“Meer as die grootste
liefde deur die wêreld
geken,
dit
is die liefde wat Ek aan jou gee alleen”
Nino
Oliviero
Die hunkering om gekoester, waardeer en kosbaar te
wees, is basies aan elke persoon. Die meeste mense soek vir daardie gevoel van
vervulling en volmaaktheid in `n maat. Of daardie maat `n “metgesel” van
dieselfde geslag is,`n klomp verhoudings op `n streep met geen blywende
toegewydheid, of `n verhouding met `n lid van dieselfde geslag, is die dryfveer
agter sulke verhoudings die verlange om iemand te vind wie jou werklik aanvaar,
liefhet en waardeer vir wat hy-of sy self is.
Flieks, verhale en populêre musiek dra almal by tot die oortuiging dat tensy jy verenig is met
die “Liefde van jou lewe,” is jy onvolmaak en, gevolglik, nie instaat om ware
vreugde te ervaar nie. Liedjies soos “How Am I Suppose To Live Without You,” 1
“I’m Saving All My Love (For You),” 2 “Endless Love,” 3 en
vele meer, fokus op “romantiese liefde.” Menigtes word gelei om te glo dat
indien hulle nie `n menslike maat het, wat hulle daardie alles – verterende,
passie belaaide emosies soos in die liedjies voorgestel, laat voel nie, is daar
`n te kort in hul lewens. Hierdie gevoelens kan veral intens wees onder
enkellopendes.
Die hunkering na eenheid met iemand anders wie jou verstaan,
liefhê en aanvaar vir wie en wat jy is (sowel as vir wie en
wat jy nie is nie!) was deur die Skepper Homself ontwerp. Dit is `n baie belangrike
deel daarvan om werklik gelukkig en tevrede te wees omdat ons met die behoefte geskep was om so `n verhouding met
iemand anders te hê. Die
probleem is, Satan het baie gelei om vir daardie verhouding in `n verkeerde
plek te soek, met die verkeerde “iemand anders.”
Die apostel Paulus het `n duidelike waarskuwing
teenoor sulke dwalinge gegee:
8Pas op
dat niemand julle as `n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding
nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van
die wêreld en nie volgens [Yahushua] nie.
9Want in
Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
10en
julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;
(Kolosense
2: 8–10)
Om “vervuld” te wees beteken om jou behoeftes en verlangens,
ten volle en geheel en al vervuld te hê. Om die volmaaktheid te hê, is waarna almal hunker. Maar volgens die Skrifte is
enige oortuiging dat jy volmaaktheid en vervulling vind in enigiemand anders as
die Heiland, `n “oorlewering van die
mense” vol van “nietige misleidings” wat julle net as “buit sal wegvoer.”
Die waarheid is, dat slegs Yahushua kan in die behoefte van die menslike hart vir
liefde, aanvaarding en insig met mekaar voorsien. Die enigste ware salf vir die
eensaamheid wat deur elkeen
(ongetroudes en getroudes) ondervind word, is `n nabye, intieme verhouding met
Hom.
Dit is
baie moeilik vir die menslike wesens om hierdie eenvoudige dog magtige waarheid
te aanvaar. Waarom? Omdat die nietige wysbegeertes van die wêreld elke deel van onderig binnegedring het, selfs die
godsdienstige wêreld.
Hierdie filosofië is magtig omdat
hulle hul oorsprong met die vader van leuens (Satan) het. Hulle is gewild omdat Satan se leuens in die
smaak val van ons natuurlike (menslike) redenasie, gevoelens en behoeftes.
Geestelike waarhede het nie hierdie voordele nie. In 1 Korinthiërs 2:14 word ons vertel:
14Maar
die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van (Yah) nie aan nie; want dit
is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik
beoordeel word.
