World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Geloof is die Oorwinning!

“En my Elohim sal elke behoefte van julle vervul na
sy
rykdom in heerlikheid deur Yahushua die Messias.”
(Filippense 4 vers 19 Die Herstelde Name Van Die Skrif).

George Müller was ʼn
man wat geloof verstaan het.  Hy het op ʼn
keer gesê: “ Ek het met vreugde en toegewydheid my lewe gewy aan die onderwerp,
en in die voorbeeld hoeveel bereik kan word deur gebed in geloof.”  Yahuwah het dit in sy hart geplaas om
weeshuise te bou vir die behoeftige kinders wat op die strate geleef het in
Bristol, Engeland.  Met slegs twee
sjielings (25 sent) in sy sak, was George Müller vasberade om te gehoorsaam te
wees.  Hy het geen benul gehad
waarvandaan die geld sou kom, maar vir hom was dit nie ʼn probleem.  Hy het Yahuwah se wil verstaan.  Dat Yahuwah sal voorsien op hierdie weg.  Sy deel was net om gehoorsaam te wees. 

George Müller

George Müller (1805 – 1898), ʼn ware Stryder in Geloof, en het hy geglo aan Yah se beloftes asof dit in sy hand is wat hy benodig het, of dit nou kos in die koskas of geld in sy beursie sou wees.

Müller het in alles
vertrou op sy goddelike Elohim.  Hy het
in sy handelinge vroeër nooit aan enige iemand dit bekend gemaak wat sy
behoeftes was, en daar was baie.  Hy het
dit net aan sy Hemelse Vader bekend gemaak. 
Deur hierdie nederige man van geloof, het Yahuwah vyf reuse geboue van
graniet opgerig, wat oor ruimte beskik het om 2,000 weeskinders te huisves.

Op ʼn dag was Müller
sonder geld, en het hy geen kos vir die kinders se volgende maaltyd gehad.  Terwyl hy knielende besig was om te bid, om
sy behoeftes voor sy hemelse Vader neer te lê, en om die beloftes in geloof te
eis, het iemand aan die deur geklop met ʼn geskenk van geld.  Yahuwah het weer aan hom bewys dat Hy sy
beloftes onderhou.  Die kinders kon hulle
maaltyd op tyd eet.

Oor die jare heen,
was daar aan die gelyke van miljoene rande voorsien ter ondersteuning aan
hierdie groot taak, en dit sonder om enige siel van sy behoeftes te vertel, en
daar was baie wat dringend was.  Müller
het sy lewe gewy aan die openbaring van die goedheid en die mag wat Yahuwah
voorsien het, aan almal wat Hom op sy woord hou, en daarop vertrou op die
beloftes van die onderhoudende Elohim. Hy erken dat beproewinge nodig is vir
almal wat ʼn sterk geloof begeer.

“Om te leer oor ʼn
sterk geloof is om in groot beproewinge uit te hou.”  Müller het die volgende waargeneem: “ Ek het
oor my geloof geleer om vas te bly staan, te midde van felle aanslae.”

Dit word vertel dat
geloof is soos ʼn plant wat vinnig groei as dit versorg word, en Müller se geloof
bevestig en bewys hierdie waarheid.  Ongeag
die nood wat hy in die aangesig gestaar het op ʼn gegewe tyd, het Müller gekies
om Yahuwah te vertrou.  Hy vertel: “ Wees
verseker, as jy met Hom wandel en op kyk na Hom, en hulp van Hom verwag, sal Hy
jou nooit teleur stel.”  Müller se geloof
was die resultaat van sy ondervindinge en die keuse om te vertrou ongeag die
omstandighede.  “ As Yahuwah weier, sal
dit die eerste keer wees,” het hy gesê.

Faith is the victory - Esther

Yahuwah het nie verhoed dat ʼn klein Israelitiese dogtertjie ontvoer word en as slaaf verkoop word, maar Hy het haar getuienis gebruik dat ʼn volk geheel en al erken word deur die hoofman Haman. ( Gebruik met vergunning deur Darral Tank, darreltank.com.)

