World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Herstelling van die Verlore Sabbatte

Die vraag word dikwels gevra, “Sou Yahuwah
werklik toelaat dat die kennis van Sy Sabbat verlore gaan?”Die antwoord soos
gegee in Klaagliedere 2:6 is: ja. “Yahuwah het in Sion feestyd (mo`edim) en Sabbat
laat vergeet.”

Hierdie tema word uitgebrei in Hosea, hoofstuk
twee. Hier stel Yahuwah Sy volk voor as `n ontroue vrou wat gaan hoereer het
met ander liefhebbers. Yahuwah se volk was `n ontroue bruid vir hul Meester.
Die profesie van Hosea geld vandag ook vir Yahuwah se volk. Ons wil graag die
pragtige beloftes aanhaal in die tweede helfte van die hoofstuk as toepassing
op Yahuwah se volk. Hierdie beloftes is kosbaar. Maar, dit moet in konteks
gekyk word,en hulle word gegee in die konteks van Yahuwah se verloofde wat
ontrou aan Hom was. Daarvoor is die straf: “En Ek maak `n einde aan al haar
vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.”(Vers
10)

Die “nuwemane” is `n duidelike verwysing na die kalender
waarop die Sabbatte uitgepluis is, net soos in Jesaja
66:23: “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees
kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.” Die Sewende-dag Adventiste Kerk
het hierdie teks gebruik om te bewys dat die Sabbat in die nuwe aarde gehou sal
word. Meer as dit, hierdie teks bewys watter kalender gebruik sal word deur die
ganse ewigheid, want op die heidense, Gregoriaanse sonkalender, word die
nuwemane nie eens opgemerk nie en dit begin definitief nie die maande nie.

Dit was deur die kompromie met die heidendom
dat die vroeë Christelike ekklesia sy
apostoliese reinheid verloor het. Dit het die sluise na al die misleidings van
Satan geopen. Deur nie die waarheid te waardeer en te bewaar nie, het Yahuwah
se volk dit verloor. Wanneer die waarheid van die hemel nie gekoester word soos
dit moet wees nie, verwyder Yahuwah dit; veroorsaak Hy dat dit vergeet word.

 Hosea
2:14+ openbaar net hoe ons ons hemelse Man verlaat het. Dit is deur die name
van Baäl in ons monde te neem en om toe te laat dat Baäl-aanbidding ons lewens
beheer.

Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die
woestyn lei en na haar hart spreek… En in dié dag, spreek Yahuwah, sal jy my noem; My Ishi1; en jy sal
my nie meer noem: My Baäl2 nie. Dan verwyder Ek die name van die
Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. En
Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid
en in reg en in goedertierenheid en in ontferming. En Ek sal My met jou verloof
in trou; dan sal jy Yahuwah ken.3

As “elkeen van die ou profete minder gepraat
het oor hul eie tyd as vir ons s`n, sodat hul profesie van krag is vir ons”4
dan is dit noodsaaklik om te kyk na hierdie gedeelte in die lig van die moderne
wêreld. Niemand loop meer rond en beweer om dienaars van Baäl te wees nie. Vers
16 gee ons `n idee hoe dit aangewend moet word: “Dan verwyder Ek die name van
die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.”
Die name van die weeksdae: Sondag, Maandag, Dinsdag, ens., is na die planetêre
gode vernoem.

Dit is `n feit uit die kalender geskiedenis
dat die heidense, planetêre week oorspronklik begin op Saturnus se dag (dag van
Saturni). Dit was die hoogste dag van die week. Dit is gevolg deur Son se dag
(dag van Solis),Maan se dag (dag van Lunae), ens. Die heidene het die sewe
planetêre gode aanbid in die volgorde waarin hulle gedink het die planete
wentel in verhouding tot die aarde. Hulle het gedink dat Saturnus die verste
van die aarde was, dus het dit die vernaamste posisie van belang gehou, as die
eerste dag van die planetêre week5.

planetary god stick calendar

In hierdie Romeinse stok kalender uit die Baddens
van Titus6, word die dae van die heidense, planetêre week
verteenwoordig deur sketse van die sewe planetêre gode.Die eerste was Saturnus
se dag wat Sabbatariërs aanvaar het ooreenstem met die sewende en laaste dag
van die Bybelse week, die Sabbat. Dit was eers later dat die dae van die week
herrangskik is met Sondag as die eerste dag en Saturnus as die sewende. Die
twaalf tekens van die sodiak kan gesien word in die sirkel in die middel, en
hulle verteenwoordig die twaalf maande van die jaar, waarvan ses ook benoem was
na die heidense gode.7

Die maande van die Gregoriaanse jaar en die
dae van die planetêre week is onherroepelik heidens. Dit is waarna die gedeelte
in Hosea verwys. Wanneer Christene hulle lewens en hulle aanbiddingsdae deur `n
paganistiese, planetêre kalender rangskik, word die name van die Baäls in hul
monde geneem. Dit is onmoontlik om die Sabbat te vind op `n heidense,
Gregoriaanse kalender en hierin word die Skepper vergeet.

