Verbeel jou `n wêreld sonder wette . . .
Sou daar geregtigheid wees? Wat as daar
geen boete vir die oortreding van die wet was nie? Sou jy gerus wees? Sou jy
gelukkig wees in so `n wêreld?
“.
. . Maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.” (Spreuke 29: 18, OV)
Die kwessie of die Tien Gebooie aan die Amerikaanse regerings eiendom vertoon moet word of
nie, het voor die Hoër Hof in Maart 2005
geëindig. Byeenkomste was buite die hofgebou gehou in verdediging van die Tien
Gebooie. Sedertdien, was `n “Tien
Gebooie naweek” elke Mei, ter ere van die goddelike Wet gevier. Hierdie aangeleentheid is veel groter as dit. Hoewel
groot pogings aangewend word om die Tien Gebooie weer as Regerings eiendom terug te kry, word min pogings aangewend om die Tien Gebooie
in ons lewens terug te bring.
Yahushua sê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” (Johannes
14:15, NV)
Die
Gebooie Is `n weerspieëling van Yahuwah se Karakter:
|
|
Yahushua, die enig gebore Seun van Yahuwah, was “volmaak” en
“rein,” sonder sonde. Maar wat is sonde?
“Wie dan ook die
wetteloosheid doen oortree die wet; want sonde is die oortreding van die wet.” (1 Johannes 3:4, OV)
“WIE DAN OOK DIE
WETTELOOSHEID DOEN
OORTREE DIE WET:
WANT SONDE IS DIE OORTREDING VAN
DIE WET.”
(1 JOHANNES 3:4, OV)
Die doel van die Wet is dan om ons te wys,
of te help om sonde te verduidelik.
“.
. . . Ek sou nie geweet het wat sonde is nie, as dit nie deur die wet was nie.”
(Romeine 7:7, NV)
En wat is die beloning vir die oortreding
van die Wet (sonde)?
“Want die loon wat die
sonde gee is die dood . . .” (Romeine 6:23, NV)
Is die Wet steeds van toepassing ná die Nuwe Testament? Toe Yahushua
deur `n ryk jong man gevra is wat hy moet doen “as hy die ewige lewe wil ingaan,”
was die eenvoudige antwoord:
“ . . . as jy
die ewige lewe wil ingaan, “onderhou die gebooie.” (Matthéüs 19:17, NV)
Oorweeg ook die volgende tekste deur die Apostel Johannes neergestip
baie jare na Yahushua se opstanding:
Hier is die lydsaamheid van die gelowiges; hier is hulle wat die
Gebooie van Yahuwah onderhou. (Sien Openbaring 14:12.)
“Geseënd is hulle wie die gebooie doen, sodat hulle
deel mag hê van die boom van die lewe, en
kan ingaan deur die poorte van die stad.” (Sien Openbaring 22:14)
Maar is dit ooit moontlik om die Gebooie
te onderhou?
“Ek is tot alles instaat
deur Hom wat my die krag gee.” (Filipense 4:13, NV)
Hy wie `n goeie werk in
julle begin het sal dit end-uit voer en voleindig op die dag wanneer Yahushua
die Gesalfde kom. (Sien Filipense 1:6)
Sommige mense, selfs “pastore,” sê dat die Gebooie nie langer op ons
van toepassing is nie. Dus, is Yahuwah
se Gebooie wat Hy twee keer met Sy eie vinger op klei tablette geskryf het, nie
meer vandag ter sake nie?
Gebod
#1:
“Jy mag geen ander elohim
voor my aangesig hê nie.” (Sien Exodus
20:3.)
Beteken dit dan dat Baäl aanbidding en kinderslagofferandes net in
die Ou Testament verkeerd was?
Gebod
#2:
“Jy mag vir jou geen
gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat
onder op die aarde is, of van wat in die water onder die aarde is nie; Jy mag
jou voor hulle nie neerbuig, en hulle nie dien nie . . .” (Exodus 20:4-5)
Gebod
#3:
“Jy mag die Naam van
Yahuwah jou Elohim nie ydelik gebruik nie. . .” (Sien Exodus 20:7)
Gevolglik kan ons dan sê dat Farao se openlike godslastering teen
die Naam van Yahuwah kan deesdae nie as
sonde gereken word nie?
Gebod
#4:
“Gedenk die Sabbatdag dat
jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag
is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim; dan
mag jy géén werk doen nie – jy óf jou seun of jou dogter, of jou dienskneg, of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling
wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde
gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.
