World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Hedendaagse Sewe Dae Week: Die Ondersoek na die Geskiedenis van ʼn Leuen.

Christene wat
aanbid op Sondae se gebruike is gegrond volgens die
geloof dat Christus verrys het uit graf op Sondag
.  Jode en Christene aanbid op Saterdag omdat dit
die sewende dag van die week is.  Beide
partye grond hulle geloof, en sodoende ook hulle gebruike, volgens ʼn
veronderstelling.  Die veronderstelling
is dat die verloop van dae nie verander was gedurende die tyd toe die Juliaanse
kalender oorgegaan het na die Gregoriaanse kalender, en dat die hedendaagse
week identies is volgens die Bybelse week is. 
Vir die rede is die “logiese gevolgtrekking,” dat Saterdag inderdaad die
Bybelse Sabbat is, en dat Sondag inderdaad die dag is waarop Christus herrys
het vanuit die graf.  Alhoewel, die feit
is dat die Juliaanse kalender self hierdie veronderstelling as vals bewys het.

ʼn Baie bekende
spreukwoord is dat diegene wat die geskiedenis vergeet het,  verdoem is om die foute van die geskiedenis te
herhaal. Soortgelyks, is diegene wat nooit die feite oor die geskiedenis van
die kalender geleer het, en hulle volle geloof opgerig het op ʼn foutiewe
fondament: die veronderstelling dat die weke se siklus aaneenlopend is, en
sonder onderbreking sedert die Skepping. Dit is van wesenlike belangrikheid vir
almal, ongeag van hulle godsdiens, om die geskiedenis van die Juliaanse
kalender te bestudeer. Deur die samevoeging van al die ontbrekende historiese
feite om die legkaart te voltooi  wat
bekend maak wanneer die aaneenlopende
weeklikse siklus
van sewe dae die standaard geword het vir die meting
van tyd – en was dit nie gedurende die Skepping.

Juliaanse
Kalender Tot Stand Gebring

Die kalender van
die Romeinse Republiek was gegrond volgens die maan se fases. Heidense Romeinse
priesters wat die naam van pous gehad het, was verantwoordelik vir die
regulering van die kalender. Omdat die pouse ook politieke ampte kon beklee,
het dit voorsien aan die geleenthede vir misbruik. Deur die byvoeging1 van
ʼn bykomende maand, en kon die gunsteling politici langer hulle amp beklee,
terwyl as daar nie die nodige byvoeging was, sou dit die termyn van die
politieke opponente verkort.   

Gedurende die tyd
van Julius Caesar, was die maande heeltemal uit lyn met die seisoene. Julius
Caesar het sy reg2 uitgeoefen as pontifex maximus3(hoëpriester)
om die kalender te hervorm, en was dit ʼn omslagtige en onakkurate  kalender.4 

Gedurende
die middel van die 1ste eeu v.C. het Julius Caesar, Sosigenes ʼn Alexandriese
astroloog genooi om hom te adviseur oor die hervorming van die kalender, en het
Sosigenes besluit dat die enigste praktiese stap was om die geheel en al  van die maan kalender afstand te doen. Maande
was gerangskik volgens grondslag volgens die seisoene, en ʼn tropiese (son) jaar
is in gebruik geneem, volgens die Egiptiese kalender…..5

Let wel dat deur
Sosigenes se groort nuwigheid daar afstand gedoen is van die kalandering
volgens die maan:

Die
groot probleem wat enige [kalender] hervormer in die gesig staar is dat daar
blyk te wees geen manier van verandering wat steeds toelaat, dat die maande
inpas is met die fases van die Maan, en die jaar volgens die seisoene.  Benodig dit om ‘n wesentlike breek te maak met
die tradisionele hulpmiddel vir die berekening van ʼn doeltreffende kalender
volgens die seisoene.6  

Om die nuwe
kalender in harmonie met die seisoene te bring benodig dit om ʼn bykomende 90
dae by te tel tot die jaar.  Dit het
plaasgevind gedurende 45v.C., en het dit ʼn jaar 455 dae geskep.  “Hierdie jaar van 455 dae is  in  algemeen 
deur chronoloë genoem die jaar van verwarring, en baie gepas deur
Marcrobius genoem die laaste jaar van verwarring.”7 Die eerste
stukkie van die legkaart vir die vasstelling van die waarheid van die kalender,
is om te besef dat die Juliaanse week van 45v.C., nie gelyk het soos die
Juliaanse week toe Pous Gregorius  XIII
dit verander het, en sodoende nie lyk soos die hedendaagse Gregoriaanse week
van vandag. Dit is die eerste veronderstelling wat deur beide die Jode en
Christene gemaak word, ongeag die dag waarop hulle aanbid.8   

Die Juliaanse
kalender, soortgelyk as die calender van die Republiek tevore, het bestaan uit
ʼn agt dae siklus.