Die Skrif is vol
van verhale, wat vertel van Yahuwah se ingryping in die lewens van Sy
aardgebonde kinders.  Die hoof rede vir
elke verhaal wat opgeteken is in die Bybel is om geloof te inspireer in die
harte van gelowiges.  Vanaf die
wonderbaarlike bevryding by die Rooi See tot die verhaal van die weduwee se
kruik met olie sodat sy haar skuld kon betaal, is hierdie handelinge van
Yahuwah in die verlede, en hulle doel om geloof, en vertroue te inspireer, en
Hy wie in Sy almag tot diens was vir Sy volgelinge in die eeue van die verlede,
gewillig is om dieselfde vandag  te doen
vir Sy volgelinge wat op Hom vertrou.

Elke kind van Yah
het altyd probleme ondervind.  Daniel was
in gevangeneskap weggevoer en ʼn ontmande gemaak aan die hof van Juda se
vyande.  Josef was onregverdig in die
gevangenis gewerp.  Job het sy kinders en
sy rykdom en sy reputasie verloor.  Ester
was weggeneem vanaf haar familie as vrou vir ʼn heidense koning wat baie jare
ouer as sy was!

Yahuwah verhoed dit nie dat daar slegte dinge
gebeur.  Hebreërs 11, die gewilde
hoofstuk in die “Geloofsaal van Roem,” voorsien aan voorbeeld na voorbeeld van
mense wat onoorkomelike probleme en beproewinge in die aangesig gestaar het, en
dit oorwin het en  nie deur hulle eie
krag, maar gesteun het op die beloftes van Yahuwah.  Hulle is die Stryders van Geloof.

 “wat deur die geloof koninkryke oorweldig het,
geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, die krag
van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid
ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug
gedryf het. Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is
gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan
verkry. Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook
van boeie en gevangenis. Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die
swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het
gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel—die wêreld was hulle nie werd
nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in
die grond.En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het
hulle die belofte nie verkry nie, omdat God iets beters oor ons beskik het,
sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. Daarom dan, terwyl ons so ‘n
groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde
wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons
lê,  die oog gevestig op Yahushua, die
Leidsman en Voleinder van die geloof…. “( Hebreërs 11 verse 33 tot 40 en 12
verse 1 tot 2)

Die verhale van die
Bybel leer ons dat die grootste nood vir elke individu is die geloof in die
goddelike beloftes.  Die probleme en moeilikhede
wat opduik is die Hemelse leermeesters vir die onderrig van geloof en vertroue.  Yahuwah se mag is voldoende om aan elke
vereiste te voldoen.  Dit is groot genoeg
om elke nood op te los.  Die enigste
beperking is wanneer die individu  geloof
sal uitoefen of nie omdat: “alle dinge is moontlik vir die een wat glo.”
(Markus 9 vers 23) “En sonder geloof is dit onmoontlik om Yahuwah te behaag;
want hy wat tot Yahuwah gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat
Hom soek.” (Hebreërs 11 vers 6)

Gedurende die
laaste dae van die aarde se geskiedenis, is die verhale wat in die Bybel gegee
word vir die gelowiges, is dit om hulle geloof te versterk.  Yah se volgelinge moet voor die hele wêreld
verskyn met die ongewilde waarheid van ʼn sewende dag Sabbat wat bereken word
deur ʼn antieke kalender.  Almal wat
hierdie verpligting in die aangesigstaar,  van die vierde gebod sal dit gou besef dat dit
nodig is om op ʼn bepaalde dag te aanbid, dan sal die kalender wat gebruik word
om daardie dag te bereken korrek moet wees volgens die metode van tydmeting.

Asian man deep in thought

Omdat die wêreld
verenig is in die gebruik van ʼn son kalender wat bestaan uit ʼn aaneenlopende weeklikse siklus, is die besluit om
volgens ʼn ander kalender te aanbid, dit onmiddellik voorsien aan ʼn hele klomp onvoorsiende
probleme.  Die grootste vrees van die
meeste mense wat wil aanbid volgens die ware Bybelse Sabbat is die moontlikheid
van werk verlies.  Dit op sy beurt
voorsien aan ander gevare vir hulle wat in skuld gedompel is: Hoe gaan ek my kar betaal?  Sal ek my huis verloor?  Wat omtrent my studie lenings?  Ek het so baie verpligtinge!

