Openbaring 14 bevat
ʼn fassinerende beskrywing van die laaste geslag: “En in hulle mond is daar geen
bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van Yahwah.”
“ Hier kom die lydsaamheid van die
heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in
Yahushua bewaar.” (Lees Openbaring 14 verse 5 en 12.) Die laaste geslag is
uniek, omdat hulle van al die geslagte wat op die aarde geleef het beskrywe
word as ʼn geslag “sonder gebrek,” omdat hulle beide onderhou, die gebooie van Yahuwah en die
geloof in Yahushua.
“Om te onderhou” beteken meer as om te besit.
Dit beteken ook om te beskerm en te bewaar. Die finale geslag is sonder gebrek
voor Yah omdat hulle die geloof van Yahushua
bewaar en beskerm het. Die geloof van Yahushua, het hulle toegelaat om
die goddelike wet te onderhou, en sonder gebrek bevind is.
Daar is baie
verwarring oor presies wat is die “geloof van “Yahushua.” Sommige wonder of dit
die geloof in Yahusha is. Die waarheid is, dat daar twee: die geloof IN
Yahushua and die geloof VAN Yahushua. Beide is nodig vir verlossing.
In die samestelling
van die twee begrippe dit vir menige verwarring veroorsaak, en is dit ʼn
misverstand presies wat geloof is.
Menige mense neem aan indien hulle nie ʼn gevoel van goeie gevoellings
ervaar, hulle tekort skiet aan geloof.
Hulle bekla hierdie tekortkoming, met die herroeping van tye dat hulle
vol geloof gevoel het, en het hulle
probeer om gevoel op te wek om goeie
gevoellings te vaar, en op te eindig met die gevoel van mislukking, as hulle
gevoel nie verander. Dit is ʼn tragiese fout. Geloof is nie gevoel! Geloof is
net bloot ʼn ooreenkoms van die verstand wat iemand vertel vir die waarheid. Dit
is al.
Die woordeboek definieer geloof as:
Geloof is; die instemming van die verstand tot
die waarheid wat deur iemand anders vertel word, en die berusting dat dit op sy
gesag en geloofwaardigheid, en sonder enige bewys; die oordeel wat iemand
anders verklaar en getuig as die waarheid…. Die instemming van die verstand
tot die waarheid van ʼn voorstel van ʼn stelling wat gemaak is deur iemand
anders….1
Dit is die suiwere
geloof van Yahushua. Dit is wat Hy beoefen het in Sy Vader terwyl op aarde was.
Terwyl Yahushua altyd geweet het dat Hy die Seun van Yahuwah is, toe Hy in die
vleeslike gestalte was Hy is nie gebore met die voordeel om versamelde
herinneringe te ondervind met Sy Vader. In plaas daarvan, moes Hy ʼn groeiende verhouding met Sy Vader verkry
deur daaglikse gemeenskap en kameraadskap. As die Seun gebore was om alle
vorige ervarings met Sy Vader te herroep toe Hy in die Hemel was, sou Hy
bevoordeel gewees bo ons; en dus sou Hy nie in staat gewees om ʼn ware voorbeeld
vir ons te wees. Alhoewel Yahushua, ʼn ware voorbeeld is, en laat ons Hom
daarvoor prys! Hy kon versoek word, en Hy was versoek. Dit was werklik waar, en
dit was deel van Yahuwah se plan om sondaars te red. “ “Want dit het Hom betaam, ter wille van wie
alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou
bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. versoek word,
en Hy was versoek. Dit was werklik waar, en dit was deel van Yahuwah se plan om
sondaar te red. “ ( Hebreërs 2 vers 10)
As die Hoofman oor
ons verlossing, het Yahushua geloof in Yahuwah vervolmaak. Dit word gesien in
Sy lewe op aarde. Die Skrif wys ons op die fyn besonderhede van Yahushua se
grootste paaie van geloof: Die versoeking in die woestyn en die kruisiging. By
beide geleenthede van die grootste konflik, het Yahushua oorwin deur geloof in
die Vader te behou. Om dit anders te stel, Yahushua het dit verkies om sy
gevoel te ignoreer, en te vertrou in Sy Vader se beloftes.
Die Verlosser het
geen mag uitgeoefen wat ook nie ons voorreg is, en ook vir ons om dit in
dieselfde manier uit te oefen soos wat Hy
dit gedoen het: deur geloof in Yahuwah. Die feit is dat Yahushua oorwin het
deur geloof in Sy Vader, en dit is bekend wat Hy gesê gedurende die tye van Sy
grootste versoekinge: Hy het die Skrif aangehaal. Self terwyl Hy aan die kruis
gehang het, en Sy uitroep in dood angs. “My EL, My El, waarom het U my
verlaat?” en wat ʼn direkte aanhaling van Psalm 22 vers 1 is. Dit wys ons daarop, terwyl Hy in pyn en doods
angs, en in die oorweldiging van Satan se versoekinge verkeer het, om te twyfel aan Sy Vader se goedheid, het
Yahushua se verstand vasgehou aan die beloftes van Yah.