Die Romeinse agt
dae week was bekend as die internundinum tempus of “die tydperk tussen die
negende dag aangeleenthede.” (Hierdie term moet verstaan word in die konteks
van die antieke Romeinse wiskundige gebruike van ingeslote telling, waardeur
die eerste dag van die siklus ook getel word as die laaste dag van die
voorafgaande siklus.9) Die “negende dag aangeleentheid” rondom
waarom hierdie week gedraai het, was die nundinae, ʼn  wedekerende mark dag wat gereeld gehou was
elke agt dae.10

Die vroeë Juliaanse
kalenders was nie saamgestel in roosters soos die hedendaagse kalenders, maar
was die datums gelys in kolomme, waar die dae van die week aangewys is deur die
letters van A tot H.11 As voorbeeld, het Januarie begin met dag “A”
en het dit verder deur beweeg tot die agtste dae van die week, met die laaste
dag van die maand as dag “E.” Verskillend van die Hebreeuse kalender, het die
Romeinse kalender ʼn aaneenlopende weeklikse siklus gehad.  Omdat Januarie geëindig het op dag “E,” het
Februarie begin op dag “F.” Soortgelyk, het Februarie geëindig op dag “A,” en
het Maart begin op “B”: 

A k12 Jan F k Feb B k Mar
B G C
C H D
D A E
E, ens. B, ens. F, ens.

Die volgende is ʼn
herkostruksie13 van die Fasti Antiates, die enigste bekende voor
Juliaanse kalender wat bestaan,14 en terug dateer tot die 60 jaar
v.C., wat gevind is op die terrein van Nero se Villa te Antium.

voor Julaiaanse kalender

Die Fasti Antiates – se herkonstruksie is die enigste voor Julaiaanse kalender wat bestaan.

Hierdie kalender
was geverf op gips met die letter A wat in rooi geverf is om die begin van die
week aan te dui. Die maande is gerangskik in 13 kolomme. Januarie op die
linkerkant, begin op dag “A” en eindig op dag “E.” Aan die onderkant van elke kolom
is groot Romeinse nommers wat wys op die aantal dae in daardie maand. Die verre
regterkant se kolom is die 13de bygevoegde maand. Daar is bykomende te sien is
naas die letter van die week. Dit het aangedui watter soort van besigheid kon
gedoen kon word op daardie dag.

Al die voorbeelde
van die Juliaanse fasti, of kalenders dateer vanaf Augustus 15 (63 v.C. tot
14n.C.) tot die tyd van Tiberius (42 v.C. tot 37 n.C.) As die veronderstelling
reg is dat Saterdag die Bybelse Sabbat is omdat die weeklikse siklus nie
onderbreek is, met die kalender verandering vanaf die Juliaanse kalender na die
Gregoriaanse, kan dit maklik bewys word deur die vroeë kalenders wat nog steeds
bestaan.   ʼn Voorbeeld van die Juliaanse fasti is op
hierdie klip gedeeltes van klip bewaar, en voorsien dit aan die bevestiging van
die tweede bewys vir die legkaart, en vir die vasstelling van waarheid oor die
kalender geskiedenis. Die agt dae week is duidelik waarneembaar op hulle en
bevestig dit dat die agt dae week was steeds ingebruik deur die Romeine
gedurende, en die onmiddelike opvolg van die lewe van Christus. 

juliaanse fasti

Dit is belangrik om
te onthou dat die Bybelse week as ʼn individuele eenheid van tyd omskryf word in
Genesis 1, en bestaan dit net uit sewe dae: ses werksdae wat opgevolg word deur
ʼn Sabbatsrus op die laaste dag van die week. Die agt dae weeklikse siklus
volgens die Juliaanse was in gebruik gedurende die tyd van Christus. Alhoewel
die Israeliete nie die sewende dag Sabbat sou onderhou het volgens die die agt
dae weeklikse siklus van die Juliaanse kalender.. Dit sou vir hulle afgode
diens gewees het. Self die toe die Juliaanse week verkort is tot sewe dae ʼn
week, het dit nie ooreengestem met die siklus van die Bybelse week, en ook het
dit ooreengekom met die hedendaagse week wat ingebruik is   vandag.