Daarom het Yahuwah die sewende dag geseën en dit geheilig.” (Sien Exodus
20:8-11.)
Jesaja 66:23 vertel ons dat die verlostes die Sabbat selfs op die
Nuwe Aarde gedenk:
“Want soos die nuwe hemel
en die nuwe aarde wat Ek maak voor My aangesig sal bestaan, spreek Yahuwah, so
sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.” (Sien Jesaja 66:23.)
Dus is die Sabbat Gebod net op die Ou Testament en die Nuwe Aarde
(wat vir ewig sal staan)van toepassing?
Gebod
#5:
“Eer jou vader en jou
moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat Yahuwah jou Elohim aan jou
gee.” (Sien Exodus 20:12.)
So was Absalon se ongehoorsaamheid aan sy vader, Dawid in die Ou Testament net verkeerd vir
daardie tyd (2 Samuel)? Sal sy optrede sekerlik in hierdie dag in die Hemel
aanvaar word?
Gebod
#6:
“Jy mag nie doodslaan
[moord pleeg] nie.” (Sien Exodus 20:13.)
Dan sal Kain se moord op sy broer, Abel, nie in vandag se lewe as `n sonde beskou word
nie?
Gebod
#7:
“Jy mag nie egbreek pleeg
nie.” (Sien Exodus 20:14.)
Dus sal Dawid se begeerte vir `n ander man se vrou (Batseba) vandag
aanvaarbaar wees in die oë van die Hemel?
Egbreek is dan nie meer langer `n
sonde nie?
Gebod
#8:
“Jy mag nie steel nie.”
(Sien Exodus 20:15.)
So, toe Agan die silwer van Jerigo gesteel het, en gevolglik die
lewens van onskuldige mense verwoes het, was dit maar net `n sonde in daardie
dae (Josua 7)? Om vandag te steel sal dan goed wees?
Gebod
#9:
“Jy mag nie valse
getuienis teen jou naaste spreek nie.” (Sien Exodus 20:16.)
Dus sal Satan se leuen aan Adam en Eva in die tuin van Eden nie as
`n sonde in vandag se lewe beskou word nie?
Is leuens dan deesdae loflik in die oë van die Hemel?
Gebod
#10:
En uiteindelik, die sonde wat dit alles begin het, die sonde wat van
die duiwel gemaak het wie hy is: begeerte van Yahuwah se troon.
“Jy mag nie jou naaste se
huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of
sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.” (Sien
Exodus 20:17.)
Dus word begeerlikheid nie vandag meer deur die Hemel as `n sonde
beskou nie? Is Satan se begeerlike gees is nie meer in stryd met Yahuwah se
geregtigheid en Hemelse Gebooie nie?
Verkeerd . . . in alle gevalle! Dit
is almal nog steeds sondes. Dit is deur die kennis van die Wet dat ons weet
dat hulle sondes is:
“Want deur die wet is die
kennis van die sonde.” (Romeine 3:20)
Die wet is nie gegee as `n las vir ons nie, maar was gegee om ons
gelukkig te maak en vrede te verskaf. Geen regering, aards of Hemels, kan
bestaan sonder wette nie.
“Want dit is die liefde tot Yahuwah, dat ons Sy gebooie moet bewaar
; en Sy gebooie is nie swaar nie.” (Sien
1 Johannes 5:3.)
“Hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.” (Spreuke 29:18, OV)
“Die wat U wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen
struikelblok nie.” (Psalm 119:165, OV)
Dit is nie net die uiterlike vertoon van die Gebooie op
regeringseiendom wat ons nodig het nie, . . . maar eerder die Gebooie in ons harte geskryf.
“Ek sal My wette in hulle verstand gee en op hulle hart skrywe.” (Hebreërs 8:10)
Die hoofsaak van alles wat gehoor het is, is vrees Yahuwah en hou Sy
gebooie; want dit geld vir alle mense.” (Sien Prediker 12:13.)
Vir diegene wie sou voorstel dat al die Gebooie deesdae bindend is
behalwe die vierde (die Sabbat Gebod) . . .
“As iemand die hele wet
onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die
gebooie. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek
pleeg nie, het ook gesê: Jy mag nie moord pleeg nie. As jy nou nie egbreek
pleeg nie, maar wel moord, is jy tog `n oortreder van die hele wet. Praat en
tree op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vrymaak [die Tien
Gebooie].” (Jakobus 2:10-12, NV)