Psalm 22 is ʼn profesie oor die kruisiging!
Verse 14 tot 16 is ʼn fisiese beskrywing van wat gebeur met die liggaam terwyl
dit aan die kruis hang. Vers 18 beskryf presies wat die Romeinse soldate gedoen
het met Yahushua se gewaad. Die spottery van die priesters soos opgeteken in
Mattheus 27 verse 41 tot 43 was ʼn woord vir woord vervulling van Psalm 22 vers
7 en 8 “ Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud
die hoof en sê: Laat dit aan Yahuwah oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy
het mos behae in hom!
Deur sy verstand
gevul het met die Skrif, het Yahushua geloof beoefen in Yahuwah: Hy het verkies
om sy gevoel te ignoreer van verlatenheid en in plaas daarvan gekies om te
vertrou op die Vader se liefde wat voorheen openbaar is. Dieselfde psalm wat so
duidelik Yahushua se beproewing aan die kruis, en ook die geloof inspirerende
woorde bevat: “ My God, ek roep bedags,
maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie. Tog is U die Heilige wat
woon onder die lofsange van Israel! :5) Op U het ons vaders vertrou; hulle het
vertrou, en U het hulle uitgered.” (Psalm 22 verse 3 tot 5 )
Satan met sy velle
versoekings het die hart van Yahushua gewring. Die verlosser kon nie deur die
poorte van die graf sien. Hoop het nie aan Hom voorgehou dat Hy as oorwinnaar
uit graf sou herrys of Hom te vertel van die Vader se aanvaarding van Sy offer
prys. Hy het gevrees dat die sonde so weersinwekkend is vir (Yahuwah) dat Hulle
verwydering vir ewig sal wees. Christus het die angs beleef wat elke sondaar
sal beleef wanneer daar nie meer genade sal wees vir ʼn sondige geslag. Dit is
die gewaarwording van sonde, wat die Vader se toorn oor Hom laat kom het, as die plaasvervanger vir die
mens, wat die beker so bitter gemaak het wat Hy moes ledig, en wat die hart van
die Seun van (Yahuwah) gebreek het…… Skielik is die duisternis van die
kruis beëindig, en met suiwere trompet klanke wat regdeur die skepping
weergalm, roep (Yahushua) uit “dit is volbring.” “Vader, in u hande gee Ek my
gees oor!” ʼn Lig omring die kruis, en die gesig van die Verlosser skyn
soos ʼn glorieryke son. Toe buig Hy sy
hoof, en sterwe.
In die
teenwoordigheid van die aaklige
donkerheid, en die skynbare verlatenheid van [Yahuwah], is [Yahushua], se
oorskot van alles gedreineer in die beker van menslike smart. In daardie
afgryslike ure het Hy vertrou op die bewys van Sy Vader se aanvaarding wat
gister en eergister aan Hom gegee is. Hy was bekend met die karakter van Sy
Vader, en het Sy regverdigheid verstaan, Sy genade en Sy groot liefde. Deur
geloof het Hy berus in Hom in wie Hy altyd vreugde gevind het om te gehoorsaam.
Deur onderwerping het Hy, en in gebondenheid het Hy Homself aan [Yahuwah]
gewy, en die gewaarwording aan die verlies van Sy Vader se guns het verdwyn. Deur
geloof, was [Yahushua] oorwinnaar.3
Deur Yahushua is
ons verlossing bewerk stellig, sodat ons deur geloof in Hom, Sy oorwinning kan
aanvaar vir ons onthalwe deur geloof. Dit is die geloof wat
die 144,000 verlostes sal besit om voor Yahuwah te staan sonder gebrek. Hulle het die geheim van
verlossing geleer: en ook gekies het om die beloftes van Yah te glo, ongeag
hulle gevoellings, en te vertrou al sou die Hemele val.
Om te twyfel in die
woord van Yah is die grootse struikelblok om te oorkom in die stryd teen sonde
en ons eie ek. Sedert Eva die woord van die slang geglo het (“Julle sal gewis
nie sterwe nie!” Genesis 3 vers 40 en in plaas daarvan die woord van Yahuwah (
“want die dag as jy daarvan eet sal, jy sekerlik sterwe.” Genesis 2 vers 17)
elke seun en elke dogter van Adam het getwyfel in die woord van Yah.