Deur aan die finale generasie die kennis van
die ware metode van kalendasie te herstel, bring Yahuwah hulle terug na
primitiewe vroomheid. Hy sê, “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die
woestyn lei en na haar hart spreek.” Watter widernis? Die antwoord word in
Openbaring 12 gevind. Hier word `n uitbeelding van die ware ekklesia, die bruid
van Christus, as `n vrou wat na die woestyn 
moet vlug, voorgestel.8 “En die vrou het na die woestyn gevlug
waar sy `n plek het wat deur Yahuwah gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou
onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.” (Vers 6)

Wanneer die reine ekklesia die praktyke van
die heidendom aanvaar het, het die lang nag van die Donker Middeleeue op haar
geval. Die ware ekklesia het gevlug na die woestyn, en daar, na die ervaring
van die verwoesting wat kom uit die aanvaarding van ander minnaars, het Yahuwah
begin om haar terug te lok. Die Protestante Hervorming het aan haar die lig
begin herstel wat verlore gegaan het. “Die waarheid is toenemend, en ons moet
wandel in die toenemende lig.”9 Die Vader sal nie vinniger vorder as
wat sy volk kan volg nie. Sedert die dae van die Protestantse Hervorming, het
Yahuwah Sy bruid (die ekklesia) na Hom terug “gelok”, haar hart gewen aan haar
Ware Liefde deur haar Sy pragtige liefde en sorg vir haar te wys.10

Die kennis van die luni-solar Sabbatte word
nou herstel vir die oorblyfsel ekklesia. Hierdie begrip sal enige voorafopgestelde
idees van die tyd van benoudheid affekteer. Die een geloofsoortuiging gedeel
deur beide liberale en konserwatiewe Sewende-dag Adventiste, is dat die
Verenigde State regering die voortou sal neem in die maak van `n beeld van die
dier (die
Rooms-Katolieke Kerk.) In eenvoudige terme: is almal opsoek na `n Sondag wet.
Hou in gedagte dat Ellen White genoop was om die Groot Stryd in so `n manier te
skryf “om die geskiedenis van die omstredenheid in die verlede afgelope eeue op
te spoor, en veral so aan te bied, om `n lig te werp op die spoedige naderende
stryd van die toekoms,” is dit moontlik dat die Sondagwet weer sal kom as `n
vermomming van die  kalender verandering?

Dink daaroor. Satan se hoofteiken is die Sabbathouers.
Almal weet van Sondag sluitingswette en almal het aanvaar dat dít die vorm van
die Sondagwet sal wees. Maar as jy die Satan was, en jou #1 vyand verwag `n
plan van aanval, sou jy dit nie probeer verby glip sonder hul kennis nie? Ellen
White het die getroues gewaarsku om bewus te wees van Satan se middele. So gou
mense bewus word van een middel, gee die vader van leuens dit `n ander draai.
Dit is van kardinale belang dat die hedendaagse ekklesia bewus moet wees van
Satan se misleidende middele want die finale generasie is beopdrag met `n
spesiale kommissie; `n kommissie wat Satan desperaat maak om hulle te keer om
dit te doen:

En die wat uit jou
voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy
oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van
paaie, om bewoonbaar te maak. (Jesaja 58:12)

Christus Homself, net voor Sy dood, het ook na
hierdie spesiale groep mense verwys. Die laaste hoofstuk van die laaste boek
van die Ou Testament bevat hierdie vermaning:

Dink aan die wet van
Moses, My kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel- insettinge
en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en
vreeslike dag
van die Yahuwah aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring
tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie
hoef te kom en die land met die banvloek tref nie. (Maleági 4:4-6)

Die dissipels was bewus van die profesie. Na
Christus se verheerliking en Moses en Elia saam met Hom verskyn het, het
Petrus, Jakobus en Johannes die vraag gevra: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan
dat Elia eers moet kom?” In ander woorde, “As U waarlik die Messias is soos ons
glo, hoekom moet Elia eers kom?”

Yahushua se reaksie is vol intrige.

En Yahushua antwoord
en sê vir hulle: “Dis waar, Elia kom eers en sal alles herstel; maar Ek sê vir
julle dat Elia al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles
gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.” Toe
verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.13

In hierdie gespek, het die dissipels en
Christus albei terugverwys na die profesie van Maleági deur die koms van Elia
belowe voor “die groot en vreeslike dag van die Yahuwah.” Die dissipels het
aanvaar dat Hy uitsluitlik praat van Johannes die Doper, maar eindelik
“[Yahushua] maak `n onderskeiding tussen die Elia wie nog moet kom, en Johannes
wie alreeds gekom het. (Matteus 17:11)”14

Die Elia wat nog in die toekoms tot Christus
se dag sal iets baie belangrik doen: hy sal “alles herstel.”(Vers 11) Watter
dinge herstel? Die antwoord word gevind in Maleági 4: “Dink aan die wet van
Moses…met die insettinge en verordeninge.”(Vers 4) Die herbouers van
gebreekte mure herstel die wet van Moses: dit is die insettinge en die
verordeninge en die beginsels van kalendasie.