Sewe – dae week
volgens die Planete

Die aftakeling van
die agtdae Romeinse week was veroorsaak deur twee omstandighede: A) die
uitbreiding van die Romeinse Ryk16 wat die Romeine blootgestel het
aan ander godsdienste en op sy beurt, daartoe gelei het dat tot B) die opkoms
van die kultus van Mithra.17 Die rol wat Mithraïsme gespeel het in
die herstrukturering van die Juliaanse week is van betekenis dat dit in sterk
mededinger was van die vroeë Christendom.18

Dit blyk of daar ʼn
soort van geestelike genie beheer gehad het oor die heidense wêreld, en dit so
bestel het dat die heidense planetêre week ingestel moes word net op die regte
tyd, vir die mees gewilde Son kultus van alle eeue om saam te gaan om die dag
van die son te verhef bo en meer heilig as al die ander dae. Dit was veseker
nie sonder toeval.19  

Deur
hierdie twee feite, het die Juliaanse kalender begin met die eeue lange evolusionêre
proses wat geëindig het in die soos ons dit vandag ken. Die oorspronklike sewe
dae planetêre week is die derde, en laaste gedeelte van die legkaart, en is dit
die bewys dat Saterdag nie die Bybelse Sabbat is, en ook nie dat Sondag die
eerste dag is van die Bybelse week. Hierdie verandering het ʼn paar honderd jaar
geneem. Franz Cumont, wat groot en deels gesien word as ʼn groot gesag oor Mithraïsme,
verbind die aanvaarding van die sewe dae week deur die Europeërs aan die aan
die gewildheid wat Mithraïsme gehad in heidense Rome:

Dit
moet nie betwyfel word dat die verspreiding van die Iranse [Persiese]
geheimenisse dit ʼn aansienlike aandeel gehad het vir die heidene se algemene
aanvaarding van, die week met Sondag as ʼn heilige dag. Die name wat ons
gebruik, en onbewus is van die ander ses dae, is in gebruik geneem op dieselfde
tyd toe Mithraïsme sy volgelinge gewen het in die provinsies van die Weste, en
dat ons nie haastig moet wees  die
vasstelling van die verband van sy oorwinning, en die verskynsel van die
gepaardgaande omstandighede.20  

Deur Astrologie en
Godsdiens Onder die Grieke en Romeine, benadruk Cumont verder die invloed van
hulle heidense oorsprong, en die onlangse aanvaarding van die sewe dae week met
Sondag as sy heilige dag:

 “Die voorrang wat gegee is aan die dies Solis
[die dag van die Son]  het verseker
daartoe bygedra vir vir die algemene erkenning van Sondag as ʼn vakansiedag. Dit
word verbind met die meer belangrike feit, naamlik die aanvaarding van die week
deur al die Europese nasies.21

Die geweldige
betekenis oor hierdie aangeleentheid vir Christene word gevind in die feit dat
Sondag  nie die dag kan wees waarop
Christus verrys het uit die dood, omdat Sondag nie bestaan het volgens die
Juliaanse kalender gedurende die dae van Christus. Ook kan Saterdag ook nie die
Bybelse sewende –  dag Sabbat wees omdat
die die heidense week volgens die planete oorspronklik begin het op Saterdag.

Die volgende
tekening van ʼn stok kalender word gevind by die Baddens van Titus ( wat opgerig
is gedurende 79 tot 81 n.C.) en voorsien dit aan ʼn verdere bewys dat nie een
van beide die Bybelse Sabbat of die dag van Christus se opstanding kan ooit
gevind word deur die gebruik van die Juliaanse kalender. Die sirkel in die
middel bevat die 12 tekens van die diereriem wat ooreenkom met die 12 maande
van die jaar. Die Romeinse nommers in die linker en regte kolomme dui die dae
van die maand aan. Regoor die die boonste gedeelte van die stok kalender
verskyn die sewe gode van die  heidense
Romeine volgens die planete.

