World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Wiskunde van die Huwelik

Die huwelik was die grootste geskenk aan
die mens gegee tydens die Skeppingsweek. Na die skepping van `n perfekte
wêreld, beklee met alles wat voorsien vir die gesondheid, sintuie vreugde
verskaf en die denke van die mensekind fassineer, het Yahuwah gesê, “ Dit is
nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom `n hulp maak wat by hom
pas.”   (Genesis 2:18, OV)

Die gawe van intieme vriendskap met iemand
wie “been van my gebeente , en vlees van my vlees” 1 is `n gawe
uniek aan die mense ras.  Dit was nie aan
die engele of aan die ander seëvierende rasse gegee nie. Dit was om twee redes
gegee:  1) om tot seën te wees vir die
mense ras deur die menslike te omskep na die beeltenis van die goddelike; 2) om
aan al die geskape wesens die liefdevolle karakter van Yahuwah te wys.

hou handeDit was om hierdie redes waarom Yahuwah die
menslike ras geskep het as twee dele van een geheel. Beide die man en die vrou
was geskep in die beeld van Elohim : “En . . .[Elohim] het die mens geskape na
sy beeld; na die beeld van . . . [Elohim] het Hy hom geskape;  man en
vrou het Hy hulle
geskape.”   (Genesis 1: 27, OV)

Die 
eenheid van `n man en `n vrou openbaar fasette van Yahuwah se
karakter  wat nie  andersinds verstaan sal word nie.  “ Daarom moet die man sy vader en sy moeder
verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word”  (Efesiërs 5:31)

Die huwelik van twee mense wat toegewy  is om hul Skepper te vereer is `n magtige
getuigskrif aan die wêreld. Yahuwah-gesentreerde huwelike bring gelykertyd eer
aan Yahuwah en is `n seëning aan ander. Satan weet dit  en het doelgerig  gefokus op die vernietiging van indiwiduele
huwelike en huwelike self as `n insetting.

Daar is baie redes wat mense gee waarom
hulle trou. Dit verskil so breed soos die verskeie persone self.  Sommige redes is romanties:  Sy is
my sielsmaat.  Ek is verlief op hom. 
Ander redes is prakties: `n Huwelik sal vir my sekuriteit bring. Hy
sal `n goeie broodwinner wees.
Somtyds speel  sosiale druk `n rol in die besluit om te
trou:  Ek`s swanger. Ek raak ouer; as ek nie nou trou nie sal ek nooit trou
nie.

Jou huwelik sal net so sterk wees soos die rede
waarom jy in die eerste plek in die huwelik getree het.
 

 Gevolglik
, “bepaal die rede vir die troue die koers van jou huwelik.”2

Hoe solieder jou rede vir getroud wees ,
hoe sterker sal jou huwelik wees en hoe meer genot sal jy daaruit put. Net so,
hoe swakker jou rede vir getroud wees , hoe groter is jou kanse vir ongelukkigheid
en , eindelik , skeiding. Om `n langdurende huwelik te hê wat `n seen aan albei
persone is, moet jy `n goeie rede hê om getroud te wees.Skrifte leer dat slegs
Yahuwah “goed” is. Daarom sal enigiets wat goed is, verenigbaar wees met Yahuwah.

Die enigste “goeie”  rede, dan, 
om getroud te wees is dat  beide
indiwidue glo dat dit Yahuwah se wil vir hul lewens is. Dit beteken nie dat jy
kan trou met wie jy wil en dan vir Yahuwah vra om jou keuse te seën nie. Dit
beteken om jou wil aan jou Skepper oor te laat en Hom toe te laat om jou te lei
in die keuse van `n lewensmaat.

Vertrou op Yahuwah met jou hele hart en
steun nie op jou eie insig nie . Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees Yahuwah,
en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir  jou liggaam en verkwikking wees vir jou
gebeente. (Sien Spreuke 3:5-8)

ouer paartjie in 'n blom tuinDie eintlike doel om in die huwelik  saam te bind is sodat die twee van julle “een
vlees” kan word. Selfs as jou oorspronklike rede om getroud te wees nie `n
goeie een was nie, is dit moontlik om verby dit te groei , en met Yahuwah se
goedkeuring , jou huwelik op `n soliede voetstuk te plaas. Namate julle twee
vasbeslote is om jul huwelik aan Yahuwah toe te wy, sal Hy jul pogings seën en
jul eenheid sal Hom verheerlik.