Al hierdie dinge is
baie ware bekommernisse.  Baie van Yah se
volgelinge staar hierdie einste probleme in die aangesig.  Die grootse behoefte vir enigiemand in
hierdie situasie is die behoefte aan geloof- geloof sal nie ontdaan gemaak
word, al val die hemele.  Die een ding
waaroor Yahushua herhaaldelik Sy volgelinge 
vermaan het was, is die te kort skiet aan geloof: “En Hy sê vir hulle:
Waarom is julle bang, kleingelowiges?” (Mattheus 8 vers 26) “Kleingelowige,
waarom het jy getwyfel?” (Mattheus 14 vers 31) “Waar is julle geloof?” (Lukas 8
vers 25)

Die teenoorgestelde
is, waar ook al Hy geloof gevind het, is dit deur Hom onmiddellik geprys.  “  Hou
goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered.” (Mattheus 9 vers 22) “o Vrou,
groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.” ( Mattheus 15 vers
28) “Gaan, jou geloof het jou gered.” (Markus 10 vers 52) Yahushua wou leer dat
die Yahuwah vry was om te werk vir ʼn persoon, en dat  dit direk tot die verhouding van die
hoeveelheid van geloof was, wat beoefen is deur daardie persoon.

 “Geloof” is een van die woorde wa dikwels rond
geslinger word in godsdienstige kringe, en tog verstaan so min  wat dit is. 
Geloof is nie gevoel.  So dikwels twyfel mense dat hulle gebede nie
verhoor word, omdat hulle nie oorspoel word met goeie emosies, maar dit is nie
geloof.  Dit is wanneer vrees ervaar, en
nie vrede, en wanneer jy hartseer ervaar, en nie vreugde, en wanneer jy swak
voel, en nie sterk is, en  dit is jou
plig vir die uitoefening van geloof.

Ware geloof is, en
“geloof, is die inwilliging, en die [ooreenkoms]
van die verstand tot die waarheid en wat verklaar word deur iemand anders en
wat berus op sy gesag en geloofwaardigheid, sonder die bewys van die oordeel
wat ʼn ander verklaar of getuig, en wat die waarheid is”2 Geloof is
om eenvoudig om Yahuwah te neem op Sy woord, en die keuse om te glo wat Hy
gesê  het, en wat Hy wil doen omdat Hy is
wie Hy is, ʼn ( liefdevolle ) en ʼn ( almagtige) sonder die nodigheid  van bykomende bewyse.

Op ʼn dag, kom daar ʼn Romeinse hoofman en vra
aan Yahushua om sy dienskneg gesond te maak.

“Daarop
sê Yahushua vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

En die hoofman oor
honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar
spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word. Want ek is ook ‘n man onder
gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! En hy gaan;
en vir ʼn ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen
dit.

Toe Yahushua dit
hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle,
selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.

Toe sê Yahushua vir
die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En
sy kneg het gesond geword in daardie uur.” (Mattheus 8 verse 7 tot 10 en 13)

Toe die hoofman aan
Yahushua vir hulp vra, het die Verlosser onmiddellik gereageer: “Ek sal kom.”
Die hoofman was verbaas. Hy het nie verwag dat ʼn Israeliet gewillig sal wees sy
voete in ʼn heidense huis sal sit. Hy het gou geantwoord,”  ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie;
maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.”

“Voorwaar
Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.”

“Geloof is nie geloof sonder bewyse, maar vertroue sonder voorbehoud.”

(D. Elton Trueblood)

Die Skrif is die
Woord van Yahuwah en is dit verseker toe Hy die gespreek en die aarde het  bestaan. Wanneer jy
glo dat die Woord van Yahuwah die mag besit om dit te doen wat dit sê wat dit
sal doen, en dit jou keuse is om dit te vertrou wat Hy gesê het, Hy sal
doen, dan beoefen jy geloof. Dit is al wat YaHuwah se volgelinge benodig as
enige iets anders as hulle die moeilikhede 
in die aangesig staar wat wag op almal en hulle  sal oorval, wanneer hulle die Skepper eer
deur te aanbid op Sy Sabbat.    

