Die
Skrif is die onfeilbare kern van die Christen geloof. Dit is die asem
van Yah wat ingeasem word, en die padkaart na die ewige lewe. Almal
wat met ʼn opregte hart streef na Yahuwah en Sy geregtigheid, sal dit
ʼn gewoonte maak om die Bybel te bestudeer, en hulle toewy om die
lewendegewende woorde ingeprent te kry in hulle verstand. Om die
studie van Yahuwah se woord te verwaarloos is om die dood te verkies
bo die lewe. Dit is baie ernstig, as ons nie in die toenemende lig
van Sy woord wandel, en word ons gelaat om te sit in die in die
toenemende donkerte van die dood se skaduwee.
Gedurende
die onvermydelike finale krisis, sal die geloof van Yahuwah se
volgelinge getoets word soos nooit tevore. Wanneer die vervolging sy
hoogtepunt bereik, en die katastrofiese gebeure rondom ons ontvou,
sal diegene wat nie sy ankers in die Skrif het, oorgee sonder hoop,
en weggevoer word. Laat ons in toegewydheid ons daartoe verbind om
Yahuwah se beloftes in ons gedagtes en dit vandag te onthou,
om môre te oorwin.
8
Redes vir die Memorisering van die Skrif
- Yahuwah beveel ons om toegewyd Sy woord in ons geheue te bêre.
- Yahuahua
het die Skrif gemomoriseer. - Deur
die Skrif te memoriseer hernu dit ons gedagtes, en is dit tot ʼn
hulp om ʼn lewe te ly in volkome gehoorsaamheid aan ons liefdevolle
Vader Yahuwah. - Deur
die Skrif te memoriseer voorsien dit aan ons die krag in die tyd van
versoeking. - Die
memorisering van die Skrif voorsien aan ons om meer doeltreffend te
bewys aan ons verlies. - Die
memorisering van die Skrif stel ons in staat om meer doeltreffend ʼn
oproep en aanmoediging vir ander gelowiges te wees. - Die
memorisering van die Skrif openbaar die wil van die Vader Yahuwah met
nadenke in ons harte. - Die
memorisering van die beloftes van die Skrif sal ons in staat stel om
standvastig te wees in die aangesig tydens die eindtyd beproeweninge
en katestrofes.
1. Yahuwah,
beveel ons deur Sy profete en apostels om ons te verbind om Sy woord
in ons verstand te bêre.
As
ons ʼn lewendige verbintenis met die Vader Yahuwah wil onderhou, moet
ons ag slaan op die oproep om Sy woord te bestudeer, en moet ons dit
aan ons harte verbind.
Lê
jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom
nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. (2
Timotheus 2 vers 15.)
Hoor,
Israel, die HERE onse God is ‘n enige Elohim. Daarom
moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele
siel en met al jou krag. En
hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en
jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis
sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook
moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n
voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die
deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. (Deuterononium 6
verse 4 tot 9)
Laat
die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.
Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere,
en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die
Here. (Kolossense 3 vers 16)
2. Yahushua
het die Skrif gememoriseer.
Terwyl
Yahushua op aarde was, het Hy gereeld aan Sy toehoorders gewys op die
Skrif. Keer op keer en gereeld, het Hy die Skrifte gebruik om die
getroues aan te moedig, en om die onkunde teë te spreek van diegene
wat Hom verwerp het as die Christus.
Yahushua
sê vir hulle:Het julle nooit in die Skrifte gelees nie:
Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword.
Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? (Mattheus
21 vers 42.)
“Dit kan nie gebeur dat die mensdom sal groei in genade, tensy hulle self toewy om te lees. ‘n Lesende mensdom sal altyd vol kennis wees.” (John Wesley) |
Toe
antwoord Yahushua en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die
Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van Yahuwah
nie. (Mattheus 22 vers 29)
In
daardie uur het Yahushua vir die skare gesê: Het julle soos teen ‘n
rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir
dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie
gegryp nie. Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van
die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom
verlaat en gevlug. (Mattheus 26 verse 55 tot 56)
En
Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê:Kyk,ons gaan op na
Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is,
sal aan die Seun van die mens vervul word. (Lukas 18 vers 31)
En
Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo
alles wat die profete gespreek het! Moes
die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En
Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle
uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking
het. (Lukas 24 verse 25 tot 27)
En
Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe
Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die
wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. (Lukas
24 vers 44)
Niemand
kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie;
en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Dit is geskrywe in
die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees.
Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My
toe. (Johannes 6 verse 44 en 45)
As
ons in die liefde van die Verlosser wil bly, moet ons Hom in alle
dinge nastreef, insluitend die ywer en gewoonte om die Skrif te
bestudeer.
Maar
elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik
volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat
sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel
het. (1 Johannes 2 verse 5 en 6)
3. Die
memorisering van die Skrif verfris ons verstand en stel ons in staat
om ʼn lewe te e lei in volkome gehoorsaamheid aan ons liefdevolle
Vader Yahuwah.
Ek
het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig
nie. (Psalm 119 vers 11)
Waarmee
sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na
u woord. ( Psalm 119 vers 9)
Yahuwah
se woord het die mag om lewens en die sonde verdonkerte verstand te
hernu.
En
word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar
word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat
julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van
God is. (Romeine 12 vers 2)
Wanneer
die Skrif biddend bestudeer word, openbaar dit die swakheid van ons
karakter, en ontbloot dit ons gedagtes, en maak dit ons ware
omstandighede duidelik in die aangesig van die Hemele:
Want
die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige
tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en
gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die
oorlegginge en gedagtes van die hart. (Hebreërs 4 vers
12)
Die
Skrifte rus ons toe vir die verstaan, en deur die krag en mag van die
Heilige Gees dit ons bring “in die gevangeniskap van elke gedagte
tot die gehoorsaamheid aan Christus.”
(Want
die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie,maar kragtig deur
Yahuwah om vestings neer te werp,) terwyl ons planne verbreek en elke
skans wat opgewerp word teen die kennis van Yahuwah, en elke
gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus. (2
Korinthiërs 10 verse 4 en 5.)
4. Die
memorisering van die Skrif voorsien aan ons die nodige krag in tye
van versoeking.
Yahushua
die sondelose Seun van die Allerhoogste, het altyd die Skrif gebruik
om versoeking te beveg. Hoeveel te meer kan ons doen, in ons
verlaagde en sondige omstandighede, benodig ons om hierdie twee
snydendeswaard te bemeester. As ons wil oorwin, moet ons intiem
bekend wees met die woord van Yahuwah.
“Die Bybel in die geheue is beter as die Bybel op die boekrak.” (Charles Spurgeon) |
Toe
is Yahushua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word
deur die duiwel. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte
gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die
versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê
dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê:Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen
lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van Yahuwah
uitgaan. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en
laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom:
As U die Seun van Yahuwah is, werp Uself af; want daar is geskrywe:
Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande
dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie. Jesus
sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Yahuwah
jou Elohim nie versoek nie. Weer neem die duiwel Hom saam
na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld
en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal
ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Yahushua vir
hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here
jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die
duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom
gedien. (Mattheus 4 verse 1 tot 11)
5.
Die memorisering van die Skrif rus ons toe om meer doeltreffend die
verlies te aanskou.
Maar
heilig Yahuwah Elohim in julle harte en wees altyd bereid om
verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent
die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; met
behoud van ʼn goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle
kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle beskaam mag word wat julle
goeie lewenswandel in Christus belaster. (1 Petrus 3 verse 15 en 16)
As
ons die groot opdrag wil vervul, moet ons die hart toewy aan alles
wat Yahuwah en Sy Seun ons beveel het.
Gaan
dan heen, maak dissipels van al die nasies,….. en leer hulle om
alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met
julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.(
Mattheus 28 verse19 en 20)
6.
Die memorisering van die Skrif stel ons in staat om doeltreffend
ander gelowiges op te roep en aan te moedig.
Die
Skrif is die fontein van geregtigheid en in onderrig en ʼn
onfeilbare bron van gesonde leer.
