Die
Saterdag Sabbat? Of die Sabbat volgens die Maan?
Mense
wat verlief is doen alles in hulle vermoë om die een waarvoor hulle
lief is tevrede te stel. Dit is ʼn natuurlike reaksie van die hart
wat verlief is. Die word nie gesien as ʼn plig, maar as ʼn vreugde en
voorreg! Dit is wat die ware Sabbat beteken vir almal wat lief is
vir hulle Maker, en wie se wens dit is om Hom te eer. Met die heel
besonderse begin van die wêreld, was die sewende – dag apart gestel
as ʼn dag van rus, en van die aanbidding van die Skepper. Diegene wat
die sorg waardeer wat oor hulle uitgestort word deur ʼn liefdevolle
hemelse Vader, wil aan Hom gehoorsaam wees, en Hom aanbid op die ware
Sabbatdag.
Die
vraag wat nou opduik: “ Watter dag is die Bybelse Sabbat? Watter
dag is die ware sewende – dag Sabbat volgens die Skrif?” Daar is
baie, en wyd verspreide geloof Beskouinge wanneer om te aanbid. Drie
van hierdie beskouinge is as volg:
-
Baie
mense glo dat daar geen behoefte is vir ʼn bepaalde dag van rus
aangesien Yahuwah elke dag aanbid moet word. -
Saterdag
sabbatariërs glo omdat Saterdag die laaste dag is van die
hedendaagse sewe – dae week, moet dit die ware sewende – dag
Sabbat wees. Omdat die hedendaagse weeklikse siklus aaneenlopend is,
glo hulle dat Saterdag gekom het ononderbroke vanaf die Skepping as
die ware sewende – dag Sabbat. -
Daar
is steeds ander wat glo dat die versameling van Bybelse en
historiese bewyse openbaar dat die ware Sabbat net gevind kan word
deur die gebruik van die maan – son kalender wat ingebruik was
gedurende die Bybelse tyd.
Terwyl
dit waar is dat daar aanbid moet word elke dag, die Heerser van die
Heelal Self dit uitsluitlik beveel het dat op die sewende – dag,
arbeid ter syde gestel word, en dat dit spesiale tyd is wat aan Hom
bestee moet word. Die Sabbat is nie sommer ʼn dag van aanbidding.
Dit is ook ʼn bepaalde dag van geen arbeid. Yahuwah het verklaar dat
die Sabbat ʼn teken is tussen Hom en Sy kinders verewig is.
Hierdie artikel sal die feite oorweeg of die ware Sabbat ʼn “Saterdag
Sabbat” of wat genoem word die “Sabbat volgens die Maan.”
“Daar is geen verskoning vir enige een in die opneem van ʼn standpunt dat daar nie meer waarheid is wat openbaar gemaak sal word, en dat al ons Skriftuurlike uiteensettings sonder fout is. Dit ʼn feit is dat sekere leerstellings as die waarheid voorgehou is vir baie jare…. en is dit nie die bewys dat ons denke onfeilbaar is.. Ouderdom sal nie die verkeerdheid in die waarheid verander, en die waarheid kan nie bekostig om redelikheid te wees. Geen ware leerstellings sal enige iets verloor deur naderende ondersoek.” Counsels to Writers and Editors, p. 35 |
Aan
almal wat die waarheid wil weet, kom daar ʼn tyd wanneer die weë
skei. Persoonlike vooroordele, tradisie en vooropgesette menings moet
geen vastrapplek kry in die verstand van diegene wat wag om dit te
weet. “die Waarheid, en die hele Waarheid, en niks anders as die
Waarheid.” As die soeker na waarheid studeer met ʼn geopende
verstand, en gewillig om te gehoorsaam wat openbaar word, en dat hy
oortuig is dit is die waarheid, dan sal die waarheid openbaar aan sy
verstand openbaar word, en sal dit nie meer nodig wees om in
verkeerdheid te bly. Dit is wat vereis vir almal wat die onderwerp
van die ware Bybelse Sabbat studeer.