Die mooiheid van
geloof is dat dit ʼn geskenk is van Yahuwah! Hy het aan elkeen ʼn voldoende maat
van geloof gegee om te glo, dat as hulle vir meer sal vra, sal hulle meer
ontvang. Maar, om dit te laat groei,

moet geloof getoets en beproef word voordat dit ʼn werklikheid  in jou lewe kan word. “en dat alles ten goede
meewerk….” (Romeine 8 vers 28) sodat dit nie
saak maak wat gebeur, en dat  die
veranderende krag van Yahuwah se voorsienigheid ,verander opregte geloof as ʼn
werklikheid. Geloof werk altyd op ʼn persoonlike manier, omdat dit  die doel van Yahuwah is om te toe te sien dat
volkome geloof ʼn werklikheid is as deel van Sy kinders.3

“Geloof funfsioneer nie op die gebied van die moontlike.Daar is geen eer vir Yahuwah in wat menslik moontlik is. Geloof begin waar die mens se vermoëns eindig.

George Müller

Yahuwah is daarvan
bewus dat ons geloof benodig. Die enigste manier vir jou om ʼn rotsvaste geloof
in Yah te ontwikkel is, om in die vermoë te wees en die  versorging van jou individualiteit, en om
probleme te hê wat onoplosbaar is vir enige menslike pogings. Dit maak regtig
nie saak dat dat jy jou werk sal verloor as jy die Sabbat sal onderhou, of dat
jy jou huis en jou kar sal verloor as jy jou werk verloor; as die probleem iets
was wat jy kan hanteer, of miskien wat iemand of ʼn bekende vir jou kan hanteer,
kan dit nie geloof versterk.

Wat ook al die
probleme is wat ons in die aangesigstaar as gevolg van gehoorsaamheid, weet
Yahuwah alles daarvan.  Elke beproewing
is “ ontwerp volgens jou gewoontes” om jou geloof te ontwikkel vir die
onafhanklikheid in die Hemelse Vader wat jy benodig om deur die dae vorentoe van
beproewing te kom. Dit sal beter wees om ʼn mooi huis te verloor en om in ʼn
eenvoudige wooneenheid te woon of selfs in ʼn klein woonwa op die platteland, as
om gehoorsaamheid te weerhou van die verklaarde wil van Yahuwah.  Alleenlik diegene wat in streng gehoorsaamheid
lewe kan hierdie beloftes eis.

“As ons begeer dat ons geloof versterk moet word, moet daar nie weggeskram word van geleenthede waar ons geloof getoets word, en daarom deur beproewing, word dit versterk.”

(George Müller)

Yahuwah het
beloftes voorsien om elke nood te ontmoet en ook om daaraan te voorsien.  Wanneer jy gedoen het wat jy kon vir die
gehoorsaamheid aan Sy geopenbaarde wil, is dit jou deel om te kies en te glo
omdat Hy Yahuwah is jou Eloah en jok nie. 
Sonder die menslike onoorkombaarheid van probleme, en sonder die geloof en
die leidende voorsienigheid sal jy nie groei. 
Die beproewinge wat ons in die aangesigstaar is vir die uitsluitlike
doel vir die voorsiening aan ʼn geleentheid vir die beoefening van geloof sodat
dit sal groei!  Sonder beproefde geloof
sal jy nie groei, en is dit net soos spiere wat nie kan groei sonder oefening.

Omdat elke persoon
se omstandighede uniek is, daar nie advies is wat toegepas kan word vir elke
individuele omstandighede.  Daar is ʼn
rede waarom ons moeilikhede buite ons vermoë en bonne tot ons beskikking is.  Yahuwah het dit nie bedoel dat die mens moet
kan voorsien aan die hulp wat Hy wil voorsien. 
Yahuwah stel nie enige persoon in staat, of enige instansie, soos WLC om
in staat te wees om te voorsien aan antwoorde of geld vir elke probleem wat Sy
kinders in die gesig staar.  Jou probleme
is ontwerp om jou te help om geloof in Yah te ontwikkel, en nie in die
afhanklikheid van wysheid van jou vriende, of die bronne van ander.    

Die beproewinge wat
jou konfronteer mag miskien meer skrikwekkend wees as enige wat jy nog ooit in
die gesig gestaar het, en die gevare is ʼn groot en ʼn werklikheid.  Hierdeur en in  alles is jou veilige roete gehoorsaamheid en
vertroue.  Yahuwah se beweegrede van
genade vir elke beproewing is om jou nader na Hom te trek.