Baie mense aanvaar dat die woord “insettinge”
streng geld vir offerandes wat weggedoen is by die kruis. Maar, `n noukerige ondersoek
van die Skrifte openbaar dat die woord “insettinge” nooit gebruik word tot
toepassing van offerandes nie. Aan die ander kant, word dit dikwels gebruik in
die volgende frases: “dit sal `n insetting vir ewig wees,” “dit sal `n ewige
insetting wees”, en “dit sal `n ewigdurende instelling wees.”

Die restorasie en
herstellingswerk uitgevoer deur die teruggekeerde ballinge, onder die leierskap
van Zerubbabel, Ezra, en Nehemiah, stel `n beeld voor van `n geestelike herstelswerk
wat gedoen moet word in die eindtyd van die aardse geskiedenis…

Die geestelike
restorasie waarvan die werk in Nehemia se tyd uitgevoer was,was simbolies,soos uiteengesit
in die woorde van Jesaja: “ En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste
plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes
was.” “En die wat uit jou voortkom, sal 
die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en
jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om
bewoonbaar te maak.” (Jesaja 61:4, 58:12)

Hier beskryf die
profeet `n volk, wie in `n tyd van algemene afwyking van die waarheid en
geregtigheid, daarop uit is om die beginsels wat die grondslag van die
koninkryk van [Yahuwah] te herstel. Hulle is herbouers van gebreekte mure wat
gemaak is in [Yahuwah se] wet – die muur wat Hy rondom Sy uitverkorenes geplaas
het vir hulle beskerming, en gehoorsaamheid aan die voorskrifte van geregtigheid,
waarheid, en reinheid om hul ewige beskerming te wees.

In duidelike
betekenisvolle woorde wys die profeet die spesifieke werk uit van die
oorblyfsel volk wat die muur herstel het. “As jy jou voet terughou van die Sabbat
– om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat `n
verlustiging noem en die heilige dag van die Yahuwah hooghou; en as jy dit eer
deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele
taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in Yahuwah, en Ek sal jou laat ry oor
die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob;
want die mond van Yahuwah het dit gespreek. (Jesaja 58:13,14)

In die einde van tyd moet
elke goddelike instelling herstel word. Die bres wat gemaak is in die wet in
die tyd toe die Sabbat deur die mens verander was, moet herstel word. [Yahuwah
se] oorblywende volk, wie voor die wêreld as hervormers staan, is daar om te
wys dat die wet van Yahuwah die fondament is van alle blywende hervorming en
dat die Sabbat van die vierde gebod `n herdenking van die skepping is, `n
voordurende herinnering van die krag van [Yahuwah]. In helder, duidelike lyne
moet hulle die noodsaaklikheid van gehoorsaamheid bied aan al die voorskrifte
van die Dekaloog. Aangedring deur die liefde van Christus, moet hulle met Hom saamwerk
in die herstel van die ou puinhope. Hulle is herbouers van gebreekte mure, herstellers van
paaie om bewoonbaar te maak.

Mag Yahuwah se hedendaagse volk “elke goddelike instelling” herstel, Sy
kalender, dat die reinheid van Sy wet aan die wêreld vertoon kan word.


1  My Man

2 My
Heer, `n algemene titel vir God of Baäl

3 Hoséa
2:14, 16-20,23

4 3 SM 338

5 Vir `n indiepte insig in die hoe die paganiste elken van die
die 24-uur dae van die planetêre gode gebasseer het op die posisie in verhouding
met die aarde, sien How Did Sunday Get It`s Name? Deur Robert L. Odom, Southern
Publishing Association, 1972.

6 R.L. Odom, How Did Sunday Get It`s Name?, Southern Publishing
Association, 1972.

7 Julie en Augustus was genoem na Julius Ceasar (wie die
Juliaanse kalender ingestel het) en Augustus Ceasar ( die Romeinse keiser
waarna in Lukas 2:1-7 verwys word.) September, Oktober, November en Desember
was numeriese woorde: “sewende”, “agste”, “neënde”, en “tiende”,
respektiewelik, nes die Roomse kalenderoorspronklik in Maart begin het.

8 `n Vrou is altyd `n simbool van `n kerk. `n Hoer is `n
korrupte kerk; `n rein vrou is die ware kerk [die ekklesia].

9
E.G. White, Councils To Writers And Editors, 33.

10
Openbaring 12: 1 verskaf `n fassinerende simboiese beskrywing van die ware
kerk. Sy staan op die maan. Voete is die simbool van besitreg (sien Job 1:7) en
Rut 4:7&8). Die uitnemendheid van hierdie teks is baie mooi: die kerk is
weereens in besit van die kennis van die ware Sabbat en dit voorsien haar met
`n onwankelbare fundament.

11 E.
G. White, Great Controversy, xi, klem verskaf.

12 Matthéüs
17; 10.

13 Matthéüs
17:11-13.

14
Hebrew-Greek Key Word Study Bible, KJV, voetnotas vir Maleági 4, , deur Spiros
Zodhiates

15 E.G.
White, Prophets & Kings, 677-678, klem verskaf.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.