Die
Skrif openbaar dat die algehele stryd tussen die Skepper en Satan is
saamgevat in die stryd oor aanbidding. Dit is ʼn oorlog oor die
verstand van elke man, vrou en kind wat vandag lewe. Daarom is dit
wys vir elkeen op die aarde om hierdie onderwerp vir hulle self te
ondersoek. Almal moet dit studeer en verseker weet of dit die ware
dag van aanbidding is, ʼn Saterdag Sabbat of die Sabbat volgens die
maan.
Son?
Maan? of Maan – Son?
As
dit belagrik is om op die bepaalde dag te aanbid (die Sabbat) dan is
dit van kardinale belang dat die korrekte metode van die berekening
gebruik word om die dag te vind. Met ander woorde, die regte kalender
moet gebruik word. Tyd kan alleenlik gemeet word deur beweging. Daar
is drie hoof tipes van kalenders.
- Son
kalender ( Die hedendaagse burgerlike kalender, die Gregoriaanse
kalender, is ʼn son kalender.) - Maan
kalender ( Die godsdiens kalender wat deur die Moslems gebruik word,
is ʼn maan kalender.) - Maan
– son kalender ( Dit word ook somtyds die Maan – Son kalender
genoem.)
Die
geskiedenis en die agrologie openbaar dat alle antieke beskawings die
maan – son kalender gebruik het. Terwyl die Egiptenare die eerste
was om die alleenlik son kalender aan te neem, hulle oorspronklike
kalender was ook ʼn maan – son kalender. Hierdie antieke en baie
akkurate metode vir die berekening van tyd verbind die maan maande
tot die son jaar deur ʼn soort van waarneembare baken in die natuur.
Die beweging van die son, maan en sterre is die enigste akkurate meting van tyd. Selfs die hedendaagse atoom horlosies, word alle tyd gemeet volgens die siklusse van die hemelse liggame. Dae en jare word beide gemeet deur die beweging van lig soos gesien vanaf die aarde. |
Die
jaar volgens die son is 365 dae lank. Die jaar volgens die maan is 11
dae korter as die son jaar. Sodoende, is die datums van ʼn alleenlik
maan kalender wat deur die seisoene beweeg van die son jaar. Verskeie
kulture wat die maan – son kalender gebruik, is geanker in die maan
maande tot verskillende punte in die son jaar. Sommige soos die
antieke Egiptenare, het die verskyning van die ster Sirius gebruik,
volgens die tyd van somer eweninge. Ander, soos die Asteke en die
Maia, het die winter eweninge gebruik vir hulle nuwe jaar. Meer
onlangs, toe die Franse ʼn verskillende kalender gebruik het
gedurende die Franse revolusie, het hulle jaar gedurende die
herfsewening begin. Vir verdere inligting oor die Franse en die
Söviet kalender hervorminge, gaan na verandering van die Weke: Die
Sabbat Versteek.)
Historiese
bewyse wys daarop dat by verre die meerderheid van die antieke
kalenders het hulle jaar in die lente begin of naby aan die tyd van
die lente, lente – ewening. Die Israeliete het ook ʼn maan – son
kalender gebruik, en hulle jaar het begin met die lente. Hulle
jaarlikse feeste en die sewende – dag Sabbat was beide bereken deur
die maan – son kalender wat bevestig was deur die Skepper met die
besonderse begin van die wêreld.
Die
Maan – Sabbat volgens die Skrif
Die
Skepper se kalender is ʼn baie belangrike werktuig vir die vind van
die ware sewende – dag Sabbat wat die “seël van Yahuwah”
bevat: diegene wie se belofte van lojaliteit tot die Skepper is. Die
Skrif openbaar met die Skepping, was beide die son en maan gegee om
te voorsien aan lig, en sowel as ʼn hulp vir die meting van tyd. Die
hedendaagse son kalender gebruik nie die maan vir tydhouding. Ook
gebruik die Hindoe of die Moslem maan kalender, nie die son.
Alleenlik die antieke maan – son kalender bevat die norm vir die
gebruik van die son en die maan in sy sisteem van die meting van tyd.