“Want die Yahuwah sal nie vir ewig verstoot
nie. Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy
goedertierenhede; 3want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders
nie.” (Klaagliedere 3 verse 31 tot 33)

older couple looking over their bills

Yah kan jou lening
uitwis. Hy kan geld in jou beurs sit. Maar dit wat geloof laat groei is jou
grootste behoefte. Alleenlik wanneer ʼn menslike onoorkombare probleem opgelos
word deur goddelike leiding en ingryping, kan geloof groei.  

Die mees moeilikste probleme wat iemand voel is
dit wat hy oor homself gebring deur ʼn onwyse rigting van handeling.

  • Ons moes
    nie daardie groot, en  duur huis gebou
    het.
  • Ek moes
    nie daardie lening aangegaan het.
  • Ons moes
    die ou motor laat herstel het, en nie daardie nuwe gekoop het.
  • Waarom
    het ek so baie studie lenings aangegaan?

Wanneer ʼn persoon
dokumente onderteken het, en BELOWE het om dit terug te betaal, is daar ʼn
sekere verpligting as jy nie jou woord vervul om dit na te kom, sal jy oneer
aan die Skepper verskaf. Geeneen moet geloof verloor in Yahuwah se liefde en
leiding as hulle eindig om hulle werk te verloor, en nie in staat is om hulle
lenings terug te betaal. “Kyk, die hand van Yahuwah is nie te kort om te help
nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie.” (Jesaja 59 vers 1) Ons moet
steeds voortgaan om te volg en te gehoorsaam, selfs al verstaan ons nie die
gevolge, en redes vir Sy leiding.

Die einste ondervindinge wat ons die meeste
beproef, is diegene wat die noodsaaklikste is om ons persoonlikheid te verfyn.
Dit is ook baie moontlik dat Yahuwah ʼn getuienis benodig, soos die van Job, wat
getrou gebly het, en vertrou het ongeag die omstandighede. Dit mag wees vir die
redding van ander siele dat jy gelei word deur die valleie van die dood.

Selfs al is ons gedompel is in moeilikhede en
verstikkings wat nie volgens Yah se wil vir ons is, en om daarmee betrokke te
wees, kan ons steeds tot die Vader bid in die naam van
die Seun dat Hy aan ons wysheid sal gee om die pad te bewandel wat
veilig is om te volg. 

Yahuwah het wysheid belowe vir almal wat
daarom vra.

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat
aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is
soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.  Want dié mens moenie dink dat hy iets van Yahuwah
sal ontvang nie—  so ‘n dubbelhartige
man, onbestendig in al sy weë.” (Jakobus 1 verse 5 tot 8)

Yahuwah in Sy
alwysheid beantwoord nie aan ons gebede soos ons dit verkies. Dit is moontlik
om deur die ontbering van bankrotskap te gaan, en ook die verlies van ʼn werk,
en selfs ook jou eie reputasie, en is dit die enigste ding wat oneindige
Wysheid ken, en wat ʼn persoon in volle afhanklikheid van Yahuwah sal bring. As
dit is soos jou ondervinding is, hou aan om om te vertrou en te gehoorsaam,
wetende dat die Yahuwah ʼn tedere liefdevolle Vader is.

“Hy sal
sy kudde laat wei soos ‘n herder;
Hy sal
die lammers in sy arm vergader
en aan
sy bors dra;
die
lammerooie sal Hy saggies lei.”
(Jesaja
40 vers 11)

“Geloof is doelbewuste vertroue in die persoonlikheid van Yahuwah wie se weë jy dalk nie verstaan op daardie bepaalde tyd.”

(Oswald Chambers)

Dit is veilig om
Yahuwah te vertrou in elke omstandigheid, wetende dat Hy altyd ons sal lei soos
ons dit  vir onself sal verkies, as ons
in die toekoms kon sien soos Hy kan, en die glorieryke plan wat hy uitgewerk
het vir ons lewens.  

Die krag van die
Almagtige ondersteun elke belofte wat Hy gemaak het. Dus is daar geen
verskoning om te weier vir die uitvoering aan gehoorsaamheid – selfs as
gehoorsaamheid tot die waarheid jou werk eis, of jou huis, of jou motor, of jou
reputasie, jou huwelik of selfs jou lewe.