Geestelike waarheid blyk dwaas te wees vir ons
natuurlike denke omdat dit radikaal verskil van die nietige oorlewering en
tradisionele onderig van hierdie wêreld. Hoe betekenisvoller
en magtiger die waarheid,
hoe radikaler skei dit van die leerstellinge, en hoe dwaser kom daardie
waarheid aan ons natuurlike denke voor.4
Die gemeenskap en die gewilde media dra almal by tot
die oortuiging dat sonder `n menslike maat, sulke vervulling onmoontlik is om
te ondervind. Die behoeftes vir eensgesindheid met iemand anders maak dat
enkelinge huiwer om daardie vervulling in hul Maker te vind. Ons het so
geïndoktrineerd
geraak in die oortuiging dat volmaaktheid net deur `n ander
persoon kan kom, sodat baie vrees dat `n intieme verhouding met Yahuwah nie in al hul behoeftes kan voorsien nie. Maar,
hoe kontrasterend dit ookal mag voorkom, openbaar die Skrifte dat slegs die
Skepper by magte is om elke area van die
menselike lewe te vervul.
Enkellopendes wie na vervulling en gemeensaamheid met
iemand anders verlang sal dit in dieselfde plek vind waar getroude pare dit
vind: net in Yahuwah. Dit is vir die meeste mense moeilik om te verstaan maar
as mens die tevredenheid van eensgesindheid wil ervaar, moet dit deur geloof
aanvaar word “want wat dwaas is by [Yahuwah], is wyser as die mense, en wat
swak is by [Yahuwah], is sterker as die mense” (1 Korinthiërs 1: 25)
`n Man het die paradox tussen geestelike werklikheid
en Satan se leuens goed beskryf toe hy skryf van Yahushua se vertoon van Yahuwah
se wysheid.
Dit
lyk of ek Hom my lewe lank verbeel het
As
die wysste van die ganske mensdom
Maar
as [Yah] se heilige wysheid dwaas is vir die mens,
Moes
dit lyk of hy sonder insig is.
Want
self sy familie het gesê Hy was
gek,
En
`n priester sê dis `n
demoon se skuld.
Maar
[Yah] in die vorm van die “kwaai” jong man
Kon
nie volmaak verstandiger voorkom nie.
Toe
ons in ons dwaasheid gedink het ons is wys
Het
hy die dwaas gespeel en ons oë
geopen.
Toe
ons in ons swakheid glo ons is sterk,
Het
hy hulp`loos geword om te wys ons is verkeerd.5
Diehuiwering om te aanvaar dat Yahuwah in enige van ons behoefte om vervuld
en volmaak te wees kan voorsien in die twee areas waarin enkelinge die meeste
worstel is 1.) eensaamheid en, 2.) seksuele passies. Dit maak nie aan die
menslike verstand sin dat Yahuwah hierdie areas kan vervul nie. Dit is
“menslike” worstelinge. Hoe kan Yahuwah ten volle vir `n vrou se eensaamheid
vir kameraadskap voorsien? Hoe kan hy `n man se seksuele behoeftes bevredig?
`n Te kort
aan geloof van wat Yahuwah beloof het Hy sal doen, het die uitvloeisel geword
van baie ongelukkige huwelike. Baie mense is tevrede met `n minder-ideale
vennoot eenvoudiglik net omdat die dryfveer om hierdie twee areas te bevredig
so intens is dat hulle nie glo (of self weet) dat Yahuwah ook in hierdie twee
areas kan voorsien nie.
Eensaamheid
Kom ons
wees openhartig: as dit nie vir eensaamheid was nie, sou die meeste mense verkies het om alleen te lewe. Jy sou
nie vir enigiemand anders se behoeftes verantwoordelik hoef te wees nie of om
hul verskille hoef te respekteer nie. Jy kan eet wanneer jy wil, versier soos
jy wil, jou geld en jou tyd spandeer hoe jy wil – alles sonder om met iemand
anders te beraadslaag. Jy kon doen wat
jy wou, wanneer jy dit wou doen.