Baie
mense wat die fees dae onderhou wat in Levitikus 23 is, onderhou
steeds die Saterdag sabbat. Hulle glo dat die maan – son kalender
net gebruik was vir die jaarlikse feeste, maar dat Saterdag volgens
die hedendaagse son kalender, met sy aaneenlopende weeklikse siklus
sedert die Skepping so was. Maar dit is twee verskillende metodes van
tydhouding! Nêrens in die Skrif word daarop gewys vandat daar is
twee onderskeidende en verskillende sisteme van tydhouding. Met die
Skepping, was daar een kalender bevestig, en dit het vereis dat die
beide die son en maan moes gebruik word.
En….[
Yahuwah} het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die
hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle
dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig
te gee op die aarde. En dit was so…[Yahuwa] het toe die twee groot
ligte gemaak.. [En Hy] het hulle aan die uitspansel van die hemel
gestel om lig te gee op die aarde, en om te heers oor die dag en oor
die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. (Genesis 1 verse 14 tot 18.)
![]() |
Die
Skepper het sisteme aangewys vir tydhouding en gebruik beide die son en maan vir die aanwys van tyd. |
So
in hierdie gedeelte, in die eerste hoofstuk van die eerste boek van
die Bybel, is die beginsel vasgestel dat die twee groot ligte moet
gebruik word vir aanwys van die tyd van aanbidding en as ʼn teken of
aanwysing van lojaliteit tot die Skepper. Die woord wat gebruik om
“teken” te vertaal word, is vanaf die Hebreeuse woord ôwth
afgelei, wat beteken, teken of merkteken. “Dit verteenwoordig iets
waarmee ʼn persoon of groep se karaktereienskappe gekenmerk is… Die
woord se betekenis is “teken” en is as ʼn herinnering aan jou
plig.” (Kyk na, #226, The New Strongs Expanded Dictionary of
Bible Words.)
Die
Sabbat is die teken waardeur die Skepper se volgelinge gekenmerk is
en as ʼn teken apart gestel is, en verskillend van ander en almal op
die aarde. Die Hebreeuse woord “seisoene” wat vertaal openbaar
self meer. Dit is die woord mo’ed. Dit is deur die gebruik van
hierdie woord wat die ware Sabbat van die Skepping openbaar, en word
dit saam met die maan gereken. Mo’ed is die woord wat in die
besonders gebruik word om na die jaarlikse feeste te verwys.
Sedert
die Joodse feestye voorkom op gereelde tussenposes, is hierdie woord
aan hulle gekoppel… Mo’ed word in ʼn breë verband gebruik vir
alle godsdienstige byeenkomste. Dit was ook verbind met die
tabernakel….[ Yahuwah] het Israel daar op bepaalde tye ontmoet om
Sy wil aan hulle bekend te maak. Dit is ʼn algemene benaming vir die
vergadering van aanbidding van …. [Yahuwah] se volgelinge. (Kyk na.
#4150, “Lexical Aids to the Old testament,” Hebrew –Greek Key Word Study Bible, KJV.)
Vêr
vanaf die aanbieding van twee verskillende sisteme van tydhouding,
voorsien die Skrif net aan een alleenlik: die maan – son kalender,
waarby die jaarlikse feeste sowel as die sewende – dag Sabbat,
bereken is. Levitikus 23 voorsien van ʼn lys van al die heilige
feeste van Yahuwah. Vanaf die Jaarlikse Lente feesvieringe tot die
Herfs feeste, Levitikus 23 gee ʼn volledige beskrywing van almal.
Maar die heel eerste “fees” wat gelys is, die weeklikse fees: die
sewende – dag Sabbat.
Verder
het die… [Yahuwah] met Moses gespreek en gesê: “ Spreek met die
kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van… [Yahuwah] wat
julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye. Ses dae
lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag
van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie
dit is ‘n sabbat van…[Yahuwah] in al julle woonplekke.”
(Levitikus 23 verse 1 tot 3.)
Vanaf
hier, het Yahuwah gegaan na die lys van die jaarlikse feeste ( of
mo’edim) maar die eerste besonderse fees wat Hy gegee het was die
sewende – dag Sabbat.