Dit is waar die geloof in Yahushua te staan
kom, en ook met alle ander dinge, is dit ʼn geskenk. “Yahuwah het aan elke mens
ʼn sekere maat van geloof gegee”. ( Lees Romeine 12 vers 3 ) Hierdie maat van geloof
is genoeg, sodat wanneer ʼn persoon bid en vra vir die geloof van Yahushua, die
geloof wat Hy vervolmaak het deur Sy ontberinge, en as hy genoeg geloof het in
Yahushua, en om te glo dat hy die geloof sal ontvang van Yahushua, as hy daarom
vra. Yahuwah het voorsiening gemaak dat elke sondige mens sal oorwin deur
geloof in die beloofde Verlosser.4
So dikwels gebeur
dit dat mense in die begin van hulle Christen reis geloof beoefen, maar dan
verward raak, en dan dink dat hulle iets moet doen as hulle deel vir oorwinning
vir hulle self. Al sulke pogings eindig in mislukking. Hulle beoefen geloof, en
deur te glo dat Yahuwah hulle vergewe
het van hulle sondes van die verlede, maar hulle misluk as hulle nie aanhou om
geloof in Yahushua te beoefen, om aan hulle Sy geloof te verskaf om te oorwin
in die daaglikse versoekings .
Oorwinnende
Christene wat leef in gehoorsaamheid wat jou toelaat om voor Yahuwah te staan
sonder gebrek, word alleenlik verkry as Yahushua in jou woon. Dit is die
verborgenheid wat vir eeue versteek was en vir geslagte, maar nou gemanifesteer
is in die heiliges: “ naamlik die
verborgenheid wat verborge vir eeue en geslagte was, maar nou geopenbaar is aan
sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van
hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die
hoop van die heerlikheid. (Lees Kolossense 1 verse 26 en 27)
Dit beteken dat dit
jou keuse is om te glo dat Yahushua op elke gebied oorwin het waarin jy versoek
word. Dit is jou keuse om te glo, dat Hy die oorwinning gegee wat Hy, vir jou
onthalwe oorwin het. Dit is jou keuse om dit te glo omdat Sy woord sê dit is
waar, en jy benodig geen ander “bewys” om dit te glo. Sy woord is voldoende
omdat wie Hy is: suiwere Liefde, volkome Kennis, volledige regverdigheid en
volslae Mag.
Terwyl geloof ʼn
geskenk is, is daar iets vir jou om te doen en dit is: jy moet kies om te glo.
Kies om te vertrou op ʼn daaglikse basis. Bestudeer Yahuwah se persoonlikheid
van liefde. (1 Johannes 4 vers 8) Vertrou dat Hy behae het in liedevolle
goedhartigheid en regverdigheid ( Jeremiah 9 verse 23 en 24) Geloof wat vertroetel word groei
vinnig. Maak dit ʼn gewoonte om te vertrou, ongeag jou gevoel. As jy die
seëninge ondervind van goeie gevoellings, is jy nie besig om geloof te beoefen.
Geloof word beoefen wanneer jy nie die warm gevoel ondervind, maar eerder
verkies om te vertrou, ongeag jou gevoellings. “ Die geloof dan is ʼn vaste
vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
(Hebreërs 11vers 1)
Maak dit ʼn gewoonte
om uitdrukking te gee aan dankbaarheid vir alles. “Wees altyddeur bly. Bid
sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van Yahuwah in
Yahushua oor julle. (Lees 1
Tessalonisense 5 verse 16 tot 18) Dit is ʼn baie positiewe bevel. As jy dit doen
sal jy ryklik geseën word. As beproewinge opduik, en soos hulle sal in hierdie
lewe, verkies eerder om te vertrou. Soek in elke omstandighede vir iets om die
Hemelse Vader te bedank
Gee uitdrukking van
dankbaarheid aan Yahuwah vir Sy menigvuldige seëninge wat die sleutel is vir
die ontwikkeling van geloof. Die erkenning
vir Yahuwah se gawes bring voort ʼn dankbare hart. Dankbaarheid laat
liefde ontwaak, wat op sy beurt weer geloof ontwikkel wat Hy belowe het om te
doen. Bestudeer die persoonlikheid van Yahuwah.
Aanskou Sy liefdevolle goedertierenheid in Sy handelinge met ander. Dit is veilig om Hom te vertrou!
Aanvaar vandag deur geloof die geloof wat die
Hemel voorsien het, alles wat nodig is jou ewige verlossing: vergiffenis van
sonde van die verlede en die oorwinning oor daaglikse versoekeninge. “Of weet
julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is
nie? Ons is dus saam met Hom begrawe
deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur
die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.” ( Lees
Romeine 6 verse 3 en 4. )
Aanvaar die geskenk
van Yahuwah, en lewe ʼn nuwe lewe deur die aanvaarding van die Hemelse gawe: die
geloof van Yahushua.

Kliek hier
om na die video te kyk!
1 Noah Webster, American Dictionary of the
English Language, 1828.
2 All Scripture references taken from the King
James Version of the Bible.
3 E. G. White, Desire of Ages, pp. 753 and
756, emphasis supplied.
4 E. G. White, Manuscripts, Vol. 6, p. 147.
5 Ons het al die al die heidense name en
titels van die oorspronklike aanhaling oor die Vader en Seun, verwyder en hulle
vervang met die oorspronklike name. – Die WLC span.