Word
jy versoek? Hy sal voorsien. Is jy swak? Hy sal jou versterk. Is onkundig? Hy
sal jou verlig. Is jy gewond? Hy sal jou gesond maak. “Yahuwah bepaal die getal
van die sterre; Hy gee hulle almal name. Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde.” (Psalm 147 verse 4 en 3) ”Kom na My toe,” is Sy
uitnodiging. Wat ook al jou angs en beproewinge is, lê jou saak voor Hom neer.
Jou gees sal versterk word om uit te hou. Die weg sal weg sal gebaan word vir
jou om jou los te maak van verleentheid en moeilikhede. Hoe swakker en meer
hulpeloos jy weet wat jy is, hoe sterker sal jy word in Sy krag. Die swaarder
die laste, hoe meer geseënd is die rus om dit te werp op die Las Draer. Die rus
van die Verlosser bied en dit hang af van die omstandighede, maar daardie
omstandighede word eenvoudig omskryf. Hulle is al daardie wat kan voldoen. Hy
vertel ons hoe dit  is om Sy rus te vind.4    

“Geloof is nie die vermoë om te glo, vêr en lank in die duistere toekoms. Dit is eenvoudig net om Yahuwah op Sy Woord te neem in die volgende stap wat jy neem.”

(Joni Ericson Tada)

Diegene wat
gehoorsaam is aan Yahuwah in alle dinge het die reg om elke belofte te eis van
Sy oneindige Liefde wat Hy bied. Laat jou enigste vraag wees, Wat is Yahuwah bevel,? en Wat is Sy belofte? Deur dit te ken sal jy die een gehoorsaam en op die ander vertrou.  

• Moenie bang wees om te vra vir die
heronderhandeling van die lening. Yah mag dalk op daardie manier werk.

• Moet
nie te trots wees om vir ʼn tweede tydelike werk te soek.

• Moenie
huiwer om om ʼn verlaging te aanvaar, en jou woning te verkoop en tevrede te
wees met kleiner een, wat dalk ten volle betaal kan word, of self gehuur kan
word. Wanneer daar in die eiendoms mark geen kopers is, kan Yah ʼn koper stuur.

• Wanneer
werkloosheid hoog is, en daar  geen werk beskikbaar,
kan Yah voorsien in sake om aan jou ‘ ʼn werk te voorsien.

Yahuwah voorsien
aan persoonlike probleme om persoonlike geloof te laat groei. Dit moet ʼn
probleem wees wat te groot is vir jou om te hanteer, omdat dit jou na Hom toe
sal dryf om aan die antwoorde te voorsien. Alleenlik wanneer antwoorde verkry
word deur geloof en gebed, sal geloof groei. Deur elke beproewing en nood,
beskou dit as ʼn uitnodiging vir gebed.

Die skrif voorsien
aan die sleutel vir elke probleem wat jy in die aangesigstaar in die volg van
die pad van gehoorsaamheid: “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in
alles dankbaar.” (1 Tessalonisense 5 verse 16 tot 18) Die swaarste beproewing,
en as dit gedwee en in geloof aanvaar word, sal dit voorsien aan ʼn kalm, vredevolle
en stille versekering dat Yah dit sien, en hoor en dat Hy alles ten goede sal
laat uitwerk tot jou ewige goedheid.

Charles Spurgeon

Charles Spurgeon (1834-1892) het aan meer as 10,000,000 mense in sy leeftyd gepreek, en hulle aangespoor om te vertou op die Woord van die Almagtige.

Charles Spurgeon, ʼn invoedryke predikant, wat onverskrokke
geveg het teen die paaie van liberale teologie skrywe:

Manne en vroue het
hulle versoeke aan Yahuwah gerig, en daaraan is voldoen, hulle het na die troon
gegaan en is gewys op die beloftes, en is nie weg daar sonder vervulling en het
teruggekeer vanaf die troon van Yahuwah as oorwinnaars van die Almagtige, want
gebede beweeg die arms wat die wêreld beweeg. “ Gebed is die krag van Yah,” is deur
een gesê, “dit beweeg Sy arm,” en dit is so. Voorwaar, deur gebed in die
strekte van ʼn getroue hart, is daar die mooiheid van die vervulling van die
teks: “Hy sal sterte aan my voorsien….” Gaan voort Christen, dit is Sy
beloftes, “ Hy sal aan jou krag voorsien.”