Die Maan – Sabbat: ʼn Heilige dag van rus, en is dit die sewende – dag en die laaste dag van elke week van ʼn maansomloop. Die weeklikse siklus begin met elke Nuwemaan. Vier voltooide weke volg tot op die dag van die Nuwemaan. |
Psalm
104 vers 19, is daar tog nog ʼn ander bewys van die Skrif dat die
sewende – dag Sabbat moet bereken volgens die maan:
“Hy het die maan gemaak vir
vaste tye; die son ken sy tyd om onder tegaan.” (Psalm 104 vers
19.)
Die
woord wat hier vertaal is “seisoene,”en weer mo’edim. Die
Bybelse aantekeninge bly kostant: daar is slegs een metode van
tydhouding wat deur die Skif voorgehou word. Dit is die maan – son
kalender wat deur Yahuwah bevestig is tydens die Skepping. Die
kalender bevestig al die tye wat aangewys vir aanbidding, die mo’edim.
Die Maan – Son Kalender van die Skrif
Die
eerste dag van die maand volgens die maan – son kalender is die dag
van die Nuwemaan. ( Vir die gebruik van die term “Nuwemaan”
volens die Skrif, lees: 1 Samuel 20 verse 5, 18 en 24, 2 Konings 4
vers 23, Psalm 81 vers 3, Jesaja 66 vers 23, Esegiël 46 vers 1, en
Amos 8 vers 5.)
![]()
|
Volgens
hierdie antieke kalender, kom die sewende – dag Sabbat altyd voor op dieselfde datums van elke maand.
|
Volgens
die Bybelse maan – son kalender, is elke maansomloop ( of maan
maand) begin dit altyd met die dag van die Nuwemaan, wat in die groep
van aanbidding dae opsigself op hul eie is. Ses werkdae volg op die
tweede tot op die sewende van die maand. Die sewende – dag Sabbat
kom altyd voor op die 8ste, die 15de, die 22ste, en die 29ste van
elke maan maand.
Die
Skrif self ondersteun hierdie vorm van kalender. Elke keer as die
sewende – dag Sabbat in die Bybel vermeld word, daar ʼn getal
aangewys is vir die datum, en is dit altyd op die 8ste, die 15de, die
22ste, of die 29ste van die maand! Een van die twee, word die
werklike datums toegewys of in konteksgebonde, en in ander
besonderhede wat gereeld vir hierdie ekstrapolasie toelaat. As
voorbeeld, die verhaal van die uittog uit Egipte bevat bepaalde
datums en besonderhede vir drie maande in ʼn ry, almal waarvan die
sewende – dag Sabbat voorkom op die 8ste, 15de, 22ste, en die 29ste
van elke maand! Hierdie kalender besonderhede was bevestig 40 jaar
later tydens die tyd van Joshua en weer met die kruisiging van die
verlosser met Pasga.
Soos
voorheen genoem, is die jaar volgens die maan korter as die jaar
volgens die son en sonder enige manier om die maan maande te anker
aan die jaar volgens die son, sou die seisoene swewe deur die
kalender. Die ware Nuwe Jaar is geanker in die lentenagewening. Dus
is daar vir elke twee tot drie jaar, ʼn bykomende dertiende maand wat
by die jaar by getel word. Dit was genoem ʼn “ embolismic” jaar
met dertien maande, omdat ʼn algehele maand bygevoeg was om die
maansomloop terug te bring in ooreenstemming met die seisoene.
Esegiël voorsien Skrituurlike bewys van die dertiende maand wat
gebruik in die jare met dertien maande. (Lees oor: Esegiël se 13de
maand.)