Die beginsels waarop huwelike gebaseer is
word opgesom in hierdie woorde:  “Daarom
sal die man sy vader en sy moeder verlaat en  sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees
wees.”  (Genesis 2:24,  OV) `n Paartjie ervaar vreugde in die huwelik
in verhouding tot hoe versmelt hulle in “een vlees” is onder die seëninge van
Yahuwah. Eweneens, die hartseer en ongelukkigheid ondervind is in verhouding
met die onenigheid in die huwelik
ervaar.

Satan verstaan hierdie beginsel en is
daarop uit om die blydskap van menigtes  te
vernietig deur paartjies te lei om “een” te word in wyse wat ongesond is of
neig na misbruik. Gregory L. Jackson het omvangryke navorsing gedoen in wat
ware Bybelse huweliks beginsels behels. Sy navorsing stel drie basiese metodes
bekend wat in `n breë spektrum deur paartjies gebruik word om “een” te word.
Die verskeie metodes het groter of minder krag en swakhede , maar nie een is
ideaal nie. Slegs een metode, die vierde, is in lyn met ander  geestelike beginsels en sal lei na ware en
volhoudende blydskap.

Dit is baie belangrik om hierdie metodes te
ken en te verstaan, want die wyse hoe jy probeer om “een” te word sal jou
huwelik maak of breek. As die regte metode gebruik word, sal jou huwelik
sterker raak en sal julle twee nader na mekaar groei.  As die verkeerde metode gebruik word, sal jy
en jou maat verder  en verder van mekaar
groei en die huwelik sal swakker en swakker 
en swakker raak.

Jackson illustreer  die drie verkeerde metodes wat deur paartjies
gebruik word om “een” te word deur  drie
verskillende wiskundige metodes te gebruik om te kom by nommer een. Hierdie
metodes is: optelling, aftrekking, en verdeling.

Die Optellings Metode

Omdat `n persoon nie deur zero
verteenwoordig kan word nie, gebruik die optellings metode deeltjies om tot by
een te kom:  1/2+1/2 = 1. Hierdie huweliksmodel word deur mense
gebruik wie jong Oosterse egpaarglo dat hulle nie volmaak is tensy hulle nie `n ander persoon in
hul lewens het nie. Hulle glo om  volkome
geliefd en in die lewe vervuld te wees, moet hulle `n lewensmaat hê. ( Hoewel
dit hul oortuiging is, is dit gebasseer op `n foutiewe stelling, want net
Yahuwah kan die hartsbegeerte vervul.)

Diegene wie die optellings metode gebruik
is romantieks wie dinge sê soos: Hoe kan
ek sonder jou lewe? Jy vervul my. Ek weet nie wat ek sonder jou sou doen nie.
Jy is my alles.
Hoewel dit soos “ware liefde” mag klink, kan dit nie die
ware Bybelse “eenheid” volbring, wat die hartsverlange is van menslike harte-
en wat Yahuwah se verlange vir Sy kinders is nie.

Jackson stel drie redes voor waarom die
optellingsmetode nie `n paartjie in algehele eensgesindheid  kan bring nie.   

Eerstens, die optel metode maak dat een
vertrou op die verkeerde bron om vervuld te voel. Die woord van . . .[Yah] sê:

Pasop
dat niemand julle as buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding
nie, volgens die oorleweringe van mense, volgens die eerste beginsels van die
wêreld  en nie volgens . . .[Yahushua]
nie.  Want in Hom woon al die volheid van
die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom [Yahushua], wat die
Hoof is van alle owerhede en mag.  
(Kolosense 2: 8-10)

Die optellings metode bederf ons, want dit
leer ons om op iemand anders as . . .[Yahushua] te vertrou om volmaak te voel.

Tweedens, die optellings metode maak dat
mens om die verkeerde rede trou.  . . .[Yahuwah
se doel vir die huwelik is om Sy beeltenis en karakter in ons te ontwikkel. Vir
diegene wie die optellings metode volg is die doel vir die huwelik om volmaak
te voel.