seven day week - planetary week - stick calendar
Romeinse Stok Kalender

Saterdag, (of dies
Saturni – die dag van Saturnus) was die besonderse eerste dag van die week, en
nie die sewende. Soos die god van die landbou kan hy gesien word in die
geskikte posisie van belangrikheid geplaas, met die hou van ‘n sekel as
simbool. Volgende, op die tweede dag van die heidense week volgens die planete,
word die songod gesien met die strale van lig wat uitstraal van sy hoof. Sondag
was oorspronklik die tweede dag van die week volgens die planete en was dit
bekend as dies Solis. Die derde van die week was dies Lunae (dag van die Maan –
Maandag). Die maan godin word gewys met die dra van ʼn horing sekelmaan as kroon
op haar hoof. Die oorblywende gode volg in orde: dies Martis (dag van Mars);
dies Merurii (dag van Merkurius); dies Jovis (dag van Jupiter); en dies
Veneris( dag van Venus), die sewende dag van die week.22

Toe die gebruik van
die Juliaanse kalender met sy onlangse aangenome heidense week volgens die
planete versprei het in die Noorde van Europa is die name van die dae, dies
Martis regdeur tot dies Veneris vervang deur die Teutoonse gode.23 Die
Dag van Mars het Tiw`s Dag geword (Dinsdag); Dag van Merkurius, het Woden`s Dag
geword (Woensdag); Dag van Jupiter het Thor`s Dag geword (Donderdag); en die
Dag van Venus het Friga`s Dag geword (Vrydag).24 Die invloed van die
heidense astrologiese dag name word steeds vandag gesien. Tale wat gegrondves is
op Latyn, soos Spaans, behou die astrologiese name vir Maandag regdeur tot
Vrydag, en met die Christen invloed wat gesien word in hulle woorde vir Sondag
(Domingo, of dag van die Here) en Saterdag (Sabado, of Sabbat).

Volgens Rabanus
Maurus (776 tot 856 n.C.), die aartsbiskop van Mainz, Duitsland, het Pous
Sylvester 1 probeer om die dae van die week volgens die planete te verander om
dit in ooreenstemming te bring met die name van die Bybelse week: Eerste Dag
(eerste feria), Tweede Dag (tweede feria), ens.25 Bede, die “Agbare,”
(672 tot 735 n.C.) die beroemde Engelse monnik en geleerde, het ook verslag
gedoen oor Sylvester se pogings om die heidense name te verander van die dae
van die week. In die De Temporibus, verklaar hy: “ Dat die heilige Sylvester beveel
het dat hulle die genoemde feria verander, na die benaming  as die eerste dag van die “Here,” sodat dit
die Hebreeuse name navolg wat [hulle] as die eerste dag van die week, en die
tweede dag van die week noem, en so ook al die ander noem.26Ahoewel,
die astrologiese name diep ingewortel is. Terwyl dit deur die amptelike
termologie van die Roomse Katolieke Kerk dit die Dag van die Here sou bly, en
as die Tweede Dag, Derde Dag, ens., het die meeste lande bly vaskleef aan al
die name of gedeelte van die planetêre name vir die dae.

Die
astrologiese invloed is selfs meer duidelik benadruk onder die hand van die
Romeinse Ryk, waar die Christendom veel later versprei het. Die Engelse,
Hollanders, Britte, Walliesers, en die Skotte was die enigste Europese tale wat
die oorspronklike name van die sewedae planetêre week bewaar het, en in gebiede
waarvan gepraat is as vry van enige Christen invloed gedurende die eerste eeue
van ons tydperk, toe die astrologiese week versprei is regdeur die Ryk.27

“Die  kerklike manier van die benaming van die
weeksdae was aangeneem by geen ander nasie, as  alleenlik met die uitsondering die Portugese
wat alleenlik die name van Segunda Feria (tweede weeksdag) gebruik het ens.”28

Die feit is dat
beide die Juliaanse kalender en die week volgens die planete aanvaar is vir
gebruik deur die Christene, en openbaar dit die samesmelting van die Christendom
met heidenisme waaroor die apostel Paulus waarsku toe hy geskrywe het:

Want
die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat
nou teëhou29, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtighede
openbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die
verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,hy wie se koms is volgens die
werking van Satan met alerhande kragtige dade en tekens en wonders van die
leuen,en  met allerhande verleiding van
ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle vdie liefde tot die
waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal Yahuwah hulle
die krag van dwaling stuur, om die leuen te glo.sodat almal geoordeel30
kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die
ongeregtigheid.31