Die
maan – son kalender vanaf die Skepping is die mees akkurate metode
van tydhouding. Dit is verfynd, en presies. Dit is ʼn goddelike
ontwerpte sisteem van tydhouding, Jeremiah 31 vers 35 verwys na
Yahuwah wat die “ordeninge” (of die wette) van die maan gee. Die
ordeninge van goddelike tydhouding is so eenvoudig dat die
skaapwagter op die heuwel dit akkuraat kam waarneem, en net soos die
sterrekundige in sy sterrewag deur berekeninge. Self die telling tot
Pinkster, wat lank die mense verwar het, omdat die twee besonder
manier van telling mekaar weerspreek, en kan dit akkuraat bereken
word deur alleenlik die maan – son kalender te gebruik.
![]() |
Joodse geleerdes erken dat die kalender wat hulle nou gebruik, nie die kalender van die Skrif is. |
Jews
and the Sabbath
Terwyl
dit waar is dat die Jode van vandag aanbid op die Saterdag sabbat, en
dat dit nie die bewys is vir die ware Sabbat. Hulle het nie altyd
aanbid op die Saterdag sabbat. Joodse geleerdes is baie duidelik,
daaroor dat die oorspronklike metode van kalandering verskillend was
van die hedendaagse kalender, en onder geweldige vervolging gedurende
die vierde eeu n.C., het die Jode afstand gedoen van hulle
oorspronklike maan – son kalender.
Die
verklaring van die nuwe maand deur waarneming van die nuwe maan, en
die nuwe jaar met die koms van die lente kon alleenlik gedoen word
deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd van Hillel II (4de eeu n.C.),
die laaste President van die Sanhedrin, het die Romeine hiedie
gebruik verbied. Hillel II was daarom verplig gewees om die vaste
kalender in te stel, en sodoende, is daar hierdie handeling
goedkeuring verleen vir al die kalenders van die toekomstige jare.
(“The Jewish Calendar and Holidays (incl. Sabbath)”: The
Jewish Calendar; Changing the Calendar, www.torah.org,
emphasis supplied.)
Die
Nuwe maan is steeds daar, asook die oorspronklike Sabbat, wat
afhanklik is van die maan siklus. (Universal Jewish Encyclopedia,
p. 410)
Eertyds
toe die antieke maan – son kalender tersyde gestel is, was die
kennis van die ware Sabbat verlore met die aanvaarding van die
heidense Juliaanse kalender.
![]() |
Hierdie steen gedeeltes van die vroë Juliaanse kalender wys duidelik na die week van agt dae. Die Israeliete het nie die juliaanse kalender gebruik vir die bepaling van die sewende – dag Sabbat. Hulle het die oorspronklike maan – son kalender gebruik vanaf die Skepping. |
Die
Sabbat volgens die maan Verlore
Die
kalender van die Romeinse Republiek, soos die een van die Hebreeuse
kalender, was ook ʼn maan – son kalender. Gedurende 45 tot 46 v.C.,
het Julius Ceaser die oorspronklike Romeinse kalender hervorm, en met
die hulp van sterrekundige van Alexandrië, Sosigenes, ʼn nuwe son
kalender geskep met aaneenlopende weeklikse siklus: die Juliaanse
kalender was in gebruik gewees tydens die tyd van die Messias, en het
die Israeliete nie die vroë juliaanse kalender gebruik van agt dae!
Die Israeliete het steeds die oorspronklike son – kalender gebruik,
en aanbid op die sewende – dag Sabbat.
Vanaf
daardie tyd, tot en met die vierde eeu, het die Israeliete en
Apostoliese Christene aangehou om die Bybelse kalender te gebruik vir
hulle godienstige onderhoudings. Met die opkoms van die verheidense
Christen magte in Rome, het dit gelei tot ʼn eeue lange stryd, oor
wanneer die dood en opstanding gedenk moet word.Die Christene van
Rome se wens om die Messias se opstanding volgens die heidense Pase
te vier. Apostoliese Christene, op die ander kant, het weer gewens om
Yahuashua se dood te gedenk volgens die oorspronklike Pasga.
Die
saak van twis het geblyk om misleidend en eenvoudig te wees: Pasga
teenoor Paasfees. Die saak wat hier ter sake was, en alhoewel dit
ontsaglik is. Was die enigste manier vir die bepaling wanneer die
Pasga plaasvind is om die Bybelse maan – son kalender te gebruik.