Derdens, die optellings metode veroorsaak
dat mens die verkeerde tipe liefde gebruik om verwant te wees aan sy of haar
lewensmaat. Diegene wie hierdie metode volg  is verwant met mekaar in `n self-gesentreerde,
selsugtige liefde , omdat hul doel is om die ander te kry om in hul behoeftes
te voorsien.  . . . [Yahushua] se liefde
is `n ander-gesentreerde, selfverloënende liefde want die doel daarvan is om
aan die behoeftes van ander te voorsien.3

Paartjies wie hul huwelik modelleer volgens
die optel metode doen dit weens `n wedersydsebehoefte om volmaak te voel. Dit is
`n probleem want slegs deur Yahuwah kan `n persoon ten volle geliefd en volmaak
voel.Om na jou huweliksmaat daarna te kyk is `n verkeerde grondslag vir jou
huwelik want dit fokus jou aandag op `n mens liewers as op jou Skepper. Sulke
liefde is self- gesentreerd, liewers as anders-gesentreerd, wat die basis is
vir Yahuwah se liefde en vir ware eenheid.

Die
Aftrekkings Metode

paartjie stryDie aftrekkingsmetode om een te word verkry
eenheid deur `n kleiner getal weg te neem van `n groter getal: 2-1=1. Van die
drie metodes in algemene gebruik, is dit die metode wat die meeste neig tot
misbruik en wat voordeel trek uit een maat. 
Paartjies wat die aftrek metode gebruik glo dat een die ander een moet domineer.
Sommige mans gebruik die metode om beheer uit te oefen oor hul vroue. Hulle sê
dinge soos: “Ek dra die broek in hierdie gesin! 
Ek is die hoof in die huis en jy sal doen wat ek wil!”

Hierdie metode is ook gebruik deur vroue as
`n verskoning om nie te dink en vir hul self te studeer nie. Wanneer nuwe en
meer waarheid aan `n vrou voorgestel word in dié tipe huwelik, sal haar reaksie
dikwels wees, “My man is so veel beter om sulke dinge uit te sorteer. Ek sal
kyk wat hy te sê het.” 4   

Mense wie die aftrek metode gebruik het `n
oor-hoofse verlange om  magtig te voel.
Selfs hulle wie die dominerende maat  in
so `n huwelik is, het daardie selfde verlange, dit is waarom hulle afpaar met
diegene wie hulle glo ook magtig is;
diegene wie daardie behoefte vir
hulle kan vervul.  

Nes paartjies wie die optel metode gebruik
om `n gemeenskaplike behoefte te vervul, sal paartjies wie die aftrek metode
gebruik om eenheid te verkry so doen vanuit `n gemeenskaplike behoefte om
magtig en in beheer te voel.  Die aftrek
metode faal om dieselfde rede as die optel metode: dit steun op die verkeerde
bron (die maat) om te voorsien in die behoefte om sterk en magtig te voel.
Omdat dit die verkeerde rede is om in die huwelik te tree, word die verkeerde
tipe liefde vertoon om die eenheid te kry.

Die
Verdelings Metode

Die verdelings metode is klaarblyklik die
populêrste metode wat deur die jeug van vandag gebruik word. Van die drie
metodes, is dit die beste , maar, soos ons sal sien, is dit ook nie ideaal nie.

Die optel metode kom uit by die getal een
deur twee onvoltooides te verenig, die aftrek metode kom  by die getal een uit deur `n kleiner getal Jong paartjie in die kombuisdeur `n groter getal onderdanig te maak, maar die verdelings metode kom by die
getal een uit deur twee gelykes bymekaar te bring. Verdeling leer, `n getal wat
verdeel word deur  dieselfde getal sal
uitloop in die nommer een. Byvoorbeeld, 4/4=1. Getroude paartjies wat die
verdelings metode gebruik glo dat die huwelik `n eenheid van gelykes moet wees.
Hulle het nie die huwelik nodig om volmaak of magtig en in beheer te voel nie.
Hulle is self-versorgende persone met `n gesonde self- konsep. Hulle is nie
teen die idee van `n huwelik nie. Die idee van `n huwelik is aannemend vir
hulle as dit `n weg voorsien om `n gelyke metgesel te wees in die lewe met
iemand wie dieselfde ekonomiese, en opvoedkundige doelwitte het.(Sommige voeg
ook  geestelike doelstellings daarby.)
Hulle glo dat die beste manier om by die nommer een uit te kom is om  twee gelykes bymekaar uit te bring.5

Alhoewel die verdelings metode die beste
een van die drie tipes huweliks modelle, faal dit steeds om dieselfde drie redes
as die vorige twee: dit fokus op die verkeerde bron om soos `n gelyke te voel,
dus het dit die verkeerde rede vir die huwelik en gevolglik ,word die verkeerde
soort liefde uitgedruk in hierdie huwelik.