Die planetêre week,
soos die Juliaanse kalender wat dit aangeneem het, is onherstelbaar heidens. Historiese
feite openbaar dat nie een, die Bybelse Sabbat of die Bybelse se Eerste Dag kan
gevind word deur die gebruik van die hedendaagse kalender. As dit belangrik is
om om op ʼn bepaalde dag te aanbid, dan is dit ook belangrik om te weet watter
kalender om te gebruik vir daardie bepaalde dag, dan is dit ook belangrik om te
weet watter kalender om te gebruik, en openbaar dit wie aanbid word: die Eloah van
die Skepping, of die god van hierdie wêreld wat die leier is van rebellie teen
die Skepper. Elke Godheid/godheid het SY/sy eie kalender waardeur daar aanbid
kan word. Beide Saterdag en Sondag (sowel as Vrydag) is heidense aanbidding
dae.

Watter kalender sal
jy gebruik vir die bevestiging van jou aanbidding dag?

_________________________________________________

Verwante Artikels:


1.Byvoeging: deur die byvoeging van bykomende dae of maande, en om die korter
jaar volgens die maan in lyn met die son jaar bring. Omdat  daar geglo is dat byvoeging “ongeluk”
veroorsaak, het die priesters gehuiwer om gedurende die Puniese Oorlog (218 tot
201 v.C.) enige veranderings te maak, en sodoende die kalenders effens vanaf
die seisoene gedwing.

2.Julius Caesar was gekies as pontfex maximus gedurende 63 v.C. (James
Evans, “Calendars and Time
Reckoning”, The History and Practice of Ancient Astronomy
, Oxford
University Press, 1998, p. 165.)

3.“Pontifex Maximus” is die titel wat uitsluitelik vir die pous voorbehou
word. Hierdie is ʼn baie gepaste naam soos die Gregoriaanse kalender wat nou in
gebruik is, en dit beide heidens en pouslike kalenders is, wat gegrondves is
volgens die heidense Juliaanse kalender, en gewysig is deur, en ook vernoem is
na ʼn pous. 

4.Vir die orde om ʼn byvoeging te verklaar, moes die pontifex maximus in
Rome wees gedurende Februarie. Omdat Julius Caesar betrokke was in verskeie
oorloë, kon daar net een byvoeging verklaar word sedert hy sy amp bekleë het.
In ʼn brief aan Atticus, gedateer 13 Februarie, 50 v.C., het Cicero gekla dat hy
tot nog nie weet of daar ʼn byvoeging sal wees later in die maand.

5.“The Juliaanse Kalender,” Encyclopædia
Britannica.

6.Ibid., nadruk voorsien

7. .ʼn Woordeboek van die Griekse en Romeinse Antieke Tyd deur: William
Smith LL.D., William Wayte, M.A., George E. Marindin, M.A., eds., London,
William Clowes and Sons, Ltd., 1890, Vol. I, p. 344. Digitized by Google.

8.Hierdie veronderstelling word nie deur geleerdes gedeel.  Die Jode erken dat die rabbynse kalender wat
nou in gebruik is, nie die kalender van Moses is, en Christen geleerdes erken
dat die Bybelse kalender verskillend werk. 
Sommige erken ook wanneer die sewende – dag Sabbat bereken word volgens
die Bybelse kalender, dat die sal ooreenstem met Saterdag as die Sabbat.

9.J. P. V. D. Balsdon, Life and Leisure in Ancient Rome, (New York:
McGraw-Hill, 1969) p. 59; P. Huvelin, Essai
Historique sur le Droit des Marcheés et des Foires
(Paris: Aruthur Rousseau,
1897), p. 87; Ovid, Fasti (Cambridge, MA: Harvard University Press, 1951), p.
6; Alan E. Samuel, Greek and Roman
Chronology
(Munich: C. H. Beck’sche Verlagbuchhandlung,
1972), p. 154.

10.Eviatar Zerubavel, The Seven Day
Circle: The History and Meaning of the Week,
(University of Chicago Press,
1985), p. 45.

11.Zerubavel, op.cit.,158; Balsdon, op.cit., p. 60; Francis H. Colson, The
Week, (Cambridge, England: Cambridge University Press, 1926), p. 4; W. Warde Fowler,The Roman Festivals of the Period of the
Republic (
Port Washington, New York: Kennikat Press, 1969), p. 8; P.
Huvelin, op.cit., p. 88; Alan E. Samuel, op.cit., pp. 153-154; Ovid, op.cit.;
Hutton Webster, Rest Days, (New York: MacMillan) p. 123; W. E. van Wijk, Le
Nombre d’Or (The Hague: Martinus Nijhoff, 1935), pp. 24-25.