Maar diebehoefte om geliefd te voel vereis
dat om `n intieme verhouding met `n geliefde ander een te hê sodat die pyn van
onvervuldheid en eensaamheid sal eindig. Dan, leer die wêreld se filosofie ons dat enige verhouding met enige
geliefde ander aanvaarbaar is solank as dit wil voorkom om die probleem van
eensaamheid op te los, mens vry moet voel om daardie verhouding te beëindig en een te vind wat vervul. As tradisie het die
Christelike kerk `n radikaler benadering verkondig
in die oplossing van die
eensaamheidsprobleem. Die kerk het ooreengestem dat eensaamheid `n probleem is
wat opgelos moet word in `n verhouding met `n geliefde ander… Maar, gewoonlik
voeg die kerk `n paar Bybelse riglyne by wat dit baie meer beperkender as die wêreldse filosofie maak rakende daardie verhouding.
Tradisioneel het die kerk geleer dat die enigste aanvaarbare verhouding, die
huwelik is (Gen 2:24), en die enigste aanvaarbare belangrike ander is een van
die teenoorgestelde geslag. (Gen 1:27; 2:23).6
Die feit is dat die huwelik nie die vervulling en kompleetheid voorsien waarna die mense hart `n
behoefte aan het nie. Die oortuiging dat `n mens intieme verhouding met `n
ander persoon in die behoefte- na kompleetheid kan voorsien, is so `n diep ingewortelde
menslike filosofie sodat baie mense,
wanneer met die realiteit van ongelukkige huwelike gekonfronteer word, steeds
kleef aan die oortuiging dat hulle huwelik
anders sal wees – as hulle maar net
die regte maat kan vind.
Dit is `n leuen wat te veel mense hulleself vertel dat
“My man/vrou sal my nie so behandel nie. Ek sal nie `n man/vrou trou wat dit sou
doen nie!” Maar die waarheid is dat die mense `n Yah- gegewe reg vir Vryheid
van keuse het. `n Huweliksmaat wat perfek voorkom in mens se 20’s mag, vyftien
of twintig jaar later, `n karakter ontwikkel het, deur persoonlike lewens
keuses wat so breed verskil van wat voorgehou was terwyl sy nog jonk was.
Daar is drie soorte eensaamheid: 1) eensaamheid voor die huwelik; 2) eensaamheid in die huwelik; 3) eensaamheid na die huwelik. Die enigste verskil
tussen eensaamheid voor die huwelik en eensaamheid na die huwelik is dat die
eensaamheid binne in die huwelik mense laat besef dat die huwelik aan `n
menslike maat eensaamheid nie wegneem nie.
In teenstelling daarmee, kan jy eintlik nog eensamer voel in `n huwelik, wanneer
die skrynende verskil tussen wat jy dink moet wees en wat eintlik is, baie
nader aan die werklikheid is. Te dikwels raak huwelike `n bespotting van al die
drome wat mense voor die huwelik gehad het.
Die enigste verhouding wat die hele hartsbehoeftes van
die menslike siel bevredig is die persoonlike verhouding wat elke indiwidue met
die Verlosser het. Net Hy kan in jou behoeftes voorsien, jou onvoorwaardelik
liefhê, jou drome en ambisies ondersteun, jou aanvaar vir wie jy is (en wie jy
nie is nie), en jou help om te groei om die regte persoon te wees waarvoor jy
geskape is. Slegs eengesindheid met jou Maker sal die eensaamheid van die hart
bevredig. Yahushua het Sy eie missie verduidelik: “Ek het gekom, dat hulle lewe
in oorvloed kan hê.” (Johannes 10:10).
Mense, veral vroue, wie nooit getrou het nie, word
dikwels versoek om onvervuld te voel asof ware geluk hulle vermy het. Die
behoefte om getroude liefde te ervaar, die behoefte om seksuele intimiteit te
deel, die smagting om `n kind te hê, kan die vele vreugdes van die lewe
oorskadu wat in mens se lewe bestaan.