Die
Beste Metode

Die allerbeste metode om die verlangde
eenheid in die huwelik te verkry is om die eksponentele model te gebruik om by
die nommer een uit te kom. In eksponentele huwelike, nes in eksponentele
wiskunde, word twee nommers bymekaar gevoeg op so `n wyse sodat die algehele
waarde van beide vermeerder en versterk.

Optelling:  1/2+1/2 =1    

Aftrekking:  2-1=1

Verdeling: 2/2 =1

In eksponentele wiskunde is een verhoog tot
die mag van twee. In al die ander wiskundige metodes word die nommer een of
verminder of verdubbel deur die nommer waaraan dit gelukkige paartjie stapverwant is, maar in
eksponentele wiskunde is die nommer een vermeerder deur die nommer waaraan dit
verwant is. Dit word nie verhoog in numeriese waarde nie, dit is vermeerder in
die mag daarvan. Wanneer jy daarna kyk sien jy die nommer een, maar wanneer jy
sy impak voel, voel jy die nommer twee. Dit is een wat die mag van twee het.
[Yahuwah se] metode om een te word is, twee volmaakte mense om een groter
geheel te vorm. Hulle beweeg deur die lewe soos een, maar hul inpak in die lewe
het die mag van twee.Wanneer twee een word soos [Yahuwah] bedoel het , raak die
lewe nie slegter nie, nog bly dit dieselfde; dit raak beter.

Dat die eksponentele model van eenheid moet
werk, moet beide huweliksmaats volmaak wees 
of vervuld wees voordat hulle een word. Hulle kan nie in die verhouding
kom om te ontvang nie; hulle moet kom om te gee. Elkeen moet sy of haar
besonderse talente en vermoëns bring na die huwelik. Elkeen, moet die talente
en magte van die ander erken, waardeer, en toegee aan die talente van die
ander. Ook, moet elkeen bereid wees om van hul talente en magte vir die behoud
van die huwelik te gee ongeag wat die persoonlike opoffering sal wees.

Diegene wie die optel model  gebruik, skiet vér te kort aan [Yahuwah se]
eenheid omdat hulle meer fokus om te ontvang as om te gee. Selfs as hulle sou
gee, is dit omdat hulle wil ontvang. Diegene wie die aftrek model volg skiet
vér te kort aan [Yahuwah se] eenheid, omdat hulle nie die talente en kragte van
die ander erken, waardeer en daaraan toegee nie.  Diegene wat die verdelings model volg skiet
vér te kort aan [Yahuwah se] eenheid omdat hulle nie gewillig is om  van hul krag en talente in `n selfopofferende
en onselfsugtige  wyse te gee nie. Die
eksponentele model is die enigste een wat die bestandele uitbring wat nodig is
om een te word in die einste wyse wat [Yahuwah] bedoel het.Dit   word volbring omdat dit die enigste een is
wat [Yahuwah se] doel van die huwelik vervolmaak.6

`n Bybel vers wat dikwels uit verband
geneem word om op `n verkeerde metode om een te word, ondersteun, is: “Vroue wees
aan julle eie mans onderdanig” (Efesiërs 5:22) Daar is sommige wat ongelukkig vrouglo dat
selfs as die man verwag dat die vrou iets moet doen wat moreel  en volgens die wet verkeerd is, moet sy  net gehoorsaam en haar man sal verantwoordelik
gehou word vir die sonde.     

