
die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou.”
(Psalm 89 vers 37)

Watter kalender sal jy kies waarvolgens jy sal
aanbid – van die mens of van Yahuwah?


Kliek hier om na die video te kyk!

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.