Dit is `n tragiese fout vir enigeen om die jare van sy
of haar lewe weg te kwyn, deur te hunker na wat hy of sy nooit gehad het nie.Gevoelens is die gevolge van gedagtes. Die denke oordeel nie outomaties of die
gevoelens reg of verkeerd is nie. Die gevoelens is eenvoudig maar net die
uitvloeisel van ons denke. Indien `n enkeling sou peins oor gevoelens van
onbevoegdheid en verwerping, is dit `n ope uitnodiging van Satan om te kom en
om te teister met spyt en verlangenes. Die gawe van Yahuwah is `n vervulling
deur kammeraadskap en vreugde in en met Hom. Hierdie vervulling is iets wat
hierdie sondige wêreld nooit kan voorsien nie. Dit is vér werkliker as enigiets
ondervind deur `n menslike maat.
Yahuwah het die
antwoord verskaf vir alle behoefte ondervind deur die skepsele wat Hy gemaak
het. Die behoefte om die lewens wat geskenk is te ondersteun was bevredig deur
voedsel, water en lug deur Yahuwah geskape. Die behoefte aan musiek was vervul
deur die liedjies van voëlgesang. Die behoefte aan verstandelike stimulasie
word voorsien deur die vele wonders van Yah se skepping, en die diepe waarhede
wat in Sy Woord aangeteken is wat spys vir studie sal voorsien regdeur die
eindelose eeue van die ewigheid heen! Jou Yah – geskape behoefte vir `n intieme
verhouding met iemand anders kan slegs deur die Skepper vervul word.
Die Bybel openbaar presies hoe jy algehele
kompleetheid in jou lewe kan ervaar, wat jou instaat stel om `n ryke lonende lewe
as `n enkellopende te geniet: jy moet eerste dinge eerste stel. “Maar soek eers
die koningryk van [Yah], en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir jou
bygevoeg word.” (Mattheüs 6:33 OV)
Die pyn van eensaamheid is slegs `n simptoon dat ons
behoefte om geliefd en gekoesterd te voel nie doeltreffend voorsien word nie.
Hoe minder doeltreffend hierdie behoefte bevredig word, hoe meer voel ons die
pyn en eensaamheid. Wanneer ons eerste dinge eerste stel is [Yahuwah] nie net
by magte om hierdie behoefte met Sy wonderwerkende genade te bevredig nie, Hy
is selfs bevoeg om hierdie behoefte te vervul deur `n intieme verhouding met
ander menslike wesens. Ons behoefte om regverdigheid te verkry laat Sy Heilige
Gees toe om ons harte te vervul met die onvoorwaardelike liefde van [Yahushua]
(die onvoorwaardelike liefde van [Yahushua] is niks minder as [Yah se] agape
liefde) nie. Hierdie liefde is so vervullend dat ons verplig is om dit met
andere te deel. Namate ons hierdie onvoorwaardelike liefde van [Yahushua] met
andere wie ontvanklik is, deel, sluit ons siele `n band met hul siele en ons
vorm geestelike verhoudinge . . . .
Deur eerste dinge eerste te stel, laat enkelinge toe
om die vreugde te ervaar wat getroude paartjies ontvang uit `n intieme
verhouding met `n ander persoon. Baie mense dink verkeerdelik dat die vreugde
van daardie intimiteit ontvang word deur seksuele gemeenskap, maar dit is nie
die geval nie. Die intimiteit wat vreugde verskaf aan `n huwelikspaartjie word
deur die Gees van [Yah] in hul siele gevorm. Dit veroorsaak dat hulle op `n
veel dieper vlak verenig word as net die vleeslike. Tensy hulle die intimiteit
van siel tot siel geniet, sal hul seksuele intimiteit geen ware vreugde verskaf
nóg volhoudende bevrediging. Die te kort aan hierdie insig het veroorsaak dat
vele huwelike in skeisake eindig en vele meer net in naam bestaan.7
Yahuwah het die behoefte in jou hart geskep vir
verlange na `n intieme verhouding met `n ander. Die filosofie van die mens,
aangehits deur Satan, het baie gelei om dit te soek in `n ander persoon. Maar
net in jou Skepper sal jy daardie behoeftes vervuld vind. Aanvaar deur geloof
dat Hy wie jou ontwerp het ook die bevoegdheid het om aan jou te voorsien –
selfs die behoefte van kameraderie met `n ander wat die antwoord vir die
hartsgeroep van eensaamheid sal bevredig.