Die gebruik van hierdie vers word die algemeenste
gebruik onder paartjies wie die optel en aftrek modelle gebruik vir eenheid.
Diegene wie die verdelings metode gebruik verwerp die vers gewoonlik as niks
meer as net Paulus se persoonlike opinie wat gebasseer is op die sosiale idees
van die tye waarvan hy geskryf het. Maar die tipiese manier waarop hierdie vers
vertolk word, word nie ondersteun deur die konteks van die deel en dit moet
sekerlik nie verwerp word op grond van die verkeerde uitleg van die vers nie.

`n Algemene veronderstelling is dat die
Skrifte beveel dat vroue “onderdanig”moet wees aan hul mans, terwyl dit slegs
die mans beveel om hul vroue “lief” te hê. Hierdie ongelykheid het die deur
geopen vir `n groot mate van mishandeling sowel as spyt. Vroue wil glo dat hul
manne hulle liefhet, dus sal hulle arbei onder `n swaar las met die gedagte dat
hulle sondig deur “onderdanig,” te wees terwyl al wat hulle moet doen is om hul
mans “lief” te hê.

Die korrekte insig in hierdie vers kan
slegs gevind word in die gebruik van die eksponentele model om een te word. Die
twee verse  wat die meeste verwarring
bring is:

Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig,
soos aan Yahuwah

Manne, julle moet julle eie vroue liefhê,
soos Yahushua ook die gemeente liefgehad het En Homself daarvoor gegee
het.  (Sien Efesiërs 5:22 en 25.)

Vroue moet hulleself aan hul mans toewy soos aan Yahuwah. Yahuwah het nooit
iemand gevra om iets moreel of wetliks verkeerd 
te doen nie. Derhalwe, Yahuwah forseer niemand om enigiets gelukkig Indiese paartjieteen sy/haar
wil te doen nie. En dit is wat na vore gebring word in die instruksie aan
manne: koester julle vroue nes Yahushua die kerk liefgehad het en daarvoor gesterf het! Baie vroue sal vinnig
optree deur te sê, “My man het my só lief dat hy selfs vir my sou sterf!”  Elke vrou wil glo dat haar man haar so lief
het om te sterf vir haar, maar dit is nie wat die vers bedoel nie.

Yahuwah waarborg Vryheid van keuse aan
almal. Met die sonde van Adam en Eva, het hul karakters, wat nes Yahuwah s`n
gemaak was, verwronge en onderhewig geword aan Satan. Adam en Eva en al hul
nasate na hulle sou hulpelose slawe-siele van Satan gebly het-As Yahuwah nie
belowe het om Sy Seun te laat sterf vir sondaars om aan hulle `n tweede keuse
te  gee nie.

Nota:  Yahushua se kruisdood forseer niemand om teen
sy/haar wil gered te word nie. Yahushua se dood bevry die wil van elkeen om vir hulself te kies wie hulle wil dien: Yah of Satan. Met ander
woorde, die wyse waarop Yahushua die kerk liefgehad het, was om haar vryheid van keuse te waarborg – selfs as
daardie Vryheid van keuse mense sou toelaat om Hom opnuut te verwerp.

`n Man wat sy vrou liefhet nes Yahushua die kerk liefgehad het sal
nooit sy vrou forseer om iets te doen wat sy nie wil doen nie. As hy sy vrou
regtig liefhet, nes Yahushua die kerk liefgehad het sal hy bereid wees om te
sterf om sy vrou se vryheid van keuse te beskerm – selfs as hy sou verskil met
haar keuse! Dit is om mens se vrou
lief te hê “soos Yahushua die gemeente liefgehad het en Homself daarvoor gegee
het.” 

dame sit op 'n bankOnder die eksponentele metode om een te
word, is dit veilig vir vroue om “onderdanig” te wees aan hul mans, om op hom
die anders-gesentreerde , onselfsugtige gee van liefde wat sy tuiste vind in
die hart van die Skepper. Ewenwel, sulke Yah – tipe agape liefde word teruggegee
aan die vrou wanneer die man haar met dieselfde onselfsugtige toewyding liefhet
wat deur Yahushua vertoon was toe Hy sy lewe gegee het om vryheid van keuse aan
sondaars te waarborg. Paartjies wat die eksponentele metode gebruik om een te
word smee `n hegte baie sterk band, as gevolg van Yahuwah se liefde.Hulle word
nie gebind deur `n behoefte om volmaak, of magtig, of in beheer of selfs deur
die behoefte om gelyk te voel nie. Die huwelik is sterk omdat dit daarop
gebasseer is  dat beide onselfsugtiglik
gee vir die voordeel van die ander. Hoe meer elkeen onselfsugtiglik gee vir die
voordeel van die ander, hoe meer “word hulle een”en hoe gelukkiger raak hulle
altwee.