“Swak
ofskoon ek is nog nie deur,
Sy mag
is, om aan alle dinge te voorsien.”5

Geen mens het die
antwoord op al die vrae. WLC het nie die oplossing vir al jou moeilikhede. Dit is
jou voorreg om die pad van geloof te loop, om te aanskou hoe Yahuwah al jou
probleme hanteer. Gebed is jou wapen van verdediging teen die aanslae van die
vyand.

Yahuwah
beveel: “en roep My aan in die dag van benoudheid.” (Psalm 50 vers 15) Hy nooi
ons uit om ons verwardheidheid en ons benodighede en die nood vir goddelike
hulp aan Hom voor te lê. Hy maak aan ons die aanbod om onmiddellik in gebed te
verkeer. So gou as daar probleme opduik, moet ons aan Hom ons opregte, en
ernstige behoeftes voorlê. Deur ons lastige gebede lewer ons bewys van ons
sterk vertroue in ons Elohim. Die besef van ons nood lei ons na gebed in
ernstigheid, en ons hemelse Vader word geraak deur ons smeekgebede.

woman praying - Faith is the victory!

Dikwels is diegene
wat swaarky onder beskuldiging en vervolging vir hulle geloof word versoek om
te dink dat hulle verlaat is deur Yahuwah. In die oë van mense is hulle in die
minderheid. In al hulle optredes triomfeer die vyand oor hulle. Maar dit laat
hulle nie toe om te oortree teen hulle gewetens. Hy wat gely vir hulle onthalwe,
en wat gebore is vir hulle smarte en beproewinge het hulle nie verlaat.

Die kinders van Yah
word nie alleen gelaat en onbeskermend. Gebed
beweeg die arm van die Almagtige…

As ons ons lewens oorgee vir diens aan Hom, kan ons nooit
in ʼn posisie geplaas word waarvoor Yahuwah nie voorsiening gemaak het. Wat ook
al ons omstandighede mag wees, het ons ʼn Gids wat ons die weg wys wat ook al
ons verslaenheid, het ons ʼn Berader wat ook al ons smarte en berowing of
eensaamheid, het ons ʼn simpatieke Vriend. As ons in onkunde ons misgaan verlaat
Yahushua ons nie. Sy stem is duidelik en helder wanneer dit gehoor word en gesê
word:
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”
(Johannes 14 vers 6) “Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en
die ellendige en wie geen helper het nie.” (Psalm 72 vers 12)

Yahuwah verklaar
dat Hy vereer sal word deur diegene wat naby Hom wandel, en wat getrou is tot
Sy diens. “U sal ʼn standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle
vertrou op U.” (Jesaja 26 vers 3) Die arm van die Almagtige is uitgestrek om
ons verder en vorentoe te lei. Beweeg vorentoe, sê die Verlosser; Ek sal vir
jou hulp stuur. Dit is vir My naam se eer dat jy moet vra, en jy sal ontvang.
Ek sal vereer word deur diegene wat wag op jou mislukking. Hulle sal sien dat My
woord aanskou in triomfantlikheid en glorie. “En alles wat julle in die gebed
vra, sal julle ontvang as julle glo.” (Mattheus 21 vers 22)

“Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”

(Hebreërs 11 vers 1)

Laat almal wat geteister
word of onregverdige gebruik word, Yahuwah aanroep. Draai weg van diegene wie
se harte soos staal is, en maak jou behoeftes bekend aan jou Maker. Nooit sal een geweier word wat na Hom toe
gaan met ʼn berouvolle hart
. Geen
opregte gebed is verlore
. Onder die gesange van die hemelse koor, hoor
Yahuwah die uitroep van die swakste menslike wese. Ons stort ons harte uit van
begeerte in ons binnekamers, as ons ʼn gebed prewel op die weg wat ons bewandel,
en ons woorde reik, na, “en na die troon van Monarg van die heelal. Dit mag
onhoorbaar wees vir die menslike oor, maar dit kan nie wegsterf in stilte, en
ook kan hulle nie deur die aktiwiteite van die ons handel en wandel verlore
gaan. Niks kan die siel se begeertes verdring. Dit styg op bokant die lawaai
van die straat, en bo die verwardheid van die menigtes, en na die hemelse sale.
Dit is tot Yahuwah met wie ons spreek, en
waar ons gebede verhoor word
.