Seksuele Passies
Die mens was geskape om `n seksuele verhouding met `n
lewens-maat van die teenoorgestelde geslag te hê. Hierom, staan vele enkelinge
nie stil by die idéé dat Yahuwah selfs hierdie area in hul lewens kan vervul
nie. Diegene wie stop om hierdie moontlikheid te oorweeg huiwer om hierdie area
van hul lewens ten volle aan Yahuwah oor te gee weens hul vrees dat hulle
abnormaal sal raak of self al hul seksuele passies verloor indien hulle Hom sou
toelaat om hul seksuele behoeftes te vervul. Dit word gekoppel aan die
soortgelyke vrees – dat sou hulle Yahuwah toelaat om die pyn van hulle
eensaamheid te bevredig, sal hulle nooit trou nie.
Sulke vrese is totaal en al oneg. Hierdie twyfel en
vrese kom van Satan. Jy was geskape om seksuele passies en behoeftes te hê.
Die probleem is dat wat [Yahuwah] ons gegee het, in
sonde ontaard en ons slawe gemaak het van ons seksuele passies. Wanneer ons daagliks
hierdie passies aan die beheer van die Heilige Gees oorlaat, en [Yahushua]
toelaat om dit vir ons te bevredig, stel Hy ons vry van die verslawing. Hierdie
Vryheid neem nie seksuele passies weg nie, dit herstel maar net die beheer wat
ons oor dit gehad het toe [Yah] ons geskape het. Die hernude beheer laat ons
toe om genot te put sonder om seksueel betrokke te raak met iemand wat
[Yahuwah] nie geskik sien om met ons in `n huwelik te tree nie.
Dit bring ons na die tweede vrees, “Ek sal nooit `n
huweliksmaat kry indien ek [Yahushua] toelaat om met my eensaamheid te doen te
kry nie. Die redenasie van hierdie vrees is, “As ek [Yahushua] sou toelaat om
my eensaamheid te bevredig om in my behoefte te voorsien om geliefd en
belangrik te voel en my seksuele verlangens bevredig, sal [Yahuwah] nooit kiesdat hierdie behoeftes deur `n huwelik bevredig word nie. “Niks kan verder van
die waarheid af wees nie; [Yahuwah] is die een wat die huwelik ingestel het.
Maar [ Yahuwah] het nie die huwelik ingestel oor die rede waaraan ons dink nie. Ons
dink dat [Yahuwah] die huwelik ingestel het om ons verlangens en seksuele
behoeftes te bevredig deur liefde te ontvang
van `n ander mens, maar [Yah] het die huwelik ingestel om ons seksuele verlangens
en behoeftes te bevredig deur Sy liefde aan `n ander menslikes wese te gee en/of te deel. As uitvloeisel dat ons Sy liefde met iemand
anders deel voel ons Sy liefde dieper en ons behoefte en verlangens is, selfs
die wat op seks van toepassing is, meer bevredigend. Vir `n huwelik om dit te bereik
moet ons daeliks die beheer aan die Heilige Gees oorgee en [Yahushua] toelaat
om ons `n geheel te maak. Daarom, slegs hulle wat [Yahushua] toelaat om hul
behoeftes te bevredig is gereed om die doelwit te bereik waarvoor [Yahuwah] die
huwelik ingestel het.8
Volle oorgawe aan Yahuwah sal nooit van jou minder man of minder vrou maak nie. Jy sal liewers manliker of meer vollediger
vrouliker word namate jou Skepper die verswakkende effekte van sonde verwyder
en jou herstel na die volle gestalte van ware manne en vroue in Yahushua.