Sulke liefde is die sterkste van hulle
almal omdat dit `n Yah – gesentreerde liefde is. Haar hoogste vreugde is om te
gee, mildelik en selfverloënend, aan die ander. Dit beopdrag nie ander nie,
maar is gewillig om op te offer vir beter 
voordeel van ander en vir die huwelik. Sodoende word selfs onderwerping
gesien as `n voordeel omdat dit gesien word in die lig daarvan om jou vrou of
jou man toe te laat om sy/haar Yah-gegewe talente te gebruik vir die beste van
die huwelik, en sodoende die behoeftes van albei  vervul. Onderwerping laat nie die een minder
gelyk voel nie, omdat dit op keuse gebasseer is. Elke indiwidu versterk
sodoende die huwelik deur sy/haar indiwiduele gawes en talente te gebruik. As
“een” kan die paartjies in die huwelik die rol van die ander waardeer  en die verhouding word as `n geheel  bevoordeel.

Jong man sit alleen op 'n bankDit moet wel verstaan word, dat, selfs die
beste huwekliksmodel slegs sal werk
as beide maats indiwudueel toegewy is
aan Yahuwah. Slegs wanneer die man en die vrou albei hul persoonlike behoeftes  in hul Skepper het, wanneer albei , om die beurt, die ander liefhê
met die onselfsugtige, self-opofferende liefde van Yahuwah, sal die huwelik
suksesvol wees. Dit kan bereik word slegs deur daaglikse oorgawe aan Yahuwah;
deur die wil, die gedagtes en emosies, die hoop en drome in lyn met Hom te
bring.

`n Persoon wie poog om sy/haar huwelik op
die eksponentele model te basseer terwyl die maat een van die ander drie
gebruik sal vind dat van hom/haar voordeel getrek word en sal hy/sy gebruik
voel.Dit bring ons heeltemal terug in `n kringloop van wat in die begin van die
artikel gesê is: die enigste rede warom `n persoon mag trou is as hy/sy weet
dat dit die wil van Yahuwah is.”Wanneer die doel van jou huwelik nie gebasseer
is op hoe jy voel of wat jy dink nie, maar liefs op die verlange van wat jy glo
die wil van [Yahushua] is vir jou lewe, dan sal jou rede vir egskeiding meer geneig wees om op dieselfde ding
gebasseer te wees.”7

Die enigste veilige koers dan vir enigeen,
enkel of getroud, is om as indiwidu Yahuwah se wil te volg in mens se eie
lewe.Of jy nou verloof of maar net dink aan trou, of jy nou in `n goeie huwelik
of `n slegte een is, as jy jou wil aan jou Skepper sal oorgee, sal Hy jou in
veilige weë lei.

Vertrou op Yahuwah met jou hele hart en
steun nie op jou eie insig nie . Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie
gelyk maak. (Sien Spreuke 3:5,6.)

Yahuwah se belofte vir jou en jou huwelik
is:

Want Ek weet
watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek Yahuwah, gedagtes van vrede,
en nie van onheil nie, om julle `n hoopvolle toekoms te gee. (Sien Jeremia
29:11.)

gelukkige jong paartjie


1  Genesis 2:23

2
Gregory L. Jackson, How Surrender Makes
Life Happier, Divorce a Blessing,The Single Life Fulfilling,
p.18. Die
skrywer gee met blydskap erkenning aan Mr. Jackson se navorsing. Die konsep van
hierdie artikel is grotendeels uit sy boek geneem.

3
Jackson, pp. 39-40.

4
Hierdie idee word oorgedra in hul verhouding met hul kerkleiers. In plaas daarvan om vir hulle self te
studeer, is baie tevrede om te gaan met wat ookal hul pastore as waarheid
aanvoer, ongeag van die hope bewyse inteendeel daarmee.

5
Jackson, pp. 41-42.

6 Ibid., pp. 43-44.

7  Ibid.,
p. 18, klem oorspronklik.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.