Jy wat as die mees
onwaardige voel, vrees nie om jou saak toe te vertrou aan Yahuwah. Toe Hy
Homself gegee in Sy Seun vir die sondes van die wêreld. Hy het hierdie saak
onderneem vir elke siel. “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar
Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles
genadiglik skenk nie?” (Romeine 8 vers 32) Sal Hy nie die genadige woorde
vervul wat gegee is vir ons bemoediging en sterkte?6

Die persoon wat die
ware Sabbat aan jou voorhou sal heel waarskynlik nie die persoon wees wat alles
vir jou ontrafel om gehoorsaamheid maklik te maak. Gehoorsaamheid deur sy
einste kenmerk, moet iets kos. Yahushua erken hierdie feit toe Hy verduidelik:
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag
opneem en My volg.” (Lukas 9 vers 23) Die kruis van wat almal moet dra, is die
kuis van gehoorsaamheid – en dit is voorwaar ʼn kruis. Hierdie kruis is
verskillend vir elke indivudi – dit is ontwerp om spesifiek te wees wat elke
persoon benodig vir haar of sy geestelike ontwikkeling.

“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in
die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en
verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

Verder
is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy
een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop
dit.” (Mattheus 13 verse 44 tot 46)

Verlossing is ʼn gratis
geskenk, maar geeneen wat aanhou, en wetende voortgaan in ongehoorsaamheid sal
dit verkry.Omdat daar voldoende voorsiening gemaak is vir almal om te oorwin,
almal is sonder verskoning gelaat om verlore te wees.  Die hoofrede waarom mense nie hierdie kruis
van gehoorsaamheid wil dra, is trots.  Hulle
is lief vir hulle gerieflike huise, meer as ʼn nederige woning.  Hulle hou van die aansien en status wat
gepaard gaan met ʼn goed besoldigde werk. 
Hulle wil nie in  die verleentheid
wees  van werksverlies, of die
moontlikheid en oorsaak  om hulle huis of
motor te verloor as gevolg van die wanbetaling van hulle paaiemente.

Dit is maklik vir
Yahuwah om die probleme op te los wat jy in die aangesigstaar.  Sy bronne is onbeperk!  Dit is moeilik vir sondaars om geloof te
ontwikkel in Hom.  Yahuwah sal jou nooit
dwing om geloof uit te oefen in Sy beloftes. 
As ʼn liefhebber van vryheid, laat Hy die keuse aan jou oor.  “ Deur geloof is daar genoeg lig vir diegene
wat wil glo, en ook genoeg duiternis aan die blindes wat nie wil glo.”7

Maak ʼn doelbewuste
keuse om jou Skepper en Verlosser te vertrou. 
Die ewige lewe is dit werd, selfs al kos dit jou alles.  Wees altyd verheug, en in en alles wees
dankbaar, en sien daarin die uitnodiging vir gebed.  Daar is geen berg te groot vir Hom om te
verwyder, en geen afstand te groot om te oor kruis.  Hy sal jou gebede verhoor, en Hy sal beveel
dat gebeurtenisse ten einde, jou grootste seeninge sal wees.

“Wanneer jy die einde van die lig
bereik, sal jy weer dat dit ʼn tree in die donker is van die onbekende, en
geloof is om bewus te wees dat een van twee dinge sal gebeur: of jy sal
voorsien word om op solied te staan, of jy sal geleer
word om te vlieg.” (Ede
Teller)


Geloof is die oorwinning!

 “Want
alles wat uit Yahuwah gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning
wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.”
(1 Johannes 5 vers 4, Herstelde
Name in die Skrif)


1 Alle Skrif verwysings is geneem uit die 1933
vertaling tensy anders vwermeld.

2 “Faith,” American Dictionary of the

 English
Language, Noah Webster, ed., 1828.

3 Oswald Chambers, My Utmost for His Highest.

4 E. G. White, Desire of Ages, p. 329.

5 C. H. Spurgeon, “Faith versus Fear.”

6 E. G. White, Christ’s Object Lessons, pp.
172-174.

7 Blaise Pascal.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.