Kalenders
wat tyd bereken het, en is daaroor besluit tydens die Konsillie van
Nicea, en is daar besluit om die Joodse berekeninge ter syde te stel,
en die heidense Juliaanse kalender aan te neem. Dit het doeltreffend
die kennis van die ware Sabbat vernietig, en die heidense Saterdag
Sabbat as plaasvervanger in sy plek. Joodse geleerdes erken ook
hierdie feit.
Met
ʼn kleurvolle beskrywing van die Konsillie van Nicea, skryf die
Joodse geleerde Heirich Greatz:
Tydens
die Konsillie van Nice [Nicea] was die die naelstring afgesny wat die
Christendom verbind het met sy voorvaardelike verbintenisse. Die
feesvieringe van Paasfees was tot nou gevier vir die grootste
gedeelte op dieselfde tyd as die Joodse Pasga, en inderdaad op die
dae wat bereken is en vasgestel is deur die Sanhedrin van Judea, maar
die toekoms onderhouding daarvan sal die uitvoering daarvan heeltemal
onafhanklik wees van die Joodse kalender… (History of the Jews,
published by the Jewish Publication Society of America, 1893,
Vol. II, see pp. 563-564.)
Die
Konsilie van Nicea het die mees diepgaande en vêrreikende gevolge
gehad op die ware Sabbat. Tot op hierdie dag grond die Katolieke
geleerdes hulle gesag van die Katolieke Kerk op hierdie handeling van
die verandering van die Sabbat, vanaf die ware Sabbat volgens die
maan – son kalender na die aaneenlopende week siklus van die
Juliaanse kalender. Die heidense Juliaanse kalender, wat deur
wetgewing daar geplaas is, en is dit ʼn algehele valse sisteem van
godsdiens. Sodoende is die ware Sabbat begrawe onder eeue van
tradisie en die veronderstelling dat die hedendaagse week gesirkuleer
aaneenlopend sedert die Skepping.
Herstel
die Verbreking: Herstel die Maan Sabbat
Jesaja
bevat ʼn pragtige profesie oor die werk wat moet gedoen word deur die
laaste geslag.” En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope
bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal
genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om
bewoonbaar te maak.” (Jesaja 58 vers 12.)
Die
drie engele boodskap van Openbaring 14 bevat ʼn oproep om te aanbid op die ware sabbat volgens die Skrif. |
Dit
is die werk van diegene wat hulle belofte van trou aan die Skepper
gegee het deur Hom te aanbid op Sy ware heilige dag, die ware Bybelse
Sabbat. Om die die gat te hestel wat in die Yahuwah se wet gemaak is,
en om die weg te open van die gemors van foute en tradisie, wat
opgehoop het deur die eeue, en is dit die groot werk wat aangewys is
vir die mense van die laaste geslag. Openbaring bevat ʼn drievoudige
waarskuwing wat almal oproep om :”Vrees…. [Yahuwah] en gee Hom
heerlikheid…. en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see
en die waterfonteine gemaak het.” (Lees Openbaring 14 verse 6
tot 10.)
Hierdie
onderwerp is van kardinale belang vir almal wat nou leef. Die ware
sabbat is die merk van lojaliteit wat diegene onderskei wat
gewilliglik gehoorsaam is, van diegene wat vaskleef aan tradisie en
veronderstelling. Almal moet die onderwerp bestudeer oor die maan
Sabbat, en die verwante feite van die kalender geskiedenis, en die
gepaste gedeeltes van die Bybel. Die Stryd van Armgeddon, soos alles
in die langdurige oorlog tussen Yahuwah en Satan, word gestry op die
slagvled oor aanbidding.
Allmal
wat begeer om hulle Skepper te eer sal kies om Hom te aanbid op die
dag wat Hy geseën het en apart gestel het: die sewende – dag van
die week volgens die maan – son kalender, die ware maan Sabbat.
Kliek hier om te kyk na die Reeks oor die Verdediging van die Maan Sabbat
“Hy
wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ‘n sotheid
en ‘n skande wees.” – Spreuke 18 vers 13.