Niemand hoef te vrees dat as hulle ten volle hul
eensaamheid en hul seksuele begeertes aan Yahuwah oorgee nie, Hy hulle ongetroud
sal hou nie. Yahuwah het die huweliks
instelling geskep! Die einste Skepper
het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom `n hulp
maak wat by hom pas.” (Génesis 2:18) Daar is een rede en net een rede waarom
Yahuwah jou nie “een vlees” sal maak met `n ander menslike wese nie. Die rede
is eenvoudig: omdat dit ontmoontlik vir Hom is om iemand te vind met wie Hy jou
een kan maak. Ja, daar is biljoene indiwidue in die wêreld, maar nie almal van
hulle sal jou gelukkig maak en vervul in die sin wat Yahuwah se voornemens vir
`n huweliksverhouding moet wees nie.
`n Toegewyde Christen wie `n maat trou wat nie so
toegewyd aan Yahuwah is nie sal vind dat hulle `n huwelik en `n tuiste het waar
die skadu`s nooit lig nie. Hierdie verderflike effekte sal `n oes van verdriet
vir hul ganse lewens inbring, soos hulle die negatiewe invloede raaksien wat
die geestelike lewens van hul kinders affekteer, deur hulle en hul klein kinders.
Indien jy hunkeer om getroud te wees,
vind jou vervulling in jou Skepper en vertrou in Hom om vir jou die regte maat te
bring as daar een vir jou beskikbaar is.
Moet nooit jou Elohim vooruithardloop nie en iemand net trou om jou begeertes
te bevredig nie. Jy sal vind dat sulke optredes net sal lei tot ontnugtering,
pyn en verdriet.
Die verlange vir volmaaktheid en vervuldheid, die
eensaamheid en pyn wanneer iemand nie in `n koesterende, voedende verhouding is
nie, lei so baie om daarvoor te soek in `n ander mens terwyl die waarheid is
dat, slegs ons Skepper kan in daardie behoefte voorsien. Die genadevolle
uitnodiging was uitgestuur:
28Kom na My toe, almal wat
vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op
julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederige van hart, en julle sal
rus vind vir julle siele; 30 want My juk is sag en My las is lig. (Matthéüs
11: 28–30)
Hierdie behoefte is nie net vir sonde nie. Dit is vir
enige las wat op die hart druk en jou geluk affekteer. Vertrou Yahuwah, Hy wat
jou gemaak het, weet presies wat jy nodig het om jou blydskap, vervulling en `n
ryke, belonende lewe te gee.
9Smaak
en sien dat [Yahuwah] goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! 10Vrees
[Yahuwah], o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. Die jong
leeus ly armoede en het honger; die wat [Yahuwah] soek, het geen gebrek aan
enigiets nie. (Psalms 34: 9–10)
1 Michael Bolton and
Douglas T. James
2 M. Masser and Gerry
Goffin
3 Lionel Richie
4 Gregory L. Jackson, How Surrender Makes Marriage Happier,
Divorce a Blessing, The Single Life Fulfilling, pp. 151 – 152, vetgedrukte
woorde oorspronklik, hakies voorsien. Die skrywers is dankbaar vir die
navorsing van Mnr Jackson, wie ‘n grondslag vir hierdie artikel voorsien het.
5 Michael Card “God’s own
Fool”
6 Jackson, op cit., pp 152 -153, klem oorspronklik.
7Ibidem pp. 170 – 171.
8 Ibidem pp. 172 – 173, klem
oorspronklik.