12.Kalendæ: die eerste dag van die maand.

13.Palazzo Massimo Alle Terme, ed.
Adriano La Regina
, 1998.

14.Vir bykomende inligting, Lees die: “The Calendar of the Roman Republic
by A. K. Michels (Princeton, 1957).”

15.Augustus Caesar was die eerste Romeinse Keiser, en word hy vermeld in
die Bybel. Sy opkommandering vir belasting doeleindes, het Maria en Josef na
Bethlehem gelei net op tyd vir die geboorte van Christus. ( Lees Lukas 2 vers 1. ) Omdat die
Romeinse metode van telling inklusief is, was is skrikkeljare aanvanklik
bygevoeg elke drie jaar. Om bykomende tyd in ooreenstemming te bring, het
Augustus ʼn dekreet uitgevaardig dat geen jare bygevoeg moet word vanaf 8 v.C.
tot 8 n.C.  Die agste maand is na hom
vernoem tot sy verering.

16.Zerubavel, op.cit., p. 46; Huvelin, op.cit., pp. 97-98.

17.R. L. Odom, Sunday in Roman
Paganism,
(TEACH Services, Inc., 2003; original copyright: Review and
Herald Publishing Association, 1944), p. 157.

18.Baie van die mees belangrike beginsels van die Christendom het ʼn
teëbeeld in Mithraism, die Christendom word genoem die navolging  van Mithraism. Diegene wat daarna soek om die
Christendom in ʼn swak lig te stel verwys dikwels na die ooreenkomste tussen die
twee godsdienste.

19.Odom, op.cit.

20.Franz Cumont, Textes et Monumnets
Figures Relatifs aux Mysteres de Mithra,
Vol. I, p. 112, as quoted in ibid,
p. 156.

21.Page 163

22“Astrologie, is verheidense astronomie, wat toegewys is  aan elkeen van die 24 ure van ʼn dag aan ʼn
planetêre god in die orde van sy veronderstelde posisie bo die
aarde……Voortaan, as Saturnus heerskappy besit oor die eerste uur van die
dag, word dit die dag van Saturnus genoem….Omdat die laaste uur van die die
dag van Saturnus is, en dit toegewys aan Mars, die eerste uur van die volgende
dag behoort aan die Son, die volgende god in die rangorde. Dit veroorsaak dat
die Son die heerskappy besit van daardie dag, so dat dit genoem word, “die dag
van die Son (Sondag).” R. L. Odom, How
Did Sunday Get Its Name?
(Nashville, Tennessee: Southern Publishing Assoc.,
1972), p. 10 & 11. Ibid., p. 5.

23.Ibid., p. 5.

24.J. Bosworth and T. N. Toller, “Frig-dæg”, An Anglo-Saxon
Dictionary, 1898, p. 337, beskikbaar gestel deur die: Germanic Lexicon Project; Odom, How
Did Sunday Get Its Name?
op.cit. See also “Friday” in Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 2nd
edition, 1983.

25.Lees Rabanus Maurus, De
Clericorum Institratione
, Book 2, ch. 46, in J. P. Migne, Patrologia
Latina.

26. Lees  Bede, Patrologia Latina, Vol. 90, op. cit.

27.Zerubavel, op.cit., p. 24.

28. “Feria”, Catholic Encyclopedia, see Vol. 6 p. 43, or
www.newadvent.org.

29“Teëhou:” #2722 – om vas te hou, besit of om besit te neem; Hierdie
woord se betekenis is “om stewig vas  te
hou”….. deur sondige mense wat die verspreiding van die waarheid beteuel deur
hulle ongeregtigheid.” (The New Strong’s Expanded Dictionary, Thomas Nelson
Publ. 2001.) Dit is ʼn gepaste woord om te beskryf wat was gedoen met die
samevoeging van heidenisme met die Christendom.

30.(#2929): Om te verdeel of om te af te skei, om te onderskei tussen, of
om vonnis te vel oor. “ Om oordeel aan te kondig” (ibid.)

31II Thessalonicense
2: verse 7 tot 11.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.