Die
hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot
weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, (2
Timotheus 3 vers 16)
Deur
die hart toegewyd aan Yahuwah se woord te maak, voorsien aan ons ʼn
meer doelgerigte toerusting vir die oprig van ons broers en susters
in die geloof.
Sorg
daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose
en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende Elohim afvallig word
nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as
dit “Vandag” genoem word, sodat niemand van julle deur die
verleiding van die sonde verhard word nie. (Hebreërs 3 verse 12
en 13)
en
laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te
spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos
sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan,
en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. (Hebreërs
10 verse24 en 25)
7.
Die memorisering van die Skrif voorsien aan die openbaring aan die
wil van die Vader, en die oordenking van ons harte as die fokus punt
van ons lewens.
In
ons strewe na die onverganklike kroon, is dit van kardinale belang
dat ons alewig die Vader se woord voor oë hou.
“Jy moet ywerig die Woord van. . . [Yahuwah] bestudeer, en op geen manier ons verbeel dat ons dit ken. . . . Die duiwel is ‘n groter vabond as wat jy dink. Tot nog toe weet jy nie watter soort van vent hy is en watter wanhopige afwyker jy is. Sy plan is noukeurig uitgewerk om jou moeg te maak vir die Woord en op die manier om jou weg te trek van dit. Dit is sy doel.” (Martin Luther) |
Ek
wil u bevele oordink en op u paaie let. Ek sal my
verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet
nie. (Psalm 119 verse 15 en 16)
My
oë is die nagwake voor om u woord te oordink. (
Psalm 119 vers 148)
U
woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. (Psalm
119 vers 105)
Nadenke
oor die woord van Yahuwah is die sleutel tot ware voorspoed en
sukses.Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar
bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens
alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë
voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. (Joshua
1 vers 8)
8. Die
memorisering van die beloftes van die Skrif sal ons in staat stel om
sterk te staan in die aangesig van eindtyd beproeweninge en
katestrofes.
Vier
vandag fees oor die kosbare beloftes van Yahuwah, dat jy sterk mag
staan in die beproeweninge vorentoe.
Hy
wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die
skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot Yahuwah sê: My
toevlug en my bergvesting, my Elohim op wie ek vertrou. Want
Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die
verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy
vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. Jy
hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags
vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die
siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend
aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie
aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die
vergelding van die goddelose sien. Want U, HERE, is my
toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 0 Geen
onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want
Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou
weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet
teen geen klip stamp nie. Op die leeu en die adder sal jy
trap, die jong leeu en die slang vertrap. Omdat hy My
liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy
my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in
die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom
gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom
my heil laat sien. (Psalm 91)
hy
sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom
gegee, sy water is gewis. (Jesaja 33 vers 16)
Maar
die wat op Yahuwah wag kry nuwe krag ; hulle vaar op met vleuels soos
die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word
nie mat nie. (Jesaja 33 vers 16.)
Wees
nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want
Ek is jou Elohim. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek
jou met my reddende regterhand. Kyk, hulle almal sal
beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal
word soos niks, en jou teëparty sal omkom. Jy sal hulle
soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal
word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou
oorlog voer. Want Ek, die Yahuwah jou Elohim, gryp jou
regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help
jou. (Jesaja 41 verse10 tot 13)
Maar
nou, so sê die Yahuwah, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o
Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by
jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is
Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as
jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie
brand nie. Want Ek is Yahuwah, jou Elohim, die Heilige van
Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en
Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is,
en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou
lewe. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou
geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste
af. (Jesaja 43 vers 1 tot 5)
Laat
ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter
wees. (1Tessalonisense 5 vers 6)
Dan
sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle
lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En
vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat
dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem
nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam
met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te
kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En
middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom
tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle
lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die
verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan
uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal
daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na
die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle
gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het
saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later
kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons
oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle,
ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur
nie weet waarop die Seun van die mens kom nie. (Mattheus 1 vers
13)
Laat
ons deur die verleende genade van die Vader, ons daagliks toewy om Sy
lewendgewende woord te bestudeer dat ons met ʼn opregte hart saam met
Job kan sê:
Van
die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van
sy mond het ek bewaar meer as my eie wet. (Job 23 vers
12)